Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12201811 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2018 SSE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv 1.1.11 D. 1.1.1 Geloof in die bestaan van gode of 'n god: A Monoteïsme B Taoïsme C Teïsme D Dualisme (1) 1.1.2 Hindoe-geskrifte: A Vedas B Atman C Swami D Dharma (1) 1.1.3 Godsdienstige wette wat deur Ortodokse Jode gehoorsaam word, word … genoem. A Genesis B Halakhah C Sjaria D Sampradyas (1) 1.1.4 Die persoon wat in 632 AE met sy dood die Profeet Mohammed se opvolger was: A Ismael B Husain C Umar D Abu Bakr (1) 1.1.5 Die kollektiewe naam vir die primêre heilige geskrif van Judaïsme: A Die Tenach B Die Mahabharata C Die Tora D Die Shema (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2018 SSE 1.1.6 'n Geloofsteken van die Christelike geloof: A Eucharistie/Nagmaal B Kategismus C Sakrament D Geloofsbelydenis/Geloofsformulier (1) 1.1.7 Die lyn van herkoms van 'n voorouer na 'n persoon of 'n familie: A Literalis B Afkoms/Stamboom C Paternaal/Vaderlik D Voorganger (1) 1.1.8 'n Oortuiging/Geloof dat menslike aangeleenthede, eerder as bonatuurlike aangeleenthede, primêr belangrik is: A Kreasionisme B Humanisme C Evolusieleer D Godsdiens (1) 1.1.9 Albei hierdie godsdienste glo in reïnkarnasie en beoefen meditasie: A Hindoeïsme en Islam B Afrika Tradisionele Godsdiens en die Christelike geloof C Hindoeïsme en Boeddhisme D Judaïsme en Islam (1) 1.1.10 'n Godsdiens wat in die negentiende eeu in Iran ontstaan het: A Bahá'i-geloof B Afrika Tradisionele Godsdiens C Islam D Taoïsme (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2018 SSE 1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 'n Christelike inwydingsakrament wat water gebruik om die reiniging van sonde te simboliseer, staan as … bekend. (1) 1.2.2 'n Boeddhistiese frase of vers, wat glo van goddelike oorsprong is, wat in meditasie gebruik word, word 'n … genoem. (1) 1.2.3 In Hindoeïsme staan bevryding van die onafgebroke siklus van reïnkarnasie as … bekend. (1) 1.2.4 God het op die Berg Sinai die … aan Moses gegee as reëls waarvolgens die Joodse volk moes lewe. (1) 1.2.5 Die … is die Vyfde Pilaar en die jaarlikse pelgrimstog na Mekka. (1) 1.2.6 Formele godsdienstige optrede/handelinge met 'n seremoniële doel word … genoem. (1) 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Kastestelsel A die oudste volledige vorm van die Tripitaka 1.3.2 Kerkverbande B belangrike ritueel waar die gelowige God 1.3.3 Pali Kanon deur middel van meditasie ontmoet 1.3.4 Afgodediens C die noodsaaklikheid om versigtig te wees wanneer godsdiensvryheid beoefen word 1.3.5 Boetedoening D klassifiseer lede van die samelewing 1.3.6 Zikr volgens hulle beroepe E verering van iets wat 'n hoër mag verteenwoordig F 'n daad van toewyding om te wys dat jy dit berou dat jy 'n sonde gepleeg het G ander afdelings binne Protestantisme (6 x 1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2018 SSE 1.4 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE. VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe ANTWOORD: 1.4.5 Aartappel. Die ander is almal vrugte. 1.4.1 Islam; Christenskap; Sikhisme; Judaïsme (2) 1.4.2 Eendersheid; Vergelykbaarheid; Godheid; Verskil (2) 1.4.3 Imam; Sanskrit; Kalief; Muezzin (2) 1.4.4 Smartisme; Moksha; Bab; Shiva (2) 1.5 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE sinne oor ELK van die volgende konsepte: 1.5.1 Hermeneutiek (2) 1.5.2 Jin en Jang (2) 1.5.3 Verbond (2) 1.5.4 Boeddha (2) 1.5.5 Waarsêer (2) 1.6 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. 1.6.1 Theravada beteken die 'Groot Weg/Voertuig'. (2) 1.6.2 Sinkretisme spesifiseer die morele/sedelike kode in die Afrika Tradisionele Godsdiens. (2) 1.6.3 Shoghi Effendi (1897–1957) was 'n Moslem-leier. (2) 1.6.4 Die Tao waarvan vertel kan word, is nie die ewige Tao nie. (2) 1.6.5 Boeddhiste bereik karma deur 'n leeftyd van wysheid, meditasie en uitoefening. (2) TOTAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2018 SSE AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende konsepte en gee EEN voorbeeld van die betekenis daarvan: 2.1.1 Ideologie (4) 2.1.2 Leerstelling (4) 2.1.3 Eenheid (4) 2.2 Noem TWEE unieke eienskappe van ELK van die volgende godsdienste: 2.2.1 Islam (4) 2.2.2 Christenskap/Christelike godsdiens (4) 2.2.3 Hindoeïsme (4) 2.2.4 Taoïsme (4) 2.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VOORVADERGEESTE Dit kom voor asof 'n geloof in voorvadergeeste in suidelike en sentrale Afrika die prominentste is. Daar word algemeen geglo dat slegs diegene wat trou en 'n nageslag het om hulle te onthou, voorvaders word wanneer hulle sterf. [Bron: The Human Search for Meaning deur Kruger, Lubbe en Steyn] 2.3.1 In die Afrika Tradisionele Godsdiens, hoe kommunikeer die voorvaders met lede van die gemeenskap wat nog lewe? (4) 2.3.2 In DRIE sinne, verduidelik hoe geloof in die voorvaders tot voordeel van die Afrika-samelewing is. (6) 2.3.3 Vertelkuns (stories vertel) is baie belangrik in die Afrika Tradisionele Godsdiens. Gee 'n rede hiervoor. (2) 2.4 Wat is die verskil tussen 'n mite en 'n gelykenis? (4) 2.5 Godsdienste deel dikwels heelwat ooreenkomste. Noem DRIE gelowe/oortuigings wat die Abrahamitiese gelowe met mekaar gemeen het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2018 SSE VRAAG 3 3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GODSDIENS EN DIE MEDIA Godsdienstige dekking in die media is meer algemeen as vantevore, maar blykbaar is die algemene gesindheid dat dit slegs 'n goeie storie is as dit geloof in 'n negatiewe lig stel of as dit kontroversieel is. [Aangepas uit Religion Studies Grade 12 deur Steyn et al.] 3.1.1 Gee TWEE redes vir die groei in godsdienstige dekking deur die media. (4) 3.1.2 Gee TWEE redes waarom die media dikwels godsdienstige aangeleenthede 'in 'n negatiewe lig' stel? (4) 3.1.3 Wat kan godsdienstige organisasies doen om negatiewe mediadekking te voorkom? (6) 3.1.4 Beskryf strategieë wat die media gebruik om ons menings te beïnvloed. (8) 3.1.5 Veronderstel jy is 'n joernalis. Oor watter aktuele godsdienstige kwessies in die wêreld sou jy skryf, en waarom? (8) 3.2 Lees die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UNIEKHEID VAN GODSDIENSTE BEN: Dit belangrik dat ons elke godsdiens vanuit sy eie standpunt sal verstaan. Op hierdie wyse kan ons leer om elke godsdiens te waardeer en miskien sal daar minder konflik wees. SHIREEN: Die probleem is dat dit juis die dinge is wat ons uniek noem wat sosiaal verdelend kan wees en konflik veroorsaak. Byvoorbeeld, die Jode glo dat hulle God se 'uitverkore' volk is. Vanself- sprekend glo ander mense dit nie en dit kan tot konflik tussen Jode en mense van ander godsdienste lei. BEN: Ek sê steeds, as jy 'n godsdiens vanuit sy eie standpunt verstaan, dan kan jy sy bydrae meer waardeer. Jy begin om sy volgelinge te verstaan en wat jy gewoonlik vind, is dat daar baie unieke en wonderlike dinge oor godsdienste bestaan. Dan raak jy meer verdraagsaam teenoor hulle. SHIREEN: Begrip en verdraagsaamheid van een kant af beteken nie dat die ander kant dit sal navolg nie. Dit vat twee om vrede te maak. Jy voel dalk verdraagsaam teenoor mense van ander godsdienste, maar hulle wil jou dalk steeds bekeer, diskrimineer teen jou of hulle beskou hulle steeds as jou meerdere. BEN: Ek is meer optimisties as dit. Wanneer mense kan sien dat jy hulle geloof en waardes op prys stel en respekteer, is hulle meer gewillig om 'n opbouende bespreking te hê en om te leef en te laat lewe. Indien jy opregte belangstelling en respek toon vir wat ander mense glo, dan sal hulle dieselfde vir jou doen. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12, bl. 25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2018 SSE 3.2.1 Wat bedoel Ben wanneer hy sê dit is belangrik dat ons elke godsdiens 'vanuit sy eie standpunt' sal verstaan? (4) 3.2.2 Shireen sê 'dit is juis die dinge wat ons uniek noem wat sosiaal verdelend kan wees en konflik veroorsaak'. Wat bedoel sy hiermee? (6) 3.2.3 Ben het 'n ander standpunt oor die unieke dinge in 'n godsdiens. Wat is hierdie standpunt? (2) 3.2.4 Waarom het Shireen 'n versigtige en agterdogtige houding teenoor ander godsdienste? (6) 3.2.5 Wie se benadering tot ander godsdienste ondersteun jy, Ben of Shireen s'n? Noem EEN handeling, wat NIE alreeds in die dialoog genoem is NIE, wat jy kan uitvoer om hierdie benadering te ondersteun. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/2018 SSE VRAAG 4 4.1 Lees die twee bronne (BRON A EN BRON B) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A: GODSDIENS-, GELOOFS- EN GEWETENSVRYHEID 1. Elke persoon het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en mening. 2. Elke persoon het die reg op godsdiensbeoefening en -uitdrukking en aktiwiteite in staats- of staatsondersteunde instellings, soos dit deur die betrokke instelling gereguleer word en solank dit op 'n billike grondslag en vry en vrywillig plaasvind. [Bron: Handves van Regte in die Konstitusie van Suid-Afrika] BRON B: OGOD-UITSPRAAK Die Johannesburg Hooggeregshof het op 28 Junie 2017, in die saak van OGOD (Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie) vs. (teen) Laerskool Randhart & Andere, uitspraak gelewer. Volgens die hofbevel is dit onwettig vir 'n openbare skool om: • Die idee te bevorder dat 'n spesifieke godsdiens, tot uitsluiting van ander godsdienste, beoefen word; • Voorkeur aan een godsdiens bo 'n ander te gee. Aangesien die uitspraak al 24 000 openbare skole in Suid-Afrika raak, is dit belangrik om die praktiese implikasies daarvan te verstaan, in besonder die feit dat dit nie godsdiensbeoefening en -uitdrukking verbied nie. Wat is toelaatbaar? Die belangrikste punt is dat die Hof bevestig het dat godsdiensbeoefening en -uitdrukking by openbare skole, onderhewig aan die volgende drie voorwaardes, mag plaasvind: 1. Dit moet plaasvind volgens die reëls wat deur die Skoolbeheerraad ingestel is; 2. Dit moet op 'n billike grondslag plaasvind; 3. Bywoning moet vry en vrywillig plaasvind. Wat is ontoelaatbaar? Volgens die uitspraak mag geen openbare skool beweer dat dit eksklusief of selfs oorwegend een godsdiens is nie, dit mag ook nie een godsdiens bo 'n ander bevorder nie. [Aangepas uit JOY Magazine, Oktober 2017] 4.1.1 Wat word met menseregte bedoel? (4) 4.1.2 Met verwysing na die bronne hierbo, dui aan hoe die uitspraak aan die Konstitusie van Suid-Afrika voldoen. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/2018 SSE 4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE Intergodsdienstige verhoudinge is die beste manier om mense van verskillende rasse, klasse, kulture en godsdienste rondom 'n gemeenskaplike doel bymekaar te bring. Dit is omdat godsdienste oor die hele wêreld heen uit groot goed georganiseerde gemeenskappe bestaan wat daaraan toegewy is om mense in nood te help. [Aangepas uit Focus on Religion Studies Grade 12] 4.2.1 Noem enige EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in Afrika werk. (2) 4.2.2 Noem enige EEN wêreld- intergodsdienstige organisasie. (2) 4.2.3 Beskryf die werk gedoen deur die wêreld- intergodsdienstige organisasie wat in VRAAG 4.2.2 genoem is. (10) 4.2.4 Gee redes vir hulle suksesse. (6) 4.2.5 Noem DRIE maniere waarop intergodsdienstige verhoudinge tans in Suid-Afrika bevorder word. (6) 4.2.6 Bespreek hoe godsdiens mense se gedrag kan beïnvloed. (10) [50] TOTAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all