NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Religion Studies P2 Nov 2024 MG Afr
Religion Studies · Grade 12 · November 2024 NSC MG · 2024. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC MG
- Paper
- 2
- Pages
- 15
- File size
- 322.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 • Xenofobie/Vreemdelingehaat is die vrees, haat en wantroue teenoor
vreemdelinge of buitelandse groepe.
• Rassisme is diskriminasie en vooroordeel teenoor mense wat op ras of
etnisiteit gebaseer is.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (4)
1.2 • Die xenofobiese of rassistiese mens kan vrees hê vir of ongemaklik voel
om met vreemdelinge of ander nasionaliteite/rasse te meng.
• Vermy seker geografiese areas/gebiede.
• Haat mense van sekere lande.
• Mense is geneig om te dink hulle groep/ras is voortreflik vergeleke met
andere.
• Vyandigheid teenoor mense van ander kulture/rasse.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (8)
1.3 • Vinnige globalisering: Globalisering het daartoe gelei dat nasionale
grense deursigtig ('transparent') geword het. Dit het tot toenemende
migrasie na sekere lande gelei.
• Kulturele faktore: Kultuur sluit in om mense volgens kleredrag, taal en
nasionalisme te identifiseer.
• Materiële of ekonomiese faktore: Mense word bang dat vreemdelinge
hulle werksgeleenthede sal afneem en hulle hulpbronne sal steel.
• Interaktiewe faktore: Inwoners voel nie veilig wanneer hulle met mense
van verskillende kulture in aanraking is nie.
• Mediastereotipering: Media het 'n groot invloed op mense se houdings.
As vreemdelinge in 'n negatiewe lig gestel word, neem xenofobiese
aanvalle toe.
• Gebrek aan opvoeding en diversiteit: Mense moet ingelig/opgevoed
word oor vreemde kulture.
• Rassisme: Dit is 'n breër vorm van diskriminasie wat tot xenofobie kan lei
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
(Slegs 4) (4 x 4) (16)
1.4 • Godsdienstige gemeenskappe moet voorligtingsessies in hulle
gemeenskappe reël.
• Preke moet rassisme en xenofobie aanspreek.
• Sondagskoolklasse kan gebruik word om rassisme en xenofobie aan te
spreek.
• Godsdienstige gemeenskappe moet 'n bewuswording skep van hoe
marginalisering, diskriminasie en onderdrukking 'n individu se gedagtes
kan beïnvloed.
• Hulle moet mense se ervarings verbreed deur kulturele toerisme te
bevorder.
• Blootstelling aan die wêreld daarbuite kan die simptome van xenofobie
verminder.
• Moedig mense aan om boeke te lees wat hulle kennis van verskillende
kulture kan verbeter. Dit sal die vrees vir die onbekende verminder.
• Reël 'n 'Kultuurdag' waar mense van verskillende kulture mekaar oor hulle
kulture kan leer.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.5 VOORBEELD 1: CHRISTENDOM
• Die Bybel leer dat alle mense na die beeld van God geskape is.
• Die Bybel dui nêrens aan dat een nasionaliteit of etniese groep meer
voortreflik as 'n ander een is nie.
• Volgens die Christelike leringe is daar geen verskil tussen die Jood en die
nie-Jood nie.
• In die hemel sal daar mense van 'elke nasie, van alle stamme en
mensegroepe en tale' wees. Openb. 7:9-12
• Die Ou Testament bevat instruksies om na buitelanders en vreemdelinge
om te sien. Lev 19:34
• Die Ou Testament leer dat God nie partydig is nie en Sy verlossingsplan is
vir alle mense. Ps146:8/Hand 10:34-35
• Die Nuwe Testament maak God se redding/verlossing van nie-Jode
kennelik duidelik. Jesus het gekom want 'God het die wêreld so liefgehad'.
Johannes 3:16/Gal 3:28
• Die Bybel leer ook dat die buitelander/vreemdeling, die
vaderlose/weeskind of die weduwee geen kwaad of geweld aangedoen
mag word nie. Deut. 10:19; 23:7
• Jesus Christus het met 'n Samaritaanse vrou gepraat, wat taboe was. Hy
het gewys dat die evangelie menslike grense oorskry.
VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
• Die leringe van Hindoeïsme beklemtoon die Dharma-praktyk waarvan die
kern neerkom op 'moenie aan ander doen wat jy nie vir jouself sou
toewens nie.'
• Hindoeïsme bevorder liefde en wedersydse respek vir alle mense.
• Dit leer dat die goddelike op gelyke wyse in almal teenwoordig is.
• Alle wesens word deur hierdie gedeelde goddelike teenwoordigheid
verbind.
• Hindoeïsme verbied vooroordeel en diskriminasie teen enigeen, selfs
mense van 'n ander ras of kultuur.
• Hindoes dink alle lewende skepsels is gelyk, dus betoon hulle hul respek.
Dit sluit in mense van verskillende rasse, godsdienste en kulture.
• 'Dana' en 'seva' is dienste wat heelwat Hindoes navolg. 'Dana' is om ander
te help deur middel van liefdadigheid ongeag ras of kultuur, en 'seva' is om
ander te dien sonder om iets terug te wil hê.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 GODDELIKE INSPIRASIE
• Dit verwys na die asem (krag en kennis) van 'n buitengewone wese wat in
'n persoon ingeasem is.
• Die buitengewone wese of krag kom in 'n gewone mens/persoon, neem
daardie persoon oor en inspireer hom/haar met goddelike kennis.
• Goddelike inspirasie is 'n betekenisvolle normatiewe bron in verskillende
godsdienste.
• Daar word geglo dat mense wat van aangesig tot aangesig met God of 'n
goddelike krag gestaan het, goddelike inspirasie het/gehad het.
• Die stigters van verskeie godsdienste is geïnspireer om die verskillende
godsdienste te vestig. Voorbeelde is Abraham, Moses, die Profeet
Mohammed en die Apostels.
HEDENDAAGSE INSPIRASIE
• Hedendaagse inspirasie beteken huidige inspirasie (vind in hierdie era
plaas).
• Godsdienstige leiers en ander gewone lede van godsdienste wat in hierdie
era/tydperk geïnspireer word, ervaar hedendaagse/kontemporêre
inspirasie.
• Hedendaagse inspirasie word as 'n riglyn vir die volgelinge van 'n
spesifieke godsdiens gebruik.
• Ons vind deesdae steeds mense wat geïnspireer word om boeke en
liedere te skryf. Hierdie individue verbind hulleself gewoonlik tot 'n
godsdienstige lewe en ervaar van tyd tot tyd inspirasie. (2 x 6) (12)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
'n Maksimum van AGT punte mag vir of goddelike of
kontemporêre/hedendaagse inspirasie toegeken word, in die geval waar
die kandidaat net een van die inspirasies bespreek het.
2.2 VOORBEELD 1: JUDAȈSME
• Soos in baie ander godsdienste, is die oorspronklike inspirasie hoofsaaklik
deur mondelingse tradisies versprei.
• Sulke mondelingse tradisies is vir honderde en selfs duisende jare getrou
oorgedra.
• Die primêre geskrif in Judaïsme staan kollektief as die Tanag bekend.
• Die Tanag is saamgestel uit die Tora, Nevi'im en Ketuvim.
• Die eerste groep primêre geskrifte het teen die 5e eeu VHE om kanonieke
status begin geniet.
• Die tweede groep primêre geskrifte het kanonieke status teen die 3e eeu
VAE verkry.
• Die derde groep van die primêre geskrifte is uiteindelik as deel van die
kanon in die laaste dekade van die 1e eeu AE aanvaar.
• Daar is op die corpus/liggaam van hierdie geskrifte deur die geleerdes
besluit, na noukeurige oorwegings van die geopenbaarde woord van God.
• Die Apokriewe is nie as goddelik geopenbaarde boeke ingesluit nie.
• Die kanon is daarna deur die Talmoed ondersteun.
• Die Talmoed is teen die einde van die 5e eeu AE voltooi.
• Op die derde vlak was verdere gedetailleerde rabbynse verduidelikings
van die Tora.
• Die belangrikste van hierdie rabbynse verduidelikings is neergeskryf
(Midrash).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VOORBEELD 2: HINDOEȈSME
• In Hindoeȉsme word die oorspronklike klank van die gesproke woord
absolute prioriteit toegeken.
• Die mondelingse en geskrewe tekste kan na inspirasie van 4 000 jaar
gelede teruggevoer word.
• Die oorspronklike inspirasie is vir eeue mondelings oorgedra, selfs
millenia, voor die koms van die neerskryf van wat gehoor is ('heard'
writings).
• Die aangehoorde geskrifte ('heard writings') word onderskei van
sekondêre, afgeleide en menslik-saamgestelde geskrifte, soos filosofiese
interpretasies.
• Die onderskeid is egter nie absoluut nie.
• Die samestelling, kommentare en interpretasie is later in die heilige
tradisie van die Vedas ingesluit.
• Die Brahmanas en Upanishads het later samestellings, kommentare en
interpretasies van die vroeëre versamelings geword.
• Met verloop van tyd was daar ontwikkeling van die oorspronklike na die
afgeleide, na die verskillende klassieke filosofiese skole.
• Voorbeelde van die klassieke filosofiese skole wat ontwikkel het, is Nyaya,
Vaishesika, Sankhya, Purva-Mimamsa, Yoga en Vedanta.
• Met die jare was daar meer innoverende en gesaghebbende
kommentators en her-vertolkers.
• Voorbeelde van die innoverende en gesaghebbende kommentators is
Shankara en Vivekananda.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
2.3 Grammatika en historiese konteks
• Dit beteken dat die geskrifte in die konteks van die tyd en omstandighede
waarin die teks geskryf is, verstaan moet word.
Duidelikste betekenis
• Die betekenis wat die duidelikste vir die leser is, moet oorweeg word.
Plan, doel en konteks
• Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet oorweeg word.
• 'n Uittreksel moet as deel van die geheel gesien word.
• Bv. Is die geskrewe teks in die vorm van poësie of prosa?
Betekenis van woorde
• Die betekenis van woorde verander dikwels met tyd en konteks.
• Die oorspronklike betekenis moet oorweeg word vir die korrekte
interpretasie.
Figuurlike taal
• Figuurlike taal word allerweë in heilige geskrifte gebruik.
• Dit moet as sodanig geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik
geïnterpreteer word nie.
• Figuurlike taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
beginsels vir korrekte interpretasie.
Ander heilige geskrifte
• Een heilige geskrif kan gebruik word om ander heilige tekste van dieselfde
godsdiens te interpreteer.
• Dit is die geval omdat daar konsekwentheid tussen die leringe van die
godsdiens en sy heilige geskrif is.
LET WEL: Punte moet vir enige DRIE hierbo toegeken word. (3 x 4) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.4 • Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in 1893
in Chicago plaasgevind.
• Die doel daarvan was om 'n globale dialoog van godsdienste te skep.
• Die Parlement is weer in 1993 in Chicago gehou om saam te werk aan
wêreldsake sowel as om 'n verklaring genaamd 'Op pad na Globale Etiek'.
• Die Parlement het in 1999 in Kaapstad die MIV- en Vigs-kwessies
beklemtoon.
• Die Parlement het in 2004 in Barcelona, Spanje, byeengekom en op
godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die uitskakeling van
eksterne skuld in ontwikkelende lande gefokus.
• Die fokus was in 2007 op die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte om
armoede uit te skakel.
• Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom en
inheemse versoening, volhoubaarheid en wêreldklimaatsverandering
aangespreek.
• Die Parlement het nog altyd gemeenskaplike sosiale uitdagings gekies
wat godsdienste aanmoedig om saam te werk. (14)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 VOORBEELD 1: ISLAM
• Soenni-Moslems
• Sjia-Moslems
VOORBEELD 2: CHRISTENDOM
• Rooms-Katolieke Kerk
• Oosters-Ortodokse Kerk
• Protestantisme (4)
3.1.2(a) VOORBEELD 1: ISLAM
SOENNI-MOSLEMS
• Soenni verwys daarna om die 'Sunnah' (voorbeeld) van die
Profeet Mohammed te volg.
• Die Hadith soos deur die metgeselle van die Profeet vertel, het
gelyke status as die wat deur sy familielede vertel is.
• Die Soenni-sekte glo dat al die leringe wat in die Boeke van
Hadith vervat is, ewe belangrik is.
• Soennis volg die leringe van die geleerdes van die 7e en 8ste
eeu.
SJIA-MOSLEMS
• Sjia beteken 'aanhanger' of afsonderlike party.
• Die Hadith, soos deur die metgeselle van die Profeet vertel, dra
minder gewig as die wat deur sy familielede vertel is.
• Die Sjia volg slegs die leringe en opinies van lewende
geleerdes.
• Hulle glo dat die laaste kalief van die Profeet se familie in 'n
grot versteek is en sal eendag as die leier herverskyn. Daar
word na hom as die 'Imam' verwys.
VOORBEELD 2: CHRISTENDOM
ROOMS-KATOLIEKE KERK
• Hierdie tak sien hulleself as die oorspronklike kerk van Christus.
• Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
• Hulle glo dat die Pous die hoogste aardse gesag van die
Rooms-Katolieke Kerk is.
• Hulle glo die Pous is onfeilbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
OOSTERS-ORTODOKSE KERK
• Volgens die Oosters-Ortodokse Kerk kom die Heilige Gees
slegs van God die Vader en nie die Seun nie.
• Hulle glo hulle is die kerk wat reg gelei word.
• Hulle leer dat niemand die mag het om Christelike leringe en
tradisies te verander nie.
• Hulle beskou die Bybel as kanoniek.
PROTESTANTISME
• In Protestantisme het die Bybel meer gesag as die Pous.
• Protestante leer dat rituele minder belangrik as geloof is.
• Hulle glo dat geloof die sleutel tot verlossing is.
• Verlossing is 'n gawe/geskenk wat gratis gegee is deur die werk
van Jesus Christus, wat vir sondaars gesterf het.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
'n Maksimum van SES punte kan vir elke tak toegeken word.
3.1.2(b) VOORBEELD 1: ISLAM
SOENNI-MOSLEMS
• Godsdienstige praktyke is streng in ooreenstemming met die
'Sunnah' van die profeet, soos in die Hadith uiteengesit.
• 'n 'Imam' is in Soenni-Islam gewoonweg 'n leier van 'n
gemeentelike gebed.
• In Soenni-Islam dui Imam nie op formele opleiding nie.
• Muttah (tydelike huwelik) word verbied.
SJIA-MOSLEMS
• Imams is nasate van die Profeet Mohammed, wie hulle glo, is
goddelik aangestel.
• Die heiligdom van Husein in Karbala is 'n belangrike
pelgrimstog vir die Sjia.
• Muttah (tydelike huwelik) word toegelaat.
• Hulle beoefen selfskending, bv. by die herdenking van die
Karbala-tragedie.
• Hulle word toegelaat om die vyf daaglikse gebede tot drie te
kombineer.
VOORBEELD 2: CHRISTENDOM
ROOMS-KATOLIEKE KERK
• Daar is gereelde bywoning van die Heilige Mis.
• Voorstelling is 'n sakrament en alle lede moet die opleiding
ondergaan voordat hulle voorgestel word.
• Daar is verering van die kruis.
• Van die volgelinge word verwag om hulle sondes teenoor 'n
priester te bely.
• Hulle priesters word ingewy.
• Nonne en monnike mag nie troue nie.
• Daar is geen ontbinding van 'n huwelik nie.
• Hulle beoefen die laaste rituele voor die dood van 'n persoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
OOSTERS-ORTODOKSE KERK
• Hulle druk vroomheid uit deur beelde van heiliges, genaamd
ikone, te soen.
• Hulle beskou die hele Bybel as kanoniek.
• Geordende/Ingewyde priesters mag trou.
• Hulle gebruik wierook tydens die Heilige Mis.
PROTESTANTISME
• Bywoning van Sondag-eredienste is belangrik in
Protestantisme.
• Heilige Nagmaal-eredienste word ook in vele vorme van
Protestantisme beoefen.
• Die spreek in tale is 'n eienskap van die Pinkster-
/Charismatiese kerke.
• Hulle het herlewingsveldtogte in tente om die verlorenes met
die evangelie te bereik.
• Genesingsdienste is ook algemeen.
• Liefdadigheid word as 'n uiterlike teken van innerlike genade
gesien en nie as 'n manier om 'jou pad na die hemel te koop' (12)
nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
'n Maksimum van SES punte kan vir elke tak toegeken word.
3.1.3 VOORBEELD 1: ISLAM
• Die Soenni-Sjia verdeling het na die dood van die Profeet
Mohammed in 632AE begin.
• 'n Debat oor wie die Profeet se opvolger sou wees, het gevolg.
• Die Soenni-groep het geglo dat Abu Bakr, die Profeet se
skoonpa, die opvolger of kalief moet wees.
• Die Sjia het geglo dat die Profeet se skoonseun, Ali ibn Talib,
die eerste kalief moes wees.
• Hoewel dit 'n politieke verskil was, het die meningsverskil oor
die interpretasie van sekere Hadith (leringe van die Profeet) en
wette toegeneem/verhewig.
• Meeste Soennis aanvaar die Hadith-versamelings van Imam
Bukhari.
• Die Sjia ag die Hadith soos vertel deur die familie van die
Profeet Mohammed (Ahl al Bayt) van meer belang.
VOORBEELD 2: CHRISTENDOM
• Na die kruisiging van Christus, was die kerk verenig maar daar
was twee subgroepe in die vroeë jare.
• Hierdie was die Oosterse (Konstantinopel) en die Westerse
(Rome) tradisies.
• Die twee subgroepe het in 1054 amptelik geskei.
• Die hoogste gesag van die Pous in Rome is deur
Konstantinopel uitgedaag.
• Die ander verskil was die status van die Heilige Gees in die
Drie-eenheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
• Die Rome-gebaseerde kerk is die Rooms-Katolieke Kerk
genoem.
• Na die oosterse tak is verwys as die Oosters-Ortodokse Kerk of
Grieks/Russiese Ortodokse Kerk.
• Die Rooms-Katolieke Kerk is in die 15e eeu deur die
hervormers of Protestante uitgedaag.
• Die grootste verskil was oor die hoogste gesag van die Pous en
die korrupsie van Katolieke ampsdraers.
• 'n Ander belangrike saak was die Katolieke praktyk van
boetedoening waardeur 'n persoon se sondes vergewe word (12)
deur 'n donasie aan die kerk te maak.
• Elk van die drie takke het verdere onderafdelings.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
3.2 VOORBEELD 1: TAOISM
NEE
• Volgens Taoïsme is mense verantwoordelik vir alle lyding.
• Hulle moet hulleself met die Tao vereenselwig om lyding te vermy.
• Mense is goed en volmaak om in harmonie met Tao, ander mense en met
hulleself te wees.
• Die mens moet ook buigsaam met betrekking tot die manier van die Tao
wees.
• Van die mens word verwag om hulle begeertes en planne aan te pas om
in lyn met die Tao te wees.
VOORBEELD 2: CHRISTENDOM
JA
• In die boek van Job is daar 'n storie oor 'n regverdige man wat erge lyding
as gevolg van Satan ervaar het.
• Jesus het die siek mense wat gely het as gevolg van bose geeste,
genees.
• Sekere Christen-kerke dryf bose geeste uit individue wat besete is.
• Omdat daar 'n oënskynlike toename in die invloed van die bose is, word
pastore tans na skole uitgenooi om geestelike ondersteuning te gee.
• Volgens Christelike leringe word die bose/kwaad en lyding deur die duiwel
veroorsaak. (10)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 • Sekularisme beteken 'n skeiding van magte tussen die staat en godsdiens.
• Martin Luther het in die 16e eeu sekere veranderinge in beweging gebring
wat tot die versplintering van die Christendom in Katolieke en Protestante
groepe gelei het.
• Dit het tot dekades van godsdienstige oorloë in Europa gelei.
• Daardie tyd was die Kerk baie invloedryk, beide polities en sosiaal.
• Konings, keisers en die adelstand het die kerk gebruik om hulle mag te
vestig.
• In ruil daarvoor het godsdienstige leiers heersers beïnvloed om hulle
interpretasie van geloofsoortuigings te bevorder.
• Godsdiens en politiek was verweef/ineengestrengel en oorloë het
voortgeduur.
• Mense het na 'n staat gesoek waar daar godsdienstige verdraagsaamheid
sou wees.
• Intellektuele van daardie tyd het tot die gevolgtrekking gekom dat godsdiens
verdeel eerder as verenig.
• 'n Regering wat suiwer op rede en 'n begrip van die menslike aard gebaseer
is, was dus die oplossing.
• Die Prins van Oranje was een van die eerste mense wat gepleit het vir 'n
skeiding tussen die kerk en die staat.
• Dus was die regering geskei van godsdiens en sekularisme het tot stand (12)
gekom.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
4.2 • Dit skep 'n kollektiewe sin van regverdigheid en mense sal dit bo godsdiens
kies.
• Daar is minder oordeel oor mense in die samelewing. Moraliteit is nie
afhanklik van godsdienstige waardes nie.
• In welvarende Westerse gemeenskappe is daar weinig behoefte aan gebed.
• Mense lei gemaklike lewens en het nie 'n god nodig nie.
• Godsdiens is die skuld gegee vir heelwat oorloë, veral in Europa, bv. die
Spaanse Inkwisisie en die Kruistogte. Dit het veroorsaak dat mense geloof in
godsdiens verloor het.
• Die Protestantse beweging het heelwat godsdienstige oorloë in Europa tot
gevolg gehad het met elke kerk en koning wat 'n spesifieke soort
Christelikheid op andere afgedwing het.
• Onaanvaarbare gedrag van godsdienstige leiers het tot ontnugtering onder
hulle volgelinge gelei, bv. kindermisbruik deur Katolieke priesters, misbruik
van die armes deur Hindoe-priesters.
• Die groeiende invloed van die wetenskap het ook die krag van godsdiens
verminder.
(12)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
4.3 • In 'n sekulêre staat is daar vrede want alle godsdienste word as gelyk erken.
• Daar is geen godsdiens wat amptelik deur die staat bevoordeel word nie.
• Dit bevorder godsdienstige vryheid.
• Sekularisme verwelkom verskeie waardestelsels en dit lei daartoe dat
godsdienstige verdraagsaamheid bevorder word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
• Met 'n sekulêre grondwet mag alle godsdienste op hulle eie manier
praktiseer en aanbid, maar hulle mag nie op die regte van andere inbreuk
maak nie.
• Alle godsdienste kan aan staatsfunksies, bv. die inhuldiging van die
president, deelneem. Dit toon godsdienstige verdraagsaamheid.
• Godsdiens kan nie bepalings t.o.v. die wette van 'n staat voorskryf nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word (14)
4.4 VOORBEELD 1:
• AGNOSTISISME
• Hierdie term is die eerste keer in 1869 deur die filosoof, TH Huxley, gebruik.
• Die woord 'agnostisisme' kom uit Grieks: 'a' beteken 'sonder' en 'gnosis'
beteken 'kennis'.
• Dit verwys na onsekerheid oor God-kennis.
• Agnostici glo dat dit onmoontlik is om die bestaan van 'n God/bonatuurlike
wese nog te bewys, nog te weerlê.
• Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe.
• Hulle argumenteer ook dat mense nie iets soos 'n goddelike krag kan
verstaan nie.
• Hulle verwerp godsdienstige leerstellings/doktrine, veral goedsdienste wat
daarop aanspraak maak dat hulle ingewikkelde kennis van die heilige het.
VOORBEELD 2:
• MATERIALISME
• As 'n sekulêre wêreldbeskouing, glo materialisme dat materie die enigste
realiteit is.
• Materialisme leer hulle volgelinge dat daar nie 'n bonatuurlike ryk is nie.
• Hierdie wêreldbeskouing is gekant teen die godsdienstige wêreldbeskouings
wat op die oortuigings, wat die bestaan van enige vorm van spirituele realiteit
bevestig, gebaseer is.
• Materialisme leer dat niks bestaan behalwe die natuur nie.
• Volgens materialisme word enige wese wat as bonatuurlik beskou word, as
'n skepping van die verbeelding gesien.
• Materialisme verbied sy volgelinge om hulleself aan enige geestelike
afhanklikheid te onderwerp.
• Nuwe terme is vanuit materialisme ontwikkel, naamlik, dialektiese
materialisme en historiese materialisme.
• In dialektiese materialisme word stof/materie as die fundamentele oorsaak
van alles beskou.
• Historiese materialisme: daar word na ekonomie en die verhoudings tussen
werkers en eienaars as die basiese struktuur in die gemeenskap verwys as
historiese materialisme.
• Hedendaagse fisici en neurowetenskaplikes bevraagteken egter die
materialistiese verduideliking van die realiteit.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 • Dit is nie bekend wat voor die Oerknal bestaan het nie.
• Die Oerknalteorie is die wetenskaplike verklaring van hoe die heelal tot
stand gekom het.
• Dit leer dat daar 'n geweldige ontploffing was waaruit die verskillende
planete gevorm is.
• Hierdie het uiteindelik in groepe/versamelings van materie/stof en energie
gevorm.
• Die groepe/versamelings het voortgegaan om op 'n klonterige manier te
kondenseer en die groot versameling van sterre, genaamd die
sterrestelsel, te vorm.
• Dit het sowat 13,7 miljard jaar gelede gebeur.
• Volgens die wetenskaplike teorie is die aarde sowat 4,5 miljard jaar
gelede gevorm.
• Geen god of opperwese word genoem nie.
VOORBEELD 1: CHRISTENDOM
• In die begin het slegs God bestaan.
• Die Skepper het daarna die heelal uit niks gemaak nie.
• God het die heelal in ses dae geskep en Hy het op die sewende dag
gerus.
• God het die volmaakte wêreld deur die krag van Sy Woord geskep.
• Hy hert die son en die maan as die reguleerders van tyd geskep.
• Christendom noem 'n Opperwese genaamd God as skepper.
VOORBEELD 2: HINDOEȈSME
• In Hindoeïsme bestaan die Skepper in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe
toestand.
• Die passiewe toestand is 'n stand van rus, as niks gebeur nie.
• Na 'n baie lang tyd word die Skepper weer aktief.
• Dit is wanneer 'n deel van die heelal verskillend word van ander dele en
die skepping begin.
• Vir Hindoes is die heelal self die Skepper.
• In Hindoeïsme is die Skepper nóg manlik nóg vroulik.
• Hindoes glo dat die Oerknalteorie 'n alternatiewe manier is om te
verduidelik hoe die heelal ontstaan het.
• Hindoes het geen probleem met die Oerknaltorie nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
'n Maksimum van SES punte mag vir of die Oerknal-teorie toegeken
word OF die godsdienstige verslag, indien die kandidaat net een van die
twee aangewys het. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.2 • Die wetenskaplike verduideliking word Darwin se evolusieteorie genoem.
• Die teorie stel voor dat alle lewe uit primitiewe vorme ontstaan het en
voortgaan om aan te pas en te ontwikkel.
• Dit voer aan dat mense ontwikkel het van 'n voorouer wat met ape gedeel
word.
Die teorie bestaan uit die volgende idees:
• Spesies bestaan uit 'n groot verskeidenheid met klein verskille.
• In die stryd om te oorleef, sal die aangepaste variasies begunstig word
terwyl dié wat nie fiks is nie, sal sukkel om te oorleef.
• Dit geld ook vir veranderinge in mense.
• In die stryd om oorlewing het die mens aangepas en geleidelik van ape na
menslike wesens verander.
• Die proses van verandering en aanpassing het oor 'n baie lang tydperk
gebeur.
• Wetenskap bied geen verduideliking van die skepping as deel van 'n
goddelike plan nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (14)
5.3 5.3.1 HINDOEȈSME
• Hindoes het geen beswaar teen die evolusieteorie nie.
• Hulle glo dat die heelal op evolusie gebaseer is.
• Hulle glo dat hulle 'n meer gevorderde evolusieteorie het as die
wetenskaplike een.
• Die wetenskaplike teorie is beperk.
• Dit fokus slegs op die fisiese perspektief van die skepping.
• Hindoes glo dat as mens 'n goeie lewe leef, sal dit ontwikkel
deur vele hergeboortes totdat mens fisies en geestelik
gevorderd is.
• Uiteindelik sal mens vryheid van fisiese dood behaal en een
met God wees.
• Hindoes glo dat daar 'n intelligente ontwerper agter alles is,
soos evolusie van die mensdom en die heelal. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.3.2 CHRISTENDOM
• In teenstelling hiermee is daar geen verband tussen die
tradisionele Christene en die evolusieteorie nie.
• Tradisionele Christene aanvaar slegs dat God Adam en Eva
geskape het, soos dit in die boek van Genesis vertel is.
• Hulle argument is dat daar geen bewyse is dat die mensdom uit
ape ontwikkel het nie.
• God het volmaakte menslike wesens geskep en hulle die gesag
gegee om oor die wêreld te heers en dit te bestuur.
• Daar is egter wel 'n verband tussen die evolusieteorie en
liberale/progressiewe Christene.
• Hulle argument is dat alles in die heelal deur God geskep is.
• Die evolusieproses is ook deel van die Goddelike Plan. (Hierna
word verwys as 'teïstiese evolusie'.)
• Progressiewe Christene aanvaar die idee van
begeleide/teïstiese evolusie en voeg by dat die skeppingsmite
as simbolies gesien moet word.
• Hulle gee toe dat sekere fases van die skepping evolusie
insluit, soos deur wetenskaplikes verduidelik.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Eng

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 MG Eng

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2023 Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2023 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Religion Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2023 Eng hlayiso.com

Question paper