Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 315.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions12 marks
- Question 1.5The Variety of Religions12 marks
- Question 2.1The Variety of Religions34 marks
Show all 25 questions
- Question 2.2Common Features of Religion4 marks
- Question 2.3Common Features of Religion4 marks
- Question 2.4The Variety of Religions4 marks
- Question 2.5The Variety of Religions4 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society6 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society6 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society8 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.5Topical Issues in Society20 marks
- Question 4.1Topical Issues in Society8 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society8 marks
- Question 4.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.4Topical Issues in Society8 marks
- Question 4.5Topical Issues in Society32 marks
- Question 5.1The Variety of Religions16 marks
- Question 5.2Examinable Prior Grade Content6 marks
- Question 5.3Common Features of Religion12 marks
- Question 5.4The Variety of Religions4 marks
- Question 5.5The Variety of Religions12 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die Tao Te Ching is deur … geskryf.
A Chuang Tzu
B Yang
C Lao Tzu
D Confucius (1)
1.1.2 In die Afrika Tradisionele Godsdiens kan hierdie persoon dolosse
gooi in die uitvoering van sekere rituele:
A Indoena
B Hoofman
C Sangoma/Isangoma
D Intlabi (1)
1.1.3 Die oudste vertakking van Boeddhisme is …
A Theravada-Boeddhisme.
B Zen-Boeddhisme.
C Mahajana-Boeddhisme.
D Tibettaanse Boeddhisme. (1)
1.1.4 Die groot Hindoe-wysgeer, Krishna Dwipayana, het hierdie heilige
boeke saamgestel:
A Die Kitáb-i-Aqdas en die Mahabharata
B Prediker en Openbaring
C Die Pali Kanon en die Tripitaka
D Die Rig-Veda en die Samaveda (1)
1.1.5 Hou vas aan tradisionele, konvensionele waardes:
A Konserwatisme
B Sekularisme
C Confucianisme
D Dwaalleer/Kettery (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2018
NSS
1.1.6 Die Tenach in Judaïsme kom ooreen met hierdie deel van die
Christelike Bybel:
A Die Nuwe Testament
B Die Pentateug
C Die Handelinge van die Apostels
D Die Ou Testament (1)
1.1.7 'n Geestelike oefening om moksha te bereik, wat asembeheer en
spesifieke liggaamshoudings insluit:
A Mistisisme/Mistiek
B Meditasie
C Mantra
D Joga (1)
1.1.8 Elke mens in die heelal beheer sy/haar eie lot en word nie deur
enige ander persoon of enige hoër wese, soos 'n god, beheer nie.
Dit is 'n lering van …
A die Afrika Tradisionele Godsdiens.
B Hindoeïsme.
C Boeddhisme.
D die Bahá'i-geloof. (1)
1.1.9 'n Verklaring wat in 1993 deur die Parlement van die Wêreld se
Godsdienste aangeneem is:
A Die Handves vir Barmhartigheid
B Na 'n Wêreldetiek toe
C Millennium-ontwikkelingsdoelwitte
D Die Vryheidshandves (1)
1.1.10 Twee leiers van die Bahá'i-geloof was …
A Abdu'l-Baha en Bahá'u'lláh.
B Abdu'l-Baha en Abu Bakr.
C Bahá'u'lláh en Hermann Zimmer.
D Bahá'u'lláh en Maimonides. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2018
NSS
1.2 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.
VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe
ANTWOORD: 1.2.6 Aartappel. Die ander is almal vrugte.
1.2.1 Rooms-Katoliek; Baptis; Presbiteriaans; Metodis (2)
1.2.2 Fatwa; Shahada; Ilima; Wudu (2)
1.2.3 Psalms; Mites; Gelykenisse; Legendes (2)
1.2.4 Copernicus; Darwin; Galileo; Kepler (2)
1.2.5 Imam; Dominee; Rabbi; Martelaar (2)
1.3 Kies 'n item uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in
die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer
gebruik NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Die Tien Gebooie is op hierdie berg A voorvaders
aan Moses gegee
B Tenzin Gyatso
1.3.2 Hierdie vorm van Christelikheid het
sy oorsprong in Afrika C Inkwisisie
1.3.3 Familielede wat gesterf het en by die D pluralisme
geestesryk aangesluit het
E ateïsme
1.3.4 Die Dalai Lama, leier van
Tibettaanse Boeddhisme F Sinai
1.3.5 Die Rooms-Katolieke Kerk het in die G Afrika Tradisionele
15de eeu hierdie geregshof in Spanje Godsdiens
gevestig om teen dwaalleer/kettery
te waak H Afrika-geïnisieerde Kerke
1.3.6 Alle godsdienste is weë na die
waarheid en is ewe geldig
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.
1.4.1 Martin Luther King het die Hervorming begin. (2)
1.4.2 Die Aartsbiskop van Canterbury is die erf-hoof van die Anglikaanse
kerk. (2)
1.4.3 Om elemente van een godsdiens met elemente van 'n ander te
meng om 'n nuwe godsdiens te vorm, word fundamentalisme
genoem. (2)
1.4.4 Die Bahá'i-geloof is 'n stamgebaseerde godsdiens. (2)
1.4.5 Konserwatiewe Judaïsme is die oudste onderafdeling van
Judaïsme. (2)
1.4.6 Barmhartigheid is 'n godsdienstige viering/onderhouding wat
bedoel is om ons aan 'n heilige gebeurtenis te herinner. (2)
1.5 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.5.1 Die Kruistogte gedurende die Middeleeue was godsdienstige
oorloë wat tussen die Moslems en die … gevoer is. (2)
1.5.2 Die volgelinge van Hindoeïsme noem hulle godheid … (2)
1.5.3 Die Christelike godsdiens het in die 4de eeu die amptelike
godsdiens van die Romeinse Ryk onder Keiser … geword. (2)
1.5.4 'n Stelling oor hoe iets in 'n godsdiens waargeneem word, word 'n
beskrywende stelling genoem, maar 'n stelling oor hoe iets
veronderstel is om te wees, word 'n … stelling genoem. (2)
1.5.5 Volgens Taoïsme word die 'tienduisend dinge' deur die Drie
geproduseer en die Drie word deur die Twee geproduseer. Die
Twee is die … en … (2)
1.5.6 Die primêre bron van die Sjaria is die heilige geskrif, genoem
die … (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PARLEMENT VAN DIE WÊRELD SE GODSDIENSTE
Die eerste sitting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893
in Chicago gehou met die doel om 'n globale gesprek oor gelowe te skep.
Daar was sedert daardie geleentheid verskeie verdere Parlementsittings.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]
2.1.1 Wat is DRIE positiewe uitkomste van die eerste Parlement van die
Wêreld se Godsdienste? (6)
2.1.2 Verduidelik, in TWEE sinne, die frase 'globale gesprek oor gelowe'. (4)
2.1.3 Hoe verskil die parlement van 'n land van dié van die Parlement
van die Wêreld se Godsdienste? (6)
2.1.4 Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is maar net een
intergodsdienstige organisasie. Noem EEN ander
intergodsdienstige organisasie en bespreek die suksesse en
mislukkings daarvan. (12)
2.1.5 Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1999 in
Kaapstad gehou. Gee DRIE redes waarom Kaapstad gekies is. (6)
2.2 Verduidelik die verband tussen godsdienstige lering en godsdienstige
oortuiging. (4)
2.3 Noem TWEE verskille tussen doktrine/leerstelling en dogma. (4)
2.4 Verduidelik die volgende in die konteks van godsdiens:
2.4.1 Uniekheid (2)
2.4.2 Eenheid (2)
2.5 Gee EEN voorbeeld van die volgende:
2.5.1 Eenheid in 'n godsdiens (2)
2.5.2 Eenheid tussen verskillende godsdienste (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GODSDIENS EN DIE MEDIA
In verskeie studies oor godsdienstige dekking in die media was die belangrikste
gevolgtrekkings die volgende:
(a) Dekking het in die loop van die laaste dekade betekenisvol gestyg, maar dit
was baie negatief.
(b) Die houding teenoor ortodokse gelowe is meesal vyandig, maar teenoor
minderheidsgodsdienste is dit gunstig.
(c) Die persone met wie heel dikwels onderhoude gevoer word, is diegene wat
ortodokse godsdienste bevraagteken.
(d) Die politieke elemente van godsdienstige idees en instansies kry die meeste
dekking.
(e) Die stryd van vroue en minderhede kry ook baie aandag.
(f) Kwessies wat seksuele moraliteit behels, kry baie aandag.
(g) Teologiese en geestelike vrae word selde as nuuswaardig aangebied.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]
3.1. Wat verstaan jy onder die woord media? Sluit TWEE verskillende tipes media
by jou antwoord in. (6)
3.2 Bespreek gevolgtrekking (a) in die uittreksel hierbo en dui aan of dit vir
godsdiens voordelig is, of nie. (6)
3.3 Verwys na gevolgtrekking (b) in die uittreksel hierbo en beantwoord die
volgende vrae:
3.3.1 Verduidelik, in jou eie woorde, wat met ortodokse gelowe en
minderheidsgodsdienste in hierdie konteks bedoel word. (4)
3.3.2 Stel TWEE redes voor waarom die 'houding … meesal vyandig'
teenoor ortodokse gelowe is, maar 'gunstig' teenoor
minderheidsgodsdienste is. (4)
3.4 Verwys na gevolgtrekking (f) in die uittreksel hierbo. Bespreek EEN voorbeeld
hiervan wat jy in die media opgemerk het. (10)
3.5 Met betrekking tot godsdienstige dekking in die media, verduidelik wat met
ELK van die volgende bedoel word en gee 'n geskikte voorbeeld in ELKE
geval:
3.5.1 Stereotipering (4)
3.5.2 Vooroordeel (4)
3.5.3 Onpartydigheid (4)
3.5.4 Sensasionalisme (4)
3.5.5 Feitelike/Juiste weergawe (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MENSEREGTE
Die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte is in 1948 voorgelê en
deur regerings oor die wêreld heen geteken. In hierdie dokument word menseregte op
die inherente waardigheid van mense gebaseer.
[Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]
4.1 Godsdiensvryheid is 'n mensereg. Noem enige TWEE ander menseregte en
bespreek die verantwoordelikhede wat met ELKEEN geassosieer word. (8)
4.2 Wat sê die Suid-Afrikaanse Konstitusie oor godsdiensvryheid? (8)
4.3 Hoe toon Suid-Afrika godsdiensvryheid? (10)
4.4 Noem EEN land in die wêreld waar godsdiensvryheid geskend is. Verduidelik
die aard van die skending. (8)
4.5 Met verwysing na ENIGE van die godsdienste wat jy bestudeer het, noem
VIER leringe wat mekaar ten opsigte van ELK van die volgende ondersteun:
4.5.1 Menseregte (8)
4.5.2 Godsdiensvryheid (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5
5.1 Verduidelik ELK van die volgende en noem EEN godsdiens waarmee dit
geassosieer word:
5.1.1 Monoteïsme (4)
5.1.2 Sannyasin (4)
5.1.3 Ubuntu (4)
5.1.4 Dharma (4)
5.2 Identifiseer EEN algemene kenmerk van ELK van die volgende groepe:
5.2.1 Christelike godsdiens, Islam en Judaïsme (2)
5.2.2 Hindoeïsme en Boeddhisme (2)
5.2.3 Afrika Tradisionele Godsdiens en die Afrika-geïnisieerde Kerke (2)
5.3 Alle Moslems deel 'n gemeenskaplike stel oortuiginge (imaan). Noem SES
van hierdie oortuiginge. (12)
5.4 Vergelyk die konsepte van godsdiens en ideologie. (4)
5.5 Kies EEN godsdiens en bespreek DRIE van die unieke kenmerke daarvan. (12)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper