Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paperMusicGrade 12201523 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 FEBRUARIE/MAART 2015 SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is verpligtend. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: Musiekteorie 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE 5 20 MUSIEKKENNIS (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 8 8 7 9 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 10 10 11 8 12 7 13 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 14 10 15 8 16 7 17 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel uit die driestemmige koorstuk Amagqabi Emithi deur B Tyamzashe hieronder en beantwoord die vrae wat volg. B Tyamzashe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.1 Wat is die tydmaatteken van hierdie stuk? __________________________________________________ (1) 1.2 Noteer die omkering van die interval by 1.2. Skryf en benoem die omgekeerde interval in die spasie wat hieronder voorsien word. Gebruik die G-sleutel, heelnote en skryf sonder 'n toonsoortteken. __________________ (2) 1.3 Benoem die interval by 1.3. __________________________________________________ (1) 1.4 Benoem die tipe drieklank by 1.4. __________________________________________________ (1) 1.5 Transponeer die basparty van maat 3 'n mineur derde laer. Skryf jou antwoord in die altsleutel. Voeg die nuwe toonsoortteken by. (4) 1.6 Herskryf die altparty van maat 3 in 'n enkelvoudige tydmaat. Voeg die nuwe tydmaatteken by. (2) 1.7 Skryf die opgaande heeltoontoonleer wat op die gegewe note begin. Gebruik heelnote. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.8 Skryf die volgende toonleer volgens die instruksies en gebruik die gegewe sleutel: • Die toonleer in die verwante mineurtoonsoort van F majeur sonder 'n toonsoortteken • Skryf slegs die harmoniese vorm van die afgaande toonleer. • Gebruik heelnote. (4) 1.9 Noem die toonsoort by 1.9. ________________________________________________ (1) 1.10 Voltooi die chromatiese toonleer hieronder deur die ontbrekende note in die blok te skryf. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _____________________________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT Instrumentkeuse 1 (Klavier sal nie aanvaar word nie.) Vorm en kadenspunte 3 Korrekte notasie 1 Dinamiek en artikulasie 2 Musikaliteit Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale 8 eenheid, kreatiwiteit TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _____________________________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT Instrumentkeuse 1 (Klavier sal nie aanvaar word nie.) Vorm en kadenspunte 3 Korrekte notasie 1 Dinamiek en artikulasie 2 Musikaliteit Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale 8 eenheid, kreatiwiteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord AL die vrae in die spasies wat daarvoor OP die partituur voorsien is. Bestudeer die uittreksel uit Becky's Song deur Martin Speake hieronder en beantwoord die vrae. (uittreksel) (uittreksel) Example: Voorbeeld: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 3.1 Identifiseer die akkoorde vanaf (a)–(e) en besyfer dit op die partituur. Gebruik besyferingsaanduidings onder die partituur OF akkoordsimbole bokant die partituur. Let op die voorbeeld in maat 1. (5) 3.2 Skryf die akkoordprogressie neer en benoem die kadens by (f). (f) ________________________________________________ (2) 3.3 Noem die tipe nie-akkoordnote by (g) en (h), byvoorbeeld appoggiatura. (g) ____ ____________ (h) ____________ (2) 3.4 Watter ritmiese komposisietegniek kom dikwels in die bas voor? __________________________________________________ (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote. Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT Akkoordprogressies 12 Korrektheid Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering 6 Gebruik van nie-akkoordnote 2 20 (÷ 4 x 3) TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike genoteerde harmoniese materiaal op die oop partituur in te skryf. Voeg 'n geskikte sleutel en toonsoortteken by. Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT Akkoordprogressies 17 Korrektheid 3 20 (÷ 4 x 3) TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Beantwoord enige TIEN van die volgende vrae (5.1.1–5.1.16). Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.17 E. 5.1.1 Watter EEN van die volgende is NIE 'n Suid-Afrikaanse jazz-styl NIE? A Kwêla B Mbaqanga C Marabi D Maskanda 5.1.2 Met watter van die volgende vormstrukture assosieer jy gewoonlik die eerste beweging van 'n simfonie? A ABA B Minuet en trio C Rondo D Sonatevorm 5.1.3 Watter EEN van die volgende is kenmerkend van die Klassieke Tydperk? A Homofoniese tekstuur B Gebalanseerde frases C Duidelike struktuur D Al die bogenoemde 5.1.4 Die mees prominente instrument wat in kwêlamusiek gebruik word, is die … A saksofoon. B penniefluitjie. C kitaar. D marimba. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 5.1.5 Watter EEN komposisietegniek is NIE prominent in vokale Afrika-musiek NIE? A Roep en antwoord B Dansbewegings C Modulasie kom dikwels voor D Liggaamsperkussie 5.1.6 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van homofoniese tekstuur? A Gesang B Jazz-trio met 'n improviserende solis C Volksliedjiesanger met kitaarbegeleiding D Al die bogenoemde 5.1.7 Wat is die rol van die konsertmeester in 'n moderne orkes? A Voer die meeste solo-vioolpassasies uit B Is die hoofviolis C Lei die orkes tydens stemming D Al die bogenoemde 5.1.8 Watter EEN van die volgende is korrek? Blues is ... A beide 'n musiekgenre en 'n musiekvorm. B 'n musiekgenre, maar nie 'n musiekvorm nie. C 'n musiekvorm, maar nie 'n musiekgenre nie. D nie 'n musiekgenre of 'n musiekvorm nie. 5.1.9 Watter beskrywing pas die beste by die genre isicathamiya? Isicathamiya is 'n soort ... A sekulêre a cappella-solosang en a cappella-koorsang. B gewyde a cappella-koorsang. C sekulêre a cappella-koorsang. D gewyde a cappella-solosang en a cappella-koorsang. 5.1.10 Watter EEN van die volgende is NIE 'n vokale tegniek NIE? A Falsetto B Ululasie C Kantate D Scatting 5.1.11 Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n transponerende instrument NIE? A Klarinet B Trompet C Saksofoon D Fluit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 5.1.12 Hoeveel heeltone kom in die interval van 'n vergrote vierde voor? A Vyf B Agt C Geen D Drie 5.1.13 Watter EEN van die volgende is NIE 'n tempo-aanduiding NIE? A Allegro B Andante C Langsam D Senza 5.1.14 Watter EEN van die volgende gebruik slegs die bassleutel? A Klavier B Kitaar C Tjello D Harp 5.1.15 Watter EEN van die volgende is NIE 'n vrouestemtipe NIE? A Falsetto B Sopraan C Koloratuur D Mezzo-sopraan 5.1.16 Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n idiofoon NIE? A Djembe B Mbira C Kora D Marimba (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 5.2 Kies enige items uit KOLOM B wat by VYF terme in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (5.2.1–5.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.2.11 K. KOLOM A KOLOM B 5.2.1 Blues-toonleer A vibrerende tromvel 5.2.2 Membranofoon B twee seksies 5.2.3 Modulasie C toonleer wat uit 12 note bestaan 5.2.4 Sinkopasie D verandering van toonsoort 5.2.5 Tweeledige vorm E melodiese fragment wat op 'n ander toonhoogte herhaal word 5.2.6 Sekwens F musiek wat vir 'n ander instrument 5.2.7 Transposisie herskryf word 5.2.8 Kadens G afstand tussen twee toonhoogtes 5.2.9 Chromatiese toonleer H afsluiting van 'n frase of stuk 5.2.10 Interval I beklemtoning van swak maatslae J mineur pentatoniese toonleer met 'n bygevoegde noot (5 x 1) (5) 5.3 Beantwoord die volgende vrae oor die Suid-Afrikaanse musiekbedryf: 5.3.1 Noem DRIE funksies van SAMRO. (3) 5.3.2 Noem TWEE internasionale opname-ateljees wat tans in Suid- Afrika bedryf word. (2) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Wat het Mendelssohn geïnspireer om sy Hebrides Ouverture Op. 26 te komponeer? (1) 6.2 Wat is die verskil tussen 'n ouverture en 'n konsert-ouverture? (2) 6.3 Watter sopraantipe sing die rol van die Koningin van die Nag in Mozart se opera Die Towerfluit? (1) 6.4 Watter EEN van die volgende arias demonstreer die Koningin van die Nag se vokale register? A O Isis und Osiris B Dies Bildnis ist bezaubernd schön C Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen (1) 6.5 Met watter EEN van die volgende vormstrukture assosieer jy die ouverture van Die Towerfluit? A AB B Sonatevorm C Rondo (1) 6.6 Noem enige TWEE operas en hul komponiste wat NIE uit die Klassieke Tydperk kom NIE. (2) 6.7 Wat is die bynaam van Beethoven se Simfonie Nr. 6 Op. 68? (1) 6.8 Wat is die titel van die laaste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 Op. 68? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 7 Vergelyk die eerste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 met Mendelssohn se Hebrides Ouverture ten opsigte van die volgende: 7.1 Italiaanse tempo-aanduiding 7.2 Vorm 7.3 Tonaliteit 7.4 Program-elemente Jy mag die volgende tabel in die ANTWOORDEBOEK oorteken en dit voltooi om die twee werke te vergelyk: Beethoven Mendelssohn Simfonie Nr. 6 – Eerste Beweging Hebrides Ouverture Voorbeeld: Simfonie Konsert-ouverture 7.0 Genre 7.1 7.2 7.3 7.4 [8] VRAAG 8 Die vierde beweging (Die Storm) van Beethoven se Simfonie Nr. 6 Op. 68 kan as suiwer programmusiek beskou word. Brei uit op hierdie stelling deur te verwys na Beethoven se gebruik van instrumentasie en orkeskleur in hierdie beweging. [7] VRAAG 9 Skryf 'n opstel oor Mozart se opera, Die Towerfluit. Bespreek die volgende aspekte in jou antwoord: • Tipe opera (2) • Orkestrale begeleiding (instrumentasie) (3) • Karakters en stemtipes (6) • Onderwerpe wat in die storielyn van die opera aangeraak word (MOENIE die storie vertel NIE.) (3) EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word. (1) [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 10 10.1 Noem TWEE bydraes tot Suid-Afrikaanse jazz deur elk van die volgende kunstenaars: • Zim Nqawana • Robbie Jansen • Winston Mankunku Ngozi (3 x 2) (6) 10.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die kunstenaar/groep in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (10.2.1–10.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 10.2.5 E. KOLOM A KOLOM B 10.2.1 Jazz Epistles A het die musiek vir King Kong geskryf 10.2.2 Hugh Masekela B internasionale saksofoonspeler 10.2.3 John Coltrane C trompetspeler wat na sy verbanning teruggekeer het 10.2.4 Todd Matshikiza D een van die eerste Suid-Afrikaanse bebop-groepe (4 x 1) (4) [10] VRAAG 11 11.1 Beskryf kortliks kwêla-musiek van die 1950's met verwysing na die penniefluit-jive. (5) 11.2 Noem TWEE internasionale musiekstyle wat die Manhattan Brothers beïnvloed het. (2) [7] VRAAG 12 12.1 Skryf notas oor die orkes The Brotherhood of Breath en hul bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz. Fokus op die volgende aspekte: • Orkeslede (3) • Karaktereienskappe van die musiek (4) 12.2 Noem EEN lied of album van hierdie orkes. (1) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 13 Miriam Makeba was een van die eerste kunstenaars uit Afrika wat Afrika-musiek gedurende die 1960's aan die res van die wêreld bekendgestel het. Skryf 'n opstel oor Miriam Makeba se loopbaan waarin jy na die volgende aspekte verwys: • Haar lewe tydens verbanning (4) • Musikale prestasies en albums/treffers (6) • Karaktereienskappe van die musiek (4) EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word. (1) [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 14 14.1 Verduidelik die rol van die godheid ('divinity') in EEN van die volgende inheemse Afrika-seremonies: • Inisiasie • Huwelik • Begrafnis (3) 14.2 Beskryf kortliks Izihlabo in maskanda. (3) 14.3 Kies die VIER korrekte karaktereienskappe uit KOLOM B wat by die styl mbaqanga pas. Skryf slegs die korrekte letters langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 14.3 H, J, K, L. KOLOM A KOLOM B 2 Mbaqanga A / 4 -tydmaat B koorsang C simmetriese frases en AB-struktuur D beïnvloed deur marabi en township-jazz E 12-maat-bluesstruktuur F lirieke slegs in isiZulu G bas- en elektriese kitaar speel 'n prominente rol (4 x 1) (4) [10] VRAAG 15 Skryf 'n paragraaf oor malombo. Sluit die volgende aspekte in: • Definisie (1) • Karaktereienskappe van die musiek (4) • Internasionale invloede (2) • EEN kunstenaar/groep (1) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 16 Skryf 'n kort artikel vir Drum-tydskrif oor isicathamiya. Fokus op die volgende aspekte: • Oorsprong (1) • Ontwikkeling (2) • Karaktereienskappe van die musiek (3) • EEN kunstenaar/groep (1) [7] VRAAG 17 Skryf 'n opstel oor kiba-musiek en hoe Sello Galane dit gemoderniseer het om vrye kiba daar te stel. Gebruik die volgende riglyne: • Verduideliking van kiba (7) • Modernisering van kiba (5) • TWEE vrye kiba-liedere/-albums (2) EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word. (1) [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all