Skip to content
Question paper

Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Grade 11 Music Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: MusicGrade 11201531 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 MUSIEK V1 NAAM: PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye, insluitend 1 bladsy manuskrippapier.
Downloaded from hlayiso.com 2 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings, naamlik AFDELINGS A tot D. 2. Beantwoord AFDELING A slegs in potlood, in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. 3. Beantwoord AFDELING B, C en D in blou of swart ink in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. 4. Die laaste bladsy van hierdie vraestel bestaan uit manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. 5. Kandidate mag vir die duur van die eksamen nie toegang tot enige musiekinstrument hê nie. 6. Skryf netjies en leesbaar. 7. Skryf jou NAAM in die spasie op die voorblad van hierdie ANTWOORDEBOEK. NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: Musiekteorie 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: (VERPLIGTEND) 5 10 6 10 SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 7 15 8 5 9 10 SUBTOTAAL 30 OF JAZZ 10 15 11 5 12 10 SUBTOTAAL 30 OF IAM 13 15 14 5 15 10 SUBTOTAAL 30 EN D: (VERPLIGTEND) 16 5 OF 17 5 OF 18 5 SUBTOTAAL 10 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 3 AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) Beantwoord VRAAG 1, 2.1 OF 2.2, 3, EN 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 Bestudeer die uittreksel uit Sonate No. 18, K. 576 deur W.A. Mozart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SONATE NO. 18, K. 576 1.1 (a) 1.5 (b) 1.5 1.6 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) 1.1 Die tydmaatteken van hierdie uittreksel is weggelaat. Vul die korrekte tydmaatteken in by die blokkie voorsien op die musiekpartituur. (2) 1.2 Wat is die hooftoonsoort van hierdie uittreksel? Antwoord: (1) 1.3 Skryf die volgende drieklank, sonder toonsoortteken, in die gevraagde posisie. Gebruik die altsleutel en heelnoot waardes. G mineur, eerste omkering (2) 1.4 Noem die intervalle gemerk (a) en (b), byvoorbeeld (d) Majeur terts/derde. (a) (b) (2) 1.5 Transponeer maat 9 tot 11 van die linkerhandparty ʼn majeur tweede hoër. Gebruik die gegewe sleutel en onthou om die nuwe toonsoortteken by te voeg. (4) 1.6 Identifiseer die toonleer wat in maat 14 van die regterhandparty gevorm word. Antwoord: (1) 1.7 Skryf die Blues toonleer wat begin op F, afgaande, met ʼn toonsoortteken. Gebruik die diskantsleutel en heelnote. (5) 1.8 Vergelyk maat 1 en 2 met maat 5 en 6. Identifiseer die komposisietegniek. Antwoord: (1) 1.9 Gee die Italiaanse term vir elk van die volgende Afrikaanse beskrywings: 1.9.1 Geleidelik sagter: 1.9.2 Om ʼn noot baie kort te speel: (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 5 VRAAG 2 BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2 2.1 Gebruik die onderstaande openingsmotief om ʼn agt-maat melodie in AB-vorm te voltooi vir die instrument van jou keuse. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _______________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT SE TOEKENNING PUNT Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2) Musikaliteit 6 Akkoordprogressie 7 (1 per maat) Dinamiek en artikulasie 4 Korrekte notasie 7 (1 per maat) Instrument en toepaslike omvang 2 TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) 2.2 Gebruik die onderstaande openingsmotief om ʼn agt-maat melodie in AB-vorm te voltooi vir die instrument van jou keuse. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _______________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT SE TOEKENNING PUNT Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2) Musikaliteit 6 Akkoordprogressie 7 (1 per maat) Dinamiek en artikulasie 4 Korrekte notasie 7 (1 per maat) Instrument en toepaslike omvang 2 TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 7 VRAAG 3 Bestudeer Dona Nobis Pacem hieronder en beantwoord die vrae wat volg. (a) (b) (g) (e) (c) (d) (h) (f) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) 3.1 Gee die letternaam vir elk van die volgende tegniese name: 3.1.1 Leitoon: 3.1.2 Subdominant: (2) 3.2 Besyfer die akkoorde gemerk (a) tot (d), byvoorbeeld C: Ib of I6 of C/E. (a) (b) (c) (d) (4) 3.3 Noem die kadens by (e) en (f). Skryf slegs die naam van die kadens neer, byvoorbeeld onderbroke kadens. (e) (f) (2) 3.4 Noem die nie-harmonienote gemerk (g) en (h). (g) (h) (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 9 VRAAG 4 BEANTWOORD VRAAG 4.1 OF 4.2. 4.1 Voltooi die onderstaande vierstemmige harmonisering deur gepaste akkoorde in die gegewe styl te gebruik. Gebruik ten minste EEN nie-harmonienoot in enige van die drie partye wat jy byvoeg. Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT SE TOEKENNING PUNT Keuse van akkoorde 8 (8 akkoorde) (Minus ½ punt per fout) Nie-harmonienoot 1 Korrektheid: notasie, 6 stemvoering, verdubbeling (Minus ½ punt per fout) en spasiëring TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) 4.2 Voltooi Swing a Blues deur die leë mate te voltooi. Maak seker dat jy die styl van die gegewe materiaal voortsit. SWING A BLUES Jou antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT SE TOEKENNING PUNT Akkoordprogressie: 8 keuse van akkoorde (Minus ½ punt per fout) (8 akkoorde) Korrekte notasie, 12 stemvoering en (Minus ½ punt per fout) spasiëring (8 akkoorde) Algehele indruk 10 TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 11 AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS Beantwoord die vrae in hierdie afdeling in die spasies wat op die vraestel voorsien is. VRAAG 5 (VERPLIGTEND) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.1–5.10) in die blokkie voorsien. 5.1 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn element van musiek NIE? A Stemming B Dinamiek C Toonhoogte D Vorm E Ritme (1) 5.2 Die Aeoliese modus het dieselfde note as die … toonleer. A majeur B natuurlike mineur C melodiese mineur D pentatoniese E harmoniese mineur (1) 5.3 Die klavier is deel van die … -familie. A ideofoon B membranofoon C elektrofoon D aërofoon E chordofoon (1) 5.4 Watter EEN van die volgende eienskappe is tipies van die Romantiese periode? A Skielike toonaard verandering B Die klavesimbel word gebruik C Atonaliteit D Blues toonleer E Oortollige gebruik van ornamentasie (1) 5.5 Marabi is ʼn mengsel van … A Ragtime en Fusie. B Dixieland en Township Jazz. C Blues en Ragtime. D Township Jive en R&B. E Ragtime en Malombo jazz. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) 5.6 Die Uhadi-instrument maak gebruik van ʼn … -resoneerder. A mond B hol riet C kalbas D beeshoring E uitgekerfde hout (1) 5.7 Wat is die betekenis van D.C.? A Herhaal vanaf die begin van die stuk. B Herhaal vanaf die middel van die stuk. C Gaan na die Coda. D Om ʼn passasie ʼn oktaaf hoër te speel. E Om ʼn passasie met die linkerhand te speel. (1) 5.8 Watter EEN van die volgende note word NIE in die Blues toonleer gespeel NIE? A Verlaagde derde B Vyfde C Verlaagde sewende D Sesde E Vierde (1) 5.9 Watter EEN van die volgende vorms word veral in rock-musiek gebruik? A Drieledigevorm B Vers-en-refrein vorm C Tweeledige vorm D Sonate-vorm E Tema en variasie-vorm (1) 5.10 Watter EEN van die volgende teksture word meestal in Afrika-musiek gebruik? A Heterofoniese tekstuur B Monofoniese tekstuur C Homofoniese tekstuur D Bifoniese tekstuur E Polifoniese tekstuur (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 13 BEANTWOORD VRAAG 6.1 ÓF VRAAG 6.2 EN DAN VRAAG 6.3. VRAAG 6: MUSIEKTEATER, ROCK EN POP EN MODERNE KONSTRUKTE WESTERSE KUNSMUSIEK EN JAZZ 6.1 MUSIEKTEATER Skryf ʼn paragraaf waarin jy ʼn opsomming gee oor die storielyn vir elk van die volgende musiekblyspele:  West Side Story  My Fair Lady West Side Story: (2) My Fair Lady: (2) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK 6.2 MUSIEKTEATER Jy het EEN Inheemse en EEN Moderne styl musiekblyspel bestudeer. Skryf ʼn paragraaf waarin jy ʼn opsomming gee oor die storielyn van elk. Inheems: Moderne styl:  Kiba/Mmapadi  Umabatha – welcome Msomi  Indlamu  Ipintombi  Famo  Sarafina  Mxongolo  Umoja  Tshikona  African Footprint  Tshigombela Inheemse musiekblyspel: (2) Moderne styl musiekblyspel: (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 15 6.3 ROCK AND POP (VERPLIGTEND) 6.3.1 Gee TWEE eienskappe van rock-musiek. (2) 6.3.2 Jy is gevra om ʼn artikel te skryf oor EEN van die volgende kunstenaars of groepe: David Bowie  Salif Keita Seal  Hugh Masekela Spice Girls  Mano Debango Westlife  Fela Kuti Boys II Men  Miriam Makeba Salt-N-Pepa  Philip Tabane Metallica  Jonas Gwangwa Michael Jackson  Letta Mbulu Prince  Angélique Khijo  U2  Baaba Maal  Oliver Mtukudzi  Thomas Mapfumo  Khadja Nin  Caiphus Semenya Jou artikel moet die volgende insluit:  Stylkenmerke van die kunstenaar of groep (3)  EEN album (1) Gekose kunstenaar of groep: [10] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING C BEANTWOORD EEN VAN DIE VOLGENDE:  WESTERSE KUNSMUSIEK (VRAAG 7, 8 EN 9)  JAZZ (VRAAG 10, 11 EN 12)  INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (VRAAG 13, 14 EN 15) WESTERSE KUNSMUSIEK VRAAG 7 7.1 Definieer die volgende twintigste-eeuse terme: 7.1.1 Neo-Klassisisme (2) 7.1.2 Politonaliteit (1) 7.2 Claude Debussy: Voiles 7.2.1 Noem die Franse skilderstyl wat met Debussy se musiek geassosieer word. (1) 7.2.2 Hoekom het Debussy die volgende in Voiles gebruik? 7.2.2.1 Heeltoontoonleer (1) 7.2.2.2 Die klavier se regterpedaal (1) 7.3 Igor Stravinsky: The Rite of Spring 7.3.1 Watter instrument speel die melodie aan die begin van The Rite of Spring? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 17 7.3.2 Beskryf hoe Stravinsky die volgende elemente in The Rite of Spring gebruik het. Melodie: (2) Instrumente: (2) 7.4 George Gershwin: Rhapsody in Blue Die titel verwys na twee musikale aspekte: Rhapsody en Blues. Gee die betekenis van beide aspekte deur te verwys na die struktuur en temas wat in hierdie werk voorkom. (4) [15] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 8 Kies EEN van die volgende Suid-Afrikaanse komponiste en beskryf kortliks die musiekeienskappe en komposisiestyl oor die komponis. 8.1 Mzilikazi Khumalo 8.2 Péter Louis van Dijk 8.3 SJ Khosa 8.4 BB Myataza 8.5 Arnold van Wyk 8.6 Peter Klatzow 8.7 MM Moerane 8.8 Hubert du Plessis 8.9 LP Mohapeloa Komponis: (5) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 19 VRAAG 9 Skryf ʼn opstel oor EEN van die volgende Romantiese werke: 9.1 Schubert – Der Erlkönig 9.2 Chopin – Polonaise in A-mol majeur, Op. 53 9.3 Mendelssohn – Vioolkonsert in E mineur, eerste beweging 9.4 Tchaikovsky – Romeo en Juliet ballet-suite Jou opstel moet die volgende insluit:  Noem die genre van die werk (1)  Vorm en struktuur (4)  Instrumentasie en eienskappe oor die werk (5) Romantiese werk: [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) JAZZ VRAAG 10 10.1 Pas die Jazz-styl in KOLOM A met die korrekte beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – D) in die gegewe ruimte op die vraestel, byvoorbeeld 10.1.5 E. KOLOM A KOLOM B (BESKRYWING) (JAZZ-STYL) 10.1.1 Modale Jazz A vinnige jazz met gevorderde harmonieë 10.1.2 Hard-Bop B ontwikkel uit bebop en gebruik uitgebreide verwerkings 10.1.3 Cool Jazz C harmonie is gebaseer uit sekere note van ʼn gegewe modus 10.1.4 Bebop D uitbreiding van bebop wat blues- en gospel- musiek insluit 10.1.1 10.1.2 10.1.3 10.1.4 (4) 10.2 Noem VIER verskille tussen Hard-Bop en Bebop. (4) 10.3 Cool Jazz 10.3.1 Wat beteken die woord ‘cool’ in hierdie jazz-styl? (1) 10.3.2 Noem EEN kunstenaar van Cool Jazz met EEN verteenwoordigende werk. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 21 10.4 Modale Jazz 10.4.1 Lys die harmoniese kenmerke van Modale Jazz-musiek. (3) 10.4.2 Miles Davis was ʼn belangrike musikant van hierdie jazz-styl. Watter instrument het hy hoofsaaklik gespeel? (1) [15] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 11 Bespreek die belangrikste elemente en stylkenmerke oor EEN van die volgende Suid-Afrikaanse Moderne Style: 11.1 Maskanda 11.2 Kwaito 11.3 Disco 11.4 Malombo musiek 11.5 Bubble gum Gekose styl: [5] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 23 VRAAG 12 Skryf ʼn opstel oor EEN van die volgende Jazz-style: 12.1 Vrye en Avant-Garde Jazz 12.2 Fusie 12.3 Gladde Jazz Jou opstel moet die volgende insluit:  Beskrywing van die genre/styl (4)  Belangrike kenmerke (4)  EEN kunstenaar met EEN verteenwoordigende werk (2) Gekose styl: [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK VRAAG 13 13.1 Pas die vokale tegniek in KOLOM A met die korrekte beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–D) in die gegewe ruimte op die vraestel, byvoorbeeld 13.1.5 E. KOLOM A KOLOM B (BESKRYWING) (VOKALE TEGNIEK) 13.1.1 Ululasie A gebruik van woorde om klanke na te boots 13.1.2 Onomatopoëtiese B gebruik van klanke wat ander idees of sang instrumente verteenwoordig 13.1.3 Krepitasie C klanktegniek wat dikwels met ʼn sangerige wysie en ‘mouth drumming’ gebruik word 13.1.4 Fonestetika D ʼn lang golfagtige hoë vokale klank met ʼn trillende kwaliteit 13.1.1 13.1.2 13.1.3 13.1.4 (4) 13.2 Tshikona- en Tshigombela-danse Gee TWEE ooreenkomste en TWEE verskille tussen hierdie twee danse. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 25 13.3 Gee ʼn gepaste definisie vir die term Taboo. (2) 13.4 Beskryf hoe die Zoeloe Indlamu-dans opgevoer word. (5) [15] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 26 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 14 In inheemse gemeenskappe word musiekinstrumente meestal deur ʼn solis bespeel en word as ʼn vorm van persoonlike uitdrukking gebruik. Die Uhadi- instrument is ʼn voorbeeld hiervan. Skryf ʼn paragraaf waarin jy die voordrag- metode van die Uhadi-instrument bespreek. (5) [5] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 27 VRAAG 15 Skryf ʼn opstel oor die bydrae wat elk van die volgende TWEE Inheemse Afrika- Musiekkundiges tot Afrika-musiek gelewer het: 15.1 Mama Madosini 15.2 Princess Magogo Mama Madosini: (5) Princess Magogo: (5) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 28 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING D Kandidate wat in WESTERSE KUNSMUSIEK spesialiseer, moet VRAAG 17 EN VRAAG 18 beantwoord. Kandidate wat in JAZZ spesialiseer moet VRAAG 16 EN VRAAG 18 beantwoord. Kandidate wat in INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK spesialiseer moet VRAAG 16 EN VRAAG 17 beantwoord. VRAAG 16: OORSIG VAN WESTERSE KUNSMUSIEK Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die korrekte antwoord en skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (16.1–16.5) in die gegewe ruimte hieronder. 16.1 Die fuga is ʼn homofoniese komposisie, gebaseer op ʼn enkele onderwerp. 16.2 ʼn Strykkwartet bestaan uit vier spelers: 2 viole, 1 altviool en 1 tjello. 16.3 Beethoven was ʼn komponis uit die Barokperiode. 16.4 ʼn Concerto is ʼn komposisie vir ʼn instrumentale solis en orkes. 16.5 ʼn Kunslied maak van klavierbegeleiding gebruik. ANTWOORDE 16.1 16.2 16.3 16.4 16.5 [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 29 VRAAG 17: OORSIG VAN JAZZ Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die korrekte antwoord en skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (17.1–17.5) in die gegewe ruimte hieronder. 17.1 Blues-note staan ook as verbuigde toonhoogte note bekend. 17.2 Ragtime is klaviermusiek gewoonlik in drieslagmaat. 17.3 Stride-klaviermusiek maak meer staat op improvisasie eerder as gekomponeerde musiek. 17.4 ʼn Twaalf-maat blues akkoorprogressie sal hoofsaaklik akkoorde met 7des gebruik. 17.5 Lopende bas (Walking bass) is ʼn styl van bas speel wat met die swing- en New Orleans-styl geassosieer word. ANTWOORDE 17.1 17.2 17.3 17.4 17.5 [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 30 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 18: OORSIG VAN INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die korrekte antwoord en skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (18.1–18.5) in die gegewe ruimte hieronder. 18.1 Poliritme is nie ʼn prominente kenmerk van Afrika-musiek nie. 18.2 Afrika-musiek is siklies van aard met verskeie intredes van stemme. 18.3 Die ritmes van Marabi-musiek skep ʼn verdowende (‘trance’) gevoel. 18.4 Indlamu is ʼn tipiese Xhosa-dansstyl wat deur die mans gedans word. 18.5 Musiek word nie neergeskryf nie en word dus mondelings van geslag tot geslag geleer. ANTWOORDE: 18.1 18.2 18.3 18.4 18.5 [5] TOTAAL AFDELING D: 10 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) MUSIEK V1 31 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Music

View all