Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 1 antwoordblad en ʼn addendum
met 1 bylae.
Skip to contentAll 2020 papers 




%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 645.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. 2.1 Gebruik die ANTWOORDBLAD om VRAAG 5.3.2 te beantwoord.
2.2 Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasie wat voorsien is in die
ANTWOORDEBOEK vir VRAAG 5.3.2.
Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
5. Rond ALLE finale antwoorde af volgens die gegewe konteks wat gebruik word,
tensy anders aangedui.
6. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 3
VRAAG 1
1.1 ʼn Bus verlaat Queenstown om 20:15 op ʼn Saterdagaand na Kaapstad. Die bus het
8 keer langs die rit stilgehou en elke stop het 30 minute geduur vir passasiers om te
verfris. Die totale tyd vir die rit was 13 uur 45 minute.
Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
1.1.1 Bereken die totale stilhoutyd in minute wat die passasiers op verfrissing
spandeer het. (2)
1.1.2 Bepaal die tyd wat die bus in Kaapstad gearriveer het. (2)
1.2 ʼn Winkeleienaar verkoop 10 hemde vir ʼn totaal van R1 200 met ʼn wins van 25% op
die verkope.
1.2.1 Verduidelik die betekenis van ‘wins’ in hierdie konteks. (2)
1.2.2 Bereken die wins wat op die verkoop van die 10 hemde gemaak is. (3)
1.3 ʼn Onderwyser het 383,5 km vanaf Komani na Port Elizabeth gery. Die motor het
28,239 liter petrol teen ʼn koste van R434,61 verbruik.
1.3.1 Bereken die brandstofprys per liter. (2)
1.3.2 Bepaal die gemiddelde afstand wat per liter gereis was. (2)
1.3.3 Bereken die koste in Rand wat per kilometer gereis was. (2)
1.3.4 Bepaal hoeveel liter brandstof word vir ʼn afstand van 175 km teen dieselfde
koers as verbruik, benodig. (3)
1.3.5 Bereken die afstand wat ʼn motor sal reis waar die brandstof R675,55 is teen
dieselfde koers as verbruik. (2)
1.4 Op ʼn kaart, is die skaal 50 cm : 100 km. Gebruik hierdie inligting om die
onderstaande vrae te beantwoord.
1.4.1 Skryf die gegewe skaal in woorde. (2)
1.4.2 Druk die gegewe skaal uit in die vorm 1 : … (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.5 TABEL 1 hieronder toon die totale bevolking van Suid-Afrika en die wêreld aan vanaf
2017 tot 2020.
TABEL 1: TOTALE BEVOLKING VAN SUID-AFRIKA EN DIE WÊRELD
VANAF 2017 TOT 2020
Jaar Stedelike bevolking Suid-Afrika Wêreldbevolking
van Suid-Afrika
2020 39 550 889 59 308 690 7 794 798 739
2019 38 820 239 58 558 270 7 713 468 100
2018 38 086 769 57 792 518 7 631 091 040
2017 37 348 154 57 009 756 7 547 858 925
Gebruik TABEL 1 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
1.5.1 Skryf neer die jaar met die laagste wêreldbevolking. (2)
1.5.2 Bereken die totale stedelike bevolking van Suid-Afrika vanaf 2018 tot 2020. (2)
1.5.3 Bereken die verskil tussen die maksimum en minimum van die wêreld-
bevolking. (3)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 5
VRAAG 2
2.1 Mnr. Tau. beplan om sy huis teen ʼn koste van R25 000 op te knap. Hy nader sy bank vir ʼn
persoonlike lening. Hy was voorsien van ʼn persoonlike lenings-terugbetalingsplan soos in
TABEL 2 hieronder aangetoon.
TABEL 2: PERSOONLIKE LENINGS TERUGBETALING
Maandelikse paaiement vir verskillende periodes met ʼn rentekoers van
9,75% per jaar
Lenings-
6 12 24 36 48 60
bedrag
maande maande maande maande maande maande
R10 000 R2 017,83 R1 067,07 R592,24 R434,47 R355,95 R309,13
R20 000 R3 746,15 R1 952,20 R1 056,28 R758,58 R610,43 R522,09
R30 000 R5 474,46 R2 837,33 R1 520,32 R1 062,69 R864,90 R735,05
LET WEL:
Aanvanklike administrasie teen R1 207,50
Maandelikse administrasie teen R69
[Bron: www.nedbank.co.za/loans]
Gebruik TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
2.1.1 Bepaal hoeveel mnr. Tau van sy eie fondse gaan gebruik om die huis op te knap
indien hy ʼn persoonlike lening van R10 000,00 aangegaan het. (2)
2.1.2 Mnr. Tau het uiteindelik besluit om ʼn persoonlike lening van R10 000 te neem wat
oor 4 jaar terugbetaalbaar is.
Bepaal:
(a) Die aanvanklike administrasiefooi as ʼn persentasie van die leningsbedrag (3)
(b) Die totale maandelikse bedrag wat hy vir die lening sal betaal (2)
(c) Die totale rente wat hy vir die lening sal betaal (4)
2.1.3 Mnr. Tau het sy eerste paaiement aan die einde van Maart 2020 betaal. Die
maandelikse terugbetalings is betaalbaar aan die einde van elke maand. Bepaal die
maand en jaar wanneer mnr. Tau sy laaste terugbetaling sal betaal. (2)
2.1.4 Mnr. Tau het ʼn bydrae van 250 Kanadese dollars (CAD) van sy seun wie in Kanada
werk, ontvang.
Bereken die waarde van die bydrae in Rand indien die wisselkoers teen die tyd
1 CAD = R11,0555 was. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.2 TABEL 3 toon Suid-Afrika se inflasiekoers vanaf Junie 2017 tot Junie 2019.
TABEL 3: SUID-AFRIKA SE INFLASIEKOERS
JAAR INFLASIEKOERS
2017 5,27%
2018 4,62%
2019 4,38%
Gebruik TABEL 3 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
2.2.1 Verduidelik die betekenis van die term ‘inflasie’. (2)
2.2.2 Bereken die prys van bruinbrood in Junie 2019 indien die prys R12,24 in Junie
2017 was. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 7
2.3 Andile bestuur ʼn reisagentskap en hanteer toerpakkette. ʼn Wiskundige Geletterdheid-
leerder teken ʼn Inkomste en Uitgawe-grafiek soos hieronder getoon om Andile te help
om die gelykbreekpunt van die besigheid te bepaal.
Die formules vir die Uitgawes en Inkomste word ook hieronder aangedui.
Die uitgawes vir die toerpakkette word soos volg bereken:
Uitgawes = 2 000 + 500 × aantal toerpakkette
Die inkomste vir die toerpakkette word soos volg bereken:
Inkomste = 1 000 × aantal toerpakkette
INKOMSTE- EN UITGAWE-GRAFIEK VIR ANDILE SE
TOERBESIGHEID
10000
INKOMSTE
9000
8000
INKOMSTE/UITGAWES (RAND)
UITGAWE
7000
6000
5000
4000
3000
2000
1000
0
0 2 4 6 8 10
AANTAL TOERPAKETTE
Gebruik die grafiek en die inligting hierbo om die vrae hieronder te beantwoord.
2.3.1 Bepaal die aantal toerpakkette by die gelykbreekpunt. (2)
2.3.2 Bepaal die inkomste indien 8 toerpakkette verkoop word. (3)
2.3.3 Inkomste ontvang is BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) uitgesluit.
Bereken die BTW bedrag betaalbaar indien 6 toerpakkette verkoop word.
Gebruik BTW = 15%. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.3.4 Gebruik jou antwoord in VRAAG 2.3.3 om die wins van die 6 toerpakkette wat
verkoop word, te bereken.
Gebruik die formule: Wins = Inkomste – Uitgawes – BTW betaalbaar (3)
2.3.5 Bepaal die aantal toerpakkette wat verkoop is indien die uitgawes R1 500 meer
as die inkomste is. (2)
2.4 John werk vir ʼn maatskappy wat stene maak. Hy word ʼn bruto salaris van R12 500 per
maand betaal. John en sy werkgewer dra elk 1% by tot die WVF elke maand.
2.4.1 Waarvoor staan die akroniem, ‘WVF’? (2)
2.4.2 Bereken die totale WVF-bydrae deur beide die werknemer en die werkgewer
vir ʼn periode van een jaar. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 9
VRAAG 3
3.1 Lethabo het elke Sondag malvapoeding vir sy familie en vriende vir die eerste
kwartaal van 2020 gebak. Bestudeer die bestanddele hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
MALVAPOEDING RESEP
Bedien : 6 mense
Kooktyd : 55 minute
Voorbereidingstyd: 20 minute
Bestanddele Hoeveelheid
1. Ongesoute botter, koud en in klein blokkies gesny 230 g
2. Wit suiker, gladde appelkooskonfyt vir smeer 450 g
3. Meel 250 g
4. Melk 500 mℓ
5. Organiese/Vryreeks (Free range) eiergele 4
6. Eetlepel koeksoda 2
7. Sout Knippie
8. Kookwater (vir meng) 1 koppie
9. Vanilla-ekstrak Paar druppels
Voorverhit oond tot 180 °C en gebruik ʼn gesmeerde 20 cm vierkantige
oondbak.
Jy mag die volgende gebruik:
1 teelepel = 5 mℓ
𝟏
1 knippie = × teelepel
𝟖
[Bron: www.woolworths.co.za]
3.1.1 Bereken die aantal sout wat gebruik word om malvapoeding vir drie dosyn
mense te bak. (4)
3.1.2 Bereken, in ure, die hoeveelheid tyd wat Lethabo gespandeer het om die
malvapoeding voor te berei en te bak vir sy familie en vriende in die eerste
kwartaal van die jaar. (4)
3.1.3 Bepaal hoeveel meel (in kilogram) Lethabo sal gebruik om malvapoeding te
maak vir 64 graad 12-leerders vir ʼn matriekdans. (5)
3.1.4 Herlei die temperatuur van die voorverhitte oond na grade Fahrenheit (℉).
Jy mag die volgende formule gebruik:
9
℉ = ( × ℃) + 32
5 (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.2 Lethabo het ʼn 750 g blik Nescafe Ricoffy vir sy familie tydens inperking (lockdown)
gekoop. Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIAGRAM VAN ’N NESCAFE RICOFFY
SILINDRIESE BLIK
Deursnee = 125 mm
Nescafe
Ricoffy Hoogte = 190 mm
750 g
3.2.1 Skryf neer die afmetings van die radius. (2)
3.2.2 Verduidelik die betekenis van die term ‘volume’. (2)
3.2.3 Bereken die volume (in cm3) van die silindriese Nescafe Ricoffy koffieblik.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Volume = π × radius × radius × hoogte, waar π = 3,142 (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 11
VRAAG 4
4.1 BYLAE A toon ʼn vloerplan van die Victoria Wharf-winkelsentrum in Kaapstad wat
Anathi tydens Junie 2020 besoek het.
Gebruik die vloerplan in BYLAE A en beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Skryf neer die aantal ingange wat op die laer vlak van die winkelsentrum gevind
kan word. (2)
4.1.2 Bepaal hoeveel winkels daar in die winkelsentrum gevind kan word. (2)
4.1.3 Bepaal die waarskynlikheid om ʼn winkel lukraak te kies, waar ʼn ewegetal
gebruik was om die winkel te nommer. Gee jou finale antwoord tot die naaste
persentasie. (4)
4.1.4 Vanaf Woolworths het Anathi regs gedraai, verby drie winkels aan haar
regterkant, en by die volgende winkel ingegaan. Skryf neer die nommer van die
winkel waar sy ingegaan het. (2)
4.1.5 Gee die algemene rigting van MRP vanaf Clicks. (2)
4.1.6 Noem die winkel wat die grootste oppervlakte beset. (2)
4.1.7 Identifiseer die nommer van die ingang waar daar geen winkels aan jou
regterkant is nie, wanneer jy die winkelsentrum ingaan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.2 Die diagram hieronder toon die stukke wat aanmekaar gesit moet word vir ʼn tafel wat
Anathi gekoop het.
[Bron: woodworkpdfplans.webfc2.com]
Bestudeer die diagram hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
4.2.1 Bepaal die aantal stukke wat benodig word om hierdie tafel aanmekaar te sit. (2)
4.2.2 Rangskik die gegewe stappe (gebruik A tot D) om Anathi te wys hoe die tafel
aanmekaar gesit moet word. (4)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 13
VRAAG 5
5.1 Die opname van die aantal leerders, die aantal skole en die aantal onderwysers in alle
distrikte van die Oos-Kaapse Departement van Onderwys vir die jaar 2020 word in die
tabel hieronder aangedui:
DISTRIK AANTAL AANTAL AANTAL
LEERDERS SKOLE ONDERWYSERS
Alfred Nzo-Oos 105 817 225 3 155
Alfred Nzo-Wes 168 899 599 5 019
Amathole-Oos 154 464 733 4 585
Amathole-Wes 78 820 411 2498
Buffalostad 198 738 459 5 537
Chris Hani-Oos 111 506 489 3 545
Chris Hani-Wes 119 405 398 3 469
Joe Gqabi 94 876 327 2 876
Nelson Mandela Metro 244 357 363 6 664
OR Tambo Kus 260 817 647 7 520
OR Tambo Binneland 201 907 619 5 736
Sarah Baartman 98 701 254 2 637
[Aangepas vanaf ECDoE uitgereikte datareeks]
Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende vrae.
5.1.1 Skryf neer die totale aantal skole tot die naaste duisend. (2)
5.1.2 Bereken die gemiddelde aantal leerders van al die distrikte. (3)
5.1.3 Bereken die gemiddelde aantal leerders waarvoor ʼn onderwyser in die Joe Gqabi
distrik verantwoordelik is. (3)
5.1.4 Identifiseer die distrik met die meeste skole. (2)
5.1.5 Bereken die omvang van die aantal onderwysers in die distrikte. (3)
5.1.6 Rangskik die aantal skole in dalende orde. (2)
5.1.7 Bepaal die aantal manlike onderwysers indien 71,9% van die onderwysers
vroulik is. (4)
5.1.8 Bepaal die waarskynlikheid (in vereenvoudigde vorm) om ʼn skool lukraak in die
Oos-Kaap te kies, wat vanaf die OR Tambo distrikte is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
5.2 Die Wiskundige Geletterdheid diagnostiese verslag van 2019 toon ʼn algehele
prestasiekoers in die Wiskundige Geletterdheid uitslae vanaf 2017 tot 2019 wat in
TABEL 4 hieronder getoon word.
TABEL 4: ALGEHELE PRESTASIEKOERS IN DIE WISKUNDIGE
GELETTERDHEID UITSLAE VANAF 2017 TOT 2019
Jaar Aantal Aantal % presteer Aantal % presteer
geskryf presteer met met 30% en presteer met met 40% en
30% en meer meer 40% en meer meer
2017 313 030 231 230 73,9 140 991 45,0
2018 294 204 213 225 P 133 568 45,4
2019 298 607 240 816 80,6 162 877 54,5
[Aangepas uit DBE verskafde uitslae, 2019]
Gebruik die bogenoemde inligting om die volgende vrae te beantwoord.
5.2.1 Bereken die waarde van P, die persentasie presteer met 30% en meer in 2018. (3)
5.2.2 Bereken die verskil in persentasie (%) van die leerders wat in 2017 en 2019 40%
en hoër behaal het. (3)
5.3 Skole word geklassifiseer volgens kwintiele. Bestudeer die inligting oor die aantal
leerders in elke kwintiele wat deur die Departement van Onderwys in die Oos-Kaap
provinsie vervoer word.
Kwintiele Aantal leerders
K1 550 684
K3 738 340
K4 52 185
K2 333 251
K5 80 369
Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende vrae.
5.3.1 Skryf neer die waarde van die mediaan vir die aantal leerders volgens die
kwintiele. (2)
5.3.2 Teken op ANTWOORDBLAD 1, ʼn kolomgrafiek om die aantal leerders per
rangskikking vanaf Kwintiel 1 tot Kwintiel 5 te toon. (3)
[33]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 15
ANTWOORDBLAD
VRAAG 5.3.2
NAAM:
GRAAD 12:
Aantal leerders
Kwintiele
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2021 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2019 Memo (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata