Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 234.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions12 marks
- Question 1.6Common Features of Religion6 marks
Show all 21 questions
- Question 2.1Common Features of Religion12 marks
- Question 2.2The Variety of Religions16 marks
- Question 2.3Common Features of Religion8 marks
- Question 2.4The Variety of Religions6 marks
- Question 2.5Common Features of Religion8 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society40 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions30 marks
- Question 4.2Common Features of Religion10 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions10 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society22 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society8 marks
- Question 5.3Common Features of Religion8 marks
- Question 5.4Common Features of Religion8 marks
- Question 5.5Common Features of Religion4 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. Nov
1.1.1 Mondelinge tradisies van Profeet Mohammed is deur … saamgestel.
A Brahman
B Moses
C Ali
D Bukhari (1)
1.1.2 Iemand wat iets verstaan presies soos dit geskryf is sonder om vir
interpretasie oop te wees:
A Profeet
B Literalis/Letterkneg
C Ghoeroe
D Teoloog (1)
1.1.3 Alle godsdienste is paaie na die waarheid en hulle is ewe waar:
A Ideologie
B Inklusiwisme
C Pluralisme
D Sekularisme (1)
1.1.4 Daar is geen god in die kern van hulle oortuigings en leringe nie:
A Hindoeïsme
B Judaïsme
C Afrika Tradisionele Godsdiens
D Boeddhisme (1)
1.1.5 Die hoofkwartiere van die Bahá'i-geloof is in …
A Haifa, Israel.
B Kaïro, Egipte.
C Tel Aviv, Israel.
D Haifa, Egipte. (1)
1.1.6 Die amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk onder Keiser
Konstantyn:
A Judaïsme
B Sionisme
C Confucianisme
D Christendom (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.7 'n Regeringsvorm waar daar 'n baie sterk verhouding tussen een
spesifieke godsdiens en die regering is:
A Outokrasie
B Teokrasie
C Demokrasie
D Kolonialisme (1)
1.1.8 Die geloof dat die siel nooit doodgaan nie en vir baie leeftye in 'n
nuwe liggaam herbore word:
A Herstel/Restourasie
B Opstanding
C Reïnkarnasie
D Wedergebore (1)
1.1.9 Sjia-Islam glo dat ... Profeet Mohammad moes opvolg.
A Abu Bakr
B Arafat
C Ismael
D Ali (1)
1.1.10 Hierdie deel van die Bybel stem ooreen met die Tanag in Judaïsme:
A Die Nuwe Testament
B Die Pentateug
C Die Handelinge van die Apostels
D Die Ou Testament (1)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die godsdiens wat leer dat daar geen plan of doel met die skepping
is nie, is … (1)
1.2.2 Die eerste organisasie wat in Suid-Afrika gestig is om spesifiek
navorsing oor Afrika Tradisionele Godsdiens te doen, is … (1)
1.2.3 'n Persoon wat teen ortodokse godsdienstige gelowe is, is … (1)
1.2.4 Die geloof in baie gode staan as … bekend. (1)
1.2.5 Daar word na nie-Jode as … verwys. (1)
1.2.6 Die Tien Gebooie word met die Berg … geassosieer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. MOENIE 'n antwoord meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Die godsdiens wat leer dat daar A Tao Te Ching
lyding in die wêreld is as gevolg
van onvervulde menslike B Talmoed
begeertes
C dharma
1.3.2 Die Een bring die Twee voort, die
Twee bring die Drie voort D afkoms
1.3.3 Geloof in die bestaan van die E moksha
goddelike
F beswyming
1.3.4 Die term wat dui op geloof in 'n
orde in die hele bestaan G teïsme
1.3.5 Die geslagslyn van 'n voorvader na H Boeddhisme
'n persoon of 'n familie
1.3.6 'n Droomagtige toestand wanneer
mense oënskynlik nie van hulle
omgewing bewus is nie
(6 x 1) (6)
1.4 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede waarom die antwoord NIE pas NIE.
VOORBEELD: Rooi, Geel, Sirkel, Blou
ANTWOORD: Sirkel
REDE: Die ander drie is kleure.
1.4.1 Judaïsme, Islam, Afrika Tradisionele Godsdiens, Christendom (2)
1.4.2 Vedas, Bhagavad Gita, Punjab, Upanishads (2)
1.4.3 Intlabi, Isangoma, Injoli, Ilima (2)
1.4.4 Evolusie, Vleeswording/Inkarnasie, Opstanding, Redding (2)
1.4.5 Shaivisme, Vaishnavisme, Ketuvim, Shaktisme (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.
1.5.1 Nagmaal/Eucharistie verwys na samewerking en eenheid tussen die
verskillende Christelike denominasies/kerkverbande. (2)
1.5.2 Nirvana verwys daarna om na die lewe teruggebring te word. (2)
1.5.3 'n Imam is 'n priester van die Onafhanklike Afrika-kerk. (2)
1.5.4 Voedsel wat vir Jode toelaatbaar is om te eet, staan as 'haram'
bekend. (2)
1.5.5 Samsara is die ewige siklus van geboorte, dood en hergeboorte. (2)
1.5.6 Islamitiese heilige tekste is in Sanskrit geskryf. (2)
1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:
1.6.1 Geloofsbelydenis (2)
1.6.2 Talisman (2)
1.6.3 Padmasambhava (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 In die konteks van godsdiens, gee 'n kort verduideliking van ELK van die
volgende konsepte:
2.1.1 Eenheid (4)
2.1.2 Uniekheid (4)
2.1.3 Goddelikheid (4)
2.2 Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:
2.2.1 Boeddhisme (4)
2.2.2 Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
2.2.3 Bahá'i-geloof (4)
2.2.4 Taoïsme (4)
2.3 Verduidelik die verskille tussen leerstelling (doktrine) en dogma. (8)
2.4 Verduidelik in DRIE sinne die rol van voorvaders in Afrika Tradisionele
Godsdiens. (6)
2.5 Maak 'n lys van VIER ooreenkomste wat die drie Abrahamitiese godsdienste
deel. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'N 'GESEKSUALISEERDE' JESUS
Paasfeesplakkaat in Spanje, 2 Februarie 2024
Deur Nicole Acevedo
Omstredenheid het in Spanje en op sosiale media gevolg oor 'n plakkaat van
Jesus wat as gay voorgestel is. Die plakkaat is geskep as reklame vir
Paasweek-feesvieringe in die stad, Sevilla, in Spanje. Die kunstenaar,
Salustiano Garcia, het sy werk verdedig deur te sê dit is 'siek' om seksuele
diskriminasie in die beeld te sien, terwyl 'n konserwatiewe groep dit 'n
afwyking1 en 'n 'geseksualiseerde en onmanlike'2 Jesus genoem het.
Sosialemedia-gebruikers het óf die kunstenaar se kunssinnige visie verdedig
óf 'memes geskep' wat die spot gedryf het met die beeld.
Javier Navarro van die verregse Vox-party in Spanje het op die sosialemedia-
platform X gesê dat die plakkaat wou uittart en nie die missie van 'gelowige
deelname aan Sevilla se Heilige Week aanmoedig' nie. Pablo Hertfild Garcia-
Conde, president van die godsdienstige vryheidsorganisasie IPSE, bekend
vir sy ultrakonserwatiewe3 Katolieke standpunt, het op X gesê dat 'die
plakkaat aanstootlik is' en 'n afwyking is, en nie ooreenstem met wat Heilige
Week in Sevilla simboliseer nie.
'n Organisasie van Christelike prokureurs het 'n petisie van stapel gestuur wat
die verwydering van die plakkaat en die bedanking van Francisco Velez, die
president van die Raad van Broederskap ('Council of Brotherhood'), versoek
het. Laasgenoemde het die beroemde kunstenaar, Salustiano Garcia, opdrag
gegee om 'n skildery te skep wat die feesvieringe moes bevorder.
afwyking1: om af te wyk van wat normaal of korrek is
onmanlike2: 'n man met eienskappe en gedrag wat tradisioneel met vrouens
geassosieer word en as onvanpas vir mans beskou word
ultrakonserwatiewe3: uiters konserwatief in politieke en godsdienstige
geloofsoortuigings
[Aangepas uit www.nbenews.com, 2024]
3.1.1 Met verwysing na die artikel hierbo, wat het omstredenheid in
Spanje veroorsaak? (2)
3.1.2 '... dit is "siek" om seksuele diskriminasie in die beeld te sien.'
Wat is die betekenis van 'siek' in hierdie konteks? (2)
3.1.3 Wat het die Spaanse mense van die kunstenaars verwag met
betrekking tot die Paasweek? Skryf DRIE verwagtinge neer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.1.4 Die doel met die skep van die plakkaat was om reklame vir die
Heilige Week-feesvieringe te maak. Het die plakkaat in sy doel
geslaag? Ondersteun jou antwoord. (8)
3.1.5 In die lig van die omstrede plakkaat, watter opinies, dink jy, het die
Spaanse Christene van die kunstenaar, Salustiano Garcia, gehad? (8)
3.1.6 Gee DRIE redes waarom Salustiano Garcia besluit het om 'n
geseksualiseerde en onmanlike skildery van Jesus te maak. (6)
3.1.7 Verslaggewers moet voldoen aan die joernalistieke kernwaardes
van billikheid en verteenwoordiging van beide kante. Evalueer
Nicole Acevedo se verslaggewing. (8)
3.2 Bespreek VYF faktore wat die verslaggewing van godsdienstige kwessies in
die media beïnvloed. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4
4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GODSDIENSKONFLIK IN NIGERIË
Die meerderheid van Nigerië se bevolking van ongeveer 182 miljoen volg óf
Islam óf die Christelike godsdiens. Hierdie twee hoofgodsdienste het
geskiedkundig in vrede saam bestaan. Sedert onafhanklikheid het die land
egter onder baie etnies-godsdienstige konflikte deurgeloop. Onlangs het die
aantal dodelike aanvalle toegeneem as gevolg van die groei van
ekstremistiese groepe, soos Boko Haram en radikale Fulani-veewagters.
Godsdienstige konflik in Nigerië kan gedefinieer word as 'die stryd om
waardes en aansprake op skaars hulpbronne, status en mag met die doel om
hulle opponente te neutraliseer of uit te wis'. Die definisie weerspieël grootliks
die konflik tussen Moslems en Christene in Nigerië omdat die groepe om
politieke en ekonomiese mag, asook land- en waterbronne, meeding.
Sedert 2008 het Boko Haram 'n toenemende bedreiging vir nasionale
veiligheid geword. Boko Haram beoog om 'n Islamitiese staat in noordelike
Nigerië te vestig. Dit staan die verwestering van die land, wat dit met die
Christelike godsdiens verbind, teë. Islamitiese militante groepe voer terroriste-
aanvalle uit op godsdienstige en politieke groepe, asook burgerlikes. Die
slagoffers is beide Moslems en Christene. Daar is ongeveer 2,5 miljoen
ontheemde mense in die Tsjad-meer-kom ('Lake Chad Basin') en meer as
300 000 Nigeriese vlugtelinge as gevolg van hierdie konflik.
Nog 'n godsdienstige konflik in Nigerië is dié van die boer-veewagters.
Gewelddadige skermutselings tussen radikale Islamitiese Fulani-veewagters
en Christenboere is aan die toeneem om 'n verskeidenheid redes.
Klimaatsverandering is een faktor. Die Fulani is tradisioneel semi-nomadiese
veeboere in die noorde van die land. As gevolg van verwoestyning word hulle
egter suidwaarts gedwing op soek na water en weivelde. Christenboere, op
hulle beurt, is van mening dat die Fulani, wat dikwels wapens by hulle het, op
hulle land inbreuk maak.
'n Faksie van die Fulani is besig om soortgelyke terreurstrategieë as Boko
Haram te volg, wat insluit om Christenleiers, gemeenskappe en kerke te
teiken, asook om Christenboere van hulle land te verjaag. Hoewel Moslems
ook soms die slagoffers van radikale Fulani-aanvalle is, is die grootste
meerderheid van slagoffers Christene.
[Aangepas uit www.hart-uk.org]
4.1.1 Op watter kontinent is Nigerië geleë? (2)
4.1.2 Noem TWEE hoofgodsdienste wat by hierdie konflik betrokke is. (4)
4.1.3 Verduidelik kortliks die hoofoorsake van hierdie konflik. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.1.4 Met verwysing na die artikel, dink jy godsdiens is deel van hierdie
konflik? Gee VIER redes vir jou antwoord. (8)
4.1.5 Watter praktiese strategieë kan jy aan die mense van Nigerië
voorstel om hierdie konflik op te los? (10)
4.2 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek VYF
leringe daarvan wat vrede bevorder. (10)
4.3 Konflik tussen Moslems en Christene is meer algemeen in Afrika as op enige
ander kontinent. Gee VYF moontlike redes hiervoor. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5
5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MENSEREGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE
Die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte is in 1948
voorgelê en deur regerings vanoor die hele wêreld onderteken. Menseregte
word op die inherente waardigheid van die mens gebaseer. Die
Menseregteverklaring is vanuit 'n sekulêre oogpunt geskryf. Die argumente
daarvan word gebaseer op 'n teorie van natuurlike wette, wat menseregte uit
die idee van universele menslike waardigheid sien voortvloei.
Die basis van menseregte is in godsdienstige idees gesetel. Ons lees
byvoorbeeld in die Abrahamitiese godsdienste dat Adam 'na die beeld van
God geskape is' wat aan die mens 'n baie hoë waarde gee. In die Koran lees
ons: 'natuurlik ken ons waardigheid aan die seuns van die mens toe'. Elke
mens word daarom as heilig beskou.
Alle godsdienste dwing egter beperkings op hulle volgelinge af en hoewel
hulle leerstellings hoë status aan die mens toeken, dwing hulle ook
beperkings op mense af. Daarom word die konsep van verantwoordelikheid in
godsdienstige kringe bykans ewe veel as menseregte beklemtoon. Daar moet
op gewys word dat daar geen regte sonder verantwoordelikhede kan wees
nie. Die beklemtoning van regte word met die uitsluiting van
verantwoordelikhede gedoen.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn, et al.]
5.1.1 Verduidelik wat met menseregte bedoel word. (4)
5.1.2 Wat beteken die konsep godsdiensvryheid? (4)
5.1.3 Dink jy godsdienstige organisasies moet 'n rol in die herdenking
van Menseregtedag in Suid-Afrika speel? Motiveer jou antwoord. (6)
5.1.4 Regte en verantwoordelikhede kan nie geskei word nie.
Regverdig hierdie stelling. (8)
5.2 Bespreek kortliks die regte wat op die onderhouding van 'n persoon se
godsdienstige oortuigings betrekking het. (8)
5.3 Kies enige EEN godsdiens en bespreek TWEE van die leringe daarvan wat
op menseregte betrekking het. (8)
5.4 Gee VIER praktiese voorbeelde van hoe godsdienste menseregte bevorder. (8)
5.5 Onderskei tussen sedes en etiek. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper