Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2017 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 10201715 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National November 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) NOVEMBER 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 2 gegewensblaaie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 10. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Lug kan as 'n … geklassifiseer word. A element B verbinding C homogene mengsel D heterogene mengsel (2) 1.2 Die grafiek hieronder toon die verhittingskurwe van 'n stof. Temperatuur (°C) C D 100 A B Tyd (s) In watter deel/dele op die grafiek kry die stof kinetiese energie by? A Slegs BC B Slegs CD C AB en CD D AB, BC en CD (2) 1.3 In watter verhouding sal groep (I)-elemente met groep (VI)-elemente reageer? A 2:1 B 1:6 C 6:1 D 1:3 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 1.4 Wat is die totale getal nukleone in die ioon van kalsium wanneer kalsium twee elektrone verloor om Ca2+ te vorm? A 40 B 18 C 22 D 20 (2) 1.5 Watter EEN van die volgende groepe elemente toon die KORREKTE neiging van die digtheid van metale? A Rb < K < Na < Li B K < Na < Li < Rb C Li < Na < K < Rb D Na < Li <Rb < K (2) 1.6 'n Leerder het die vloeidiagram hieronder gebruik om sekere voorbeelde van stof P, Q en R te klassifiseer. Ja Stof Bepaalde vorm P (P, Q, R) Nee Bepaalde Ja volume Q Nee R Wat kan stof P, Q en R moontlik wees? P Q R A Marmer Olie Suurstof B Olie Marmer Suurstof C Suurstof Olie Marmer D Suurstof Marmer Olie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 1.7 In 'n 20 g-monster van molekule, watter monster hieronder het die grootste getal mol? A NH 3 B N2 C CO 2 D H2 (2) 1.8 Koolstofdioksied kan direk vanaf die vastestoffase na die gasfase verander. Hierdie proses staan as … bekend. A sublimasie B verdamping C ontbinding D smelting (2) 1.9 Die chemiese naam vir Fe 2 (SO 4 ) 3 is ... A ystersulfiet. B yster(III)sulfaat. C yster(II)sulfaat. D ystersulfied. (2) 1.10 Al die grond op Aarde staan as die ... bekend. A atmosfeer B biosfeer C litosfeer D hidrosfeer (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Beskou die volgende stowwe: C 90 ; NaCℓ; CO 2 ; Fe; H2O 2.1 Skryf 'n stof uit die lys hierbo neer wat die volgende is: 2.1.1 'n Molekulêre struktuur (1) 2.1.2 'n Metaalstruktuur (1) 2.1.3 'n Kovalente netwerkstruktuur (1) 2.1.4 'n Ioniese netwerkstruktuur (1) 2.2 Teken die Lewis-kol-diagram vir die CO 2 -molekuul. (2) 2.3 Identifiseer die soort chemiese binding in H 2 O. (1) 2.4 Teken die Lewis-kol-diagramme om die vorming van NaCℓ te toon. (3) 2.5 Bestudeer die modelle van verbinding A, B en C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B C K+ I- K+ I- H H I- K+ I- K+ C N K+ I- K+ I- H H H H H Skryf neer die: 2.5.1 Chemiese naam van verbinding A (1) 2.5.2 Chemiese formule van verbinding B (1) 2.5.3 Algemene naam van verbinding C (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 2.6 Baie van die gasse in lug is baie nuttig. 'n Belangrike nywerheidsproses, fraksionele distillasie van vloeibare lug, skei hierdie gasse van mekaar. Beskou die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kook by -196 °C STIKSTOF Saampers Kook by -186 °C LUG VLOEIBARE LUG ARGON Kook by -183 °C SUURSTOF 2.6.1 Is hierdie skeidingsproses fisies of chemies? (1) 2.6.2 Watter fisiese eienskap word gebruik om die gasse van mekaar te skei nadat dit vloeibaar gemaak is? (1) 2.6.3 Watter gas het die swakste intermolekulêre kragte? Verduidelik die antwoord. (2) 2.7 Noem hoe ELK van die volgende verander wanneer vloeibare stikstof na stikstofgas verander? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer. 2.7.1 Spasies tussen die deeltjies (1) 2.7.2 Sterkte van die kragte tussen die deeltjies (1) 2.7.3 Energie van die deeltjies (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Beskou die grafiek van die eerste ionisasie-energie en beantwoord die vrae wat volg. Ionisasie-energie (kJ·mol-1) Atoomgetal 3.1 Definieer die term ionisasie-energie. (2) 3.2 Noem die algemene tendens in ionisasie-energie van links na regs in 'n periode op die periodieke tabel. (2) 3.3 Daar is 'n afname in ionisasie-energie van berillium na boor. 3.3.1 Skryf die sp-notasie vir berillium EN boor neer. (4) 3.3.2 Verduidelik hierdie afname in ionisasie-energie. (3) 3.4 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Indien onwaar, skryf die stelling korrek oor. Die ionisasie-energie van edelgasse is hoog as gevolg van die halfgevulde s- en p-orbitale. (2) 3.5 Bestudeer die ionisasie-energie van die groep (I)-elemente in die grafiek hierbo en beantwoord die vrae wat volg. 3.5.1 Gee die algemene naam van die groep (I)-elemente. (1) 3.5.2 Noem die tendens in die reaktiwiteit van elemente in groep (I). (2) 3.5.3 Verduidelik die rede vir die tendens in VRAAG 3.5.2 deur die grafiek van ionisasie-energie te gebruik. (2) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 4.1 'n Sekere element, X, het twee isotope in die natuur. Een isotoop het 'n atoommassa van 106,9 ame. Die persentasie voorkoms van hierdie isotoop is 50%. Die atoommassa van die ander isotoop is 109,1. 4.1.1 Definieer die term isotoop. (2) 4.1.2 Bereken die relatiewe atoommassa van element X. (5) 4.1.3 Identifiseer element X in VRAAG 4.1.2. (2) 4.2 Voltooi die tabel hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) neer. ELEMENT ATOOM- MASSA- GETAL GETAL GETAL GETAL GETAL PROTONE NEUTRONE ELEKTRONE Al 13 27 4.2.1 4.2.2 4.2.3 K+ 19 4.2.4 4.2.5 4.2.6 4.2.7 (7) [16] VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Waterstofperoksied ontbind by kamertemperatuur volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking: 2H 2 O 2 (aq) → O 2 (g) + 2H 2 O(ℓ) 5.1 Wat stel die (aq) in die vergelyking hierbo voor? (1) 5.2 Identifiseer die soort reaksie hierbo. Kies tussen NEERSLAG en REDOKS. Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 5.3 Is die reaksie 'n voorbeeld van 'n fisiese of 'n chemiese verandering? (1) 5.4 Definieer die term een mol van 'n stof. (2) 5.5 Indien 4 mol waterstofperoksied ontbind, bereken die volume gas wat by STD gevorm word. (4) 5.6 Bereken die getal suurstofatome in H 2 O 2 indien 17 g H 2 O 2 ontbind. (4) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 6.1 Bestudeer die gebalanseerde chemiese vergelyking van die reaksie tussen natriumkarbonaat (Na 2 CO 3 ) en soutsuur (HCℓ) en beantwoord die vrae wat volg. Na 2 CO 3 + 2HCℓ → 2NaCℓ + CO 2 + H 2 O Identifiseer die soort reaksie hierbo. Kies tussen REDOKS en GASVORMEND. (1) 6.2 In 'n reaksie reageer 10,6 g natriumkarbonaat volledig met 'n oormaat soutsuur. 6.2.1 Bereken die molêre massa van natriumkarbonaat. (2) 6.2.2 Bereken die aanvanklike getal mol natriumkarbonaat. (2) 6.2.3 Bereken die massa CO 2 wat gedurende hierdie reaksie gevorm word. (4) 6.2.4 Bereken die massa natriumchloried wat gevorm word indien 4,87 dm3 koolstofdioksied by STD gevorm is. (6) 6.3 14,2 g van 'n monster gehidrateerde natriumkarbonaat, Na 2 CO 3 •xH 2 O, is sterk verhit totdat geen verdere verandering in massa aangeteken is nie. Al die kristalwater het soos volg by verhitting verdamp: Na 2 CO 3 •xH 2 O → Na 2 CO 3 + xH 2 O Bereken die getal mol kristalwater in die natriumkarbonaatmonster, indien 5,3 g vaste stof na sterk verhitting oorgebly het. (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Leerders het die verwantskap tussen die konstentrasie van 'n silwernitraat(AgNO 3 )- oplossing en die geleidingsvermoë daarvan by 'n konstante temperatuur ondersoek. Hulle het die apparaat opgestel, soos hieronder getoon, en die stroom(sterkte) aangeteken. Die aanvanklike lesing op die ammeter is geneem voordat anhidriese AgNO 3 by gedistilleerde water gevoeg is. A Die anhidriese AgNO 3 is lepel vir lepel by 200 cm3 gedistilleerde water gevoeg. Die ammeterlesing is geneem nadat elke lepel bygevoeg is. Die resultate word in die tabel hieronder getoon. LEPELS AgNO 3 IN AMMETERLESING (mA) GEDISTILLEERDE WATER 0 0 1 0,18 2 0,92 3 1,47 4 1,84 7.1 Gee 'n rede waarom die aanvanklike ammeterlesing nul was. (1) 7.2 Gee EEN woord/term vir 'n oplossing wat elektrisiteit gelei. (2) 7.3 Skryf 'n gebalanseerde chemiese vergelyking neer om te toon hoe AgNO 3 in water dissosieer. (2) 7.4 Skryf die volgende vir die ondersoek hierbo neer: 7.4.1 'n Hipotese (2) 7.4.2 Afhanklike veranderlike (1) 7.4.3 Onafhanklike veranderlike (1) 7.4.4 Gekontroleerde veranderlike (1) 7.5 Definieer die term anhidries. (1) 7.6 Indien die massa AgNO 3 5,3 g per lepel is, bereken die konsentrasie van die oplossing nadat TWEE lepels bygevoeg is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 7.7 Kan kraanwater vir hierdie eksperiment gebruik word? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 7.8 Lei 'n verwantskap af uit die resultate tussen die ioonkonsentrasie in die oplossing en die geleidingsvermoë daarvan. (2) 7.9 'n Leerder het per ongeluk soutsuur in die oplossing laat val. 7.9.1 Hoe sal dit die ammeterlesing beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer. (1) 7.9.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.9.1. (2) [22] VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Jou onderwyser het jou gevra om jou kennis van neerslagreaksies te gebruik om die watergehalte in die plaaslike rivier te toets. Jy word van die volgende chemikalieë voorsien: AgNO 3 , BaCl 2 , verdunde HNO 3 8.1 Watter chemikalie sal jy kies om vir die teenwoordigheid van karbonate (CO 3 -2) te toets? (1) 8.2 Gebruik 'n gebalanseerde chemiese vergelyking om die toets vir karbonate in VRAAG 8.1 te toon. (4) 8.3 Beide karbonate en sulfate vorm 'n wit neerslag met die chemikalie in VRAAG 8.1. Gebruik 'n gebalanseerde chemiese vergelyking om te verduidelik hoe jy sou bevestig dat die neerslag 'n karbonaat is. (4) 8.4 Gee die chemiese naam van die neerslag wat gevorm word wanneer die karbonaat en die chemikalie in VRAAG 8.1 reageer. (2) [11] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Bestudeer die watersiklus hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A Waterdamp Wolke C Oseane/ B Riviere E D Plante 9.1 Die watersiklus bestaan uit baie prosesse. Identifiseer die volgende prosesse: 9.1.1 A (1) 9.1.2 B (1) 9.1.3 E (1) 9.2 Word energie tydens kondensasie GEABSORBEER of VRYGESTEL? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 9.3 Gee EEN rede waarom daar na waterdamp as 'n belangrike kweekhuisgas verwys word. (2) 9.4 Die hoeveelheid reënval het onlangs oor groot gebiede van Suid-Afrika aansienlik verminder. Verskillende redes word gegee om die droogte te verduidelik. Noem EEN moontlike strategie wat 'n gemeenskap kan volg om te verseker dat hulle 'n vaste/deurloperde voorraad water het. (2) [9] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 1 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure pθ 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume by STD Standard temperature Tθ 273 K Standaardtemperatuur Charge on electron e 1,6 x 10-19 C Lading op elektron Avogadro’s constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro-konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m n= N n= M NA n m V c= or/of c = n= V MV Vm Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2 Downloaded from hlayiso.com 2 DBE/November 2017 KABV – Graad 10 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) Atomic number 1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2 2,1 H He 1 29 4 3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10 Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 1,0 Li 1,5 Be 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0F Ne 63,5 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0Cℓ Ar 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all