Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 352.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.2Common Features of Religion22 marks
- Question 1.3Topical Issues in Society16 marks
- Question 2.1The Variety of Religions10 marks
- Question 2.2The Variety of Religions10 marks
- Question 2.3The Variety of Religions40 marks
Show all 17 questions
- Question 3.1Common Features of Religion30 marks
- Question 3.2Common Features of Religion10 marks
- Question 3.3Common Features of Religion10 marks
- Question 4.1Common Features of Religion10 marks
- Question 4.2Common Features of Religion10 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.4Research Into and Across Religions10 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions14 marks
- Question 5.2Research Into and Across Religions12 marks
- Question 5.3Research Into and Across Religions10 marks
- Question 5.4Research Into and Across Religions14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 • Die kernwaardes van liefde, omgee/versorging en respek word nie na die
jonger geslag oorgedra nie, want die gesinseenheid disintegreer.
• Middelmisbruik dra by tot die verwaarlosing van bejaardes.
• Party gesinne is te arm om bejaardes by te staan.
• Armoede in die gemeenskappe, gesinne as mikrogemeenskappe ingesluit.
• Die hoë werkloosheidskoers onder die jonger geslag veroorsaak dat hulle
finansiële bystand by bejaardes eis. Dit lei daartoe dat geld met geweld by
bejaardes gevat word, wat tot fisiese en emosionele mishandeling lei.
• Die plaag MIV en Vigs wat jong moeders en vaders verwoes, lei tot
emosionele mishandeling van bejaardes, met die gevolg dat angstigheid
en depressie ontwikkel.
• Daar is 'n toename in die aantal weeskinders wat nie weet of begryp hoe
om by bejaardes aansluiting te vind nie.
• Die hoë sterftekoers van lewenstylsiektes laat bejaardes aan die genade
van tieners of adolessente oor.
• Jeugmisdaad in die samelewing lei tot ander vorms van mishandeling, bv.
seksuele mishandeling.
• Die beweeg van die jonger geslag na stedelike gebiede beteken bejaardes
bly alleen in die landelike gebiede agter.
• Ekonomies aktiewe mense kan hulle bejaarde ouers verwaarloos,
aangesien hulle te besig is om rykdom na te jaag.
LET WEL:Ander relevante punte moet krediteer word (12)
1.2 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
• Ubuntu is 'n Afrika-lewensfilosofie wat deur alle volgelinge van die Afrika
Tradisionele Godsdiens nagevolg moet word.
• Respek vir bejaardes moet by kinders ingeskerp en geleer word.
• Alle gesinslede moet die bande met mekaar behou.
• Grootouers is nie veronderstel om alleen gelaat of in die steek gelaat te
word nie.
• Grootouers word as 'n bron van wysheid beskou en speel 'n spesifieke rol
in die ontwikkeling van hulle kleinkinders.
• In die Afrika godsdienstige konteks is 'n ouma/oupa vir al die kinders in die
dorpie 'n grootouer met die gevolg dat daar wedersydse liefde en
versorging is.
• In hierdie godsdiens behoort 'n ouer aan al die kinders van die dorpie.
Die beginsel van 'my kind is jou kind en jou kind is my kind' stel al die
volwasse lede van die samelewing in staat om aktief aan
kinderontwikkeling deel te neem.
• Die oudstes van die gesin word as die bewaarders van
gemeenskapswaardes en gewoontes beskou.
• Elke gesin het 'n hoogs geëerde oudste toevertrou met die
verantwoordelikheid om die gesinsake te bestuur.
• In die gesinskonteks behoort alles aan al die lede van die gesin.
• Bv. waar daar 'n trop beeste in die familie is, het niemand die reg om
besluite te neem rakende die vee sonder konsultasie nie.
• Die Afrika Tradisionele Godsdiens is 'n stamgebaseerde godsdiens waar
daar geen weeskinders of buite-egtelike kinders is nie. Almal behoort aan
die gemeenskap. Dit gee almal 'n gesonde gesinslewe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GELOOF
• In die Christelike Geloof word die probleem hierbo genoem, deur die Tien
Gebooie in Eksodus opgelos.
• Byvoorbeeld 'Eer jou vader en jou moeder.' So sal jy 'n lang en goeie lewe
leef.
• Kinders word deur God beveel om hulle ouers te eer. Dit is nie net op die
jonger geslag gemik nie: dit het betrekking op almal wat ouers het – jonk
en oud.
• 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.'
• Hierdie gebod beklemtoon die belangrikheid daarvan om 'n sorgsame
gemeenskap te bou.
• Dieselfde waardes wat in die Afrika Tradisionele Godsdiens van
toepassing is, is van toepassing in die Christelike geloof en ander
godsdienste, naamlik liefde, versorging, empatie, vertroue en respek.
• Ouers is verplig om hulle kinders in goddelike lewenswyses te onderrig.
• Ouers het 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die groei en ontwikkeling
van hulle kinders.
• Kinders het ook 'n verantwoordelikheid teenoor hulle ouers. As hulle hulle
ouers eer, sal hulle in 'n posisie wees om God te eer.
• Die Christelike geloof verbied seksuele verhoudings met jou bloedfamilie,
en dit verbied ook seksuele mishandeling in die familie/gesin.
• Dit bevorder beter fisiese gesondheid.
• Die Christelike geloof beveel ouers om nie hulle kinders te terg of te teister
nie, maar om in liefde en eer saam te leef.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.
Die kandidaat kan na slegs een godsdiens of na meer as een godsdiens
verwys.
Ten minste VIER relevante leringe moet bespreek word (22)
1.3 • Moedig alle gesinslede aan om 'n aktiewe godsdienstige lewe te hê.
• Benadruk en beoefen die uitdrukking: ' 'n Gesin wat saambid, bly saam.'
• Godsdienstige organisasies moet toegewyde gesinskantore/-afdelings hê.
• Godsdienstige takke of gemeenskappe moet klasse vir getroudes aanbied
om hulle met gesins- en godsdienstige waardes toe te rus.
• Hulle moet gesinsbesoeke bring om die behoeftes van die gesinne te
bepaal.
• Godsdienstige organisasies moet spesiale dienste en klasse vir kinders en
jong mense aanbied.
• Vestig klein godsdienstige gemeenskappe om geestelike, emosionele en
sosiale ondersteuning te bied.
• Godsdienstige gemeenskappe kan ook met staatsdepartemente, bv. die
Departement of Maatskaplike Ontwikkeling, vergader om te help dat
dienste diep landelike gebiede en sukkelende bejaardes bereik.
• Hulle kan ook hulle lede na verskillende gesinne, wat verskillende tipes
steun nodig het, ontplooi.
• Gesinswerksessies moet deur godsdienstige liggame gehou word om
gesinslewe te versterk.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.-8 punte (16)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 VOORBEELD 1: JUDAÏSME
• Judaïsme word in drie hoofgroepe verdeel: Ortodokse, Konserwatiewe en
Hervormde Judaïsme.
• Die interne verskille is veroorsaak deur hulle verskillende vertolking van
leringe en oortuigings.
• Ortodokse Jode aanvaar die hele Tora, beide geskrewe (die Pentateug) en
mondelinge (Talmoed), soos deur God self onthul.
• Hervormde Judaïsme se oorsprong was in Duitsland waar baie Jode
gevoel het dat hulle by 'n veranderende wêreld moes aanpas en sommige
van die leringe en oortuigings van Ortodokse Jode verwerp het.
• Hierdie groep glo nie dat die Messias hulle na die Heilige Land Palestina
sal teruglei nie.
• Hulle glo nie dat Palestina hulle heilige land is nie.
• Konserwatiewe Judaïsme het ontstaan as 'n verwerping van die
Hervormde beweging.
• Konserwatiewe Jode verwerp ook baie praktyke van die Ortodokse groep
as nie-noodsaaklik, soos die gebedskissie.
VOORBEELD 2: ISLAM
• Die Soenni-Sjia-skeur het na die dood van die Profeet Mohammed in
632 HJ plaasgevind.
• 'n Debat het gevolg oor wie die Profeet se opvolger moes wees.
• Die Soenni-groep het geglo dat Abu Bakr, die profeet se skoonvader, die
opvolger of kalief moes wees.
• Die Sjia het geglo dat die Profeet se skoonseun, Ali ibn Talib, die eerste
kalief moes wees.
• Terwyl dit apolitiese verskil was, het die verdeeldheid oor die vertolking
van sekere Hadith (leringe van die Profeet) en wette vererger.
• Die meeste Soenni's aanvaar die Hadith-versamelings van Imam Bukhari.
• Die Sjia gee meer betekenis aan die Hadith beskrywe deur die familie van
Profeet Mohammed (Ahl al Bayt).
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
2.2 • Hulle het groot onderverdeling vermy omdat hulle 'n relatief jong
godsdiens is.
• Dit is in 1844 in die stad Shiraz, in Iran, gevestig.
• Hierdie godsdiens word deur 'n unieke demokratiese struktuur
bestuur/gelei.
• Elke lid staan 'n kans om by 'n Plaaslike Geestelike Raad/Vergadering,
Nasionale Geestelike Raad/Vergadering en Heelalle Raad/Huis van
Justisie ingestem te word.
• Volgelinge wat nie met die keuse van leiers saamstem nie, word as
skadelik vir die Bahá'i-geloof beskou.
• Dit is as gevolg van die gebod/gelofte van Bahá'u'lláh, wat bedoel was om
sy volgelinge na sy dood verenig te hou.
• Hulle aanvaar alle godsdienste.
• Hulle glo dat God bestaan, maar dieselfde God manifesteer homself in
baie vorme. Op hierdie wyse akkommodeer hulle verskillende leringe en
oortuigings.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.3. 2.3.1 VERSKILLE IN LERINGE
Voorbeeld 1: Islam
• Islam word in twee hooftakke verdeel, naamlik die Soenni en
die Sjia.
Soenni-Moslems
• Soenni verwys na 'volg' die Soenna (voorbeeld) van die Profeet
Mohammed.
• Die Hadith wat deur die metgeselle van die Profeet beskryf is,
het gelyke status met dit wat deur sy familielede beskryf is.
• Die Soenni-sekte glo dat al die leringe in die Boeke van Hadith
ewe belangrik is.
• Soenni's volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste
eeue.
• Soenni's aanvaar nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se
familie moet kom nie.
Sjia-Moslems
• Sjia beteken 'partydige' of 'aparte party'.
• Die Hadith wat deur die metgeselle van die Profeet beskryf
word, het minder betekenis/belang as dit wat deur sy familielede
beskryf is.
• Die Sjia volg slegs die leringe en opinies van 'n lewendige
geleerde.
• Hulle glo dat die laaste kalief van die Profeet se familie in 'n grot
weggesteek is en eendag as leier sal herverskyn. Daar word na
hom as 'Imam' verwys.
Voorbeeld 2: Christelike geloof
Katolisisme
• Christendom het drie hoof takke:Katolieke, oos-Ortodokse
en Protestante (ook Afrika Geΐnisieerde Kerke)
• Die Katolieke Kerk glo dat hulle die oorspronklike kerk is.
• Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en
Eva se ongehoorsaamheid aan God.
• God bestaan uit drie persone: Vader, Seun en die Heilige Gees.
• Die Heilige Gees kom van die vader en die Seun.
Oosters-Ortodokse
• Die Heilige Gees kom slegs van die God die Vader.
• Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg gelei word.
Protestantisme
• Die Bybel het meer gesag as die Pous.
• Hulle leer dat geloof die weg tot verlossing is.
• Hulle leer dat verlossing 'n geskenk is wat vrylik deur die werk
van Jesus Christus gegee word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.3.2 VERSKILLE IN PRAKTYK
Voorbeeld 1: Islam
Soenni
• Godsdienstige praktyke is streng volgens die Soenna van die
Profeet, soos in die Hadith voorgeskryf.
• In Soenni-Islam is 'n Imam slegs die leier van 'n
gemeentegebed.
• Imam beteken nie formele opleiding in Soenni-Islam nie.
• Muttah (tydelike huwelik) word verbied.
Sjia
• Imams is afstammelinge van die Profeet Mohammed, wat hulle
glo op goddelike wyse aangewys is.
• Die graftombe van Hussein in Karbala is 'n belangrike
pelgrimstog vir die Sjia's.
• Muttah (tydelike huwelik) word toegelaat.
• Hulle beoefen selfverminking, byvoorbeeld by die herdenking
van die tragedie van Karbala.
• Daar is twee skole van regsmening – Akbar en Usuli.
Voorbeeld 2: Christelike geloof
Katolisisme
• Gereelde bywoning van die Heilige Mis.
• Aanneming is 'n sakrament en alle lede moet opleiding ontvang
voordat hulle aangeneem word.
• Die kruis word vereer/eerbiedig.
• Die volgelinge moet hulle sondes aan 'n priester bely.
Oosters-Ortodokse
• Kerse word aangesteek.
• Die heiliges, wat ikone genoem word, word gesoen.
• Hulle gebruik wierook tydens die Heilige Mis.
Protestantisme
• Hulle woon gereeld op Sondae kerkdienste by.
• Genesingsdienste word gehou.
• Daar is opwekkingsdienste.
LET WEL:Indien al die takke nie genoem word nie moet ‘n
maksimum van agt punte toegeken word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.3.3 VERSKILLE IN BESTUUR/LEIDING
Voorbeeld 1: Islam
Soenni
• Daar is nie geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
• Enige Moslem kan op gemeenskapsrade dien.
• Bestuur is gemeenskapsgebaseerd.
• Islamgeleerdes (ulema) en gemeenskapslede (vrywilligers) dien
op bestuursrade van moskees, madressa en skole.
Sjia
• Sjia-Moslems eerbiedig die afstammelinge van die Profeet
Mohammed, en glo dat hulle die Goddelike reg het om Moslems
te lei.
• So 'n leier word 'imam' genoem.
• Die finale woord oor enige onsekerheid oor enige godsdienstige
of politieke kwessies berus by die verteenwoordiger van die
imam.
• Bestuur is in die hande van mollas (priesters) wat volgens
godsdienstige dekreet bestuur/lei.
Voorbeeld 2: Christelike geloof
Katolisisme
• Die hoof van Katolisisme is die Pous.
• Die magsentrum van hierdie vertakking is in Rome.
• Die Katolieke tak het baie ordes, naamlik monnike, nonne,
priesters en kloostermonnike.
• Die Katolieke tak word op gemeentevlak deur priesters bestuur,
dekanate deur dekens, bisdomme deur biskoppe en
aartsbisdomme deur aartsbiskoppe.
• 'n Kardinaal kan 'n hele land of geografiese streek bestuur/lei.
Oosters-Ortodokse
• Hierdie vertakking word deur priesters en biskoppe
bestuur/gelei.
• Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe.
• 'n Bisdom is 'n groep gemeentes onder die leierskap van 'n
biskop.
Protestantisme
• Die kerke word deur ingewyde predikante en biskoppe of
verkose ouderlinge bestuur/gelei.
• Algehele gesag is deur 'n hoër gesag soos 'n sinode of
algemene vergadering met die biskop as voorsittende beampte.
• Sommige Protestante kerke is onafhanklik en nie aan enige
hoër gesag as die gemeente verantwoordelik nie.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 VOORBEELD: 1 Afrika Tradisionele Godsdiens
• Hulle glo in die bestaan van 'n Opperwese.
• Die Opperwese word verskillende name in verskillende dele van
Afrika gegee, bv. Bembe in Sentraal-Afrika.
• Die Opperwese kommunikeer nie direk met lewende wesens
nie.
• Kommunikasie vind plaas deur die tussengangers wat
voorvaders genoem word, ook bekend as die lewende dooies.
• Afrika-stamme erken die bestaan van verskillende gode en
godinne, bv. uNomkhubulwane deur die Zulu-nasie.
• Die Opperwese word as die bron van lewe en die uiteindelike
oorsaak van die dood beskou.
VOORBEELD: 2 j Judaïsme
• Hulle glo in die bestaan van 'n Opperwese genoem Jahweh.
• God is die Skepper van die heelal.
• God het aan hulle voorvaders en profete verskyn.
• God is die Gees, maar het die kenmerke van die mens.
• He is alomteenwoordig, deur die hele geskiedenis en in die
toekoms in.
• God skep, oordeel, verlos voortdurend en is persoonlik in
mense se lewens betrokke. (10)
3.1.2 VOORBEELD 1: Afrika Tradisionele Godsdiens
• Slegs mense wat goeie lewens lei kan voorvaders word.
• Dit moedig mense aan om 'n goeie lewe te lei, d.i. handhaaf die
beginsels van ubuntu.
• Beloning en straf kan hier en nou plaasvind.
• Om goed te doen word in hierdie wêreld deur die voorvader, wat
die mondstuk van die Skepper is, beloon.
• Om bose goed aan God se skepping te doen, of om jou pligte te
versuim sal straf, soos teëspoed en siekte tot gevolg hê.
• Wanneer teëspoed of siekte die gevolg van straf deur die
voorvaders is, word 'n ritueel van versoening uitgevoer.
• Hierdie ritueel is bedoel om 'n persoon aan te moedig om weer
'n goeie lewe te lei.
VOORBEELD 2: Judaïsme
• Volgens Judaïsme, word mense goed gebore.
• Alle mense het goddelike siele met die onbeperkte potensiaal
om goed te doen.
• Die mens het 'n keuse tussen goed en kwaad.
• Jy kan die bose/kwaad deur persoonlike groei te bowe kom.
• Die bestudering en beoefening van die Tora word as 'n
teenmiddel vir die kwaad beskou.
• Diegene wat God se Gebooie eer, word as goed beskou en
hulle word beloon. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.1.3 VOORBEELD 1: Afrika Tradisionele Godsdiens
• Die Afrika Tradisionele Godsdiens erken dat daar lewe na die
dood is.
• Hulle glo dat wanneer 'n mens sterf hy of sy na die land van die
lewende dooies gaan.
• Van hierdie wêreld af waak hulle oor die lewendes se dade en
beskerm of straf hulle.
• Die lewende dooies verskyn aan die lewendes in drome en
visioene.
• Hulle glo dat die dood van die planeer aarde afvat, maar nie die
lewe van hulle af wegvat nie.
• Die dood maak hulle onsigbaar, maar lewende wesens.
VOORBEELD 2: Judaïsme
• Judaïsme glo in die lewe na die dood.
• Jode glo dat in die tyd van die Messias sal die dooies opgewek
word.
• Hulle sê dat wanneer mense sterf hulle siele na 'n ander
bestaan beweeg.
• Hulle glo dat jy 'n plek of gedeelte in die toekomstige wêreld
bekom deur goeie dade in hierdie wêreld te doen.
• 'n Geloof aan die wêreld wat kom, is gebaseer op die
geloof/oortuiging dat die siel, 'n emanasie van God self,
terugkeer na 'n plek van geestelike nabyheid aan sy bron.
• Die hemel en die hel is nie die plekke nie, maar 'n gedeelte van
'n geestelike werklikheid wat geen tyd of ruimte het nie. (10)
3.2 • Taalkunde en historiese konteks
• Duidelikste betekenis
• Plan, doel en tyd
• Betekenis van woorde
• Figuurlike taal
• Die inagneming van ander heilige tekste (10)
3.3 Die belangrikheid van heilige boeke in godsdiens:
• Geskrewe heilige teks is meer vas/rigied as mondelinge teks.
• Heilige boeke is vaste maatstawwe om reg en verkeerd te meet.
• Heilige boeke bevat die geskiedenis van verskillende eras/tydperke van
die verlede.
• Hulle weerspieël ook die tale en kulture van die vorige eras/tydperke.
• Heilige boeke dien as betroubare verwysingsbronne van die leringe en
oortuigings van 'n godsdiens.
• Heilige boeke dien as 'n verenigende bron van godsdiens.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 VOORBEELD 1:
• Agnostisisme
• Dit term is deur Thomas Huxley (1825–1895) bekendgestel.
• Huxley leer dat dit nie moontlik is om enige van die twee kante – die
bestaan of nie-bestaan van God – te bewys nie.
• Agnostisisme is van die Griekse woorde, 'a', wat 'sonder' beteken, en
'gnosis', wat 'kennis' beteken, afgelei.
• Dit beteken 'nie kennis hê nie' om te bevestig of te ontken dat God
bestaan.
• Agnostiek leer dat dit onmoontlik is om te bewys dat 'n god bestaan of nie
bestaan nie.
• Hulle leer ook dat as 'n Opperwese wel bestaan, dit buite mense se begrip
sal wees.
• Agnostiese idees dateer van voor die gebruik van die term 'agnostisisme'.
VOORBEELD 2:
• Materialisme
• Hierdie sekulêre wêreldbeskouing beweer dat stof/materie die enigste
werklikheid is en ontken die bestaan van 'n gees of bonatuurlike ryk.
• Dit het gedurende die Aksiale Tydperk (800–200 VAE) in verskillende
gebiede in Europa en Asië ontwikkel.
• Uitdrukkings van hierdie filosofie kan ook in antieke Indiese filosofie, in
Boeddhisme en Confucianisme gevind word.
• Karl Marx het die term 'dialektiese materialisme' gebruik, wat 'n lering is
dat stof/materie die fundamentele oorsaak van alles is.
• Hy het ook die term 'historiese materialisme' gebruik wat 'n lering is dat
ekonomie en die verhouding tussen werkers en eienaars die fundamentele
struktuur in die samelewing is.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
4.2 • Sekularisme het die weg gebaan vir die ontwikkeling van menseregte.
• Alle godsdienste word gelyke status voor die wet gegee as gevolg van die
idees van sekularisme.
• Dit laat verskillende godsdienste in harmonie saambestaan.
• Verskillende godsdienste, minderhede ingesluit, neem aan die formele
aktiwiteite van die regering deel.
• Alle godsdienste is nou vry om hulle godsdienstige praktyke sonder die
vrees van diskriminasie te beoefen.
• Alle godsdienste het gelyke status en is vry om hulle heilige dae te vier.
• Sekularisme het godsdienstige oorloë en algemene godsdienstige konflik
in die wêreld verminder.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
4.3 • Die wetenskaplike verduideliking van die skepping word die Oerknalteorie
genoem.
• Volgens die Oerknalteorie weet ons nie wat voor die Oerknal bestaan
het nie.
• Die Oerknalteorie beweer dat daar 'n enorme ontploffing was en binne
'n sekonde het die heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
• Die Oerknalteorie beweer dat die skeppingsproses binne 'n sekonde
plaasgevind het.
• Volgens die wetenskaplike verklaring het die Oerknal ongeveer 13,7
miljard jaar gelede plaasgevind.
• Klein temperatuurverskille het deur die hele heelal tot uiteenlopende
stofdigthede gelei.
• Daardie digthede het in trosse/bondels stof en energie gevorm.
• Die trosse/bondels het voortgegaan om op hierdie klonterige manier te
kondenseer en het uiteindelik die onmeetlike versameling sterre, genoem
sterrestelsels, gevorm.
• Sommige sterrestelsels het in 'n kombinasie van sterre gekondenseer wat
sonnestelsels genoem word.
• Wetenskaplikes glo dat die heelal op hierdie oomblik besig is om uit
te brei.
• Die wetenskaplike verklaring noem geen Skepper nie. (20)
4.4 • Darwin se evolusieteorie het 'n alternatiewe verduideliking van die
skepping gegee wat van die Abrahamitiese godsdienstige verduideliking of
skepping verskil het.
• Hierdie teorie het ook 'n verduideliking gegee wat nie die idee van 'n
intelligente ontwerper benodig het nie.
• Die invloed van hierdie teorie het die betroubaarheid van die heilige tekste
as 'n boodskap van God betwis.
• Die meeste mense het begin om die Genesis-verklaring van die skepping
as simbolies te behandel.
• Hierdie teorie het tot gevolg gehad dat dié wat in die Abrahamitiese
godsdienste geglo het, die heilige tekste meer noukeurig bestudeer.
• Darwin se teorie het godsdienstige mense aangespoor om die wetenskap
te bestudeer.
• Religieệ het reageer met die konsep van “intelligente ontwerp” om die
variasie in spesies te verduidelik.
• Oosterse godsdienste, soos Hindoeïsme en Taoïsme, word nie deur
Darwin se teorie geraak nie.
• Dit is omdat hulle die regte oortuigings minder beklemtoon en eerder die
regte optrede/handeling as belangrik ag.
• Hindoeïsme glo in die evolusie van die siel.
• In Taoïsme het mense geen spesiale status nie, hulle is bloot die gevolg
van Jin en Jang.
LET WEL :’N maksimum van 6-punte mag toegeken word as slegs Darwin se
teorie of religieuse leringe bespreek word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 • Die noorde van Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies-sprekende
stamme.
• 'n Aantal stamme, waarvan party animiste en ander Christene is, woon in
die Darfur-streek en die suide.
• Die konflik in Soedan duur al meer as 'n honderd jaar.
• Daar is ook ekonomiese faktore wat 'n rol speel: die ekonomie van die
noorde is beter as dié van die suide ontwikkel.
• Die Fur- en Masalit-stamme is boere terwyl die Arabiere hoofsaaklik
nomadies is. Dit lei tot konflik oor weiding.
• Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) lei tot faksiekonflikte,
asook 'n groter poging deur die regering in Khartoem om politieke beheer
oor die suide uit te oefen.
• Toe die regering in Khartoem Sjaria-reg oor die hele land ingestel het,
het dit 'n gewapende opstand teen die regering tot gevolg gehad.
• Die Sudan People's Liberation Army (SPLA) is gevorm en het die aanvalle
teen die regering gelei.
• Die SPLA het gou in verskeie faksies versplinter en mekaar aangeval.
• Hierdie versplintering was hoofsaaklik volgens stamlyne.
• Selfs nadat Suid-Soedan in 2011 as 'n onafhanklike staat gevestig is, het
gevegte voortgegaan. (14)
5.2 • Godsdiens speel slegs 'n klein rolletjie in die konflik, en daarom is dit nie 'n
godsdienstige oorlog nie. Geen poging is deur 'n godsdiens gemaak om 'n
ander een te bekeer nie.
• Moslems het ook by die SPLA aangesluit.
• Die konflik in Soedan is bekend as die langste ononderbroke burgeroorlog
in die geskiedenis (Focus, bl. 94). Die instel van Sjaria-reg was daarom nie
die oorsaak van die konflik nie.
• Daar was ook bewyse van binnegevegte in die SPLA kort nadat dit
gevorm is.
• Die konflik is daarom nie deur godsdiens veroorsaak nie.
• Daar is talle ander verdeeldhede (ekonomiese, kulturele en stamverwant),
wat voortduur selfs na die vestiging van Suid-Soedan.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (12)
5.3 • Daar kan beweer word dat hulle een kant begunstig/voortrek.
• Hulle het nie altyd invloed oor politici nie.
• Hulle het beperkte fondse, gewoonlik deur openbare skenkings.
• Daar kan meer as een organisasie wees wat betrokke is by die
bemiddeling vir vrede. Dit kan die konflik vererger.
• Godsdienstige organisasies het nie 'n meganisme om ooreenkomste af te
dwing nie, bv. 'n weermag.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
5.4 • Alle strydende faksies moet ontwapen word.
• Hulle moet 'n regering van nasionale eenheid (RNE) vorm wat alle faksies
van die samelewing moet insluit.
• Alle korrupsie deur regeringsbeamptes moet blootgelê en gestraf word.
• Hulle moet 'n waarheids-en-versoeningskommissie stig sodat gruweldade
van die verlede openbaar gemaak kan word.
• Diegene wat hulle politieke misdade erken, moet amnestie gegee word.
• Die regering moet 'n sekulêre benadering hê en alle godsdienste ewe veel
beskerm.
• 'n Onafhanklike regbank moet gevestig word.
• 'n Godsdienstige leiersforum moet gestig word sodat alle godsdienste met
die regering in gesprek kan tree.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (14)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper