Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 253.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2Common Features of Religion20 marks
- Question 1.3The Variety of Religions8 marks
- Question 1.4The Variety of Religions12 marks
- Question 2.1The Variety of Religions20 marks
- Question 2.2The Variety of Religions20 marks
Show all 24 questions
- Question 2.3The Variety of Religions10 marks
- Question 3.1Common Features of Religion4 marks
- Question 3.2Common Features of Religion8 marks
- Question 3.3Common Features of Religion10 marks
- Question 3.4Common Features of Religion10 marks
- Question 3.5Common Features of Religion10 marks
- Question 3.6The Variety of Religions8 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions14 marks
- Question 4.2The Variety of Religions8 marks
- Question 4.3Topical Issues in Society8 marks
- Question 4.4Topical Issues in Society4 marks
- Question 4.5Topical Issues in Society20 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society2 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.5Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.6Topical Issues in Society8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte woorde uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 'n Voorbeeld van 'n Hindoe-hervormingsbeweging is (Arya Samaj/
Maha Sabha/Rig Veda/joga). (2)
1.1.2 Die oudste vertakking van Boeddhisme is (Judaïsme/Theravada/
Aka/Mahayana). (2)
1.1.3 Die mondelinge komponent van die Tora word die (Talmoed/
Mashiach/Mitzvot/Genesis) genoem. (2)
1.1.4 Die stigter van die Baha'i-geloof was (Mahabharata/
Baha'u'llah/Abdu'l-Baha/Dalai Lama). (2)
1.1.5 Die heiligdom van Karbala is in (Irak/Iran/Indië/Israel). (2)
1.2 Verduidelik, in TWEE sinne, elk van die volgende begrippe in die konteks van
godsdiens:
1.2.1 Eenheid (4)
1.2.2 Fundamentalisme (4)
1.2.3 Uniekheid (4)
1.2.4 Vergelykbaarheid (4)
1.2.5 Reïnkarnasie (4)
1.3 Kies uit elke groep woorde hieronder die woord wat NIE pas NIE. Skryf slegs
die woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
VOORBEELD: piesang; appel; aartappel; druiwe
ANTWOORD: 1.3.6 aartappel
1.3.1 Charles Darwin; Shoghi Effendi; Copernicus; Kepler (2)
1.3.2 Ubuntu; voorvaders; verassing; Modimo (2)
1.3.3 Brahma; Vishnu; Nirvana; Shiva (2)
1.3.4 Abraham; Baha'u'llah; Moses; Jesus (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2012
NSS
1.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommer neer. Gee 'n rede indien die antwoord
ONWAAR is.
1.4.1 Sinkretisme is die wetenskap van die interpretasie van tekste. (4)
1.4.2 'n Sjamaan is 'n opperwese, die Skepper in Afrika Tradisionele
Godsdiens. (4)
1.4.3 Hindoeïsme bestaan uit die volgende skole: Saïvisme,
Vaïshnavisme, Vajrayana en Smartas. (4)
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Bespreek die uniekheid van:
2.1.1 Afrika Tradisionele Godsdiens (10)
2.1.2 Judaïsme (10)
2.2 Bespreek kortliks die interne verskille tussen die Shi'a- en Sunni-vertakkings
van Islam onder die volgende opskrifte:
. 2.2.1 Godsdienstige leringe (10)
2.2.2 Godsdienstige praktyke (10)
2.3 Bespreek die ooreenkomste tussen die volgende TWEE Oosterse
godsdienste:
Hindoeïsme en Boeddhisme (10)
[50]
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die verlore seun is 'n bekende Christelike gelykenis. 'n Seun wat gesondig
het kom terug huis toe en word jubelend deur sy gesin, veral sy pa,
verwelkom. Die les van hierdie gelykenis is dat Jesus bly is oor die terugkeer
(bekering) van 'n sondaar.
[Vertaal uit Shuters: Religion Studies, Grade 12, bl. 12–13]
3.1 Noem TWEE rolle wat gelykenisse in godsdiens speel. (4)
3.2 Noem 'n gelykenis (behalwe 'Die Verlore Seun') uit enige godsdiens en
verduidelik die betekenis daarvan. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2012
NSS
3.3 Noem VYF eienskappe van 'n godsdienstige doktrine. (10)
3.4 Verduidelik kortliks die begrip mites soos dit op godsdiens van toepassing is. (10)
3.5 Noem VYF eienskappe van enige EEN van die volgende sekulêre
wêreldbeskouings:
• Kommunisme
• Ateïsme
• Sekulêre humanisme
• Agnostisisme (10)
3.6 Noem VIER oortuigings wat deur die Abrahamitiese gelowe gedeel word. (8)
[50]
VRAAG 4
Lees die TWEE uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KONFLIK IN SUDAN SE DARFOER-STREEK
Die sneller vir die konflik in 1983 was die sentrale regering se poging om 'n regstelsel
in te stel in 'n gebied van die land wat nie Islamities was nie. Met ander woorde, jy kan
sê dat godsdiens deel van die probleem was.
[Aangepas uit Shuters: Religion Studies Grade 12, bl. 202.]
GRENSLYN VERDEEL SOEDAN
Indien die noord-suid-konflik nie gestop word nie, kan dit in 'n volskaalse oorlog
ontaard waarin daar geen wenners sal wees nie, skryf Terence McNamee.
Deur Soedan met 'n noord-suid-grenslyn te verdeel is daar gehoop dat baie van die
konflik wat tradisioneel noordelike burgers teen suidelike burgers te staan laat kom het,
sou ophou. Die Suide se ekonomie sou ook na verwagting uiteindelik uit die
agteruitgang van die afgelope jare kon kom.
Soedan en Suid-Soedan is vasgevang in verskeie toenemend ernstige botsings oor
olie, sekuriteit en grense wat dreig om in 'n volskaalse oorlog te ontvlam. Verlede week
het Juba (hoofstad van Suid-Soedan) Kartoem daarvan beskuldig dat hulle gebiede in
Bahr el Gazal, Unity en die Bo-Nyl-state gebombardeer het. Kartoem beskuldig Juba
daarvan dat hy die olievelde by Heglig in Soedan se Suidelike Kordofan-staat, wat in
April deur die Suid-Soedannese weermag beset is, vernietig het.
Konflik tussen verskillende etniese groepe oor toegang tot waterbronne en weiding vir
beeste vind al eeue lank plaas, maar net in die tweede helfte van 2011 is duisende
dood in gevegte in Suid-Soedan se Jonglei-staat. In een insident is 600 etniese Lou
Nuer deur vegters van die naburige Murle-gemeenskap vermoor.
[Aangepas uit The Times, 15 Mei 2012]
4.1 Daar is tot onlangs geargumenteer dat die konflik in Soedan 'n godsdienstige
oorlog is. Stem jy saam? Gee redes vir jou antwoord. (14)
4.2. Watter maatreëls het Suid-Afrika getref om godsdienstige harmonie aan te
moedig? (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2012
NSS
4.3 Veronderstel dat jou skool multigodsdienstig en veelrassig is. As voorsitter
van die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL), watter maatreëls sal
jy tref vir godsdienstige harmonie by jou skool? (8)
4.4 Onderskei tussen godsdienstige vryheid en godsdienstige verdraagsaamheid. (4)
4.5 Vir elk van die volgende godsdienste, bespreek kortliks die leringe wat
menseregte bevorder:
4.5.1 Boeddhisme (4)
4.5.2 Christelike geloof (4)
4.5.3 Islam (4)
4.5.4 Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
. [50]
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In verskeie onlangse studies oor godsdienstige dekking in die media is gevind dat
dekking oor die afgelope dekade baie toegeneem het. Die dekking was egter baie
negatief en het hoofsaaklik op die volgende gefokus:
• Die politieke elemente van godsdienstige idees en instellings. Hierdie aspek het die
meeste dekking ontvang.
• Ander kwessies soos die stryd van vroue en minderheidsgroepe
• Kwessies oor seksuele moraliteit
[Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al, bl. 220–221]
5.1 Dink jy die media gee regverdige dekking van godsdienstige sake? (2)
5.2 Gee redes vir jou antwoord op VRAAG 5.1. Sluit EEN voorbeeld in om jou
antwoord te ondersteun. (10)
5.3 Waarom, dink jy, het mediadekking van godsdienstige sake skerp in die
afgelope jare gestyg? (10)
5.4 Bespreek EEN voorbeeld uit die media wat na politieke elemente van
godsdiens verwys. (10)
5.5 Bespreek EEN voorbeeld uit die media wat na kwessies oor seksuele
moraliteit en godsdiens verwys. (10)
5.6 Bespreek EEN voorbeeld uit die media wat verwys na kwessies wat vroue (of
minderheidsgroepe) en godsdiens insluit. (8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2012 Memo (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper