Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V2
NOVEMBER 2014
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
PUNTE: 30
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Music Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
Grade 12 Music Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 449.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2014
Questions in this paper
- Question 1Aural Skills (Musicianship)4 marks
- Question 2Notation, Rhythm & Metre12 marks
- Question 3Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]10 marks
- Question 4Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]16 marks
- Question 5Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]16 marks
- Question 6Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]8 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A (Gehoor) (10)
AFDELING B (Herkenning) (12)
AFDELING C (Vorm) (8)
2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is verpligtend.
3. Beantwoord VRAAG 4 (Westerse Kunsmusiek (WKM)) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF
VRAAG 6 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)).
4. Skryf al jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir musieknotasie
en blou of swart ink vir die ander antwoorde.
5. Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl die kandidate na 'n CD luister.
6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die
teenwoordigheid van die toesighouer afneem.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
is. Die kandidaat mag hierdie bladsy verwyder.
8. Kandidate mag vir die duur van die eksamen nie toegang tot enige
musiekinstrument hê nie.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 3 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKAPPARAAT WERK
1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies.
2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die vereiste getal kere wat in die vraestel
gespesifiseer is, gespeel word.
3. Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hul
antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.
4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit
gespeel word.
5. Indien 'n skool meer as een stroom (Westerse Kunsmusiek (WKM), JAZZ,
Inheemse Afrika-musiek (IAM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word:
• Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal skryf.
• Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
• Elke lokaal moet moet sy eie CD met musiekuittreksels ontvang.
• 'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.
• Die snitte moet soos volg gespeel word:
- WKM-kandidate: Snit 1–24 en Snit 38–42
- JAZZ-kandidate: Snit 1–13, Snit 25–30 en Snit 38–42
- IAM-kandidate: Snit 1–13 en Snit 31–42
6. 'n CD-speler wat met batterye werk, moet beskikbaar wees in geval van 'n
kragonderbreking.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 4 DBE/November 2014
NSS
NASIENROOSTER
AFDELING A: GEHOOR TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 4
VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 6
SUBTOTAAL 10
AFDELING B: HERKENNING TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4
EN
VRAAG 4 (WKM) 8
OF
VRAAG 5 (JAZZ) 8
OF
VRAAG 6 (IAM) 8
SUBTOTAAL 12
AFDELING C: VORM TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8
SUBTOTAAL 8
GROOTTOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 5 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: GEHOOR
VRAAG 1
Speel Snit 1 VIER keer. Wag 30 sekondes na elke herhaling.
1.1 Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die
ontbrekende note in maat 2–4 hieronder.
(3)
Speel Snit 1 nog EEN keer.
Speel Snit 2 TWEE keer. Wag 30 sekondes tussenin.
1.2 Luister na die kitaarmotief wat saam met die klavierparty in hierdie uittreksel
gespeel word.
Kies die ritmiese patroon uit die opsies hieronder wat die kitaarparty die beste
voorstel. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
(1)
[4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 6 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 2
Speel Snit 3 EEN keer om 'n algemene oorsig te gee.
Luister na die uittreksel uit Every Breath You Take terwyl jy die vokale partituur volg.
Beantwoord die vrae wat volg.
Inleiding
-
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 7 DBE/November 2014
NSS
Speel Snit 4 TWEE keer.
2.1 Watter EEN van die volgende tydmaattekens beskryf die maatslag van die
inleiding? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
3 6 4
4 8 4 (1)
Speel Snit 5 TWEE keer.
2.2 Watter nie-akkoordnoot is op die partituur by 2.2 weggelaat? Maak 'n
kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Hulpnoot/ Vooruitneming/ Terughouding/
Deurgangsnoot
Wisselnoot Antisipasie Suspensie (1)
Speel Snit 6 TWEE keer.
2.3 Noem die ritmiese komposisietegniek wat by 2.3 gebruik word.
(1)
Speel Snit 7 VYF keer.
2.4 Die notasie van maat 16 en 17 is op die partituur by 2.4 weggelaat. Vul die
ontbrekende toonhoogtes wat ooreenstem met die musiek wat jy hoor, in.
(Die nootwaardes is op die partituur gegee.) (2)
Speel Snit 8 TWEE keer.
2.5 Benoem die interval wat deur die twee ontbrekende note by 2.5 gevorm word.
(1)
Speel Snit 9 EEN keer. [6]
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 8 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIKALE KONSEPTE
VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND)
Bestudeer die items in KOLOM A in VRAAG 3.1–3.4 vir twee minute.
Speel Snit 10 TWEE keer.
3.1 Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 10 verband hou. Maak 'n
kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 10
Majeur
Marimba
Vraag en antwoord
Pentatonies
Mineur
Sopraan (2)
Speel Snit 11 TWEE keer.
3.2 Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 11 verband hou. Maak 'n
kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 11
Barok
Homofoniese tekstuur
Klavesimbel
Polifoniese tekstuur
Harp
Klassiek (2)
Speel Snit 12 TWEE keer.
3.3 Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 12 verband hou. Maak 'n
kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 12
Sinkopasie
Xilofoon
Saksofoon
Suid-Afrikaanse jazz
Improvisasie
Klarinet (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 9 DBE/November 2014
NSS
Speel Snit 13 TWEE keer.
3.4 Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 13 verband hou. Maak 'n
kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 13
A cappella
Polifonies
Chromatiese harmonie
Presto
Inleiding
Vraag en antwoord (2)
(8 ÷ 2) [4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 10 DBE/November 2014
NSS
Beantwoord VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM).
VRAAG 4: WKM
4.1 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 14 EEN keer.
4.1.1 Hierdie uittreksel kom uit 'n opera. Watter karakter sing dit?
(1)
4.1.2 Noem die stemtipe van hierdie karakter.
(1)
4.1.3 Kies 'n geskikte tempo-aanduiding vir hierdie aria. Maak 'n
kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Quasi Allegro Larghetto Giocoso (1)
Speel Snit 15 TWEE keer.
4.1.4 Watter komposisietegniek word tussen die houtblaasseksie en die
solis gebruik?
(1)
Speel Snit 16 TWEE keer.
4.1.5 Noem die kadens aan die einde van hierdie uittreksel.
(1)
4.2 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 17 EEN keer.
4.2.1 Identifiseer die komponis en naam van hierdie werk.
Komponis:
Naam van die werk: (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 11 DBE/November 2014
NSS
Speel Snit 18 TWEE keer.
4.2.2 Behalwe die strykerseksie, watter ander seksie van die orkes staan
duidelik uit in die openingsakkoorde van hierdie uittreksel?
(1)
Speel Snit 19 TWEE keer.
4.2.3 Identifiseer die tekstuur in die uittreksel. Kies die korrekte antwoord
uit die lys hieronder en omkring die toepaslike letter (A–D).
A Akkoordaal en melodieus
B Homofonies, wat polifonies word
C Uitbundig en improvisatories
D Polifonies, wat homofonies word (1)
Speel Snit 20 TWEE keer.
4.2.4 Watter instrument speel die soloparty?
(1)
4.3 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 21 EEN keer.
4.3.1 Identifiseer die stylperiode.
(1)
4.3.2 Wat is die tonaliteit van hierdie uittreksel?
(1)
Speel Snit 22 EEN keer.
4.3.3 Beskryf die stemming wat in hierdie uittreksel uitgebeeld word.
(1)
Speel Snit 23 EEN keer.
4.3.4 Watter tipe orkes speel in hierdie uittreksel?
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 12 DBE/November 2014
NSS
Speel Snit 24 DRIE keer.
4.3.5 Die strykerseksie se akkoorde word deur 'n houtblasermelodie
gevolg. Wat is die funksie van hierdie houtblasermelodie?
(1)
4.3.6 Noem die houtblaasinstrument wat in hierdie uittreksel speel.
(1)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 13 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 5: JAZZ
5.1 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 25 EEN keer.
5.1.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl. Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Marabi Cape jazz Kwêla Malombo-jazz (1)
5.1.2 Identifiseer die naam van die werk in hierdie uittreksel.
(1)
5.1.3 Noem EEN kunstenaar wat met die musiekstyl in VRAAG 5.1.1
geassosieer word.
(1)
Speel Snit 26 EEN keer.
5.1.4 Noem die instrument wat die solo speel.
(1)
Speel Snit 27 EEN keer.
5.1.5 Watter EEN van die volgende is die korrekte kombinasie
instrumente wat jy in die uittreksel hoor? Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Klavier Klavier Klavier
Vibrafoon Kitaar Klawerbord
Baskitaar Baskitaar Baskitaar
Tenoorsaksofoon Trompet Saksofoon
Tromstel Tromstel Tromstel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 14 DBE/November 2014
NSS
5.2 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 28 TWEE keer.
5.2.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl.
(1)
5.2.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 5.2.1.
(1)
5.2.3 Noem 'n internasionale jazz-styl wat hierdie lied beïnvloed het.
(1)
5.2.4 Identifiseer die solis se stemtipe.
(1)
Speel Snit 29 EEN keer.
5.2.5 Noem die solo-instrument in hierdie uittreksel.
(1)
5.3 Luister na die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 30 TWEE keer.
5.3.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse musiekstyl.
(1)
5.3.2 Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 5.3.1 te motiveer.
(2)
5.3.3 Noem EEN instrument wat die reëlmatige polsslag aan die
lied gee.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 15 DBE/November 2014
NSS
5.3.4 Wat is die rol van die vrouestemme in hierdie lied?
(1)
5.3.5 Noem 'n groep wat net uit vroue bestaan, wat jy met hierdie
musiekstyl assosieer.
(1)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 16 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 6: IAM
6.1 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 31 EEN keer.
6.1.1 Identifiseer die musiekstyl wat jy in hierdie uittreksel hoor.
(1)
6.1.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 6.1.1.
(2)
Speel Snit 32 EEN keer.
6.1.3 Noem die term wat die gesproke teks in hierdie uittreksel beskryf.
(1)
Speel Snit 33 TWEE keer.
6.1.4 Gee die naam van die vokale komposisietegniek wat jy in hierdie
uittreksel hoor.
(1)
6.2 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 34 EEN keer.
6.2.1 Identifiseer die musiekstyl in hierdie uittreksel.
(1)
6.2.2 Noem 'n kunstenaar wat met hierdie musiekstyl geassosieer word.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 17 DBE/November 2014
NSS
Speel Snit 35 EEN keer.
6.2.3 Met watter ander musiekstyl kan jy ook die kitaarklank assosieer?
Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Maskandi Marabi Kwêla Malombo (1)
Speel Snit 36 EEN keer.
6.2.4 Identifiseer EEN idiofoon en EEN membranofoon wat jy hoor.
Idiofoon:
Membranofoon: (2)
6.3 Luister na die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 37 TWEE keer.
6.3.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse musiekstyl.
(1)
6.3.2 Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 6.3.1 te motiveer.
(2)
6.3.3 Noem EEN instrument wat die reëlmatige polsslag aan die lied
verskaf.
(1)
6.3.4 Wat is die rol van die vrouestemme in hierdie lied?
(1)
6.3.5 Noem die groep wat jy met hierdie musiekstyl assosieer.
(1)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 18 DBE/November 2014
NSS
AFDELING C: VORM
VRAAG 7
Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.
Speel Snit 38 EEN keer vir 'n algemene oorsig.
Luister na die uittreksel uit Blue Moon terwyl jy die vokale partituur bestudeer.
Blue Moon
Inleiding
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 19 DBE/November 2014
NSS
Speel Snit 38 weer.
7.1 Analiseer die vorm van hierdie stuk. Dui die hoofseksies op die partituur aan
deur hoofletters (byvoorbeeld C, D, ensovoorts) bo-aan die partituur te skryf.
Begin jou analise na die inleiding wat op die partituur aangedui is. (4)
7.2 Noem die oorkoepelende vorm van hierdie lied.
(1)
Speel Snit 39 TWEE keer.
7.3 Watter EEN van die volgende komposisietegnieke word in maat 6–9 by (a)
gebruik? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Melodiese herhaling Omkering Sekwens Vergroting (1)
Speel Snit 40 TWEE keer.
7.4 Noem die tipe nie-akkoordnoot wat jy in maat 10 by (b) hoor. (MOENIE die
letternaam of nootwaarde neerskryf NIE.)
(1)
Speel Snit 41 TWEE keer.
7.5 Vergelyk maat 203–222 met maat 223–242 by (d).
Watter ritmiese komposisietegniek word hier gebruik?
(1)
Speel Snit 42 EEN keer. [8]
TOTAAL AFDELING C: 8
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 DBE/November 2014
NSS
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (English)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper