Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 5
- File size
- 377.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 5
This exam
NSC November Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society6 marks
- Question 1.2Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 1.4Common Features of Religion10 marks
- Question 1.5Topical Issues in Society12 marks
- Question 2.1The Variety of Religions12 marks
Show all 17 questions
- Question 2.2Common Features of Religion12 marks
- Question 2.3Common Features of Religion14 marks
- Question 3.1The Variety of Religions28 marks
- Question 3.2The Variety of Religions12 marks
- Question 3.3The Variety of Religions50 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions16 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions12 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions10 marks
- Question 4.4Research Into and Across Religions12 marks
- Question 5.1Common Features of Religion14 marks
- Question 5.2Research Into and Across Religions20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
vraag toegeken is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MISDAAD EN KORRUPSIE
Suid-Afrika staar kwessies met betrekking tot verskanste korrupsie en georganiseerde
misdaad in die gesig, wat albei 'n korroderende (wegvretende) uitwerking op bestuur
en ekonomiese groei het. Ten spyte van vordering onder Nelson Mandela het
staatskaping en korrupsie onder die Zuma-administrasie 'n ontploffing in
georganiseerde misdaad veroorsaak. Suid-Afrika het boonop die tuiste geword van die
mees gediversifiseerde misdaadsindikate in die wêreld. Hierdie sindikate, wat
verbintenisse het met transnasionale misdaadnetwerke, dryf handel met mense,
gewere, dwelms en minerale. Hulle dryf ook handel met koper en olie wat gesteel is –
dikwels met medepligtigheid – van Suid-Afrikaanse OSB's (ondernemings in
staatsbesit). Hierdie groepe pers besighede af, wat lei tot die kansellasie van
kontrakte, sowel as indiensnemings- en ekonomiese verliese. Die huidige Ramaphosa-
administrasie het verskeie opregte, maar beperkte, stappe gedoen om korrupsie en
misdaad aan te pak.
[Bron: Grey Dynamics, Articles Crime Intel, 16 November 2022]
1.1 Verduidelik in jou eie woorde die verband tussen misdaad en korrupsie. (6)
1.2 Hoe beïnvloed misdaad en korrupsie dienslewering in ons gemeenskappe? (12)
1.3 Gee VYF moontlike redes waarom daar 'n hoë vlak van korrupsie in die
openbare sektor is. (10)
1.4 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
leringe daarvan oor misdaad en korrupsie. (10)
1.5 Stel praktiese strategieë voor wat godsdiensgemeenskappe kan gebruik om
misdaad en korrupsie in Suid-Afrika te bekamp. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Alle godsdienste het 'n stel oortuigings oor die aard van die mensdom, die wêreld, die
goddelike, skepping en ander dele van ons lewens. Daar word na sulke breë
oortuigings verwys as godsdienstige leringe. Godsdienstige leringe kan in die vorm van
geskrewe of mondelinge tekste wees.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
2.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die
volgende:
2.1.1 Bespreek die lewe na die dood. (12)
2.1.2 Bespreek die aard van goddelikheid. (12)
2.2 Noem en verduidelik DRIE hermeneutiese beginsels. (12)
2.3 Wat is die verskillende rolle wat mondelinge tradisie in verskillende
godsdienste speel? (14)
[50]
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Terwyl elke godsdiens 'nie-onderhandelbare oortuigings' het, is daar beslis verskille
van interpretasie en praktyk.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]
3.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die
volgende vrae:
3.1.1 Noem TWEE takke van hierdie godsdiens. (4)
3.1.2 Vergelyk die verskille in die leringe van elke tak. (12)
3.1.3 Vergelyk die verskille in die praktyke van elke tak. (12)
3.2 Ontleed die positiewe en negatiewe gevolge van interne verskille wat binne
godsdienste bestaan. (12)
3.3 Bespreek die oorsprong van heilige tekste in enige EEN godsdiens. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Wanneer die verhouding tussen godsdiens en natuurwetenskappe beskou word, is dit
belangrik om te onthou dat wetenskap iets is wat mense al eeue lank in alle kulture
gedoen het; en so ook godsdiens. Godsdienstige feeste het die somer- en
wintersonstilstande in baie kulture gevier.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]
4.1 Tabuleer die verskille tussen Darwin se evolusieteorie en enige EEN van die
Abrahamitiese godsdienste se weergawe van die skepping. (16)
4.2 Verduidelik hoekom Hindoeïsme nie 'n probleem met Darwin se
evolusieteorie het nie. (12)
4.3 Wat is Taoïsme se reaksie op die Oerknalteorie? (10)
4.4 Bespreek die impak van die Oerknalteorie op die kerk. (12)
[50]
VRAAG 5
5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Vandag is daar baie mense wat 'n sekulêre wêreldbeskouing het. Hulle het
nie 'n bepaalde godsdienstige oortuiging nie of behoort nie aan 'n
godsdienstige gemeenskap nie. Dit beteken nie dat die mense wat 'n sekulêre
wêreldbeskouing het, nie godsdienstig of geestelik is nie.
[Bron: Focus on Religious Studies, Grade 12]
5.1.1 Vergelyk die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing met
die leringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het. (16)
5.1.2 Evalueer die impak van sekularisme op die morele waardes van
die samelewing krities. (14)
5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Intergeloofsamewerking kan wees, moet wees, was en is, in sommige gevalle,
steeds 'n positiewe ding. Die probleme en kommer wat ontstaan, kan nie deur
enige een nasionale of godsdienstige groep hanteer word nie. Godsdienstige
organisasies werk nou saam in Suid-Afrika en in die hele Afrika. Hierdie
organisasies is gestig om hartlike verhoudings tussen godsdienste in Afrika te
probeer ontwikkel – een hiervan is Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA).
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
5.2.1 Noem VYF prestasies van IFAPA. (10)
5.2.2 Wanneer humanitêre krisisse uitbreek, skuif godsdienstige
aanhangers hulle verskille opsy en vind mekaar in 'n
gemeenskaplike reaksie. Bespreek kortliks DRIE voorbeelde van
intergodsdienstige samewerking in Suid-Afrika. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper