You're offline
Skip to content
Question paper

Religion Studies P2 Nov 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Religion StudiesGrade 12202316 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 1.1  Korrupsie speel 'n sleutelrol in die manier waarop georganiseerde misdaadgroepe funksioneer.  Korrupsie fasiliteer infiltrasie deur georganiseerde misdaadnetwerke in alle sektore van ons samelewings, politiek en wetstoepassing ingesluit.  Deur korrupsie kan misdadigers beskerming van openbare amptenare verkry, politieke besluite beïnvloed en staatstrukture en wettige besighede binnedring. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (6) 1.2  Beskerming en omkopery ondermyn die mensereg van gelyke toegang tot openbare dienste.  Ongekwalifiseerde familielede en vriende word aangestel om hoë posisies te beklee as gevolg van nepotisme. Die gevolglike swak prestasie lei tot swak dienslewering.  Korrupsie lei tot 'n gebrek aan basiese mediese voorrade aangesien fondse misbruik word. Dit lei tot verhoogde koste vir dienslewering.  Dit het ook substandaard dienste/werk tot gevolg.  Dit herlei beskikbare openbare hulpbronne tot in die hande van korrupte groepe binne die privaat sektor en in regeringstrukture.  Dit ondermyn politieke stabiliteit in die land omdat dit tot burgerlike onrus en die vernietiging van infrastruktuur lei.  Korrupte verskaffers gebruik minderwaardige materiaal in infrastruktuur- projekte of noodsaaklike voorrade. Dit lei tot swak infrastruktuur en 'n gebrek aan dienslewering. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12) 1.3  Ondoeltreffende wetstoepassing kan korrupsie in die openbare sektor bevorder.  Botsings van belange: 'n botsing tussen openbare plig en privaat belange van openbare amptenare lei tot korrupsie.  Swak bestuur kan 'n gevolg wees van 'n lae gehalte openbaresektor- bestuur, 'n gebrek aan aanspreeklikheid, swak wetlike raamwerk, 'n gebrek aan deursigtigheid in openbaresektor-prosesse en swak verspreiding van inligting.  Dit word ook veroorsaak deur mense te benut wat nie bevoeg is om senior poste te beklee nie.  Burokratiese regeringstrukture gee monopolie van mag aan amptenare.  Korrupte amptenare word nie gearresteer nie weens 'n gebrek aan politieke wil.  Dit is baie moeilik om iemand in die openbare sektor af te dank. Dit skep 'n kultuur van strafloosheid. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.4 VOORBEELD 1: CHRISTENDOM  'Moet julle nie langer laat mislei nie: "Slegte geselskap bederf goeie sedes".' (1 Kor. 15:33)  Dit beteken dat slegte mense goeie mense kan beïnvloed om korrup te word.  'Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.' (2 Pet. 1:4)  Dit beteken dat Christene moet waak teen wellus (gierigheid), wat tot misdaad en korrupsie lei.  'Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.' (Gen. 6:12)  Korrupsie lei tot vernietiging van die aarde.  'die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom wat hoort by die heerlikheid van die kinders van God.' (Rom. 8:21)  Dit beteken dat kinders van God vir die nuwe wêreld wag wat vry sal wees van korrupsie.  'Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here.' (Ps. 14:1). Korrupsie is vir God 'n gruwel.  'n Gebrek aan Godsbewustheid lei tot misdaad en korrupsie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. VOORBEELD 2: HINDOEÏSME  Karma – enige wens, passie, plesier van die sintuie, liefde of genot van die lewe. Mense betrek hulleself by korrupsie as gevolg van karma.  Gierigheid – Lobha. Dit is sonde om gierig te wees. Gierigheid lei tot korrupsie.  Gehegtheid – Moha. Mense wat korrup is, doen dit as gevolg van hulle gehegtheid aan rykdom.  Hindoes moet dharma bereik, die universele natuurwet wat konsepte soos geregtigheid, deug, moraliteit, geregtigheid, wet en plig integreer.  In Hindoeïsme is misdaad en korrupsie teen dharma.  Die leuse vir die Karma-joga-volgelinge is: 'Onselfsugtige diens aan alle wesens is aanbidding van God'. '  Misdaad en korrupsie is selfdienend en is nadelig vir ander. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.5  Hulle moet morele onderrig beklemtoon – leringe wat op hulle heilige tekste in hulle gemeenskappe gebaseer is.  Hulle moet geestelike kampe organiseer en praat oor die bekamping van korrupsie.  Godsdienstige organisasies moet internet (sosiale media), radio en televisie gebruik om misdaad en korrupsie te beveg. Hulle moet mense ontmoedig om by misdaad en korrupsie betrokke te raak.  Godsdienstige leiers moet gereeld dokumente vrystel oor sosiale krisisse en hoe om misdaad en korrupsie te beveg.  Hulle moet teenkorrupsieverenigings stig om die stryd teen korrupsie te bevorder.  Hulle moet lei deur hulle voorbeeld en nie korrupte leiers in hulle organisasies toelaat nie.  Hulle moet enige daad van korrupsie by die betrokke owerhede aanmeld.  Hulle moet pleit vir strenger vonnisse vir misdadigers. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATR)  Afrika Tradisionele Godsdiens erken dat daar lewe na die dood is.  Hulle glo dat wanneer 'n mens sterf, hy of sy na die land van die lewende dooies vertrek.  Vanuit hierdie plek waak hulle oor die dade van die lewendes, en beskerm of straf hulle.  Die lewende dooies verskyn aan die lewendes deur drome of visioene.  ATR-oortuiging is dat die dood hulle van die planeet Aarde af neem, maar dit neem nie die lewe van hulle weg nie.  Die dood verander hulle in onsigbare, maar lewende, wesens.  Die lewende dooies is in 'n geestelike vorm in die wêreld van die lewendes teenwoordig. VOORBEELD 2: JUDAÏSME  Judaïsme glo in lewe na die dood.  Jode glo dat in die tyd van die Mashiach, die dooies opgewek sal word.  Hulle hou vol dat wanneer mense sterf, hulle siele na 'n ander bestaan beweeg.  Hulle glo dat 'n mens 'n plek of 'n deel in die toekomstige wêreld verkry deur goeie dade in hierdie wêreld te verrig.  'n Geloof in die toekomstige wêreld is gebaseer op die oortuiging dat die siel, 'n uitvloeiing van God self, terugkeer na die plek van geestelike nabyheid aan sy bron.  In die hiernamaals is die hemel en die hel nie fisiese plekke nie, maar is deel van 'n geestelike werklikheid wat geen tyd of ruimte het nie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12) 2.1.2 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS  Hulle glo in die bestaan van 'n Opperwese.  Hy is Skepper van die heelal.  Die Opperwese kry verskillende name in verskillende dele van Afrika, bv. Bembe in Sentraal-Afrika.  Die Opperwese kommunikeer nie direk met die lewendes nie.  Kommunikasie word gevoer deur middel van tussengangers, genoem voorouers, ook bekend as die lewende dooies.  Die Afrika-houding teenoor die goddelike Opperwese is om stilte te handhaaf oor die onkenbare.  Afrika-stamme erken die bestaan van verskillende gode en godinne, bv. uNomkhubulwane deur die Zoeloe-nasie.  Die Opperwese word beskou as die bron van lewe en die uiteindelike oorsaak van die dood. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 6 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2: JUDAÏSME  Hulle glo in die bestaan van 'n Opperwese, genaamd Yahweh.  Hulle glo dat God alleen aanbid moet word.  God is die Skepper van die heelal.  God het Homself aan hulle voorvaders en profete geopenbaar.  God is die Gees, maar het die eienskappe van die mens.  Hy is ewig teenwoordig, deur die geskiedenis en verder.  God skep, oordeel, verlos voordurend en is persoonlik betrokke by die menslike lewe. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12) 2.2  Grammatika en Historiese konteks  Dit beteken dat die geskrifte verstaan moet word binne die konteks van die tyd en omstandighede waarin die teks geskryf is.  Duidelikste betekenis  Die betekenis wat vir die leser die duidelikste is, moet oorweeg word.  Plan, doel en konteks  Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet oorweeg word.  'n Uittreksel moet as deel van die geheel gesien word.  Bv. Is die skryfwerk in die vorm van poësie of prosa?  Betekenis van woorde  Die betekenis van woorde verander dikwels oor tyd en konteks.  Vir korrekte interpretasie moet die oorspronklike betekenis oorweeg word.  Figuurlike taal  Figuurlike taal word algemeen in heilige tekste gebruik.  Dit moet as sodanig geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik geïnterpreteer word nie.  Figuurlike taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese beginsels vir korrekte interpretasie.  Ander heilige tekste  Een heilige teks kan gebruik word om ander heilige tekste uit dieselfde godsdiens te interpreteer.  Dit is omdat daar konsekwentheid tussen die leerstellings van die godsdiens en sy heilige tekste is. LET WEL: Krediteer enige DRIE van die bostaande. (12) 2.3  In alle godsdienste dien mondelinge tradisie as 'n effektiewe manier om die oorspronklike boodskap van een geslag na 'n ander oor te dra.  Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in sommige godsdienste, bv. Afrika Tradisionele Godsdiens.  In ander godsdienste loop mondelinge tradisie steeds parallel met geskrewe tekste.  Mondelinge tradisie bied meer duidelikheid as geskrewe tekste, a.g.v. die vertelstyl.  Die vertellerketting is ook belangrik, want dit lei na die oorspronklike bron.  Mondelinge tradisie weerspieël plaaslike dialek en kultuur. Dit word dus makliker in elke kultuur verstaan.  Rituele in baie godsdienste sluit mondelinge tradisies in. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 7 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. Indien die kandidaat mondelinge tradisie definieer, maar nie die rolle daarvan bespreek nie, mag 'n MAKSIMUM van VIER punte toegeken word. (14) [50] VRAAG 3 3.1 3.1.1 VOORBEELD 1: BOEDDHISME  Theravada Boeddhisme  Mahayana Boeddhisme  Tibettaanse Boeddhisme  Zen Boeddhisme VOORBEELD 2: CHRISTENDOM  Rooms-Katolieke Kerk  Oosters-Ortodokse Kerk  Protestantisme (4) 3.1.2 VOORBEELD 1: BOEDDHISME THERAVADA BOEDDHISME  Theravada Boeddhisme glo in die leerstelling van anatman.  'Anatman' beteken dat die ego/self ons verhoed om verlig te word en nirvana te bereik.  Theravada Boeddhisme leer dat verligting kom deur 'n individu se pogings, en nie deur die ingryping van ander of enige gode nie. MAHAYANA BOEDDHISME  Hierdie tak glo dat daar nie iets soos 'n individuele, outonome self is nie. Alle wesens is verbind.  Volgelinge van Mahayana glo in kollektiewe verligting.  Mahayana Boeddhisme leer dat die motivering vir verligting deernis vir alle lewende dinge is.  Hulle leer volgelinge om bodhisattva (een wat tot diens is van die verligting van ander) te word. TIBETTAANSE BOEDDHISME  Die volgelinge van Tibettaanse Boeddhisme glo in die reïnkarnasie van afkoms van sekere lamas (onderwysers), soos die Dalai Lama.  Hulle glo dat Boeddha in menslike vorm kan verskyn.  Hulle glo in 'n panteon van Boeddha's, bodhisattvas en dharma- beskermers. ZEN BOEDDHISME  Hulle leer dat direkte kommunikasie, en nie skriftuurlike studie nie, die manier is om verligting te ervaar.  Hulle glo dat Zen die manier van lewe is en nie net 'n gewete- staat nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 8 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne  Hulle glo dat Boeddha 'n menslike vorm kan aanneem, soos in die persoon van Padmasambhava (die een wat Zen-Boeddhisme na Tibet gebring het). VOORBEELD 2: CHRISTENDOM ROOMS-KATOLIEKE KERK  Hierdie tak sien homself as die oorspronklike kerk van Christus.  Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.  Hulle glo dat die Pous die hoogste aardse gesag van die Rooms- Katolieke Kerk is.  Hulle glo dat die Pous onfeilbaar is. OOSTERS-ORTODOKSE KERK  Volgens die Oosters-Ortodokse Kerk kom die Heilige Gees slegs van God die Vader, en nie die Seun nie.  Hulle glo dat hulle die regte geleide kerk is.  Hulle leer dat niemand die mag het om Christelike leringe en tradisies te verander nie.  Hulle sien die Bybel as kanoniek. PROTESTANTISME  In Protestantisme het die Bybel meer gesag as die Pous.  Protestante leer dat rituele minder belangrik as geloof is.  Hulle glo dat geloof die sleutel tot verlossing is.  Verlossing is 'n geskenk wat gratis deur die werk van Jesus Christus, wat vir sondaars gesterf het, gegee word. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12) 3.1.3 VOORBEELD 1: BOEDDHISME THERAVADA BOEDDHISME  Monnike woon in kloosters, hulle bedel vir hulle kos en mediteer die meeste van die dag.  Theravada-monnike help en werk ook saam met leke gedurende belangrike lewensgebeure, soos geboortes, troues en begrafnisse.  Die bou van stupas (toringagtige strukture) is 'n algemene praktyk.  Die meeste praktyke word in die huis uitgevoer, alhoewel daar ook individuele en gemeenskaplike meditasie en kantillering/ dreunsang in die tempels is.  Hulle los altaaroffers van kos, wierook, kerse en blomme by die tempel, voor Boeddha se standbeeld. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 9 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne MAHAYANA BOEDDHISME  Hulle beoefen meer rituele as Theravada Boeddhisme, soos om hulleself neer te buig.  Slegs mense wat in kloosters woon, word toegelaat om meditasie te beoefen.  Leke word toegelaat om sang en gebed te beoefen. TIBETTAANSE BOEDDHISME  Praktyke sluit meditasie, rituele en dreunsang in.  Hulle gebruik metodes soos beswymings om verborge antieke geskrifte te vind/herwin.  Tibettaanse Boeddhistiese monnike dra oranje klere in hulle tempels. ZEN BOEDDHISME  Hulle beoefen meditasie om verligting (geestelike ontwikkeling) te verkry.  Hulle kies Zen-onderwysers om studente te lei in meditasie en die uitvoering van rituele.  Hulle beoefen dharma-oordrag (die oordrag van Boeddha se leringe van die meester na die studente). VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP ROOMS-KATOLIEKE KERK  Hulle seën hulle priesters in.  Hulle bely hulle sondes aan 'n priester.  Nonne en monnike trou nie.  Daar is geen ontbinding van die huwelik nie.  Hulle beoefen laaste rituele voor 'n persoon se dood. OOSTERS-ORTODOKSE KERK  Hulle spreek piëteit/vroomheid uit deur beelde van heiliges, genaamd ikone, te soen.  Hulle sien die hele Bybel as kanoniek.  Priesters wat ingeseën is, kan trou. PROTESTANTISME  Bywoning van Sondagdienste is baie belangrik in Protestantisme.  Nagmaaldiens word ook in baie vorme van Protestantisme beoefen.  Praat in tale in die Pinkster/Charismatiese kerke is kenmerkend.  Hulle het herlewingstent-kruistogte met die evangelie, om die verlorenes te bereik.  Genesingsdienste is ook algemeen.  Liefdadigheid word gesien as 'n uiterlike teken van innerlike genade, en nie as 'n manier om ' 'n mens se pad na die hemel te koop' nie. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 10 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 3.2 POSITIEWE GEVOLGE  Interne verskille maak voorsiening vir buigsaamheid in die interpretasie van heilige tekste.  Daar is potensiaal vir godsdienstige groei, wat voortspruit uit interaksie van onderafdelings.  Dit is ook meer tegemoetkomend omdat mense nie almal dieselfde is nie.  Interne verskille moedig verdraagsaamheid aan, aangesien verskillende sienings ook binne dieselfde godsdiens aanvaar word.  Hulle dwing die volgelinge om te fokus op wat gemeen is, eerder as die verskille.  Die hoofoortuigings bly onveranderd, maar praktyke kan verskil tussen onderafdelings van dieselfde godsdiens.  Bv. In Islam is die shahadah (getuienis dat Allah alleen waardig is om te aanbid, en dat Mohammed Sy Boodskapper is) ononderhandelbaar, maar verskille in regspraak en rituele bestaan wel.  In Afrika Tradisionele Godsdiens is voorvaderlike aanbidding ononderhandelbaar, maar rituele verskil baie oor die verskillende takke. NEGATIEWE GEVOLGE  Interne verskille verswak godsdienste.  Dit veroorsaak verdeeldheid in gemeenskappe en selfs gesinne.  Mense word onverdraagsaam, aangesien hulle verwag dat alle persone van een godsdiens dieselfde moet wees.  Interne verskille het tot intra-godsdienstige oorloë gelei.  Bv. Iran-Irag-oorlog/ Noord-Ierland.  Mense raak verward en verloor belangstelling in godsdiens.  Hulle kan hulle geheel en al tot 'n ander godsdiens bekeer.  Interne verskille het tot die toename in sekulêre humanisme gelei. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. 'n Maksimum van AGT punte kan toegeken word vir beide positiewe óf negatiewe gevolge. (12) 3.3 VOORBEELD 1: ISLAM  Die heilige skrif van Islam is die Koran.  Die Koran is die finale boodskap vir die mensdom wat deur die aartsengel Gabriël aan die profeet Mohammed gegee is.  Die Profeet het die openbaring mondelings met sy volgelinge gedeel.  Hy kon nie lees of skryf nie.  Die Koran word as die Woord van God beskou.  Die Koran is oor 'n tydperk van 23 jaar aan die Profeet geopenbaar.  Die Koran is in die Arabiese taal geopenbaar.  Voordat die Profeet gesterf het, het hy die hele Koran uit sy geheue opgesê.  Sy volgelinge het die Koran in die profeet se leeftyd neergeskryf.  Die boodskap en die leringe vervat in die Koran kan nie geskei word van die taal waarin dit geopenbaar is nie.  Die sekondêre geskrifte in Islam is die Hadith.  Hadith verwys na die woorde van Profeet Mohammed wat deur sy skrifgeleerdes opgeteken is en deur sy metgeselle onthou is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 11 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2: HINDOEÏSME  In Hindoeïsme geniet die oorspronklike klank van die gesproke woord absolute prioriteit.  Die mondelinge en geskrewe tekste het ontstaan uit die inspirasie wat teruggevoer kan word na 4 000 jaar gelede.  Die oorspronklike inspirasie is vir eeue mondelings oorgedra en selfs millennia voor die koms van gehoorde geskrifte (shruti).  Die gehoorde geskrifte word onderskei van sekondêre, afgeleide, menslik saamgestelde geskrifte, soos filosofiese interpretasies.  Hierdie onderskeid is egter nie absoluut nie.  Die samestellings, kommentare en interpretasies is later in die heilige tradisie van die Vedas ingesluit.  Die Brahamanas en die Upanishads het later samestellings, kommentare en interpretasies van die vroeëre versamelings geword.  Met verloop van tyd was daar ontwikkeling van die oorspronklike na die afgeleide na die verskillende klassieke filosofiese skole.  Voorbeelde van die klassieke filosofiese skole wat ontwikkel het, is: Nyaya, Vaishesika, Sankhya, Purva-Mimamsa, Joga en Vedanta.  Oor die jare was daar meer innoverende en gesaghebbende kommentators en her-interpreteerders.  Voorbeelde van die innoverende en gesaghebbende kommentators is Shankara en Vivekananda. (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 12 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 4.1 Bv. CHRISTENDOM EVOLUSIETEORIE  Christene glo dat God die skepper is  Die lewe ontwikkel in 'n proses, wat van alles wat in die hemel en op van eenvoudig na kompleks lei. aarde is.  Organismes verander geleidelik, om  Elke organisme is volgens God se by veranderende omgewings aan te plan geskape. pas.  Die evolusie van spesies was ook  Diegene wat die beste by hulle deel van God se plan (intelligente omgewing aanpas, word dominant. ontwerp).  Dit word 'natuurlike seleksie' genoem.  Die eerste mense was Adam en Eva,  Die lewe het nie binne 'n paar dae wat God op die 6de dag geskape het. ontstaan nie, maar gaan ongeveer  God het Sy gees in Adam geblaas, en 3 500 miljoen jaar terug. hy het lewend geword.  Die evolusieteorie beweer dat mense  Mense is na die beeld van God ontwikkel het uit 'n primaatvoorouer geskape. wat met ape gedeel word.  God het aan hulle die hoogste status  Mense het ook deur 'n lang proses van die hele skepping gegee. ontstaan wat oor miljoene jare strek  Adam en Eva het in die Tuin van totdat 'moderne' mense uiteindelik Eden gewoon. sowat 100 000 jaar gelede te  Mense is geskape sodat hulle God voorskyn gekom het. kan aanbid.  Volgens Darwin se teorie is mense maar net nog 'n dierspesie en het uit ape ontwikkel.  Darwin se teorie maak geen noeming van 'n skepper nie. (16) LET WEL: ‘N maksimum van AGT punte mag toegeken word vir elk van die Abrahamitiese godsdiens en Darwin se teorie. Ander relevante antwoorede moet gekrediteer word. • Hulle glo dat die heelal op evolusie gebaseer is. • Hulle glo dat hulle 'n meer gevorderde evolusieteorie as die wetenskaplike een het. • Hindoes glo dat die wetenskaplike teorie beperk is. • Dit fokus slegs op die fisiese perspektief van die skepping. • Hindoes glo dat mense oor hulle geestelike en fisiese evolusie beheer het. • Hulle glo dat, as 'n mens 'n goeie lewe lei, 'n mens deur baie wedergeboortes sal ontwikkel totdat jy fisies en geestelik gevorderd is.(reïnkarnasie) • Uiteindelik sal 'n mens bevryding uit die fisiese wêreld (moksha) bereik. LET WEL: Ander relevante antwoorede moet gekrediteer word. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 13 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 4.3  In Taoïsme kom die wêreld en alles daarin outomaties tot stand as deel van die aktiwiteit van die Tao.  Dit is nie beplan nie, maar dit is nie onbeplan nie.  Die Tao het nie bedoel dat die wêreld moet bestaan nie, en wou ook nie hê dat die wêreld nie moet bestaan nie.  Taoïsme weerspreek nie die Oerknal-teorie nie.  Wetenskaplik is die wêreld nie deur enige God of gode geskep nie, maar dit het toevallig gebeur. Die wêreld het eenvoudig te voorskyn gekom as 'n klein spikkeltjie in die enorme 'bak' van die skepping soos wat die Tao op sy pad verder gegaan het.  Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van skepping en vernietiging.  Dit stem ooreen met die Oerknalteorie wat sê dat daar 'n enorme ontploffing was.  Binne sekondes het die heelal verskyn en tot 'n enorme grootte gegroei.  Volgens die wetenskap is die heelal die heeltyd besig om uit te brei. Daar is geen rusperiode nie.  Die Taoïstiese siening van die heelal is baie op hulle waarneming van die natuurlike en menslike wêreld gebaseer.  Die Oerknalteorie is ook op waarneming van die natuurlike en menslike wêreld gebaseer.  Gevolglik Taoïsme se aanvaarding van die Oerknalteorie. (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. 'n Maksimum van SES punte kan toegeken word indien slegs Taoïsme of slegs die Oerknalteorie bespreek word. 4.4  Die Oerknalteorie het 'n alternatiewe verduideliking vir die skepping verskaf wat van die Kerk verskil.  Hierdie teorie het ook 'n verduideliking verskaf wat nie die idee van God vereis het nie.  Die invloed van hierdie teorie het die egtheid van die Bybel as 'n boodskap van God uitgedaag.  Die meeste mense het begin om die Genesis-weergawe van die skepping as simbolies te beskou.  Die teorie het daartoe gelei dat die Kerk die Bybel van naderby ondersoek het.  Die Oerknalteorie het die Kerk uitgelok om die wetenskap te bestudeer.  Die teorie het die Kerk in twee kampe verdeel: diegene wat die konserwatiewe siening huldig en die geskrifte letterlik interpreteer en diegene wat progressiewe liberale is.  Hulle sien baie dele van die Bybel as figuurlik. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 14 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1 5.1.1 VOORBEELD 1:  ISLAM  ATEÏSME  Ateïsme is 'n oortuiging wat die bestaan van 'n opperwese verwerp.  Sommige ateïste twyfel aan die bestaan van enige goddelike werklikheid, maar is nie besorg daaroor om die bestaan daarvan te weerlê nie.  Ander probeer aktief om godsdienstige leringe te weerlê.  Moslems glo in 'n universele God genaamd Allah.  Geloof in Allah is die basis van Islam.  In Islam moet mense die bestaan van Allah bevestig en erken.  Ateïste wend hulle dikwels tot die wetenskappe om die aard van die wêreld te verduidelik.  Die Koran gebruik wetenskap om God se bestaan te bewys.  Mense moet in ooreenstemming met Allah se goddelike wil lewe.  Ateïste gebruik intellek om tussen reg en verkeerd te onderskei.  Moslems stem glad nie met die leringe van ateïsme saam nie.  Terwyl ateïsme die bestaan van 'n opperwese ontken, is Islam se kerngeloof dat daar net een God is. VOORBEELD 2:  AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS  AGNOSTISISME  Die term 'agnostikus' kom van die Griekse woord 'gnosis' (kennis) en 'a' (sonder).  Agnostici beweer dat dit onmoontlik is om met sekerheid te weet of God/gode bestaan of nie.  Hulle is geneig om godsdienste en hulle leringe te verwerp.  Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe, veral oor daardie godsdienste wat beweer dat hulle ware kennis van die goddelike het.  Hulle redeneer dat as daar iets soos goddelike mag is, dit so groot is, dat dit hoër as mense se begrip is.  Hierdie aspek van agnostisisme word in Afrika Tradisionele Godsdiens gedeel.  In ATR is daar geloof in 'n Opperwese of God.  God word gesien as 'n groot krag wat uit die lewe van mense verwyder is.  ATR leer dat God hoër as mense se begrip of beheer is.  Afrika Tradisionele Godsdiens is teen die leringe van agnostici wat sê dat dit onmoontlik is om te weet of God bestaan.  In ATR is God beslis die objek van geloof, maar God kan nie intiem geken word nie.  Vandaar die rol van voorouers as tussengangers. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. 'n Maksimum van AGT punte kan toegeken word indien net een aspek van die vraag beantwoord is. Dit sluit die vier punte vir die benaming van die wêreldbeskouings uit. (16)s Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 15 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 5.1.2  Sekulêre sienings bevorder vryheid van gewete en geloof.  Hulle verskaf 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.  Die samelewing het nou die vryheid om die gesag van godsdienstige leringe te bevraagteken.  Sekulêre sienings het tot die ontwikkeling van die Universele Verklaring van Menseregte gelei.  Menseregte word as die basiese beginsels van moraliteit in die moderne samelewing beskou.  Sekularisme bevorder godsdiensvryheid en verdraagsaamheid, en aanvaar verskeie waardesisteme.  Met betrekking tot negatiewe invloed kan sekularisasie daartoe lei dat samelewings afstand doen van enige voordele wat met godsdienstige oortuiging en deelname verband hou.  Verhoogde sekularisasie lei tot verhoogde riskante gedrag, bv. dwelm- en alkoholverbruik.  Sekularisme het 'n invloed op medies-morele kwessies, soos voorbehoeding, aborsies en, oor die algemeen, die reg op lewe.  Dit het tot 'n afname in godsdienstige invloed in baie sfere van die samelewing gelei.  Daar kan geargumenteer word dat dit ook tot 'n afname in moraliteit gelei het. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (14) 5.2 5.2.1  Om godsdiensgemeenskappe, die burgerlike samelewing, die privaat sektor en regerings (parlementariërs) bymekaar te bring.  Magtiging van vergaderings van godsdiensleiers wat die IFAPA- besluite neem.  Om intergeloof-afvaardigings na konflik-risikogebiede te stuur.  Deelname aan die wetgewende verkiesing in Togo.  Om uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en oorlewendes van Ethiopië, Suid-Soedan en Uganda te organiseer.  Om die eerste kontinentale intergeloof-jeugberaadslaging te hou.  Die vorming van die IFAPA Women Network.  Deelname aan die Wêreld Sosiale Forum wat in Kenia gehou is (2007).  Stuur van 'n vroue-afvaardiging na Nordiese lande.  Om die Nakanyonyi Jeugvredekamp te organiseer.  Die vestiging van streekjeugnetwerke.  Die inwyding van die Landelike Waterprojek in Rwanda.  Die inwyding van die Mbagani Waterprojek in die Kwale-cost- distrik van Kenia.  Die bekendstelling van die 'Mother's Cry for a Healthy Africa'- inisiatief. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 16 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 5.2.2  VIGS-hulplyn: VIGS-pasiënte word versorg en ondersteun, dikwels in gebed, deur lede wat alle gelowe verteenwoordig.  Teen-pornografie-optog: Verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse godsdienste en hulle volgelinge marsjeer na die Parlement om 'n striemende aanval op pornografie te lewer, en hulle glo dat dit hulle morele plig is.  B'nai B'rith: Hierdie Hebreeuse term beteken 'Kinders van die Verbond'. Dit is 'n Joodse menseregte-, filantropiese en gemeenskapsaksie-organisasie.  LifeLine: Hierdie organisasie is betrokke by die berading van diegene wat hulp nodig het en gemeenskap.  Multigodsdienstige dienste: Bv. Dienste gehou in 'n plaaslike kerk en alle gelowe word genooi om deel te neem aan skenkings vir diegene in nood.  Tydens die vloede van 2022 in KwaZulu-Natal het volgelinge van verskillende gelowe saam gereageer deur tente, komberse, kos, boumateriaal, ens. te skenk (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. 'n Maksimum van SES punte kan toegeken word vir die noem van drie krisisse. 'n Verdere 2+2 punte kan toegeken word vir enige TWEE punte wat bespreek word. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Religion Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all