Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220175 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. VRAAG 1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MISHANDELING VAN BEJAARDES WEK KOMMER Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het verlede jaar die Verslag oor Ouer Mense ('Older Persons' Report') uitgereik na aanleiding van verhore oor die behandeling en mishandeling van bejaardes. Die verslag het bevind dat bejaardes gebrekkige toegang tot behoorlike gesondheidsorg het en onder geslagsdiskriminasie en wydverspreide mishandeling deurloop. [Bron: The New Age, 3 Oktober 2016] 1.1 Gee SES redes waarom bejaardes mishandel word. (12) 1.2 Met verwysing na enige van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek die leringe wat 'n gesonde gesinslewe bevorder. (22) 1.3 Bespreek ten minste AGT praktiese stappe wat deur godsdienstige organisasies gedoen moet word om die gesinslewe te versterk. (16) [50] VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. In die meeste godsdienste kan die vertolking van oortuigings van een denkskool tot die volgende verskil. Hierdie verskille is soms groot en het selfs al tot godsdienstige oorloë gelei, en soms is dit klein. [Bron: TOP CLASS Religion Studies Grade 12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2017 NSS 2.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens, gee redes vir die interne verskille in daardie godsdiens. (10) 2.2 Hoekom is daar slegs klein verskille in die Bahá'i-geloof? (10) 2.3 Kies enige EEN godsdiens en bespreek die interne verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte: 2.3.1 Verskille in leringe (10) 2.3.2 Verskille in praktyk (10) 2.3.3 Verskille in bestuur (beheer of leiding) (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2017 NSS VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Met behulp van hulle leringe kommunikeer alle godsdienste aan hulle volgelinge waarom die wêreld is soos dit is. Godsdienstige leringe gee verduidelikings vir mense se bekommernisse, soos lewe na die dood en idees oor goed en kwaad. [Bron: Focus on Religion Studies 2007] 3.1 Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 3.1.1 Die aard van goddelikheid (10) 3.1.2 Die konflik tussen goed en kwaad (10) 3.1.3 Lewe na die dood (10) 3.2 Maak 'n lys van VYF hermeneutiese beginsels. (10) 3.3 Bespreek die belangrikheid van heilige geskrifte in godsdiens. (10) [50] VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die meeste moderne Westerse demokrasieë is sekulêre state, dit is, hulle glo aan die skeiding van kerk en staat. Byvoorbeeld, in die Verenigde State van Amerika is daar geen amptelike godsdiens nie en godsdienstige instellings het geen grondwetlike reg om 'n direkte rol in die ontwikkeling van burgerlike wetgewing te speel nie. [Bron: Shuters Top Class, Religion Studies Grade 12] 4.1 Noem enige EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die leringe daarvan. (10) 4.2 Brei uit oor die positiewe bydraes wat sekularisme tot godsdienste gemaak het. (10) 4.3 Bespreek die wetenskaplike verduideliking van die skepping van die heelal. (20) 4.4 Tot watter mate is die evolusieleer 'n uitdaging vir 'n godsdienstige lewensbeskouing? (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2017 NSS VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOEDAN EN SUID-SOEDAN President Nimiery van Soedan het in 1983 verklaar dat die hele land as 'n Islamitiese staat regeer sou word. Dit het beteken dat Islamitiese reg (Sjaria) selfs aan nie-Moslems, wat hoofsaaklik in die suide van die land gewoon het, voorgeskryf sou word. In reaksie op hierdie verklaring is die Sudan People's Liberation Army (SPLA) gevorm. Die SPLA het gou in verskeie groepe versplinter, hoofsaaklik volgens stamlyne. Die SPLA-Nasir-groep is deur die Soedanese regering bewapen en dit het die gewapende konflik vererger. Meer Suiderlinge het deur die toedoen van hulle eie mense as deur Noorderlinge gesterf. Die suidelike state het in 2011 volgens 'n VN-referendum onafhanklikheid van die noorde verkry. Daar was op hierdie stadium ten minste sewe verskillende gewapende groepe in 'n oorlog met die Suid-Soedanse regering gewikkel. [Bron: Wikipedia.org/wiki/ history of South Sudan. Toegang op 03/10/2016 verkry.] 5.1 Bespreek kortliks die gebeurtenisse wat tot die vestiging van Suid-Soedan gelei het. (14) 5.2 Tot watter mate speel godsdiens 'n rol in die konflik? (12) 5.3 Waarom, dink jy, vind godsdienstige organisasies dit gewoonlik moeilik om konflik in baie dele van die wêreld op te los? (10) 5.4 Watter lesse kan Suid-Afrika vir Suid-Soedan leer om die konflik te beëindig? (14) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all