Skip to content
Question paper

Music Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2018 Question Paper

Grade 11 Music Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: MusicGrade 11201817 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 MUSIEK V2 PUNTE: 30 NAAM: ______________________________ TYD: 1½ uur GRAAD: ______ Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitend ʼn 1-bladsy manuskrippapier.
Downloaded from hlayiso.com 2 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A (Gehoor) (10) AFDELING B (Herkenning) (12) AFDELING C (Vorm) (8) 2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord VRAAG 4 (WESTERSE KUNSMUSIEK – WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK – IAM). 4. Kandidate moet hul antwoorde op hierdie vraestel skryf. Gebruik ʼn potlood vir musieknotasie en blou of swart ink vir die ander antwoorde. 5. Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl kandidate na ʼn CD luister. 6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die teenwoordigheid van die opsiener afneem. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Die kandidaat MAG NIE hierdie bladsy verwyder NIE. 8. Kandidate mag NIE toegang tot enige musiekinstrument vir die duur van hierdie eksamen kry NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning by elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te verskaf. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 3 INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKTOERUSTING WERK. 1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies. 2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die vereiste getal kere, soos in die vraestel gespesifiseer, gespeel word. 3. Laat genoeg tyd tussen die snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hulle antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word. 4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit gespeel word. 5. Indien meer as een baan (WKM, JAZZ, IAM) deur ʼn skool aangebied word, moet die volgende riglyne gevolg word: • Elke baan moet die eksamen in ʼn aparte lokaal skryf. • Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees. • Elke lokaal moet sy eie CD met die musiekuittreksels (snitte) gebruik. • ʼn Opsiener moet in elke lokaal teenwoordig wees. 6. Die musiekuittreksels (snitte) moet soos volg gespeel word: • WAM-kandidate: Snit 1 tot 16 en Snit 27. • JAZZ-kandidate: Snit 1 tot 10; Snit 17 tot 22 en Snit 27. • IAM-kandidate: Snit 1 tot 10 en Snit 23 tot 27. 7. ʼn CD-speler wat met batterye werk, moet in geval van ʼn kragonderbreking beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) NASIENGIDS AFDELING A: GEHOOR TOTAAL NASIENER MODERATOR VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 3 VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 7 SUBTOTAAL 10 AFDELING B: HERKENNING TOTAAL NASIENER MODERATOR VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4 EN VRAAG 4 (WKM) 8 OF VRAAG 5 (JAZZ) 8 OF VRAAG 6 (IAM) 8 SUBTOTAAL 12 AFDELING C: VORM TOTAAL NASIENER MODERATOR VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8 SUBTOTAAL 8 GROOTTOTAAL 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 5 AFDELING A: GEHOOR VRAAG 1 (VERPLIGTEND) Speel Snit 1 VIER keer. Wag 30 sekondes na elke herhaling. 1.1 Luister na die ritmiese patroon en vul die ontbrekende nootwaardes by maat 2 en 3 op die partituur hieronder in. (2) Speel Snit 2 TWEE keer. 1.2 Luister na die melodie. Maak ʼn kruisie (X) in die blokkie langs die korrekte melodiese patroon wat jy hoor. 1.2.1 1.2.2 1.2.3 (1) [3] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2 (VERPLIGTEND) Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut. Speel Snit 3 EEN keer om ʼn algemene oorsig te gee. 2.2 2.3 2.4 Speel Snit 4 EEN keer. 2.1 Identifiseer die houtblaasinstrument wat die solomelodie speel. (1) Speel Snit 5 VIER keer. Wag 30 sekondes na elke herhaling. 2.2 Luister na die musiek van maat 11–16 en vul die ontbrekende notasie by 2.2 in maat 153–162 op die partituur in. (3) Speel Snit 6 TWEE keer. 2.3 Luister na maat 16–18. Kies EEN van die volgende notasies wat die uitvoering van die ornament in maat 17 voorstel. Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 7 Speel Snit 7 EEN keer. 2.4 Luister na maat 23–26 en identifiseer die kadens by 2.4. (1) 2.5 Hoe is die toonsoort van hierdie beweging verwant aan die hooftoontoonsoort van die concerto? (1) [7] TOTAAL AFDELING A: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIKALE KONSEPTE VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND) 3.1 Speel Snit 8 TWEE keer. 3.1.1 Identifiseer die tydmaatteken van hierdie uittreksel. (1) 3.1.2 Beskryf die instrumentasie wat in hierdie uittreksel voorkom. (2) 3.1.3 Geen EEN woord wat die gebruik van harmoniese progressie die beste in hierdie uittreksel beskryf. (1) 3.2 Speel Snit 9 TWEE keer. 3.2.1 Met watter jazz-styl assosieer jy hierdie musiek? (1) 3.2.2 Gee TWEE redes om jou antwoord in VRAAG 3.2.1 te motiveer. (2) 3.2.3 Noem ʼn moontlike komponis vir hierdie werk. (1) 3.3 Speel Snit 10 TWEE keer. 3.3.1 Identifiseer die solo-instrument(e) wat in hierdie uittreksel speel. (1) 3.3.2 Noem die stylperiode en tydlyn vir hierdie tipe musiek. (2) 3.3.3 Watter tempo-aanduiding pas die beste by hierdie werk? Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. andantino sehr lebhaft allegro non troppo (1) (12 ÷ 3) [4] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 9 Beantwoord VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM). VRAAG 4: WKM 4.1 Speel Snit 11 TWEE keer. 4.1.1 Met watter musiekblyspel assosieer jy hierdie lied? (1) 4.1.2 Noem die komponis vir die musiekblyspel genoem in VRAAG 4.1.1. (1) 4.2 Speel Snit 12 en 13 TWEE keer na mekaar. 4.2.1 Identifiseer die karakter en tonaliteit wat met elke snit geassosieer word. SNIT 12 SNIT 13 Karakter: Tonaliteit: (4) 4.2.2 Met watter genre assosieer jy hierdie werk? (1) 4.3 Speel Snit 14 TWEE keer. 4.3.1 Beskryf hierdie werk met betrekking tot musiekstyl, tonaliteit en melodie. Musiekstyl: Tonaliteit: Melodie: (3) 4.3.2 Gee die titel van die ballet waaruit hierdie uittreksel geneem is. (1) 4.4 Speel Snit 15 EEN keer. 4.4.1 Gee EEN woord vir die gebruik van tempo in hierdie uittreksel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) Speel Snit 16 TWEE keer. 4.4.2 Op watter toonleer is die melodie van hierdie uittreksel gebaseer? (1) 4.4.3 Beskryf die instrumentasie van hierdie uittreksel. (2) 4.4.4 Identifiseer EEN ritmiese toestel (‘device’)wat prominent in hierdie uittreksel voorkom. (1) (16 ÷ 2) [8] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 11 VRAAG 5: JAZZ 5.1 Speel Snit 17 TWEE keer. 5.1.1 Met watter musiekblyspel assosieer jy hierdie lied? (1) 5.1.2 Noem die komponis van die musiekblyspel genoem in VRAAG 5.1.1. (1) 5.2 Speel Snit 18 TWEE keer. 5.2.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl en taal wat met hierdie snit geassosieer word. Styl: Taal: (2) 5.2.2 Noem die kordofooninstrument wat prominent in hierdie snit voorkom. (1) 5.3 Speel Snit 19 en 20 TWEE keer na mekaar. 5.3.1 Vergelyk die twee snitte met betrekking tot tempo en gebruike van improvisasie. Snit 19 Snit 20 Tempo: Improvisasie: (4) 5.3.2 Noem die kunstenaar wat in Snit 20 speel. (1) 5.4 Speel Snit 21 TWEE keer. 5.4.1 Noem die instrument wat die melodie in hierdie uittreksel speel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) 5.4.2 Identifiseer die jazz-styl wat met hierdie uittreksel geassosieer word. (1) 5.4.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 5.4.2. (1) Speel Snit 22 TWEE keer. 5.4.4 Gee EEN term wat die speelstyl van die baslyn die beste beskryf. (1) 5.4.5 Van watter ander jazz-styl het hierdie jazz-styl ontwikkel? (1) 5.4.6 Met watter kunstenaar assosieer jy hierdie uittreksel? (1) (16 ÷ 2) [8] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 13 VRAAG 6: IAM 6.1 Speel Snit 23 TWEE keer. 6.1.1 Gee die naam van die musiekblyspel wat met hierdie uittreksel geassosieer word. (1) 6.1.2 Met watter Suid-Afrikaanse stam word hierdie musiekblyspel geassosieer? (1) 6.2 Speel Snit 24 TWEE keer. 6.2.1 Identifiseer die kunstenaar wat in hierdie uittreksel speel. (1) 6.2.2 Watter booginstrument word in hierdie uittreksel gebruik? (1) 6.2.3 Noem enige ander TWEE begeleidende instrumente wat in hierdie uittreksel gebruik word. (2) 6.3 Speel Snit 25 TWEE keer. 6.3.1 Identifiseer die tradisionele dans. Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Tshikona-dans Tshigombela-dans (1) 6.3.2 Gee TWEE redes om jou antwoord in VRAAG 6.3.1 te motiveer. (2) 6.3.3 Noem die vokale tegniek wat in hierdie uittreksel voorkom. (1) 6.3.4 Gee EEN woord wat die gebruik van ritmes in hierdie uittreksel die beste beskryf. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) 6.4 Speel Snit 26 TWEE keer. 6.4.1 Beskryf die booginstrument wat in hierdie uittreksel gebruik word. (2) 6.4.2 Met watter kunstenaar en Suid-Afrikaanse stam assosieer jy hierdie uittreksel? Kunstenaar: Suid-Afrikaanse stam: (2) 6.4.3 Hoeveel grondnote word deur die booginstrument gespeel? (1) (16 ÷ 2) [8] TOTAAL AFDELING B: 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 15 AFDELING C: VORM VRAAG 7 (VERPLIGTEND) Speel Snit 27 EEN keer om ʼn algemene oorsig te gee. Speel Snit 27 nog EEN keer. 7.1 Gee ʼn analise van die Minuet deur die tabel hieronder te voltooi. Gebruik letters om die seksies aan te dui. Minuet: SEKSIES MAATNOMMERS (6 ÷ 2) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 MUSIEK V2 (EC/NOVEMBER 2018) 7.2 Noem die vorm van die Trio. (1) 7.3 Vergelyk maat 29–32 met maat 37–40 van die vioolparty en noem EEN verskil. (1) 7.4 Wat is die naam vir die kombinasie van instrumente wat in hierdie werk gebruik word? Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Stryk Trio Duet Klavier Trio (1) 7.5 Noem die kadens wat aan die einde van die Minuet gebruik word. (1) 7.6 Skryf EEN woord neer wat aandui dat die strykers met die boog moet speel. (1) TOTAAL AFDELING C: 8 GROOTTOTAAL: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) MUSIEK V2 17 ROFWERK: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Music

View all