Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*MLITA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende ʼn antwoordblad en ʼn
addendum met vier bylae.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--862f41ea-86b5-468a-bac9-0f1c76be2e36/v1-a54d8cafac2ad8824bc1/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)

%20Preparatory%202017%20Addendum_hlayiso.com_--f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd/v1-5415ac530376df944eb8/card.webp)



View all





MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. 2.1 Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
beantwoord:
BYLAAG A vir VRAAG 1.4
BYLAAG B vir VRAAG 4.1
BYLAAG C vir VRAAG 4.2
BYLAAG B vir VRAAG 5.3
2.2 ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.3.
Skryf jou NAAM en JOU GRAAD in die voorsiende spasie op die
ANTWOORDBLAD en handig dit met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5 Jy kan ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die konteks af, tensy anders
aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 3
VRAAG 1
1.1 Ben koop ʼn fiets vir R3 200 op bêrekoop.
Hy betaal ʼn deposito van R750 en daarna R300 maandeliks om die balans te dek.
1.1.1 Druk die deposito as ʼn persentasie van die koopprys uit. (2)
1.1.2 Bepaal die balans nadat die deposito betaal is. (2)
1.1.3 Bepaal die totale bedrag nadat die deposito en vyf paaiemente betaal is. (2)
1.2 Karen koop 50 KwH elektrisiteit van haar munisipaliteit in Junie 2017 toe die tarief
0,8865 R/ KwH (Rand per kilo-watt uur) was, insluitende BTW.
1.2.1 Bereken die koers (in sent) vir die tarief wat vir 50 KwH elektrisiteit gevra (2)
was.
1.2.2 Bereken die totale bedrag wat vir 50 KwH elektrisiteit gevra was. (2)
1.2.3 Skryf die afkorting BTW volledig uit. (2)
1.3 ʼn Toesighouer wat by ʼn skool werk, word teen ʼn tarief van R26 per uur betaal. Hy
werk van 7:30 vm. vir 7 ure, uitgesluit ʼn 15-minute teetyd en 45-minute etenstyd.
Hy werk nie naweek nie.
1.3.1 Bepaal die tyd wanneer hy ophou werk. (2)
1.3.2 Bereken sy inkomste indien hy vier weke gewerk het. (2)
1.4 Die afstand tussen stede in Suid-Afrika word in BYLAAG A getoon. Gebruik dit
om die volgende vrae te beantwoord.
1.4.1 Skryf die afstand tussen Mafikeng en Port Elizabeth neer. (2)
1.4.2 Noem TWEE stede wat dieselfde afstand vanaf Kimberley is. (2)
1.4.3 Watter TWEE stede is die verste vanmekaar? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.5 ʼn Opname was gedoen met sommige ouers van Zozo hoërskool om die persentasie
van hul inkomste wat hulle vir Junie 2017 gespaar het, aan te dui. Die resultate
word op die grafiek hieronder getoon.
1.5.1 Bepaal die aantal mense wat aan die opname deelgeneem het. (2)
1.5.2 Bereken hoeveel mense minder as 20% van hulle inkomste gespaar het. (2)
1.5.3 Wat was die modale omvang? (2)
1.5.4 Skryf neer die tipe grafiek wat gebruik is om die inligting te vertoon. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 5
VRAAG 2
2.1 In Suid-Afrika is die meeste families afhanklik van slegs maatskaplike toelae om
hul lewenstandaard te volhou. Nobuzwe, ʼn 78-jarige ouma woon met haar vier
kleinkinders en sorg vir hulle. Bestudeer die inligting in TABEL 1 hieronder oor
maatskaplike toelaes en beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 1: MAANDELIKSE MAATSKAPLIKE TOELAES VIR DIE
FINANSIËLE JARE 2015/2016 EN 2016/2017 PER INDIVIDU.
2015/2016 2016/2017
Tipes maatskaplike toelaes
(in Rand) (in Rand)
Staatspensioen: (60–75 jaar) 1 415 1 505
Staatspensioen: (oor 75 jaar) 1 435 1 525
Oorlogsveterane 1 435 …
Ongeskiktheid 1 415 1 505
Pleegsorg 860 860
Sorg afhanklikheid 1 415 1 505
Kinderondersteuning 330 350
[Aangepas van “People’s guide to the budget”]
2.1.1 Identifiseer die maatskaplike toelaag wat minste oor die twee finansiële
jare toegeneem het. (2)
2.1.2 Twee van haar vier kleinkinders ontvang Kinderondersteuningstoelaes.
Bereken die totale bedrag van maatskaplike toelae wat Nobuzwe en die
twee kleinkinders maandeliks vir die 2016/2017 finansiële jaar ontvang. (3)
2.1.3 Oorlogsveterane se maatskaplike toelae was verhoog met 6,27% aan die
einde van die 2015/2016 finansiële jaar. Bereken die maandelikse bedrag
vir die 2016/2017 finansiële jaar na die verhoging tot die naaste rand. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.2 Ludwe, Nobuzwe se seun het motorbande vir sy duur motor by “Lee Tyre and Exhaust”
sentrum in Kaapstad gekoop. Bestudeer die inligting op die faktuur hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
“Lee Tyre and Exhaust” Sentrum: Belastingsfaktuur
Kaapstad Faktuurnr.: 0021548
Tyd gedruk: 11:10
Verwysingsnr.: 54383644/P
Datum: 02/07/2016
R – Rand BTW – Belasting op Toegevoegde Waarde
Itembesonderhede Prys Hoeveelheid Netto
uitsluitende Waarde
BTW: (R) (R)
813750 FS TZ Firehawk motorbande 1 155,26 4.000 A
BBO Wielbalansering (Standaard) 28,95 4.000 115,80
WWA 1 Wielsporing 192,98 1.000 192,98
Sub-totaal 4 929,82
BTW 690,18
Groottotaal
5 620,00
Kleingeld 0,00
2.2.1 Bereken die waarde van A, die Netto bedrag (waarde) van die “Firehawk”
motorbande. (2)
2.2.2 Skryf neer die bedrag wat Ludwe as kleingeld ontvang het. (2)
2.2.3 In Augustus was daar ʼn afslag van 5,6% op SLEGS die motorbande.
Bereken die bedrag wat Ludwe vir die motorbande sou betaal het,
insluitende BTW. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 7
2.3 Sasol het verkenning, ontwikkeling, produksie, bemarking en verkope in 36
lande regoor die wêreld. Bestudeer die inkomste bydrae en die totale
kapitaalbeleggings volgens streek wat aangetoon word in TABEL 2 hieronder
en beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 2:
[www.sasoltechnox.co.za]
2.3.1 Skryf neer die bedrag vir die bydrae van Inkomste deur die Res van
Afrika. (2)
2.3.2 Bereken die totale kapitaalbeleggings deur Sasol in alle die streke. (2)
2.3.3 Skakel die totale kapitaalbeleggings vir Europa in Euro’s om.
Gegee dat 1 Euro = R15,3728 (2)
2.3.4 Bereken die verskil in bydrae van die Inkomste tussen Suid-Afrika en
Europa. (3)
2.3.5 Druk die kapitaalbelegging in die Verenigde State as ʼn persentasie van
die totale kapitaalbeleggings uit. (3)
2.3.6 Skryf neer Europa se kapitaalbeleggings, teenoor Europa se bydrae van
inkomste in die eenvoudigste verhouding.
Gee jou antwoord in die vorm 1 : … (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.4 Lerato Hoërskool het ʼn gedenkdiens gehou vir Anako, een van Nobuzwe se
kleinkinders wat in Graad 10 was. Bestudeer die kwotasie in TABEL 3 hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 3: KWOTASIE VIR DIE DRUKKOSTE VANAF DIE SKRYF-
BEHOEFTEWINKEL PER KOPIE
A3 A4
Kopieë Swart en Wit Kleur Swart en Wit Kleur
Hoeveelheid E/K D/K E/K D/K E/K D/K E/K D/K
1–250 R3,50 R4,00 R10,00 R12,00 R1,50 R2,00 R5,00 R6,00
251–500 R3,00 R3,50 R9,50 R11,50 R1,00 R1,50 R4,50 R5,50
501–1 000 R2,80 R3,00 R9,00 R11,00 R0,85 R1,05 R4,00 R5,00
1 000+ R2,50 R2,70 R8,50 R10,50 R0,75 R0,95 R3,00 R4,50
E/K – Enkelkantig D/K – Dubbelkantig
2.4.1 Die skool sal VIER-EN-TWINTIG A3-enkelkantige
kleuradvertensies in die gemeenskap plaas en EEN A3-enkelkantige
kleuradvertensie buite die saal. Bereken die totale bedrag wat die
skool vir hierdie kopieë sal betaal. (2)
2.4.2 Die skool sal 260 dubbelkantige swart en wit A4-programme vir die
diens druk. Bereken die totale koste vir die programme. (2)
2.4.3 Skryf neer die bedrag wat per kopie gevra word indien jy 520
A3-dubbelkantige kleurkopieë wil maak. (2)
2.5 Die prys van 1 kg graanvlokkies was R52,95 in Junie 2016 en R55,95 in Junie
2017.
2.5.1 Die prysveranderinge soos hierbo aangetoon is as gevolg van inflasie.
Verduidelik die begrip inflasie vanuit die bogenoemde konteks. (2)
2.5.2 Bereken die inflasiekoers wat vir die prysveranderinge van die
graanvlokkies gebruik was. Gee jou antwoord tot die naaste
persentasie.
Jy mag die volgende formule gebruik:
𝑵𝒖𝒘𝒆 𝒑𝒓𝒚𝒔 − 𝑶𝒖 𝒑𝒓𝒚𝒔
Inflasiekoers = x 100% (3)
𝑶𝒖 𝒑𝒓𝒚𝒔
[42]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 9
VRAAG 3
3.1 Oormatige inname van suiker is ʼn gesondheidsgevaar. Bestudeer die inligting oor die
hoeveelheid suikerinhoud in verskeie items soos genoem in TABEL 4 hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 4: SUIKERINHOUD IN VERSKEIE VERKOSE ITEMS
Suikerinhoud Kapasiteit (inhoud van
Item (in gram) (g) elke item)
Sportdrankie 28 500 mℓ
Gegeurde water 20 500 mℓ
Medium muffin 10.6 65 g
Versoete gasdrankie 55 500 mℓ
Vitamienwater 27,5 500 mℓ
Sjokoladestafie 41,2 80 g
1 eetlepel tamatiesous 7,4 ……
Ystee 28 330 mℓ
[Bron: Discovery Vitality Kids’ report 2014 illustrations, Socks]
LET WEL: 1 teelepel = 4,18 g 1 koppie = 250 mℓ
3.1.1 Rosa drink ʼn blikkie ystee en eet twee medium muffins vir ontbyt, een
sjokoladestafie tydens pouse en ʼn sportdrankie na ʼn hardloopsessie in die
middag. Bereken Rose se totale hoeveelheid suiker inname. (3)
3.1.2 Bepaal hoeveel teelepels suiker in die vitamienwater voorkom. Gee jou
antwoord tot die naaste teelepel. (3)
3.1.3 Bereken die aantal koppies wat jy sal kry as jy 50 bottels sportdrankies vir
jou skoolspanne koop. (2)
3.2 Die boks hieronder word gebruik om 80 reghoekige sjokoladestafies te pak. Die
afmetings van die boks is: lengte = 28 cm, breedte = 15 cm en hoogte = 8 cm.
Prentjie van sjokoladestafie
3.2.1 Bereken die volume van die boks.
Jy mag die formule gebruik:
Volume = lengte x breedte x hoogte (2)
3.2.2 Bereken die dikte van ʼn sjokoladestafie indien die basis 35 cm2 is.
Jy mag die formule gebruik:
Volume = area van basis x dikte (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.3 ʼn Tafel wat Lindi gebruik vir funksies in ʼn tent het ʼn deursnit van 130 cm. Die
sirkelvormige tafeldoek wat op die tafels gebruik word, hang 25 cm oor, reg rondom
die tafels. Om hierdie tafeldoek te maak, moet Lindi 1,8 cm rondom die tafeldoek
bytel vir die soom. Die materiaal van die tafeldoek se mates is 2,3 m breed en 2,3 m
lank.
Tafel met tafeldoek Materiaalgrootte
2,3 m
2,3 cm
3.3.1 Bereken die deursnee van die tafeldoek wat gesny moet word uit die
materiaal, insluitende die addisionele sentimeters vir die soom. (2)
3.3.2 Bereken die oppervlakte (in m2) van die tafeldoek-materiaal.
Jy mag die formule gebruik:
Oppervlakte = Lengte x Breedte (2)
3.3.3 Bereken die oppervlakte (in m2) van die tafeldoek wat Lindi moet sny.
Jy mag die formule gebruik:
Oppervlakte = 𝝅 (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐 ; waar 𝝅 = 3,142 (3)
3.3.4 Bereken die hoeveelheid materiaal wat vermors word om die tafeldoek te
sny.
Jy mag die formule gebruik:
Vermorste materiaal = Oppervlakte van materiaal – Oppervlakte wat
gesny moet word (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 11
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die kaart op BYLAAG B wat die monster punte toon vir die toets van
Escherichia Coli (E. coli) en Blougroen Alge. Die tellings is per 100 mℓ.
Beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Identifiseer die aantal brûe wat stroomop (noord-oos) van die R59-brug
gevind word. (2)
4.1.2 Noem die SESDE monster punt vanaf die westelike kant op die kaart. (2)
4.1.3 Lindi reis per boot vanaf Ascotbrug na die Vaalview Watersportklub.
Noem die systrome (sytakke) van die Vaalrivier wat sy verby sal ry. (2)
4.1.4 Die afstand tussen R59-brug en die Spoorwegbrug (Railway) is 3 km.
Bereken die afstand op ʼn ander kaart indien die skaal 1 : 25 000 is. (3)
4.2 Bestudeer BYLAAG C wat diagramme en ooreenstemmende letters, A; B; C en D
voorstel om die bababed aanmekaar te sit en laastens om ʼn junior bed te kry.
4.2.1 (a) Skryf neer die aantal gate in die eindpanele. (2)
(b) Benoem die houtdele wat verwyder word, om die junior bed te
vorm. (2)
(c) Watter illustrasies toon dat die basis nou bygevoeg is? (2)
4.2.2 Bereken die aantal boute en moere wat nodig is om die bababed
aanmekaar te sit. (2)
4.2.3 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn 80 mm-bout te kies vanuit ʼn
sak met SLEGS die boute in. Gee jou antwoord as ʼn breuk in die
eenvoudigste vorm. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5
5.1 TABEL 5 hieronder toon die aantal leerders wat na Graad 12 gekondoneer
(‘progressed’) is. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae.
TABEL 5: GEKONDONEERDE LEERDERS
Provinsie Aantal gekondoneerde leerders wat matriek in:
2015 geskryf het 2015 geslaag het in 2016 doen
Oos-Kaap 11 705 2 625 18 255
Vrystaat 5 105 2 600 7 362
Gauteng 4 568 2 149 N/A
KwaZulu-Natal 10 070 4 765 24 549
Limpopo 13 022 3 492 27 523
Mpumalanga 5 091 2 290 11 160
Noord-Kaap 1 963 613 2 280
Noord-Wes 3 543 2 122 6 654
Wes-Kaap 3 589 1 404 3 058
TOTAAL A 22 060 …
5.1.1 Lys die provinsies waar die aantal gekondoneerde leerders minder as 5 000 in
2016 is. (2)
5.1.2 Bereken die ontbrekende waarde van A in die tabel. (2)
5.1.3 Rangskik die aantal gekondoneerde leerders wie matriek geslaag het in 2015 in
stygende orde. (2)
5.1.4 Bepaal die mediaan vir die gekondoneerde leerders wat matriek in 2015 geslaag
het. (2)
5.1.5 Bereken die verskil tussen die gekondoneerde leerders wat in 2015 matriek in
die Oos-Kaap en die Wes-Kaap geslaag het. (3)
5.1.6 Bereken die gemiddelde van die gekondoneerde leerders wat matriek in 2015
geskryf het. (3)
5.1.7 Identifiseer die provinsie met die hoogste slaagsyfer vir gekondoneerde leerders
in 2016. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 13
5.2 Verskaf byskrifte vir die snor-en-baarddiagram deur die terme hieronder te pas by die
letters wat op die diagram aangedui word.
Gemiddelde; Mediaan; Modus; Minimum; Onderste kwartiel; Boonste kwartiel,
Maksimum; Omvang
Skryf SLEGS die letter en die korrekte term neer. (4)
5.3 Bestudeer TABEL 5 in BYLAAG D hieronder wat die monsterpunte vir die toetsing
van Escherichia coli (E. coli) en Blougroen Alge tellings per 100 mℓ voorstel en
beantwoord die vrae wat volg.
5.3.1 Identifiseer die aantal monsterpunte met dieselfde waardes vir Blougroen
Alge. (2)
5.3.2 Die lesing na die toetsing was 291 vir die E. coli tellings per 100 mℓ by
monsterpunt 8. Skryf neer die riglyn op so ʼn lesing. (2)
5.3.3 Teken die lyngrafiek wat die lesings vir Blougroen Alge tellings per 100 mℓ
vir al die monsterpunte aangetoon. Gebruik die ANTWOORDBLAD om die
grafiek te teken. (6)
5.4 Ludwe skiet ʼn muntstuk twee keer op en maak ʼn opname van al die moontlike
uitkomste en stel dit voor op ʼn boomdiagram soos hieronder aangedui:
5.4.1 Skryf neer die moontlike uitkomste wat deur die letters A, B en C voorgestel
word. (3)
5.4.2 Bepaal die waarskynlikheid om twee koppe te kry indien die muntstuk twee
keer opgeskiet is. (2)
[35]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
ANTWOORDBLAD
GRAAD 12
NAAM VAN LEERDER:
VRAAG 5.3.3
Blougroen Alge telling per 100 m𝓁 by verskillende monsterpunte
1200
1000
E coli tellings per 100 m𝓁
800
600
400
200
0
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Monsterpunte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West

Question paper
MATH LITERACY P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans hlayiso.com
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--862f41ea-86b5-468a-bac9-0f1c76be2e36/v1-a54d8cafac2ad8824bc1/card.webp)
Question paper
Gr 12 Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) June 2024 Question Paper hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans hlayiso.com
%20Preparatory%202017%20Addendum_hlayiso.com_--f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd/v1-5415ac530376df944eb8/card.webp)
Addendum
Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Addendum hlayiso.com

Addendum
MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 12 Mathematical Literacy
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL

Addendum
MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR

Memorandum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State

Addendum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN

Memorandum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo

Errata