Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 388.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1GENETICS AND INHERITANCE18 marks
- Question 1.2GENETICS AND INHERITANCE9 marks
- Question 1.3GENETICS AND INHERITANCE6 marks
- Question 1.4GENETICS AND INHERITANCE5 marks
- Question 1.5MEIOSIS5 marks
- Question 1.6GENETICS AND INHERITANCE7 marks
Show all 18 questions
- Question 2.1DNA: THE CODE OF LIFE11 marks
- Question 2.2GENETICS AND INHERITANCE12 marks
- Question 2.3MEIOSIS10 marks
- Question 2.4GENETICS AND INHERITANCE7 marks
- Question 2.5GENETICS AND INHERITANCE7 marks
- Question 2.6GENETICS AND INHERITANCE4 marks
- Question 3.1GENETICS AND INHERITANCE11 marks
- Question 3.2EVOLUTION11 marks
- Question 3.3EVOLUTION8 marks
- Question 3.4EVOLUTION
- Question 3.5EVOLUTION
- Question 3.6EVOLUTION15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Die wetenskaplike wat die fossiel 'Karabo' (A. sediba) ontdek het:
A Robert Brown
B Lee Berger
C Raymond Dart
D Ronald Clarke
1.1.2 Watter EEN van die volgende is 'n bron van variasie wat tydens
normale meiose plaasvind?
A Ewekansige paring
B Ewekansige rangskikking van chromosome
C Chromosoommutasies
D Kloning
1.1.3 Hoeveel geslagschromosome erf 'n normale vroulike individu van
haar moeder?
A 1
B 2
C 23
D 46
1.1.4 Tydens watter fase van meiose verdwyn die kernmembraan?
A Metafase
B Telofase
C Profase
D Anafase
1.1.5 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van diskontinue
variasie by die mens?
A Lengte
B Hartkloptempo
C Geslag
D Gewig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2022
NSS
1.1.6 Vir 'n bepaalde eienskap erf die nageslag …
A een alleel van die moeder en een alleel van die vader.
B beide allele van die vader.
C beide allele van die moeder.
D die allele ewekansig van óf die moeder óf die vader.
1.1.7 Watter EEN van die volgende is KORREK vir spesiasie/
spesievorming deur geografiese isolasie?
A Die bevolkings ondergaan slegs fenotipiese veranderinge.
B Elke bevolking ondergaan onafhanklik natuurlike seleksie.
C Die toestande aan elke kant van die geografiese hindernis is
dieselfde.
D Die nuwe spesie wat gevorm word, is genotipies dieselfde as
die oorspronklike spesie.
1.1.8 Hieronder is 'n lys van gebeure wat tydens seldeling plaasvind.
(i) Homoloë chromosome rangskik op die ewenaar van die sel.
(ii) Chromatiede word na teenoorgestelde pole van die sel
getrek.
(iii) Chromosoompare rangskik hulself ewekansig op die
ewenaar van die sel.
(iv) Individuele chromosome rangskik op die ewenaar van die
sel.
Watter EEN van die volgende kombinasies vind in beide meiose en
mitose plaas?
A Slegs (ii), (iii) en (iv)
B Slegs (i) en (iv)
C Slegs (i), (iii) en (iv)
D Slegs (ii) en (iv)
1.1.9 'n Kort gedeelte DNS/DNA, wat 19 nukleotiede in elke string bevat,
is ontleed. Die getal van sommige van die verskillende
stikstofbasisse in elke string word hieronder getoon.
Getal stikstofbasisse
A T G C
String 1 8 - - -
String 2 - 8 3 4
Hoeveel nukleotiede wat timien (T) bevat was in string 1 aanwesig?
A 8
B 4
C 6
D 2 (9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2022
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die proses van verandering in die kenmerke van biologiese spesies
met verloop van tyd
1.2.2 Die tipe bindings tussen stikstofbasisse in 'n DNS/DNA-molekuul
1.2.3 Die struktuur wat twee chromatiede van 'n chromosoom verbind
1.2.4 Die verdeling van die sitoplasma van 'n sel gedurende seldeling
1.2.5 Die proses tydens meiose waar daar 'n uitruiling van genetiese
materiaal tussen chromatiede plaasvind
1.2.6 Die strukture in dierselle wat tydens seldeling aan spoelvesels
oorsprong gee
1.2.7 Soortgelyke strukture wat van 'n gemeenskaplike voorouer oorgeërf
is en vir verskillende funksies aangepas is
1.2.8 Die fase in die selsiklus waartydens DNS/DNA-replisering plaasvind
1.2.9 Die organel waar translasie tydens proteïensintese plaasvind (9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Tipe evolusie gekenmerk deur A: Kunsmatige seleksie
lang periodes van min of geen B: Gepunte ewewig
verandering nie, afgewissel met
kort periodes van vinnige
verandering
1.3.2 'n Plant met wit blomme wat met A: Onvolledige dominansie
'n plant met rooi blomme B: Volledige dominansie
gekruis word en 'n nageslag met
pienk blomme produseer
1.3.3 Die skeiding van allele tydens A: Wet van Dominansie
gameetvorming B: Beginsel van Segregasie
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2022
NSS
1.4 Moyamoya is 'n afwyking wat deur 'n dominante alleel (R) veroorsaak word.
Hierdie afwyking beskadig die arterieë wat bloed aan die brein voorsien.
Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van Moyamoya in 'n
familie.
A B
A
C D E F
G H I J
SLEUTEL
Ongeaffekteerde man Ongeaffekteerde vrou
Geaffekteerde man Geaffekteerde vrou
1.4.1 Hoeveel generasies word in die diagram verteenwoordig? (1)
1.4.2 Gee die:
(a) LETTER(S) van ongeaffekteerde mans (1)
(b) Genotipe van individu A (1)
(c) LETTER(S) van individue wat nie biologies aan A en B
verwant is nie (2)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2022
NSS
1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van 'n abnormale menslike
kariotipe.
21 22 23
1.5.1 Hoeveel outosome word in die diagram getoon? (1)
1.5.2 Noem die tipe chromosome wat deur paar 23 verteenwoordig
word. (1)
1.5.3 Noem die:
(a) Afwyking wat in die diagram verteenwoordig word (1)
(b) Proses tydens anafase van meiose wat tot die abnormale
getal chromosome in hierdie kariotipe aanleiding gegee het (1)
1.5.4 Noem die geslag van die persoon wat in hierdie kariotipe
verteenwoordig word. (1)
(5)
1.6 By konyne is bruin pels (B) dominant oor wit pels (b) en lang ore (E) is
dominant oor kort ore (e).
'n Konyn, wat heterosigoties vir beide eienskappe is, word met 'n wit konyn
met kort ore gekruis.
1.6.1 Noem die tipe kruising wat verteenwoordig word. (1)
1.6.2 Gee die:
(a) Fenotipe van 'n konyn wat dominant vir beide eienskappe is (2)
(b) Genotipe van die wit konyn met kort ore (2)
(c) Genotipe van die gamete van 'n heterosigotiese bruin konyn
met kort ore (2)
(7)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig transkripsie tydens proteïensintese.
Adenien Y
X
DNS/DNA bRNS/mRNA
2.1.1 Noem die deel van die sel waar hierdie proses plaasvind. (1)
2.1.2 Identifiseer:
(a) Suiker X (1)
(b) Stikstofbasis Y (1)
2.1.3 Tabuleer TWEE verskille tussen transkripsie en DNS/DNA-
replisering. (5)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2022
NSS
2.2 'n Mutasie het plaasgevind op 'n gedeelte van 'n bRNS/mRNA-molekuul, soos
hieronder getoon.
Oorspronklike volgorde AUG GAA AUA CCG CCA GGA
Gemuteerde volgorde AUG GAA AUA CUG CCA GGA
2.2.1 Noem die tipe mutasie wat plaasgevind het. (1)
2.2.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1. (1)
2.2.3 Die tabel hieronder toon sommige bRNS/mRNA-kodons en die
aminosure waarvoor hulle kodeer.
bRNS/mRNA-kodon Aminosuur
AUA Isoleusien
AUG Metionien
CCA Prolien
CCG Prolien
CUG Leusien
GAA Glutamiensuur
GGA Glisien
(a) Noem die getal verskillende aminosure waarvoor daar deur
die oorspronklike volgorde van die bRNS/mRNA-molekuul
hierbo gekodeer word. (1)
(b) Gee die antikodon op die oRNS/tRNA-molekuul wat die
aminosuur isoleusien dra. (1)
(c) Gebruik inligting in die tabel om die effek van die mutasie op
die gevormde proteïen te beskryf. (4)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2022
NSS
2.3 Die getal chromosome in die somatiese selle van organismes verskil van
spesie tot spesie.
Die grafiek hieronder toon die getal chromosome in elke somatiese sel van
DRIE verskillende spesies.
Die getal chromosome in die somatiese selle van drie
verskillende spesies
60
Getal chromosome
50
40
30
20
10
0
Kameelperd Muis Pynappelplant
Spesie
2.3.1 Hoeveel chromosome sal aanwesig wees in:
(a) Muisselle tydens Telofase II van meiose (1)
(b) 'n Blaarsel van 'n pynappelplant (1)
2.3.2 Verduidelik waarom die spermsel van 'n kameelperd
15 chromosome het. (4)
2.3.3 Noem die fase van meiose waar die halvering van die
chromosoomgetal begin. (1)
2.3.4 Beskryf die gebeure in die fase in VRAAG 2.3.3 genoem. (3)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2022
NSS
2.4 Die tabel hieronder toon inligting oor bloedgroepe in 'n sekere bevolking.
BLOED- GETAL PERSENTASIE VAN
GROEP MENSE DIE BEVOLKING
O 954 000 53
A X 34
B 180 000 10
AB 54 000 3
2.4.1 Hoeveel mense het die genotipe ii? (1)
2.4.2 Die bevolkingsgrootte is 1 800 000.
Bereken die waarde van X. Toon ALLE bewerkings. (3)
2.4.3 Beskryf hoe 'n kind die bloedgroep oorerf wat deur 3 persent van
hierdie bevolking verteenwoordig word. (3)
(7)
2.5 Die diagram hieronder verteenwoordig die DNS/DNA-profiele van drie kinders
en hulle ouers. Slegs twee van die kinders is hulle biologiese kinders en een
is aangeneem.
Moeder Vader Heila Priya Leo
2.5.1 Identifiseer die TWEE biologiese kinders. (2)
2.5.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (2)
2.5.3 Noem DRIE ander gebruike van DNS/DNA-profielsamestelling. (3)
(7)
2.6 Bruin emalje van die tande is 'n geslagsgekoppelde kenmerk. 'n Dominante
alleel op die X-chromosoom veroorsaak bruin tande by mense.
2.6.1 Verduidelik waarom meer mans as vroue wit tande het. (4)
2.6.2 'n Man met bruin tande trou met 'n vrou met wit tande.
Gebruik 'n genetiese kruising om die moontlike fenotipiese
verhoudings van hulle kinders te toon. Gebruik XB vir bruin tande
en Xb vir wit tande. (6)
(10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder.
Wanneer 'n kind gebore word, word die naelstring geknip en stamselle kan
daaruit verkry word. Baie mense dink dat die stamselle vir die behandeling
van menslike toestande eerder uit naelstringe verkry moet word as uit
menslike embrio's.
Stamselle is onlangs ook uit beenmurg verkry. Hierdie stamselle word gebruik
om toestande soos hartsiekte en spinale (rugmurg-) beserings te behandel.
3.1.1 Noem DRIE bronne van stamselle wat in die uittreksel genoem is. (3)
3.1.2 Verduidelik waarom stamselle se eienskappe dit geskik maak vir
die behandeling van sommige afwykings. (2)
3.1.3 Noem EEN toestand in die uittreksel wat deur stamselle behandel
kan word. (1)
(6)
3.2 Lees die uittreksel hieronder.
Samango-ape en blouape is twee aapspesies wat dieselfde habitat bewoon.
Navorsers het onlangs ontdek dat 'n bevolking van samango-ape in staat was
om met blouape te kruisteel en 'n nageslag voort te bring. Hierdie nageslag
was steriel.
3.2.1 Definieer die term bevolking. (3)
3.2.2 Gee EEN rede waarom samango-ape en blouape as twee
verskillende spesies beskou word. (1)
3.2.3 Noem DRIE voortplantingsisolasiemeganismes wat NIE hierbo
genoem word NIE. (3)
(7)
3.3 Wetenskaplikes vind bewyse vir menslike evolusie deur mense met ander
hominiede te vergelyk. Die boonste ledemate van mense en Afrika-ape toon
eenderse kenmerke, terwyl daar verskille tussen die gebit (tande) van die
twee is.
3.3.1 Waarom is wetenskaplikes op soek na ooreenkomste tussen
mense en Afrika-ape? (1)
3.3.2 Verduidelik die belangrikheid van die plasing van die duime vir
mense en Afrika-ape. (2)
3.3.3 Noem EEN verskil tussen die tande van mense en Afrika-ape. (2)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/November 2022
NSS
3.4 Die diagram hieronder verteenwoordig een model van die evolusie van
sommige hominiede.
Jongste Homo sapiens
Homo neanderthalensis
Homo florensiensis
Homo heidelbergensis
Homo naledi
Homo erectus
Spesie X
(het klipwerktuie gebruik)
Homo rudolfensis
Vroegste Australopithecus africanus
3.4.1 Identifiseer die tipe diagram wat getoon word. (1)
3.4.2 Hoeveel genera word deur die diagram verteenwoordig? (1)
3.4.3 Noem die spesie wat:
(a) Deur X op die diagram verteenwoordig word (1)
(b) 'n Gemeenskaplike voorouer met Homo erectus deel (1)
3.4.4 Watter spesie van die genus Homo is die enigste een wat vandag
nog bestaan? (1)
3.4.5 Noem TWEE vorme van bewyse wat gebruik sou kon word om die
inligting in die diagram te ondersteun. (2)
3.4.6 Die gemiddelde kraniale kapasiteit van Homo sapiens is 1 500 cm3
in vergelyking met 520 cm3 in Australopithecus africanus.
Verduidelik die betekenis van die verskil in kraniale kapasiteit. (3)
3.4.7 Verduidelik hoe die fossiele van Australopithecus africanus,
Spesie X en Homo erectus gebruik word om die 'Uit-Afrika'-
hipotese te ondersteun. (4)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/November 2022
NSS
3.5 Hedendaagse walvisse is waterbewonende soogdiere wat hulle hele leeftyd in
die oseaan deurbring. Daar word vermoed dat hulle van viervoetige voorouers
geëvolueer het, soos hieronder verteenwoordig:
SPESIE BESTAAN EIENSKAPPE
OP AARDE
Pakicetus 50 mjg Viervoetige karnivoor
Ambulocetus 48 mjg Swempoot('flipper')-agtige
groot pote en stert vir
swem
Dorudon 40 mjg Groot swempote ('flippers')
voor en baie klein
ledemate agter
Balaena (Blouwalvis) Vandag Nie-funksionerende pelvis
(bekken) en groot
swempote ('flippers') voor
3.5.1 Watter voorouer van walvisse het heel waarskynlik in water en op
land gebly? (1)
3.5.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1. (2)
3.5.3 Verduidelik waarom Ambulocetus en Dorudon as oorgangspesies
in die evolusie van walvisse beskou kan word. (2)
3.5.4 Verduidelik, volgens Lamarck, waarom hedendaagse walvisse nie
bene het nie. (3)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/November 2022
NSS
3.6 Pasiënte wat met die MI-virus (MIV) geïnfekteer is, word met antiretrovirale
medisyne behandel. Indien hulle hul behandeling mis, kan dit die kanse
(waarskynlikheid) verhoog dat die virus weerstand teen die medisyne
ontwikkel.
Wetenskaplikes het 'n ondersoek uitgevoer om vas te stel wat die uitwerking
van die getal behandelings wat gemis word, op die waarskynlikheid dat die
MI-virus weerstand teen die antiretrovirale medisyne ontwikkel, sal wees.
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
Getal behandelings Waarskynlikheid dat die MI-virus
wat gemis word weerstand teen die antiretrovirale
(in dae) medisyne ontwikkel (%)
2 0
7 20
14 35
21 40
37 60
3.6.1 Noem die volgende vir hierdie ondersoek:
(a) Die afhanklike veranderlike (1)
(b) Die onafhanklike veranderlike (1)
3.6.2 Gebaseer op die resultate, noem EEN voorsorgmaatreël vir
pasiënte wat antiretrovirale behandeling kry. (1)
3.6.3 Noem 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. (2)
3.6.4 Beskryf die evolusie van weerstand teen antiretrovirale medisyne
in die MI-virus. (5)
(10)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum