Skip to content
Question paper

Music Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 Question Paper

Grade 11 Music Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2013, 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: MusicGrade 11201319 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 MUSIEK V1 MODEL 2013 NAAM VAN LEERDER: PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier wat verwyder mag word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings, naamlik AFDELING A tot D. 2. Beantwoord AFDELING A op hierdie vraestel slegs met potlood, in die spasies wat voorsien is. 3. Beantwoord AFDELING B, C en D met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Jy mag dit verwyder. 6. Jy mag nie toegang hê tot enige musiekinstrument vir die duur van die eksamen nie. 7. Skryf netjies en leesbaar. NASIENROOSTER VRAAG TOTALE PUNTE NASIENER MODERATOR AFDELING A 1 15 2 15 3 10 4 20 SUBTOTAAL 60 AFDELING B 5 10 6 10 SUBTOTAAL 20 AFDELING C 7–16 30 SUBTOTAAL 30 AFDELING D 17–19 10 SUBTOTAAL 10 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model AFDELING A: MUSIEKTEORIE BEANTWOORD VRAAG 1, 2.1 OF 2.2, 3, EN 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 Bestudeer In the Groove deur Mike Cornick hieronder en beantwoord die vrae wat volg. In the Groove (vir Klarinet en Klavier) Mike Cornick 1.1 Die tydmaatteken van die stuk is weggelaat. Skryf die korrekte tydmaatteken op die toepaslike plek(ke) op die partituur in. (2) 1.2 Noem die intervalle wat (a) en (b) gemerk is, byvoorbeeld (f) Majeur 3de. (a) _____________________________________________ (b) _____________________________________________ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model 1.3 Noem die tipe drieklank by (c) en (d), byvoorbeeld (g) Vergrote drieklank. (c) ____________________________________________ (d)_____________________________________________ (2) 1.4 Transponeer maat 1 en 2 van die Bb-klarinetparty sodat dit reg klink wanneer dit saam met die klavier speel. Sluit die nuwe toonsoortteken in. (4) 1.5 Skryf die F blues-toonleer opgaande, in die gegewe sleutel. Gebruik heelnote. (3) 1.6 Watter ritmiese middel word prominent in hierdie stuk gebruik? Omkring EEN voorbeeld op die partituur. ____________________________________ (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model BEANTWOORD ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2. VRAAG 2.1 Gebruik die aanvangsmotief hieronder en voltooi 'n melodie van agt mate met 'n AB- vorm vir fluit of trompet of viool. Dui aan vir watter instrument jy skryf en voeg dinamiese en artikulasietekens by. Instrument: _______________________ Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2) Musikaliteit 10 Dinamiek en artikulasie 5 Korrekte notasie 7 (1 per maat) Instrument en toepaslike omvang 4 TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model VRAAG 2.2 Gebruik die aanvangsmotief hieronder en voltooi 'n melodie van agt mate met 'n AB- vorm vir fagot of tromboon of tjello. Dui aan vir watter instrument jy skryf en voeg dinamiese en artikulasietekens by. Instrument:____________________________ Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2) Musikaliteit 10 Dinamiek en artikulasie 5 Korrekte notasie 7 (1 per maat) Instrument en toepaslike omvang 4 TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model VRAAG 3 Bestudeer die uittreksel hieronder uit Thula Sizwe, 'n tradisionele Afrika-koorwerk, en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model 3.1 Noem die toonsoort van die stuk. _________________________________ (1) 3.2 Noem die relatiewe mineurtoonsoort van die toonsoort in VRAAG 3.1. __________________________________________________ (1) 3.3 Besyfer die akkoorde gemerk (a)–(d), byvoorbeeld G: Ib of I6 of G/B. (a)____________________________________________ (b)____________________________________________ (c)____________________________________________ (d)____________________________________________ (4) 3.4 Noem die kadens by (e). Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en naam van die tipe kadens neer, byvoorbeeld A: V-vi, onderbroke kadens. (e)____________________________________________ (2) 3.5 Noem die nieharmoniese note by (f) en (g). (f)_____________________________________________ (g)_____________________________________________ (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model BEANTWOORD ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. VRAAG 4.1 Voltooi die vierstemmige, vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en basparty by te voeg. Die harmonisering sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Korrektheid: notasie, stemvoering, 14 verdubbeling, spasiëring (Minus ½ punt per fout) (14 akkoorde) Akkoordprogressie: akkoordkeuse 12 (12 progressies en gebruik van (Minus ½ punt per fout) nieharmoniese note) Algemene indruk (gebruik van deurgangsnoot en terughouding sal 14 met 'n ½ punt elk gekrediteer word) TOTAAL 40 ÷ 2 = 20 [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model VRAAG 4.2 Voltooi Summer Rag hieronder deur die leë mate in te vul. Maak seker dat jy voortgaan in die styl van die gegewe materiaal. Die antwoord sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Korrektheid: notasie, stemvoering, 10 spasiëring (Minus ½ punt per fout) (8 mate) Akkoordprogressie: akkoordkeuse 16 (2 per maat) (Minus ½ punt per fout) Algehele indruk 14 TOTAAL 40 ÷ 2 = 20 [20] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling in die gegewe ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5 (VERPLIGTEND) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.1–5.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.11 F. 5.1 Watter EEN van die volgende elemente is NIE 'n basiese element van musiek NIE? A Toonhoogte B Duur C Vorm D Maatmeting E Dinamiek (1) 5.2 Watter EEN van die volgende elemente is NIE deel van die begrip van musikale tekstuur NIE? A Monofonies B Megafonies C Homofonies D Vraag en antwoord E Polifonies (1) 5.3 Watter EEN van die volgende prosesse is NIE deel van die proses van die suksesvolle uitvoering van 'n musiekstuk NIE? A Luister B Oefen C Naboots D Vertolk E Aanvoel (1) 5.4 Kies die beste definisie van musiek: A Klank, stilte en die uitdrukking van idees B Om in die regte stemming te wees C Die kuns van georganiseerde klank en stilte D Om geraas in 'n bepaalde rigting te lei E Om tevrede te voel met 'n uitvoering (1) 5.5 Watter instrument in die volgende lys is deel van die chordofoonfamilie? A Mbira B Sweep C Basklarinet D Vingersimbaal E Sitar (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model 5.6 Watter EEN van die volgende instrumente is NIE deel van 'n tipiese 'big band' NIE? A Klavier B Kitaar C Tuba D Tromboon E Altosaksofoon (1) 5.7 Watter EEN van die volgende terme is NIE verwant aan musikale uitdrukking NIE? A Crescendo B Piano C Accelerando D Allegretto E Rubato (1) 5.8 Watter item in die volgende lys word NIE met 'n ensemble geassosieer NIE? A A cappella B 'Rag' C Orkes D Koor E 'Band' (1) 5.9 Watter item in die volgende lys word NIE met tradisionele Afrikamusiek geassosieer NIE? A Konsonans B Poliritme C Polimeter D Diatoniek E Dissonans (1) 5.10 Watter musiekstyl het die minste bygedra tot die multikulturele aard van Suid-Afrikaanse musiek? A Europese Kunsmusiek B Latyns-Amerikaanse Musiek C Die Maleise Musiektradisie D Klassieke Indiese Musiek E Sub-Sahara Afrikamusiek (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model VRAAG 6: MUSIEKTEATER, ROCK EN POP, EN MODERNE KONSTRUKTE 6.1 MUSIEKTEATER (VERPLIGTEND) 6.1.1 Wat is musiekteater? (3) 6.1.2 Musiekblyspele bestaan dikwels uit DRIE hoofelemente. Noem hierdie elemente en verduidelik elkeen kortliks. (3) BEANTWOORD ÓF VRAAG 6.1 ÓF VRAAG 6.2. 6.2 ROCK EN POP 6.2.1 Noem VIER instrumente wat in 'n tipiese, standaard- rockorkes sal optree. (2) 6.2.2 Noem die mees onderskeidende kenmerk van rockmusiek. Verduidelik hoe hierdie element prominent is. (2) OF 6.3 AFRIKA-MUSIEKTEATER 6.3.1 Noem die mees prominente kenmerk van moderne Afrika- musiekblyspele. (1) 6.3.2 Noem EEN ritmiese Afrikamusiek-element wat in moderne Afrika- musiekblyspele gebruik word. (1) 6.3.3 Kies EEN van die volgende musiekblyspele wat jy bestudeer het: • uMabatha • Iph'intombi • Sarafina • African Footprint • Umoja Skryf die naam van die musiekblyspel wat jy gekies het, neer, noem die komponis/skrywer/skepper daarvan en som die storielyn op. (2) [10] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model AFDELING C BEANTWOORD EEN VAN DIE VOLGENDE IN AFDELING C: • WESTERSE KUNSMUSIEK (VRAAG 7–8) • JAZZ (VRAAG 9–11) • INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (VRAAG 12–16) WESTERSE KUNSMUSIEK VRAAG 7 7.1 Verduidelik wat met die frase gevarieerde/veranderde strofiese lied bedoel word. Gee EEN voorbeeld van 'n lied deur Franz Schubert. (2) 7.2 Lewer kommentaar op Franz Schubert se gebruik van klavierbegeleiding in sy Lieder. Gee EEN voorbeeld. (3) 7.3 Skryf 'n opstel oor die eerste beweging van Felix Mendelssohn se Vioolkonsert in E mineur, deur spesifiek na die volgende aspekte te verwys: • Algemene inligting • Vorm/Struktuur • Harmonie en tonaliteit • Solis teenoor orkes (10) [15] VRAAG 8 8.1 Definieer Impressionisme. (2) 8.2 Noem TWEE werke van verskillende genres deur Claude Debussy. Skryf die genre van elke werk wat jy noem, neer. (4) 8.3 Noem VIER kenmerke van Igor Stravinsky se musiek soos gevind in The Rite of Spring. (4) 8.4 Wie het vir George Gershwin opdrag gegee om sy jazz-konsert te komponeer? (1) 8.5 Skryf 'n paragraaf oor die jazz-elemente wat in Rhapsody in Blue deur George Gershwin gebruik word. (4) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model JAZZ VRAAG 9 9.1 Verduidelik wat die term 'hard bop' beteken. Noem EEN werk van 'n 'hard bop'-kunstenaar. (2) 9.2 Noem TWEE hoofstyleienskappe van modale jazz. Gee EEN voorbeeld van hierdie jazzstyl. (3) 9.3 Skryf 'n opstel oor 'bebop' deur spesifiek na die volgende aspekte te verwys: • Algemene inligting • Die gebruik van melodieë in 'bebop' • Ritme • Instrumente • Belangrike kunstenaars/musikante (10) [15] VRAAG 10 10.1 Definieer en verduidelik wat met die term fusion bedoel word. (2) 10.2 Noem TWEE 'fusion'-kunstenaars/musikante en EEN werk van elk. (4) 10.3 Skryf 'n paragraaf oor die hoofstylkenmerke van 'free jazz'. (5) 10.4 Watter EEN van die volgende komponiste/musikante/voordraers word met 'free jazz' geassosieer? • Ornette Coleman • Charlie Parker • Chet Baker (1) [12] VRAAG 11 Gee 'n kort beskrywing van Maskanda. [3] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model INHEEMSE AFRIKAMUSIEK VRAAG 12 Noem VIER musiekkenmerke van Mama Madosini se musiek en noem TWEE van haar werke. [6] VRAAG 13 Gee 'n definisie van TWEE van die volgende danse: • Kiba • Indlamu • Famo • Mxongolo • Thsikona • Tshigombela [4] VRAAG 14 Skryf 'n kort paragraaf oor Princess Magogo. [6] VRAAG 15 Beskryf hoe die volgende vokale tegnieke in Afrikamusiek gebruik word: 15.1 Krepitasies (1) 15.2 Ululasie (1) 15.3 Fonestetika (1) 15.4 Onomatopeïese sang (1) [4] VRAAG 16 Skryf 'n opstel oor Inheemse Afrikamusiek deur te verwys na die: 16.1 Kenmerke van Afrikamusiek (5) 16.2 Die funksie van Afrikamusiek in Afrikakultuur (5) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model AFDELING D Kandidate wat in WESTERSE KUNSMUSIEK spesialiseer, moet VRAAG 18 EN 19 beantwoord. Kandidate wat in JAZZ spesialiseer, moet VRAAG 17 EN 19 beantwoord. Kandidate wat in INHEEMSE AFRIKAMUSIEK spesialiseer, moet VRAAG 17 EN 18 beantwoord. VRAAG 17: OORSIG VAN WESTERSE KUNSMUSIEK Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (17.1–17.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. 17.1 'n Tipiese karakterstuk is 'n instrumentale werk vir orkes. 17.2 'n Tipiese strykkwartet bestaan uit Viool 1, Viool 2, Viool 3 en Altviool. 17.3 Neoklassisisme is 'n term vir 'n 20ste eeuse beweging wat in opstand gekom het teen die oordadige emosies en chromatiese musiek wat aan die einde van die 19de eeu geskryf is. 17.4 Die basso continuo word beskou as die grondslag van die meeste tipes Romantiese musiek. 17.5 'n Romantiese opera word deur 'n klein ensemble begelei. 17.6 Die konsert-ouverture hou geen verband met opera nie. (10 ÷ 2) [5] VRAAG 18: JAZZ-OORSIG Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (18.1–18.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. 18.1 Blues is 'n musiekstyl wat die gewildste was tussen 1910 en 1940 en wat vandag in komposisies gebruik word. 18.2 'Backbeat' beklemtoon die eerste en derde slag van 'n 4/4-maat. 18.3 'Cool jazz' is 'n moderne jazz-styl van die 1950's wat 'n ontspanne benadering tot toonkleur gebruik het en met die basiese elemente soos vorm, tekstuur, instrumentasie en metrum geëksperimenteer het. 18.4 'n Blues-werk bestaan gewoonlik uit 'n 16-maat-struktuur in enkelvoudige tydmaat. 18.5 Jazz word herken aan sinkopasie en word geïnspireer deur intensiewe, ritmiese spel en word deur enige kombinasie spelers gespeel. 18.6 'n Eienskap van 'swing' is die 'swing'-baslyn ('walking bass'/bewegende basparty) waar die bas teen 'n egalige pas beweeg. 18.7 'Ragtime' is hoofsaaklik 'n soort vokale musiek en word gewoonlik teen 'n vinnige tempo uitgevoer. (10 ÷ 2) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model VRAAG19: OORSIG VAN INHEEMSE AFRIKAMUSIEK Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (19.1–19.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. 19.1 Vraag en antwoord is 'n sangstyl waarin die koor 'n frase sing, waarop 'n solis met 'n antwoordfrase reageer. 19.2 Afrikamusiek word gewoonlik op 'n herhalende siklus gebaseer. 19.3 Musiek in Afrika word dikwels van liggaamsbeweging en handeklap of voetgestamp vergesel. 19.4 Poliritme is die kombinasie van twee of meer duidelik verskillende en dikwels strydende ritmiese patrone wat gelyktydig gespeel word. 19.5 Mbaqanga het in die vroeë 1990's in swart townships in Suid-Afrika ontstaan. 19.6 Kwela het uit die marabi-klank ontwikkel en het Suid-Afrikaanse musiek in die internasionale kollig geplaas. 19.7 Die mbira is 'n tradisionele instrument van die Shona-mense van Suid-Afrika en bestaan uit 'n houtbord met metaalstafies. (10 ÷ 2) [5] TOTAAL AFDELING D: 10 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ `______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Music

View all