Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
SEPTEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 



%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 North West Mock 2019 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences question paper from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- North West Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 537.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
North West Mock Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 NW/September 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 NW/September 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 By altrisiële ontwikkeling is jong kleintjies …
A in staat om hulself te voed kort nadat hulle uitgebroei het nie.
B nie in staat om vrylik rond te beweeg kort nadat hulle uitgebroei
het.
C ten volle onafhanklik van hulle ouers nadat hulle uitgebroei het.
D goed ontwikkeld wanneer hulle uitbroei.
1.1.2 Watter van die volgende sal geaffekteer word deur ‘n siekte wat die
outonome senuweestelsel beskadig?
A Die vermoë om die arms en bene te beweeg
B Die hartkloptempo en die asemhalingstempo
C Gehoor en sig
D Hoër denk prosesse
1.1.3 ‘n Persoon kan na ‘n ongeluk nie meer sensasies soos reuk en
smaak ervaar en interpreteer nie. Watter deel van sy brein is heel
waarskynlik in die ongeluk beskadig?
A Serebellum
B Corpus callosum
C Medulla oblongata
D Serebrum
1.1.4 Watter EEN van die volgende word deur ‘n negatiewe terugvoer-
meganisme in die menslike liggaam beheer?
A Verandering in die spoed en rigting van die liggaam
B Kleurvisie
C Waterkonsentrasie
D Die aktiwiteite van die regterkant van die liggaam wat deur die
linker-hemisfeer beheer word
1.1.5 Watter planthormoon is verantwoordelik vir die vorming van blomme
in plante?
A Ouksiene
B Etileen
C Gibbereliene
D Absissiensuur
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 NW/September 2019
NSS
1.1.6 Watter EEN van die volgende is ‘n voortplantingstrategie waar die
kleintjies uit eiers ontwikkel in die wyfie se voortplantingstelsel?
A Oviparie
B Ovoviviparie
C Viviparie
D Uitbroei
1.1.7 Uit hoeveel chromatiede bestaan‘n homoloë chromosoompaar?
A Een
B Twee
C Vier
D Agt
VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 IS VAN TOEPASSING OP ‘N ONDERSOEK WAT
UITGEVOER IS OM DIE EFFEK VAN ‘N DWELMMIDDEL OP DIE REAKSIETYD
BY MENSE, TE BEPAAL
1.1.8 Wat is die onafhanklike veranderlike in die ondersoek?
A Die dwelmmiddel in die liggaam
B Die tyd vandat die dwelm ingeneem is
C Reaksietyd
D Getal vrywilligers
1.1.9 Die volgende faktore is in ag geneem gedurende die ondersoek:
(i) Getal vrywilligers
(ii) Tyd van die dag
(iii) Ouderdom van die vrywilligers
(iv) Apparate om die reaksietyd te bepaal
Watter EEN van die volgende kombinasies van faktore sal die
geldigheid van die ondersoek beïnvloed?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii), (iii) en (iv)
D Slegs (ii), (iii) en (iv)
1.1.10 Watter deel van die sentrale senuweestelsel beskerm die menslike
liggaam teen ernstige beserings wanneer ‘n persoon kaalvoet op ‘n
doring trap?
A Medulla oblongata
B Serebrum
C Rugmurg
D Serebellum (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 NW/September 2019
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.2.1 Die hormoon verantwoordelik vir die regulering van die soutvlak in die
bloed
1.2.2 Die strukturele eenheid van die senuweestelsel
1.2.3 ‘n Hormoon wat die rypwording van sperms stimuleer
1.2.4 Die buitenste ekstra-embrioniese membraan wat die embrio omring
1.2.5 Die hormoon wat deur die pankreas gesekreteer word, wat die
bloedglukose-vlak by mense verhoog
1.2.6 ‘n Siekte wat gekenmerk word deur die degenerasie van die
miëlienskedes van neurone, wat hul vermoë om impulse na die
sentrale senuweestelsel te vervoer, beïnvloed
1.2.7 Die struktuur wat vir gaswisseling en die stoor van afvalprodukte in
die amniotiese eier verantwoordelik is
1.2.8 Die deurskynende membraan wat die kornea beskerm
1.2.9 Die klier wat prolaktien sekreteer
1.2.10 Die stelsel in die menslike liggaam wat hormone sekreteer en
verantwoordelik is vir chemiese koördinasie (10)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A,SLEGS B, BEIDE A EN B, of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 ‘n Deel van die oor waar A: Half-sirkelvormige kanale
klankprikkels omgesit word in B: Ovaalvenster
senuwee-impulse
1.3.2 Om jaarliks dieselfde soort gewas A: Wisselbou
op dieselfde stuk grond te plant B: Monokultuur
1.3.3 Gehoor-reseptore A: Stafies
B: Keëltjies
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 NW/September 2019
NSS
1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig fases van meiose in ‘n sel.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
1.4.1 Benoem die dele wat onderskeidelik deur B, C en D aangedui word. (3)
1.4.2 Identifiseer die fase voorgestel in:
(a) DIAGRAM 1 (1)
(b) DIAGRAM 2 (1)
1.4.3 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.2 (b). (1)
1.4.4 Watter bewys is daar dat oorkruising in hierdie sel plaasgevind het? (1)
1.4.5 Hoeveel chromosome sal die gamete wat uit die sel in DIAGRAM 2
gevorm word, hê? (1)
1.4.6 Skryf slegs die LETTER van die struktuur in die sel wat verdeel neer,
wat elke chromosoom na die teenoorgestelde pole trek. (1)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 NW/September 2019
NSS
1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n reaksie wat in die menslike liggaam
plaasvind wanneer ‘n duimspyker geraak word.
1.5.1 Watter proses word deur die diagram voorgestel? (1)
1.5.2 Identifiseer neuron B. (1)
1.5.3 Benoem die:
(a) Mikroskopiese gaping wat omkring en A gemerk is (1)
(b) TWEE tipes neurone teenwoordig by A (2)
(5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 NW/September 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder toon ‘n spermsel.
A B
2.1.1 Gee die byskrif van deel A. (1)
2.1.2 Verduidelik TWEE wyses hoe die spermsel aangepas is om effektief
in die rigting van die Fallopiusbuise te kan beweeg. (4)
2.1.3 Benoem deel B en verduidelik die gevolge op voortplanting indien ‘n
spermsel nie dit gehad het nie. (4)
(9)
2.2 Tiroïed-versteurings word deur die abnormale sekresie van tiroksien
veroorsaak.
2.2.1 Watter hormoon in die menslike liggaam beheer die sekresie-vlakke
van tiroksien? (1)
2.2.2 Beskryf die verband tussen tiroksien en die hormoon genoem in
VRAAG 2.2.1 indien die tiroksienkonsentrasie bo die normale vlak
styg. (4)
2.2.3 Verduidelik EEN effek van ‘n oorafskeiding van tiroksien op die
liggaamsmassa van ‘n persoon sonder ‘n verandering in sy/haar (2)
dieet. (7)
2.3 Verduidelik:
2.3.1 TWEE maniere waarop die sekresie van adrenalien ‘n persoon in ‘n
gevaarlike situasie, sal bevoordeel (4)
2.3.2 Hoekom ‘n persoon op ‘n warm dag meer sweet (4)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 NW/September 2019
NSS
2.4 Lees die onderstaande uittreksel.
DIABETES – BEHANDELING EN BESTUUR
Daar kom twee vorme van diabetes by mense voor, naamlik Tipe I en
Tipe II.
By Tipe 1 diabetes sien die liggaam se immuunstelsel die insulien-
produserende selle in die pankreas verkeerdelik as vreemd en vernietig
hulle.
Mense met Tipe II diabetes is in staat om ‘n gedeelte van hul eie insulien
te vervaardig. Dit is heel dikwels nie genoeg nie. Ooreet, veral van kosse
wat baie suiker bevat, veroorsaak herhaaldelike stimulasie van die
pankreas, wat reageer deur groot hoeveelhede insulien te sekreteer. Die
oormaat insulien verminder die teikenselle se vermoë om op insulien te
reageer. Behandeling fokus op dieet en oefening.
[Bron: www.diabetesresearch.org]
2.4.1 Noem EEN liggaamsvloeistof wat gebruik kan word om vir die
teenwoordigheid van ‘n oormaat glukose in die liggaam te toets. (1)
2.4.2 Noem TWEE teikenselle in die menslike liggaam wat deur ‘n oormaat
insulien geaffekteer sal word. (2)
2.4.3 Verduidelik die gevolge vir Tipe I diabete indien die
immuunstelsel die selle wat insulien produseer, vernietig. (2)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 NW/September 2019
NSS
2.5 Die diagram hieronder toon ‘n gedeelte van die menslike oor.
2.5.1 Benoem die dele aangedui deur C en D onderskeidelik. (2)
2.5.2 Noem die reseptore wat in deel A voorkom. (1)
2.5.3 Verduidelik die gevolge op die menslike liggaam as:
(a) Deel B beskadig is (2)
(b) Deel D verhard (2)
(7)
2.6 Verduidelik die funksie van ELK van die volgende dele van die menslike oog
wat bydra tot die beheer van die lig wat inkom.
2.6.1 Lens (2)
2.6.2 Kornea (2)
(4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 NW/September 2019
NSS
VRAAG 3
3.1 Die graad 12-leerders het die effek van lig op die verspreiding van die
hoeveelheid ouksiene in stingels ondersoek.
Die diagram hieronder toon hoe die ondersoek uitgevoer was.
Die volgende metode is gevolg:
· 10 Stingels is van jong plante verwyder en elkeen is op ‘n agarblok
geplaas.
· ‘n Tweede agarblok is op die kant van elke stingel, waar ‘n gedeelte van
die weefsel weggesny is, geplaas.
· Die helfte van die stingels is in die donker gesit en die ander helfte
is aan ‘n ligbron van een kant af blootgestel.
· Die monsters van die stingels wat op hierdie manier behandel is, is vir
‘n paar uur gelos.
· Die ouksienkonsentrasie wat in die twee agarblokke van elke stingel
versamel is, is gemeet en die gemiddelde is bereken.
Gesnyde
stingel Ligbron vir die
stingels wat
Agarblok aan lig
op die kant blootgestel is
van die
stingel
Agarblok aan
die basis van
die stingel
3.1.1 Gee die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
3.1.2 Gee ‘n rede hoekom sommige stingels in die donker gehou en ander (2)
aan ‘n ligbron blootgestel was.
3.1.3 Noem:
(a) TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die resultate
verseker kan word. (2)
(b) DRIE maniere waarop die geldigheid van die resultate verseker
kan word. (3)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 NW/September 2019
NSS
3.2 Die grafiek hieronder toon die resultate van die mate van konveksiteit van ‘n
deelnemer se lens, gemeet oor ‘n sekere periode.
Die deelnemer is gevra om gedurende die tyd aangedui, na ‘n voorwerp te
kyk wat nader of verder van die deelnemer kon beweeg.
Mees E
konveks
Vorm van lens
D
B C
A
Minste
konveks
0 2 4 6 8
Tyd (sekondes)
3.2.1 Noem die naam van die proses wat die vorm van die lens laat (1)
verander.
3.2.2 Gee die LETTER op die grafiek van die periode in die ondersoek toe
die voorwerp:
(a) Die naaste aan die deelnemer was (1)
(b) Na die deelnemer beweeg het (1)
3.2.3 Beskryf hoe ‘n duidelike beeld van die voorwerp gedurende periode C
op die grafiek, gehandhaaf word. (4)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 NW/September 2019
NSS
3.3 Die tabel hieronder toon die gasse wat tot die Kweekhuis-effek bydra.
Kweekhuisgas Bydrae tot die Kweekhuis-effek
Koolstofdioksied 53%
Metaan (CH4) B
Stikstofoksied (N2O) 5%
Osoon (O3) 13%
CFK’s 12%
[Aangepas uit www.globalwarming.org]
3.3.1 Bereken die waarde van B. Toon alle berekeninge. (2)
3.3.2 Trek ‘n sirkelgrafiek van die gasse se bydrae tot die Kweekhuis-effek. (6)
(8)
3.4 Verduidelik die betekenis van die volgende:
3.4.1 Voedselsekerheid (2)
3.4.2 Koolstofvoetspoor (2)
(4)
3.5 Ontbossing is die permanente verwydering van ‘n groot hoeveelheid bome.
3.5.1 Gee TWEE redes vir ontbossing. (2)
3.5.2 Verduidelik TWEE gevolge van ontbossing vir ‘n ekostelsel. (4)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 NW/September 2019
NSS
3.6 Lees die uittreksel hieronder oor die water-situasie in Suid-Afrika.
Die hoeveelheid water op die aarde is konstant, maar dit is oneweredig oor
die aarde versprei. Suid-Afrika ontvang ‘n jaarlikse reënval van 492 mm
terwyl die jaarlikse reënval van die wêreld 1477 mm is.
Wetenskaplikes voorspel dat Suid-Afrika baie natter en baie droër seisoene
met aardverwarming sal ervaar, wat weer meer vloede en droogtes tot
gevolg sal hê.
Volgens die Departement van Water en Omgewingsake, sal die vraag na
water in Suid-Afrika, die beskikbaarheid daarvan teen 2025 oorskry. ‘n
Probleem wat ook tot hierdie aanvraag bydra, is die afname in
waterkwaliteit. Een van die hoofoorsake hiervan is industrieë wat afval
produseer wat die hoeveelheid voedingstowwe soos minerale wat in die
water beland, beïnvloed. www.dwarf.gov.za
3.6.1 Definieer aardverwarming. (2)
3.6.2 Beskryf die effek van ‘n toename in voedingstowwe op water as
gevolg van die afloop van kunsmis en plaagdoders. Noem ook die
naam van hierdie effek. (5)
(7)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 NW/September 2019
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf oögenese en die rol van hormone gedurende die menstruele siklus indien
bevrugting plaasvind het.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme,
diagramme of tabelle toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 North West Mock 2019 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum