Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
FISIESE WETENSKAPPE: (CHEMIE) V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.
Hosted by www.ecexams.co.za
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3/v1-c8add7667fd054150e1b/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape June Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules20 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules34 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules19 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules23 marks
- Question 5Rate and Extent of Reactions18 marks
- Question 6Chemical Equilibrium19 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Die homoloë reeks wat ʼn drievoudige koolstof-koolstof-binding bevat is …
A alkane.
B alkene.
C alkyne.
D haloalkane. (2)
1.2 Beskou die volgende verbindings:
Verbindings
A Pentan-1-ol
B Butan-1-ol
C Pentanoësuur
Watter EEN van die volgende rangskik die suiwer stowwe hierbo in die
volgorde van toenemende sterkte van intermolekulêre kragte korrek?
A Pentan-1-ol, butan-1-ol, pentanoësuur
B Pentanoësuur, butan-1-ol, pentan-1-ol
C Butan-1-ol, pentanoësuur, pentan-1-ol
D Butan-1-ol, pentan-1-ol, pentanoësuur (2)
1.3 Beskou die struktuurformule:
O
C H
Watter EEN van die volgende verbindings bevat die funksionele groep hierbo?
A Propanol
B Propanoon
C Propan-1-ol
D Propanoësuur (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
1.4 2-metielpropan-1-ol kan twee isomere vorm. Watter EEN van die volgende
kombinasies identifiseer die ISOMEER en die TIPE ISOMEER KORREK?
NAAM VAN ISOMEER TIPE ISOMEER
A Butan-1-ol Posisioneel
B 2-metielpropan-2-ol Ketting
C Butan-1-ol Funksioneel
D 2-metielpropan-2-ol Posisioneel (2)
1.5 Die omskakeling van CH3CHCH2 na CH3CH2CH3 staan as … bekend.
A hidrasie
B hidrogenering
C halogenering
D hidrohalogenering (2)
1.6 Soutsuur reageer met OORMAAT sink volgens die gebalanseerde reaksie:
2 HCℓ (aq) + Zn (s) → ZnCℓ2 (aq) + H2 (g)
Watter EEN van die volgende faktore sal die opbrengs van H2 (g) beïnvloed
maar nie die tempo waarteen H2 (g) geproduseer word nie?
A Temperatuur
B Volume van HCℓ
C Toestand van verdeeldheid Zn
D Konsentrasie van HCℓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 5
1.7 Koolsuur, H2CO3, ioniseer in water in twee stappe. Die eerste stap van die
ionisasie word deur die volgende vergelyking gegee:
H2CO3 (aq) + H2O (ℓ) ⇌ HCO3– (aq) + H3O+ (aq)
Watter EEN van die volgende stowwe in die reaksie hierbo kan as ʼn amfoliet
optree?
A H2CO3 en H2O
B HCO3– en H3O+
C H2O en HCO3–
D H2CO3 en HCO3– (2)
1.8 Die potensiële energiediagram vir die volgende omkeerbare hipotetiese
reaksie word gegee:
2 AB (g) ⇌ A2 (g) + Br2 (g)
Potensiële energie (kJ·mol-1)
R
Q
P
Tyd
Beskou die volgende stellings aangaande die energiediagram.
I Δ H vir die voorwaartse reaksie is positief
II ʼn Katalisator sal P–Q verlaag
III Terugwaartse reaksie is eksotermies
Watter van die volgende stelling(s) hierbo is WAAR?
A slegs I
B slegs I en II
C slegs I en III
D slegs II en III (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
1.9 Beskou die volgende omkeerbare reaksie in ʼn verseëlde houer by ewewig:
C (s) + CO2 (g) ⇌ 2 CO (g)
Die volume in die houer word verlaag terwyl die temperatuur konstant bly.
Watter EEN van die volgende kombinasies rondom die hoeveelheid CO en
die tempo waarteen die nuwe ewewig bereik word is KORREK?
HOEVEELHEID CO REAKSIETEMPO
A Hoёr Laer
B Laer Hoёr
C Hoёr Hoёr
D Laer Laer (2)
1.10 Beskou twee oplossings van Ba(OH)2 (aq) en KOH (aq) elk met ʼn
konsentrasie van 0,1 mol·dm-3.
Beskou die volgende stellings rakende die twee oplossings.
I Beide KOH en Ba(OH)2 kan as Arrhenius basisse beskou word
II Ba(OH)2 sal ʼn hoër konsentrasie van OH– produseer as KOH
wanneer dit dissosieer
III Dubbel die hoeveelheid HCℓ word benodig om die KOH te
neutraliseer as Ba(OH)2
Watter van die volgende stelling(s) hierbo is WAAR?
A slegs I
B slegs I en II
C slegs II en III
D slegs I en III (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 7
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die tabel hieronder toon organiese verbindings A tot E van verskillende homoloë reeks.
A CH3Cℓ B CH3
CH3CH CH C CH3
H
C Butanoon CH3 H CH3
CH2CH C C CH3
E CXHYO2 D
O H CH3
H
2.1 Definieer homoloë reeks. (2)
2.2 Skryf die LETTER wat die volgende verbindings verteenwoordig neer:
2.2.1 Koolwaterstof (1)
2.2.2 Haloalkaan (1)
2.2.3 Alkeen (1)
2.2.4 Die verbindings wat ʼn karbonielgroep bevat wat aan twee versadigde
koolstof-atome verbind is (1)
2.3 Is verbinding D ʼn PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE ALKOHOL?
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
2.4 Skryf neer die:
2.4.1 Algemene formule van die homoloë reeks waarin verbinding B behoort (1)
2.4.2 IUPAC-naam van verbinding B (2)
2.4.3 IUPAC-naam van verbinding D (3)
2.5 Verbinding C het ʼn funksionele isomeer.
2.5.1 Definieer die term funksionele isomeer. (2)
2.5.2 Teken die STRUKTUURFORMULE van die funksionele isomeer van
verbinding C. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
2.6 Verbinding E (CXHYO2) reageer met alkohol P in die teenwoordigheid van
gekonsentreerde swawelsuur (H2SO4) om ʼn organiese verbinding Q te
produseer soos deur die onvolledige vergelyking hieronder getoon:
CXHYO2 + alkohol P → organiese verbinding Q + H2O
Die persentasie samestelling van verbinding Q is:
Organiese verbinding Q
Koolstof Waterstof Suurstof
58,82% 9,81% 31,37%
Die molekulêre massa van verbinding Q is GELYK aan die formule massa.
2.6.1 Skryf die naam van die tipe reaksie wat plaas gevind het neer. (1)
2.6.2 Bepaal, deur berekeninge, die molekulêre formule van organiese
verbinding Q. (5)
Verbinding E (CXHYO2) het ʼn molekulêre massa van 74 g·mol-1.
2.6.3 Bepaal die verbinding E (CXHYO2) en skryf die IUPAC-naam neer. (4)
2.6.4 Bepaal die organiese verbinding Q wat geproduseer was, skryf die
IUPAC-naam en STRUKTUURFORMULE neer. (6)
[34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 9
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Ondersoek word uitgevoer om die effek van vertakking op die kookpunte van
organiese verbindings te bepaal. Drie PRIMÊRE ALKOHOLE wat elk 5 koolstof atome
bevat word tydens die ondersoek gebruik.
Gelyke volume van elke alkohol word apart in ʼn waterbad verhit.
180
150
Kookpunt (°C)
120
90
60
30
3.1 Definieer kookpunt. (2)
3.2 Watter eienskap van alkohole vereis dat hulle in ʼn waterbad verhit word? (1)
3.3 Skryf die kookpunt van alkohol 1 neer. (1)
3.4 Is die ʼn regverdige ondersoek? Skryf slegs JA of NEE neer.
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
3.5 Gee die IUPAC-naam van alkohol 2. (2)
3.6 Watter alkohol het die kortste kettinglengte?
Skryf slegs ALKOHOL 1, ALKOHOL 2 of ALKOHOL 3 neer. (1)
3.7 Verduidelik volledig die antwoord op VRAAG 3.6. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
3.8 ʼn Tweede ondersoek word uitgevoer om die effek van intermolekulêre kragte
op die dampdruk te bepaal.
Die tabel hieronder som die resultate van twee organiese verbindings op.
VERBINDING DAMPDRUK BY 20 °C (kPa)
A Butanoon 9,47
B Butan-1-ol 0,58
3.8.1 Definieer dampdruk. (2)
3.8.2 Verduidelik die verskil in dampdruk deur na die intermolekulêre
kragte betrokke te verwys. (4)
3.8.3 Sal die dampdruk van die verbindings hierbo TOENEEM, AFNEEM
of DIESELFDE BLY by ʼn hoër temperatuur? (1)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 11
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
4.1 Beskou die vloeidiagram wat organiese reaksies hieronder toon.
Reaksie 1
O-H Organiese verbinding P + H2O
(hoofproduk)
CH3CH2CHCH3
A Reaksie 2
C4
C4H9Br
Beskou REAKSIE 1.
Skryf neer die: C4
4.1.1 Naam van die tipe eliminasie reaksie (1)
4.1.2 Naam of formule van die anorganiese reagens wat benodig word (1)
4.1.3 Gebalanseerde vergelyking deur gebruik te maak van
STRUKTUURFORMULES vir die organiese verbindings (4)
Beskou REAKSIE 2.
Skryf neer die:
4.1.4 Naam van die tipe reaksie wat plaasvind (1)
4.1.5 STRUKTUURFORMULE en IUPAC-naam van die hoofproduk wat vorm (4)
Beskou REAKSIE 3.
Skryf neer die:
4.1.6 TWEE reaksiestoestande wat benodig word (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
4.2 Oktaan kan volgens die onvolledige vergelyking gekraak word:
C8H18 → C4HY + C4HZ
Die twee REGUITKETTING organiese verbindings, C4HY en C4HZ, word nou deur
broomwater (Br2 (aq)) by kamertemperatuur in ʼn donkerkamer gevoer. Die
volgende waarneming word gemaak:
EKSPERIMENT 1 EKSPERIMENT 2
Spuit Spuit
C4HY C4HZ
Br2 (aq)
Br2 (aq)
Wanneer verbinding C4HY deur die Wanneer verbinding C4HZ deur die
broomwater geborrel word, word geen broomwater geborrel word, word die
verandering waargeneem nie. gelerige kleur van die broomwater
onmiddellik kleurloos en borrels word in
die fles waargeneem.
4.2.1 Definieer kraking. (2)
4.2.2 Gee ʼn rede waarom eksperimente 1 en 2 in ʼn donker kamer uitgevoer
word. (1)
4.2.3 Watter verbinding, C4HY of C4HZ, is ONVERSADIG?
Gee ʼn rede vir jou antwoord.
(2)
Verbinding C4HY ondergaan die volgende reaksies:
UV-lig
I C4HY + Cℓ2 Primêre haloalkaan + HCℓ
II Primêre haloalkaan + NaOH (gekon) C4HZ + NaCℓ + H2O
Skryf neer die:
4.2.4 STRUKTUURFORMULE van verbinding C4HZ (2)
4.2.5 Verbrandingsreaksie van verbinding C4HY deur van MOLEKULÊRE-
FORMULES gebruik te maak (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 13
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Groep leerders gebruik die reaksie tussen magnesiumkarbonaat (MgCO3) en
OORMAAT soutsuur (HCℓ) om van die faktore wat die reaksietempo beïnvloed te
ondersoek. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:
MgCO3 (aq) + 2 HCℓ (aq) MgCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) + CO2 (g)
Die leerders gebruik die apparaat wat hieronder geïllustreer word.
gasspuit
gas
HCℓ
MgCO3
Die tabel hieronder som die reaksietoestande op:
REAKSIETOESTANDE
KONSENTRASIE TOESTAND VAN AANVANKLIKE
EKSPERIMENT
VAN HCℓ VERDEELDHEID TEMPERATUUR (°C)
(mol·dm-3) VAN MgCO3
1 0,9 Poeier 25
2 0,9 Poeier 30
3 0,9 Korrels 30
5.1 Definieer reaksietempo. (2)
5.2 Skryf die onafhanklike veranderlike vir die vergelyking tussen eksperiment 1
en 2 neer. (1)
5.3 Eksperiment 2 en 3 word nou vergelyk.
5.3.1 Watter eksperiment 2 of 3 sal die hoër reaksietempo het? (1)
5.3.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.3.1 deur na die botsingsteorie
te verwys. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
5.4 Die leerders meet die tempo waarteen CO2 in eksperiment 2 geproduseer was
en vind dit was 0,25 g·min-1. Dit het 10,44 minute geneem om die tyd te meet
wat dit geneem het vir die reaksie om voltooiing te bereik.
Bereken die:
5.4.1 Massa MgCO3 wat gebruik was (6)
5.4.2 Molêre volume van CO2 as 1,47 dm3 CO2 vrygelaat was (3)
5.5 Die grafiek hieronder verteenwoordig die Maxwell-Boltzmann verspreidings-
kurwe van CO2(g) wat in eksperiment 1 geproduseer was.
Aantal CO2 molekules
Kinetiese energie
Teken die grafiek oor in die ANTWOORDEBOEK. Benoem die kurwe duidelik
as A.
Op dieselfde assestelsel, skets die kurwe wat verkry sal word vir CO2(g) as die
massa van MgCO3 wat gebruik was verhoog word.
Benoem hierdie kurwe as B. (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 15
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
6.1 Aanvanklik word 1 mol swaweldioksied SO2 (g) en suurstof O2 (g) toegelaat om
in ʼn verseëlde houer volgens die gebalanseerde vergelyking te reageer:
2 SO2(g) + O2(g) ⇌ 2 SO3 (g)
Die grafiek hieronder toon die verandering in hoeveelhede reaktante en produkte
oor tyd.
Grafiek is NIE volgens skaal geteken NIE.
HOEVEELHEID-STOF-TEENOOR-TYD GRAFIEK
SO3
1
Hoeveelheid stof (mol)
0,54
X
0,075
Y
0
t1 t2 t3
Tyd
6.1.1 Stel Le Chatelier se beginsel in woorde. (2)
6.1.2 Hoe sal die tempo van die voorwaartse reaksie vergelyk met die tempo
van die terugwaartse reaksie tussen t1 en t2?
Kies uit HOЁR AS, LAER AS of GELYK AAN.
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
6.1.3 Watter kurwe, X of Y, verteenwoordig SO2?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
Die temperatuur van die reaksiemengsel word by t2 verlaag.
6.1.4 Is die reaksie warmte (ΔH) POSITIEF of NEGATIEF vir die voorwaartse
reaksie? (1)
6.1.5 Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.1.4 deur na Le Chatelier se
beginsel te verwys. (3)
6.2 2,5 mol NOCℓ is aanvanklik in ʼn 1,5 dm3 verseëlde houer by 400 °C geplaas.
Nadat die ewewig vasgestel is, is daar gevind dat 28% van die NOCℓ volgens
die gebalanseerde vergelyking gedissosieer het:
2 NOCℓ (g) ⇌ 2 NO (g) + Cℓ2 (g)
6.2.1 Bereken die ewewigskonstante, Kc-waarde by 400 °C. (7)
6.2.2 Meer NOCℓ word by die ewewigsmengsel bygevoeg. Hoe sal die
verandering die ewewigskonstante, Kc beïnvloed?
Skryf slegs TOENEEM, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer.
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 17
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
7.1 Die gebalanseerde vergelyking hieronder toon die eerste stap van die ionisasie
reaksie van swawelsuur (H2SO4):
H2SO4 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ HSO4– (aq) + H3O+ (aq)
7.1.1 Definieer ʼn suur volgens die Arrhenius-teorie. (2)
Skryf neer die:
7.1.2 FORMULES van die TWEE BASISSE in die bostaande reaksie (2)
7.1.3 Gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie tussen
swawelsuur (H2SO4) en kaliumhidroksied (KOH). (3)
7.2 ʼn Standaard oplossing van natriumhidroksied (NaOH) word voorberei deur
3,812 g op te los om ʼn 100 cm3 NaOH oplossing te maak.
7.2.1 Bereken die konsentrasie van die natriumhidroksied (NaOH) oplossing. (3)
Huishoudelike asyn bevat x % etanoësuur (CH3COOH) per massa. 25 cm3 van
die asyn reageer met 21,8 cm3 natriumhidroksied (NaOH) oplossing wat in
VRAAG 7.2.1 voorberei was.
Die gebalanseerde vergelyking is:
CH3COOH (aq) + NaOH (aq) → CH3COONa (aq) + H2O(ℓ)
7.2.2 Bereken die persentasie massa van die etanoësuur (waarde van x) wat
in asyn gevind word as 1 cm3 van huishoudelik asyn ʼn massa van 1 g
het. (7)
[17]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2024)
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Standard pressure
Standaarddruk p 1,013 x 105 Pa
Molar gas volume at STP
Molêre gasvolume teen STD Vm 22,4 dm3∙mol-1
Standard temperature
Standaardtemperatuur Tθ 273 K
Charge on electron
Lading op elektron e -1,6 x 10-19 C
Avogadro’s constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro se konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m n m
n= M or/of c = V or/of c = MV pH= -log[H3O+]
N ca Va na Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
n= N or/of =
A
cb Vb nb at/by 298 K
V
n= V
m
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2024) PHYSICAL SCIENCES P2 19
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
KEY/ SLEUTEL
1 Atomic number 2
2,1 H He
1 29 4
3 4 Elektronegatiwiteit Simbool 5 6 7 8 9 10
1,0 1,5 1,9 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
Li Be
Electronegativity
Cu Symbol
B C N O F Ne
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 63,5 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
Benaderde relatiewe atoommassa
23 24 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 relative
Approximate 27 atomic
28 mass29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5Mn 1,8
Fe Co 1,8
Ni Cu 1,8 1,9 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9Tc 2,2
Ru Rh 2,2
Pd Ag 2,2 1,9 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac
226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Copyright reserved
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3/v1-c8add7667fd054150e1b/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Errata
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Errata
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper