Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
MUSIEK V1
MODEL 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 120
Hierdie memorandum bestaan uit 24 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentMemorandum 











View all





Music Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2013 Memo
Grade 11 Music Paper 1 memorandum from the National Exemplar November Exam 2013, 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Music · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2013. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 980.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings, naamlik AFDELING A tot D.
2. Beantwoord AFDELING A op hierdie vraestel slegs met potlood, in die
spasies wat voorsien is.
3. Beantwoord AFDELING B, C en D met blou of swart ink in die
ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Jy mag dit verwyder.
6. Jy mag nie toegang hê tot enige musiekinstrument vir die duur van die
eksamen nie.
7. Skryf netjies en leesbaar.
NASIENROOSTER
VRAAG TOTALE PUNTE NASIENER MODERATOR
AFDELING A
1 15
2 15
3 10
4 20
SUBTOTAAL 60
AFDELING B
5 10
6 10
SUBTOTAAL 20
AFDELING C
7–16 30
SUBTOTAAL 30
AFDELING D
17–19 10
SUBTOTAAL 10
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
AFDELING A: MUSIEKTEORIE
BEANTWOORD VRAAG 1, 2.1 OF 2.2, 3, EN 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1
Bestudeer In the Groove deur Mike Cornick en beantwoord die vrae wat volg.
In the Groove
(vir Klarinet en Klavier)
Mike Cornick
1.1 Die tydmaatteken van die stuk is weggelaat. Skryf die korrekte tydmaatteken
op die toepaslike plek(ke) op die partituur in.
Antwoord:
4/4 OF C en op drie plekke op die partituur
1 punt klarinetparty, 2 x ½ punte vir klavierparty = 2 punte (2)
1.2 Noem die intervalle wat (a) en (b) gemerk is, byvoorbeeld (f) Majeur 3de.
Antwoord:
(a) Majeur 2de = 1 punt
(b) Volmaakte 5de = 1 punt
Geen ½ punte
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
1.3 Noem die tipe drieklank by (c) en (d), byvoorbeeld (g) Vergrote drieklank.
Antwoord:
(a) Mineur drieklank
(d) Verminderde drieklank
1 punt elk = 2 punte (2)
1.4 Transponeer maat 1 en 2 van die Bb-klarinetparty sodat dit reg klink wanneer
dit saam met die klavier speel. Sluit die nuwe toonsoortteken in.
Antwoord:
1 punt vir die toonsoortteken, 1 punt vir maat 1 en 2 punte vir maat 2 = 4 punte (4)
1.5 Skryf die F blues-toonleer opgaande, in die gegewe sleutel. Gebruik heelnote.
Antwoord:
½ punt per noot, uitgesluit die boonste F = 3 punte
Korrekte enharmoniese alternatiewe is aanvaarbaar (3)
1.6 Watter ritmiese middel word prominent in hierdie stuk gebruik? Omkring EEN
voorbeeld op die partituur.
Antwoord:
Sinkopasie/Vooruitneming
1 punt vir sinkopasie/vooruitneming
1 punt vir korrekte aanduiding op die partituur (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
BEANTWOORD ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.
VRAAG 2.1
Gebruik die aanvangsmotief hieronder en voltooi 'n melodie van agt mate met 'n AB-
vorm vir fluit of trompet of viool. Dui aan vir watter instrument jy skryf en voeg
dinamiese en artikulasietekens by.
Instrument: _______________________
Moontlike antwoord:
Instrument: Fluit
Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE
PUNTE
Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2)
Musikaliteit 10
Dinamiek en artikulasie 5
Korrekte notasie 7 (1 per maat)
Instrument en toepaslike omvang 4
TOTAAL 30 ÷ 2 = 15
[15]
(Nasieners mag ½ punte gebruik)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 2.2
Gebruik die aanvangsmotief hieronder en voltooi 'n melodie van agt mate met 'n AB-
vorm vir fagot of tromboon of tjello. Dui aan vir watter instrument jy skryf en voeg
dinamiese en artikulasietekens by.
Instrument:____________________________
Moontlike antwoord:
Instrument: Tjello
Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE
PUNTE
Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2)
Musikaliteit 10
Dinamiek en artikulasie 5
Korrekte notasie 7 (1 per maat)
Instrument en toepaslike omvang 4
TOTAAL 30 ÷ 2 = 15
[15]
(Nasieners mag ½ punte gebruik)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 3
Bestudeer die uittreksel hieronder uit Thula Sizwe, 'n tradisionele Afrika-koorwerk, en
beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
3.1 Noem die toonsoort van die stuk.
Antwoord:
F majeur
1 punt (1)
3.2 Noem die relatiewe mineurtoonsoort van die toonsoort in VRAAG 3.1.
Antwoord:
D mineur
1 punt (1)
3.3 Besyfer die akkoorde gemerk (a)–(d), byvoorbeeld G: Ib of I6 of G/B.
Antwoord:
(a) F: Ib of I6 of F/A
(b) F: IV of Bb
(c) F: Ic of I6 4 of F/C
(d) F: V of C
1 punt per akkoord. Geen ½ punte.
Moenie penaliseer as die toonsoort weggelaat is nie. (4)
3.4 Noem die kadens by (e). Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en naam van
die tipe kadens neer, byvoorbeeld A: V-vi, onderbroke kadens.
Antwoord:
F: V-I Voltooide kadens
1 punt vir die toonsoort en akkoordprogressie (2 x ½ punt = 1 punt)
1 punt vir naam van kadens (2)
3.5 Noem die nieharmoniese note by (f) en (g).
Antwoord:
(f) Geaksentueerde deurgangsnoot
(g) Vooruitneming
1 punt elk = 2 punte (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
BEANTWOORD ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.
VRAAG 4.1
Voltooi die vierstemmige, vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en
basparty by te voeg.
Moontlike antwoord:
I iii IV Ib vib ii V Ib Vc I IVb Ic V I
Die harmonisering sal volgens die volgende riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE
PUNTE
Korrektheid: notasie, stemvoering, 14
verdubbeling, spasiëring (Minus ½ punt per fout)
(14 akkoorde)
Akkoordprogressie: akkoordkeuse 12
(12 progressies en gebruik van (Minus ½ punt per fout)
nieharmoniese note)
Algemene indruk (gebruik van
deurgangsnoot en terughouding sal met 'n 14
½ punt elk gekrediteer word)
TOTAAL 40 ÷ 2 = 20
[20]
Indien slegs 'n basparty verskaf word, moet die 'Akkoordprogressie' slegs uit 6 punte
geëvalueer word en geen punte moet vir 'Korrektheid' en 'Algehele indruk' toegeken word
nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 4.2
Voltooi Summer Rag hieronder deur die leë mate in te vul. Maak seker dat jy
voortgaan in die styl van die gegewe materiaal.
Moontlike antwoord:
Die antwoord sal volgens die volgende riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE
PUNTE
Korrektheid: notasie, stemvoering, spasiëring 10
(8 mate) (Minus ½ punt per fout)
Akkoordprogressie: akkoordkeuse 16 (2 per maat)
(Minus ½ punt per fout)
Algehele indruk 14
TOTAAL 40 ÷ 2 = 20
[20]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
VRAAG 5 (VERPLIGTEND)
5.1 D
5.2 B
5.3 C
5.4 C
5.5 E
5.6 C
5.7 D
5.8 B
5.9 E
5.10 B
[10]
VRAAG 6: MUSIEKTEATER, ROCK EN POP, EN MODERNE KONSTRUKTE
6.1 MUSIEKTEATER (VERPLIGTEND)
6.1.1 • 'n Teatervorm (blyspel) wat sang, gesproke dialoog, toneelspel en
dans kombineer.
• Word dikwels 'n musiekblyspel genoem
• Het dikwels 'n ligte toon en humor.
• Die storie en emosionele inhoud, bv. humor, patos, liefde, woede
word as 'n integrale geheel uitgebeeld deur middel van die teks,
musiek, beweging en tegniese aspekte van die vermaak.
• Gelyke aandag word aan die musiek, dialoog en beweging (dans)
gegee.
Enige 3 (3)
6.1.2 Libretto/Teks:
• Verskaf die storie/plot
• Verskaf aan die musiekblyspel 'n basiese struktuur en stabiliteit
• Lirieke word geskryf deur die lirikus en die musiek word deur die
komponis gekomponeer om by die storielyn te pas
• Die doel van die lirieke is gewoonlik om by te dra tot die storielyn
of om die karakter se gevoel weer te gee
Musiek:
• Instrumentaal, vokaal of beide
• Help om die karakter uit te beeld
• Ontwikkel belangrike situasies of ontwikkel aksie
• Bepaal die stemming
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
Dans:
• Sommige danse word slegs gebruik vir vermaak terwyl ander
danse gebruik word om die storie te vertel en die stemming uit te
beeld
• Danse is dikwels lig en ritmies om die inhoud en stemming van
die musiekblyspel te verhoog
1 punt per element = 3
1 punt vir elke bespreking = 3 punte (3)
6÷2 = 3
BEANTWOORD ÓF VRAAG 6.1 ÓF VRAAG 6.2.
6.2 ROCK EN POP
6.2.1 'Lead'-kitaar, Ritmekitaar, Baskitaar, Tromstel, 'Lead'-vokaal,
Elektroniese klawerbord (Gesintetiseerde klavier) (enige 4)
½ punt elk = 2 punte (2)
6.2.2 • Maatslag
• Omdat die 2de en 4de maatslag beklemtoon word
Maatslag = 1 punt
Verduideliking = 1 punt (2)
OF
6.3 AFRIKA-MUSIEKTEATER
6.3.1 Dans
Dans (beweging) = 1 punt (1)
6.3.2 Poliritme
Poliritme = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
6.3.3 MUSIEKBLYSPEL KOMPONIS/ STORIELYN
SKEPPER/
SKRYWER
uMabatha Welcome Msomi • 'n Verwerking van
Shakespeare se
Macbeth
• Vertel 'n storie oor
Shaka die
Zoeloekoning,
gierigheid en
verraad
Iph'intombi Bertha Egnos and • 'n Liefdesverhaal
Gail Laiker tussen 'n meisie
van 'n klein dorpie
en 'n jong man wat
op die myne gaan
werk
• Hy ondervind
konflik tussen die
nuwe lewe in die
stad en die lewe
wat hy agtergelaat
het
Sarafina Mbongeni Ngema • Vertel die storie van
studente-
oproeringe in
Soweto wat teen
apartheid in
opstand kom
African Footprint Richard Loring • 'n Reis deur Afrika
se geskiedenis,
kultuur en gees
Umoja Todd Twala and • Dit beeld Suid-
Thembi Nyandeni Afrikaanse musiek
uit wat wissel van
stamdanse, Kwela,
Gumboot en
Pantsuladanse
Komponis/skrywer/skepper = 1 punt
Opsomming van storielyn = 1 punt
(2)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
AFDELING C
BEANTWOORD EEN VAN DIE VOLGENDE IN AFDELING C:
• WESTERSE KUNSMUSIEK (VRAAG 7–8)
• JAZZ (VRAAG 9–11)
• INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (VRAAG 12–16)
WESTERSE KUNSMUSIEK
VRAAG 7
7.1 • Sommige verse van die teks musikaal dieselfde
• Een vers substansieel anders omdat die teks 'n ander stemming suggereer
• Voorbeeld : Die Forelle,of enige ander korrekte antwoord
Betekenis van die term = 1 punt
Werk = 1 punt
(2)
7.2 • Klavierbegeleiding skep die stemming van al Schubert se liedere
• Vorm 'n integrale deel van elke lied
• Nie slegs 'n begeleiding vir 'n vokalelyn nie
• Voorbeeld: Der Erlkönig, Gretchen am Spinnrade, of enige ander korrekte
antwoord
Kommentaar = 2 punte
Werk = 1 punt (3)
7.3 Algemene inligting
• Gekomponeer in die Romantiese periode (1844)
• Raadpleeg Ferdinand David (bekende violis oor inligting t.o.v. viooltegniek)
• Keuse van vorm beïnvloed deur die Klassieke periode (die eerste en derde
bewegings is in sonatevorm)
Vorm
• Sonatevorm
• Mendelssohn breek weg van die streng Klassieke formaat van sonatevorm
• Gebruik nie 'n dubbele uiteensetting nie
• Soloviool begin met die eerste tema
• Cadenza by heruiteensetting en nie by die Koda nie
Harmonie en Tonaliteit
• E mineur met modulasie na die verwante (relatiewe) majeur (G majeur) en
dominantmineur (B mineur)
• Dramatiese effek verhoog deur gebruik van tipiese Romantiese harmonie
met volop verminderde sewende akkoorde en sekondêre dominante
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
Solis teenoor Orkes
• Vereis vaardige spel van die solis
• Groter kontras tussen die solis en die orkes
• Orkes kom tot volle potensiaal
• Pragtige kontras van toonkleur en uitdrukking tussen die viool en orkes
• Cadenza deur die komponis uitgeskryf met ligte begeleiding deur die orkes
Algemene inligting = 1 punt
Vorm = 3 punte
Harmonie en Tonaliteit = 2 punte
Solis teenoor Orkes = 3 punte
Opstelformaat: Inleiding – Liggaam – Opsomming = 1 punt (10)
[15]
VRAAG 8
8.1 • Franse artistieke beweging van die laat 19de eeu tot vroeg 20ste eeu wat
'n eiesoortige ligte en kleurvolle skilderstyl ontwikkel het
• Hierdie beweging is ook toegepas in musiek waar die komponis 'n
persoonlike en 'n programmatiese uitdrukking van 'n musikale idee in
musiek weergee
• Die effek is dikwels vaag wat veroorsaak word deur onduidelike tonaliteit
en maatslag sowel as nie-funksionele akkoordkonstruksies
Definisie = 2 punte (2)
8.2 • Voiles: Prelude/Karakterstuk
• Afternoon of a Faun: Orkeswerk/Prelude
• Children's Corner Suite: Klavierwerk
• La Mer: Simfonie
Of enige ander korrekte antwoord
Naam van werk = 1 punt elk
Benoeming van Genre = 1 punt elk (4)
8.3 • Primitivisme – herhaalde ritmiese patrone, ostinato, ens.
• Polimeter – verskillende maatslae wat gelyktydig op verskillende
instrumente klink
• Toontrosse – nie-tradisionele akkoorde wat vir klankeffekte gebruik word
• Dissonans – onopgelos vir om 'n skikeffek te bewerkstellig
• Skerp onreëlmatige aksente = veral op swak polse
• Digte en komplekse orkestrale teksture – groot orkes
• Maatslae wat wissel, bv. 5/4 en 7/4, sinkopasie, ens.
• Instrumentale toonkleurkombinasies vir kleur, bv. hoë fagot, Engelse horing
en Klarinet in D wat in die eerste vyf mate van die werk gebruik word
Enige 4 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
8.4 Paul Whiteman (orkesleier)
Paul Whiteman (orkesleier) = 1 punt (1)
8.5 • Sinkopasie en kruisritmes
• 'Blue'note
• Blues-toonleer word in al die temas gebruik
• Akkoorde met bygevoegde note, bv. 2des, en 6des
• Jazz-toonkleur en toonhoogte-effekte bv. wah-wah-dempers,
fladdertongwerk, glissandos
• Beïnvloed deur Ragtime-ritmes en Stride-pianiste se ritmiese en
improvisasiestyl
Enige 4 (4)
[15]
OF
JAZZ
VRAAG 9
9.1 • Jazzstyl en 'n uitbreiding van Bebop
• Hoofsaaklik beïnvloed deur blues en gospelmusiek
• Gekarakteriseer deur intense, vooruitstuwende ritmes en blues-
gebaseerde melodieë
Voorbeeld:
• Mr P.C. (John Coltrane)
• Moaning (Art Blakey)
• Mercy, Mercy, Mercy (Julian 'Cannonball' Adderley)
(of enige ander korrekte antwoord)
Betekenis van term = 1 punt
Werk = 1 punt (2)
9.2 • Stadige harmoniese ritme ('n spesifieke akkoord kan tot en met sestien
mate oor en oor herhaal word
• Akkoorde geneig om nie op te los nie en skep 'n klank wat nut is vir die
luisteraar en improviseerder
• Pedaalpunte en dreunbas kom dikwels voor
• Gebruik eerder musikale modusse as 'n basiese akkoordprogressie
• Afwesigheid van standaard funksionele harmoniese progressies
Enige 2
Voorbeeld
• So What – Miles Davis
• Impressions – John Coltrane
• Maiden Voyage – Herbie Hancock
Enige 1
Styleienskappe= 2 punte
Werk = 1 punt
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
9.3 Algemene inligting
• Populêr gedurende die 1940's en1950's
• Oorsprong van die term kom van die kort, onreëlmatige, sterk
geaksentueerde maatslae wat onverwags deur die bastrom gedurende
optredes gespeel word
Melodiese toepassing in Bebop
• Gefragmenteerd
• Gebruik akkoordprogressies van populêre wysies vir melodieë
• Gebruik groot spronge/intervalle
• Onreëlmatige frasering
• Skielike/onverwagte veranderinge in die melodiese kontoer
• Die voordrag begin en eindig met die hooftema deur een van die soliste of
deur twee soliste in unisoon
Ritme
• Gebruik poliritmes
• Die maatslag word hoofsaaklik aangedui deur die piccicato bas en groot
hangsimbaal, nie deur die snaartrom of bastrom nie
• Ritmes mees gevarieerd en onvoorspelbaar as die in vroeë jazz
• Ritmiese materiaal van instrumente verskil
• Elke instrument wat in die jazz-ensemble speel is 'n belangrike rol as solis
• Die tromspelers verskaf 'n groot verskeidenheid ritmiese idees wat hulle in
staat stel om eerder soliste as slegs tydhouers te wees
• Die tromspeler verskaf onreëlmatige aksente
Instrumente
• Tipiese instrumentasie sluit die saksofoon en trompet in
• Ondersteun deur die ritmeseksie wat bestaan uit 'n klavier, bas, perkussie /
tromstel
Belangrike kunstenaars/musikante
• Charlie Parker
• Dizzy Gillespie
• Thelonious Monk
Algemene inligting = 1 punt
Melodieë = 2 punte
Ritme = 2 punte
Instrumente = 3 punte (Enige 3)
Belangrike kunstenaars / musikante = 1 punt
Opstelformaat: Inleiding – Liggaam – Opsomming = 1 punt (10)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 10
10.1 • 'n Tipe jazz wat rock en funk-elemente vermeng
• Ontwikkel deur die vermenging van funk en R&B-ritmes sowel as
klankversterking en elektroniese effekte van rock-musiek
• Die term ''Jazz rock' word dikwels as sinoniem gebruik
Definisie en verduideliking = 2 punte
(2)
10.2 • Miles Davis – Bitches Brew
• Herbie Hancock –Watermelon Man
• Joe Zawinul - Birdland
Naam van kunstenaar/musikant = 1 punt elk x 2
Naam van werk = 1 punt elk x 2 (4)
10.3 • Gebruik jazz-idiome
• Geen tonaliteit of voorafbepaalde akkoordsekwense
• Vertolk die 'stem' of 'klank' van die musikant
• Gebruik onkonvensionele klanke op instrumente
• Meer klem op improvisasie
• Gespeel deur 'n klein groepie musikante
• Behou 'n algemene pols en 'swing; maar sonder 'n reëlmatige maatslag
met accelerandos en ritardandos wat dikwels voorkom
• Gebruik ook reëlmatige maatslag
• Improviseerders speel solo's gebaseer op die akkoorde wat gebruik word in
die musiek
• Gebruik 'n verskeidenheid ritmes en tempi
• Gebruik rubato
• Tipiese instrumente: saksofoon, trompet, tromboon, klavier, kitaar,
kontrabas en tromme
Enige 5 (5)
10.4 Ornette Coleman
Ornette Coleman = 1 punt (1)
[12]
VRAAG 11
• 'n Vaardige instrumentalis (gewoonlik 'n manlike voordraer) wat tradisionele musiek
op Westerse instrumente speel
• Geassosieer met kitaar
• Die term Maskanda kom van die Afrikaanse woord 'musikant'
• Geassosieer met Zoeloevolksmusiek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
• Staan bekend as 'Zoeloe Blues', as gevolg van die sikliese herhaling en pluk van
snare op die kitaar
• Die kitaar se snare word eerder gepluk as gestrum
• Maskandi bestaan tradisioneel uit 'n lied wat betrekking het op die sanger (gewoonlik
'n manlike sanger) se regte lewenservaringe, sy daaglikse plesier, probleme, ens.
• Maskanda-liedere het 'n bepaalde struktuur wat gewoonlik met 'n inleidingseksie
izihlobo of intela begin
• Die inleiding bevestig die sangers se persoonlike styl
• 'n Maskanda-lied begin met 'n boodskap (izihlobo). 'This is what I am about to play
and this is who I am.'
• Daar word verskillende style deur verskillende persone op verskeie plekke waar
hulle woon gespeel. (Mense dans, speel op tromme, klap hande op verskillende
maniere)
• Maskanda-danse kan geïdentifiseer word volgens die distrik of provinsie
• Baie van die maskanda-lirieke beklemtoon en is gebaseer op Zoeloe-tradisies
• Maskanda musiek word ook gebruik vir volledige 'band'-optredes wat die baskitaar,
kitaar en tromme insluit
• Deesdae nie slegs gesing of opgevoer deur manne nie
• Afrikavroue staan ook deesdae bekend vir hulle maskanda musiek
Enige 3 [3]
OF
INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
VRAAG 12
• Sy gebruik die antieke Afrika tradisionele progressies wat bestaan uit twee akkoorde
wat 'n heeltoon verskil
• Weergee gevoelens en gedagtes van die antieke lewenswyse uit
• Begelei haarself op die Uhadi, Isitolotolo, en Umrhubhe
• Sing in IsiXhosa
• Gebruik botone
• Melodieë gebaseer op 'n toonleer soortgelyk aan die van die Lidiese modus
Enige 4 (4)
Werke
• Uphando Luphelile,
• Nomtwayoyo
• Yitileni
• Power to Women
• Yaka Yaka
• Wenu Se Goli
Enige 2
(2)
Stylkenmerke = 4 punte
Naam van werke = 2 punte
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 13
Definisie van TWEE van die volgende danse:
Kiba
• A Bapedi dans word opgevoer deur mans en vroue
• Die dansers speel aluminiumpype op verskillende toonhoogtes
• Begelei deur tromme
• Manne dra tradisionele drag en die vroue dra tradisionele klere wat vir die eerste
keer na inisiasie gedra word
Enige 2
OF
Indlamu
• Tradisionele danse geassosieer met Zoeloekultuur
• Afkomstig van oorlogsdanse
• Opgevoer met tromme
• Dra volle tradisionele Zoeloedrag
Enige 2
OF
Famo
• Tipe musiek/dans van Lesotho wat bestaan uit sang wat deur trekklavier en tromme
begelei word
• Oorspronklik 'n bloeddorstige dans om manne wat oorlog gaan maak aan te moedig
• Bestaan uit manlike en vroulike sangers en ululasie
• Liedere verwys dikwels na stedelike lewenswyse en vroulike sangers gebruik hulle
sang om hul manlike metgeselle uit te daag
Enige 2
OF
Mxongolo
• 'n Tsongadans opgevoer deur ouer manne gedurende tradisionele vieringe
• Begelei deur sang
• Word gedoen deur stadige stamp van voete ('stomping')
• Sluit lofgesange in
Enige 2
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
Tshikona
• 'n VhaVenda Koninklike dans
• Opgevoer deur manne
• Elke danser het 'n pyp wat uit spesiale bamboes vervaardig is
• Elke speler speel een noot wat opgevolg word deur 'n volgende speler wat ontwikkel
in 'n melodie
• Die dans word by troues, begrafnisse en godsdienstige seremonies opgevoer
Enige 2
OF
Tshigombela
• 'n VhaVenda-dans vir vroue
• Opgevoer deur getroude vroue
• 'n Feestelike dans wat soms gedurende dieselfde tyd as Tshikone opgevoer word
Enige 2 [4]
VRAAG 14
• 'n Talentvolle sangeres en musiekonderwyseres wat baie jong sangers opgelei het
• Musiekadviseur vir die film Zoeloe
• Bekend vir haar vaardigheid op die ugubhu en amakhweyana-boë en die Europese
'autoharp'
• Sy was 'n lofsanger
• Onderskei haarself met haar wye vokale omvang van ongeveer drie oktawe
• Skep 'n verskeidenheid van emosies met haar stem
• Sy verskaf 'n skakel met die erfenis van Zoeloekultuur
• Bekend as die gesaghebbende persoon in Zoeloemusiek en Zoeloekultuur
• Sommige van haar liedere was gebruik in 'n Opera deur Michael Hanckinson en
Mzilikazi Khumalo
• Haar musiek was algemeen op Suid-Afrikaanse en Wes-Duitse radiosenders
gespeel wat haar internasionale faam gee
Enige 6 [6]
VRAAG 15
15.1 Krepitasie: Klanktegniek wat dikwels met 'n sangerige wysie en 'mouth
drumming' gebruik word om musieksituasies in Afrikamusiek te verhoog. (1)
15.2 Ululasie: 'n Lang golfagtige hoë vokale klank' met 'n trillende kwaliteit gemaak
met die vinnige beweging van die tong en skaamspleet (vulva) om waardering
vir 'n opvoering of gedeelte van 'n opvoering te toon. (1)
15.3 Fonestetika: Gebruik van klanke wat ander idees of instrumente (1)
verteenwoordig
15.4 Onomatopeïese sang: Gebruik van woorde om klanke na te boots, bv. die
word 'slaan' word gebruik vir 'n klank gemaak deur vel wat teen vel geslaan (1)
word. [4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 16
16.1 Stylkenmerke van Afrikamusiek
• Dikwels poliritmies, heterofonies en polifonies
• 'n Groot aantal kleurvolle instrumente wat individueel (as begeleiding vir sang) en in
klein en groot ensembles gebruik word
• Melodieë bestaan dikwels uit twee gebalanseerde frases
• Daar kom dikwels 'n leier/refreinverwantskap in die voordrag voor
• Polifoniese voordrag word gewoonlik gestruktureer sodat twee partye of groepe
sangers of instrumentaliste in beurtsang optree
• Meesal geassosieer met dans
• Voordrag geskied oor die algemeen buite
• Digte orkestrale klankkleur wat gekombineer word met staccato-artikulasie
• Oorvleueling van koorbeurtsang en responsoriese sang(teensang) kom hoofsaaklik
in Afrikapolifonie voor
• Kanoniese nabootsing kan in koorbeurtsang en responsoriese sang voorkom as
gevolg van die herhaling van die eerste frase van die inleiding of nuwe melodiese
materiaal in refreinvorm
• Ostinato word gewoonlik beperk tot 'n redelike klein omvang en is gewoonlik kort
• Die unieke mikrotoon-toonhoogtesisteem veroorsaak 'n subtiele Afrikaklank
• Die vorm van sommige Afrikamusiekwerke is dikwels gebaseer op onmiddellike
herhaling of 'n musikale frase wat deurgaans aangehou word, of in 'n strofiese vorm
Enige 5
16.2 Die funksie van Afrikamusiek in Afrikakultuur
• Die primêre funksie van Afrikamusiek is om samehorigheid onder die gemeenskap
te bevorder
• Musiek speel 'n integrale deel in rituele by geboorte en puberteit, troues dood,
inisiasies en algemene rituele (bv jagtogte, boerdery en algemene byeenkomste,
ens.)
• 'n Groep mense sing en dans dikwels van een dorp tot dorp, of 'n dans mag
plaasvind om goeie verhoudinge met die buurdorp te bewerkstellig
• Deur middel van kostuums, maskers en musiekinstrumente verkry seremonies en
rituele gewoonlik 'n gevoel van gewydheid
• Die Watusi koninklike trom word gebruik om 'n siel (gesimboliseer deur 'n
spoelklippie binne-in die trom) van kwaad of sonde of siekte of die bose gees te
verlos
• Die gehoor se bydrae, 'n tipe samehorigheid van die gemeenskap vorm 'n belangrike
deel van Afrikamusiek
• Musiek word beskou as die geboortereg van alle Afrikakinders
• Vorm deel van voorbereiding vir die lewe
• Musiekspeletjies wat ritmiese aksente inherent aan 'n verskeidenheid tale insluit, is
baie belangrik vir die ontwikkeling van jong kinders
Enige 5
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 23 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
AFDELING D
Kandidate wat in WKM spesialiseer, moet VRAAG 18 EN 19 beantwoord.
Kandidate wat in JAZZ spesialiseer, moet VRAAG 17 EN 19 beantwoord.
Kandidate wat in IAM spesialiseer, moet VRAAG 17 EN 18 beantwoord.
VRAAG 17: OORSIG VAN WESTERSE KUNSMUSIEK
17.1 ONWAAR: 'n Tipiese karakterstuk is 'n instrumentale werk vir klavier.
17.2 ONWAAR: 'n Tipiese strykkwartet bestaan uit Viool 1, Viool 2, Altviool en
Tjello.
17.3 WAAR
17.4 ONWAAR: Basso continuo word beskou as die grondslag van die meeste
tipes Barokmusiek.
17.5 ONWAAR: 'n Romantiese opera word deur 'n volle orkes begelei
17.6 WAAR (10 ÷ 2) [5]
VRAAG 18: JAZZ-OORSIG
18.1 WAAR
18.2 ONWAAR: 'Backbeat' beklemtoon die tweede en vierde polsslag van 'n 4 4
tydmaatteken.
18.3 WAAR
18.4 ONWAAR: 'n 'Blues' stuk bestaan gewoonlik uit 12-maat struktuur en het 'n
enkelvoudige tydmaatteken.
18.5 WAAR
18.6 WAAR
18.7 ONWAAR: 'Ragtime' is hoofsaaklik klaviermusiek en word in 'n flink tempo
uitgevoer. (10 ÷ 2) [5]
VRAAG19: OORSIG VAN INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
19.1 ONWAAR: Vraag en antwoord is 'n sangstyl waarin 'n solis 'n frase sing
waarna die koor solis met 'n antwoordfrase reageer.
19.2 WAAR
19.3 WAAR
19.4 WAAR
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 24 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
19.5 ONWAAR: 'Mbaqanga' ontstaan in die vroeë 1960's in swart, informele
nedersettings ('townships') in Suid Afrika.
19.6 WAAR
19.7 ONWAAR: Die mbira is 'n tradisionele instrument van die Shona-bevolking
van Zimbabwe en bestaan uit 'n houtbord en metaal stafies. (10 ÷ 2) [5]
TOTAAL AFDELING D: 10
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Music Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2018 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2017 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2017 Memo
Related documents

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2013 Memo

Question paper
Music Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 Question Paper

Question paper
Music Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 Question Paper

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 National Exemplar November 2013 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 National Exemplar November 2013 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2013 Memo
More from Grade 11 Music

Annual teaching plan
Gr 11 Mus WAM ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Mus Jazz ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Mus IAM ATP 2023 24

Question paper
Music Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper