Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12202513 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Gauteng June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2025 WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) TYD: 2 uur PUNTE: 100 13 bladsye Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die KAART op bladsy 6 om VRAAG 2 te beantwoord. 3. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in dié vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word, tensy anders vermeld. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik. 7. Rond ALLE finale antwoorde korrek af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld. 8. Toon meeteenhede aan, waar van toepassing. 9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders vermeld. 10. Skryf netjies en leesbaar. Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 3 VRAAG 1 1.1 Goitsemang het haar plaaslike winkelsentrum besoek. Hieronder is ʼn uitlegplan van die winkelsentrum. GRONDVLOERUITLEGPLAN VAN BENMORE GARDENS WINKELSENTRUM, SANDTON Ingang 5 Parkering GRONDVLOER Fourmos Bakkery Roltrap Hysbak Trappe Toilette Dischem Apteek Ingang 1 Ingang 2 Parkering [Bron: www.megaplex.co.za/shops-benmore-gardens-winkelsentrum.htm] Bestudeer die bostaande inligting en gebruik dit om die vrae wat volg te beantwoord. 1.1.1 Verduidelik die betekenis van G01 onder die Pick 'n Pay-etiket. (2) 1.1.2 Gee die algemene rigting van Ingang 5 vanaf G10. (2) 1.1.3 Hoeveel hysbakke is daar op die grondvloer? (2) 1.1.4 Skryf die naam van die winkel gemerk G35. (2) Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 4 1.2 Terwyl Goitsemang by die winkelsentrum was, het sy ʼn klein eetkamertafel gekoop. Die eetkamertafel het ʼn deursnee van 120 cm en ʼn hoogte van 74 cm. Hieronder is ’n skets van die eetkamertafel. [Bron: https://decofurnsa.co.za/produkte/oliver-120cm-ronde-eetkamer-tafel] Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord. 1.2.1 Skryf slegs die letter van die formule wat hieronder gegee is, wat gebruik sal word om die oppervlakte van die ronde tafelblad te bereken. A 2×π×𝑟 +2×π×r×h B π×𝑟 ×h C π×𝑟 D 2×π×r (2) 1.2.2 Skryf, in vereenvoudigde vorm, die verhouding van die deursnee van die tafelblad tot die hoogte van die tafel neer. (2) 1.2.3 Bepaal die radius van die tafelblad in sentimeter (cm). (2) 1.2.4 Skryf die hoogte van die tafel in millimeter (mm) neer. (2) Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 5 1.2.5 TABEL 1 hieronder bevat ʼn lys van verduidelikings en definisies van konsepte wat in Wiskundige Geletterdheid gebruik word. TABEL 1: VERDUIDELIKINGS EN DEFINISIES VAN KONSEPTE Die hoeveelheid 2-Dimensionele ruimte wat deur ʼn 2-D vorm A opgeneem word B Afstand rondom ʼn sirkel ʼn Reguitlyn wat deur die middelpunt van ʼn sirkel strek en wat die C sirkelrand aan beide kante raak Die afstand vanaf die middelpunt van ʼn sirkel tot by enige punt op die D omtrek van ʼn sirkel Gebruik TABEL 1 hierbo en pas ʼn verduideliking of definisie by ELK van die onderstaande konsepte. Skryf slegs die letter (A – D) langs (a) en (b) neer, bv. (c) E. (a) Radius (2) (b) Omtrek (2) [20] Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 6 VRAAG 2 Die kaart hieronder wys hoe om per motor van Pretoria na Mapungubwe Nasionale Park te reis. MAPUNGUBWE NASIONALE PARK BEITBRUG PARK- INGANG & ONTVANGS VENETIA-MYN A = TSHUGUOU OORD B = LIMPOPO WOUD TENTKAMP C = LEOKWE KAMP D = VHEMBE STAPTOGKAMP N Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 7 Beria en sy twee seuns, Jordan en Benjamin, het van Pretoria tot by Mapungubwe Nasionale Park gery om aan ʼn jaarlikse voëlkykkompetisie en ʼn maraton deel te neem. Gebruik die KAART op bladsy 6 en die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1 Bepaal, in kilometer, die totale afstand tussen Pretoria en Makhado. (2) 2.2 In watter Suid-Afrikaanse provinsie vind ons die Mapungubwe Nasionale Park? (2) 2.3 Watter dorp word noord-oos van die park se ingang en ontvangs gevind? (2) 2.4 Dit neem hulle 0,8 uur om van Musina tot by die park se ingang te reis. Bereken die gemiddelde spoed van hul motor in kilometer per uur (km/h). 𝒂𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅 Jy mag gebruik maak van die formule: 𝒔𝒑𝒐𝒆𝒅 = 𝒕𝒚𝒅 (3) 2.5 Gee ʼn stel aanwysings vir wanneer daar vanaf die Venetia-myn tot by die park se ingang en ontvangs gery word. (4) 2.6 Bepaal die skaal van die kaart deur die afstand tussen Musina en Makhado as ̕n verwysing te gebruik. Rond jou antwoord af tot die naaste honderd duisend. (5) 2.7 Gee EEN nadeel wanneer daar met ʼn syfer/verhoudingskaal gewerk word. (2) [20] Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 8 VRAAG 3 3.1 Bonganjalo geniet dit om DDS-Projekte ( Doen-Dit-Self) aan te pak. Sy mees onlangse projek is om ʼn lessenaar te bou. ʼn Skets van die lessenaar, wat hy beoog om te bou, word hieronder gewys. Al die afmetings van die lessenaar word in duim gegee. 21'' 60'' 30'' 20'' [Bron: MORELIKEHOME.NET] LET WEL: 1” (1 duim) = 2,54 cm Verwys na die skets sowel as al die inligting gegee om die vrae wat volg te beantwoord. 3.1.1 Herlei die lengte van die lessenaar na sentimeter (cm). (2) 3.1.2 Bonganjalo wil nie ʼn lessenaar wat hoër is as 0,77 m hê nie. Verifieer, deur berekeninge te toon, of die lessenaar aan sy vereistes voldoen. (4) Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 9 3.1.3 Om die boonste deel van die lessenaar te bou, sal Bonganjalo planke met ʼn lengte van 2 m gebruik, en dit net volgens die korrekte lengte sny. Bereken die totale lengte hout wat vermors is met die gebruik van die ses (6) planke om die boonste deel van die lessenaar te bou. LET WEL: ʼn Plank is ʼn plat reghoekige stuk hout wat langer en hoër is as wat dit breed is. (6) 3.2 Hieronder is die lys van die hout se saaglengtes wat benodig word om die lessenaar te bou. LYS VAN DIE HOUT SE SAAGLENGTES BENODIG OM ’N LESSENAAR TE BOU Beskrywing Hoeveelheid om te koop Tafelpote 4 × 28,5” Boonste ondersteuningsbalk 2 × 17” Tafelblad 6 × 60” 3.2.1 Volgens Bonganjalo se berekeninge, sal 13 m hout genoeg wees vir die voltooing van die hele lessenaar (uitsluitend die afgesnyde stukke/oorblyfsels). (Oorblyfsels is stukke hout wat oor is nadat ʼn groot stuk van die groot plank afgesny of gebruik is). Maak gebruik van al die bostaande inligting en toepaslike berekeninge, en bepaal of Bonganjalo korrek is in sy berekeninge. (9) 3.2.2 Noem EEN item handgereedskap wat Bonganjalo kan gebruik om die lessenaar te bou. (2) [23] Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 10 VRAAG 4 4.1 Tumisho is ʼn pakhuisbestuurder vir Perfect Seat- maatskappy wat sitplekoortreksels vir passasiervoertuie verkoop. Die pakhuis het ʼn reghoekige vorm met afmetings soos in die diagram aangedui met ʼn skaal van 1 : 90. 12 cm 5cm 4.1.1 Bereken die totale lengte van die pakhuis. Jy mag die volgende gebruik: Totale lengte = 2 × (lengte + breedte) (2) 4.1.2 Die skaal wat gebruik is om die pakhuis te teken is 1 : 90. Verduidelik die betekenis van die skaal 1 : 90. (2) 4.1.3 Gebruik die gegewe skaal en bereken, in meter, die werklike lengte van die pakhuis. (4) 4.2 Die bestuurder het die volgende sitplekoortrekselopsies in voorraad: kleuropsies van swart (B) en grys (G), en sitplektekstuuropsies van leer (L), suède (S) en materiaalstof (C). Die moontlike uitkomstes is in die onderstaande boomdiagram opgesom. L B S C L G S C 4.2.1 Wat is die totale aantal moontlike uitkomstes? (2) 4.2.2 Bepaal, as ʼn persentasie, die waarskynlikheid om swart sitplekoortreksels te koop. (3) Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 11 4.3 Die bestuurder het die volgende koekresep geskep om aan een van haar personeellede op haar verjaarsdag te gee. Voorbereidingstyd: 10 minute 1 koppie = 250 ml Baktyd: 30 minute 1 teelepel = 5ml 2 Grootte: 210 mm koek Porsies: 12 mense Bestanddele: 1 koppie wit suiker 2 groot eiers 2 teelepel vanilla ekstrak ½ koppie ongesoute botter ½ koppie melk 1½ koppie alles-in-een koekmengsel 4.3.1 Hoeveel koppies van die alles-in-een koekmengsel sal benodig word om ʼn koek te bak wat 48 mense sal bedien? (3) 4.3.2 Bepaal, in mm, die lengte van die koek. Gebruik die formule: Oppervlakte = sy × sy (3) 4.3.3 Die bestuurder arriveer om 14:24 by die huis en begin onmiddelik met die voorbereiding en bak van die koek. Sal sy ʼn voltooide produk gereed hê voor die verjaarsdagpartytjie wat om 15:04 begin? Toon ALLE berekeninge om jou antwoord te regverdig. (4) [23] Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 12 VRAAG 5 5.1 Mikayla het pas haar kombuis oorgedoen en opgeknap. Sy het haar ou stoof vervang met ʼn moderne stylvolle elektriese stoof. Die boonste deel van die nuwe stoof word hieronder vertoon. 59 cm 52 cm A [Bron: https://modern-living.co.za/product/aeg-60cm-ceran-4-zone-touch-control-hob] Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord. 5.1.1 Bereken die oppervlakte van die stoof (in m2). Jy mag die volgende formule gebruik: Oppervlakte van reghoek = 𝒍𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 × 𝒃𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆 (3) Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) GR12 0625 13 5.1.2 Om haar nuwe stoof uit te toets, het Mikayla haar gunsteling maaltyd in ʼn pot, soos hieronder voorberei. 20 cm 16 cm [Bron: https://www.aeg.co.uk/kitchen/cooking/hobs/induction-hob/ilb64334cb/] Bereken die hoeveelheid water, in liter, wat in die pot is as dit ¾ vol is. Jy mag die volgende formule gebruik: Volume van ʼn silinder = π × radius2 × hoogte, waar π = 3,142 LET WEL: 1 000 cm3 = 1 liter (5) 5.2 Mikayla het teruggery na die winkel in Boksburg, waar sy die nuwe stoof gekoop het om die kwitansie te gaan haal wat sy daar vergeet het. Sy het van haar huis af Suidwaarts in Mbekistraat gery om Boksburg-middestad te bereik. 5.2.1 Watter instrument sal Mikayla gebruik om rigting te bepaal? (2) 5.2.2 Die bevolkingsaantal van die inwoners van Boksburg in 2015 was 260 321 en het tot 280 000 in 2022 vermeerder. Bereken die persentasie vermeerdering in die bevolking tot die naaste heelgetal. Jy mag die volgende formule gebruik: 𝑵𝒖𝒘𝒆 𝒘𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆 − 𝑶𝒖 𝒘𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆 𝑷𝒆𝒓𝒔𝒆𝒏𝒕𝒂𝒔𝒊𝒆 𝒗𝒆𝒓𝒎𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓𝒊𝒏𝒈 = × 𝟏𝟎𝟎 (4) 𝑶𝒖 𝒘𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆 [14] TOTAAL: 100 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all