Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 367.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions12 marks
- Question 1.6The Variety of Religions6 marks
Show all 27 questions
- Question 2.1The Variety of Religions12 marks
- Question 2.2The Variety of Religions16 marks
- Question 2.3Common Features of Religion6 marks
- Question 2.4The Variety of Religions8 marks
- Question 2.5Common Features of Religion8 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society28 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society12 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.3Common Features of Religion10 marks
- Question 4.4The Variety of Religions10 marks
- Question 5.1Examinable Prior Grade Content2 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society4 marks
- Question 5.3Examinable Prior Grade Content4 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society6 marks
- Question 5.5Examinable Prior Grade Content6 marks
- Question 5.6Common Features of Religion6 marks
- Question 5.7Topical Issues in Society6 marks
- Question 5.8Examinable Prior Grade Content8 marks
- Question 5.9The Variety of Religions8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Konserwatisme is …
A 'n verklaring van die Wêreldparlement van Godsdienste.
B die vashou aan tradisionele, konvensionele waardes.
C die beskerming van menseregte.
D die manier waarop iemand of iets tipies optree. (1)
1.1.2 Volgelinge van Hindoeïsme noem hulle goddelikheid …
A Shema.
B Ishwara/Ishvara.
C Gandhi.
D Dharma. (1)
1.1.3 Betrokke by die bevordering van eenheid onder Christelike kerke:
A Hervormers
B Sendelinge
C Eucharistie
D Ekumenies (1)
1.1.4 Iemand wat tot 'n spesifieke geloof behoort of dit beoefen:
A Volgeling
B Opvolger
C Vrygemaakte
D Voorloper (1)
1.1.5 Die wedergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam word …
genoem.
A karma
B reïnkarnasie
C evolusie
D regressie (1)
1.1.6 'n Oortuiging wat van mense verwag om dit sonder enige twyfel te
aanvaar:
A Dogma
B Geloofsbelydenis
C Ideologie
D Leerstelling (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2023
NSS
1.1.7 In Afrika Tradisionele Godsdiens is die eersgebore man (inkulu)
die …
A persoon wat oor die bediening van kos in 'n ritueel toesig hou.
B leier in rituele uitvoerings.
C persoon wat verantwoordelik is om 'n dier te slag.
D persoon wat verantwoordelik is vir die gooi van bene in die
uitvoering van sekere rituele. (1)
1.1.8 Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is …
A David Suzuki.
B Siddhartha Gautama.
C Tenzin Gyatso.
D Imam Bukhari. (1)
1.1.9 Op die Bahá'i-kalender word die Negentiendagfees op die … dag
van elke maand gehou.
A laaste
B negentiende
C eerste
D sewende (1)
1.1.10 Moslems vas 'n maand lank gedurende …
A Hadj.
B Zakat.
C Muharram.
D Ramadan. (1)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 … is 'n konsep in Hindoeïsme wat sê dat jy nooit enige lewende
wese kwaad moet aandoen nie. (1)
1.2.2 'n Versameling heilige tekste en verhale van Boeddhistiese
oorsprong is die … (1)
1.2.3 Die wetenskap van die interpretasie van godsdienstige tekste word
… genoem. (1)
1.2.4 Godsdienstige vieringe wat bedoel is om mense aan heilige
geleenthede te herinner, word … genoem. (1)
1.2.5 In Afrika Tradisionele Godsdiens word daar na diepe respek of
eerbied vir die voorvaders as … verwys. (1)
1.2.6 'n Persoon wat Nirvana op eie meriete kan binnegaan, staan as …
bekend. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.3 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. MOENIE 'n antwoord meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Boeke wat absolute gesag in 'n A Tydperk van Aquarius
godsdiens het
B moksha
1.3.2 Hervormde Jode onderskryf
hierdie lering C kanon
1.3.3 Hulle glo dat, in die verre D mite
toekoms, hulle godsdiens die
enigste in die wêreld sal wees E Bahá'i-geloof
1.3.4 'n Tyd sal kom wanneer die F tikkun olam
mensdom moreel volmaak sal
wees G Messiaanse Tydperk
1.3.5 'n Toestand van die hoogste H reïnkarnasie
geestelike bevryding
1.3.6 Godsdienstige verhale waarin
diep waarhede oor die lewe
geopenbaar word
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2023
NSS
1.4 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede waarom die antwoord NIE pas NIE.
VOORBEELD: Rooi, Geel, Sirkel, Blou
ANTWOORD: Sirkel
REDE: Die ander drie is kleure.
1.4.1 Bahá'i-geloof, Judaïsme, Boeddhisme, Islam (2)
1.4.2 Talmoed, Lao-tzu, Boek van Mormon, Vedas (2)
1.4.3 Sanskrit, Shaktisme, Shaivisme, Vaishnavisme (2)
1.4.4 Koran, Shabbat, Shahadah, Hadith (2)
1.4.5 Modimo, Hadj, Ubuntu, Voorvaders (2)
1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.
1.5.1 Volgens die Taoïstiese siening ontstaan al die wêreldprosesse uit
tienduisend dinge. (2)
1.5.2 'n Soefi lei gemeentelike gebede in Islam. (2)
1.5.3 Pluralisme is die vermenging van verskillende godsdienstige
oortuigings, wat tot 'n nuwe geloofstelsel lei. (2)
1.5.4 Die term 'smriti' in Hindoeïsme beteken wat gehoor word. (2)
1.5.5 Halakhah is die Joodse lewenswyse wat in die Mitzvot uiteengesit
word. (2)
1.5.6 Die Boeddhistiese godsdiens het in China ontstaan. (2)
1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:
1.6.1 Ubuntu (2)
1.6.2 Ramakrishna (2)
1.6.3 Monoteïsties (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 In die konteks van godsdiens, gee 'n kort verduideliking van ELK van die
volgende konsepte:
2.1.1 Identiteit (4)
2.1.2 Verskil (4)
2.1.3 Ideologie (4)
2.2 Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:
2.2.1 Islam (4)
2.2.2 Christenskap (4)
.
2.2.3 Taoïsme (4)
2.2.4 Hindoeïsme (4)
2.3 Verduidelik die verband tussen godsdiensonderrig en godsdienstige
oortuiging. (6)
2.4 Wat leer tradisionele Afrika Tradisionele Godsdiens oor voorvaders? (8)
2.5 Noem die VIER Edel Waarhede uit die sentrale leringe van Theravada
Boeddhisme. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3
3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERENIGDE METODISTE KERK ('UNITED METHODIST CHURCH')
STEM OM DIE VERBOD OP GAY GEESTELIKE LEIERS TE HOU
Philadelphia, PA VSA, 26 Februarie 2019
Deur Emmanuel Abalo
Die Verenigde Metodiste Kerk ('United Methodist Church'/UMC) het Dinsdag
by 'n Spesiale Sitting in Missouri, die Verenigde State, gestem om sy
standpunt teen lesbiërs, biseksuele, gays, transgenders en gay geestelike
leiers* te behou. Verslae van verrigtinge wat deur African Star gemonitor
word, sê dat afgevaardigdes by die Spesiale Sitting van die tweede grootste
Protestantse denominasie van sowat 12,6 miljoen mense wêreldwyd aan die
einde van hulle vergadering gestem het om hulle teenstand teen
selfdegeslaghuwelike en gay geestelike leiers te behou.
Die besluit is 'n oorwinning vir die konserwatiewe vleuel van die Kerk wat
steun ontvang het van die Afrika Konferensie, wat gekant is teen enige
liberalisering van Kerk-leerstellings om die ordening van gay geestelike leiers
en die huwelike van selfdegeslagpaartjies moontlik te maak. Uitgesproke
afgevaardigdes van konserwatiewe gebiede in en buite die VSA het 'n
deurslaggewende rol gespeel om die 'Een Plan'-stroom te verslaan, wat deur
die Raad van Biskoppe ('Council of Bishops') ondersteun is as 'n manier om
die gay-kwessie te omseil en dit aan plaaslike bisdomme oor te laat om
daaroor te besluit. Afgevaardigdes het eerder gekies om die 'Tradisionele
Plan' goed te keur, wat 'n verbod op die ordening van gay geestelike leiers en
geestelikes wat huwelikseremonies van selfdegeslagpaartjies uitvoer, behou
het.
Ná die stemming het 'n afgevaardigde van die Verenigde Metodiste Kerk in
Liberië, Wes-Afrika, Eerwaarde Jerry Kulah, gesê: 'Die progressiewe groepe
is luidrugtig, maar hulle het nie die getalle nie,' en bygevoeg dat, as die
Verenigde Metodiste Spesiale Konferensie gestem het om LGBT**-insluiting
te aanvaar, dit 'n 'voorwerp van bespotting' in Afrika sou geword het. 'Ek is bly
om terug te gaan na ou vroue en ou mans in dorpies wat die Bybel by
sendelinge gekry het en hulle te laat weet dat die Bybel nie verander het nie,'
het die Liberiese Metodiste-prelaat*** gesê.
Die Algemene Konferensie en Metodiste wêreldwyd het hierdie omstrede
kwessie hanteer wat gedreig het om die Kerk te verdeel. Metodiste moet nou
daaraan werk om die seerkry en verdeeldheid te genees en te versoen na die
verbete stryd oor gay-kwessies.
*geestelike leier: aangewese godsdienstige leier deur middel van ordening
**LGBT: lesbies, gay, biseksueel, transgender
***prelaat: 'n kerkamptenaar met 'n hoër rang
[Bron: http:/www.africanstar.org, Februarie 2019]
3.1.1 Met verwysing na die artikel, wat beteken 'gay geestelike
ordening'? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2023
NSS
3.1.2 Gee die sienings van die volgende groepe in die Konferensie:
(a) 'Een Plan' (2)
(b) 'Tradisionele Plan' (2)
3.1.3 Gee moontlike redes waarom Afrika ten gunste van die
'Tradisionele Plan' was. (6)
3.1.4 Dink jy dat die besluit wat deur die Verenigde Metodiste Spesiale
Konferensie geneem is, in ooreenstemming met menseregte is?
Gee redes vir jou antwoord. (8)
3.1.5 Dink jy dat Emmanuel Abalo in sy verslag bevooroordeeld is? Gee
VIER redes om jou antwoord te staaf. (8)
3.2 Op watter maniere het die Suid-Afrikaanse media sy dekking van godsdiens
verander ná die demokratiese verkiesing van 1994? (10)
3.3 Die Bahá'i-geloof en Taoïsme is twee godsdienste wat min of geen dekking in
Suid-Afrikaanse hoofstroommedia ontvang nie. Gee SES moontlike redes
hiervoor. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4
4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KONFLIK IN NOORD-IERLAND
Deur Michael Hirst
BBC Nuus
Gepubliseer 14 April 2021
Byna 90 polisiebeamptes is beseer in Noord-Ierland se ergste straatgeweld in
jare, ná sporadiese oproer in verskeie dorpe en stede sedert einde Maart. Die
regerings in Belfast, Londen en Dublin het die onrus veroordeel, met die VSA
wat vir kalmte gevra het, aangesien die polisie vir die eerste keer in ses jaar
waterkanonne gebruik het. Agtien mense is gearresteer en 15 aangekla nadat
skares oorwegend lojalistiese jeugdiges rye onlustepolisiebeamptes en
voertuie met bakstene, vuurwerke en petrolbomme aangeval het.
Geweld, waarby bendes jeugdiges betrokke is, het op 29 Maart begin in 'n
gebied van Londonderry wat lojalisties is – ten gunste daarvan om Noord-
Ierland as deel van die Verenigde Koninkryk te hou. Die nag van 7 April het
die gevegte oorgespoel oor 'n sogenaamde vredesmuur in die weste van
Belfast, wat hoofsaaklik Protestantse lojalistiese gemeenskappe skei van
hoofsaaklik Katolieke nasionalistiese gemeenskappe wat 'n verenigde Ierland
wil sien. 'n Hek wat die twee skei, is oopgebreek en gedurende etlike ure van
wanorde is polisiebeamptes en 'n persfotograaf aangeval en 'n bus is gekaap
en verbrand.
Die botsings het kommer oor toenemende sektariese spanning laat ontstaan.
Dele van Noord-Ierland is steeds verdeel langs sektariese lyne, 23 jaar nadat
'n vredesooreenkoms grootliks 'n einde gemaak het aan Noord-Ierland se
Probleme ('Troubles') – wat byna 30 jaar geduur het en die lewens van meer
as 3 500 mense gekos het.
Alhoewel daar geen duidelike aanduidings is dat die onrus deur 'n
georganiseerde groep georkestreer word nie, is die geweld gekonsentreer in
gebiede waar kriminele bendes wat aan lojalistiese paramilitêre groepe
gekoppel is, beduidende invloed het.
[Aangepas uit https://www.bbc.com/news/uk-northern-ireland-56664378]
4.1.1 Op watter kontinent is Noord-Ierland geleë? (2)
4.1.2 Noem TWEE partye wat by hierdie konflik betrokke is. (4)
4.1.3 Verduidelik kortliks die oorsaak van verdeeldheid tussen die twee
strydende partye. (4)
4.1.4 Hierdie konflik kan as intra-religieus beskryf word. Wat beteken
intra-religieus? (2)
4.1.5 In watter mate is godsdiens deel van hierdie konflik? Motiveer jou
antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2023
NSS
4.2 Watter praktiese stappe kan godsdienstige organisasies volg om
godsdienskonflikte op te los? (10)
4.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
leringe daarvan oor oorlog. (10)
4.4 Noem VYF moontlike redes waarom Suid-Afrika geen intergodsdienstige
konflik het nie. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE GODSDIENSTIGE BASIS VIR MENSEREGTE, VERDRAAGSAAMHEID
EN RESPEK
In die vroeë 2000's was daar 'n opskudding in Frankryk toe jong Moslemmeisies
probeer het om skole by te woon terwyl hulle tradisionele Moslemdrag gedra het. Die
Franse sê: 'Jy is vry om jou godsdiens in godsdienstige of private geboue te beoefen,
maar nie op staatseiendom nie'. Tog dwing hierdie einste wet tradisionele Moslems om
teen hulle godsdiens, in Frankryk, te 'sondig'.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies, bladsy 206]
5.1 Watter tipe regering het Frankryk? (2)
5.2 Verduidelik kortliks die begrip godsdiensvryheid EN gee 'n voorbeeld. (4)
5.3 Hoekom, dink jy, word godsdienspraktyke nie op Franse staatseiendomme
toegelaat nie? (4)
5.4 Die scenario hierbo dui op 'n tydperk van godsdienstige onverdraagsaamheid
in Frankryk.
Verduidelik hoe godsdiensgemeenskappe op hierdie regeringsbeperkings kan
reageer. (6)
5.5 Dink jy godsdiens moet deur die staat gereguleer word? Motiveer jou
antwoord. (6)
5.6 Dink jy 'n sekulêre staat het groter respek vir menseregte as 'n godsdienstige
staat? Motiveer jou antwoord. (6)
5.7 Bespreek kortliks die kwessie van menseregte met spesifieke verwysing na
vrye meningsuiting. (6)
5.8 Noem TWEE moontlike nadele van ELK van die volgende:
5.8.1 'n Land wat 'n staatsgodsdiens het (4)
5.8.2 'n Land wat godsdiensvryheid bevorder (4)
5.9 Watter praktiese voorstelle kan jy, as jeugleier, aan die jeug van Suid-Afrika
gee om godsdienstige verdraagsaamheid te bou? (8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper