Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 12201812 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 RELIGIESTUDIES V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 B (1) 1.1.2 A (1) 1.1.3 D (1) 1.1.4 D (1) 1.1.5 B (1) 1.1.6 A (1) 1.1.7 C (1) 1.1.8 B (1) 1.1.9 B (1) 1.1.10 A (1) 1.2 1.2.1 Monoteïsme (2) 1.2.2 Sinkretisme  Sinkretisme verwys na twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer word om ʼn nuwe een te vorm.  Voorbeeld: Afrika Geïnisieerde Kerke, Sikhisme. (2) 1.2.3 Karma  Dit is ʼn Hindoe-oortuiging/geloof dat elke aksie ʼn gevolg het, wat mag in ʼn latere reïnkarnasie kan opduik.  Dit impliseer ook die gevolge van aksies.  Dit leer dat ʼn persoon se aksies in die verlede vir sy/haar huidige omstandighede verantwoordelik is. (2) Nirvana  Dit is ʼn staat van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme.  Dit is die staat waarin begryp word dat daar geen individuele self of siel is nie. LET WEL: Enige TWEE geldige antwoorde vir elke term moet gekrediteer word. (2) 1.2.4 Yin en Yang (2) 1.2.5 Rome (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 3 1.3 1.3.1 Onwaar: Modimo, Nkulunkulu, Mvelingqangi, Qamata Enige relevante Afrika-naam moet gekrediteer word. (2) 1.3.2 Onwaar: Afrika Tradisionele Godsdiens (2) 1.3.3 Onwaar: Die ideaal in Theravada˗Boeddhisme is dat die individu ʼn lewe gerig op meditasie moet leef om sodoende verligting / geestelike ontwikkeling te bereik. (2) 1.3.4 Waar (2) 1.3.5 Onwaar: ‘Maternaal’ beteken om aan die moeder se kant van die familie verwant te wees / ‘Paternaal’ beteken om aan vaderskant verwant te wees. (2) 1.4 1.4.1 Eendersheid/Ooreenkomste  Dieselfde te wees  Om ooreenkomste met ʼn spesifieke godsdiens te toon  Om van dieselfde soort te wees, met dieselfde aard, dieselfde vorm (2) 1.4.2 Ekumenisme  Verskillende godsdienste kan redelik vreedsaam saamleef, ongeag hul verskille.  Verskillende godsdienste werk aktief saam om sekere spesifieke doelstellings in die samelewing te bereik.  Dit is ʼn Christelike beweging om eenheid onder Christelike denominasies te kweek.  Die Wêreldraad van Kerke is ʼn direkte uitvloeisel van die Ekumeniese beweging. (2) 1.4.3 Eenheid  Harmonie of eenstemmigheid tussen mense en/of godsdienste  Vreedsame naasbestaan van godsdienste  Erkenning van gemeenskaplike gronde tussen verskillende godsdienste (2) 1.4.4 Vergelykbaarheid  Op soek na ooreenkomste en verskille in/tussen godsdienste  Twee of meer godsdienste kan vergelyk word  Dit kan implisiet of eksplisiet wees (2) 1.4.5 Halaal  Dit beteken ʼn toelaatbare daad in Islam.  Dit word dikwels gebruik om kos te beskryf wat vir Moslemverbruik toelaatbaar is. LET WEL: Enige TWEE geldige antwoorde moet gekrediteer word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 1.5 1.5.1 Jesus (2) 1.5.2 Bahá’u’lláh (2) 1.5.3 Taoïsme (2) 1.5.4 Moses (2) 1.5.5 Induna (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 5 AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 Mite  Bevat gewoonlik historiese en metaforiese materiaal.  Die woord ‘mite’ kom van die woord ‘mythos’ wat ‘woord’ of ‘fabel’ beteken.  Hul onthul die diepste waarhede oor skepping, lewe en dood. (4) 2.1.2 Geloof/Oortuigings  Dit verwys na wat die volgelinge beweer die waarheid is.  Dit is geloof wat die fondasies vorm om mense tot ʼn gemeenskaplike doel saam te snoer en help om ʼn gedeelde identiteit te skep.  Geloof beteken om ʼn ferm/vaste opinie te hê, bv. volgens die Joodse geloof is daar slegs een God genaamd Jehova.  Dit verwys ook na die aanvaarding van iets, ʼn feit, stelling of lering. (4) 2.1.3 Dogma  Die konsep ‘dogma’ verwys na daardie geloofsoortuigings wat mense sonder twyfel moet aanvaar.  Dit beteken ʼn beginsel, leerstelling of geloofstelsel, veral waar dit deur ʼn gemeenskaplike godsdienstige gesag/outoriteit vasgestel is.  Dogma word voorgehou deur ʼn gemeenskaplike godsdienstige gesag/outoriteit soos gegrond op goddelike inspirasie. (4) 2.1.4 Uniekheid  Dit is daardie eienskappe wat die godsdiens verskillend van ander godsdienste maak/onderskei van ander godsdienste.  Dit is daardie eienskappe waarvolgens dit identifiseerbaar is as ʼn verskillende godsdiens. (4) 2.1.5 Doktrines  Die term ‘doktrine’ is sinoniem vir ‘leer’.  Verwys meer na die rol van intellektuele in godsdienstige gemeenskappe om godsdiensoortuigings te vind en in samehangende filosofiese patrone te organiseer.  ʼn Stel godsdiensleringe/-beginsels of oortuigings.  Doktrine/Leerstellings word soms betwis.  Dit het nie ʼn negatiewe konnotasie nie. LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet gekrediteer word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.2 2.2.1 Aard van goddelikheid in die Christelike godsdiens Dit leer dat:  God die skepper van die heelal is.  God is almagtig (‘omnipotent’) wat beteken dat Hy magtig is.  God is alwetend (‘omniscient’) wat beteken Hy sien alles.  God is ʼn Gees.  God gee om en is liefdevol.  God word gesien/verstaan as die Heilige Drie-Eenheid wat verwys na God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10) 2.2.2 Afrika Tradisionele Godsdiens  Afrika-filosofie staan sentraal in die ATG en beweer dus dat ‘umntu ngumntu ngabantu’.  Dit leer dat mense afhanklik van mekaar is.  Dit bevorder deel en omgee vir mekaar. (‘sharing and caring’)  Dit bevorder die praktyk genaamd ‘ilima’.  Dit ondersteun ook ‘inqoma’. Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10) 2.3 VYF gemeenskaplike oortuigings van Abrahamitiese godsdienste  Hulle glo almal in een God.  Hulle glo almal in lewe na die dood.  Hulle glo in die Oordeelsdag.  Hulle glo aan geopenbaarde geskrifte.  Hulle glo in die bestaan van profete.  Hulle glo in die bestaan van engele. Enige ander unieke kenmerke van die Abrahamitiese gelowe moet aanvaar word. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 7 VRAAG 3 3.1  In 2012 is ʼn kort film met die naam Innocence of Muslims op YouTube vrygestel.  Dit was ʼn aanval op die karakter van die Profeet Mohammed.  Dit het tot gewelddadige betogings in baie Moslemlande gelei.  Aanvanklik is berig dat die film deur Jode in die VSA gemaak en befonds is.  Later is uitgevind dat dit deur ʼn Koptiese Christen wat in die VSA woon, gemaak is.  Dit is deur ʼn Christelike maatskappy met die naam ‘Media for Christ’ befonds.  Hierdie film het tot verhoogde spanning tussen Christene en Moslems gelei.  Media moet sensitief, onpartydig en objektief wees. (12) 3.2  Sosialemedia-maatskappye behoort ʼn beleid van geen verdraagsaamheid teenoor/van godsdienstige beledigings te handhaaf.  Daar moet ernstige sanksies wees teen rekeninghouers wat die media misbruik (bv. vries die rekening, rapporteer aan die owerhede, ens.).  Godsdienstige organisasies moet vennootskappe met sosialemedia- maatskappye aangaan om boodskappe wat moontlik beledigend kan wees, te monitor.  Anonieme boodskappe wat enige godsdiens beledig, moet belet/verbied word. LET WEL: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word. (8) 3.3  Uitgewers/Redakteurs bepaal uitsluitlik watter gebeure nuuswaardig is.  Hulle behoort ook te bepaal ook hoe belangrik die gebeure is en hoeveel nuusdekking dit verleen word.  Die media probeer om nie hul borge/adverteerders te beledig nie, omdat dit hul wins kan laat daal.  Die media gebruik sensasie omdat dit verkope aanmoedig.  Groot mediamaatskappye besit verskeie media-afsetpunte. Al hierdie afsetpunte sal dieselfde opinie weergee.  Vir die niksvermoedende leser lyk dit asof verskillende redakteurs almal oor ʼn saak saamstem, terwyl dit in werklikheid die opinie van slegs een mediahuis is. LET WEL: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 3.4  Een voorbeeld hiervan is die staatsbeheerde SAUK.  Die SAUK se radio- en televisieprogramme bevorder die beginsel van godsdienstige verdraagsaamheid, soos in die Suid- Afrikaanse Grondwet vervat is.  Voorbeelde van sulke programme is ‘Issues of Faith’ en die daaglikse oggendgebede.  Ander media het verskillende mandate oor verskillende godsdienste.  Bv. The Hindu, wat ʼn pro-Hindoe koerant is, het in 2006 nie kommentaar gelewer oor die Profeet Mohammed spotprente nie.  Dit is egter uitgesproke oor sake rakende Hindoe-waardes.  ʼn Duitse koerant, Die Welt, het gesê dat Moslems sulke spotprente moet aanvaar, omdat ander godsdienste van hulle stigters is.  In die Soedannese konflik het die Westerse media die oorlog as konflik tussen die Moslem-noorde en die Christen-suide beskryf.  Eintlik was die oorlog nie godsdienstig nie, maar eerder ekonomies, met Moslems aan beide kante.  Dit blyk duidelik uit die feit dat daar steeds gewapende konflik in Suid- Soedan is, selfs na hul onafhanklikheid van Soedan.  Die mediadekking oor die Katolieke Kerk handel die afgelope jare meestal oor kindermishandeling deur geestelike leiers. Die positiewe bydraes van die kerk word geïgnoreer.  Plaaslike media soos Isolezwe en Ilanga kies kant in hul dekking oor die interne verskille in die Nasaret Baptistekerk (Shembe).  Ukhozi, wat meestal stedelike luisteraars het, gee gereeld dekking aan die nuwe Christelike faksie. Die gee min of geen dekking aan die Ebuhleni faksie nie. LET WEL: Enige ander relevante voorbeelde van vooroordeel in die media rakende godsdienssake moet gekrediteer word. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 9 VRAAG 4 4.1  Tydens die apartheidsera is slegs die Christelike godsdiens as staatsgodsdiens aanvaar./ Die Christendom was die dominante godsdiens.  Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid.  Staatsfondse is gebruik om slegs die salarisse van sekere Christen- leraars te betaal.  In ʼn demokratiese Suid-Afrika geniet alle godsdienste gelyke status.  Religiestudies is ʼn NSS-vak wat verskillende godsdienste bestudeer.  Dit het Bybelkunde en ander vakke wat slegs op een godsdiens gefokus het, vervang.  Vryheid van godsdiens is in ons Grondwet verskans.  By alle staats- en amptelike byeenkomste, is gebede óf universeel óf multigodsdienstig van aard.  SA is ʼn sekulêre staat.  Godsdienstige verdraagsaamheid word bevorder.  Godsdienstige pluralisme word bevorder. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (18) 4.2 VOORBEELD 1: Judaïsme  Gelukkig is diegene wat geregtigheid handhaaf en te alle tye regverdig optree. (Tehillim/Psalm 106:3)  Wanneer ʼn vreemdeling in jou land woon, moet jy hom nie sleg behandel nie. (Levitikus 19:33)  Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskep nie? (Maleagi 2:19)  Judaïsme bevorder/moedig wedersydse respek aan.  Dit bevorder die toepassing van die reg tot waardigheid van almal.  Vaderskap in Judaïsme sluit alle nasies van die wêreld in (‘embrace’). LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens  Afrika Tradisionele Godsdiens glo in Ubuntu.  Dit leer dat ‘umntu ngumntu ngabantu’.  Dit bevorder respek vir alle mense.  Almal in Afrika Tradisionele Godsdiens word met waardigheid behandel.  Dit is ʼn stamgebaseerde godsdiens.  Dit veroordeel enige diskriminasie-handeling in die gemeenskap.  Dit veroordeel moord. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. Relevante leerstellings van hierdie en ander godsdienste moet aanvaar word. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 4.3  Godsdiensvryheid verwys na ʼn situasie waar verskillende godsdienste vry is om hul godsdiens uit te leef.  Elkeen het die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en opinie. Die godsdienstige regte van die ander moet egter te all tye gerespekteer word.  Godsdiensbeoefening kan by enige staatsinstelling plaasvind, mits dit op gelyke basis gebeur.  Bywoning moet vry en vrywillig wees.  Persone wat aan ʼn godsdienstige gemeenskap behoort, het die reg om dit te geniet om hul godsdiens uit te leef en om godsdienstige verhoudinge/assosiasie met ander instellings in die burgerlike samelewing te handhaaf. LET WEL: Enige relevante punte moet aanvaar word. (10) 4.4 VOORBEELD 1: Hindoeïsme  Die wet van ‘karma’ verwys na die gevolge van aksies of dade.  Dit leer dat ʼn persoon se aksies in die verlede vir sy/haar huidige omstandighede verantwoordelik is.  Elke persoon is verantwoordelik vir sy of haar eie toekoms en kan dit deur berou en goeie dade verander.  Hindoes glo dat mense verskil met betrekking tot die graad van geestelike verligting (‘spiritual enlightenment’) en daarom is hul meer verdraagsaam teenoor ander godsdienste.  Hindoes glo dat elke geloofstelsel, ongeag die aard daarvan, as ʼn mindere/meer geringe vorm van Hindoeïsme beskou kan word. VOORBEELD 2: Judaïsme  Wette wat Joodse gelowiges in staat stel en leiding gee oor hoe om verdraagsaam teenoor mense van ander godsdienste te wees.  ʼn Belangrike deel van Joods-wees is om diegene in nood te help.  Die versameling wette en reëls wat verwys na alle aspekte van Jode se lewens, word die Mitzvot genoem.  Judaïsme leer vergifnis van alle mense.  Dit leer ook dat alle mense gerespekteer/geag moet word.  Judaïsme leer mense van God se liefde. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 11 VRAAG 5 5.1 5.1.1 Die Program vir Christen-Moslem Verhoudinge in Afrika (PROCMURA)  Dit is die oudste, baanbreker intergeloofsorganisasie in Afrika.  Die fokus is spesifiek/veral op Christene se verhouding met Moslems.  Dit is in 1959 gestig.  PROCMURA probeer om die volgende binne die kerke in Afrika te bevorder: o Om die evangelie binne ʼn intergeloofsomgewing uit te dra. o Om konstruktiewe betrokkenheid by Moslems vir vrede te bevorder. o Van die programme wat die organisasie bestuur, is daar diegene wat gerig is op vroue, die jeug, opvoeding, vrede en versoening. (10) 5.1.2 Intergeloof Aksie vir Vrede (IFAPA)  Bring godsdienstige komitees, die burgerlike gemeenskap, die privaatsektor en regerings saam.  Dit sluit ook in die magtiging van vergaderings van godsdiensleiers wat IFAPA-besluite neem.  Sub-streek konferensies (‘summits’).  Stig en registreer nasionale takke.  Om intergeloofafvaardigings na konflikgebiede te stuur.  Het deelgeneem aan die wetgewende verkiesings in Togo.  Het uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en oorlewendes van Ethiopië, Suid-Soedan en Uganda gereël.  Het aan die ‘World Social Forum’ wat in Kenia in 2007 gehou is, deelgeneem.  Het die ‘IFAPA Women Network’ gestig.  Het die ‘Youth Network’ gestig.  Het die ‘A Mother’s Cry for a Healthy Africa’ van stapel gestuur. (10) 5.1.3 Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika (ACRL) / Ook bekend as ‘Religions for Peace’ (RFP)  In 2002 gestig en is die grootste en mees verteenwoordigende multi-godsdiensplatform in Afrika.  Die visie is om godsdienstige leiers en hul gemeenskappe saam te snoer in ʼn gesamentlike verbintenis tot vrede.  Die organisasie se rigtinggewende beginsels is: o Om godsdiensverskille te respekteer, op te tree teenoor diep- en wydgesetelde gedeelde morele belange en waardes. o Om die identiteit van elke godsdiensgemeenskap te behou. o Om die verskillende wyses waarop godsdiensdiens- gemeenskappe in Afrika georganiseer is, te respekteer. o Om multigodsdienstige strukture wat plaaslik gelei word binne die RFP-netwerke op die kontinent, te ondersteun. o Om die beginsels van verteenwoordiging, byvoeging en eenheid te behou. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 5.2 5.2.1 MIV en Vigs:  Vigs-pasiënte word versorg.  Vigs-pasiënte word ook ondersteun, meesal in gebed, deur lede wat verskillende godsdienste verteenwoordig. (4) 5.2.2 Antipornografie optog:  Verteenwoordigers van Suid Afrikaanse godsdienste sowel as hul volgelinge, het ʼn optog teen pornografie na die Parlement gelei, om ʼn skreiende aanval op dit te maak.  Hul glo dat dit hul morele plig is. (4) 5.2.3 Noodlyn ‘(Lifeline’)  Hierdie organisasie is betrokke by berading van almal wat behoefte daartoe het.  Hulle nooi ook deernisvolle en moedige individue om dialoog in elke gemeenskap te begin.  Die vrywilligers dra hulle skofte aan hul Opperwese op. (4) 5.2.4 Openbarevakansiedag-vieringe:  Almal neem aan openbarevakansiedag-vieringe deel en by die opening van funksies word gebede gedoen sonder dat daar teen enige godsdiens gediskrimineer word.  Die gebede kan deur ʼn ghoeroe, ʼn priester, ʼn pastoor of ʼn imam gedoen word.  Elke persoon kan sy/haar heilige dae vier sonder diskriminasie.  Werkers werk in die plek van die volgelinge van ander godsdienste op hulle feesdae. (4) 5.2.5 Multi-geloofsdienste:  Dienste wat in ʼn plaaslike kerk gehou word en alle gelowe word daarheen genooi.  Vier enige aspekte van menseregte. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar/gekrediteer word. [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all