Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 








View all



Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 11
- File size
- 343.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1. 1.1.1 C√ (1)
1.1.2 A√ (1)
1.1.3. D√ (1)
1.1.4 A√ (1)
1.1.5 B√ (1)
1.1.6 A√ (1)
1.1.7 D√ (1)
1.1.8 D√ (1)
1.1.9 B√ (1)
1.1.10 B√ (1)
(1x10=10)
1.2 1.2.1 ekumeniese√ (1)
1.2.2 ideologie√ (1)
1.2.3 moksha√ (1)
1.2.4 sjamaan √ (1)
1.2.5 imam√ (1)
1.2.6 kettery/dwaalleer√ (1)
(1x6=6)
1.3 1.3.1 E√ (1)
1.3.2 D√ (1)
1.3.3 F√ (1)
1.3.4 A √ (1)
1.3.5 B√ (1)
1.3.6.C√ (1)
(1x6=6)
1.4 1.4.1 Waarsêer √
Die ander is vorms van aanbidding. √ (2)
1.4.2 Tao √
Die ander is sleutelkonsepte in godsdiens. √ (2)
1.4.3 Sinkretisme √
Die ander verwys na die aard van goddelikheid. √ (2)
1.4.4 Godsdienstige vryheid √
Die ander pas by spesifieke godsdienste. √ (2)
1.4.5 Sondag √
Die ander is aan Afrika Tradisionele Godsdiens verwant. √ (2)
(2x5=10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.5 1.5.1 • Eenders wees.
• Ooreenkoms met 'n spesifieke godsdiens√√
• Van dieselfde soort, met dieselfde aard, met dieselfde vorm.
√√
Beteken kenmerke wat godsdienste of mense in gemeen
het. √√ (2)
1.5.2 • Dit beteken kenmerke wat tot 'n spesifieke godsdiens beperk
is. √√
• Dit beteken iets wat ongewoon of merkwaardig is√√
• Eienskappe/Kenmerke wat 'n godsdiens anders as ander
godsdienste maak. √√ (2)
1.5.3 • Dit beteken 'n toelaatbare daad/handeling in Islam. √√
• Dit word dikwels gebruik om kos te beskryf wat toelaatbaar vir
Moslem-verbruik is. √√ (2)
1.5.4 • Harmonie tussen mense en/of godsdienste. √√
• Vreedsame naasbestaan van godsdienste. √√
• Erkenning van gemeenskaplike terreine in verskillende
godsdienste. √√ (2)
1.5.5 • Kyk vir ooreenkomste en verskille in godsdienste. √√
• Twee of meer godsdienste kan vergelyk word. √√
• Dit kan implisiet of eksplisiet wees. √√ (2)
LET WEL: Enige TWEE geldige antwoorde moet gekrediteer word. (2x5=10)
1.6 1.6.1 Waar √√ (2)
1.6.2 Onwaar √ Die goddelike naam van God is Jahweh/Elohim√ (2)
1.6.3 Onwaar √ Dit is in Arabies geskryf. √ (2)
1.6.4 Onwaar √ Die wêreld se prosesse ontstaan uit twee magte:
Jin en Jang. √ (2)
(2x4=8)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 • Lering kom van 'om iemand iets te leer/te onderrig' wat
beteken om kennis of begrip van 'n spesifieke godsdiens oor
te dra.
• Dit is sistematiese inligting oor aspekte van 'n godsdiens.
• Lering is 'n normatiewe verduideliking van iets.
• 'n Lering speel verskillende rolle in verskillende godsdienste. (4)
2.1.2 • Die woord 'mite' kom van die woord 'mythos' wat 'woord' of
'fabel' beteken.
• Dit verwys na daardie stories wat diepe waarhede oor skepping,
lewe en dood onthul.
• Mite vorm die grondslag van lering en selfs dogma in party
godsdienste. (4)
2.1.3 • Dit kan afwisselend met 'lering' gebruik word.
• Dit is 'n verklaring van fundamentele oortuigings.
• Dit verwys na 'n spesifieke deel van 'n geloofstelsel. (4)
2.1.4 • Die woord 'gelykenis' verwys na 'n storie wat vertel word om 'n
godsdienstige beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige vraag
te beantwoord.
• Dit is 'n kort storie wat 'n definitiewe moraal/sedeles bevat.
• 'n Gelykenis is 'n storie wat in kunsvorm aangebied word. (4)
2.1.5 • Die woord 'dogma' kom van die Griekse woord 'dogma' wat
oorspronklik voorkoms of mening beteken het.
• Dit is 'n beginsel of stelsel wat gesamentlik deur godsdienstige
owerhede voorgeskryf word.
• Dit is 'n absolute verklaring of mening oor godsdienstige
geloof/oortuiging. (4)
2.2 • Morele orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die konsep
van ubuntu gekenmerk.
• Ubuntu is 'n Afrika-filosofie van respek en empatie vir mense.
• Dit beteken dat jy moet leer om die lewe met ander mense te deel.
• Ubuntu beteken 'n mens is 'n mens deur ander mense. (4)
2.3 • Die godsdienstige identiteit van 'n persoon word deur sekere rituele
gevorm.
• Die godsdienstige identiteit van 'n individu word ook deur godsdienstige
simbole gevorm.
• Die kleredragkode van 'n spesifieke godsdiens vorm die godsdienstige
identiteit van sy volgelinge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.4 • Die doktrine/leerstelling van reïnkarnasie is op die wet van karma gegrond,
wat die gevolge van dade impliseer.
• Hierdie doktrine leer dat 'n siel deur 'n reeks geboortes en sterftes gaan.
• Die voorbeeld is dat soos wanneer iemand verslete klere afwerp/weggooi
en ander nuwe klere aantrek, so werp die siel verslete liggame af.
• Nadat die verslete liggaam afgewerp is, gaan die siel 'n ander een, wat
nuut is, binne.
• Die soektog na wêreldse plesier gee aanleiding tot weergeboorte.
• Volgens die doktrine van reïnkarnasie, word die siel van geboorte na die
dood en van die dood na geboorte aangedryf.
• Die siel vergaan nooit nie.
• Die uiteindelike doelwit van menslike bestaan is moksha, of verlossing van
menslike lyding. (8)
2.5 • Dit is 'n versameling heilige boeke of tekste.
• Dit is ‘n ‘maatstaf’ vir die verifiering van heilige geskrifte. (2)
2.6 2.6.1 • Alle godsdienste sal onder die Bahá'i-geloof verenig wees.
• Dit is die godsdiens van die toekoms. (4)
2.6.2 • Hulle het 'n kastestelsel.
• Elke kaste het 'n spesifieke verantwoordelikheid in die
samelewing. (4)
2.6.3 • Tradisionele genesers word geraadpleeg wanneer daar
teëspoed in 'n familie is.
• Die tradisionele geneser kommunikeer met die voorvaders.
• Daar word geglo dat kennis van tradisionele medisyne van die
voorvaders kom. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 • Jode: Nie alle Jode is ryk en gierig nie.
• Katolieke: 'n Klein minderheid is skuldig aan hierdie misdryf. Daar was ook
heelwat vals aantygings.
• Islam: Terrorisme word nie deur Islam aangemoedig nie.
• Boeddhisme: Nie alle Boeddhiste is monnike nie. Sommige Boeddhiste
was onlangs betrokke by growwe menseregteskendings. (2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 • Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te
gee.
• Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is
oppervlakkig.
• Verslaggewers benader godsdienstige kwessies meesal uit 'n
sekulêre en politieke perspektief/oogpunt.
• Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat
kontroversieel is, publiseer.
• Teenoor ortodokse gelowe is die toon meesal vyandig, terwyl dit
teenoor minderheidsgodsdienste positief is.
• Die mense met wie die meeste onderhoude gevoer word, is
diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.
• Verslaggewers kan bevooroordeeld en partydig wees. (6)
3.2.2 Voorbeelde:
• Verslaggewers berig net oor Katolisisme wanneer seksuele
misbruik vermoed word.
• Hulle berig nooit oor teologiese of geestelike sake nie.
• Spotprente van Profeet Mohammed is gepubliseer alhoewel
Moslem-gemeenskappe die media ingelig het dat Islam nie
enige uitbeeldings van die Profeet toelaat nie.
• Nog koerante het die spotprente gepubliseer ten spyte van
wydverspreide besware daarteen.
• Minderheidsgodsdienste: Die Bahá'i-geloof word positief gedek.
• Ekstremisme bestaan in alle godsdienste, selfs in sekulêre
gemeenskappe.
• Godsdienstige ekstremisme in alle godsdienste word egter nie
gedek nie.
• Ekstremisme in Islam kry die meeste dekking, terwyl
ekstremiste in Boeddhisme (Mahayana) of Hindoeïsme min of
geen aandag kry nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.3 • Drukgroepe, in beide die burgerlike samelewing en die regering, verseker
dat media-artikels hulle belange ondersteun.
• Joernaliste se verslaggewing weerspieël slegs hulle eie vooroordele.
• Joernaliste is dikwels nie kundig oor godsdienste nie, en daarom word
inligting dikwels verkeerd geïnterpreteer.
• Nie elke gebeurtenis of storie het dieselfde nuuswaarde nie. 'n Artikel dat
alles by 'n Middernagmis goed afgeloop het, het min nuuswaarde.
• Die media floreer op sensasionalisme.
• Daar word gereken dat negatiwiteit goed verkoop, en so ook misdaad.
Mediamense word dus aangespoor om berigte rondom hierdie temas te
organiseerder of te 'skep'. (10)
3.4 • Wanneer ons mense op grond van godsdienstige geloof/oortuiging
voortydig oordeel, kan ons dalk op só 'n wyse optree dat dit individue of
groepe negatief beïnvloed.
• Dikwels dink ons nie eens oor die stereotipes of vooroordele wat ons het
nie en kan ons mense seermaak of benadeel sonder om dit te besef.
• Ons dink dalk dat ons optrede eenvoudig die werklikhede of vermoëns van
mans en vroue akkuraat weergee, maar eintlik diskrimineer ons en
bevorder ongelykheid.
• Selfs al word 'n stereotipe as positief beskou of bedoel, kan die feit dat nie
alle mense in daardie groep aan daardie standaard voldoen nie, dikwels lei
tot 'n 'positiewe' stereotipe wat spesifieke individue benadeel, bv. Wes-
Afrikane is ryk. (8)
3.5 • Verbeter joernaliste se professionele vaardighede
• Kulturele sensitiwiteit soos om stereotipering te vermy
• Verhoog mediadiversiteit
• Verskerp leierskap in die mediabedryf
• Ondersteun opvoedkundige en godsdienstige media wat 'n globale
perspektief bied
• Sosiale media kan groter vryheid van spraak toelaat
• Dit kan gebruik word om godsdienstige stereotipering uit te daag (10)
3.6 • Organiseer werksessies en leer gemeenskappe hoe om betroubare
inligting na te vors en te publiseer.
• Hulle moet hulle optrede/handelinge op 'n 'ouderdomsgeskikte' wyse
adverteer om die aandag van die kykers te trek.
• Hulle programme moet gebruikersvriendelik en toeganklik wees.
• Kry borge om hulle programme te befonds sodat dit vir gemeenskappe
bekostigbaar sal wees.
• Skep 'n toep ('app') wat alle gemeenskappe deur die bank sal inlig en na
hulle sal uitreik.
• Skep 'n toep ('app') wat die gemeenskap en die godsdienstige
gemeenskap finansieel sal bevoordeel.
• Waarsku die gemeenskap oor valse/onwaar nuus en onakkurate inligting. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 CHRISTELIKE GODSDIENS
Vryheid van diskriminasie
• 'Jy sal jou naaste liefhê soos jouself.' Hierdie is die gebod vir Christene om
nie teen ander mense te diskrimineer nie.
• God het elke mens na Sy beeld geskep. 'Julle is almal seuns van God deur
geloof in Jesus Christus.'
HINDOEÏSME
Lewe, vryheid en persoonlike veiligheid
• 'Moenie ander kwaad doen nie' net soos jy toegeneentheid voel wanneer
iemand sien vir jy baie lief is.
• Hindoeïsme glo dat elke siel 'n werklike of potensiële deel van die
goddelike is (Brahmaan)
• As elke siel van gelyke waarde is, dan is elke mens van gelyke waarde,
wat ook al hulle ras of kleur.
ISLAM
Vryheid van geloof en godsdiens
• Daar moet geen dwang in die saak van geloof wees nie.
• Daar moet geen verpligting in godsdiens wees nie.
• Dit het te make met vryheid van godsdiens.
JUDAÏSME
Vryheid van mening en inligting
• Enige ernstige student van Joodse heilige tekste moet 'n Talmoed-teks kan
bestudeer, of dit in die Misjna of Gemara is. Baie verskillende
studiemetode kan gebruik word.
• Latere tekste skep nooit nuwe Tora nie. Hulle gebruik logika om idees oor
ouer skrywes uit te werk, of nuwe maniere om die wetslesse in ouer
skrywes toe te pas, veral die Talmoed.
AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
Onderwys
• Ubuntu impliseer die interafhanklikheid van mense op mekaar, en is
belangrik vir groepsoorlewing.
• Ek is 'n mens deur wisselwerking/interaksie met ander mense.
• Dit roer die belangrikheid daarvan aan om ander met waardigheid te
behandel. (4 x 3) (12)
LET WEL:’N maksimun van TWEE punte kan toegeken word as relevante
oortuiginge gemeld wod sonder bespreking van die ROLLE
4.2 4.2.1 • In die Christelike godsdiens is daar baie min plek vir variasie
met betrekking tot sentrale oortuigings.
• Mense wat van die korrekte oortuiging afwyk, sal sekere sosiale
gevolge moet aanvaar.
• In die verlede het sommiges as gevolg van hulle oortuigings
selfs met hulle lewens betaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
4.2.2 • In Boeddhisme word oortuiging, as die aanvaarding van 'n
sekere standpunt, as 'n hindernis tot verlossing beskou.
• Verkleefdheid aan oortuigings is net so sleg soos verkleefdheid
aan geld omdat dit tot swaarkry vir een en almal lei.
• In Boeddhisme speel oortuiging nie 'n belangrike rol nie, maar
wat belangrik is, is om die regte ding te doen en om korrek op
te tree. (4)
4.2.3 • In die Afrika Tradisionele Godsdiens speel oortuigings 'n baie
belangrike rol want dit bevestig die bestaan van die voorvaders.
• Oortuigings vorm die fondasie wat mense saambring vir
gemeenskaplike optrede en help om 'n gemeenskaplike
gedeelde identiteit te skep.
• In die Afrika Tradisionele Godsdiens word oortuigings
mondelings van geslag na geslag oorgedra, soms met
modifikasies.
• Dit is omdat daar geen geskrewe teks is nie. (4)
4.3 4.3.1 • Moraliteit is die vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd.
• Moraliteit beteken ooreenstemming met die reëls van korrekte
optrede.
• Dit kan deur sekulariste as apart van godsdiens beskou word.
• Moraliteit is op jou samelewingswaardes gegrond. (4)
4.3.2 • Alle godsdienste onderskei tussen reg en verkeerd.
• Bv. Jy sal nie egbreek pleeg nie. (In Judaïsme en die Christelike
godsdiens.)
• Dit verbied seksuele immoraliteit en moedig die instelling van
die huwelik aan.
• Alle godsdienste moedig hulle volgelinge aan om 'n regverdige
lewe te lei.
• Dit word gedoen deur beloftes van 'n beter bestaan in die
hiernamaals (Abrahamitiese gelowe).
• 'n Mens sal in die huidige lewe beloon word (Afrika Tradisionele
Godsdiens).
• Bv. wet van karma in Hindoeïsme.
• Stigtingsfigure van godsdienste vertoon die hoogste sedes.
• Bv. Boeddha het 'n lewe van uiterste eenvoudigheid gelewe
(asketisme). (12)
4.3.3 • Mense is besig om belangstelling in godsdiens te verloor.
• Dit is as gevolg van wetenskaplike verduidelikings vir natuurlike
verskynsels.
• 'n Voorbeeld hiervan is die Oerknalteorie wat 'n wetenskaplike
verduideliking is van hoe die heelal ontstaan het.
• 'n Ineenstorting van gesinstrukture lei daartoe dat kinders nie
familiewaardes volg nie.
• Mense word op sosiale media aan valse inligting blootgestel. Dit
veroorsaak verwarrings ten opsigte van godsdienstige
oortuigings.
• Godsdienstige konflik laat baie mense van godsdiens wegdraai. (10)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 • In die Konstitusie is daar godsdiensvryheid en gewetensvryheid wat alle
Suid-Afrikaners moet geniet.
• Hierdie voorwaarde word deur die Menseregtekommissie asook die
Nasionale Godsdiensleiersforum ('NRLF') beskerm.
• Die Konstitusie het 'n geleentheid vir godsdiensonderrig in skole, deur
Lewensoriëntering en Religiestudies in die kurrikulum geskep
• Minderheidsgroepe is geregtig op godsdienstige onderhouding.
• By openbare byeenkomste, bv. parlementêre byeenkomste, word 'n
universele gebed wat al die godsdienste omvat, aangebied.
• Dit is egter belangrik om daarop te let dat ten spyte van al die pogings deur
die regering, daar steeds elemente van diskriminasie in die land
teenwoordig is, bv. in sommige gebiede verontagsaam spesifieke
gemeenskappe steeds die Konstitusie.
• Minderheidsgodsdienste word soms nie gelyke erkenning met
meerderheidsgroepe by gemeenskapsfunksies gegee nie.
• Die mate van respek en verdraagsaamheid verskil dus van gemeenskap
tot gemeenskap.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (12)
5.2 • Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in 1893
in Chicago plaasgevind.
• Die doel was om 'n globale dialoog van gelowe te skep.
• Die parlement is weer in 1993 in Chicago gehou om oor wêreldkwessies
saam te werk en om 'n verklaring met die titel 'Towards a Global Ethic' te
ontwikkel.
• Die Kaapstadse Parlement het in 1999 die kwessie van MIV en Vigs
beklemtoon.
• Die Parlement het in 2004 in Barcelona, Spanje, byeengekom en gefokus
op godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en om die eksterne
skuld van ontwikkelende lande te elimineer.
• Die fokus was in 2007 op die Millenniumontwikkelingsdoelwitte om
armoede uit te wis.
• Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom en
versoening van Australiese inboorlinge, volhoubaarheid en
aardverwarming hanteer. (10)
5.3 • Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is effektief want leiers van
verskillende godsdienste kan nou met een stem teen godsdienstige geweld
in die wêreld praat.
• Hulle kon 'n ingeloofkoalisie in 1999 organiseer om onwettige
wapenhandel in die agterbuurte van Brasilië uit die weg te ruim wat gelei
het tot streng wette om onwettige wapenhandel te keer.
• Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in die Barcelona-
vergadering deur 8 000 mense van baie verskillende godsdienstige en
geestelike tradisies bygewoon.
• Hierdie diversiteit en omvattendheid toon die harmonieuse verhouding
tussen godsdienste.
• Dit het oor die hele wêreld takke wat aktief betrokke is by die oplos van
godsdienstige en burgeroorloë in daardie lande.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Die raad vir die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het 'n netwerk
van intergodsdienstige bewegings in vennootstede oor die wêreld heen.
• Hulle het 'n vennootskap met ander sektore van die samelewing, soos
organisasies in die VN.
• Die parlement het egter nie wetlike magte nie. (Dit kan nie wetgewing
maak of afdwing nie.)
• Dit maak staat op samewerking met die regering om effektief te wees.
• Die effektiwiteit van die parlement is in verhouding met godsdienstigheid
(belangstelling in godsdiens).
• Soos wat godsdienstigheid van oor die wêreld heen afneem, so neem die
effektiwiteit van die parlement ook af. (12)
5.4 Die rigsnoere van die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika is soos volg:
• Om godsdienstige verskille te respekteer.
• Uitvoering gee aan morele waardes en sake waaraan daar sterk/intens
geglo word en wat algemeen gedeel word.
• Behou die identiteit van elke godsdienstige gemeenskap.
• Vereer die verskillende wyses waarop godsdienstige gemeenskappe in
Afrika georganiseer is.
• Ondersteun plaaslike multigodsdienstige strukture in die Raad vir
Godsdienstige Leiers in Afrika-netwerke op die kontinent.
• Ondersteun die beginsels van verteenwoordiging, ondergeskiktheid en
samehorigheid. (10)
5.5 JA
• Vroue in verskillende gelowe in Suid-Afrika het saamgestaan in die stryd
teen die apartheidsregering.
• Hulle het vroueverenigings waar hulle saambid vir al die uitdagings
waarvoor vroue te staan kom.
• Wanneer 'n gesin 'n lid verloor, sal vroue van daardie spesifieke gebied
saamkom om die gesin in rou by te staan.
• Suid-Afrikaanse vroue van verskillende gelowe staan saam in die stryd
teen verkragting, asook die mishandeling van vroue en kinders.
• Hulle het hulle leuse: 'wathinta abafazi wathinta imbokodo', wat beteken:
'as jy vroue aanraak, stoot/stamp jy teen die rots'.
• Hulle oorkom altyd hulle godsdienstige verskille wanneer hulle teen sosiale
euwels veg.
NEE
• Vroue is selde in leierskapsposisies in godsdienstige organisasies.
• Vroue word gemarginaliseer deur die waninterpretasie van godsdienstige
leringe.
• In sekere gemeenskappe diskrimineer kulturele praktyke teen vroue.
• Hulle beperk dus hulle werk tot hulle eie godsdienstige groepe. (6)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2022 English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2022 English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Religion Studies P1 Nov 2017 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2017 Afr_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Religion Studies P2 Nov 2017 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Religion Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24.pdf

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Eng.pdf
Question paper