Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
RELIGIESTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 318.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4Common Features of Religion10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions8 marks
- Question 1.6Common Features of Religion6 marks
Show all 21 questions
- Question 2.1The Variety of Religions4 marks
- Question 2.2The Variety of Religions2 marks
- Question 2.3The Variety of Religions6 marks
- Question 2.4The Variety of Religions12 marks
- Question 2.5The Variety of Religions8 marks
- Question 2.6The Variety of Religions12 marks
- Question 2.7The Variety of Religions6 marks
- Question 3.1The Variety of Religions36 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society14 marks
- Question 4.1Common Features of Religion20 marks
- Question 4.2Common Features of Religion8 marks
- Question 4.3Common Features of Religion6 marks
- Question 4.4Common Features of Religion16 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society34 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B – Mitzvot / D – Halaka (1)
1.1.2 A – weg van die heelal. (1)
1.1.3 D – Brahamas of geestelike leermeersters (1)
1.1.4 A – Siddharta Gautama. (1)
1.1.5 B – Iran (1)
1.1.6 B – Abu Bakr / D – Ali. (1)
1.1.7 B – die Goddelike Lewegemeenskap (‘Divine Life Society’) (1)
1.1.8 A – ʼn versameling van leringe van die profeet Muhammad (1)
1.1.9 D – Terevada-Boeddhisme. (1)
1.1.10 B – leringe met absolute gesag. (1)
1.2 1.2.1 E – Christendom (1)
1.2.2 D – Kitáb-i-Aqdas (1)
1.2.3 A – Tradisionele Hindoeïsme (1)
1.2.4 F – Mite (1)
1.2.5 C – Islam (1)
1.2.6 H – Ritueel (1)
1.3 1.3.1 Shoghi Effendi – Die ander is wetenskaplikes. Shoghi Effendi is die
persoon wie Abdu’l-Baha opgevolg het. (2)
1.3.2 Sanskrit – Is ʼn antieke taal van die Verre Ooste. Die ander behoort
aan Boeddhisme. (2)
1.3.3 Tripitaka – Die heilige kanon van Therevada-Boeddhisme. Die
ander is konsepte in Boeddhisme. (2)
1.3.4 Afrika Tradisionele Godsdiens – Het nie ʼn heilige teks nie. Die res
het heilige tekste en stigters. (2)
1.3.5 Ekumenisme – Is ʼn konsep wat verwys na die eenheid in kerke.
Die res is konsepte/beginsels in Hindoeïsme. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 3
1.4 1.4.1 Moksha
Die spirituele doelwit van mense is om die siel te bevry.
Die spirituele doelwit van mense tot die hergeboorte van die
liggaam sodat sy eenheid met Brahmin gerealiseer kan word. (2)
1.4.2 Nasiestaat
ʼn Onafhanklike groep of stede en dorpies wat verenig is deur
kultuur, godsdiens en regering. (2)
1.4.3 Nie-theïsme
ʼn Benadering wat nie die bestaan van God verwerp nie.
Nie-theïsme ignoreer eenvoudig die idee van God. (2)
1.4.4 Inspirasie
Hierdie begrip verwys na die asem (krag/kennis) van ʼn
buitengewone wese of mag.
Byvoorbeeld ʼn godheid wat ʼn persoon binnekom en die persoon
se eie asem oorneem.
ʼn Geïnspireerde persoon kan ook voel dat hy of sy deur ʼn sekere
mag besit (‘possessed’) word.
Meeste godsdienste het stigters wie geïnspireer was deur ʼn hoër
mag of wysheid. (2)
1.4.5 Ateïsme
Verwerp die bestaan van ʼn Opperwese. (2)
1.5 1.5.1 ONWAAR – Sinkretisme is ʼn vermenging van verskillende
godsdienste / Hermeneutiek is die wetenskap van die interpretasie
van godsdienstige tekste. (2)
1.5.2 ONWAAR – ʼn Sjamaan is iemand wat as ʼn tussenganger tussen die
sigbare en die geestelike wêreld optree. (2)
1.5.3 ONWAAR – Bukhari is ʼn Hadith versameling van Imam Bukhari. (2)
1.5.4 ONWAAR – Die Nuwe Testament is deel van die Bybel. (2)
1.6 1.6.1 Normatiewe bron
Hierdie woord verwys na die skep van standaarde; geneig om
standaarde te skep of daar te stel.
Dit bevestig ook hoe dinge moet wees. (2)
1.6.2 Sekularisme
Sekularisme interpreteer die lewe volgens beginsels wat eksklusief
uit die materiële wêreld, sonder dat dit gegrond is in godsdiens.
Sekularisme skuif die fokus van godsdiens na ander ‘tydelike’ en
‘hierdie-wêreldse’ dinge, met die klem op die natuur, rede (denke),
wetenskap en ontwikkeling. (4)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 UNIEKHEID
Uniekheid is die kwaliteit om uniek of ongewoon te wees.
Dit is daardie kenmerke wat ʼn godsdiens anders as ander godsdienste
maak.
Dit is die kenmerke wat dit as ʼn ander godsdiens identifiseerbaar maak.
Daar is uniekheid in oortuigings, praktyke en normatiewe tekste.
In Religiestudies beteken dit dat elke godsdiens uniek of merkwaardig is. (4)
2.2 EEN faktor wat godsdienstige identiteit vorm
Rituele (2)
2.3 FUNKSIES VAN UNIEKHEID
Dit versterk die gelowige se geloof.
Dit identifiseer die godsdiens tussen ander godsdienste.
Dit gee leiding aan die gelowige oor sy leefwyse.
Dit help die gelowige om in die geestelike lewe as ʼn eenheid met ander
gelowiges te verenig.
Dit help die gelowige om te verduidelik waarom hulle daardie spesifieke
godsdiens/geloof gekies het.
Dit help lede om te identifiseer wie aan die geloof behoort en wie nie. (6)
2.4 2.4.1 OOSTERSE GODSDIENSTE
BOEDDHISME
Verganklikheid is die kern van alle Boeddhistiese filosofie.
Dit impliseer dat selfs die gode / verligte wesens in Boeddhisme nie
onsterflik is nie.
Die agtvoudige pad word voorgeskryf as 'n manier om lyding te
beëindig.
Menslike lyding word veroorsaak deur onvervulde menslike begeerte.
OF
HINDOEÏSME
Dit is nie ʼn sendingswerk/bekerings godsdiens nie.
Hindoeïsme glo in baie gode / dit is ʼn politeïstiese godsdiens.
Hindoeïsme het nie ʼn stigter nie.
Die Hindoes glo in reïnkarnasie.
Hulle primêre bron is die Vedas.
Ramayana en Mahabharata is ensiklopediese bronne.
Hulle glo in die wet van Karma. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 5
2.4.2 MIDDE-OOSTERSE GODSDIENSTE
JUDAÏSME
Jode glo dat hulle ʼn verbond met God het.
God is byna ʼn vaderfiguur wie beide hul Skepper en Beskermer is.
God is so heilig dat dit verbode is om selfs Sy naam te noem.
Hulle glo dat God Homself deur Sy Wet openbaar.
Hulle plaas meer klem op die korrekte manier van lewe, eerder as op
geloof of oortuiging.
OF
ISLAM
Daar word geglo dat daar slegs een God met die naam Allah is.
Hulle glo dat Allah verskeie profete gestuur het, maar dat die profeet
Muhammad die finale boodskapper was.
Hulle primêre bronne is die Koran en die Hadith.
Hulle glo aan die finale oordeel wanneer die hele mensdom geoordeel
sal word.
Hulle glo dat die Koran in die Arabiese taal geopenbaar is en dat dit
in Arabies gelees moet word.
OF
CHRISTENDOM
Christene glo dat Jesus Christus die Seun van die lewende God is.
Hulle glo dat God sy Seun gestuur het om vir hulle sondes te sterf.
Christene glo dat God in Jesus Christus ʼn menslike vorm aangeneem
het.
Hulle glo dat Jesus gesterf het en uit die dood opgestaan het.
Hulle glo in die Drie-eenheid – die Vader, die Seun en die Heilige
Gees.
Hulle glo dat vergifnis in die naam van Jesus is.
Hulle glo dat Jesus Christus die enigste weg na God is.
Hulle vier die Nagmaal (Eucharistie) ter herinnering aan die dood van
Jesus Christus. (6)
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
2.5 VIER OOREENKOMSTE WAT IN DIE ABRAHAMITIESE GODSDIENSTE
BESTAAN
Glo in die bestaan van een God.
Glo in profete.
Glo in engele.
Glo in die Oordeelsdag.
Hulle het heilige geskrifte/tekste.
Het spesiale plekke van aanbidding.
Hulle het godsdienstige vakansiedae.
Hulle glo in God as Skepper.
Hulle het spesiale maniere van aantrek. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.6 2.6.1 HINDOEÏSME SE SIENING VAN KARMA
Die wet van Karma verwys na die oortuiging dat elke handeling
gevolge het wat in ʼn latere reïnkarnasie mag voorkom.
Dit verwys ook na die resultate van aksies.
Volgens die geskrif wat die Upanishads genoem word, is die wet van
Karma duidelik geformuleer.
Dit leer dat ’n persoon se aksies in die verlede verantwoordelik is vir
sy of haar huidige staat. (4)
2.6.2 FEITE OOR DIE TRADISIONELE GENESER
Die tradisionele geneser (inyanga) is ʼn primêre geneser.
Dit is ʼn persoon wat siek mense help deur die gebruik van kruie en
natuurlike plante as medisyne..
Hy/sy verskaf of medisinale genesingsdienste in ʼn spesifieke
gemeenskap.
Hierdie medisyne word moetie (‘muti’) genoem. (4)
2.6.3 KANON
Kanon verwys na die boeke wat erken word as die wat gesag het,
soos die boeke van die Christen Bybel.
Dit is omdat mense glo dat dit goddelik geïnspireer is.
Dit word ook geglo dat dit goddelik geopenbaar is.
Dit is as sodanig verklaar. (4)
2.7 2.7.1 EENDERSHEID
Dit verwys na dieselfde / eenders te wees.
Jy moet spesifiek wees oor hoe dinge ooreenkom/eenders is, bv. die
ooreenkomste tussen twee godsdienste, bv. die Boeddhistiese en
Hindoe-godsdienste (glo in reïnkarnasie). (2)
2.7.2 IDENTITEIT
Identiteit beteken individualiteit.
Dit beteken die godsdiens het ʼn sekere individualiteit of ʼn sekere
persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei.
Dit beteken bevestiging van waardigheid en waarde van ʼn
godsdiens.
Beteken ʼn eksklusiewe godsdienstige identiteit waarin jy sterk met
die oortuigings en leerstellings van die godsdiens identifiseer en dit
as ʼn definiëring van jou lewe beskou. (2)
2.7.3 VERSKILLENDHEID
Dit is die teenoorgestelde van eendersheid.
Dit verwys na ʼn punt waar dinge nie dieselfde/eenders is nie. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 7
VRAAG 3
3.1 3.1.1 DEFINIEER INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG
Dit is ʼn uitdagende proses waar aanhangers van verskillende
godsdienstige tradisies bymekaar kom.
Dit word gedoen om die skeidsmure wat die middelpunt is van meeste
oorloë, af te breek.
Die oogmerk van interreligieuse dialoog is vrede. (2)
3.1.2 SINONIEM VIR INSTRUMENTEEL
Belangrike
Betrokke
Nuttig (2)
3.1.3 DIE IMPAK WAT GODSDIENSTE OP MNR. MANDELA GEHAD HET
Dit het ʼn belangrike rol gespeel in die beëindiging van apartheid in
Suid-Afrika.
Hierdie godsdienstige groepe het hom en ander jong swartes van ʼn
opvoeding voorsien.
Hulle het ook vertroosting aan politieke gevangenes en hul families
gegee. (6)
3.1.4 ORGANISASIE WAT IN DIE LEWE GEROEP IS
Die Kaapstadse Intergeloof-Inisiatief.
Die KII werk vir ʼn verenigde intergodsdienstige en geestelike begrip en
respek in Suid-Afrika.
Die missie van die KII is om die rykheid van die godsdienstige en
geestelike diversiteit in die Wes-Kaap te vier en te deel.
Dit bevorder gemeenskaplike intergeloofsbegrip, harmonie en
samewerking, deur beide ʼn bewusmaking van universele geestelikheid
en ʼn verering van die waardigheid van verskille.
Die KII reël byeenkomste waar mense van verskillende gelowe kan
praat, rituele bywoon, en oomblikke in die politieke en sosiale lewe van
Suid-Afrika saam kan vier. (8)
3.1.5 INTERRELIGIEUSE DIALOOG VOOR 1996
Christendom was die staatsgodsdiens.
Ander godsdienste was baie min of geen erkenning gegee nie.
Godsdienstige vryheid en gelykheid was nie in die wetboeke nie.
Daar was 'n aparte observasie van godsdienstige toewydings.
Dit was in lyn met die apartheidsregering se doel van afsonderlike
ontwikkeling.
Mense is nie van ander godsdienste geleer nie.
Tog het apartheid godsdienste verenig.
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) is in 1968 gestig. Die
SARK het Christene van verskillende denominasies verenig.
Die Roep van Islam was in 1984 gestig.
Jode vir Geregtigheid was in 1985 gestig.
Die intergeloofstryd teen apartheid het die ontstaan van die Suid-
Afrikaanse tak van die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede
(WCRP) in 1984, teweeg gebring. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.1.6 VROUE SE ROL IN INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG
JA
Hulle het vroue-verenigings waar hulle saambid vir al die
uitdagings waarvoor vroue te staan kom.
Wanneer ʼn gesin ʼn lid verloor, sal vroue van daardie spesifieke
gebied saamkom om die gesin in rou by te staan.
Suid-Afrikaanse vroue van verskillende gelowe staan saam in
die stryd teen verkragting, asook die mishandeling van vroue en
kinders.
Hulle het hul leuse, ‘wathinta abafiza wathinta imbokodo’, wat
beteken: ‘As jy vroue aanraak, stoot/stamp jy teen ʼn rots’.
Hulle oorkom altyd hulle godsdienstige verskille wanneer hulle
teen sosiale euwels veg.
OF
NEE
Vroue is selde in leierskapsposisies in godsdienstige
organisasies, daarom speel hulle nie ʼn rol nie.
Vroue word gemarginaliseer deur die waninterpretasie van
godsdienstige leringe.
In sekere gemeenskappe diskrimineer kulturele praktyke teen
vroue.
Hulle beperk dus hulle werk tot hul eie godsdienstige groepe. (8)
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
3.2 3.2.1 REDES VIR DIE VERWYDERING VAN KERSFEES EN GOEIE
VRYDAG
Die SALRC glo dat Christene voorkeurbehandeling ontvang
deur die feit dat dié twee hoof Christelike heilige dae as betaalde
publieke vakansiedae verklaar is.
Aanhangers van ander gelowe word benadeel deurdat hulle nie
die voordeel het van ʼn betaalde openbare vakansiedag tydens
hulle godsdienstige vieringe nie. (4)
3.2.2 REDELIKE ARGUMENTE DEUR CHRISTENE
Paasfees en Kersfees is twee van die mees heiligste dae vir
Christene.
Christene is, verreweg, die grootste godsdienstige groepering in
ons land.
Christene is 79,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking.
Slegs twee van die twaalf openbare vakansiedae is Christelike
vakansiedae, die res is almal sekulêre vakansiedae.
In 1994 was Hemelvaartdag geheel en al verwyder van die
nasionale kalender en Paasmaandag was na Familiedag
verander.
Dit wil voorkom asof Christendom sistematies uit ons
samelewing verwyder word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 9
Die weke voor hierdie twee periodes (Kersfees en Paasfees) is
twee van die mees ekonomies aktiewe tydperke in ons land.
Geen ander godsdiens kom naby die koopkrag wat Christene
tydens hierdie tye vertoon nie.
Om Kersfees en Goeie Vrydag te verwyder, mag lyk asof dit
gelykheid aan die situasie bring, maar dit kan ook ons reeds
sukkelende ekonomie ʼn knou gee waarvan dit gaan sukkel om
van te herstel.
As die grootste godsdienstige groepering in Suid-Afrika, kan
Christene betekenisvolle finansiële druk uitoefen om hierdie
besluit te beïnvloed.
Die feit dat geen ander godsdiens vergelyk kan word in terme
van getalle nie, sal dit nie gelykheid wees indien alle
godsdienste dieselfde status kry nie.
Dan is daar ook die vraag oor die diskriminasie onder die
sekulêre openbare vakansiedae op die huidige kalender.
Ons vier Vrouedag as ʼn openbare vakansiedag, maar nie
Mannedag nie.
Daar is ook ʼn Werkersdag op ons kalender, terwyl daar
oënskynlik teen werkgewers gediskrimineer word. (4)
3.2.3 ALTERNATIEWE VOLGENS DIE WET OP OPENBARE
VAKANSIEDAE
Volgens die Wet op Openbare Vakansiedae, kan ʼn persoon wat
ʼn aanhanger van ʼn ander godsdiens is, die bestaande Goeie
Vrydag en Kersfees betaalde openbare vakansiedae, verruil vir
ʼn geleentheid van hul keuse.
Werkgewers moet buigsaam wees sodat werknemers wat
aanhangers van ander gelowe is, die godsdiensvakansie van
hul keuse kan vier.
Indien Moslems hul betaalde verlof op Ramadan en Hindoes op
Diwali wil neem, kan hulle die nodige reëlings met hul
werkgewers tref. (4)
3.2.4 WAT BETEKEN DIE AANHALING?
Die skrywer glo nie dat die teenwoordigheid van hierdie
openbare vakansiedae op die Suid-Afrikaanse kalender,
godsdienstige skeiding vererger nie.
Die term ‘skeiding’ impliseer ʼn sekere vlak van konflik tussen
godsdienste oor hiérdie openbare vakansiedae.
Daar was nog nooit enige konflik in Suid-Afrika oor hierdie
vakansiedae nie. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4
4.1 4.1.1 VERDUIDELIK DIE KONSEP GELYKENIS
ʼn Gelykenis verskaf ʼn dieper betekenis as die voor die handliggende
oppervlakkige een.
Dit is ʼn tipe storie wat ʼn morele les demonstreer.
Gelykenisse word algemeen in godsdiens gebruik, bv. Christendom.
Hierdie stories is ontwerp om geestelike waarhede oor te dra. (4)
4.1.2 OPINIE OOR WAT DIE LES IS
Allah word gesien as die lig van die hemele en die aarde.
Allah is ʼn ewige lamp wat skyn sonder dat dit aangesteek word.
Allah is dus selfonderhoudend.
Allah se wese is soos olyfolie wat geen oorsprong het nie.
Allah is die lig wat hulle lei wie deur hom gelei wil word. (4)
4.1.3 ELEMENTE IN DIE GELYKENIS
Lig
Lamp
Glas
Olie (4)
4.1.4 ’N GELYKENIS:
ʼn Christen gelykenis: Die Verlore Seun
Die gelykenis van die verlore seun is ʼn welbekende Christelike
gelykenis oor ʼn seun wie sy ouerhuis verlaat het om ʼn wilde en bose
lewe te leef.
Hy het mettertyd terug gegaan huis toe, siek en platsak.
Hy is met blydskap deur sy pa verwelkom.
Die doel van die gelykenis is dat God bly is oor die terugkeer van ʼn
sondaar, soos ʼn vader oor ʼn verlore seun.
OF
ʼn Boeddhistiese gelykenis: Die blinde mans en die olifant
In die gelykenis, het ses mans elk ʼn deel van ʼn olifant aangeraak.
Die individuele karaktereienskappe wat elkeen gegee het van die
olifant is gebaseer slegs op wat elk van die blinde manne kon
waarneem.
Die gelykenis handel oor ʼn reeks waarhede en flaters.
Dit handel ook oor die noodsaaklikheid van kommunikasie.
Die behoefte om verskillende perspektiewe te respekteer is ook ʼn
sterk tema.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 11
ʼn Afrika gelykenis
ʼn Jongman was deur sy ouers gestuur.
Hy was aangemoedig om altyd te help waar hy kon en om nederig
te wees.
Hy is ook berispe om nooit oneer aan sy stam te bring nie.
Hulle sou by hom in die gees wees.
Langs die pad het hy ʼn ou vrou met verflenterde klere langs die pad
sien sit.
Sy het hom gevra vir iets om te eet, maar hy het geweier.
Sy het hom gevra om haar oë skoon te maak.
Hy het weer geweier om haar te help.
Skielik was daar digte mis en hy kon nie die pad sien nie en het terug
huis gegaan.
By sy huis, sien hy die ou vrou, wat nou geëet het en nou skoon was.
Sy het die storie vertel en geloop.
Die ouers was bitterlik teleurgesteld.
Hulle het hom daaraan herinner dat toe hulle vir hom gesê het dat
hy nie alleen op sy reis sou wees nie; hulle bedoel het dat enige
individu deur God en deur die voorvaders dopgehou word. (8)
4.2 4.2.1 CHRISTEN DOKTRINE
Doktrine van die Drie-Eenheid
Hierdie doktrine beklemtoon die eenheid van die Vader, die Seun en
die Heilige Gees.
Die Drie-Eenheid word as een godheid beskou.
Hierdie doktrine verklaar dat God die Drie-enige God is, wat bestaan
uit drie persone, maar een wese is. (4)
4.2.2 HINDOE DOKTRINE
Doktrine van reïnkarnasie
Die doktrine van reïnkarnasie is die filosofiese begrip dat die siel of
gees na biologiese dood, ʼn nuwe lewe in ʼn nuwe liggaam kan begin.
Die nuwe lewe is in ʼn verskillende vorm of liggaam nadat die
persoon gesterf het.
Die toekomstige vorm is afhanklik van die persoon se vorige aksies
of optrede. (4)
4.3 ROOMS-KATOLIEKE DOGMA
ʼn Welbekende dogma van die Rooms-Katolieke kerk, is die van die
Onbevlekte Konsepsie.
Dit verwys na die Ewige Maagdelikheid van Moeder Maria, die Moeder van
God.
Rooms-Katolieke glo as waarheid dat Maria, die moeder van Jesus, ʼn
maagd was toe sy swanger met Jesus was.
Dit was as dogma slegs in die negentiende eeu aangeneem. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.4 4.4.1 GELOOF
Geloof is wat aanhangers van ʼn godsdiens voorhou as die waarheid.
Geloof beskryf die aanvaarding van ʼn stelling of lering; hierdie word
as die waarheid beskou deur die verkleefdheid aan die
gelowe/oortuigings.
Dit is verenigde elemente van ʼn godsdiens.
Dit word verbind aan godsdienstige rituele.
VOORBEELD: In Christendom vier die Avondmaal/Nagmaal die
dood en opstanding van Jesus Christus. (8)
4.4.2 IDEOLOGIE
ʼn Ideologie verwys na die heersende wêreldbeskouing wat
betekenis aan ʼn persoon se bestaan gee.
ʼn Ideologie is die wydste kategorie wat gebruik word om ʼn individu
se oortuigings te beskryf.
Ideologieë word altyd getoets.
VOORBEELD: Religieuse ideologieë sluit in wêreldgodsdienste
soos Boeddhisme en Afrika Tradisionele Godsdiens.
Sekulêre ideologieë sluit in kommunisme en materialisme. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 13
VRAAG 5
5.1 5.1.1 REGTE WAT DEUR GESLAGSGEBASEERDE GEWELD
GESKEND WORD
Die reg om in ʼn veilige omgewing te woon.
Die reg op lewe. (4)
5.1.2 BESKERMING VAN MENSEREGTE
Menseregte is ʼn baie belangrike deel van die Suid-Afrikaanse
konstitusie.
Dit is in die Handves van Menseregte vervat.
Die Menseregtekommissie dien as die waghond om mense se regte
te beskerm.
Die straf vir mense wat ander se menseregte ondermyn, vorm deel
van die grondwet van Suid-Afrika. (4)
5.1.3 SAL DIE STAPPE DEUR DIE PRESIDENT VOORGESTEL DIE GETY
VAN GGG, STUIT? GEE REDES VIR JOU ANTWOORD.
JA
Die voorgestelde maatreëls is streng genoeg om mans tot die besef
te bring dat hulle dalk nooit die tronk sal verlaat nie as hulle GGG
pleeg nie.
Die ekstra geld wat beskikbaar gemaak is, gaan ver gaan om die
proses om oortreders voor die hof te bring, aan te help.
Die moontlikheid van die skryf van nuwe wette, kan mans afskrik om
in die toekoms geslagsgebaseerde geweld te pleeg.
OF
NEE
Suid-Afrikaanse politici het hulself bewys as net praters, so die
moontlikheid dat hierdie beloftes gehou gaan word, is baie klein of
nul.
Met wanadministrasie en bedrog wat die regering lamlê, is dit
moontlik dat hierdie geld nooit vir die bestemde doel gebruik gaan
word nie.
Die president het nie aangedui tot watter mate hulle die wette mag
verander nie.
In ʼn land waar dit lyk asof die menseregte van kriminele meer
belangrik is as die van vroue, wat kan ons regering werklik voorstel
om GGG te stop? (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
5.1.4 VELDTOGTE DEUR GODSDIENSTIGE ORGANISASIES
Seminare en werkswinkels vir mans en seuns om hulle te leer
hoe om vroue en meisies te behandel.
Nooi welbekende persone om by hierdie seminare met mans
en seuns te praat.
Nooi vroue wie slagoffers van geslagsgebaseerde geweld
(GGG) was om te praat met mans en seuns in hul gemeentes
en godsdienstige groepe.
Godsdienstige organisasies kan ook protesoptogte reël om hul
solidariteit met slagoffers van GGG te wys.
Godsdienstige organisasies moet hul stemme laat hoor
wanneer vroue mishandel word en nie die oortreders help om
hul sondes weg te steek nie.
Organisasies kan saamkom en openbare gebedsessies hou. (6)
5.1.5 WAT KAN DIE REGERING DOEN?
Strenger wette kan ingestel word wat dit baie moeiliker maak
vir mans om met mishandeling weg te kom.
Swaarder strawwe kan aan mans wat hulle skuldig maak aan
GGG gegee word.
Borgtog moet geweier word aan elke persoon wie van GGG
aangekla word.
Geen parool moet toegestaan word aan hulle wie vonnisse vir
GGG uitdien nie.
Die regering moet dit oorweeg om die doodstraf terug te bring
as ʼn afskrikmiddel teen geslagsgebaseerde geweld. (6)
5.1.6 ONMENSLIKE MANIER HOE VROUE BEHANDEL WORD
‘…hulle liggame word in die bos ...’
‘… of in vlak graf weggesteek …’
‘… of onherkenbaar verbrand.’ (4)
5.1.7 GEVALLE VAN VROUEMOORD (‘FEMICIDE’)
Die verkragting en moord van die UK-student, Uyinene
Mrwetana.
Oscar Pistorius en die moord op Reeva Steenkamp.
Die moord van ʼn sestienjarige meisie in die Mpumelelo
woonbuurt in Stormsrivier.
Die moord op Gomolemo Legae (18) in die dorpie Ramosadi
buite Mahikeng.
Leighandre ‘Baby Lee’ Jegels wie deur haar polisieman-kêrel
vermoor is.
Jade Panayiotou wie se man haar laat doodmaak het.
Insidente in jou onmiddellike omgewing kan ook genoem word. (4)
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 15
5.2 5.2.1 SINONIEM VIR AKTIVISME
Voorspraak
Betrokkenheid
Militantheid
Staking
Boikot
Voorstander (2)
5.2.2 OOGMERKE VAN 16 DAE VAN AKTIVISME
Die veldtog se doelwit is om bewuswording oor die negatiewe impak
van geweld teen vroue en kinders te skep.
Om die samelewing permanent van mishandeling vry te maak. (4)
5.2.3 EEN WOORD
‘wêreldwyd’ (2)
5.2.4 MOONTLIKE OORSAKE
Die lae status van vroue tuis en in die samelewing.
Die misbruik van mag en posisies van outoriteit deur mans om vroue
en kinders te beheer.
Die wydverspreide misbruik van alkohol en dwelms.
Pornografie is ook ʼn oorsaak, want mans wil soms die dinge wat
hulle op hierdie webwerwe sien, met hul vroue, ander familielede of
mense doen.
Die gebrek aan die nodige sosiale vaardighede by mans om die
beëindiging van ʼn verhouding te hanteer, is waargeneem as ʼn
oorsaak van sommige van die geweld wat vroue ervaar. (4)
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
5.2.5 KAN DIE OOGMERKE IN 16 DAE BEREIK WORD?
NEE
16 dae is ʼn te kort tydperk om ʼn noemenswaardige verskil te maak.
Geslagsgebaseerde geweld gebeur reg deur die jaar.
Die fokus moet elke dag op geslagsgebaseerde (GGG) geweld
wees.
OF
JA
Hierdie tyd is deur die regering geoormerk, so dit sal genoegsaam
wees.
Hierdie veldtog verkry baie dekking op tv, radio en die internet.
Oortreders word ook besonder swaar daardie tyd van die jaar
gestraf.
Ek glo dat mans baie meer versigtig tydens hierdie veldtog is. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper