Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12202310 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2023 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Hierdie skool van Boeddhisme beweer dat hulle op die oorspronklike oortuigings en praktyke van die Boeddha gebaseer is: A Mahajana-Boeddhisme B Tibettaanse Boeddhisme C Theravada-Boeddhisme D Zen-Boeddhisme (1) 1.1.2 Die Boek van Mormon is die heilige teks van … A Mahajana-Boeddhisme. B die Bahá'i-geloof. C Hindoeïsme. D die Heiliges van die Laaste Dae. (1) 1.1.3 'n Toestand van veranderde en vreedsame bewustheid word … genoem. A transformasie B beswyming C transendensie D Nirwana (1) 1.1.4 Islam is 'n … godsdiens. A Abrahamitiese B Afrika- C New Age- D Westerse (1) 1.1.5 Umafungwashe in Nguni-tradisie is die … A eersgebore man. B eersgebore vrou. C laasgebore man. D laasgebore vrou. (1) 1.1.6 'n Aantal gode in 'n spesifieke godsdienstige tradisie staan as … bekend. A 'n panteon B Sekularisme C die elite D filantropisme (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2023 SS/NSS 1.1.7 'n Versameling heilige Boeddhistiese tekste en stories: A Agtvoudige Weg B Kitáb-i-Aqdas C Sangha D Tripitaka (1) 1.1.8 Alle Moslems, ongeag ras, moet mekaar as broer en suster beskou: A Ahimsa B Ummah C Imam D Sjaria (1) 1.1.9 Hierdie godsdiens is deur Guru Nanak gestig en dit is 'n monoteïstiese godsdiens: A Hindoeïsme B Confucianisme C Sikhisme D Bahá'i-geloof (1) 1.1.10 Die Tao Te Ching is deur … geskryf. A Advaita Vedanta B Venkatesanda C die Dalai Lama D Lao-tzu (1) 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord(e)/term(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die persoon wat die Kitáb-i-Aqdas geskryf het (1) 1.2.2 Ortodokse Jode kom hierdie wet streng na (1) 1.2.3 Stel standpunte oor fundamentele werklikheid of godheid (1) 1.2.4 Beginsel wat universeel gehandhaaf word dat jy ander mense behandel soos wat jy behandel wil word (1) 1.2.5 'n Benadering wat nie God se bestaan verwerp nie, maar dit eenvoudig ignoreer (1) 1.2.6 'n Diep en plegtige godsdienstige eed, 'n belofte (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2023 SS/NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Sjeik A om na 'n vorige en minder gevorderde toestand terug te keer 1.3.2 Talisman B die geregshof in Spanje wat in 1478 teen 1.3.3 Bahá'i dwaalleer/kettery gewaak het 1.3.4 Bemiddelaar C woorde wat in sommige godsdienste in seremonies gebruik word 1.3.5 Liturgie D 'n proses van vordering na 'n hoër 1.3.6 Inkwisisie fase/stadium E imam of dorpsleier F alle godsdienste is paaie/weë na die waarheid en is ewe geldig G voorwerp gebruik om goeie geluk te bring of om bose geeste weg te hou H 'n persoon wat as 'tussenganger' tussen twee partye optree (6 x 1) (6) 1.4 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE. VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou ANTWOORD: Sirkel REDE: Die ander drie is kleure. 1.4.1 Monoteïsme; Ateïsme; Politeïsme; Teïsme (2) 1.4.2 Islam; Taoïsme; Bahá'i; Judaïsme (2) 1.4.3 Onbesnedene; Vyf Pilare; Vier Edel Waarhede; Drie-eenheid (2) 1.4.4 Rabbi; Biskop; Gees; Imam (2) 1.4.5 Moksha; Dwaalleer; Karma; Dharma (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2023 SS/NSS 1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 1.5.1 Shoghi Effendi het Abdu'l-Baha as sy opvolger aangestel. (2) 1.5.2 Die Negentien-dag-fees ('Nineteen Day Feast') is 'n Bahá'i godsdienstige seremonie. (2) 1.5.3 Ortodokse Jode is diegene wat 'n meer liberale tipe Judaïsme beoefen. (2) 1.5.4 Die Hervorming in die kerk is deur Martin Luther King begin. (2) 1.5.5 Die Kruistogte in die Middeleeue was godsdienstige oorloë wat tussen die Moslems en Boeddhiste geveg is. (2) 1.6 Wat is die verskil tussen die volgende: 1.6.1 Afrika-geïnisieerde Kerke en Afrika Tradisionele Godsdiens (4) 1.6.2 Die konsepte pluralisme en sinkretisme (4) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 In die konteks van Religiestudies, noem TWEE feite oor ELK van die volgende konsepte: 2.1.1 Gelykenis (4) 2.1.2 Bodhisattva (4) 2.2 Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste: 2.2.1 Christelike geloof (4) 2.2.2 Taoïsme (4) 2.2.3 Hindoeïsme (4) 2.3 Verduidelik die verhouding tussen mense en die voorvaders in Afrika Tradisionele Godsdiens. (4) 2.4 Wat is Nirwana? (2) 2.5 Verduidelik die rol van leerbeginsels in 'n godsdiens. (4) 2.6 Verduidelik die konsep Doop as 'n Christelike ritueel. (4) 2.7 Beide Judaïsme en Islam dring aan op die transendensie van God. Verduidelik die term transendensie. (4) 2.8 Noem die verskil tussen doktrine en dogma. (4) 2.9 Noem TWEE feite oor die volgende godsdienste met betrekking tot: 2.9.1 Beskerming van die Koran in Islam (4) 2.9.2 Hoe die Bahá'i-geloof die gelykheid van die mensdom verduidelik (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3 3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GODSDIENSTIGE VRYHEID EN MENSEREGTE Sekulêre en sommige godsdienskritici wys daarop dat ten spyte van die idee van gelykheid in die oë van God, baie godsdienste ernstige beperkings op sekere kategorieë mense, soos vroue en slawe, plaas. Alhoewel die meeste godsdienste nie meer slawerny verskoon nie, word die regte van vroue nie altyd in alle godsdienste erken nie. [Bron: Religion Studies, Grade 12, Steyn, et al.] 3.1.1 Met verwysing na enige godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek TWEE leerbeginsels wat die regte van vroue bevorder. (12) 3.1.2 Dink jy dat daar steeds slawerny in die moderne wêreld is? Motiveer jou antwoord. (4) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MENSEREGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE In godsdienstige kringe kry die konsep verantwoordelikheid meesal ewe veel klem as menseregte. Daar word uitgewys dat daar geen regte sonder verantwoordelikhede kan wees nie, en dat die klem op regte dikwels met die uitsluiting van verantwoordelikhede geplaas word. [Bron: Religion Studies, Grade 12, Steyn, et al.] 3.2.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek TWEE leerbeginsels wat die belangrikheid daarvan beklemtoon dat ons verantwoordelikheid vir ons optrede moet neem. (8) 3.2.2 Almal het die reg om sy/haar godsdiens te verander. Skryf TWEE voordele en TWEE nadele daarvan neer om na 'n ander godsdiens te verander. (8) 3.3 Maak 'n lys van DRIE gevolge van godsdienstige onverdraagsaamheid. (6) 3.4 Verduidelik die idee van godsdiensvryheid. (4) 3.5 Dink jy daar was godsdiensvryheid in Suid-Afrika in die tydperk VOOR die demokratiese verkiesing in 1994? Gee redes vir jou antwoord. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4 4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE KONFLIK IN IRAK Onder President Saddam Hussein was Irak 'n verenigde land, maar verdruk. Die ekonomie wat op die oliebedryf gebaseer was, was voorspoedig en almal het gemaklik geleef. Saddam Hussein was 'n Soenni-Moslem, maar hy was nie 'n baie streng Moslem nie. Deur die vestiging van politieke bondgenootskappe met 'n paar Sjia-leiers was Saddam in staat om die ondersteuning van 'n breë sektor van die bevolking te geniet. Die Sjias in Irak is egter in die meerderheid en baie van hulle het gevoel hulle word onderdruk en dat daar teen hulle gediskrimineer word. Hulle het later die ondersteuning van Iran, wat oorheersend Sjia is, geniet. Die inval in Irak deur die Verenigde State van Amerika en hulle bondgenote in 2003 het binnelandse magte losgelaat waaroor Amerika geen beheer gehad het nie. Verskeie groepe het die verswakte veiligheidsituasie misbruik wat dit vererger het. Vanuit die standpunt dat vrede en demokrasie gevestig moes word, Amerika se verklaarde doelwit, is die inval tot dusver 'n mislukking. Soos met so baie ander konflikte, het terreurdade (d.i. die teiken van die burgerlike bevolking van die 'ander kant') tot 'n toenemende *polarisasie van openbare mening gelei. Dit het dit vir ekstremistiese groepe nog makliker gemaak om mense vir hulle saak aan beide kante te werf. En op hierdie manier vererger die spiraal van geweld, selfs nadat Amerika tydens President Barack Obama se eerste termyn (2008–2012) uit Irak onttrek het. *polarisasie: verskille wat duideliker word [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Teacher's Guide, Grade 12] 4.1.1 Watter redes het Amerika vir die inval in Irak gegee? (4) 4.1.2 Saddam Hussein 'was nie 'n baie streng Moslem nie'. Hoe het dit Soenni-Sjia-verhoudings onder sy heerskappy beïnvloed? (8) 4.1.3 Wat is die 'binnelandse magte' wat in paragraaf 2 genoem word? (4) 4.1.4 Evalueer krities die gevolge van die Amerikaanse inval in Irak. (10) 4.1.5 Tot watter mate is die konflik in Irak 'n godsdienstige konflik? Gee redes vir jou antwoord. (12) 4.1.6 Wat is die huidige situasie in Irak? (2) 4.2 Stel praktiese strategieë voor wat godsdiensorganisasies kan gebruik om 'n samelewing sonder godsdienstige konflik te skep. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 5 5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GODSDIENS EN DIE MEDIA 'Godsdiens is 'n baie private saak in Suid-Afrika; dit speel nie 'n belangrike rol in die manier waarop die owerheid regeer nie, alhoewel ons politici het wat verskillende godsdienste beoefen,' het mnr. Kamaldien, 'n lid van die International Association of Religion Journalists gesê. 'Dit was fassinerend om van ons kollegas in Liberië en die Arabiese Wêreld te hoor oor hoe godsdiens gebruik is om politieke belange te bevorder. Dit is grootliks 'n vreemde konsep in Suid-Afrika, alhoewel sommige politici in hierdie land godsdienstige platforms gebruik het om gedurende verkiesingsveldtogte stemme te werf.' Terwyl godsdiens 'n noodsaaklike rol in die lewens van die meeste Suid- Afrikaners speel, het Kamaldien gesê dat dit gewoonlik nie 'as 'n instrument vir verdeeldheid gebruik word nie, maar eerder om ons te help om mekaar beter te verstaan'. 'Die media kan nie net oor sirkulasie besorg wees nie. Ons weet ons bedryf floreer op konflik. Ons hou van daardie tipe stories. Maar die media is ook deel van die samelewing waarin ons werksaam is. Die laaste ding wat ons wil hê, is 'n godsdiensoorlog en om deel van die probleem te word. Ons kan 'n brug tussen godsdiensgemeenskappe wees.' [Bron: www.theiarj.org/2014] 5.1.1 Gee TWEE redes waarom godsdiens nie 'n belangrike rol speel in die manier waarop die owerheid in Suid-Afrika regeer nie. (4) 5.1.2 Verduidelik die verhouding tussen godsdiens en politiek in Suid-Afrika. (6) 5.1.3 Noem DRIE Suid-Afrikaanse organisasies waar jy oor onregverdige godsdienstige mediaverslaggewing kan kla. (6) 5.1.4 Watter tipes stories kry meer dekking in die media volgens Kamaldien? (4) 5.1.5 Dink jy die Suid-Afrikaanse media speel 'n rol om 'n 'brug tussen godsdiensgemeenskappe' te wees? Motiveer jou antwoord met relevante voorbeelde. (8) 5.2 Bespreek die nadele van 'n staatsgodsdiens vir die media. (12) 5.3 Waarom is daar 'n behoefte aan 'n organisasie soos die International Association of Religion Journalists? Gee VYF redes. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all