Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
WEERGAWE 1 (NUWE INHOUD) VIR VOLTYDSE KANDIDATE
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 524.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)20 marks
- Question 1.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS7 marks
- Question 1.3HUMAN REPRODUCTION14 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK neer.
3. Begin die antwoord op elke vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE tekeninge met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 'n Beboste gebied word gedurende 'n storm vernietig. Die proses
waardeur die bosplantegroei sal hervestig, staan as ... bekend.
A primêre suksessie
B sekondêre suksessie
C mededingende uitsluiting
D evolusionêre suksessie
1.1.2 Gedurende oögenese word vier haploïede selle gevorm. Hoeveel
van hierdie haploïede selle ontwikkel tot 'n ovum/ova?
A 4
B 2
C 3
D 1
1.1.3 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van kommensalisme?
A 'n Insek wat bestuif, besoek 'n blom
B 'n Ruspe/Wurm wat op 'n blaar voed
C 'n Lintwurm wat in die ingewande van 'n vark leef
D 'n Epifiet, soos 'n orgidee, wat slegs vir ondersteuning op die
tak van 'n boom groei
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 4 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 1.1.4 en 1.1.5 verwys na die diagram hieronder, wat die struktuur van die
mens se oor toon.
1
2
5
3
4
1.1.4 Watter deel is verantwoordelik vir balans?
A 3
B 1
C 4
D 5
1.1.5 Watter deel bevat die orgaan van Corti?
A 1
B 2
C 3
D 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 5 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die inligting hieronder.
Die diagram hieronder toon die posisie van die laterale loot en die apikale knop van 'n
plant.
Apikale knop
Laterale loot
'n Leerder het die groei van laterale lote in boontjieplante ondersoek. Twee groepe van
20 plante is gebruik. Een groep se apikale knoppe is verwyder en die ander groep is
net so gelos. Elke twee dae is die totale lengte van die laterale lote gemeet en die
gemiddelde lengte van die laterale lote is vir elke groep bereken. Die resultaat vir elke
groep word in die grafiek hieronder getoon.
180
Gemiddelde lengte van die
Grafiek X
160
140
120
100
80
laterale loot (mm)
60
40
Grafiek Y
20
0
0 2 4 6 8 10
Tyd (dae)
1.1.6 Uit hierdie data kan jy redelikerwys aflei dat ...
A Grafiek X die groep verteenwoordig waar die apikale knoppe
verwyder is.
B wortels 'n stof produseer wat laterale lootgroei stimuleer.
C Grafiek Y die groep verteenwoordig waarvan die apikale
knoppe verwyder is.
D laterale lote 'n stof produseer wat apikale knopgroei stimuleer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 6 DBE/November 2012
NSS
1.1.7 Die gevolgtrekking wat uit die resultate hierbo gemaak kan word,
sal NIE geldig wees NIE as ...
A 'n groot monster gebruik is.
B die apikale knoppe van al 40 plante nie verwyder is nie.
C die plante wat gebruik is, nie identies was nie.
D die meting van die groei van die laterale lote in millimeter in
plaas van sentimeter gedoen is.
VRAAG 1.1.8 en 1.1.9 verwys na die ondersoek hieronder.
'n Ondersoek om die reaksie van houtluise op lig te demonstreer, is in 'n petribakkie
gedoen. Die helfte van die petribakkie is met swart papier bedek en die ander helfte is
in lig gehou, soos in die diagram hieronder getoon.
Donker
kant Ligte kant
Petribakkie
Tien houtluise is in die petribakkie geplaas. Die getal houtluise in elke kant is vir tien
minute elke twee minute getel. Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
Tyd Getal houtluise
(minute) Donker Ligte
kant kant
2 6 4
4 7 3
6 7 3
8 8 2
10 10 0
1.1.8 Watter van die volgende verteenwoordig 'n hipotese wat deur die
data in die tabel ondersteun word?
A Daar sal minder houtluise in die donker kant as in die ligte kant
wees.
B Daar sal meer houtluise in die donker kant as in die ligte kant
wees.
C Die ondersoek word gedoen om die reaksie van houtluise op
ligtoestande te bepaal.
D Daar sal dieselfde getal houtluise in die donker en die ligte kant
wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 7 DBE/November 2012
NSS
1.1.9 Die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek is die ...
A ligte en donker kant.
B tyd in minute.
C getal houtluise in die ligte of donker kant.
D donker kant.
1.1.10 Wanneer die pupil van die mens se oog saamtrek, is die reseptor
en die effektor onderskeidelik die ...
A geelvlek/fovea en die siliêre spier.
B pupil en die siliêre spier.
C pupil en die radiale spier van die iris.
D geelvlek/fovea en siliêre spier van die iris. (10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die struktuur waarin die vrugbeginsel ontwikkel na bevrugting in
angiosperme
1.2.2 Die tipe ontwikkeling in voëls waar die kleintjies nie kan
rondbeweeg nadat hul uitgebroei het nie
1.2.3 Die eerste organismes wat 'n onbewoonde gebied beset
1.2.4 Vergelyk menslike behoeftes met die planeet se ekologiese
dravermoë om aan daardie behoeftes te voldoen
1.2.5 Die veselagtige uitlopers van 'n neuron wat die senuwee-impulse
na die selliggaam van dieselfde neuron vervoer
1.2.6 'n Verskynsel waar 'n toename van een hormoon die sekresie van
'n ander hormoon inhibeer
1.2.7 'n Siekte waar die hormonale beheer van bloedglukose gebrekkig
is as gevolg van 'n tekort aan insulien (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 8 DBE/November 2012
NSS
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1
tot 1.3.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 'n Voortplantingsmetode waar die A: Ovipari
fetus deur 'n naelstring gevoed B: Vivipari
word
1.3.2 Hormoon wat deur die pituïtêre A: Aldosteroon
klier/hipofise afgeskei word B: FSH
1.3.3 Die direkte tegniek om die A: Merkhervang
bevolkingsgrootte te bepaal B: Eenvoudige monsterneming
1.3.4 Sosiale organisasie wat die A: Vorming van kuddes/troppe
oorlewing van 'n spesie verhoog B: Verdeling van arbeid in 'n
kolonie
1.3.5 Die sporofietgenerasie is die A: Mos
dominante generasie B: Angiosperm
1.3.6 Hormoon wat gedurende A: Progesteroon
swangerskap op 'n hoë vlak bly B: FSH
1.3.7 Kenmerk van windbestuifde A: Helderkleurige kroonblare
blomme B: Produksie van nektar
(7 x 2) (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 9 DBE/November 2012
NSS
1.4 Bestudeer die diagram van die manlike geslagstelsel hieronder.
A
B
G
C
D
F E
Die struktuur van die manlike geslagstelsel
1.4.1 Skryf die LETTER (A tot G) en die NAAM van die volgende neer:
(a) Die deel waar meiose plaasvind (2)
(b) Die deel wat semen en urine na buite die liggaam vervoer (2)
(c) Die deel waar onvolwasse spermselle gestoor word (2)
1.4.2 Noem die manlike hormoon wat verantwoordelik is vir die
ontwikkeling van sekondêre geslagskenmerke gedurende
puberteit. (1)
1.4.3 Skryf die LETTER (A tot G) van die volgende neer:
(a) Die deel waar die hormoon genoem in VRAAG 1.4.2
geproduseer word (1)
(b) Die deel wat chirurgies deurgesny word gedurende manlike
sterilisasie (1)
(9)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 10 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die diagram van die struktuur van die mens se brein hieronder.
B
A
F C
E
D
Die struktuur van die mens se brein
2.1.1 Identifiseer die dele gemerk:
(a) C (1)
(b) E (1)
2.1.2 Skryf die LETTER (A tot F) neer van die deel wat
liggaamstemperatuur beheer. (1)
2.1.3 Verduidelik hoe die liggaam beïnvloed sal word as die deel
gemerk F nie TSH afskei nie. (4)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 11 DBE/November 2012
NSS
2.2 In 'n ondersoek is 'n leerder gevra om 10 keer 'n garingdraadjie deur die oog
van 'n naald te steek met albei oë oop en dan met slegs die regteroog oop.
Dit is gedoen in dieselfde ligintensiteit en op 'n afstand van 50 cm van die oë
af.
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
TYD GENEEM OM GARE DEUR OOG
VAN NAALD TE STEEK in sekondes (s)
Probeerslae Twee oë oop Slegs regteroog oop
1 12 38
2 12 35
3 10 37
4 11 36
5 9 34
6 9 33
7 10 30
8 8 31
9 7 29
10 7 28
2.2.1 Behalwe die faktore wat reeds genoem is, noem TWEE ander
faktore wat gedurende die ondersoek konstant gehou moes word. (2)
2.2.2 Gee 'n algemene gevolgtrekking wat uit die resultate hierbo afgelei
kan word. (2)
2.2.3 Gee 'n rede waarom meer as een probeerslag in die ondersoek
nodig was. (1)
2.2.4 Beskryf die veranderinge wat in die oog sou plaasvind indien die
afstand tussen die naald en die oog van 50 cm na 20 cm verkort
word. (4)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 12 DBE/November 2012
NSS
2.3 Die diagram hieronder toon 'n ontwikkelende fetus in 'n mens se liggaam.
V
Z W
X
Y
2.3.1 Identifiseer die dele gemerk:
(a) X (1)
(b) Y (1)
2.3.2 Noem EEN funksie van die vloeistof gemerk Z. (1)
2.3.3 Verduidelik hoe die deel gemerk V struktureel aangepas is om sy
funksie gedurende die geboorteproses te verrig. (2)
2.3.4 Noem TWEE stelsels in die baba se liggaam wat die funksies van
deel W oorneem sodra die baba gebore is. (2)
2.3.5 Verduidelik wat verhoed dat 'n ander eiersel geproduseer word
terwyl die fetus in 'n mens se liggaam ontwikkel. (2)
(9)
2.4 Beskryf hoe die mens se vel die kernliggaamstemperatuur handhaaf as die
omgewingstemperatuur op 'n dag ongeveer 40 °C is. (5)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 13 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 3
3.1 Die tabel hieronder illustreer die data versamel gedurende 'n ondersoek wat
die veranderinge in die impalabevolking in 'n natuurreservaat bepaal.
Jaar Getal impala
2000 6
2001 10
2002 18
2003 36
2004 63
2005 79
2006 101
2007 95
2008 100
2009 93
3.1.1 Gebruik die data in die tabel en trek 'n lyngrafiek wat die
bevolkingsgroeivorm van die impala oor 'n tydperk van 10 jaar
toon. (7)
3.1.2 Watter tipe groeivorm word deur die grafiek geïllustreer? (1)
3.1.3 Beskryf EEN kenmerk van die groeivorm genoem in VRAAG 3.1.2. (2)
3.1.4 Noem die fase vanaf 2000 tot 2002 in die grafiek geïllustreer. (1)
3.1.5 Verduidelik die groeipatroon in die fase genoem in VRAAG 3.1.4. (2)
3.1.6 'n Elandbevolking is in die jaar 2000 in dieselfde reservaat geplaas.
Elande en impalas vreet die blare van dieselfde bome. Volwasse
impalas is korter en kleiner as volwasse elande.
(a) Verduidelik waarom impalas en elande nie met mekaar
meeding nie, al vreet hulle dieselfde voedselbron. (2)
(b) Noem die interaksie verduidelik in VRAAG 3.1.6(a). (1)
(16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 14 DBE/November 2012
NSS
3.2 Die tabel hieronder vergelyk die grootte van die menslike bevolking van drie
verskillende kontinente in die jaar 2000.
Kontinent Bevolking in Geboortesyfer Sterftesyfer Verdubbelings-
die jaar 2000 (per 1 000 (per 1 000 tyd (jaar)
(miljoen) mense) mense)
Afrika 869 45 16 24
Asië 3 562 28 10 39
Europa 509 13 10 240
[Aangepas uit Biology for Higher Tier, Brian Beckett, RoseMarie Gallagher, 2001]
3.2.1 Gebruik die inligting in die tabel hierbo en bereken die persentasie
toename in die menslike bevolking in Afrika in 'n jaar. Toon ALLE
bewerkings. (3)
3.2.2 As die verdubbelingstyd dieselfde bly, in watter jaar sal die
bevolkingsgrootte van die jaar 2000 in Europa verdubbel? (1)
3.2.3 Gee DRIE moontlike redes waarom die sterftesyfer in Afrika die
hoogste is. (3)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 15 DBE/November 2012
NSS
3.3 Bestudeer die ouderdom-geslagspiramides hieronder, wat 'n ontwikkelende
land en 'n ontwikkelde land voorstel. Albei piramides is op dieselfde skaal
geteken.
Manlik Ouderdom Vroulik
80–89
70–79
60–69
50–59
40–49
30–39
20–29
10–19
0–9
PIRAMIDE 1
Manlik Ouderdom Vroulik
90–99
80–89
70–79
60–69
50–59
40–49
30–39
20–29
10–19
0–9
PIRAMIDE 2
3.3.1 Watter piramide (1 of 2) verteenwoordig 'n ontwikkelde land? (1)
3.3.2 Tabuleer TWEE verskille tussen PIRAMIDE 1 en PIRAMIDE 2 met
betrekking tot lewensverwagting en die geboortesyfer. (5)
3.3.3 Gee EEN rede waarom dit vir 'n land belangrik is om te weet wat
die ouderdom- en geslagstruktuur van sy bevolking is. (1)
(7)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 16 DBE/November 2012
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OM UIT TE DUN OF NIE UIT TE DUN NIE
Olifante is bekend daarvoor dat hulle groter skade aan plantegroei aanrig as enige
ander herbivoor. In die Nasionale Krugerwildtuin is die skade aan bome deur olifante
duidelik. Van elders in Afrika is dit ook bekend dat bosgebiede vernietig word as
olifantgetalle styg.
Moet olifante uitgedun word om te voorkom dat hul getalle tot op 'n punt styg waar
skade aan plantegroei die biodiversiteit in die Nasionale Krugerwildtuin verminder?
Die park se wetenskaplikes het voorgestel dat uitdunning wel moet plaasvind. Die
volgende punte is bespreek voordat enige besluit oor uitdunning geneem is:
• Uitdunning wat tot en met 1994 plaasgevind het, het nie die afname in die digtheid
van groot bome in die Nasionale Krugerwildtuin gekeer nie.
• As daar toegelaat word dat olifantgetalle tot by die dravermoë styg, sal beperkte
voedsel en ander faktore die groeikoers van die olifantbevolking vertraag.
• Die vernietiging van beboste gebiede elders in Afrika, met groot getalle olifante, het
nie 'n bedreiging vir biodiversiteit ingehou nie.
• Die verspreiding van die olifante in die Nasionale Krugerwildtuin, eerder as die
grootte van die bevolking, sal biodiversiteit beïnvloed. Die installering van
kunsmatige waterpunte dwarsdeur die park het die olifantbevolking regdeur die
park versprei. Bome ver van riviere af het die olifante se teikens geword. Deur die
kunsmatige waterpunte te verwyder kan skade aan bome soos kremetarte en
maroelas dus beperk word.
• Die invloed van aardverwarming dui daarop dat baie plant- en dierespesies wat
tans in die Nasionale Krugerwildtuin gevind word, nie oor 'n paar dekades daar sal
oorleef nie. Die uitdunning van olifante om hulle te red is dus nie doeltreffend nie.
[Aangepas uit Departement van Omgewingsake en Toerisme-verslag, 2006]
4.1.1 Wat word met elk van die volgende terme bedoel:
(a) Uitdunning (2)
(b) Dravermoë (2)
4.1.2 Watter bewyse uit die gedeelte hierbo toon die volgende:
(a) Wetenskaplikes blameer hulself vir die olifante se
beskadiging van bome in die Nasionale Krugerwildtuin (2)
(b) Olifante is nie die enigste bedreiging vir die vermindering van
biodiversiteit nie (1)
4.1.3 Gee TWEE verduidelikings waarom sekere mense teen die uitdun
van olifante gekant is. (4)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 17 DBE/November 2012
NSS
4.2 Die groeipatrone van twee nou verwante spesies (A en B) wat van dieselfde
voedselbron afhanklik is, is ondersoek. Aan die begin is die twee spesies van
mekaar geskei en daarna is die spesies vir dieselfde tyd in dieselfde habitat
geplaas. In alle gevalle is die organismes van 'n beperkte hoeveelheid
voedsel voorsien.
Die resultate word in die drie grafieke (A, B en C) hieronder getoon.
GRAFIEK A
Verandering in bevolkingsgrootte
van spesie A oor tyd
120
100
Bevolkingsgrootte
80
60
40
20
0
0 1 2 3 4 5
Tyd (weke)
GRAFIEK B
Verandering in die bevolkingsgrootte
van spesie B oor tyd
120
Bevolkingsgrootte
100
80
60
40
20
0
0 1 2 3 4 5
Tyd (weke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds) 18 DBE/November 2012
NSS
GRAFIEK C
Verandering in bevolkingsgrootte van spesie A
en B wanneer hulle saam is in dieselfde habitat oor tyd
120
Bevolkingsgrootte
Spesie A
100
80
60
40
20
Spesie B
0
0 1 2 3 4 5
Tyd (weke)
4.2.1 Noem die tipe gemeenskapsinteraksie wat in GRAFIEK C
geïllustreer word. (1)
4.2.2 Gebruik GRAFIEK A, B en C en verduidelik die groeipatrone van
spesie A en spesie B wanneer hulle geskei is, in vergelyking met
die groeipatrone van spesie A en spesie B wanneer hulle saam in
dieselfde habitat is. (6)
4.2.3 Verduidelik hoe die groeipatrone van die twee spesies in
GRAFIEK C kan verander as hulle van meer voedsel voorsien
word wanneer hulle in dieselfde habitat saamleef. (2)
(9)
4.3 Die senuwee- en endokriene stelsel help om die mens se liggaam te
beskerm. Gebruik gepaste voorbeelde en beskryf hoe dit plaasvind deur 'n
refleksaksie en deur die hormoon adrenalien.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
van vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 Memo (English)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum