Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V1
2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers _hlayiso.com_--5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428/v1-ef32fba796bba6c1b5b7/card.webp)





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 330.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions8 marks
- Question 1.5Common Features of Religion10 marks
- Question 1.6The Variety of Religions10 marks
Show all 15 questions
- Question 2.1Common Features of Religion12 marks
- Question 2.2The Variety of Religions16 marks
- Question 2.3The Variety of Religions12 marks
- Question 2.4Common Features of Religion4 marks
- Question 2.5Common Features of Religion6 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society30 marks
- Question 3.2The Variety of Religions20 marks
- Question 4.1Topical Issues in Society14 marks
- Question 4.2The Variety of Religions36 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C√ (1)
1.1.2 A√ (1)
1.1.3 B√ (1)
1.1.4 D√ (1)
1.1.5 A√ (1)
1.1.6 D√ (1)
1.1.7 B√ (1)
1.1.8 B√ (1)
1.1.9 C√ (1)
1.1.10 A√ (1)
(10 x 1) (10)
1.2 1.2.1 doop √ (1)
1.2.2 mantra √ (1)
1.2.3 moksha √ (1)
1.2.4 Tien Gebooie √ (1)
1.2.5 Hadj √ (1)
1.2.6 rituele √ (1)
(6 x 1) (6)
1.3 1.3.1 D√ (1)
1.3.2 G√ (1)
1.3.3 A√ (1)
1.3.4 E√ (1)
1.3.5 F√ (1)
1.3.6 B√ (1)
(6 x 1) (6)
1.4 1.4.1 Sikhisme √
Die ander is Abrahamitiese gelowe/godsdienste. √ (2)
1.4.2 Godheid √
Die ander verwys na 'n vergelyking tussen godsdienste/
gelowe./Konsepte wat dikwels in die konteks van godsdiens
gebruik word. √ (2)
1.4.3 Sanskrit √
Die ander behoort aan Islam. √ (2)
1.4.4 Bab √
Die ander behoort aan Hindoeïsme. √ (2)
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
1.5 1.5.1 • Die interpretasie/vertolking van heilige tekste/geskrifte. √
• Die woord kom van die Griekse woord hermeneuein wat
'vertolk' beteken. √ (2)
1.5.2 • Dit is 'n fundamentele geloof in Taoïsme. √
• Alle wêreldprosesse bestaan uit twee opponerende magte,
Jin en Jang. √
• Die Jang is aktief, lig, kragtig, manlik en die Jin is passief,
donker, toegeeflik en vroulik. √ (2)
1.5.3 • Dit is 'n plegtige belofte/gelofte/ooreenkoms/eed/waarborg.
• Dit word oor die algemeen aan Judaïsme toegeskryf.
• Die verbond/gelofte is deur God gemaak as 'n ooreenkoms
tussen Hom en die Jode. (2)
1.5.4 • Die woord kom van die Sanskrit, dit beteken 'ontwaakte' of
'verligte'. √
• Dit is as titel aan Siddhartha Gautama, die stigter van
Boeddhisme, gegee. √
• As gevolg van die Boeddhistiese geloof in reïnkarnasie is
daar 'n opeenvolging van Boeddhas, so daar is meer as een
Boeddha. √ (2)
1.5.5 Hierdie persoon staan as 'n sangoma bekend. √
•
Sy/Hy tree as tussenganger tussen mense en die voorvaders
•
op. √
• Sy/Hy kan 'n persoon se lot voorspel. √ (2)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (5 x 2) (10)
1.6 1.6.1 ONWAAR. √ Theravada beteken die 'Weg van die Oudstes' of
'Tradisie van die Oudstes'. √/
Mahayana-Boeddhisme beteken die Groot Weg/Groot
Voertuig. √ (2)
1.6.2 ONWAAR. √ Ubuntu skryf die morele/sedelike kode in die Afrika
Tradisionele Godsdiens voor. √/
Sinkretisme is die vorming van 'n nuwe godsdiens deur die
aspekte van verskillende godsdienste te kombineer. √ (2)
1.6.3 ONWAAR√. Shoghi Effendi (1897–1957) was 'n leier van die
Bahá'i-geloof. √ (2)
1.6.4 WAAR √√ (2)
1.6.5 ONWAAR. √ Hulle bereik Verligting of Nirvana. √/
Karma is die geloof dat elke daad/handeling 'n gevolg het wat
later in die huidige lewe of in 'n latere reïnkarnasie na vore kan
tree. √ (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B
VRAAG 2
2.1. 2.1.1 • Die woord beteken letterlik die 'wetenskap/studie van idees'.
Dit is 'n stelsel/stel idees/gelowe/oortuigings, (waardes en
menings wat die manier bepaal waarop 'n persoon of groep
optree, dink en die wêreld beskou.
• Vir mense sonder 'n godsdiens is hulle ideologie die wyse
waarop hulle die wêreld beskou en daarom is dit dalk 'n
plaasvervanger vir godsdiens (wêreldbeskouing).
• Voorbeelde: kommunisme/ Marxisme/ Fascisme/ nasionalisme,
demokrasie/ sosialisme. (4)
2.1.2 • Dit is 'n sinoniem vir godsdienstige leringe of gelowe/
oortuigings.
• Dit verwys na goddelike bevele.
• Voorbeeld: Moksha is bevryding van die voortgaande siklus van
reïnkarnasie in Hindoeïsme.
• Jesus Christus is die Seun van God in die Christelike
godsdiens.
• Daar is slegs een God (Allah) in Islam. (4)
2.1.3 • Godsdienste is nie in konflik nie, bestaan in vrede saam.
• Godsdienste werk saam tydens 'n humanitêre krisis.
• Voorbeeld: Godsdienste is verenig wanneer hulle saamstem
oor 'n lering, bv. 'n gevoel van eenheid/een wees met die
godheid is 'n belangrike deel van godsdienstige ervaring.
• 'n Godsdiens se identiteit skep daarbinne eenheid deur 'n
gevoel van behoort te skep. (4)
2.2 2.2.1 • Die naam van die godheid in Islam is Allah.
• Allah se eienskap/kenmerk is dat Hy nie 'n vader of 'n moeder
het nie en Hy het nie 'n seun of 'n dogter nie (Hy is nie gebore
nie en Hy is ook niemand se vader nie).
• Die heilige geskrif is die Koran.
• Dit is woordeliks deur die aartsengel Gabriel aan die
ongeletterde Profeet Mohammed gedikteer.
• Volgens hulle dieetvoorskrifte mag slegs kos wat 'halaal' is,
geëet word. (4)
2.2.2 • Die Christelike godsdiens glo in die Drie-eenheid; dat daar
slegs een God is en dat in hierdie een God drie persone is.
• Die drie persone van die Drie-eenheid is God die Vader, God
die Seun en God die Heilige Gees.
• Jesus is die Seun van God.
• Jesus is God self (in die vlees/liggaamlik).
• Jesus het aan die kruis gesterf en uit die dood
opgestaan/opstanding. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.2.3 • Hindoeïsme het baie gode en godinne wat aspekte van Brahma
verteenwoordig. Krishna, Shiva en Vishnu is voorbeelde.
• In Hindoeïsme word die siel as ewig en onveranderbaar
beskou.
• Hindoes het vier lewensdoelwitte: dharma (die weg van die
Hoër Waarheid), artha (verkryging van rykdom), kama
(sensuele genot) en moksha (verlossing van lyding).
• Daar is vier kastes/klasse/stande in die samelewing: priesterlik
(Brahmanas/Brahmins), heersers (ksjatris), werkers of
handelaars (vaisjes), bediendes (soedras).
• Daar is vier lewensfases (ashramas): student-, getroude,
aftrede- en die opsionele vroom-fase (sannyasins).
• Hindoes glo aan reïnkarnasie waar die siel deur 'n reeks
geboortes en sterftes gaan.
• Die siel word van geboorte tot dood en van dood tot geboorte
aangedryf in 'n voortgaande siklus wat samsara genoem word.
• 'n Unieke eienskap van Hindoeïsme is die konsep van
reïnkarnasie – hergeboorte in verskillende lewensvorms. (4)
2.2.4 Hulle sentrale idee is Tao, die naaste aan 'n idee van godheid.
•
Tao beteken 'die pad van die heelal'.
•
Alle wêreldprosesse is opgemaak uit die twee opponerende
•
magte van Jin en Jang, bv. haat en liefde.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (4)
2.3 2.3.1 • Voorvaders kommunikeer met lewendige familielede deur
middel van 'n tussenganger.
• Voorvaders mag via diere kommunikeer.
• Hierdie tussenganger word 'n sangoma/waarsêer genoem wat
'n volgehoue verhouding met die voorvaders verwesenlik.
• 'n Algemene manier om te kommunikeer, is deur drome en (4)
visioene.
2.3.2 • Die geloof dat die voorvaders die familie lei en beskerm,
versterk die familie, wat weer die gemeenskap versterk.
• Daar is 'n groot gevoel van verbondenheid en deurlopendheid
in die familie en die gemeenskap.
• Dit laat lede veilig voel want dit gee hulle 'n sterk gevoel van
identiteit en tuishoort.
• 'n Mens word aangemoedig om 'n kuise lewe te lei. Die
voorvaders, wat glo die mondstuk van die Skepper is, beloon 'n
mens hiervoor in hierdie wêreld. (6)
2.3.3 • Die Afrika Tradisionele Godsdiens het nie geskrewe geskrifte
nie.
• In plaas daarvan is daar 'n sterk mondelinge tradisie waar
vertelkuns (stories vertel) belangrik is.
• Die vertelkuns vervul dieselfde funksie as geskrewe tekste in
hierdie godsdiens.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.4 • 'n Mite is gewoonlik 'n 'grootskaalse' verhaal wat op 'n oordrewe manier
vertel word.
• Dit dra 'n geestelike waarheid oor.
• Dit verwys na 'n godsdienstige verhaal waarin die waarheid oor die lewe
onthul word, bv. oor die skepping van die wêreld en die lewe na die dood.
• 'n Gelykenis is 'n storie wat 'n sedeles/moraal leer.
• Anders as die groot skaal van 'n mite, behels 'n gelykenis enige soort
karakter, selfs 'n eenvoudige en gewone persoon.
• 'n Mite is gewoonlik kort.
LET WEL:Twee punte word toegeken vir ‘’mite’’ en twee punte vir’gelykenis’’ (4)
2.5 • Die drie Abrahamitiese gelowe/godsdienste – Judaïsme, die Christelike
godsdiens en Islam – is almal monoteïsties.
• Hulle word soms 'godsdienste van die boek' genoem omdat hulle almal glo
aan 'n goddelik geïnspireerde heilige geskrif/teks.
• Die heilige geskrif is baie belangrik in hierdie godsdienste en gevolglik
word daar groot klem op onderrig/kennis oordra/bestudering geplaas.
• Hulle staan as Abrahamitiese gelowe/godsdienste bekend omdat hulle
almal vir Abraham as 'n belangrike profeet erken.
• Hulle glo aan engele.
• Hulle glo aan die lewe na die dood.
• Hulle deel 'n gemeenskaplike geloof oor die skepping.
• Hulle glo aan die Laaste Oordeel van die mensdom.
• In al drie godsdienste word die dissipline van vas aangemoedig om
geestelikheid te kweek.
• Hulle glo aan die profete.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 • Ons lewe in 'n 'wêrelddorpie' van massakommunikasie en
sosiale netwerke. Die groei is moontlik 'n natuurlike deel van die
algemene toename in mediadekking oor alle sake/kwessies.
• Meer mense stel in godsdiens belang.
• Met makliker toegang tot inligting kan die leek die
'godsdienstige kundige' uitdaag en verantwoordelik hou. Dit lei
tot twispunte wat die publiek se belangstelling prikkel.
• Die media is 'n magtige instrument om inligting en leringe te
versprei en dit word deur godsdienste self vir hierdie doel
gebruik.
• Mense word deur nuuskierigheid en sensasionele stories
aangetrek.
• Die media gebruik dit om hulle nuus te verkoop en 'n wins
te maak.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (4)
3.1.2 • Sensasie verkoop wat weer winste laat styg.
• Hulle wil wins maak.
• Hulle het 'n gebrek aan ware/onvervalste inligting oor
godsdiens.
• Hulle is geneig om bevooroordeeld te wees.
• Hulle gebruik negatiewe stereotipes in verslaggewing.
LET WeL:geen krediet word gegee vir voorbeelde.
Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (4)
3.1.3 • Hulle moet sterk beleid en prosedures instel om hulle leiding te
gee oor hoe hulle moet optree en hoe hulle met die media
omgaan/handel.
• Godsdienste moet seker maak dat hulle lede protokol volg.
• Hulle moet 'n woordvoerder hê wat mediasake hanteer.
• Lede moet 'n hoë vlak van dissipline toon en verantwoordelik
wees.
• Hulle gedrag en positiewe gebruik van die media sal dien om
enige negatiewe verslaggewing teë te werk.
• Indien daar negatiewe verslaggewing is, kan hulle die media
gebruik om die ware feite te gee.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (6)
3.1.4 • Die media doen gewoonlik verslag vanuit 'n sekere perspektief
om die gewenste effek te verkry.
• Hulle kies die visuele materiaal wat hulle gebruik baie versigtig.
• Hulle hoofopskrifte trek ons aandag.
• Hulle taalgebruik is voorbedag/doelbewus om hulle siening te
ondersteun – toon, woordeskat, ens.
• Hulle doen onderhoude met gewilde en beroemde mense.
• Hulle kies waar 'n artikel in die gedrukte media geplaas word.
• Die herhaling van dieselfde boodskap op verskillende wyses
het gevolg dat die ontvanger oplaas die boodskap aanvaar, al is
dit onwaar.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.1.5 VOORBEELD 1: KONFLIKTE
Konflik in die Midde-Ooste en Afrika word as godsdienstig beskou,
bv. Israel/Palestina, Sirië, Iran, Libië en Nigerië.
• Israel/Palestina: Die stryd tussen die Jode en Palestyne is al
baie lank aan die gang en dit lyk nie asof daar 'n oplossing is
nie.
• Sirië, Irak: Die intragodsdienstige Moslem-konflik in hierdie
dele, met die betrokkenheid van ISIS, is 'n 'warm' onderwerp.
Dit het gelei tot die humanitêre krisis van vlugtelinge wat uit
hulle oorloggeteisterde lande vlug. Baie vlug na Noord-Afrika en
van daar op gevaarlike bote oor die Middellandse See na
Europa.
• Nigerië: Boko Haram, 'n Moslem-groep, het 'n aantal aanvalle
op burgerlikes en die regering uitgevoer.
WAAROM?
• Mense wil ingelig wees oor die konfliksituasies genoem.
• Hulle wil weet wat die vlak van godsdienstige betrokkenheid is.
• Die kwessies hierbo het humanitêre krisisse veroorsaak, bv. die
vlugtelingprobleem.
• As 'n joernalis wil ek die lyding van mense oopvlek en 'n
oplossing vir die probleem vind.
VOORBEELD 2: ANDER AKTUELE GODSDIENSTIGE SAKE
Sake van aktuele belang: welvaartsgodsdiens, blink ('bling-')
pastore, valse/foppastore.
WAAROM?
• As 'n joernalis wil ek die misbruik van godsdienstige mag
blootlê.
• Kwesbare mense word slagoffers in die naam van
God/godsdiens.
LET WEL: TWEE punte word toegeken vir elke kwessie,en (8)
TWEE punte word toegeken aan elke rede.
Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.
3.2 3.2.1 • Dit is onbevooroordeeld met 'n oop gesindheid./’n Persoon
behoort nie bevooroordeeld te wees nie.
• 'n Persoon vind uit oor 'n godsdiens slegs om te verstaan/
begryp en dit te waardeer.
• Daar is geen ander motief/rede soos om dit te veroordeel of te
vergelyk nie. (4)
3.2.2 • Die unieke dinge van 'n godsdiens maak dit anders as ander.
• Die unieke dinge van 'n godsdiens is die dinge wat die meeste
waardeer word.
• Volgelinge kan beskermend en verdedigend hieroor wees.
• Gevolglik is hulle maklik geaffronteer en ontstel as ander nie die
nodige respek toon nie.
• Mense vrees verskille.
LET WEL:Indien ‘n leerder slegs ‘n verbatim herhaal uit die
dialoog,moet ‘n maksimumvan TWEE punte toegeken word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.2.3 • Ben bewonder die diversiteit/verskille tussen godsdienste./Hy is
verdraagsaam teenoor ander religieë.
• Hy dink dat die unieke dinge van 'n godsdiens pragtig is.
• Hy dink dit is wat godsdiens wonderlik maak. (2)
3.2.4 • Shireen dink dat begrip en verdraagsaamheid 'n risiko kan
wees.
• Daar is geen sekerheid dat iemand op hulle beurt begrip en
verdraagsaamheid sal ontvang nie.
• Die ander godsdiens kan steeds moontlik probeer om haar
te bekeer.
• Dit kan 'n superieure houding inneem.
• Dit kan teen haar diskrimineer. (6)
3.2.5 BEN:
• Besoek aanbiddingsplekke van verskillende godsdienste.
• Ontmoet mense van verskillende gelowe/oortuigings.
• Sluit aan by 'n intergeloofsgroep.
• Ondersteun 'n intergodsdienstige liefdadigheidsorganisasie.
OF
SHIREEN:
• Doen stappe om jou kennis, begrip en/of ervaring van jou eie
geloof/godsdiens te verbreed.
• Wees verdraagsaam en respekteer ander godsdienstige
gelowe/oortuigings, selfs al stem jy nie met hulle saam nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 4.1.1 • Dit is 'n basiese reg wat aan elke mens sonder diskriminasie
gegee word.
• Dit word aan 'n mens gegee eenvoudig omdat hy/sy 'n mens is
wat 'n reg op menswaardigheid het. (4)
4.1.2 • Die uitspraak het godsdiensvryheid as 'n mensereg vir almal
(Konstitusie) bevestig toe daar verklaar is dat dit onwettig is om
'n spesifieke godsdiens, tot uitsluiting van ander godsdienste,
te bevoordeel.
• Die uitspraak het bevestig dat godsdiensbeoefening en
-uitdrukking by openbare skole mag plaasvind, onderhewig aan
drie voorwaardes onderhewig. Hierdie drie voorwaardes kom
presies met die Konstitusie ooreen.
Die drie voorwaardes is:
• 1. Dit moet plaasvind volgens die reëls wat deur die toepaslike
owerhede ingestel is (in die geval van 'n skool sou dit die
Skoolbeheerraad wees);
• 2. Dit moet op 'n billike grondslag plaasvind.
• 3. Bywoning moet vry en vrywillig plaasvind. (10)
4.2 4.2.1 • Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika
('PROCMURA')
• Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)
• Raad van Godsdienstige Leiers in Afrika (Religions for Peace)
('ACRL'/RP)
Let Wel:Aanvaar SA interreligieuse organisasie.Moet nie slegs
‘n humanitêre organisaie krediteer nie. (2)
4.2.2 • Parlement van die Wêreld se Godsdienste/Wêreldparlement
van Godsdienste
• Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WKGV)
Let Wel: Selfs globale interreligieuse humanitêre organisasie kan
aanvaar word.
(Enige EEN van die bogenoemde) (2)
4.2.3 VOORBEELD 1: PARLEMENT VAN DIE WÊRELD SE
GODSDIENSTE ('PWR')
• Kom vir die eerste keer in 1893 bymekaar. Dit het mense van
verskillende godsdienste saamgebring om in gesprek te tree.
• Dit word dikwels beskou as die begin van die moderne
bewustheid van positiewe intergodsdienstige verhoudinge.
• By die tweede vergadering 'n 100 jaar later is daar besluit dat
daar gereeld, ongeveer elke vyf jaar, sou bymekaarkom.
• Die dokument/verklaring oor wie hulle is en waarvoor hulle
staan, genoem 'Towards a Global Ethic', was 'n uitkoms van
hierdie tweede byeenkoms.
• Die aanvanklike idee van die PWR was ruimte vir godsdienstige
gesprek. Dit is as die behoefte van daardie tyd beskou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Daar was sedertdien vooruitgang ten opsigte van gesamentlike
optrede om maatskaplike probleme oor die hele wêreld aan
te pak.
• Opeenvolgende PWR'e het kwessies soos MIV/Vigs,
godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die uitwis
van eksterne skuld in ontwikkelende lande aangepak.
• Hulle het die Millennium Development Goals vir die uitwissing
van armoede ondersteun en ook insette gelewer.
• Ook by die Millennium Development Goals ingesluit, is
versoening, aardsklimaatsverandering en volhoubaarheid.
VOORBEELD 2: WÊRELDKONFERENSIE VAN GODSDIENSTE
VIR VREDE (WKGV)
• Die WKGV was betrokke by die oplei van gemeenskappe oor
die menseregte van die kind (Konvensie oor die Regte van die
Kind, die menseregte-ooreenkoms wat die algemeenste in die
geskiedenis bekragtig is).
• Dit het gehelp om versoening in Bosnië en Kosovo in Europa
te bring.
• Dit het tussen strydende groepe in Sierra Leone gemedieer.
• Dit het 'n internasionale netwerk van godsdienstige
vroueorganisasies daargestel.
• In vennootskap met ander organisasies, het dit Hope for
African Children gestig wat die probleem van kwesbare kinders
as gevolg van MIV/Vigs in Afrika aangepak. Dit sluit ook
wanvoeding, misbruik en uitbuiting, weeskinders,
skoolafwesigheid omdat hulle na siek gesinslede moet kyk en
armoede in. (10)
4.2.4 VOORBEELD 1: PARLEMENT VAN DIE WÊRELD SE
GODSDIENSTE ('PWR')
• Daar is 'n gesindheid van wedersydse respek, inklusiwiteit en
dialoog/gesprek.
• Struikelblokke tussen godsdienste is oorwin.
• Dit het van gesprek na handeling/optrede beweeg.
• Dit reageer op die behoeftes wat in die gesprek uitgedruk is.
LET WEL : Indien 4.22 verkeerd is,kan 4.2.3 en 4.2.4 slegs
gekrediteer word as daar duidelike verwysing is na EEN globale
interreligieuse organisasie.
VOORBEELD 2: WÊRELDKONFERENSIE VAN GODSDIENSTE
VIR VREDE (WKGV)
• Daar is 'n gesindheid van wedersydse respek, inklusiwiteit en
dialoog/gesprek.
• Godsdienste werk saam vir wêreldvrede.
• Dit is die grootste internasionale intergodsdienstige liggaam en
dit is op elke vasteland bedrywig.
• Uit hulle werk ten opsigte van versoening en mediasie in
konflikgebiede kan dit as 'n betroubare onderhandelaar beskou
word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
4.2.5 • By staatsfunksies, soos die opening van die parlement, die
inlywing van die President, ens. word godsdienstige leiers uit 'n
verskeidenheid godsdienste genooi om aan die seremonie deel
te neem.
• By openbarevakansiedagvieringe, soos Menseregtedag en
Erfenisdag, neem godsdienstige leiers van verskillende
godsdienste deel.
• Intergeloofsdienste word gehou.
• Daar is baie godsdienstige NRO's (nieregeringsorganisasies)
wat voorsien in die behoeftes van die kwesbares van alle
gelowe/oortuigings.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (6)
4.2.6 • Godsdiens kan mense se gedrag op positiewe en negatiewe
maniere beïnvloed.
• Dit is 'n baie individuele saak; mense het hulle eie wyses
waarop hulle dinge beskou en doen.
• Die meeste godsdienste leer goeie maniere.
• Hulle skerp waardes, soos sorg en respek vir jou naaste, in.
• Dit kan 'n baie positiewe invloed op 'n persoon se opvoeding en
vorming uitoefen.
• 'n Persoon kan egter onverdraagsaam met betrekking tot ander
godsdienste wees omdat trots, onkunde en selfs vrees.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428/v1-ef32fba796bba6c1b5b7/card.webp)
Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper