You're offline
Skip to content
Memorandum

Religion Studies P2 Nov 2015 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Religion StudiesGrade 12201513 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye. . Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 1 1.1 1.1.1 VOORBEELD 1: HINDOEÏSME • Vir baie lank het Hindoeïsme nie werklik vertakkings gehad nie aangesien daar geen sentrale beheer/bestuur was nie. • Verskillende tale is gebruik en verskillende gode is aanbid. • Oor die hele Indië heen het oortuigings en rituele egter wel verskil. • Daar is vier verskillende denominasies/sektes van Hindoeïsme. • Dit is Shaïvisme, Vaishnavisme, Shaktisme en Smartisme. • Hulle deel almal gemeenskaplike oortuigings maar verskil met betrekking tot praktyk. • Shaïvisme is monoteïsties. Shiva word aanbid as die Opperwese. Shiva word as beide skepper en vernietiger/verwoester beskou. • Vaishnaviete aanbid Vishnu as oppergod. • Hy word as 'n liefdevolle en goedhartige godheid beskou. • Vaishnavisme is ook monoteïsties, maar hulle bly meer getrou aan die antieke tekste van die Vedas. • Shaktisme is die enigste denominasie wat 'n oppergodin, Shakti, aanbid. • Smartisme is 'n alles omvattende geloof: dit leer dat alle paaie na die een god lei. • In die twintigste eeu het drie groot hervormingsbewegings ontstaan. • Sulke bewegings word neo-Hindoe-bewegings genoem. • Dit is die Brahmo-, die AryaSamaj- en die Ramakrisna- missies/vertakkings. • Neo-Hindoe-bewegings heg meer waarde aan die dien van die mensdom (seva). • Tradisionele Hindoeïsme leer dat die behoorlike uitvoer van rituele van die grootste belang is. VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS • Daar is drie hoofvertakkings van die Christelike godsdiens. • Dit is die Katolieke, Oosters-Ortodokse en Protestante Kerke. • Die Afrika Inheemse Kerke is ‘n onderafdeling van die Christendom. Dit is uniek aan Afrika. • Die Katolieke Kerk beskou homself as die oorspronklike kerk van Christus. • Hulle leer dat almal in sonde gebore is, omdat Adam en Eva God se bevel nie gehoorsaam het nie. • God bestaan uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees (d.i. die Drie-eenheid). • Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun. • Volgens die Oosters-Ortodokse Kerk, kom die Heilige Gees slegs van God die Vader en nie van die Seun nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg gelei word ('rightly guided'). • Die oppergesag van die Pous word nie erken nie. • In Protestantisme het die Bybel meer gesag as die Pous. • Rituele/Kerkgebruike is minder belangrik as geloof. • Dit leer dat geloof die sleutel tot verlossing is. • Verlossing is 'n geskenk wat vrylik deur die werke van Jesus Christus gegee word. • LW.: Indien ‘n kandidaat nie al die onderafdelings van ‘n gekose godsdiens bespreek nie, word ‘n MAKSIMUM van 12 punte toegeken. Ander relevante feite moet aanvaar word. (16) 1.1.2 VOORBEELD 1: HINDOEÏSME • Oorspronklik is elke tempel onafhanklik deur die plaaslike gemeenskap bestuur. • Dit het gestrook met die feit dat Hindoeïsme 'n 'sambreel' van verwante, maar verskillende, oortuigings/gelowe en praktyke was. • Rituele/Kerkgebruike is ook nie voorgeskryf nie, dit is deur die plaaslike priesters bepaal. • Verskille met betrekking tot bestuur is duideliker in Hindoe- gemeenskappe buite Indië. • Dit bestaan uit beide tradisionele en neo-Hindoe-bewegings en albei word deur 'n gemeenskaplike bestuursliggaam verteenwoordig. • In Suid-Afrika is die Hindoe Maha Sabha so 'n liggaam. • Hierdie liggaam verteenwoordig beide Noord- en Suid-Indiese Hindoe-gemeenskappe. • Daar is ook streeksorganisasies met 'n linguistiese en kulturele fokus, bv. Gujarati, Telugu, Hindi, ens.) VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS • In die Katolieke Kerk word Rome (die Vatikaan) as die middelpunt van politieke beheer beskou. • Die hoof van die kerk is die Pous. • Daar word gesê dat Sint Petrus die eerste pous was. • Die Katolieke Kerk het baie ordes van monnike, nonne, ordebroeders en priesters. • Hierdie ordes word streng deur die Vatikaan beheer. • 'n Gemeente/Parogie is 'n gebied waaroor 'n spesifieke priester en kerk gesag het. • Konstantinopel word tradisioneel as die sentrum van politieke beheer deur die Oosters-Ortodokse Kerk beskou. • Hulle invloed is hoofsaaklik in die Midde-Ooste, Oos-Afrika, Griekeland en Rusland. • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe. • Daar is nie net een persoon wat die leier is nie. • Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Daar word geglo dat gesag en die genade van God direk na Ortodokse biskoppe en geestelikes deur 'handoplegging' deurgegee word. • 'n Bisdom is 'n groep gemeentes onder die leierskap van 'n biskop. • LW.: Indien ‘n kandidaat nie al die onderafdelings van ‘n gekose godsdiens bespreek nie, word ‘n MAKSIMUM van 10 punte toegeken. Ander relevante feite moet aanvaar word (14) 1.2 • In sommige godsdienste sal hierdie verskille meer wyd verspreid wees. • 'n Voorbeeld hiervan is Islam. • Die Sunni-Shi'a-konflik beïnvloed al die huidige Midde-Oosterse konflikte. • In Sirië word die Assad-regering deur die Shi'a-Hizbollah-groep in Libanon ondersteun. • Sunni-regerings, soos Saoedi-Arabië, ondersteun Sunni-militante. • Aangesien die Shi'a- en die Sunni teenoorgestelde kante ondersteun, is die konflik 'n Shi'a-Sunni-konflik. • Die konflik in Sirië was oorspronklik 'n politiese konflik wat daarop gemik was om die Assad-regering omver te werp. • In ander dele van die Moslem-wêreld, waar daar geen eksterne konflik is nie, is daar vreedsame saambestaan tussen die Sunni en Shi'a, bv. in Iran, Turkye. • In die Christelike godsdiens is daar egter pogings tot multikerklike samewerking. • Dit is die hoofdoelwit van die Wêreldraad van Kerke. • In die Christelike godsdiens is daar ongeveer 3 000 denominasies (kerkverbande). Die gevolg is groter verdraagsaamheid. • Oosterse godsdienste, soos Boeddhisme en Hindoeïsme, het ook baie vertakkings en dit laat groter verdraagsaamheid toe. • Daarby is hierdie godsdienste ook meer verdraagsaam teenoor mense wat van godsdiens of godsdienstige sekte verander. LET WEL: Geskikte voorbeelde van ander godsdienste moet krediet kry. Die kandidaat moet egter moontlike scenario's, met geskikte voorbeelde, illustreer. ‘n Minimum van TWEE godsdienste moet bespreek word. (10) 1.3 • Hedendaagse inspirasie verwys na inspirasie wat vandag steeds plaasvind. • Dit verskil van die inspirasie van die stigters van die groot godsdienste, aangesien hierdie inspirasie dikwels in die heilige geskrifte van die godsdiens aangeteken is. • Dit was spesifieke inspirasie vir uitverkore individue (Profete/ Boodskappers). • Die jongste inspirasie wat in 'n heilige geskrif aangeteken is, is dié van Baha'u'llah (19de eeu). • Daar is geen spesiale voorwaardes vir hedendaagse inspirasie nie: geen nuwe heilige geskrif is voortgebring nie. • Die gevolg is dat hedendaagse inspirasie in die moderne samelewing algemeen geword het. • Die gevolg is dat talle nuwe kerkverbande gestig word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • 'n Voorbeeld hiervan is in die Christelike godsdiens, waar interne verskille besig is om te vergroot. • In die Afrika Tradisionele Godsdiens is hedendaagse inspirasie nie anders as in die verlede nie. Daarom dra dit nie tot interne verskille by nie. • Dis omdat sjamaans vandag, net soos in die verlede, bestaan. • Etlike onderverdelings en wêreldbeskouings kom nou na vore. LET WEL: Geskikte voorbeelde van ander godsdienste moet krediet kry. Die kandidaat moet egter moontlike scenario's, met geskikte voorbeelde, illustreer. ‘n Maksimum van 4 punte moet toegeken word vir die bespreking van inspirasie. Indien die beinvloeding nie bespreek word nie ‘n maksimum van 8 punte toegeken. (10) [50] VRAAG 2 2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • Die Christelike godsdiens glo aan die bestaan van die Goddelike Opperwese wat as God bekend staan. • God het Homself as drie persone gemanifesteer (Drie- eenheid). • God die Vader, as die Skepper van die heelal. • God die Seun, die Verlosser en Bevryder van die mensdom. • God die Heilige Gees word as die Raadgewer vir Christene beskou. VOORBEELD 2: BOEDDHISME In die meeste vertakkinge is daar nie ‘n direkte verwysing na ‘n opperwese nie • Die meeste vorms van Boeddhisme aanvaar die bestaan van wesens wat magtiger as mense is. • Hierdie wesens, wat langer as mense leef, kan losweg 'gode' genoem word. • Boeddhisme leer ons dat alles tydelik/verganklik is, selfs gode. • Alle Boeddhiste moet op hulle eie verligting (geestelike ontwikkeling) vind. • Hulle doen dit deur die Boeddha se bevele te volg. • Hulle kan tot 'n plaaslike godheid bid. • LW.: ander relevante feite moet gekrediteer word. (10) 2.1.2 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • Volgens die Christelike godsdiens het God nie die bose geskep nie. • God het 'n perfekte wêreld en perfekte mense geskep. • Die bose het later ter sprake gekom toe Adam en Eva nie God se bevele gehoorsaam het nie. • Hierdie tipe ongehoorsaamheid word in die Christelike godsdiens sonde genoem. • Christene glo dat die bose dikwels deur Satan gebruik word om mense te beïnvloed om teen God op te staan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 6 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VOORBEELD 2: BOEDDHISME • Volgens Boeddhistiese opvattings is die bose nie 'n probleem nie, maar onkunde/onwetendheid is wel. • Boeddhisme beskou mense as basies goed, maar onbewus van hulle potensiaal. • Die bose het geen oorsprong nie aangesien die werklikheid self nie 'n oorsprong het nie. • Wêrelde verrys, duur vir 'n rukkie en verdwyn dan. • Boeddha verskyn in hierdie wêrelde om vir mense te wys hoe om aan die lyding wat deur die werklikheid gekenmerk word, te ontsnap. • LW.: ander relevante feite moet gekrediteer word (10) 2.2 2.2.1 • Die teorie doen aan die hand dat alle lewe uit primitiewe vorms ontwikkel/ontstaan het en aanhou om aan te pas en te ontwikkel. • Spesies bevat 'n groot verskeidenheid klein verskilletjies. • In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies voorkeur geniet terwyl dié wat nie liggaamlik geskik is nie, met moeite gaan oorleef. • Op hierdie wyse kan 'n spesie geleidelik sy vorm verander en meer ingewikkeld word deur langs/met 'n pad van suksesvolle variasies te ontwikkel. • Die evolusieleer beweer dat mense saam met ape uit 'n gemeenskaplike primaatvoorouer ontwikkel het. (10) 2.2.2 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • Die Christelike godsdiens betwyfel dit geensins dat God die heelal as deel van Sy goddelike plan vir die mensdom geskep het nie. • Die boek Genesis beskryf hoe God die wêreld in ses dae (die sewende dag het Hy gerus) geskep het. • God het Adam en Eva geskep dus is daar geen plek vir die evolusieleer in die skepping nie. • Darwin se werk is deur die kerk as omstrede beskou. • Die teorie word soos volg gekritiseer: o In die mens se geskiedenis is daar geen bewyse dat nuwe spesies ontwikkel het nie. o Daar is geen bewyse dat een spesie uit 'n ander een ontwikkel het nie. o Die pogings om nuwe spesies deur kruisteling te skep, neig om onsuksesvol te wees omdat die kruisings nie kan voortplant nie. o Christene redeneer dat sekere aspekte van die skepping te ingewikkeld is om bloot deur natuurlike seleksie te kon plaasgevind het. • Baie Christene los die konflik op deur te beweer dat die Bybel simbolies, en nie letterlik nie, vertolk moet word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 7 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VOORBEELD 2: BOEDDHISME • Baie Boeddhiste redeneer dat die evolusieleer en Boeddhisme saamstem. • Daar is geen weergawe van skepping in Boeddhisme nie. • Boeddhiste gee nie om wat wetenskaplikes sê oor hoe die heelal en mense ontstaan het nie. • Hulle glo dat alle lewe voortdurende transformasie en evolusie behels. • Boeddhiste glo al lank voor Westerse wetenskaplikes aan evolusie. • Boeddhiste glo ook aan die kontinuïteit van alle lewende wesens. • Hulle het dus nie 'n probleem met die idee dat mense uit meer primitiewe primaatvorms ontwikkel/ontstaan het nie. • Hulle geloof in Nirvana is 'n goeie voorbeeld van lewenstransformasie en evolusie. • Boeddhisme het geen 'intelligente ontwerper' wat vir skepping verantwoordelik is nie. Dit is waarom hulle geen probleem met evolusie het nie. • Boeddhisme glo aan onwesenlikheid (geen deel van die mens is onsterflik nie), so hulle het nie 'n probleem met evolusie nie. • LW.: ‘n Maksimum van 12 punte word toegeken indien die kandidaat nie die godsdienstige reaksie aan Darwin se teorie (20) verbind nie [50] VRAAG 3 3.1 • Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur die onverantwoordelike gebruik van chemikalieë (plaagdoders en kunsmis). • Dit word ook deur die oormatige verbranding van fossielbrandstowwe veroorsaak. • Dit verhoog die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer. • Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en vervoer lei tot die kweekhuis-effek/aardverwarming. • Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg wat tot klimaatsverandering lei. • Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die storting van afvalprodukte in oop areas (grondbesoedeling). • Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing want dit lei tot gronderosie. • LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word. (10) 3.2 • Die weer en klimaat het verander (aardverwarming). • Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele planeet. • Verwoestyning neem toe, veral in Afrika. • Dit lei tot voedseltekorte. • Daar is 'n gat in die osoonlaag en dit veroorsaak temperatuurstygings. • Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur lugbesoedeling veroorsaak word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 8 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin om by die steeds wisselende omgewing aan te pas nie. • Sommige spesies sterf uit as gevolg van klimaatsverandering. (10) • LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word 3.3 • Godsdienstige organisasies moet gevorm word wat omgewings- vernietiging in hulle areas sal identifiseer en daarteen sal veg. • Hulle moet praktiese veldtogte teen omgewingsvernietiging organiseer, bv. waterversameling, hernubare energie, voedseltuine, ens. • Hulle moet hulle volgelinge inlig oor die belangrikheid van natuurbewaring. • Godsdiensleiers moet in regeringstrukture wat omgewingskwessies hanteer, verteenwoordig wees. • Alle godsdienstige organisasies moet onderkomitees hê wat natuurbewaring/omgewingsbeskerming bevorder. • LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word (10) 3.4 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • Die Christelike godsdiens leer dat die mens na die beeld van God geskape is, om die aarde namens God te regeer. • Die mens is verantwoordelik vir elke skepping en moet aan God verantwoording doen. • In die boek Genesis het God Adam beveel om die tuin te versorg (daarin te werk). • God het beveel dat die land ook die Sabbat (Sabbatsjaar/rusjaar) tot eer van die Here sal heilig as 'n manier om die land/aarde te bewaar. (Lev.:25:2–4). • God veroordeel die vernietiging van vrugdraende bome selfs wanneer 'n oorlog gevoer word (Deut. 20:19). • In die boek Jeremia waarsku God teen die vernietiging van die natuur en wilde diere (Jer. 9:9–11) • Die Bybel veroordeel die vernietiging/doodmaak/mishandeling van diere (Habakuk 2:17). • Die wêreld is vir die Here, die aarde en die aardbewoners daarom moet ons na ons omgewing omsien/dit versorg. • In die boek 2 Konings blyk dit dat die Profeet Elisa 'n waterkrisis, wat deur besoedeling veroorsaak is, herstel/regmaak. • Die Here Jesus Christus het voorbeelde uit die natuur in Sy leringe oor die koninkryk van God gebruik. VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS • Die AmaZulu het die godin van die natuur wat uNomkhubulwane genoem word. • Nomkhubulwane word genader wanneer daar natuurrampe plaasvind. • Hulle glo dat sy halfwoud/-bos en halfland/-grond is. • Om die omgewing te beskerm is 'n teken van gehoorsaamheid aan Nomkhubulwane. • Verskillende mites word aan die jonges vertel sodat hulle die natuur kan respekteer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 9 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • As jy in die rivier urineer, sal jy na die teenoorgestelde geslag verander, wat 'n manier was om te keer dat die water besoedel word. • Om die grond/land onnodig te brand, is 'n strafwaardige oortreding in die Afrika Tradisionele Godsdiens. • Hulle glo aan tradisionele medisyne wat van kruie en sommige diere gemaak word, so plante en diere beteken lewe vir die Afrika Tradisionele Godsdiens. • Hulle glo dat die voorvaders verskillende diere as hulle boodskappers gebruik om met die lewendes te kommunikeer, bv. bye. • Die Afrika Tradisionele Godsdiens was die bewaarder van die natuur in Afrika voor kolonisasie. (20) • LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word [50] VRAAG 4 Indien ‘n kandidaat meer as een godsdien in vraag 4 dek, word die ander godsdienste gekrediteer. 4.1 VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS • Christene glo dat Jesus Christus die Seun van die lewende God is. • Sy leringe is eers mondelings na Sy Apostels oorgedra. • Die Apostels was ooggetuies van die lewe en leringe van Christus. • Na die dood en opstanding van Christus het hulle begin om Sy boodskap, die evangelie, te versprei. • Die evangelis van die Christelike woord/leer het die eerste vier boeke van die Nuwe Testament aangeteken. • Die vier boeke is na hulle skrywers, Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, vernoem. • Na die Here se hemelvaart is Sy Apostels met die krag/mag van die Heilige Gees gevul en het hulle die mag van die evangelie vertoon. • Die handelinge/optrede van die apostels is deur Lukas, die skrywer van hierdie evangelie, in die boek Handelinge van die Apostels aangeteken. • Die ander boeke is deur die Apostel Paulus as briewe aan verskillende persone en kerke geskryf. • 'n Paar ander was briewe deur verskillende apostels aan destydse Christene. • Al hierdie geskrifte is op verskillende tye, deur verskillende mense, om verskillende redes geskryf. • Die boeke is later versamel en deur die kerk as geloofwaardig aanvaar. • Die kerk het dit versamel om 'n nuwe boek, die Nuwe Testament, te ontwikkel. • LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word (20) 4.2 VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS • Hermeneutiese beginsels verwys na die vertolking van heilige tekste. • Dit behels die bestudering van 'n geestelike teks in sy konteks. Die volgende faktore moet ook in ag geneem word: o Watter soort geskrif is dit? Wanneer is dit geskryf? Wie het dit geskryf? Wat was die omstandighede toe dit geskryf is? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 10 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Die volgende is enkele beginsels van hermeneutiese vertolking: o Grammatika en historiese konteks: Dit beteken jy moet die grammatikareëls en die historiese feite gebruik om 'n teks te vertolk. o Duidelikste betekenis: Jy moet die letterlike betekenis van die teks gebruik en indien nodig ook ander betekenisse. o Plan, doelwit en konteks: 'n Skryfstuk moet as 'n geheel beskou word. Wat is die skryfplan of struktuur? Wat was die skrywer se doelwit met die skryf van die teks? Wat is die konteks van die gedeelte wat bestudeer word? o Betekenis van woorde: Met verloop van tyd en in verskillende plekke verander die betekenis van woorde. Vind die oorspronklike betekenis uit, soos wat dit in die normatiewe bron gebruik is. o Figuurlike betekenis: Figuurlike en nieletterlike betekenisse moet in ag geneem word. o Ander heilige tekste: Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste te vertolk. o LW.: ‘n Maksimum van 8 punte word toegeken waar ‘n kandidaat slegs die hermeneutiese beginsels lys. (14) 4.3 VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS • Inspirasie verwys na die 'asem' (mag/krag, kennis) van 'n buitengewone wese of mag. • Bv. God wat iemand oorneem en hom/haar met goddelike kennis inspireer. • Die meeste boeke in die Bybel is deur mense geskryf wat op goddelike wyse deur die Heilige Gees geïnspireer is. • Byvoorbeeld Abraham, Moses, Dawid, Profete en Apostels. • Hierdie figure se inspirasie is deur die kerk as direk en onmiddellik aanvaar. • Daar word geglo dat hulle die boodskap van God ontvang het. • Die Profete het die toekoms van die wêreld deur goddelike inspirasie voorspel. • Inspirasie deur die Heilige Gees word steeds ten opsigte van leiding in die kerk gerespekteer. • Die 'geïnspireerde leringe' vorm die grondslag van die Christelike godsdiens en is in die Bybel geïnkorporeer. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 11 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 5 5.1 • In welvarende Westerse gemeenskappe is daar min behoefte aan gebed. Mense se lewens is gerieflik en hulle voel dat hulle nie 'n god nodig het nie. • Godsdiens word vir talle oorloë blameer, veral in Europa, bv. die Spaanse Inkwisisie en die Kruistogte. Dit het veroorsaak dat mense geloof in godsdiens verloor het. • Die Protestantse beweging het talle godsdiensoorloë in Europa ontketen, met elke kerk en koning wat probeer het om 'n spesifieke soort Christelike godsdiens aan ander voor te skryf. • Godsdienstige inmenging in die politiek het ook tot konflik gelei. Dit was die Prins van Oranje wat eerste die skeiding van kerk en staat bepleit het. • Onaanvaarbare gedrag deur godsdiensleiers het ontnugtering onder hulle volgelinge veroorsaak, bv. kindermishandeling deur Katolieke priesters, uitbuiting van armes deur Hindoe-priesters, ens. • Wetenskaplike ontdekkings, soos die heliosentriese verklaring van planetêre beweging, het godsdienstige leringe in twyfel getrek/uitgedaag. • LW.: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word (10) 5.2 VOORBEELD 1: AGNOSTISISME EN ATEÏSME • Agnostisisme is 'n beskouing dat die bestaan van 'n god nie bewys of weerlê kan word nie. • Mense het eenvoudig nie die nodige kennis nie. • Daarom heg agnostisisme geen waarde aan godsdienstige idees nie. • Aan die ander kant is ateïsme 'n ontkenning van die bestaan van 'n god of Opperwese. • Daar is verskillende grade van ateïsme. • Party ateïste twyfel eenvoudig aan die bestaan van 'n god, maar het nie daarby belang om dit te bewys nie. • Dit kan 'sagte ateïsme' genoem word. • Dit is baie dieselfde as agnostisisme. • Sterk ateïste probeer om te bewys dat goddelike wesens nie bestaan nie. • Hulle wend hulle na die wetenskap om die aard van die wêreld en die heelal te verklaar. • Sommige ateïste verwerp godsdiens omdat hulle godsdiens vir oorloë en ander dade van geweld blameer. VOORBEELD 2: HUMANISME EN MATERIALISME • Humanisme, of sekulêre humanisme, het aanvanklik 'n beroep op mense gedoen om hulle intellek te gebruik om openbaring te verstaan. • Dit was in teenstelling met die droë, Middeleeuse manier waarop daar na geskrifte gekyk is. • In die 19de eeu het humanisme ateïsme of 'n nie-godsdienstige beskouing beteken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 12 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Die Sekulêre Humanistiese Verklaring omvat 'n alternatiewe filosofie tot godsdiens. • Dit moedig vrye ondersoek, vry van godsdienstige dogma, aan. • Dit streef na vryheid in alle aspekte van die lewe, geestelik, ekonomies en sosiaal. • Dit bepleit die gebruik van die rede/verstand (logika en ondersoek) om kennis en die waarheid te ontwikkel. • Materialisme is soortgelyk aan humanisme deurdat dit slegs kennis wat by die fisiese wêreld bekom is, aanvaar. • Dit ontken die bestaan van 'n goddelike of bonatuurlike ryk. • In die 19de eeu het Karl Marx godsdiens as 'n dwelmmiddel beskryf. • Dit het mense mislei om onderdrukking te aanvaar. In plaas daarvan het hy die ontwikkeling van 'n klaslose samelewing bepleit waarin alle werknemers en werkgewers gelyk sou wees. • Beide Humanisme en Materialisme beskou logika as die antwoord op al die mensdom se uitdagings. • Beide beskou godsdiens as 'n hindernis tot die mens se bereiking van sy volle potensiaal. • Party wetenskaplikes redeneer dat onlangse ontdekkings oor die eienskappe van materie ernstige uitdagings vir materialisme bied. • Hulle beweer dat materialisme nie die konsep van die verstand of bewussyn kan verklaar nie. (20) • Daar is geen wetenskaplike beswaar teen humanisme nie. LET WEL: Die kandidaat kan enige twee van die vier sekulêre wêreldbeskouings kies. 'n Maksimum van 16 punte moet toegeken word as daar geen vergelyking van die twee wêreldbeskouings is nie. 5.3 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • Christene glo in die bestaan van 'n Opperwese bekend as God. • God manifesteer Homself as die Skepper van die heelal. • In die begin was daar niks behalwe chaos nie. • God het toe beveel 'Laat daar wees' en die skepping het plaasgevind. • Die hele heelal is in ses dae geskep. • Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-eenheid klaar was met die skepping. • Christene verwerp die idee dat die heelal per ongeluk geskep is. LET WEL: Die Christelike godsdiens, Judaïsme en Islam het feitlik identiese beskouings van hoe die heelal geskep is. VOORBEELD 2: TAOÏSME • Volgens Taoïsme is daar geen skepper van die heelal nie. • Taoïsme verklaar die skepping van die heelal deur Jin en Jang. • Dit is kragte wat teenoor mekaar werk, soos lig en donkerte of manlik en vroulik. • Die Tao (universele krag of patroon) skep/lewer die Een. Die Een skep/lewer die Twee (teenoorgesteldes). • 'n Kombinasie van die twee skep/lewer die Drie. • Taoïsme praat nooit van die begin of die einde van die heelal nie. • Dit praat bloot van die deurlopende wisselwerking tussen Jin en Jang. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 13 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VOORBEELD 3: HINDOEÏSME • In Hindoeïsme word die heelal self as die Skepper beskou. • Die Skepper is ewig/nimmereindigend. • Die Skepper bestaan in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand. • In die passiewe toestand het die heelal geen vorm nie. • Wanneer die Skepper aktief raak (danstoestand), vind differensiasie in die heelal plaas en 'skepping' begin. • Die siel van die Skepper versprei deur alles, onder andere mense. • Die dans van die Skepper stop na 'n baie lang tyd. • Dan stort die heelal en alles daarin ineen. • Wanneer die Skepper weer begin dans, herhaal die siklus weer. • Dit gaan vir ewig aan. • LW.: Enige TWEE verskillende reaksies mag deur die kandidaat bespreek word. ‘n Maksimum van 10 punte word toegeken indien ‘n kandidaat die gemeenskaplike reaksie van die Abrahamitiese godsdienste bespreek het. • ‘n Maksimum van 6 punte word toegeken vir die bespreking van die Oerknalteorie. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Religion Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all