Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
RELIGIESTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 



_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)

View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 596.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions6 marks
- Question 1.6The Variety of Religions4 marks
Show all 18 questions
- Question 2.1Common Features of Religion12 marks
- Question 2.2The Variety of Religions14 marks
- Question 2.3The Variety of Religions16 marks
- Question 2.4The Variety of Religions8 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society30 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society20 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions38 marks
- Question 4.2Common Features of Religion12 marks
- Question 5.1The Variety of Religions8 marks
- Question 5.2The Variety of Religions4 marks
- Question 5.3The Variety of Religions30 marks
- Question 5.4The Variety of Religions8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B – ʼn toestand van volmaakte geluk (1)
1.1.2 B – ʼn lering met absolute outoriteit (1)
1.1.3 B – Baha’u’llah (1)
1.1.4 B – die pad van die Heelal (1)
1.1.5 C – Die geloof en aanbidding van een god (1)
1.1.6 C – Hindoeïsme (1)
1.1.7 B – Iran (1)
1.1.8 A – ʼn Versameling van leringe van die Profeet Mohammed (1)
1.1.9 B – inheems (1)
1.1.10 A – die nagmaal (1)
1.2 1.2.1 reïnkarnasie (2)
1.2.2 joga (2)
1.2.3 universeel (2)
1.2.4 jang/yang (2)
1.2.5 Judaïsme, Afrika Tradisionele Godsdiens, Hindoeïsme (Enige EEN) (2)
1.3 1.3.1 Onwaar. Voorvaders word in Afrika Tradisionele Godsdiens vereer. (2)
1.3.2 Waar (2)
1.3.3 Onwaar. Kosjer is wat toelaatbaar is om in Judaïsme te eet. (2)
1.3.4 Onwaar. Hindoeïsme het ʼn kastestelsel. Islam het nie. (2)
1.3.5 Onwaar. Dharma is die weg van hoër waarhede van die
Boeddhistiese godsdiens. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIE STUDIES V1 3
1.4 1.4.1 D – Politeïsme (2)
1.4.2 E – Taoïsme (2)
1.4.3 A – Tripitaka (2)
1.4.4 B – Voorvaders (2)
1.4.5 C – Kruistogte (2)
1.5 1.5.1 Vergelykbaarheid (2)
• Dit verwys na ʼn vergelyking wat gemaak kan word tussen
godsdienstige groepe of godsdienstige instellings (bv.
denominasies).
• Dit beteken nie dinge is dieselfde nie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
1.5.2 Eendersheid
• Om eenders te wees.
• Om soos ʼn ander godsdiens te wees.
• Twee of meer dinge kan dieselfde wees.
• Dieselfde tipe, met dieselfde natuur, met dieselfde vorm.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.5.3 Identiteit
• Identiteit beteken individualiteit.
• Dit beteken die godsdiens het individualiteit of ʼn sekere
persoonlikheid.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.6 Karma
• Karma is die oortuiging dat elke aksie ʼn gevolg (resultaat) het, wat of goed
of sleg kan wees.
• Hierdie gevolg sal óf in hierdie lewe óf in toekomstige lewe ervaar word.
• So, ʼn persoon se huidige lewe is dus die resultaat van wat in hul vorige
lewe gebeur het.
Ubuntu
• Ubuntu is ʼn Afrika woord wat respek beteken.
• Ubuntu beteken om na die welstand van ander om te sien.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Oortuigings/Geloof
• Dit verwys na wat aanhangers beweer waar is.
• Dit vorm die fondasie wat mense saam bring vir ʼn gemeenskaplike
doel en help om ʼn gedeelde identiteit te skep.
• Geloof beteken ʼn ferm oortuiging, byvoorbeeld volgens die Joodse
geloof is daar slegs een God, naamlik YAHWEH.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.2 Mites
• Bevat soms historiese of metaforiese materiaal.
• Die woord mite kom van die Griekse woord ‘mythos’ wat woord of
fabel beteken.
• Mites openbaar die dieper waarhede oor die skepping, lewe en die
dood.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.3 Allegorie
• Allegorie is baie soos ʼn gelykenis.
• Dit is ʼn storie wat vertel word om ʼn beginsel te illustreer.
• ʼn Allegorie kan baie langer as ʼn gelykenis wees.
• Dit is nie beperk tot die maak van net een enkele punt nie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.2 2.2.1 Onderskei tussen straf en beloning in Afrika Tradisionele
Godsdiens.
• Die geloof in voorvaders wys dat die siel onsterflik is en dat daar
lewe na die dood is.
• Lewe na die dood hou nie straf of beloning in nie.
• Dit, word geglo, vind plaas terwyl mense lewe.
• Goeie dade word in hierdie lewe beloon deur die voorvaders, wie die
mondstukke van die skepper is.
• Om die harmonie te versteur deur disrespek, om bose dinge aan
God se skepping te doen, of om nie jou verantwoordelikheid na te
kom nie, word gesien as verkeerd.
• Ongeluk en siekte is die resultaat van straf deur die voorvaders.
• ʼn Ritueel om die voorvaders gelukkig te maak, moet dan gedoen
word.
• Oortreders doen hul belydenis in die openbaar en vra om vergifnis.
• Die oortreders word vergewe en genees vir wat hulle gedoen het.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIE STUDIES V1 5
2.2.2 Beskryf DRIE faktore wat die godsdienstige identiteit van
mense vorm.
• Die godsdienstige identiteit van ʼn persoon word deur sekere
rituele gevorm.
• Godsdienstige identiteit word ook deur godsdienstige simbole
gevorm.
• Kleredrag vorm ook godsdienstige identiteit.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6)
2.3 Noem enige TWEE unieke kenmerke van elk van die volgende
godsdienste:
2.3.1 Afrika Tradisionele Godsdiens
• ATG het nie ʼn heilige boek nie.
• Leringe en rituele word van een generasie na ʼn ander generasie
deur die gesproke woord oorgedra.
• Daar is geen spesiale dag van aanbidding nie.
• Kommunikasie met die voorvaders deur die offer van diere is ʼn
uniek kenmerk van Afrika Tradisionele Godsdiens.
• Die voorvaders het die mag om siekte en ongeluk, geluk en
gesondheid te gee.
• Wanneer mense sterf, word daar geglo dat hulle by die geestes-
wêreld aansluit.
• Die deel van ʼn gemeenskaplike maaltyd sodat die lewendes met
die voorvaders kan kommunikeer, is baie belangrik.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.3.2 Judaïsme
• Jode glo dat hulle ʼn verbond met God het.
• God word gesien as ʼn Vaderfiguur, wie beide hulle Skepper en
Beskermer is.
• God is heilig en hulle word verbied om selfs Sy naam te noem.
• Hulle lê meer klem op die korrekte manier van lewe, as in geloof.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.3.3 Islam
• Moslems glo dat daar slegs een God is, en dat sy naam Allah
is.
• Hulle glo dat Allah verskeie profete gestuur het, maar dat die
finale boodskapper die Profeet Mohammed is.
• Hul primêre bronne is die Koran en die Hadith.
• Hulle glo in die finale oordeel wanneer die mensdom geoordeel
gaan word.
• Hulle glo dat die Koran in Arabies geopenbaar is.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.3.4 Christendom
• Christene glo in die Here Jesus Christus as die Seun van die
lewende God.
• Hulle glo dat God sy Seun gestuur het om te sterf vir die sonde
van die wêreld.
• Hulle glo dat God die menslike vorm van Jesus Christus
aangeneem het.
• Christene glo in die Drie-Eenheid – die Vader, die Seun en die
Heilige Gees.
• Christene glo dat Jesus die enigste weg na God is.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.4 Algemene kenmerke wat tussen Hindoeïsme en Boeddhisme bestaan.
• Beide glo in reïnkarnasie (‘samsara’)
• Beide het heilige boeke
• Beide neem deel aan rituele
• Aanhangers vier spesiale heilige dae
• Beide het in Indië ontstaan
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIE STUDIES V1 7
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Verduidelik kortliks die konsep godsdiensvryheid.
• Godsdiensvryheid beteken dat alle mense vry moet wees om hul
godsdienstige oortuigings uit te oefen.
• Die konsep godsdiensvryheid beteken dat mense kan nie
geforseer word om na ʼn ander godsdiens oor te gaan nie.
• Godsdienstige vryheid impliseer dat almal oral die vryheid van
keuse het oor wat hulle wil glo oor God.
• In Suid-Afrika, geniet mense godsdiensvryheid en die Konstitusie
verbied onregverdige diskriminasie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
3.1.2 Definieer die konsep godsdienstige verdraagsaamheid.
• Godsdienstige verdraagsaamheid beteken om godsdienstige
oortuigings en praktyke anders as jou eie, te verstaan en te
respekteer.
• Die gewilligheid om opinies en gedrag waarvan jy nie hou nie of
mee saam stem nie, te verdra.
• Godsdienstige verdraagsaamheid is waar mense ander toelaat
om godsdienste en oortuigings wat anders is te beoefen.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6)
3.1.3 Dink jy godsdiensvryheid is voor 1994 in Suid-Afrika beskerm.
Gee redes vir jou antwoord.
• Godsdiensvryheid was nie tydens apartheid beskerm nie.
• Tydens apartheid was slegs Christendom as ʼn staatsgodsdiens
erken.
• Christendom was die dominante godsdiens.
• Christelike Nasionale Onderwys was die staat se
onderwysbeleid.
• Bybelkunde, op hoërskole en Bybelonderrig, in laerskole, was
aangebied.
• Daar was geen godsdiensvryheid op die wetboeke nie.
• In demokratiese Suid-Afrika word alle godsdienste gelyke status
gegee.
LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word. (10)
3.1.4 Noem die menseregteskendings in Palestina.
• Die onwettige moorde op Palestyne in Israel en die besette
gebiede.
• Beperkings op Palestyne in Jerusalem.
• Beperkings in terme van privaatheid.
• Beperkings in die familie en huis.
• Aansienlike inmenging met die vryheid om vreedsaam te
vergader en in vryheid van assosiasie.
• Dreigemente van geweldpleging teen Palestyne.
• Daar is rassediskriminasie.
• Daar is geen arbeidsregte nie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.2 3.2.1 Bespreek EEN voorbeeld van hoe die gebruik van sosiale media
tot inter-godsdienstige konflik kan lei.
• In 2012 is ʼn kort film met die naam “Innocence of Muslims” op
YouTube vrygestel.
• Dit was ʼn aanval op die karakter van die Profeet Mohammed.
• Dit het tot gewelddadige betogings in baie Moslemlande gelei.
• Aanvanklik is berig dat die film deur Jode in die VSA gemaak en
befonds is.
• Later is uitgevind dat dit deur ʼn Koptiese Christen wat in die VSA
woon, gemaak is.
• Dit is deur ʼn Christelike maatskappy met die naam, ‘Media for
Christ’ befonds.
• Hierdie film het tot verhoogde spanning tussen Christene en
Moslems gelei.
• Media moet sensitief, onpartydig en objektief bly.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6)
3.2.2 Noem VIER strategieë om die misbruik van sosiale media te
verhoed.
• Sosiale media maatskappye moet geen verdraagsaamheidbeleid
het rakende godsdienstige beledigings nie.
• Daar moet ernstige sanksies teen rekeninghouers wees wat die
media misbruik (d.w.s. hierdie rekeninge moet aan die relevante
owerhede oorgegee word en rekeninge moet gevries word).
• Godsdienstige organisasies moet vennootskappe met sosiale
media maatskappye vorm en plasings wat beledigende kan wees
monitor.
• Anonieme plasings wat enige godsdiens beledig moet verwyder
word.
LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word. (8)
3.2.3 Noem DRIE strategieë wat die media gebruik om ons opinies te
beïnvloed.
• Uitgewers/Redakteurs besluit alleen watter gebeurtenisse
nuuswaardig is.
• Hulle besluit ook hoeveel belangrikheid ʼn gebeurtenis gegee
word.
• Die media probeer om nie hul borge/adverteerders te beledig nie,
omdat dit hul winste kan laat daal.
• Die media gebruik sensasie omdat dit verkope aanmoedig.
• Dus geniet kontroversiële sake meer aandag as suksesvolle
gebeure.
• Groot mediamaatskappye besit verskeie media-afsetpunte. Al die
afsetpunte sal dieselfde opinie weergee.
• Vir die niksvermoedende leser lyk dit asof verskillende redakteurs
almal oor ʼn saak saam stem, terwyl dit in werklikheid slegs die
opinie van een mediahuis is.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIE STUDIES V1 9
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Noem enige land in Afrika waar daar moontlike gewelddadige
godsdienstige konflik voorkom.
• Soedan
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
4.1.2 Verduidelik die redes waarom die Afrika-unie ontstaan het.
• Dit het ontstaan om Afrika se demokrasie te help verseker.
• Dit het ontstaan om menseregte te vestig.
• Hul doel is die ontwikkeling van ʼn volhoubare ekonomie.
• Dit was gestig om ʼn einde aan intra-Afrika konflik te beëindig.
• Die Afrika-unie wou ʼn effektiewe gemeenskaplike mark skep.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet aanvaar word. (10)
4.1.3 Wat is die redes vir die konflik in VRAAG 4.1.1?
• Die verskuiwingslyne in die Darfur-samelewing kan tot meer as ʼn
100 jaar gelede nagespoor word.
• Die meningsverskille in hierdie land is etnies/stamverband en
kultureel.
• Dit kom voor asof godsdiens nie die hoofbron van konflik is nie.
• Die meeste mense is Soenni-Moslems, soos ook in die regering in
Kartoem.
• Daar is ook Christene en animiste.
• Nomade en boere het vir baie eeue ʼn poging aangewend om saam
met mekaar te leef, maar toe kos skaars geword het, het
mededinging om skaars hulpbronne konflik veroorsaak.
• Die Soedanse regering wou Sjaria-wette in die land afdwing.
• Die konflik was ook ekonomies.
• Die regering wou beheer hê oor die ryk Heglig-olievelde.
• Selfs na Suid-Soedan in 2011 onafhanklikheid van Kartoem bekom
het, het die gewapende konflik steeds in die streek voortgedeur.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet aanvaar word. (8)
4.1.4 Analiseer krities die rol van godsdiens in die konflik.
• Godsdiens speel ʼn baie klein rolletjie in die konflik, daarom is dit nie
ʼn godsdienstige konflik nie.
• Geen poging was deur een godsdiens aangewend om die ander te
bekeer nie.
• Die afdwing van Sjaria-wette is dus nie die oorsaak van die konflik
nie.
• Die burgeroorlog in die land het sover as 1955 begin.
• Daar is talle verdelings (ekonomies, kultureel en stam), wat selfs na
die stigting van Suid-Soedan voortdeur.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet aanvaar word. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.1.5 Wat kan godsdienstige organisasies doen om politieke vrede te
bring?
• Godsdienstige hulp-organisasies is belangrik in die voorsiening
van praktiese ondersteuning in die konflik-gebiede.
• Daar is godsdienstige organisasies soos die ‘Islamic Relief
Agency’, en die “Catholic Agency for Overseas Development”.
• Die voorsiening van boumateriaal en mediese hulp.
• Godsdiens organisasies voorsien ook kos.
• Hulle lei plaaslike gemeenskappe oor lewensvaardighede op, wat
mense help om die uitdagings van gewelddadige konflik die hoof
te bied.
• Terwyl godsdiens organisasies teen konflik is, is hulle magteloos
om dit te stop.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
4.2 Verduidelik die volgende terme in die konteks van godsdiens.
4.2.1 Ideologie
• Het te doen met die oorkoepelende wêreldbeskouings wat
betekenis vorm en algehele bestaanspatrone.
• Dit word afgedwing deur die dominante groepe wat mag het.
• Dit is ʼn stel beginsels oor hoe ʼn gemeenskap georden moet word.
• Ideologieë word altyd beveg.
• Daarom dat daar so baie ideologieë in die wêreld is.
• Dit is die breedste kategorie om te beskryf wat aanhangers van ʼn
godsdiens glo.
• Voorbeelde hiervan is kommunisme en Marxisme.
LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word. (4)
4.2.2 Doktrine/Leerstellings
• Dit verwys meer na die rol van intellektueles in godsdienstige
gemeenskappe wie godsdienstige oortuigings organiseer in
samehorige filosofiese patrone.
• Is ʼn stel godsdienstige leringe/beginsels of oortuigings.
• Daar is altyd argumentering en onderhandeling want doktrines
word saamgestel in verhouding tot filosofiese wêreldbeskouings.
• Doktrines word gewoonlik betwis in verhouding tot die Griekse
filosofieë van die tyd.
• Die doktrine van Christus se wese as beide God en mens het
ontwikkel in verhouding tot die Griekse begrip van natuur en wese.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIE STUDIES V1 11
4.2.3 Gelykenis
• ʼn Gelykenis is ʼn storie wat ʼn dieper betekenis het as die eenvoudige
kant wat vertel word.
• Dit is ʼn storie wat ʼn morele punt demonstreer.
• Gelykenisse is binne die kulturele en sosiale omgewing van die
mense wat dit vertel.
• Gelykenisse word maklik van een persoon na ʼn ander oorgedra.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
[50]
VRAAG 5
5.1 Verduidelik die volgende konsepte in die konteks van religie:
5.1.1 Sinkretisme
• Twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer word om ʼn nuwe
een te vorm.
• Die praktyke, gelowe en denkpatrone van verskillende tradisies
word geakkommodeer en aangepas, of selfs gemeng.
• ʼn Voorbeeld is Sikhisme, wat ʼn kombinasie van Islam en
Hindoeïsme is.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
5.1.2 Pluralisme
• Pluralisme is die geloof dat alle godsdienste paaie na die waarheid
is.
• Alle godsdienste is ten volle waar.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
5.1.3 Inklusivisme
• Volgens hierdie siening, glo aanhangers dat ander godsdienste
goed is, maar die volle waarheid kan slegs in sy of haar godsdiens
gevind word.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
5.1.4 Eksklusivisme
• Volgens hierdie siening, glo aanhangers dat slegs hul siening oor
goddelikheid waar is.
• Ander godsdienste is vals.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
5.1.5 Onderskei tussen inter-religieuse en intra-religieuse konflik.
• Inter-religieuse konflik vind plaas wanneer twee godsdienste in
konflik is, byvoorbeeld Islam en Christendom.
• Intra-religieuse konflik is wanneer twee groepe binne dieselfde
godsdiens in konflik is, byvoorbeeld Katolieke en Protestantse
(Christen), of Soenni en Shia (Moslem)
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
5.2 5.2.1 Bespreek die ontwikkeling van Afrika-geïnisieerde kerke in Suid-
Afrika.
• Afrikane was nie gelukkig om aan Europese-beheerde kerke te
behoort nie.
• Swart (Afrikane) kerkleiers en predikers wou hul eie kerke het
wat geheel en al deur Swart (Afrikane) beheer.
• Vanaf ongeveer die einde van die 19de eeu, het Swart kerke
begin ontstaan.
• Dit was georganiseer en deur swartmense gelei.
• Dit is waarom dit Afrika Onafhanklike Kerke (AOK) genoem was.
• Hul oortuigings en strukture was baie soos die wit sendingkerke.
• Hul invloed het baie te doen gehad met die ontwikkeling van
verskillende kerke soos die Sioniste en Apostoliese kerke.
• Hulle het op geestelike en fisiese genesing gekonsentreer en het
aspekte van Afrika Tradisionele Godsdienste se oortuigings en
praktyke ingesluit.
• Tans is daar meer mense wat aan hierdie kerke behoort as
enige ander Christelike denominasie in SA.
• Die volgende is Sion Christelike Kerke, Bandla lama Nazareth,
Ethiopiese tipe kerke ander Afrika onafhanklike kerke.
• Hierdie kerke word soms Afrika Inheemse Kerke genoem.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
5.2.2 Verduidelik die gemeenskaplike oortuigings wat deur
Abrahamitiese godsdienste gedeel word.
• Hulle is glo in een God (monoteïsties).
• Hulle deel baie profete – Abraham, Isak, Moses, ensovoorts.
• Hulle glo in ʼn oordeelsdag.
• Hulle glo in lewe na die dood.
• Hulle glo in engele.
• Hulle glo in die bestaan van satan.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
5.2.3 Bespreek die konsep lering in die konteks van religie.
• Lering beteken om te leer.
• Dit beteken om inligting te gee.
• Dit beteken ook om kennis mee te deel om geloof in ʼn spesifieke
godsdiens te versterk.
• In godsdiens, beteken dit spesifiek om sistematiese inligting te
gee oor ʼn onderwerp of aspek van godsdiens.
• Lering is ʼn normatiewe verduideliking van iets.
• Lering speel verskillende rolle in verskillende godsdienste.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIE STUDIES V1 13
5.3 Bespreek die rol van intergeloof-samewerking ten opsigte van die
volgende.
5.3.1 HIV en Vigs
• Vigs pasiënte word versorg.
• Die HIV- en Vigs-hulplyn is met die samewerking van
verskillende godsdienste geskep.
• Die leiers van verskillende godsdienste neem betekenisvol
deel aan die sorg van HIV- en Vigs-pasiënte.
• Gebede word gedoen sonder diskriminasie teenoor enige HIV-
en Vigs-pasiënte.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
5.3.2 Anti-geslagsgebaseerde-geweld
• Godsdiensleiers moet opgelei word om hul volgelinge te leer
hoe om geslagsgebaseerde-geweld korrek te hanteer.
• Staan vir die skryf van wetgewing en die toepassing daarvan om
gemeenskapslede te beskerm.
• Skep multigodsdienstige sentrums waar mense hulp of regshulp
kan ontvang.
• Godsdiensleiers kan optogte reël na die parlement om teen
geslagsgebaseerde-geweld te protesteer.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper