Skip to content

Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202524 pages

Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape June Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2025 LEWENSWETENSKAPPE PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *JLFSCA* Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 A. 1.1.1 Die taai, nie-elastiese weefsel wat die buitenste deel van die oogbal bedek, is die ... A retina. B choroïed. C konjunktiva. D sklera. 1.1.2 Die diagram toon ʼn deel van ʼn DNS/DNA-molekule. 2 3 4 1 Watter kombinasie van dele verteenwoordig een nukleotied? A 1 B 2 C 3 D 4 1.1.3 Hoeveel aminosure word deur ʼn DNS/DNA-templaat wat 180 nukleotiede bevat, gekodeer? A 30 B 60 C 180 D 540 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 1.1.4 Gedurende watter fase van meiose vind oorkruising plaas wanneer homoloë chromosome bymekaar kom (oppaar)? A Profase I B Profase II C Interfase D Metafase I 1.1.5 Die diagram hieronder stel ʼn refleksboog voor. Watter EEN van die volgende roetes verteenwoordig die korrekte volgorde van strukture in ʼn refleksboog? A A→B→C→D B A→B→D→C C C→D→B→A D D→C→B→A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 5 1.1.6 Die diagram hieronder toon die oorerwing van pelskleur by konyne. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 Bruin pels Wit pels Bruin pels Wit pels Watter stelling beskryf die verband tussen die fenotipe en die tipe alleel KORREK? A Wit pels is die fenotipe wat deur die resessiewe alleel in die heterosigotiese toestand uitgedruk word B Bruin pels is die fenotipe wat deur die resessiewe alleel in die homosigotiese toestand uitgedruk word C Wit pels is die fenotipe wat deur die dominante alleel in die heterosigotiese toestand uitgedruk word D Bruin pels is die fenotipe wat deur die dominante alleel in die heterosigotiese toestand uitgedruk word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 1.1.7 Die volgende is ʼn lys van gebeure wat in die nukleus plaasvind. (i) Die DNA/DNS-dubbelheliks draai los, en twee DNS/DNA-stringe skei (ii) Elke oorspronklike DNS-string word as ʼn templaat gebruik waarop sy komplement gebou word (iii) Vrye nukleotiede bou ʼn DNS-string op elkeen van die twee oorspronklike DNS-stringe deur aan hul komplementêre stikstofbasisse te heg (iv) Twee identiese DNS-molekules word gevorm Watter EEN van die volgende is ʼn kombinasie van gebeure wat tydens DNS/DNA-replisering plaasvind? A Slegs (i), (ii) en (iii) B Slegs (i) en (iv) C Slegs (ii) en (iii) D (i), (ii), (iii) en (iv) 1.1.8 Hoe beheer die spiere die vernouing van die pupil? A Beide kringspiere en radiale spiere trek saam B Kringspiere trek saam en radiale spiere ontspan C Kringspiere ontspan en radiale spiere trek saam D Beide kring- en radiale spiere ontspan Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 7 1.1.9 Die diagramme hieronder stel verskillende fases van meiose voor. 1 2 3 4 Identifiseer die korrekte gebeurtenis wat in elke fase plaasvind. 1 2 3 4 Ewekansige A rangskikking van Oorkruising Nie-disjunksie Sitokinese chromosome by die ewenaar Ewekansige B rangskikking van Nie- Sitokinese Oorkruising chromosome by disjunksie die ewenaar Ewekansige C rangskikking van Nie-disjunksie Sitokinese Oorkruising chromosome by die ewenaar Ewekansige D rangskikking van Oorkruising Nie-disjunksie Sitokinese chromosome by die ewenaar (9 x 2) (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die gedeelte van die senuweestelsel wat uit die kraniale en spinale senuwees bestaan 1.2.2 ʼn Afwyking van die senuweestelsel wat deur die afbreek van die miëlienskede van neurone veroorsaak word 1.2.3 Fase in selsiklus waartydens DNS/DNA-replisering plaasvind 1.2.4 Ontwikkeling waar nageslag goed ontwikkel is, in staat is om self te beweeg en self te voed, en hul oë is oop wanneer hulle uitbroei 1.2.5 Die tipe lens wat nodig is om versiendheid reg te stel 1.2.6 Die strukture in dierselle wat oorsprong aan spoeldrade tydens seldeling gee 1.2.7 Die laag van die oog wat fotoreseptore bevat 1.2.8 Die mikroskopiese gaping tussen twee neurone wat toelaat dat impulse van die een na die volgende oorgedra word (8 x 1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Reseptore wat vir die handhawing van A: Makulas balans in die liggaam verantwoordelik is B: Kristas 1.3.2 Die proses waar die ooglens van vorm A: Akkommodasie verander om ʼn persoon op verskillende B: Pupillêre meganisme afstande te laat sien 1.3.3 ʼn Struktuur in die senuweestelsel wat ʼn A: Effektor stimulus waarneem B: Reseptor (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 9 1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die menstruele siklus. DAE 1–7 8–13 14 15–20 21–28 Vorming Ontwikkeling van die Graafse Proses Y van die follikel corpus luteum Pituïtêre klier Hormoon 1 Hormoon 2 SIKLUS A C Hormoon 3 Hormoon 4 SIKLUS B E Proses X 1.4.1 Identifiseer proses: (a) X (1) (b) Y (1) 1.4.2 Benoem hormoon: (a) 2 (1) (b) 4 (1) 1.4.3 Benoem siklus: (a) A (1) (b) B (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 1.4.4 Identifiseer die orgaan waar siklus A plaasvind. (1) 1.4.5 Benoem struktuur: (a) C (1) (b) E (1) 1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig transkripsie. 1 4 2 A C A U G G 3 U G U A U G 5 7 6 1.5.1 Noem die deel van die sel waar transkripsie plaasvind. (1) 1.5.2 Identifiseer die: (a) Chemiese binding gemerk 1 (1) (b) Molekule gemerk 5 (1) 1.5.3 Gee die: (a) Versamelnaam vir die stikstofbasisse gemerk 3 (1) (b) Naam van die molekule gemerk 4 (1) (c) Naam van die organel gemerk 6 (1) 1.5.4 Gee die volgorde van die basisse by basisdrietal gemerk 7. (1) 1.5.5 Gee die NOMMER en die NAAM van die deel wat as die boustene van proteïene dien. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 11 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Wetenskaplikes het DNS/DNA-profilering gebruik om bloed wat op ʼn misdaadtoneel gevind is, te vergelyk met die bloed van drie verdagtes A, B en C. Die diagram toon die wetenskaplikes se resultate. Gebreekte glas A B C 2.1.1 Definieer die term DNS/DNA-profiel. (2) 2.1.2 Watter verdagte (A, B of C) was waarskynlik die misdadiger? (1) 2.1.3 Beskryf hoe DNS/DNA-profilering gebruik kan word om vaderskap te bewys. (6) 2.1.4 Afgesien van die identifisering van misdadigers en vaderskaptoetse, noem TWEE ander gebruike van DNS/DNA-profilering by mense. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 2.2 Edwards-sindroom is ʼn seldsame en ernstige toestand wat veroorsaak word deur abnormale meiose tydens die vorming van gamete. Babas met Edwards- sindroom sukkel om te groei en gewig op te tel. Baie van hierdie babas sterf kort na geboorte. Die prentjie hieronder toon die kariotipe van ʼn somatiese sel van ʼn individu met Edwards-sindroom. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 2.2.1 Hoeveel outosome is daar in ʼn kern van hierdie sel? (1) 2.2.2 Noem die tipe chromosome wat by posisie 23 gevind word. (1) 2.2.3 Gee EEN verskil in die kariotipe van ʼn persoon met Edwards-sindroom en Downs-sindroom? (2) 2.2.4 Beskryf hoe abnormale meiose Edwards-sindroom kan veroorsaak. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 13 2.3 Veerkleur by hoenders word deur twee allele, swart (B) en wit (W) beheer. ʼn Homosigotiese, witgeveerde hoender kan met ʼn homosigotiese, swartgeveerde hoender gekruis word om gespikkelde nageslag te produseer soos in die diagram hieronder getoon. Wit vere Swart vere Gespikkelde vere 2.3.1 Noem die tipe oorerwing wat hierbo beskryf word. (1) 2.3.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.1 (2) 2.3.3 As twee gespikkelde nageslagte gekruis word; gebruik ʼn genetiese kruising om die genotipes en fenotipiese verhouding van hul nageslag te bepaal. (6) 2.4 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn deel van die sentrale senuweestelsel van ʼn mens. Serebellum 2.4.1 Identifiseer dele: (a) C (1) (b) D (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 2.4.2 Gee die LETTER van die deel wat impulse van sintuigorgane ontvang en interpreteer. (1) 2.4.3 Beskryf die ligging van die serebellum. (2) 2.4.4 ʼn Hoërskool-sokkerspeler het tydens ʼn wedstryd ʼn kopbesering opgedoen nadat hy met ʼn ander speler gebots het. Die speler kan steeds duidelik sien, maar sukkel om te balanseer wanneer hy skop. Verduidelik hoekom: (a) Die speler steeds duidelik kan sien ten spyte van sy kopbesering (2) (b) Dit moontlik is dat die besering die serebellum dalk aangetas het (2) 2.5 Die diagram hieronder toon ʼn deel van die menslike oor. 2.5.1 Identifiseer dele: (a) A (1) (b) F (1) 2.5.2 Verskaf SLEGS die LETTER van die deel van die oor waar die volgende ingevoeg sal word: (a) ʼn Grommet (1) (b) ʼn Kogleêre inplanting (1) 2.5.3 Hoe verskil die funksie van dele C en E? (2) 2.5.4 Noem die reseptore wat in deel B gevind word. (1) 2.5.5 Verduidelik die effek op gehoor indien deel D ʼn blokkasie sou hê. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 15 VRAAG 3 3.1 Die diagram toon ʼn menslike fetus wat in die baarmoeder ontwikkel. 3.1.1 Noem die vloeistof gemerk A. (1) 3.1.2 Verduidelik EEN funksie van vloeistof A rondom die fetus. (2) 3.1.3 Beskryf die ontwikkeling van die plasenta en naelstring vanaf die tyd van inplanting. (6) 3.1.4 Verduidelik hoe die teenwoordigheid van hoë vlakke estrogeen en progesteroon swangerskap voorkom. (4) 3.1.5 ʼn Ektopiese swangerskap vind plaas wanneer ʼn bevrugte ovum buite die uterus, gewoonlik in ʼn Fallopiusbuis, ingeplant word. Verduidelik waarom die Fallopiusbuis nie ʼn geskikte omgewing is vir ʼn embrio om te ontwikkel nie. (4) 3.2 3.2.1 Noem TWEE fisiese veranderinge wat tydens puberteit by vroue plaasvind. (2) 3.2.2 Beskryf die proses van spermatogenese by mans. (4) 3.3 3.3.1 Verduidelik TWEE maniere waarop interne bevrugting voortplantingsukses kan verhoog. (4) 3.3.2 Hoe sou ouerlike sorg die kanse op nageslagoorlewing beïnvloed? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2025) 3.4 Horner-sindroom belemmer die pupillêre meganisme en lei daartoe dat die pupil vernou bly. Verduidelik hoe hierdie ʼn persoon se sig sal beïnvloed as hulle by ʼn swak verligte kamer instap. (3) 3.5 ʼn Mikro-organisme bevat ʼn geen wat die produksie van ʼn insekgif veroorsaak. Wetenskaplikes het die geen vir die produksie van die insekgif na koringplante oorgedra. Dit maak geneties gemodifiseerde koring (GM-koring). Die wetenskaplikes: x Het koringplante met die insekgifgeen (GM-koringplante) in landerye en kweekhuise gekweek. Kweekhuise is geslote strukture waar die omgewing beheer kan word x Het koringplante sonder die insekgifgeen (nie-GM-koring) in landerye en in kweekhuise gekweek x Het die oesopbrengs van die koringplante gemeet Die tabel hieronder toon die resultate. VERGELYKING VAN OESOPBRENGS TUSSEN KORING MET EN KORING SONDER INSEKGIFGEEN WAT IN LANDERYE EN KWEEKHUISE GEKWEEK WORD OESOPBRENGS VAN KORINGPLANT (IN ARBITRÊRE EENHEDE) TIPE KORING KORING WAT IN KORING WAT IN KWEEKHUISE LANDERYE GEKWEEK GEKWEEK WORD WORD Koring met 60 50 insekgifgeen Koring sonder 55 70 insekgifgeen 3.5.1 Noem die kombinasie van omgewing en tipe koring wat die hoogste opbrengs opgelewer het. (1) 3.5.2 Waarom is dit belangrik om nie-GM-koringplante as kontroles by die eksperiment in te sluit? (2) 3.5.3 Bereken die verskil in opbrengs tussen GM-koring en nie-GM-koring wat in die landerye verbou word. Toon AL jou bewerkings. (2) 3.5.4 Verduidelik EEN rede waarom die nie-GM-plante beter in die veld gegroei het as die GM-plante, ongeag die insekgif wat in GM-plante voorkom. (2) 3.5.5 Hoe beïnvloed die insekgif wat deur GM-koring geproduseer word, insekpopulasies en biodiversiteit in die omgewing? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) LEWENSWETENSKAPPE 17 3.6 Die verband tussen bloedgroepe en die risiko vir spesifieke siektes is al jare lank ʼn onderwerp van wetenskaplike navorsing. ʼn Groep navorsers het die verband tussen verskillende bloedgroepe en die risiko vir spesifieke siektes soos kanker, infeksies, diabetes en kardiovaskulêre siektes ondersoek. Die ondersoek is soos volg uitgevoer: x ʼn Ewekansige groep van 500 individue tussen die ouderdom van 20 en 50 is gekies x Die bloedgroep (A, B, AB of O) van alle deelnemers is aangeteken x Wetenskaplikes het ook die voorkoms van kanker, infeksies, diabetes en kardiovaskulêre siektes by die 500 deelnemers aangeteken x Die persentasie deelnemers binne elke bloedgroep wat ʼn spesifieke siekte het, is bereken en aangeteken Die tabel hieronder toon die resultate aan die einde van die ondersoek van die verband tussen verskillende bloedgroepe en risiko vir spesifieke siektes. RISIKO VIR SIEKTE BLOED- KARDIOVASKULÊRE SUIKERSIEKTE INFEKSIES KANKER GROEP SIEKTE (%) (%) (%) (%) A 30 20 15 10 B 23 22 18 12 AB 35 18 20 15 O 12 16 25 8 3.6.1 Noem die doel van die ondersoek. (2) 3.6.2 Noem TWEE beplanningstappe wat oorweeg was voordat hierdie ondersoek gedoen was. (2) 3.6.3 Noem EEN manier waarop die navorsers die betroubaarheid van die resultate verseker het. (1) 3.6.4 Teken ʼn kolomgrafiek om die data van kardiovaskulêre siekte binne elke bloedgroep voor te stel. (6) [50] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all