Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 356.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2Research Into and Across Religions10 marks
- Question 1.3Common Features of Religion5 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions5 marks
- Question 1.6Common Features of Religion10 marks
Show all 23 questions
- Question 2.1Common Features of Religion20 marks
- Question 2.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 2.3Common Features of Religion10 marks
- Question 2.4Common Features of Religion10 marks
- Question 3.1Research Into and Across Religions10 marks
- Question 3.2The Variety of Religions10 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society20 marks
- Question 3.4The Variety of Religions10 marks
- Question 4.1Topical Issues in Society2 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions38 marks
- Question 5.1The Variety of Religions4 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.5Topical Issues in Society6 marks
- Question 5.6Common Features of Religion10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
In Afdeling A word een punt vir elke feit toegeken behalwe waar anders aangedui.
VRAAG 1
LW: Indien die kandidaat die volle antwoord in plaas van die ooreenstemmende letter
neergeskryf het, behoort die kandidaat daarvoor gekrediteer te word.
1.1 1.1.1 C (1)
1.1.2 A (1)
1.1.3 D (1)
1.1.4 D (1)
1.1.5 B (1)
1.1.6 C (1)
1.1.7 C (1)
1.1.8 C (1)
1.1.9 D (1)
1.1.10 B (1)
1.2 1.2.1 • Verwys na die konsep van 'n opperwese/'n bonatuurlike/boaardse
wese.
• In baie godsdienste na verwys as god/God.
• Het eienskappe soos alwetendheid, alomteenwoordigheid,
ensovoorts.
• Verwys na enige voorwerp of wese wat goddelik is. (2)
1.2.2 • Tao beteken 'weg' in Taoïsme.
• Dit beteken ook die majesyieuse manier waarop die heelal werk'.
• Dit is die bron van alles. (2)
1.2.3 • Dit beteken dat die dinge/goed wat vergelyk word, eenders is.
• In 'n godsdienstige konteks het die godsdienste spesifieke
kenmerke met mekaar gemeen, bv. soeke na die betekenis en
waarhede. (2)
1.2.4 • Beteken dis beperk tot 'n persoon of voorwerp.
• Dit sou ook beteken beperk tot 'n spesifieke situasie.
• In 'n godsdienstige konteks sou dit beteken 'n spesifieke
godsdiens met spesifieke kenmerke wat dit van ander
godsdienste onderskei. (2)
1.2.5 • Dit is die geloof wat op die opvatting dat wat lewe/bestaan en wat
nie-lewe nie, geskep is.
• Dit verwys ook na 'n Opperwese wat die heelal geskep het. (2)
1.3 1.3.1 joga (1)
1.3.2 sinkretisme (1)
1.3.3 nie-teïsties (1)
1.3.4 ketter (1)
1.3.5 ubuntu (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
1.4 1.4.1 Onwaar: Die Boeddha was 'n verligte/geestelik ontwikkelde mens. (2)
1.4.2 Onwaar: Konserwatiewe Jode glo dat die Tora deur God gegee is. (2)
1.4.3 Onwaar: Die Kruistogte was 'n reeks Christen-oorloë teen
hoofsaaklik Moslem-gebiede. (2)
1.4.4 Waar (2)
1.4.5 Onwaar: Icamagu is die Suid-Afrikaanse nasionale godsdienstige
struktuur van die Afrika Tradisionele Godsdiens./Ilima is die praktyk
om armes te help. (2)
1.5 1.5.1 G (1)
1.5.2 A (1)
1.5.3 F (1)
1.5.4 D (1)
1.5.5 B (1)
1.6 1.6.1 • 'n Gelykenis gee 'n dieper betekenis as die vanselfsprekend
oppervlakkige een.
• Dit is 'n soort storie wat 'n morele punt demonstreer.
• Gelykenisse word in godsdiens gebruik, bv. die Christelike
godsdiens.
• Hierdie stories is ontwerp om geestelike waarhede te onderrig. (4)
1.6.2 • Die beskrywende stellings wat in godsdiens toegepas word, is die
stellings wat deur waarneming as waar of onwaar bewys kan
word.
• Byvoorbeeld 'n persoon kan sê dat lede van die Katolieke
vertakking van die Christelike godsdiens afgodsbeelde aanbid.
• Terwyl 'n normatiewe stelling poog om te bevestig hoe dinge
moet wees, bv. hoe die volgelinge van 'n spesifieke godsdiens
volgens die leringe moet optree.
• Byvoorbeeld dat alle Jode die Sabbat moet heilig. (4)
1.6.3 • 'n Normatiewe bron verwys na die oorsprong van godsdienstige
leringe.
• Dit is meesal uit die mondelinge tradisie aangeneem.
• In sommige godsdienste is die mondelinge tradisies neergeskryf
wat gelei het tot die beskikbaarheid van kanons van die heilige
tekste. (2)
LW.: Die maksimum punte toegeken vir die noem van korrekte
voorbeelde is EEN punt.
TOTAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 2.1.1 • Verwys meer na die rol van intellektuele in godsdienstige
gemeenskappe om godsdiensoortuigings te vind en in
samehangende filosofiese patrone te organiseer.
• 'n Stel godsdiensleringe/-beginsels of oortuigings.
• Daar is 'n gevoel van beredenering/bespreking en
onderhandeling soos wat doktrines/leerstellings wat verband
hou met filosofiese wêreldbeskouings opgestel word.
• Doktrines/Leerstellings word soms betwis.
• Byvoorbeeld, vroeë Christelike doktrines het ontwikkel wat met
die Griekse filosofie van daardie tyd verband hou.
• Doktrines word dikwels betwis.
• Die doktrine van Christus as beide God en mens het ontwikkel
wat met die Griekse begrip van natuur en essensie verband (4)
hou.
LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet krediet kry. TWEE
punte word vir verduideliking toegeken en TWEE punte word vir 'n
relevante voorbeeld toegeken.
2.1.2 • Die woord 'mite' kom van die woord 'mythos' wat beteken
'woord' of 'fabel'.
• Dit verwys na daardie godsdienstige verhale waarin diepe
waarhede oor skepping, lewe en dood onthul word.
• In alledaagse gebruik verwys die term na iets wat nie waar is
nie.
• 'n Mite probeer nie noodwendig 'n morele punt maak nie.
• Dit vorm egter die grondslag van leringe en selfs dogma in
sommige godsdienste.
• Mites is heilige verhale wat verduidelik waarom die wêreld is
soos dit is, asook die aard van menslike ervaringe.
• Daar is mites oor skepping in baie godsdienste, bv. in die Zulu-
geloof word 'n jong man, vas aan sy naelstring, deur die
Skepper uit die hemel na die aarde laat sak. (4)
LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet krediet kry. TWEE
punte word vir verduideliking toegeken en TWEE punte word vir 'n
relevante voorbeeld toegeken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
2.1.3 • Het te make met die heersende, oorkoepelende wêreld-
beskouings wat betekenis en algemene bestaanspatrone vorm.
• Dit word deur daardie dominante groepe wat die mag het,
gehandhaaf.
• 'n Stel beginsels oor hoe 'n samelewing/gemeenskap georden
moet word.
• Ideologieë word ook altyd betwis. Daarom die verskeidenheid
van ideoligieë in die wệreld.
• Godsdienstige leringe kan in geskrewe- of mondelinge teksvorm
wees.
• Dit is die breedste kategorie wat gebruik word om te beskryf wat
volgelinge van 'n godsdiens glo. (4)
• Voorbeelde is kommunisme en Marxisme.
LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet krediet kry. TWEE
punte word vir verduideliking toegeken en TWEE punte word vir 'n
relevante voorbeeld toegeken.
2.1.4 • Dit beteken baie dieselfde as gelykenis.
• Simbole of karakters word gebruik om sekere waardes te
illustreer.
• 'n Allegorie kan 'n baie langer verhaal as 'n gelykenis wees.
• Dit kan selfs 'n hele boek wees.
• Dit word nie beperk tot die maak van 'n enkele punt nie.
• 'n Allegorie bevat nie noodwendig 'n definitiewe sedeles/moraal (4)
nie.
• Die Bhagavad Gita is die beroemdste allegorie in Hindoeïsme.
LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet krediet kry. TWEE
punte word vir verduideliking toegeken en TWEE punte word vir 'n
relevante voorbeeld toegeken.
2.1.5 • 'n Etiese voorskrif wat universeel gehou word.
• Gevind in byna alle godsdiens- en etiese stelsels.
• Byvoorbeeld: Doen aan andere soos wat jy aan jouself gedoen
wil hê. (4)
LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet krediet kry. TWEE
punte word vir verduideliking toegeken en TWEE punte word vir 'n
relevante voorbeeld toegeken.
2.2 JA
• Godsdiensvryheid beteken dat alle mense vry moet wees om hulle
godsdienstige oortuigings sonder vrees of weerwraak uit te oefen.
• Suid-Afrika is 'n sekulêre staat en het daarom geen staats-/amptelike
godsdiens nie.
• Die Konstitusie verbied enige diskriminasie op grond van ras, kultuur of
godsdiens.
• Alle godsdienste het volgens die wet gelyke status.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Dit is duidelik in die viering van godsdienstige vakansiedae, bv. Diwali,
Eid, Yom Kippur, ens. wat almal in hulle onderskeie gemeenskappe
gevier word.
• Selfs by die amptelike opening van die Parlement is daar
verteenwoordiging van die verskillende godsdienste wat die Suid-
Afrikaanse landskap vorm.
• Media-inhoud wat vir sekere godsdienstige gemeenskappe beledigend
is, word deur die Kommissie vir Uitsaaiklagtes van Suid-Afrika
('Broadcasting Complaints Commission of South Africa [BCCSA]')
onttrek.
• Bv. Nando's-advertensie – beswaar deur Hindoe-gemeenskap
• Bv. Red Bull-advertensie op sosiale media – beswaar deur Christene
• Die skoolkurrikulum omvat 'n verskeidenheid geloofstelsels.
• Bv. die vak Religiestudies dek agt godsdienste en vervang vakke wat net
op een godsdiens gefokus het.
NEE
• Baie skole marginaliseer steeds minderheidsgroepe en godsdienste.
• Die Menseregtekommissie ontvang talle klagtes oor godsdienstige
diskriminasie.
• Openbare vakansiedae toon steeds 'n Christen-voordeel/-partydigheid,
bv. Paasfees en Kersfees.
• Die media gee nie gelyke dekking aan alle godsdienste nie.
• Werklike praktyk in die werksplek weerspieël nie altyd godsdiensvryheid
nie.
• Bv. die dra van godsdienstige simbole word deur sommige werkgewers
verbied.
LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet krediet kry.
Indien die kandidaat op beide JA en NEE sou antwoord sal slegs die eerste
antwoord gekrediteer word. Die uitsondering is waar die kandidaat sou
aandui dat hy/sy op beide JA en NEE antwoord. (10)
2.3 Voorbeeld: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
• In die Afrika Tradisionele Godsdiens word daar aan 'n Opperwese, of
God, wat die wêreld geskep het en in die geesteryk bly, geglo. Hierdie
oortuiging bied ‘n gemeenskaplike begrip onder Afrika gemeenskappe;
en dit lei tot ‘n harmonieuese leefwyse
• Toe die eerste geslag mense gesterf het, het hulle by die Opperwese in
die geesteryk aangesluit en die eerste voorvaders geword.
• In die Afrika Tradisionele Godsdiens word daar geglo dat omdat die
voorvaders in die geesteryk bly, hulle die mag het om die lewendes te
beskerm en om met God namens die lewendes te kommunikeer.
• Geloof in die geestelike lewe (nadoods) moedig ‘n kooperatiewe en
harmonieuse lewenswyse aan.
• Alhoewel hulle dood is, word die voorvaders steeds as deel van die
familie/gesin en die lewende gemeenskap beskou.
• Die lewende lede van die gesin kommunikeer met die voorvaders deur
die offerritueel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Hierdie sin vir toerekenvatbaarheid moedig ‘n harmonieuse lewenswyse
aan omdat mense daarna strewe om die voorvaders te behaag.
• Die geloof in Ubuntu moedig die versorging en omgee vir mekaar aan bv.
die versorging van wedeuwees en weeskinders. Dit lei tot harmonieuse
samelewings.
•
Voorbeeld: BOEDDHISME
• Die Drie Tekens van die Bestaan
• Niks is permanent nie.
• 'n Mens het nie 'n siel nie.
• Die mens se lewe is pynlik.
• Nie-gehegtheid/Nie-verknogtheid en verligting.
• Die Boeddha het verduidelik dat slegs deur die Agtvoudige Plan te volg,
kan mense 'nie-geheg/nie-verknog' raak en hulleself van die pynlike
ervaring van wedergeboorte/herlewing bevry. en sodoende ‘n
harmonieuse leefwyse aanmoedig.
• Regte beskouings/standpunte
• Regte bedoelings
• Regte spraak
• Regte optrede/handelinge
• Regte broodwinning
• Regte probeerslae/pogings
• Regte opmerksaamheid
• Regte konsentrasie
• Meditasie
• Elk van bogenoemde lei tot ‘n harmonieuse leefwyse in ‘n gemeenskap.
Bv. Regte spraak sal geweldadige argumente en beledigings voorkom.
• Regte broodwinning sal bedelary en diesftal verhoed.
LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet krediet kry. (10)
2.4 • Elke godsdiens het 'n paar algemene nieonderhandelbare oortuigings.
• Dit word in versamelings heilige boeke (kanons) vervat.
• Daar is ook dogmatiese oortuigings wat as absolute waarhede beskou
word.
• Voorbeelde hiervan is die Drie-eenheid in die Christelike geloof en die
shahadah (verklaring van geloof) in Islam.
• Rituele van elke godsdiens dien ook as 'n eenheidsfaktor.
• Bv. in ATG, moedig die offer van diere die byeenkoms van die stam aan.
• In ATG, word die invokasie/aanroeping van die voorvaders tydens
droogtes ook gesamentlik gedoen.
• Elke godsdiens het sy eie unieke kleredragkode. Dit dien verder as 'n
eenheidsfaktor.
• Bv. Ortodokse Jode dra swart en die mans dra breërandhoede.
• Godsdienstige simbole soos die Christelike kruis skep ‘n sterk sin vir
eenheid deur middel van ‘n gemeenskaplike identiteit..
LW.: Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 3
3.1 JA
• Hulle kan hulle verskille tersyde stel en saamspan om met die regering
saam te werk.
• Hulle kan saamspan om aan die bou van 'n regverdige en vry
samelewing in Suid-Afrika deel te neem.
• Die nasie het godsdiensgroepe nodig om te help met die skep van 'n
samelewing wat moreel en barmhartig is.
• Baie politieke leiers glo en vertrou dat godsdiens 'n belangrike rol het om
te speel in die oplos van sosiale uitdagings, soos armoede, geweld en
xenofobie.
• Suid-Afrika is uniek omdat godsdiensorganisasies saamgewerk het om
die apartheidsregering teen te staan.
• Slegs op hierdie wyse kan godsdiensgroepe betekenisvol tot die heling
van 'n samelewing bydra.
• Hulle kan ook bydra tot die bevordering van godsdiens in onderwys en
daardeur godsdienstige verdraagsaamheid verseker.
NEE
• Die toenemende betrokkenheid by die selfsugtige najaag van individuele
welvaart kan nie die grondslag van enige intergeloofsamewerking wees
nie.
• Verskillende godsdienste het hulle eie leringe wat hulle volgelinge lei/rig
oor morele kwessies om konflik te vermy.
• Die meeste van die konflikte is polities.
• As godsdienste nie aan die regering gekoppel is nie, sal hulle nie erken
word nie.
• Politieke partye doen meer werk as godsdiensgroepe omdat hulle in die
meerderheid in die Parlement is.
• Godsdiensgroepe oorweeg eers hulle verskille voordat hulle aan
nasionale kwessies aandag gee.
• Godsdienste hou daarvan om hulle van politieke kwessies te distansieer,
bv. deur nie te stem nie. (10)
• LW.: Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word.
3.2 A. Die Program vir Christen-Moslem-verhoudings in Afrika
('The Programme for Christian-Muslim Relations in Africa
[PROCMURA]'):
• Dit is die oudste, baanbreker intergeloofsorganisasie in Afrika.
• Die fokus is op Christen-verhoudinge met Moslems.
• Om die evangelie binne 'n intergeloofsomgewing te aanskou.
• Om konstruktiewe betrokkenheid by Moslems vir vrede te
bevorder.
• Om intergeloofskonsultasies te hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
B. Die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika ('The Interfaith Action for
Peace in Africa [IFAPA]'):
• Daaraan toegewy om saam te werk vir vrede, demokrasie en
eenheid op die vasteland.
• Om 'n ordentlike/menswaardige lewe vir almal te verseker.
• Stig en registreer nasionale takke.
• Dit sluit ook in die magtiging van vergaderings van
godsdiensleiers, wat die 'IFAPA'-besluite neem.
• Om intergeloofsafvaardigings na konflikgebiede te stuur.
• Om aan die Wêreld- Sosiale Forum deel te neem.
C. Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika ('The African Council of
Religious Leaders [ACRL]'):
• Ook bekend as Religions for Peace.
• Om respek vir alle godsdiensverskille te verseker.
• Om die identiteit van elke godsdiensgemeenskap te behou.
• Om te verseker dat godsdienste vir vrede die verskillende
wyses waarop godsdiensgemeenskappe georganiseer is,
respekteer.
• Ondersteun die beginsels van verteenwoordiging.
• Om multigodsdienstige strukture wat plaaslik gelei word, te
ondersteun. (10)
LET WEL: Die kandidaat moet krediet kry vir enige ander relevante punt met
betrekking tot die organisasies hierbo.
3.3 3.3.1 MIV-en-Vigs-aktiwiteite:
• Die MIV-en-Vigs-hulplyn is ingestel met die hulp van
verskillende godsdienste.
• Die leiers van verskillende godsdienste neem betekenisvol
deel aan die versorging van MIV-en-Vigs-slagoffers.
• Gebede word ook gedoen sonder om teen enige godsdiens te
diskrimineer. (4)
3.3.2 Antipornografie-optog:
• Verskeie godsdiensleiers het gesamentlik die antipornografie-
optog bevorder.
• Verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse godsdienste het 'n
optog teen pornografie na die Parlement gelei.
• Hierdie organisasie is verantwoordelik vir die geveg teen alles
wat hulle glo immoreel is. (4)
3.3.3 Noodlyn ('Lifeline'):
• Die verskillende godsdienste gee berading aan almal wat
spesifieke behoeftes het.
• Hulle nooi ook deernisvolle en moedige individue om dialoog
in elke gemeenskap te begin.
• Die vrywilligers dra hulle skofte aan hulle Opperwese op. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
3.3.4 Parlementsopening:
• Godsdiensleiers van verskillende godsdienste word na die
opening van die Parlement genooi.
• Die leiers wat verskillende godsdienste verteenwoordig, neem
deel aan die inseën van die Parlementsopening.
• Leiers van verskillende geloofsgroepe word ewe waardig en
respekvol behandel met betrekking tot regeringsaktiwiteite,
ingeslote gebede. (4)
3.3.5 Openbarevakansiedagvieringe:
• Almal neem deel aan openbarevakansiedagvieringe en by die
opening van funksies word gebede gedoen sonder dat daar
teen enige godsdiens gediskrimineer word.
• Die gebede kan deur 'n ghoeroe, 'n priester, 'n pastoor of 'n
imam gedoen word.
• Elke mens kan sy/haar heilige dae vier sonder diskriminasie. (4)
• Werkers werk in die plek van kollegas van ander godsdienste
op hulle feesdae
3.4 JA
• Die Wêreldparlement van Godsdienste is tot 'n sekere mate doeltreffend
aangesien daar meer konferensies is wat kwessies hanteer wat lei tot
begrip en samewerking oor verskillende kwessies.
• In 'n Parlementsitting wat in Kaapstad gehou is (1999), is dwingend
noodsaaklike kwessies, onder meer MIV en Vigs, bespreek.
• Hierdie konferensie het tot baie opvoedkundige aktiwiteite in godsdienste
gelei om te poog om die verspreiding van hierdie pandemie te bekamp.
• Die sitting van die parlement in Barcelona, Spanje, het op geweld,
veiligheidskwessies en die elimineer van eksterne skuld in ontwikkelende
lande gefokus.
• Geweld in die meeste van die lande het afgeneem en die groter magte
het meer toegewend en godsdienstig geword. Konflik is gevolglik
verminder.
• In 2007 was die fokus op die eliminering van armoede.
• 'n Verskeidenheid geloofsorganisasies het 'n verskeidenheid aktiwiteite
ingestel om armes te help, soos sopkombuise.
• In 2009 het die Parlement in Melbourne in Australië byeengekom om
kwessies soos volhoubaarheid en globale klimaatsverandering te
bespreek.
• Dit het omgewingsbewustheid by baie mense van verskillende
godsdienste ingeskerp.
NEE
• Die Wêreldparlement van Godsdienste het nie daarin geslaag om
samewerking en begrip te verseker nie, aangesien die godsdienste dit
steeds moeilik vind om saam te werk.
• Die besluite word geneem, maar nie geïmplementeer nie.
• Regerings is nie gebind tot besluite wat deur die Wêreldparlement van
Godsdienste geneem word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Alhoewel die Parlement in 1999 in Kaapstad gehou is, waar besluite deur
verskillende godsdienste geneem is, vererger die MIV-en-Vigs-pandemie.
• Daar is 'n hoë koers van tienerswangerskap wat beteken dat die
verskillende godsdienste nie doeltreffend na die jeug uitreik ten opsigte
van lewensvaardighede wat sal verseker dat jong mense beide geestelik
en sosiaal, seksuele gedrag ingesluit, bemagtig word nie.
• Daar is steeds geweld in baie dele van die land en oor die hele Afrika.
Godsdienste slaag definitief nie met betrekking tot hierdie aspek nie.
• Daar is 'n hoë koers van armoede in ons land en in baie Afrikalande.
Terwyl godsdiensgroepe probeer om teen armoede te veg, verarm meer
en meer mense as gevolg van 'n tekort aan werksgeleenthede.
• Godsdienste moet met ander organisasies saamwerk, bv. die regering,
nieregeringsorganisasies en ander agentskappe.
(10)
• LW.: Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word.
[50]
VRAAG 4
4.1. • Terrorisme is die moedswillige doodmaak van burgers.
• Dit is geweldsdade wat die burgerlike bevolking terroriseer.
• Dit word vir politieke of ander ideologiese redes uitgevoer.
• Dit kan deur die staat geborg word of vir politieke, godsdienstige of
'n kombinasie van hierdie redes. (2)
4.2. • Baie Afrika-regerings is swak.
• Hulle het nie gesofistikeerde weermagte en intelligensienetwerke nie.
• Afrikalande het poreuse grense wat toelaat dat misdadigers die lande
maklik kan binnekom en weer verlaat.
• Party regeringsamptenare is korrup en ondersteun terroristegroepe vir
hulle eie politieke gewin.
• Sommige Afrika-regerings diskrimineer teen sekere stamme of gelowe en
so word hulle dus polities uitgesluit.
• Armoede en verwaarlosing deur regerings is vrugbare grond vir
ekstremisme.
• Sulke groepe wend hulle dan na geweld.
• Politieke onrus verhoog godsdienstige terrorisme; daarom word
godsdiens uitgebuit vir politieke wins
(10)
LW.: Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word.
4.3 4.3.1 VOORBEELD 1:
KONFLIK IN NOORD-IERLAND
• Die konflik in hierdie land is intragodsdienstig.
• Die konflik is tussen die Katolieke en Protestante.
• Hierdie twee groepe behoort aan die Christelike godsdiens.
• Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Die bevolking is godsdienstig verdeel tussen die Katolieke en
Protestante.
• Vir dekades al baklei sommige Katolieke in Noord-Ierland vir
onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
• Noord-Ierland veg ook vir eenwording/samesmelting met die
Republiek van Ierland.
• Die Protestante bied weerstand.
• Die gevolg is 'n lang en stadige burgeroorlog.
• Vandag/deesdae is daar ‘n opflikkering in die stryd om
onafhanklikheid, in die vorm van die Ware Ierse Republikeinse
Leër (RIRA)
VOORBEELD 2: KONFLIKGEBIED:
PALESTINA EN ISRAEL
• Dit is hoofsaaklik op politieke en grondkwessies gebaseer.
• Die oorlog het ook intergodsdienstige ondertone.
• Joodse setlaars maak daarop aanspraak dat dit hulle
Godgegewe grond is.
• Dit gaan oor die begeerte aan beide kante om 'n land van hulle
eie te hê.
• Ekstremiste aan Palestynse en Arabiese kant sou graag die staat
Israel wou vernietig aangesien hulle dit as 'n onwettige staat
beskou.
• Die geskiedenis het die twee groepe genoeg redes gegee om te
veg.
• Dit is ook 'n feit dat Israel voortdurend grond vir nedersettings by
die Palestyne afvat.
• Die Palestynse ekstremiste het 'n selfmoordbomveldtog begin.
• Die selfmoordbomveldtog het tydens die verkiesing die Joodse
opinie na regs laat beweeg.
• Beide hierdie dade het die stemme van die gematigdes aan al
twee kante vernietig. (18)
• Met die stemme van die gematigdes het voorlopige vrede na
vore gekom.
• Die gevolg is verergerde polarisasie van openbare mening aan
beide kante.
4.3.2. VOORBEELD 1:
KONFLIK IN NOORD-IERLAND
• Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk,
wat hoofsaaklik Protestants is.
• Noord-Ierland se bevolking is op godsdienstige wyse tussen die
Protestante en Katolieke verdeel, met die Katolieke in die
meerderheid.
• Vir dekades al baklei sommige Katolieke in Noord-Ierland vir
onafhanklikheid van die Protestante Verenigde Koninkryk.
• Noord-Ierland veg ook vir eenwording/samesmelting met die
Republiek van Ierland.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 13 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Die Protestante in beide Ierland en die Verenigde Koninkryk bied
teëstand teen 'n wegbreek deur die Katolieke.
• Die gevolg is 'n lang en gewelddadige intragodsdienstige
burgeroorlog.
VOORBEELD 2:
KONFLIKGEBIED: PALESTINA EN ISRAEL
• Die geskiedenis het die twee groepe genoeg redes gegee om te
veg.
• Dit is ook 'n feit dat Israel voortgaan om grond vir nedersettings
by die Palestyne af te vat.
• As gevolg daarvan het Palestynse ekstremiste verskeie aanvalle
op Israel gedoen.
• Hierdie aanvalle het Joodse opinie tydens hulle verkiesing na die
radikaal godsdienstige regs laat beweeg.
• Met die stemme van die gematigdes is voorlopige pogings
aangewend vir vrede.
• Geweld het die stemme van die gematigdes aan albei kante
stilgemaak.
• Die gevolg is verergerde polarisasie van openbare mening aan
beide kante.
• Godsdiens het feitlik niks met hierdie konflik te doen nie.
• Dit is geensins 'n godsdienstige oorlog tussen Jood en Moslem
nie. (10)
4.3.3 VOORBEELD 1:
• Hierdie is 'n intragodsdienstige konflik.
• Die Katolieke en Protestante moet die werklikheid dat hulle aan een
godsdiens behoort, erken.
• Die twee godsdienste moet ook 'n vredesorganisasie stig.
• Die organisasie moet hierdie twee godsdiensvertakkinge insluit.
• Die Katolieke en Protestante moet hulle gemeenskaplike leringe en
oortuigings gebruik om 'n oplossing te vind.
• Die twee godsdienstige vertakkinge moet 'n taakspan saamstel om
vreedsame onderhandelinge met die politici te bevorder.
VOORBEELD 2:
• Die moeilikheid is dat die probleem wesenlik nie 'n godsdienstige een
is nie.
• Die moeilikheid is gebaseer op die feit dat hierdie twee kante is wat
geensins bereid is om 'n kompromie aan te gaan nie.
• Intergodsdienstige organisasies poog wel om die verhouding tussen die
Palestyne en Israeli's te bevorder.
• Die Wêreldraad van Kerke het in die verlede as bemiddelaar opgetree,
maar het nie daarin geslaag om 'n verbintenis van een van die twee
kante te kry nie.
• Albei kante het ondersteuners wat ver buite hulle gebiede/grense strek.
• Amerika is 'n sterk ondersteuner van Israel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 14 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
• Die meeste Midde-Oosterse lande is sterk ondersteuners van die
Palestyne.
• Ortodokse Jode ontken die oortuiging dat die land Israel deur God aan
die Jode gegee is.
• In plaas daarvan glo hulle dat die Jode 'n tuisland ontken sal word omdat
hulle hulle gelofte met God verbreek het.
• Konstruktiewe betrokkenheid onder Joodse godsdiensorganisasies kan
tot 'n hersiening van die grondkwessie lei. (10)
[50]
VRAAG 5
5.1 • Christene glo dat God Sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om die
wêreld van sonde te verlos sodat die mens vir ewig kan lewe.
• Christene glo Jesus is die enigste ware Messias wat God na die aarde
gestuur het en dat hy eendag sal terugkeer.
• Jesus het opgestaan uit die dood nadat hy gekruisig is.
(4)
5.2 • Mense sal reageer op die artikel en die groep beledig.
• Ander godsdiensgroepe kan OGOD ondersteun.
• Dis omdat die Christelike godsdiens die enigste een was wat in skole
onder apartheid erken was.
• Christene kan terugveg en hulle godsdiens verdedig (betogings).
• Mense kan die saak gebruik en standpunt teen godsdienskwessies
inneem.
• Mense kan hulleself met OGOD assosieer omdat hulle 'n
multigodsdienstige samelewing ondersteun.
• Leerders kan geteiken word en by die skool gesteur word.
• Die groep kan beswaar maak en gemeenskappe aanmoedig om die
skole te boikot.
• Die regering kan befondsing van die skole staak, wat almal kan raak.
• Daar kan gewelddadige aanvalle teen die skole wat deur OGOD
geïdentifiseer is, wees. (10)
LW.: Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word.
5.3 GELOOFSAPARTHEID
• Dit sal slegs Christenleerders aanmoedig om by hierdie skole in te skryf.
• Ander godsdienste kry nie ewe veel erkenning nie.
• Leerders wat nie Christene is nie, sal tydens Christelike aktiwiteite
gemarginaliseerd voel.
• Hulle sal gedwing voel om gebedsaksies by te woon.
• Die praktyk gaan teen die Konstitusie van Suid-Afrika, wat alle
godsdienste dieselfde behandel.
• 'n Moontlike daad van verdraagsaamheid is dat deelname aan Christelike
aktiwiteite heeltemal vrywillig is.
LET WEL: Leerder moet vir ander relevante antwoorde gekrediteer word
insluitende ‘verdraagsaamheid’ (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 15 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
5.4 • Hierdie saak kan ernstige gevolge vir Christenskap in Suid-Afrika inhou.
• Onderwysers en leerders sal verbied word om tydens formele klastyd oor
God te praat of oor Hom te getuig.
• Gebed by skole sal onwettig wees as OGOD suksesvol is.
• Vrees vir die onbekende by ouers, onderwysers en leerders.
• Leerders van verskillende gelowe sal by hierdie skole geregistreer word.
• Artikel 18 van die Universele Verklaring van Menseregte sal doeltreffend
toegepas word.
• Skoolraadsliggame sal nie toegelaat word om die skool se godsdiens-
etos te bepaal nie.
• Die meeste Christen-ouers kan hulle kinders uit hierdie skole haal.
• Dit sal ander instellings wat nie volgens die Konstitusie van die land
handel nie, aan die kaak stel.
• Ouers kan die hofbesluit teen staan en dit kan die gladde bestuur van die
skool beïnvloed. (10)
LW.: Kandidate moet vir ander relevante antwoorde gekrediteer word.
5.5 JA
• Die artikel wil hê die publiek moet hulle opinie ten gunste van die ses
skole gee.
• Die artikel wil hê die publiek moet teen die OGOD-groep wees.
• Die artikel wil hê Christene moet vir die situasie bid.
• Die organisasie is nie antiChristen nie: dit staan slegs die
godsdiensbeleid van die skole teë.
• Dit word in die naam van demokrasie gedoen.
• Hulle is nie 'n ateïstiese groep nie.
• Die artikel se definisie van godsdiensvryheid ignoreer die regte van nie-
Christene.
• Die tydskrif JOY propageer Christenskap.
NEE
• Die publiek moet oor dinge wat by verskillende instellings gebeur, ingelig
wees.
• Die publiek het die reg om hulle opinie te lug om skole te help wat nie die
Konstitusie en die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASA) gehoorsaam nie.
• Skole sal besef dat hulle deel van gemeenskappe is en daarom moet
hulle hulle gemeenskappe dienooreenkomstig van diens wees.
• Christene sal 'n standpunt kan neem en volgens hulle leringe/oortuigings
kan bid.
• LW.: Kandidate moet vir ander relevante antwoorde gekrediteer word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 16 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
5.6 VOORBEELD 1: ISLAM
• Almal word deur Allah gelyk geskep. Daarom is ons almal deel van
dieselfde familie, maak nie saak wat ons glo nie.
• Ons moet mekaar as broers en susters behandel.
• Daar moet gelykheid voor die wet wees, en geen diskriminasie op grond
van ras, geloof of nasionaliteit nie.
• Islam verwerp bekering as gevolg van druk of dwang.
• Wanneer daar verskille is, moet mense op grond van wedersydse respek
en goedgesindheid met mekaar omgaan.
VOORBEELD 2: BOEDDHISME
• Boeddhiste redeneer dat verdraagsaamheid en aanvaarding van mense
nes hulle is, fundamenteel tot Boeddhisme is.
• Jy het geen reg om te verwag dat hulle anders moet wees nie.
VOORBEELD 2: BOEDDHISME
• Dit moet aan hulle oorgelaat word om te besluit of hulle wil verander.
• Jy kan hulle vertel wat jy glo, en jy kan 'n voorbeeld stel wat hulle dalk
kan kies om te volg, maar dis hoe ver dit gaan.
• Hulle konfronteer onregverdigheid met die krag van die waarheid en nie
met fisiese krag nie. (10)
LW.: Kandidate moet vir ander relevante antwoorde gekrediteer word.
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper