Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220235 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V2 2023 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 1 1.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OMGEWINGSAGTERUITGANG 'n Paneel van die Verenigde Nasies oor 'n Internasionale Strategie vir Rampvermindering ('International Strategy for Disaster Reduction') definieer omgewingsagteruitgang as 'die vermindering van die kapasiteit van die omgewing om aan sosiale en ekologiese doelwitte en behoeftes te voldoen'. Daar is baie tipes omgewingsagteruitgang. Wanneer natuurlike habitatte vernietig word, of natuurlike hulpbronne uitgeput raak, is daar omgewingsagteruitgang. [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Enironmental-degradation] 1.1.1 Noem en verduidelik DRIE tipes omgewingsagteruitgang. (12) 1.1.2 Analiseer DRIE gevolge van omgewingsagteruitgang en verduidelik die invloed daarvan op die samelewing. (12) 1.1.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, noem DRIE van die leringe wat riglyne oor omgewingskwessies gee. (6) 1.2 Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 1.2.1 Die aard van die wêreld (10) 1.2.2 Die plek en verantwoordelikheid van menslikheid in die wêreld (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Dit is waar dat daar in die meeste godsdienste verskillende interpretasies van gelowe bestaan. Dit lei tot belangrike verskille wat soms uitloop op die vorming van segmente of vertakkings en ander afdelings, byvoorbeeld verskillende kerkverbande in die Christelike geloof. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 2.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, noem TWEE vertakkings daarvan. (4) 2.2 Bespreek die verskille wat bestaan in die vertakkings wat jy in VRAAG 2.1 genoem het, onder die volgende opskrifte: 2.2.1 Verskille ten opsigte van praktyke (8) 2.2.2 Verskille ten opsigte van oortuigings (8) 2.2.3 Dink jy dat interne verskille in godsdienste in die toekoms sal vermeerder? Gee redes vir jou antwoord. (8) 2.3 Bespreek die belangrikheid van inspirasie in die konteks van godsdiens. (10) 2.4 Noem DRIE hermeneutiese beginsels en verduidelik ELK van hulle. (12) [50] VRAAG 3 3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die evolusieleer voer aan dat mense uit 'n gemeenskaplike primaatvoorouer met ape evolueer het. Die leer doen aan die hand dat alle lewe uit primitiewe vorms geëvolueer het en voortgaan om aan te pas en te evolueer. Alhoewel evolusie nie direk godsdienstige idees oor skepping teenspreek nie, is dit duidelik dat dit geen verduideliking van skepping as deel van 'n goddelike plan aanbied nie. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 3.1.1 Evalueer krities die reaksie van Abrahamitiese godsdienste op die evolusieleer. (12) 3.1.2 Verduidelik die reaksie van Hindoeïsme op die evolusieleer. (12) 3.2 Verduidelik die Oerknalteorie. (14) 3.3 Bespreek Taoïsme se verduideliking van hoe die heelal ontstaan het. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wanneer mense sekulêr aktief raak, vind hulle dat hulle 'n teorie van hulle eie moet voorstel, soms om godsdiens te vervang. [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn, et al.] 4.1 Bespreek die oorsprong van Sekularisme. (12) 4.2 Bespreek die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing wat jy bestudeer het. (12) 4.3 Hoe het Sekularisme die huidige Suid-Afrikaanse Konstitusie beïnvloed? (12) 4.4 Dink jy dat Sekularisme 'n positiewe invloed op die samelewing as 'n geheel het? Gee redes vir jou antwoord. (14) [50] VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Histories gesproke was verhoudings tussen verskillende godsdienste dikwels vol konflik. Alhoewel daar periodes van intense konflik was, was daar ook periodes van godsdienstige samewerking. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 5.1 Suid-Afrika is 'n multigodsdienstige samelewing. Bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering respek, verdraagsaamheid en begrip vir alle godsdienste bevorder. (12) 5.2 Waarom, dink jy, help godsdienstige organisasies gewoonlik wanneer natuurrampe plaasvind? (12) 5.3 Die volgende twee organisasies is gestig om intergodsdienstige verhoudings in Afrika te bevorder. Gee VIER feite oor elkeen. 5.3.1 Die Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika (PROCMURA) (8) 5.3.2 Die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) (8) 5.4 Die Handves vir Barmhartigheid is 'n globale netwerk wat deur Karen Armstrong, 'n kenner van wêreldgodsdienste, in samewerking met die Gewetensraad, geïnisieer is. Maak 'n lys van VYF beginsels van die Handves vir Barmhartigheid. (10) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all