Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220184 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2018 NSS VRAAG 1 1.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GENADEDOOD Daar word gewoonlik gedink dat genadedood 'n kalm en maklike dood is vir iemand wat aan 'n pynlike, ongeneeslike siekte ly wat 'n lae lewensgehalte tot gevolg het. Genadedood kan gedoen word deur selfdood met hulp, vrywillige genadedood of gedwonge genadedood. [Bron: Religion and Life deur V Watton] 1.1.1 Verduidelik kortliks TWEE vorms van genadedood. (4) 1.1.2 Noem DRIE voordele en DRIE nadele van genadedood. (12) 1.1.3 Met verwysing na die relevante leringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die reaksie daarvan op genadedood. (10) 1.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Godsdienste verskil nie net van mekaar nie, daar is ook interne verskille binne godsdienste. [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12] Noem enige TWEE vertakkinge wat in EEN godsdiens bestaan en bespreek hulle verskille ten opsigte van: 1.2.1 Leringe (12) 1.2.2 Praktyke (12) [50] VRAAG 2 2.1 Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 2.1.1 Die aard van die wêreld (10) 2.1.2 Beloning en straf (10) 2.2 Vergelyk die rol van heilige tekste in Abrahamitiese en nie-Abrahamitiese godsdienste. (14) 2.3 Noem en bespreek enige VIER hermeneutiese beginsels. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3 3.1 Wat is die rol van inspirasie in die Afrika Tradisionele Godsdiens? (10) 3.2 Noem en bespreek die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing. (14) 3.3 Watter invloed het sekularisme op die huidige Suid-Afrikaanse Konstitusie gehad? (10) 3.4 Dink jy dat sekularisme 'n negatiewe invloed op die morele waardes van die samelewing het? Gee redes vir jou antwoord. (16) [50] VRAAG 4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Ek kan nie sien waarom my godsdiens en wetenskap nie positief kan saamwerk nie. 4.1 Vergelyk die wetenskaplike en die godsdienstige verklarings van hoe die heelal ontstaan het. (10) 4.2 Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe mense ontstaan het. (14) 4.3 Bespreek die verskillende reaksies van die volgende godsdienste op Darwin se evolusieleer: 4.3.1 Hindoeïsme (12) 4.3.2 Christenskap (14) [50] VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Ons vind deesdae in baie lande regdeur die wêreld mense van verskillende gelowe en praktyke wat saamleef. Dit kan soms konflik tussen godsdienstige gemeenskappe veroorsaak, veral as een van hulle meer mag of outoriteit in 'n samelewing het. [Bron: Focus on Religious Studies, Grade 12] 5.1 Identifiseer EEN gebied in enige plek in die wêreld waar daar moontlike godsdienstige konflik is. (2) 5.2 Bespreek kortliks die oorsake van konflik in die gebied wat jy in VRAAG 5.1 geïdentifiseer het. (12) 5.3 Speel godsdiens 'n belangrike rol in die konflik? Gee redes vir jou antwoord. (10) 5.4 Beskryf die huidige situasie in hierdie konflik. (10) 5.5 Watter praktiese stappe kan godsdienstige organisasies doen om hierdie konflik op te los? (16) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all