Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitende 1 antwoordblad en ʼn
addendum met 3 bylae.
Skip to contentAll 2020 papers 



%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 514.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 1.2,
BYLAE B vir VRAAG 2.4 en
BYLAE C vir VRAAG 3.1
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 4.3.4. en handig dit met jou
ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
4. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik
word, tensy anders aangedui.
5. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
6. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
7. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
8. Rond AL jou finale antwoorde af volgens die gegewe konteks wat gebruik word,
tensy anders aangedui.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Zulegha het ʼn spysenieringsdiens (catering service) en het ʼn bestelling om éclairs
te maak. Hieronder is die resep wat sy gaan gebruik om die éclairs te maak.
Resep vir Eclairs (1 Beslag maak 25)
Bestanddele Metode vir voorbereiding (25 minute)
250 mℓ water 1. Kook water en olie in ʼn pot.
125 mℓ olie 2. Verwyder pot van hitte, voeg
250 mℓ koekmeel koekmeel by en meng.
3 eiers 3. Hou aan meng oor lae hitte totdat
die mengsel balvormig is en die
kante van die pot skoon is.
4. Plaas die balvorm in ʼn mengbak
en laat afkoel.
5. Wanneer afgekoel, klits eiers een
op ʼn tyd in. (meng goed na elke
byvoeging)
6. Skep lepelsvol van die mengsel
op ʼn bakplaat.
Bak in verhitte oond teen 180 °C vir 45 minute.
You may use the following:
250 mℓ = 1 koppie
Koekmeel: 5 mℓ → 3 g
[Bron: Boeka treats: A Compilation of Breads, Biscuits, Cakes and Pastries]
1.1.1 Bepaal hoeveel koppies olie gebruik sal word indien Zulegha 3 baksels
éclairs wil maak. (3)
1.1.2 Bepaal die totale koste vir die eiers vir 1 beslag éclairs indien Zulegha ʼn
dosyn eiers teen R14,99 gekoop het. (4)
1.1.3 Zulegha se vriendin, Najmie, in Qatar het haar vertel dat sy haar
oondtemperatuur op 330 °Fahrenheit gestel het om die éclairs te bak.
Gebruik die volgende formule om te wys dat haar oondtemperatuur 26°F
laer as die vereiste temperatuur is.
°Fahrenheit = 1,8 × °Celsius + 32° (2)
1.1.4 Zulegha het ʼn groot bestelling vir 9 baksels éclairs wat teen 7:30 nm gereed
moet wees. Sy beweer dat, indien sy teen 09:15 begin, sal die bestelling
gereed wees. Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig
is of nie. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.5 TABEL 1: HOEVEELHEDE BESTANDDELE EN BESKIKBAARHEID
IN WINKELS
Bestand- Aantal Beskikbaar- Prys in Koste per
deel benodig heid in winkels bestanddeel
winkels wat benodig
word vir die
resep
Koekmeel 250 mℓ 2,5 kg R21,99 A
Olie 125 mℓ 2 liter R35,99 B
Eiers 3 Dosyn R14,99 C
Gebruik TABEL 1 hierbo om die ontbrekende waardes A, B en C te bereken
en verifieer, met die nodige berekeninge, dat die werklike koste vir die
bestanddele om 9 baksels te maak, meer as R76,00 is. (9)
1.2 Bestudeer die vloerplan van Zulegha se kombuis, BYLAE A en beantwoord die
vrae wat volg.
Jy mag die volgende gebruik:
1 voet = 0,3048 m
1 duim = 2,54 cm
1.2.1 Bereken die lengte van die kombuisvloer in meter. (6)
1.2.2 Identifiseer die tipe aansig wat deur die beeld langsaan die vloerplan
voorgestel word en gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
1.2.3 Behalwe die woonkamer in ʼn huis, word die kombuis as die mees
toeganklikste kamer in ʼn huis gesien. Verskaf TWEE redes waarom ʼn
kombuis as die mees toeganklikste kamer gesien word. (4)
[37]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 2
2.1 Mev. Lingham het ʼn fabriek waar koffiebekers gemaak word en as gevolg van die groot
aanvraag, het sy besluit om ʼn tweede fabriek oop te maak.
Mev. Lingham het nie genoeg geld om die tweede fabriek te begin nie en het besluit
om ʼn lening van R280 000 vanaf ʼn finansiële instelling te kry.
Sy is die volgende twee opsies aangebied wat oor ʼn periode van 35 maande afbetaal
moet word.
Opsie 1: Enkelvoudige Rente teen 9,75% per jaar en gebruik die volgende formule:
Rente = Bedrag geleen × Rentekoers × Aantal jare
Opsie 2: Saamgestelde Rente teen 8,25% per jaar wat jaarliks saamgestel word.
2.1.1 Bereken die rente wat sy op die Enkelvoudige Rente Opsie sal betaal. (3)
2.1.2 Gee raad aan mev. Lingham oor watter opsie sy moet kies indien sy minder
rente wil betaal. Toon alle berekeninge. (7)
2.2 Na die tweede fabriek aan die gang was, het sy die produksie van die twee fabrieke
vir die jaar vergelyk. Sy het snor-en-baarddiagramme gebruik.
Gebruik die snor-en-baarddiagramme om die onderstaande vrae te beantwoord.
Produksie in duisende
Fabriek 1
Fabriek 2
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
2.2.1 Verduidelik watter fabriek het die swakste gevaar in terme van produksie,
indien die mediaan en interkwartiele vergelyk word. (8)
2.2.2 Met verwysing na jou antwoord in VRAAG 2.2.1, dink jy dit was ʼn goeie idee
van mev. Lingham om die produksie van die twee fabrieke te vergelyk? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.3 Me. Lingham het haar werkers beveel om die koffiebekers in bokse te pak. Die
afmetings van die koffiebekers en bokse word hieronder gegee.
Afmetings van boks: Afmetings van koffiebeker:
Lengte = 310 mm Radius = 39 mm
Breedte = 220 mm Hoogte = 94 mm
Hoogte= 150 mm
2.3.1 Toon aan dat die hoogte van die koffiebeker 62,7% van die hoogte van die
boks is. (2)
2.3.2 Mev. Lingham beweer dat 66 koffiebekers in 10 bokse sal pas. Verifieer,
met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of nie. (8)
2.4 BYLAE B toon een van die roetes wat mev. Lingham vir haar aflewerings gebruik.
Gebruik BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.
2.4.1 Verskaf die TWEE algemene rigtings wat die trokbestuurder vanaf Port
Elizabeth via Kokstad na die Sani-gastehuis (lodge) sal volg. (4)
2.4.2 Toon aan dat die waarskynlikheid om ʼn nasionale pad te gebruik vir die
roete vanaf Port Elizabeth via Kokstad na die Sani-pas vir die vervoer van
ʼn vrag, 25% is. (2)
2.4.3 Op pad vanaf Port Elizabeth na die Sani-gastehuis (lodge), naby Oos-
Londen, ontvang die bestuurder ʼn oproep dat daar ʼn protesaksie op die N2
in Mthatha is. Adviseer die bestuurder oor watter roete(s) hy moet volg om
Mthatha te vermy. (3)
[39]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
VRAAG 3
3.1 Yamkela, ʼn werker, wat 64-jaar oud is, ontvang ʼn bruto salaris van R37 537,75 per
maand.
LET WEL:
Hy dra 7,5% per maand tot die Staatsdiens pensioenfonds (GEPF)
by wat nie-belasbaar is nie.
Hy dra ook R575 per maand by tot ʼn liefdadigheidsorganisasie wat
nie-belasbaar is nie.
BYLAE C toon die 2019/2020 Belastingtabel. Gebruik BYLAE C om die
onderstaande vrae te beantwoord.
3.1.1 Toon hoe die aanvanklike belasting van R35 253 in Belastingkategorie
No. 2 bereken is. (2)
3.1.2 Bereken die totale bedrag wat Yamkela per jaar aan pensioen en donasies
betaal. (5)
3.1.3 Daarna, bereken Yamkela se jaarlikse belasbare inkomste. (3)
3.1.4 Verifieer, met die nodige berekeninge, dat Yamkela se belasting wat hy per
maand betaal meer as R6 850 is. (7)
3.1.5 Verduidelik waarom mense 75 jaar en ouer minder belasting betaal as mense
jonger as 75 jaar. (2)
3.1.6 Die maandelikse bruto salaris van Yamkela het met 6,4% in 2019 verhoog.
Bereken wat sy bruto salaris in 2018 was. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.2 Yamkela is ook ʼn rugbyafrigter in sy gemeenskap. Hy is opsoek na ʼn onder-19
rugbyspan. Hy gebruik die volgende inligting wat hy vanaf die skole se databasis in
sy omgewing gekry het vir rugbyspelers volgens hul ouderdomme.
TABEL 2: OUDERDOMME EN AANTAL SEUNS
Ouderdomme Aantal seuns
13 jaar 8
14 jaar A
15 jaar 13
16 jaar 30
17 jaar 15
18 jaar A
19 jaar en ouer 10
3.2.1 Bepaal die waarde van A (aantal seuns), indien die inligting wat Yamkela
gekry het vir ʼn totaal van 90 seuns was. (3)
3.2.2 Bepaal die modale ouderdom van die data wat verkry was. (2)
3.2.3 Yamkela se hulpafrigter beweer dat as daar na die data gekyk word, lyk dit
asof die gemiddelde ouderdom presies 16 jaar is. Verifieer, met die nodige
berekeninge, of die bewering geldig is of nie. (4)
3.2.4 Om vir die onder-19 span te kwalifiseer, moet die seuns ouer as 14 jaar en
jonger as 19 jaar oud wees. Bepaal die waarskynlikheid dat ʼn seun wat
lukraak gekies word, die span sal haal. Skryf jou finale antwoord as ʼn
desimale breuk tot 3 desimale plekke. (3)
3.2.5 Yamkela se hulpafrigter beweer dat ouderdom nie die enigste kwalifiserende
faktor moet wees om nie vir die onder-19 rugbyspan gekies te word nie.
Ondersteun hierdie bewering met ʼn rede. (2)
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die volgende grafiek wat die wisselkoers tussen die Amerikaanse Dollar
($) en die Suid-Afrikaanse Rand (R) vanaf 11 Januarie 2020 tot 10 Februarie 2020
voorstel.
[Bron: https://www.x-rates.com/]
LET WEL: Die vertikale as verteenwoordig die Randwaarde.
VSA Dollar ($) = Verenigde State van Amerika
ZAR (R) = Suid-Afrikaanse Rand
4.1.1 Identifiseer, met ʼn rede, die waarde van die Suid-Afrikaanse Rand wat die
sterkste teenoor die Amerikaanse Dollar was. (2)
4.1.2 Zama beweer dat hy presies $100 meer sou gekry het toe die wisselkoers
14,983385 was as wanneer dit 14,398064 teenoor die dollar was.
LET WEL: Zama se wisselwaarde is R40 830 en hy moet ʼn wisselfooi
van 4,5% van die wisselwaarde betaal.
Verifieer, met die nodige berekeninge, of die stelling geldig is of nie. (7)
4.1.3 Verskaf TWEE moontlike redes waarom die wisselkoers van tyd tot tyd
fluktueer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.2 Die volgende kaart toon ʼn kaart van die Verenigde State van Amerika sowel as ʼn
uittreksel van Noord-Carolina. Die geskakeerde gebied op die kaart sowel as die
vergrote gedeelte verwys na Noord-Carolina.
[Bron: https://www.istockphoto.com/]
4.2.1 Verifieer, met die nodige berekeninge, dat die noordelike lyn van Noord-
Carolina, gemerk A, op beide die kaart en die vergroting verskillende
afstande in kilometer het. (7)
4.2.2 ʼn Familie van vier gaan op ʼn 15-dag bootrit vanaf Noord-Carolina na Los
Angeles.
ʼn Pakket soos volg is gegee:
Reisiger 1 en 2 betaal $670,36 per persoon.
Reisiger 3 en 4 betaal elk 23,9% van die bedrag van reisigers 1 en 2.
ʼn Addisionele koste van $188,64 per persoon word vir belasting en
hawediens gehef.
Bereken die totale bedrag wat die familie op die bootrit sal spandeer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 11
4.3 Die volgende gemiddelde minimum- en maksimum temperature in °Fahrenheit was in
Noord-Carolina gedurende 2018 opgeteken.
TABEL 3: GEMIDDELDE MINIMUM- EN MAKSIMUM TEMPERATURE
VAN NOORD-CAROLINA IN 2018
Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sept Okt Nov Des
Maks. 54 57 64 72 79 85 A 87 83 74 66 58
Min. 34 36 42 50 59 67 71 70 65 53 44 36
°Celsius = (°F – 32) ÷ 1,8
4.3.1 Bepaal die waarde van A, die hoogste maksimum temperatuur, indien die
omvang van die maksimum data 34 °F is. (2)
4.3.2 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn maand te kies waar die minimum
temperatuur tussen 36 °F en 60 °F is. Skryf jou finale antwoord tot die naaste
persentasie. (3)
4.3.3 ʼn Suid-Afrikaner beweer dat die minimum temperatuur in Noord-Carolina vir
Januarie laer as 0 °Celsius is. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die
bewering geldig is of nie. (4)
4.3.4 ʼn Lyngrafiek met die minimum temperature is alreeds op ANTWOORDBLAD
1 geteken. Gebruik dieselfde assestelsel om ʼn lyngrafiek vir die maksimum
temperature te teken. (3)
[38]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
ANTWOORDBLAD 1
VRAAG 4.3.4
NAAM: ____________________________________________
GRAAD 12: ______
Gemiddelde Minimum- en Maksimum
temperature in Noord-Carolina in 2018
100
90
80
70
Temperatuur in °Fahrenheit
60
50
40
30
20
10
0
Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des
Maande
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata