Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
RELIGIESTUDIES V2
NASIENRIGLYN
PUNT: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 400.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society10 marks
- Question 1.2Common Features of Religion16 marks
- Question 1.3Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.4Common Features of Religion12 marks
- Question 2.1Common Features of Religion30 marks
- Question 2.2Common Features of Religion20 marks
Show all 13 questions
- Question 3.1Research Into and Across Religions26 marks
- Question 3.2Research Into and Across Religions24 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions30 marks
- Question 4.2Examinable Prior Grade Content10 marks
- Question 4.3Examinable Prior Grade Content10 marks
- Question 5.1Common Features of Religion20 marks
- Question 5.2The Variety of Religions30 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 1
1.1 Oorsake van tienerswangerskap
Gebrek aan ouerlike toesig
Seksuele mishandeling deur familielede
Onduidelike onderrig oor menstruasie en swangerskap
Verseker finansiële ondersteuning
Negatiewe houding van gesondheidswerkers
Onbeskermde seks
Vroeë seksuele debuut (53% van seuns en dogters begin op 16-jarige
ouderdom)
ʼn Groot ouderdomsverskil tussen meisies en hul metgeselle
Gedwonge seks deur metgeselle
Verkragting deur vriende of vreemdelinge
Hiërargiese sosiale mag tussen seuns en dogters
Onvoldoende kennis en inligtingsvlakke oor konsepsie / swangerskap en
voorbehoedmiddels
Begeerte na materiële dinge soos selfoon, pruike, lugtyd, klere, ens.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (10)
1.2 Religieuse onderrig oor tienerswangerskap
Voorbeeld 1: ATR
Ubuntu-filosofie ontmoedig seksuele mishandeling, veral van tieners.
Seks voor die huwelik word nie toegelaat nie.
Daar word tradisionele dissiplinêre verhore oor tienerswangerskap gehou.
Tienerswangerskap is strafbaar deur met ’n aantal diere (beeste te betaal).
Die beginsel van ‘my kind is jou kind en jou kind is my kind’, impliseer dat
die hele dorp na al die kinders moet omsien.
Daar word van kinders verwag om grootmense te respekteer; nie net hul
biologiese ouers nie.
Daar word van ouers verwag om goed vir hul kinders te sorg.
Rituele soos ‘Itonjane’ leer en berei tienermeisies voor oor vrugbaarheid en
vroulikheid in die algemeen.
Inisiasieskole vir seuns leer seuns verantwoordelikheid van manlikheid.
Elke gesin het ’n hoogs gerespekteerde ouderling (intlabi) wat toesig hou
oor gesinsaangeleenthede.
Grootouers help die ouers om na hul kinders om te sien.
Die ouderlinge in die gesin is die bewaarders van gemeenskapswaardes en
gebruike.
ATR is ’n stam-gebaseerde religie, waar daar geen weeskinders of
onwettige kinders mag wees nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 3
Voorbeeld 2: Christendom
Die tien gebooie is die basis van die Christelike lewenstyl.
Ouers is verplig om hul kinders oor goddelike lewenswyses op te voed.
Kinders het ʼn verantwoordelikheid om hul ouers te eer
Ouers het ’n verantwoordelikheid ten opsigte van groei en ontwikkeling van
hul kinders.
Die Bybel beveel ouers om nie hul kinders uit te lok nie.
Die grootste gebod is ‘wees lief vir jou naaaste soos jy jouself lief het.’
Hierdie gebod beklemtoon die belangrikheid van die bou van ‘n gemeenskap
wat omgee.
Voorhuwelikse seks is verbode.
Seksuele mishandeling is verbode.
Die menslike liggaam is die tempel van die Heilige Gees.
Waardes van liefde, sorg, empatie, respek, vertroue word onderhou.
Christendom bevorder beter liggaamlike gesondheid.
Self-dissipline en selfbeheersing word aangemoedig.
Lus is verbode.
Kyk na pornografie is verbode.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word ) (16)
1.3 Dink jy religieuse organisasie kan hierdie sosiale probleem verminder?
Motiveer jou antwoord.
JA
Werkswinkels word deur religieuse organisasies gehou om
tienerswangerskappe aan te spreek.
Love Life is ’n NWO wat deur religieuse organisasies ondersteun word om
bewusmakingsveldtogte oor tienerswangerskappe te skep bevorder.
Tienerswangerskappe is deel van die jeugprogramme wat deur meeste van
die religieuse organisasies gebruik word.
Mense met gespesialiseerde vaardighede soos onderwysers, verpleegsters
en dokters word gebruik om die jeug toe te spreek.
Maatskaplike werkers doen vrywillige werk in hul verskeie religieuse
organisasies.
Sommige lede van die verskillende religieuse organisasies wys wel tekens
van karakterverbetering.
Die aantal tieners wat nie met tienerswangerskappe saamstem nie, neem
toe.
NEE
Die impak is nie in die samelewing sigbaar nie.
Die getal tienerswangerskappe in skole is steeds relatief hoog.
Tieners gaan voort met onverskillige seks.
Die ‘Sugar-Daddy’ konsep is steeds gewild in gemeenskappe.
Sekulee-oordraagbare infeksies word steeds in plaaslike klinieke aangemeld.
Daar is geen ooreenstemming tussen religieuse organisasies met
betrekking tot die gebruik van kondome en voorbehoedmiddels nie.
Daar is steeds onenigheid tussen die regering en religieuse organisasies
oor Seksopvoeding in laerskole.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.4 Hermeneutiese beginsels
Grammatika en historiese konteks: Dit beteken dat grammatikareëls en
historiese feite gebruik moet word om die letterlike betekenis van heilige
tekste/geskrifte te vertolk/ interpreteer.
Plan, doel en konteks: ’n Skriftelike stuk werk moet as ʼn geheel bestudeer
word. Wat is die skryfplan of struktuur? Wat was die skrywer se doel met
die skryf van die teks? Wat is die konteks van die gedeelte wat bestudeer
word?
Betekenis van die woorde: Woordbetekenis verander met tyd en in
verskillende plekke. Vind die oorspronklike betekenis van die woorde uit,
soos dit in die normatiewe bron gebruik is.
Figuurlike betekenis: Figuurlike en nie-letterlike betekenis moet in ag
geneem word.
Ander heilige tekste: Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige
tekste te vertolk/interpreteer. (12)
[50]
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Die aard van menslikheid, met verwysing na die gemeenskap en
individu
Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
Nadat Adam en Eva geskape is, het God hulle opdrag gegee om na
die tuin van Eden en die hele skepping om te sien.
As medeskeppers saam met God, is die mens God se
verteenwoordigers op aarde.
God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien.
Christene glo dat die mens geskep is om onsterflik te wees.
Adam en Eva het egter God se opdragte verontagsaam.
Die straf vir hulle sonde was die dood van die mensdom.
Selfs na veroordeling, het God steeds probeer om die mensdom van
die bose en die dood te bevry.
Christene verwag ’n nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk
sal wees deur liefde. (10)
2.1.2 Die aard van die lewe na die dood
Christene glo dat die mens geskep is om onsterflik te wees.
Adam en Eva het egter God se opdrag verontagsaam.
Die straf vir hulle sonde was die dood van die mensdom.
Selfs na hierdie veroordeling, het God steeds probeer om die
mensdom van die bosse en die dood te bevry.
Christene verwag ʼn nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk
word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 5
2.1.3 Die aard van godheid
God is die Skepper van die heelal.
God is almagtig wat beteken dat Hy kragtig is.
God is gees.
God is omgee en liefde.
God word verstaan as die Heilige Drie-Eenheid wat na God die
Vader, God die Seun en God die Heilige Gees verwys.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (10)
2.2 2.2.1 Mondelinge tradisie
In alle religieë is mondelinge tradisie ʼn doeltreffende manier om die
oorspronklike boodskap van een generasie na die volgende
mondelings oor te dra.
Party religieë lê meer klem op mondelinge tradisie as op hul Heilige
tekste.
Mondelinge tradisies speel steeds ʼn belangrike rol in sommige
religieë, bv. Die Afrika Tradisionele Religieë.
Mondelinge tradisie verskaf meer duidelikheid as geskrewe tekste
as gevolg van die verhalende styl.
Die ketting van vertellers is ook belangrik, want dit lei tot die
oorspronklike bron.
Mondelinge tradisie gee plaaslike dialek en kultuur weer. Dit word
dus makliker verstaan in elke kultuur.
Rituele in baie religieë sluit mondelinge tradisies in, bv. Doop in die
Christendom. (10)
2.2.2 Inspiration
Inspirasie is ’n belangrike normatiewe bron in baie religieë.
Dit is die ware oorsprong van alle religieë.
Inspirasie verwys na die krag of mag van ’n buitengewone wese wat
‘n uitgesoekte wese ‘oorneem’.
Die stigters van baie religieë is deur ’n hoër mag of wysheid
geïnspireer.
Sulke mense het gevoel dat hulle ‘openbaring’ van ʼn buitengewone
wese ontvang het.
Voorbeelde is Moses, Jesus Christus, Abraham, profeet
Mohammad, Boedha en Baha’u’llah.
In die Afrika Tradisionele Religie ontvang die tussenganger of die
waarsêer inspirasie terwyl hy/sy in ʼn beswyming is.
Hierdie insipirasie is deurlopend, terwyl dit by die Abrahamitiese
gelowe nie verder as hul stigters gaan nie.
Inspirasie is ’n kragtige motivering vir die volgelinge van ʼn religie. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Oerknalteorie
Die wetenskaplike verduideliking van die Skepping word die
Oerknalteorie genoem.
Volgens die Oerknalteorie is dit nie bekend wat voor die Oerknal
bestaan het nie.
Die Oerknalteorie stel dat daar ʼn enorme ontploffing in die ruimte was
en binne ʼn sekonde het die heelal verskyn en tot ʼn enorme grootte
uitgebrei.
Die Oerknalteorie stel dat die skeppingsproses ʼn sekonde geneem
het.
Volgens die wetenskaplike verduideliking het die Oerknal
13,7 miljard jaar gelede plaasgevind.
Klein temperatuur-verskille het tot verskillende digthede van materie
dwarsdeur die heelal gelei.
Daardie digthede het bondels van materie en energie gevorm.
Die bondels het voortgegaan om op ʼn klonterige wyse saam te pak
en ’n eindelose versameling sterre, die sterrestelsel, gevorm.
Sommige sterrestelsels het in ‘n kombinasie van sterre en planete
gekondenseer.
Wetenskaplikes glo dat die heelal op hierdie oomblik nog steeds
uitbrei.
Die wetenskaplike verduideliking maak geen melding van ’n skepper
nie.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (14)
3.1.2 Abrahamitiese religieë/Midde Oosterse religieë
Die Skepper is manlik.
Eers het slegs die Skepper bestaan.
Die Skepper het die heelal van niks gemaak.
Die proses van die skepping het ses dae geneem.
Die mens is op die sesde dag geskape.
Daar is een perfekte God.
Hy het die hemel en aarde en alles wat daarin is geskape.
Die eerste twee mense was Adam en Eva. God het hulle van klei
gemaak.
God het sy gees in Adam geblaas en hy het tot lewe gekom.
Hierdie mense het in die perfekte tuin van Eden gewoon. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 7
3.2 Die houding van religie teenoor evolusie sedert die 19de eeu.
In die 19de eeu toe Darwin se Origin of Spesies gepubliseer is, was die
reaksie van die kerk totale verwerping.
Dit is as godslastering beskou.
Vandag is daar meer liberale standpunte in die Christendom, asook in
Judaïsme en Islam.
Liberale gelowiges glo dat daar raakpunte tussen godsdiens en
wetenskap is.
Hulle herinterpreteer ‘n gedeelte van hul eie tradisie sodat dit evolusie
akkommodeer.
Hulle sê dat leringe oor die natuur in die heilige boeke op ʼn diep vlak
allegories of figuurlik verstaan moet word.
Byvoorbeeld, sommige Christelike teoloë het gesê dat die skeppingsverhaal
in Genesis nie in die fisiese sin geïnterpreteer moet word nie.
Liberale gelowiges sê daar is geen konflik tussen wetenskap en godsdiens
nie, solank mens die wetenskap as die onthulling van God se wette beskou.
Hulle verduidelik die skepping ook deur die terme ‘skepping-wetenskap’ of
‘intelligente ontwerp’.
Hierdie begrippe inkorporeer evolusie in die skeppingsplanne van die
Opperwese.
Dit beteken organismes is deur God ontwerp om by veranderende
omgewings te kan aanpas, wat dus tot nuwe spesies lei.
Die houding van liberale gelowiges in die Abrahamitiese godsdienste het
sekerlik meer verdraagsaam teenoor die evolusieleer geword.
Alles in die geskrif is terselfdertyd tydloos, ewig en in ʼn letterlike sin waar .
Kreasionisme soos dit in die boek Genesis beskryf word, word op ʼn
letterlike manier as die waarheid beskou.
God het Adam en Eva geskep, wat die eerste mense was.
Adam en Eva was perfek na die beeld van God geskape.
Hulle het nie van ‘n ander lewensvorm geëvolueer nie, maar is as ‘n
unieke spesie geskep.
Hulle is bo God se hele skepping verhewe.
Ortodokse gelowiges verwys na die beroemde ‘horlosie-analogie’ van
William Paley.
Paley het beweer dat die horlosie ‘n ingewikkelde stuk ingenieurswese is
wat nie per ongeluk kon ontstaan het nie. Dit moes dus’n intelligente
ontwerper hê. Omdat die heelal baie meer kompleks is, moes dit ook ‘n
intelligente ontwerper (God) gehad het.
Ortodokse gelowiges beweer dat God nie sy planne verander nie. Hy is
steeds in beheer van die skepping.
Die houding van ortodokse/fundamentalistiese gelowiges het dus glad nie
verander nie. Godsdiens handel oor God en wetenskap handel oor die
natuur.
Ander godsdienste soos Hindoeïsme en Boeddhisme, het egter nog altyd
die evolusieleer aanvaar.
Hindoeïsme het geen probleem met evolusie nie: hulle het ‘n meer
gevorderde teorie van evolusie wat geestelike evolusie insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Die evolusieteorieleer is nie in konflik met Hindoe-denke en oortuigings
nie, omdat dit tot die begrip van evolusie na Moksha bygedra het.
In hierdie godsdienste (Hindoeïsme en Boeddhisme) is daar geen
verandering in houding nie.
In Afrika Tradisionele Godsdiens is daar geen teenkanting teen evolusie
nie, omdat die heelal as onderling verbonde dele beskou word.
Die status van die mens word egter duidelik as verhewe bo die res van die
skepping beskou.
(24)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 9
VRAAG 4
4.1 Vir die doel van hierdie nasienriglyn word Soedan as voorbeeld bespreek.
4.1.1 Soedan, Soedannese-stamme, (Arabies-sprekende stamme, Fur en
Masalit) (4)
4.1.2 Oorsake
Noord-Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies-sprekende stamme.
‘n Aantal stamme, waarvan sommige animiste was, terwyl ander
Christene was, het in die Dafoer-streek in die suide gewoon het.
Die konflik in Soedan het meer as honderd jaar geduur.
Daar is ook ekonomiese faktore wat ‘n rol speel: die ekonomie van
die noorde is beter ontwikkel as die Suide.
Die Fur en Masalit-stamme was boere, terwyl die Arabiere meestal
normade was. Dit het tot die konflik van weiding gelei.
Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) het tot
funksionele konflik gelei, asook ʼn groter Khartoem om politieke
beheer oor die Suide uit te oefen.
Toe Khartoem die Sharia-wet op die hele land opgelê het, het dit tot
‘n gewapende opstand teen die regering gelei.
Die Soedan-bevolkingsleër (SPLA) is gevorm en het die aanvalle
teen die regering gelei.
Die SPLA het egter vinnig verdeeld geraak en die faksies het teen
mekaar gedraai.
Hierdie verdeelheid was hoofsaaklik op grond van stamverband.
Selfs nadat die Suide in 2011 as ‘n onafhanklike staat verklaar is, het
gevegte nog steeds voortgegaan.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (12)
4.1.3 Rol van religie
Religie speel slegs ʼn klein rol in die konflik en daarom is dit dus nie ʼn
religieuse oorlog nie.
Geen poging is deur een godsdiens gemaak om mense van ‘n ander
religie te bekeeer nie.
Moslems het ook by die bevolkingsleër (SPLA) aangesluit.
Daar was ook bewyse van interne gevegte in die SPLA nadat dit
gevorm is.
Die konflik was nie religieus nie.
Daar is talle ander verdelings (ekonomies en stamverwant) wat selfs
na die stigting van Suid-Soedan voorgesit is.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.2 Tipes rituele in religieë
ʼn Ritueel is ʼn stel formele optrede of gedrag met ʼn seremoniële doel wat met
gereelde tussenposes binne ‘n spesifieke omgewing uitgevoer word.
Aanbiddingsritueel: Hierdie is rituele wat op ʼn gereelde basis uitgevoer
word om gevoelens uit te druk, byvoorbeeld daaglikse of weeklikse
aanbidding.
Lewensiklusritueel: Hierdie is rituele wat verband hou met die
verskillende stadiums van ‘n individu se lewe bv. inisiasie, huwelik,
siektes of dood.
Jaarlikse siklusritueel: Dit is ‘n ritueel wat op ‘n bepaalde tyd van die
jaar plaasvind, bv. Kersfees.
Gedenk ritueel: Rites van feesviering en herdenkings.
Offerings ritueel: Baie religieë sluit offers as deel van hulle rituele in.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (10)
4.3 Rolle van rituele
4.3.1 Sielkundige rolle
Rituele bevredig ‘n deel van die mens wat nie logies verklaar kan
word nie.
Sommige sit blomme op ʼn graf.
Dit word nie gedoen vir mense wat gesterf het nie, of vir ander mense
om te sien nie, maar voldoen aan ʼn dieper persoonlike behoefte.
Die behoefte aan rituele in ons lewens blyk sy oorsprong in die
regterkant van die brein te hê. (6)
4.3.2 Geestelike rolle
Sulke rituele word uitgevoer om die gaping tussen mense en die
goddelike te versterk.
Wanneer ‘n priester in die Rooms Katolieke kerk die “Mis” uitvoer
word die liggaam en blood van Jesus as die water en die wyn gesien.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 11
VRAAG 5
5.1 Wêreldbeskouings
VOORBEELD 1: Sekularisme
Sekularisme het die weg vir die ontwikkeling van menseregte gebaan.
Alle religieë word gelyke status voor die wet gegee as gevolg van die idee
van sekularisme.
Dit laat verskillende religieë toe om in harmonie saam te leef.
Verskillende religieë, insluitende minderhede, neem deel aan die formele
aktiwiteite van die staat.
Alle godsdienste word gelyke status gegee en is vry om hulle heilige dae te
vier.
Sekularisme het godsdiensoorloë en algemene godsdienstige konflik in die
wêreld laat afneem.
VOORBEELD 2: Materialisme
Hierdie sekulêre wêreldsiening leer dat materie die enigste werklikheid is en
ontken die bestaan van ‘n gees van bonatuurlike ryk.
Dit het in verskillende dele van Europa en Indië gedurende wat bekend was
as die Aksiale era (800–200 BCE), ontwikkel.
Uitdrukkings van hierdie filosofie kan in oer-Indiese filosofie, Boeddhisme en
Confucianisme gevind word.
Karl Marx het die term ‘dialektiese materialisme’ gebruik wat ‘n lering is dat
materie die fundamentele bestaan van alles is.
Hy het ook die term ‘historiese materialisme’ gebruik wat ʼn lering is dat
ekonomie en verhoudings tussen werkers en eienaars fundamentele
strukture in die samelewing is.
(Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.) (10 x 2) (20)
5.2 Interne differensiasie in enige EEN religie
Vir die doel van hierdie nasienriglyn word Islam as ʼn voorbeeld
bespreek
5.2.1 Leringe in Islam
Islam is verdeel in twee groepe, Soenni en die Sjia-Islam.
Soenni Islam
Soenni verwys na die Sunnah (voorbeeld) van profeet Mohammed.
Die Hadith wat deur die metgeselle van die profeet vertel word, het
gelyke waarde as dié wat deur sy familielede vertel is.
Die sekte glo dat alle leerstellings wat in die Boeke van Hadith vervat
word, ewe belangrik is.
Soenni’s volg die leringe van die geleerdes van die 7de en 8ste eeu.
Soenni’s aanvaar nie dat die kalief uitsluitlik uit die Profeet se familie
kom nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Sjia-Islam
Sjia beteken partydig of afsonderlike party.
Die Hadith wat deur die metgeselle van die Profeet vertel word, het
minder betekenis as dié wat deur sy familielede vertel word.
Die Sjia volg slegs die leerstellings en menings van ʼn lewende
geleerde. (10)
5.2.2 Verskil in bestuur
Soenni
Daar is geen geestelike leiers in Sunni-Islam nie.
Enige Moslem kan op gemeenskapsrade dien.
Bestuur is gemeenskapsgebaseerd.
Islamietiese geleerdes en gemeenskapslede dien op beheerrade van
moskees, madressas en skole.
Sjia
Sjia-Moslems eerbiedig die afstammelinge van Profeet Mohammed en
dat hulle die reg het om Moslems te lei.
Hulle gebruik die titel ‘Imam’ vir sekere leiers wat hulle glo deur God
verkies is.
Die finale oordeel oor enige onsekerheid oor enige godsdienstige of
politieke kwessie lê by die verteenwoordiges van die Imam.
Beheer is in die hande van die mollas (priesters) wat deur
godsdienstige edik/dekreet regeer. (10)
5.2.3 Praktyke: Soenni
Religieuse praktyke is streng in ooreenstemming met die Profeet se
Sunnah soos in die Hadith neergelê.
Volgens die Soenni-Moslems is die Imam bloot ʼn leier van ʼn gemeente.
Mutta (tydelike huwelike) is verbode.
Imam doen nie formele opleiding in Soenni-Islam nie.
Praktyke: Sjia
Hulle glo dat die kalifaat (Profeet Mohammed se opvolger) uit sy
afstammelinge moet kom.
Imam is net afstammelinge van die Profeet Mohammed wat hulle glo
goddelik aangestel is.
Die altaar van Hussein in Karbala is ʼn belangrike pelgrimstog vir die
Sjia.
Mutta (tydelike huwelike) is toelaatbaar.
Hulle beoefen selfverminking, byvoorbeeld by die herdenking van die
tragedie van Karbala. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper