You're offline
Skip to content
Memorandum

Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Religion StudiesGrade 12201913 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) LET WEL: Kandidaat moet krediet kry as die korrekte woord verskaf is in plaas van die letter. VRAAG 1 1.1. 1.1.1 B√ (1) 1.1.2 D√ (1) 1.1.3 A√ (1) 1.1.4 A√ (1) 1.1.5 D√ (1) 1.1.6 D√ (1) 1.1.7 A√ (1) 1.1.8 C√ (1) 1.1.9 C√ (1) 1.1.10 D√ (1) 1.2 1.2.1 Murtis. √ Die ander hoort by Islam. √ (2) 1.2.2 Dominee/Eerwaarde. √ Die ander hoort by die Afrika Tradisionele Godsdiens. √ (2) 1.2.3 Koning George. √ Die ander was Israelitiese/Ou Testamentiese konings./ hoort aan (2) Bybelse geskrifte.√ 1.2.4 Evolusie. √ Die ander hoort by Taoïsme./Hulle verwys na die twee opponerende magte in die heelal. √ (2) LET WEL: Kandidaat moet krediet kry as die woord verskaf is in plaas van die letter. 1.3.1 G√ (1) 1.3.2 A√ (1) 1.3.3 D√ (1) 1.3.4 B√ (1) 1.3.5 H√ (1) 1.3.6 E√ (1) 1.3.7 F√ (1) 1.3.8 I√ (1) 1.4 1.4.1 Onwaar √ Fundamentaliste glo in 'n letterlike interpretasie van hulle geskrifte. √ OF Liberale glo in 'n metaforiese interpretasie van hulle geskrifte. √ (2) 1.4.2 Waar √√ (2) 1.4.3 Onwaar √ Slegs die Pali Kanon hoort by Boeddhisme. √ OF Die Kitàb-i-Aqdas is die heilige geskrif van die Bahá'i-geloof. √ (2) 1.4.4 Onwaar √ Die Soenni's glo dit. √ OF Die Hadith is 'n strydpunt tussen die Soenni's en die Sjiiete. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1 (Protestantse) Hervorming √ (1) 1.5.2 Dharma √ (1) 1.5.3 Sjintoïsme / Shinto√ (1) 1.5.4 Ortodokse Jode √ (1) 1.5.5 Kruisberg/Golgota √ (1) 1.5.6 Dogmas √ (1) 1.6 1.6.1 Twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer word om 'n nuwe een te vorm. √ Daar is 'n neiging om die vorms, gelowe en denkpatrone van verskillende tradisies te akkommodeer en aan te pas, of selfs te meng. √ (2) ‘n Voorbeeld is Sikhism, wat gekombineerde leringe van Islam en Hindoeisme bevat. 1.6.2 Dit verwys na 'n Boeddhistiese geskrif. √ Dis 'n versameling van die leringe van Boeddha. √ Die Sutta is versamel in die tweede deel van die Pali Kanon. √ (2) 1.6.3 Dit is 'n Hindoe-priester/geleerde man. √ Gesaghebbendes/Geleerdes ('pundits') bewaar die Sanskrit- tradisie. √ 'n Geleerde voer rituele uit en neem huwelike waar asook ander (2) funksies. √ 1.6.4 In die Afrika Tradisionele Godsdiens staan 'n waarsêer as 'n inyanga/ngaka/isangoma bekend. √ Om 'n waarsêer te wees, is 'n 'roeping'. √ Hy is 'n bemiddelaar/tussenpersoon tussen die lewendes en die voorouers. √ (2) 1.6.5 Hy is die stigter van Taoïsme, 'n gewilde godsdiens in China. √ Sy leringe is in die Tao Te Ching opgeteken. √ Hy is met wit hare gebore en het agt of tagtig jaar in sy moeder se baarmoeder bestee. (2) Hy het ag of tagtig jaar in sy moeder se baarmoeder deurgebring √ LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. TOTAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 • Die artikel gaan oor verskillende godsdienste wat saamwerk tot voordeel van die gemeenskap. • Dit is 'n goeie voorbeeld van intergodsdienstige samewerking en eenheid. • Die godsdienste maak beswaar teen die euwels van die samelewing, veral misdaad en geweld. • Die optog sal druk op die regering plaas. • In hierdie geval preek godsdiens nie net nie, hulle neem standpunt in en gaan oor tot aksie. • Godsdiens gebruik geloof, gebed en geestelike maniere om sosiale probleme: dit gaan verder as sekulêre denke. • Godsdienste staan saam om die Internasionale Dag van Vrede te handhaaf en hulle doen op 'n vreedsame manier. • Godsdienstige gemeenskappe word aangemoedig om saam te werk en intergodsdienstige verhoudings word versterk. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (6) 2.1.2 • Stilte is 'n doeltreffende en vreedsame manier om bewustheid oor vrede te verskerp. • Die stilte sal 'n geskikte gemene aksie wees, wat respek toon en alle godsdienste insluit. • Stilte moedig introspeksie en sielsondersoek aan. • Stilte kan ‘n teken van meditasie, waardigheid of ‘n verbintenis met die Skepper wees. • Stilte is om diegene te eer wat gesterf het as die gevolg van die geweld. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (6) 2.1.3 • Ons weet dat ander godsdienste ingesluit is want hulle is deel van die intergodsdienstige organisasies, die Kaapstadse Intergeloofsinisiatief ('CTII') en die Forum vir Godsdienstige Leiers. • CTII en die Forum vir Godsdienstige Leiers sluit al die groot godsdienste in Suid-Afrika in. (4) 2.1.4 • 'Kleurvol' kan verwys na die kleurvolle voorkoms van die verskillende godsdienstige kleredragkodes, klede en simbole. • Dit symboliser religieuse verdraagsaamheid. • Dit kan ook verwys na mengsel mense /religiëe uit alle terreine van lewe en uit alle godsdienstige en nasionale groepe/rasse. • Kleurvol kan ook die bemoedigende stemming of gees van die mense wat aan die optog deelgeneem het, oordra. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 2.1.5 • Mense wat in die artikel aangehaal is, is Berry Behr voorsitter van CTII, Prinses Chantal Revell van die Katz Korana- koningshuis en die adjunk-president van die Moslem Regterlike Raad ('MJC'). • Dit is 'n gebalanseerde, verteenwoordigende en inklusiewe keuse. • Die CTII verteenwoordig al die groot godsdienste. • Prinses Chantal Revell verteenwoordig die tradisionele leiers. • Die adjunk-president van die 'MJC' verteenwoordig beide Islam en die organiseerders van die optog. • Die gevolg is dat die leser positief oor godsdiens voel. • Die leser glo daar was godsdienstige harmonie by die geleentheid. • Die leser kry ook die indruk dat die optog inklusief was, want dit het 'n aantal godsdienste verteenwoordig. • Aan President Cyril Ramposa se verteenwoordigers was ‘n memorandum oorhandig.Die leser sien dit as druk wat op die regering geplaas word om op te tree teen die sosiale euwels. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) 2.2 • Beide stereotipering en vooroordeel toon 'n standpunt wat nie redelik, nagevors en objektief is nie. • Beide sluit 'n voorafbepaalde mening in. • Dit is nie op feite gebaseer nie. (4) 2.3. 2.3.1 • Gebruik sosiale media om inligting oor godsdiens te bekom. • Dit is baie gerieflik vir die publikasie van godsdienstige kwessies. • Dit is 'n onmiddellike, kreatiewe en vermaaklike wyse om godsdienstige inligting te bekom. • Dit is belangrik om op hoogte te bly sodat jy bewus is van godsdienstige kwessies en om met insig en begrip op te tree. • Dit inspireer en versterk jou geloof. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 2.3.2 • Sosiale media skep sensasie rondom godsdiens. • Daar is baie fopnuus oor godsdiens. • Daar is baie hewige reaksie op gebeurtenisse soos wat dit ontvou, wat die ontvouing van die storie beïnvloed voordat die feite vasgestel is en 'n redelik benadering aangeneem kan word. • Anonimiteit spoor mense aan om op kwetsende, skadelike, valse en ontstoke maniere op sosiale media op te tree. • Godsdienstige mense kan deur negatiewe kommentaar mislei word en hulle geloof verswak. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 3.1.1 • Verskil beteken twee of meer godsdienste het eienskappe wat ongelyksoortig/verskillend is. VOORBEELD • Die verskil tussen Soenni- en Sjia-Moslems het begin oor die status van verskillende Hadith. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 3.1.2 • Geloof/Oortuiging is die positiewe aanvaarding in geloof van die leringe van 'n godsdiens. VOORBEELD • Geloof in die Drie-eenheid is 'n sentrale geloof in die Christelike godsdiens. • Geloof in die lewe na die dood is algemeen in die Abrahamitiese godsdienste. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 3.1.3 • Vergelykbaarheid beteken dat twee of meer godsdienste vergelyk kan word. • Hulle het ooreenkomste en verskille. VOORBEELD • Die Christelike godsdiens en Boeddhisme is vergelykbaar omdat hulle baie ooreenkomste en party verskille het. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 3.1.4 • Dit beteken werk saam na 'n gemeenskaplike doelwit. VOORBEELD • Daar is godsdienstige eenheid wanneer verskillende godsdienste saamwerk om humanitêre hulp te verskaf. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 3.2 3.2.1 • In Taoïsme kan die Tao nie beskryf word nie maar dit beteken nie dat Taoïste nie probeer nie. • Die opperwese is enorm en ruim/uitgestrek/wyd. • Skepping gebeur daarin en stroom voort hieruit. (4) 3.2.2 • Toe die eerste geslag gesterf het, het hulle geeste by die geesteswêreld aangesluit. Dit was die begin van die voorouers. • Voorouers is die boodskappers van die Skepper en toesighouers van die fisiese wêreld. • Voorouers speel 'n baie belangrike rol in die ATR, as tussenpersone en beskermers van die clan. • Die voorouers onthul hulleself aan die lewendes op verskillende maniere, dikwels deur drome en visioene. • Die isangoma/waarsêer het 'n spesiale roeping, om as tussenganger tussen mense en die voorouers. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 3.2.3 • Manifestasie van God in drie persone (God die Vader, die Seun en die Heilige Gees). • Drie-eenheid beteken drie in een of een in drie. • God die Vader is die Skepper, die Seun is die Verlosser en die Heilige Gees is die Raadgewer. • God die Vader is die Skepper. • God die seun is die Redder(Verlosser). • Die Heilige Gees is die Raadgewer. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry 3.2.4 • Nirvana verwys na die hoogste vervulling/bereiking/voldoening volgens Theravada-Boeddhisme. • Dit is 'n toestand van perfekte geluk en vrede. • Dit is verlossing van lyding, die hoogste doel van Boeddhistiese praktyk. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) 3.3 3.3.1 • 'n Godsdiens het leringe sodat kennis en begrip na almal – beide lede en nie-lede – oorgedra word. • Wanneer lede aktief die godsdiens se leringe in geloof en oortuiging aanvaar/aangryp, word dit hulle geloof. • Agter elke geloof is daar 'n lering, so die twee gaan hand aan hand. • 'n Lering lei nie noodwendig tot geloof nie. 'n Geloof is slegs van toepassing op dié wat die stap van aanvaarding doen. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry 3.3.2 • Geloof, 'n positiewe en sterk oortuiging, sal beïnvloed hoe jy lewe en wat jy doen. • Daarom sal geloof tot aksie of praktyk lei. • Praktyk is die tasbare vertoon/wys van 'n geloof. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) 3.4.1 • Volgelinge van die Bahá’i-geloof glo dat Bahá’u’llah die mees onlangse van God se boodskappers is. • Hulle heiligste boek is die Kitàb-i-Aqdas. • Die Bahá’i-geloof is ‘n godsdiens wat nog nie enige groot verdelings/verskuiwings veroorsaak/voortgebring het nie. • Die Bahá’i-geloof glo dat daar mettertyd net een godsdiens in die wêreld sal wees, die Bahá’i-geloof. • Hulle leer dat alle godsdienste as verskillende stadiums van die mensdom se geestelike ontwikkeling beskou word soos wat ons na een wêreldgeloof beweeg. • Die sentrale lering van Bahá’u’llah is die eenheid van die mensdom. LET WEL: Enige TWEE relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 3.4.2 • Jode het 'n verbond/gelofte met God gesluit. • Hulle beskou hulleself as die uitverkore volk omdat spesiale guns aan hulle bewys. • Die Tien Gebooie is direk van God aan Moses onthul. • Die Jode glo dat God 'n Messias sal stuur om Sy uitverkose mense te red. • Jode was die eerste religieuse groep wat die Sabbat onderhou/ gehoorsaam. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 4.1 4.1.1 • Gewapende konflik (2) 4.1.2 • Kinders word uitgebuit vir goedkoop arbeid en vir wins. • Kinders word slagoffers van seksuele misbruik. • Kinders is die slagoffers van mensehandel. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 4.2 4.2.1 • Volgens die uittreksel 'beklemtoon godsdiens die skoonheid, heiligheid en waarde van die kind'. • Met ander woorde godsdiens leer ons dat kinders spesiaal en heilig is. Hulle moet geliefd wees, word, versorg en beskerm word. (2) 4.2.2 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • In die Bybel sê Jesus: 'Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, …' • Kinders word as 'n geskenk van God beskou. • Dit beteken kinders moet waardeer, gerespekteer en nie verwaarloos word nie. VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS • Kinders is geskenke van die voorouers en moet daarom goed versorg word. • Dit vat 'n dorp om 'n kind groot te maak. • Jou kind is my kind. • Die hele gemeenskap moet na die kinders. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. As meer as een religie genoem word, kry slegs die eerste religie krediet. (4) 4.3 4.3.1 • 'vennootskap' (2) 4.3.2 VOORBEELD 1 • Gift of the Givers • Godsdiens: Islam VOORBEELD 2 • Die Heilsleër ('The Salvation Army') • Godsdiens: Die Christelike godsdiens/kerkverband: Heilsleër LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 4.3.3 VOORBEELD 1: GIFT OF THE GIVERS • Die stigter is 'n mediese dokter wat blykbaar 'n spesiale roeping ervaar het om mense in nood te help. • In 'n relatiewe kort tydjie het hierdie organisasie die respek en lof van mense gewen vir die wonderlike humanitêre werk wat hulle doen. • Dit is baie goed georganiseerd en het baie vrywilligers. • Dit het in krisistye gehelp plaaslik in Suid-Afrika en die res van die wêreld. • Dit help waar daar ook al nood is, wat die nasionaliteit of geloof ook al is. • Baie van hulle werk is in die vorm van hulp aan slagoffers deur noodsaaklike voorraad te verskaf, soos water, kos, skuiling en mediese voorraad en toerusting. VOORBEELD 2: DIE HEILSLEËR ('SALVATION ARMY') • Die nuwe idee wat hulle stigter (William Booth 1865) gehad het, was om die kerk buite die kerkgebou te neem om mense te help wat gebrek ly/in nood is. • Sy klem was beide evangelisasie en maatskaplike goeie werke. • Die Heilsleër is dus beide 'n kerkverband van die Christelike godsdiens en 'n humanitêre organisasie. • Hulle is voortdurend besig om bronne soos klere en kos in te samel asook fondse vir hulle voortgaande ondersteuning van behoeftiges. • Die gees waarin hulle hulle goeie werke uitvoer, is met warmte en omgee. Hulle is gekant teen enige vorm van 'koue liefdadigheid'. (8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 4.4 4.4.1 • Hierdie ooreenkoms van die menseregte van die kind word ondersteun deur meer lande en mense in die wêreld as enige ander menseregte-ooreenkoms wat nog ooit gesluit is. (2) 4.4.2 OOREENKOMSTE • Die Universele Verklaring van Menseregte ('UDHR') is geldig vir alle mense. kinders ingesluit. • Die waardes wat hulle aanvaar, oorvleuel – soos menswaardigheid, gelykheid, vryheid en geregtigheid. • Dit is waardes wat waardigheid aan die mens gee. VERSKILLE • Alhoewel die 'UDHR' op alle mense van toepassing is, kinders ingesluit, het die VN gevoel dat kinders 'n kategorie is wat spesiale aandag moes kry. • Kinders het spesiale sorg en beskerming nodig as gevolg van hulle weerbaarheid. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 4.5 • Volgelinge van godsdiens is waarskynlik deur die waardes en leringe van hulle godsdiens gevorm om medelye/deernis te hê en om ander te dien. • Hulle sal waarskynlik positief reageer op die Konvensie se beroep om na die belange van kinders om te sien. • Hulle het reeds die agtergrond en vorming om die ingesteldheid en gedrag waarvoor die Konvensie vra, aan te moedig. • Baie van die vorming en opleiding waarvoor die Konvensie vra, is soortgelyk aan wat godsdienste in elk geval doen. • Godsdienste sal gretig wees om met die VN en ander saam te werk want dit versterk steun vir die werk van alle kante af. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (6) 4.6 • Die eerste Parlement van Wêreldgodsdienste ('PWR'), wat in 1893 in Chicago, Amerika, gehou is, was 'n stalletjie by die World Columbian Exposition, 'n groot uitstalling van wêreldwye industriële vooruitgang. • Daar is nooit beplan dat dit 'n voortgesette, gereelde gebeurtenis sou wees nie. • Die tweede 'PWR' is in 1993 gehou toe twee Hindoe-monnike van die Vivekananda Vedanta Society of Chicago gedink het dat dit 'n goeie idee sou wees om die eeufees van die eerste 'PWR' te vier. • By die eerste 'PWR' het die praatjie deur swami Vivekananda 'n indruk gemaak want dit het die Westerse wêreld Hindoeïsme beter laat verstaan. • 'PWR' het dus amper per ongeluk ontstaan. • In teenstelling daarmee was die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP') 'n deurdagte en beplande intergodsdienstige liggaam, 'n uitkoms van die 'PWR'. • Godsdienstige leiers wat deel van die 'PWR' was, het daaraan gedink om 'n intergodsdienstige samekoms te organiseer om wêreldvrede aan te pak. • Dit het tot die beraad in Oktober 1970 in Kyoto, Japan, gelei. • Hulle het besluit om 'n intergodsdienstige liggaam, die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP') te stig. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1 5.1.1 • Dit is 'n sleutelkonsep in Taoïsme. • Al die wêreld se prosesse bestaan uit twee opponerende magte. • Jin is passief, donker, buigsaam, vroulik. • Jang is aktief, lig, kragtig, manlik. (4) 5.1.2 • In die lewe is dit die beste om buigsaam te wees en saam met die stroom te beweeg. • Jy moet jou lot aanvaar, selfs al is dit teenstrydig met jou planne. (2) 5.2 5.2.1 • In al drie godsdienste is dit toegewyde, heilige, geestelikes. (2) 5.2.2 • Bodhisattva in Boeddhisme: dit is iemand wat die barmhartige gees van Nirvana bereik het, maar steeds verkies om homself in diens van ander te stel om hulle te help om verligting (geestelike ontwikkeling) te bereik. • Sannyasin in Hindoeïsme: dit is iemand wat die opsionele stadium van die diep godsdienstige persoon in Hindoeïsme kies. Hy onttrek uit die samelewing, gee alle besittings prys en swerf rond. • Sint/Heilige in die Christelike godsdiens: enige heilige persoon kan as 'n sint/heilige beskryf word. In die Katolieke tradisie word dit gewoonlik verstaan as iemand wat formeel tot heilige verklaar word na 'n lang proses van oordeel/insig en ondersoek sodat die persoon in die publiek as model kan dien van 'n persoon wat na aan God is. Ons sê dat die persoon (6) gekanoniseer is. (6) 5.3 5.3.1 • Hierdie geloof word in die Christelike godsdiens gevind. • Inkarnasie is die geloof dat in die persoon Jesus, God 'n mens geword het. • Jesus, as die tweede persoon van die Drie-eenheid, die Seun van God, is beide goddelik en mens. (6) 5.3.2 • Hierdie geloof word in Hindoeïsme en Boeddhisme gevind. • Reïnkarnasie is die geloof in die voortgaande siklus van geboorte-dood-hergeboorte. • Karma bepaal wat in die volgende lewe gebeur. Dit word beskou as 'n beloning of straf vir die manier waarop jy jou huidige lewe uitleef. • Moksha is die bevryding uit hierdie siklus, wanneer die siel gereinig en met God/die Groot Siel van die Heelal verenig is. (6) 5.4 5.4.1 • Ooreenkoms: hulle is beide tipes stories wat dikwels in godsdiens gebruik word. (4) • Verskil: 'n mite verduidelik 'n diep godsdienstige waarheid; 'n gelykenis bevat 'n morele les, gee leiding oor wat jy moet doen en wat nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 12 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 5.4.2 • Ooreenkoms: hulle verwys albei na mense wat verkies om by die ou, streng, 'oud modiese' maniere om hulle godsdiens. te beoefen te bly. • Hulle sal die teenoorgestelde van progressiewe of liberale denkers in hulle godsdiens wees. • Verskil: daar is 'n verskil in die mate waartoe hulle die ou maniere steun. • 'n Fundamentalis hou daarvan om by die ou, streng maniere te bly met 'n letterlike interpretasie van die geskrifte. • Die tradisionalis hou ook daarvan om by die ou, streng maniere te bly, maar is nie so 'aggressief' soos die fundamentalis nie. (4) 5.4.3 • Ooreenkoms: hulle is beide onderafdelings van Hindoeïsme. • Verskil: volgelinge van Vaishnavisme aanbid Vishnu as hulle opperwese; volgelinge van Shaïvisme aanbid Shiva as hulle (4) opperwese. LET WEL:As die korrekte simbool getoon is as n tekening moet dit krediet kry. 5.5 5.5.1 VOORBEELD 1: JUDAÏSME • Die ikoon/simbool vir Judaïsme is óf die menora óf die Ster van Dawid. • Die menora is die sewe-arm-kandelaar wat in hulle rituele. • Die Ster van Dawid het ses punte. • Dawid was 'n groot koning en skaapherder van die Jode. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 5.5.2 VOORBEELD 1: JUDAÏSME • Vanaf antieke tye was hulle plek van samekoms die sinagoge. • Onder hulle groot koning Salomo is 'n tempel gebou in die hoofstad Jerusalem. • Daar was slegs een tempel, die tempel van Salomo. • Die tempel is twee keer vernietig, die tweede keer deur die Romeine en nooit herbou nie. • Die Klaagmuur, 'n heilige plek vir hedendaagse, is die oorblyfsels van die tempel. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 5.5.3 VOORBEELD 1: JUDAÏSME • Ortodokse Jode wat streng by die wette en reëls van Judaïsme hou, word aan hulle klere geken: die mans het lang baarde en hulle dra swart keilhoede en lang swart oorjasse. • Vir gebed dra Joodse mans 'n kalotjie ('yarmulke'), 'n gebeds- mantel ('tallith') en 'n klein boksie wat boekrolle van geskrifte bevat aan hulle arms en voorkop vas is genoem filakterie/tefillin. • Vroue dra 'n gebedsmantel ('tallith') met krale, terwyl hulle bid. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 13 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 5.5.1 LET WEL:As die korrekte simbool getoon is as n tekening moet dit krediet kry. VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS • Die ikoon/simbool vir die Christelike godsdiens is die kruis. • Dit is herinnering aan Jesus se reddingsdaad deur aan die kruis te sterf. • Party kruise toon die sterwende figuur van Jesus daarop. Dit word kruisbeelde genoem. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 5.5.2 VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS • Christene aanbid in 'n kerk. • Die verskillende kerkverbande ontwerp hulle kerke verskillend. • Ander name vir Christen plekke van aanbidding, afhangend van die grootte, doel en styl van argitektuur is: katedraal, basilika, kapel en altaar. • Sommige kerkverbande verkies 'n eenvoudige saalagtige plek; ander hou van 'n definitiewe argitektoniese styl, soos 'n katedraal, ander hou van swierige versierings, loodglasvensters. beelde, blomme. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 5.5.3 VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS • By verskeie kerkverbande dra die prediker een of ander tipe kleed/mantel wat hom in daardie rol identifiseer. • Voorbeelde: die biskopsmus (myter) en staf van 'n biskop, die kleed/mantel en gewade van die priesters en ander predikers. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Religion Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all