Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 586.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions12 marks
- Question 1.6The Variety of Religions6 marks
Show all 27 questions
- Question 2.1The Variety of Religions12 marks
- Question 2.2The Variety of Religions16 marks
- Question 2.3Common Features of Religion6 marks
- Question 2.4The Variety of Religions8 marks
- Question 2.5Common Features of Religion8 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society28 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society12 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.3Common Features of Religion10 marks
- Question 4.4The Variety of Religions10 marks
- Question 5.1Examinable Prior Grade Content2 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society4 marks
- Question 5.3Examinable Prior Grade Content4 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society6 marks
- Question 5.5Examinable Prior Grade Content6 marks
- Question 5.6Common Features of Religion6 marks
- Question 5.7Topical Issues in Society6 marks
- Question 5.8Examinable Prior Grade Content8 marks
- Question 5.9The Variety of Religions8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B√ (1)
1.1.2 B√ (1)
1.1.3 D√ (1)
1.1.4 A√ (1)
1.1.5 B√ (1)
1.1.6 A√ (1)
1.1.7 B√ (1)
1.1.8 C√ (1)
1.1.9 C√ (1)
1.1.10 D√ (1)
1.2 1.2.1 Ahimsa√ (1)
1.2.2 Tripitaka / Pali-Kanon / Sutras√ (1)
1.2.3 Hermeneutiek √ (1)
1.2.4 Rituele√ (1)
1.2.5 Verering√ (1)
1.2.6 Bodhisattva√ (1)
1.3 1.3.1 C√ (1)
1.3.2 F√ (1)
1.3.3 E√ (1)
1.3.4 G√ (1)
1.3.5 B√ (1)
1.3.6 D√ (1)
1.4 1.4.1 Boeddhisme√
Die ander drie is Midde-Oosterse godsdienste. / Die ander drie is
monoteïstiese godsdienste√
Of
Judaïsme√
Die ander drie is sendeling godsdienste. √ (2)
1.4.2 Lao-tzu√
Die ander drie is heilige geskrifte van verskillende godsdienste. (2)
1.4.3 Sanskrit√
Die ander drie is onderafdelings in Hindoeïsme.√ (2)
1.4.4 Shabbat√
Die ander drie is Islamitiese terme.√ (2)
1.4.5 Hadj√
Die ander drie is Afrika Tradisionele Godsdiens-terme.√ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
1.5 1.5.1 Onwaar√
Volgens die Taoïstiese siening skep die Tao die Een, die Een skep
die Twee. Die Twee skep die Drie. En die Drie skep die
tienduisend dinge. Alles kom uit die Een. √
Of
Al die wêreldprosesse het uit twee kragte ontstaan, nl. Yin en
Yang. (2)
1.5.2 Onwaar√
Soefi is daardie Moslems wat mistiek beklemtoon. √
Die Imam lei gemeentelike gebede in Islam. √ (2)
1.5.3 Onwaar√
Sinkretisme is die vermenging van verskillende godsdienstige
oortuigings, wat tot 'n nuwe geloofstelsel lei. √
Pluralisme is 'n situasie waarin lede die leerstellings van ander
godsdienste aanneem. √ (2)
1.5.4 Onwaar√
'Shruti' in Hindoeïsme beteken wat gehoor word. √
Die 'Smriti' is godsdienstige boeke wat deur individue geskryf is. /
Dit verwys na wat onthou word.√ (2)
1.5.5 Waar√√ (2)
1.5.6 Onwaar√
Die Boeddhistiese godsdiens het in Indië ontstaan.
Taoïsme en Confucianisme het in China ontstaan. (2)
1.6 1.6.1 Kom van die gesegde 'umuntu ngumuntu ngabantu'
(terminologie tot hierdie effek uit ander taal is aanvaarbaar) √
Hierdie konsep is sentraal tot leringe in Afrika Tradisionele
Godsdiens. √
Dit is 'n filosofie van gemeenskaplike gees. √
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.6.2 Ramakrishna is 'n Hindoe-heilige. √
Hy was 'n volgeling van Smartisme, en het gesê 'Waarheid is
een. Die wyses gebruik verskillende name daarvoor.' √
Sy dissipel, Vivekananda, het Vedantiese denke na die
Verenigde State gebring, deur die Ramakrishna missie. √ (2)
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.
1.6.3 Verwys na 'n geloof in een god. √
Dit is 'n kenmerk van Abrahamitiese gelowe. √
Midde-Oosterse godsdienste. √
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Eienskappe wat 'n godsdiens definieer.
'n Eksklusiewe selfbeeld.
'n Godsdiens stel grense wat een godsdiens van alle ander
skei.
Wanneer ons oor identiteit in godsdiens praat, sê ons dat
daardie spesifieke godsdiens 'n sekere individualiteit het.
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.2 Dit verwys na die verskille wat binne en oor godsdienste
voorkom.
Hierdie konsep word ook gebruik in die vergelyking van 'n
verskeidenheid godsdienste.
'n Punt waar godsdienste nie dieselfde is nie.
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.3 Die konsep word as 'n plaasvervanger vir godsdiens gebruik.
Dit het te make met die heersende, oorkoepelende
wêreldbeskouings wat betekenis en algehele bestaanpatrone
vorm.
Dit is 'n vaste godsdienstige oortuiging.
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.2 2.2.1 Moslems glo in al die profete, met die laaste boodskapper
Profeet Mohammed.
Die Koran bevat uitsluitlik wat Moslems glo die Woord van God
is, terwyl die Hadith die leringe van die Profeet Mohammed is.
Die Koran, wat in Arabies geopenbaar is, bly tot vandag toe
onveranderd.
Islam het geen tussenganger tussen die aanbidder en God nie.
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.2.2 Hulle glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees
(Drie-eenheid).
Die kern van die Christendom is die geloof in Jesus Christus as
die Seun van God.
Christelike geskrifte leer dat Jesus uit die dood opgewek is
nadat hy gekruisig is.
Christene glo dat Jesus die enigste ware Messias is wat deur
God aarde toe gestuur is en dat Hy eendag sal terugkeer.
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.2.3 Niebestaan is die uiteindelike of die beginpunt van alles – dit is
in 'n sekere sin groter as om te wees.
Taoïste moet die lewe in harmonie met die Tao leef.
Taoïste oefen nie hulle wil teen die heelal (Wu-wei) uit nie,
maar aanvaar dit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
Dit is een van die enigste godsdienste wat tot gevegskuns,
veral Neijia, aanleiding gegee het.
LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer
word. (4)
2.2.4 In die hart van Hindoe-denke is 'n diep geloof in die
moontlikheid van beide geestelike evolusie en geestelike
regressie (reïnkarnasie).
Dit is die enigste godsdiens wat sê 'jy kan god wees'.
Dit het nie verenigende oortuigings of leringe nie.
Dit is 'n godsdiens wat uit baie verskillende skole en tradisies
bestaan wat vry was om hulle eie idees en praktyke te
ontwikkel.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (4)
2.3 'n Godsdienstige lering is sistematiese inligting oor 'n godsdiens.
As die lering deur geloof aanvaar word, word dit 'n persoon se
geloofsoortuiging.
Daarom is onderrig en geloof verbind – lering lei tot geloof en agter 'n
geloof is daar 'n lering.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (6)
2.4 Die idee van 'n tussenganger of bemiddelaar is baie belangrik in hierdie
godsdiens.
Die voorvaders is bemiddelaars tussen die geesteswêreld en die
mensewêreld.
Die sangomas of waarsêers is bemiddelaars tussen mense en die
voorvaders.
Interaksie tussen die Opperwese en mense vind deur die voorvaders
plaas, want die Opperwese is ver van mense af.
Die voorvaders speel 'n baie belangrike rol omdat hulle voorsprake en
beskermers van die stam is.
'n Gerespekteerde en geloofwaardige ouer persoon in die gesin kan as 'n
bemiddelaar verstaan word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (8)
2.5 Die ervaring van menswees is pynlik en veroorsaak lyding (Die bestaan
van Dukkha).
Die oorsaak van pyn is begeerte of drang (Die ontstaan van Dukkha).
Die enigste manier om lyding te stop, is om 'ongebonde' te word (Die
beeïndiging van Dukkha)..
Die enigste manier om 'ongebonde' te word, is deur die Agtvoudige Weg
(Die einde van Dukkah). (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Dit beteken dat gay mense toegelaat word om as
priesters/predikante of pastore in die Verenigde Metodiste Kerk
georden/aangestel te word. (2)
3.1.2 (a) Die 'Een Plan'-stroom was van mening dat geslagskwessies 'n
besluit van 'n plaaslike bisdom moet wees. (2)
(b) Die 'Tradisionele Plan'-stroom was bedoel om die ordening
van gay geestelike leiers en geestelike leiers wat
huwelikseremonies van selfdegeslagpaartjies uitvoer, te
verbied. (2)
3.1.3 Die meeste Afrika-gelowiges woon in landelike gebiede en is
meer tradisioneel.
Die Verenigde Metodiste Kerk is een van die hooflynkerke, wat
deur konserwatiewe volgelinge in Afrika oorheers word.
Metodiste-kerke in Afrika word gelei deur konserwatiewe leiers,
soos die Liberiese Metodiste-prelaat.
Afrikalande/-leiers/ gemeenskappe sien homoseksualiteit as
pervers en onheilig.
Dieselfdesekshuwelikke word gesien as boos en verdien lang
tronkstrawwe soos voorgeskryf deur bestaande wetgewing.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (6)
3.1.4 NEE, want dit is teen die volgende menseregte:
Vryheid van diskriminasie as gevolg van geslag, seks of
seksuele oriëntasie.
Elke mens het die reg op vryheid van diskriminasie. Dit sluit die
lesbiërs, biseksuele, gays en transgenders in.
Elke mens het die reg op gelykheid. Selfs in die kerk.
Elke mens het die reg op huwelik en gesin. Dit sluit selfde-
geslaghuwelike in.
Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke,
oortuiging en opinie.
JA, want dit is in ooreenstemming met die volgende menseregte:
Elke organisasie het die reg op vryheid van geloof en
godsdiens. Die besluit was in ooreenstemming met hulle
konstitusie.
Die LGBT-beweging moet 'n Kerk soek waarvan die konstitusie
in ooreenstemming met hulle lewenstyl is.
Elke kerkorganisasie het 'n reg op vreedsame byeenkoms en
assosiasie.
Die Kerk onderskryf Bybelse leerstellings wat homoseksualiteit
veroordeel.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
3.1.5 JA:
Hy het meer oor die standpunte van konserwatiewes in Afrika
geskryf.
Hy beklemtoon nie die teenargumente van die progressiewe
minderheid nie, omdat hy dalk met die konserwatiewes saam
stem.
Hy het die besluit 'n oorwinning vir die konserwatiewe vleuel
van die Kerk genoem.
Hy het slegs 'n Afrika-leier van Wes-Afrika aangehaal, wat
konserwatief is.
Hy het gesê Metodiste moet nou werk om die seerkry en
verdeeldheid te genees en te versoen. Hy erken nie dat die
gay-kwessie steeds ‘n uitdaging bly nie.
NEE:
Hy het objektief verslag gedoen oor wat in die Konferensie
gebeur het.
Die Konferensie is deur die konserwatiewes oorheers. Daarom
het hy meer oor die konserwatiewe siening geskryf.
Hy skryf vir Afrika-lesers wat wou weet wat die bydrae van hulle
leiers in die Konferensie was.
Die besluit is bindend vir elke lid van die Metodiste-kerk.
Die liberale groepe is uitgestem. Daar is geen vooroordeel nie. (8)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
3.2 Voor 1994 was Christendom die staatsgodsdiens en het dit uitsluitlike
dekking op TV en radio ontvang.
In 1994 het Suid-Afrika 'n sekulêre staat met 'n demokratiese grondwet
geword.
Alle staatsmedia (bv. SABC, radiostasies, ens.) moes aan alle gelowe
erkenning gee.
Voor 1994 was Christenskap die staatsgodsdiens, en het eksklusiewe
dekking op TV/radio ontvang.
Baie onafhanklike godsdienstige mediahuise het ontstaan, bv. Day Star,
Trinity Broadcasting Network (TBN), Issues of Faith op SAUK, Radio
Hindvani. Hulle verskaf dekking van verskeie godsdienste en nie net die
Christendom nie.
Gemeenskapsradiostasies en tydskrifte gee dekking aan plaaslike
godsdienstige geleenthede.
Die publiek kan by die MRK en BCCSA oor onregverdige godsdiens-
dekking kla.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
3.3 Hulle is van die minderheidsgodsdienste in Suid-Afrika.
Joernaliste het geen kennis van hierdie godsdienste nie.
Hulle leiers tree nie skandalig op nie, wat die media se aandag trek nie.
Politici gebruik nie hulle byeenkomste om veldtogte vir kiesers te hou nie.
Taoïsme is nie 'n missionêre godsdiens nie, en gee nie aan hulleself
publisiteit nie.
Die Bahá'í-geloof is baie aktief in omgewingsake, maar die godsdiens self
word nie bevorder nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Europa (2)
4.1.2 Protestants en Katoliek (4)
4.1.3 Die Protestantse lojaliste wil Noord-Ierland as deel van die
Verenigde Koninkryk behou.
Die Katolieke nasionaliste wil hê dat die hele Ierland
onafhanklik en verenig moet wees. (4)
4.1.4 Intra-religieuse konflik verwys na konflik tussen twee groepe
binne 'n godsdiens. (2)
4.1.5 Die konflik is tussen twee takke van die Christendom.
Dit gee die idee dat dit 'n godsdienskonflik is.
Die hoofoorsaak van hierdie konflik is egter polities.
Godsdienstige verskille beklemtoon slegs die politieke verskille.
Hierdie konflik is oënskynlik in 1998 opgelos, maar huidige
politieke sake het 'n hernude herlewing van hierdie konflik
veroorsaak.
Die konflik gaan hoofsaaklik oor politieke beheer en
ekonomiese faktore. (8)
4.2 Godsdienstige leiers kan bemiddel en met alle partye in gesprek tree.
Godsdienstige leiers word gerespekteer en het deur hulle godsdiens
gewoonlik kontakte en konneksies in baie dele van die wêreld.
Hulle moet met politieke partye skakel om 'n oplossing te vind, aangesien
die konflik meer polities as godsdienstig is.
Hulle het dus toegang tot 'n netwerk van mense van ander wêrelddele wat
ook kan help met die oplossing van die konflik.
Die meeste godsdienste leer van vrede en deernis. Daarom is lede bereid
om materieel en finansieel tot die slagoffers van konflik by te dra.
Godsdienstige leiers kan 'n intergodsdienstige beraad uitroep vir
gesprekke oor die konflik.
Dialoog beteken om met respek te praat en te luister om die probleem te
probeer verstaan en 'n oplossing te soek.
Die dialoog moet tot praktiese stappe lei, wat aan beide kante geneem
kan word, ongeag godsdiens, om die situasie te verlig.
Godsdienstige organisasies kan hulle godsdienstige oortuiging oor vrede
in die wêreld en die heiligheid van die lewe gebruik om vreedsame gedrag
te lei en te demonstreer.
Godsdienstige organisasies kan saamwerk om menslike lyding, soos 'n
tekort aan voedsel, mediese voorrade of ander benodigdhede, te verlig.
Godsdienstige organisasies moet netwerk met die Afrika-unie, die
Verenigde Nasies en baie internasionale hulp-agentskappe om
burgerlikes te beskerm en te ondersteun.
Organisasies soos die Islamitiese Hulp-agentskap en die Katolieke
Agentskap vir Oorsese Ontwikkeling moet fokus op praktiese
ondersteuning, soos mediese voorraad, skuiling vir slagoffers en die
voorsiening van voedsel.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
4.3 VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
'Almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard omkom.'
(Matt. 26:52)
Hierdie aanhaling beteken dat geweld ontmoedig word.
Alhoewel Christene veronderstel is om vredemakers te wees, kan oorlog
onder sekere omstandighede gevoer word.
In die Christendom kan slegs 'n wettige heerser van 'n staat 'n oorlog
verklaar.
Daar moet 'n regverdige rede wees vir Christene om hulleself te betrek.
Die bedoelings moet eerbaar wees. Oorloë om vrede te verseker,
kwaaddoeners te straf en die goeie op te hef, word toegelaat.
Oorloë vir hebsug, mag of grond word nie toegelaat nie.
VOORBEELD 2: ISLAM
'Veg in die saak van God teen diegene wat teen jou veg, maar nie
aggressief nie.' (Koran 2, 190)
Oorloë van selfverdediging en wraak is toelaatbaar, maar daar mag geen
misbruik wees nie.
Islam het ook die konsep van djihad, wat dikwels verkeerd verstaan word
as oorlog.
Djihad beteken eenvoudig om te streef of te stry op die weg van God.
Die volgende is verskillende tipes djihad:
o Innerlike geestelike en morele strewe om 'n beter Moslem te word.
o Goeie gedrag, om 'n voorbeeld te stel van wat dit beteken om 'n
Moslem te wees.
o Rustige prediking om die woord van God te versprei.
o Oorloë teen diegene wat Moslems onderdruk of vervolg.
Die eerste drie tipes word as groter djihad beskou, terwyl die laaste as die
mindere beskou word. (10)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
4.4 Suid-Afrika is 'n sekulêre staat; daar is geen staatsgodsdiens nie.
Alle godsdienste het gelyke status in die grondwet.
Alle godsdienste word verteenwoordig by staatsbyeenkomste.
Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening is in die Grondwet van Suid-
Afrika verskans.
Alle gelowe word in die intergodsdienstige nasionale en internasionale
organisasies in Suid-Afrika verteenwoordig.
Daar is 'n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte
van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe wat saam met ander
organe van die burgerlike samelewing werk om die beskerming van (10)
individuele kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe te bevorder
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 Demokratiese/Sekulêre regering (2)
5.2 Godsdiensvryheid kan verduidelik word as die handeling om persone of 'n
gemeenskap in staat te stel om die godsdienste van hulle keuse na te
streef.
Godsdiensvryheid, byvoorbeeld, word uitgedruk in wetgewing wat beide
godsdienstige en burgerlike huwelike erken.
Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging
en opinie.
Die staat laat persoonlike vieringe van godsdienstige vakansiedae of
rituele.
Godsdiensvryheid laat inter-godsdienstige dialoog en samewerking toe in
die oplos van probleme / die skep van vrede en harmonie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (4)
Twee punte word toegeken vir die verduideliking en twee punte vir die
voorbeeld.
5.3 In 'n sekulêre staat is die regering en moraliteit nie op godsdiens gebaseer
nie, en godsdienstige wette is nie deel van die staat se wette nie.
Die Franse regering beweer dat die dra van godsdienstige klere op
regeringseiendom, die Franse reëls en wette oor sekularisme oortree.
Die regering wil al sy burgers gelyk akkommodeer, ongeag hulle
verskillende godsdienste.
Sekulêre wêreldbeskouings word geakkommodeer en kry dieselfde
erkenning as enige godsdiens.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (4)
5.4 Godsdienstige organisasies kan hulleself organiseer en teen
godsdienstige onverdraagsaamheid staan.
Hulle kan 'n petisie opstel en onderteken, en dit by staatsamptenare
indien.
Godsdienstige leiers moet die regering betrek om daardie reël te wysig.
Godsdienstige organisasies moet beklemtoon dat godsdiens deel is van
die alledaagse lewe, en nie blote rituele nie. (6)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
5.5 JA
Elke regering het 'n verpligting om sy burgers te beskerm teen uitbyting.
Dit sluit lede van godsdienstige organisasies in.
Die regering moet slegs ingryp as die wet oortree word.
Die wet sal oortree word as daar enige vorm van diskriminasie, beperking
van vryheid van assosiasie, geweld, besering of skade, ens. is.
Regulering van godsdiens kan kwesbare mense beskerm teen uitbuiting
deur diegene wat hulle in die naam van godsdiens sou skade doen.
Regeringregulering sal alle godsdienste toelaat om gelyke regte te hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
NEE
Godsdienstige organisasies glo dat hulle deur God geïnspireer is.
Daarom hoef hulle nie deur enige menslike agentskap gereguleer te word
nie.
Hulle sal regulering sien as 'n inbreuk op hulle godsdiensvryheid.
Lede sal self bewus wees van hulle regte en sal enige misbruik kan
weerstaan.
Oorregulering kan tot weerstand teen die staat lei.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (6)
5.6 JA
Alle godsdienste word dieselfde hanteer.
Die staat het die reg om by godsdienssake in te meng as godsdiens 'n
negatiewe impak op gemeenskappe het.
Godsdienste wat in die verlede die staat beïnvloed het, word nou
dieselfde as ander godsdienste hanteer.
'n Godsdienstige staat dwing die staatsgodsdiens op niegelowiges af.
NEE
Menseregte is in godsdienstige leerstellings gewortel.
Menseregte kan deur beide sekulêre en godsdienstige state gerespekteer
en misbruik word.
Staatsgodsdiens kan menseregte aanneem sonder om na 'n sekulêre
staat te verander. (6)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
Waar kandidate beide JA en NEE beantwoord, mag ‘n maksimum van
VIER punte toegeken word vir enige regverdiging.
5.7 Menseregte is onvervreembare regte en geld vir almal.
Vrye meningsuitdrukking is een van hierdie regte, maar is nie absoluut
nie.
Dit moet gebalanseer word met sensitiwiteite van ander godsdienstige
groepe.
Hierdie reg beteken dat elkeen die reg het op vryheid van die pers en
ander media, vryheid om godsdienstige inligting of idees te ontvang of oor
te dra.
Vrye meningsuitdrukking strek nie tot propaganda vir oorlog, aanhitsing tot
geweld, voorspraak van haat wat op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens
gebaseer is nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
5.8 5.8.1 Mense het nie 'n keuse oor hulle godsdiens nie.
Hulle word in 'n bepaalde godsdiens ingedwing.
Hulle mag dalk nie die punt van persoonlike bekering en
oortuiging bereik nie.
Daar sal teen mense gediskrimineer word op grond van hulle
godsdiens. Dit kan tot gewapende konflik lei.
Dit skend die beginsel van neutraliteit in godsdienstige sake. (4)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
5.8.2 Daar is minder aanspreeklikheid van godsdienstige leiers.
Vryheid en gebrek aan grense kan tot vreemde verkenning en
eksperimentering lei.
Die gees van vryheid, amper van 'enigiets gaan', maak die greep
van godsdiens los.
Godsdiens kan dalk swakker word soos wat die wêreld al hoe
meer sekulêr word.
Daar is 'n erosie van moraliteit soos wat die samelewing sekulêr
word. (4)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
5.9 Inter-godsdienstige dialoog hou baie voordele in, soos godsdiensvryheid
en die geleentheid om uit te vind en dieper te dink oor verskillende
godsdienste.
Hulle moet saamwerk aan inter-godsdienstige projekte wat kwessies
hanteer wat die jeug beïnvloed.
Hulle moet ten minste drie mense van ander godsdienste as hulle eie
godsdiens ontmoet.
Vra hulle oor hulle oortuigings, rituele, dieët, deurgangsrites, ens.
Jeug moet troues van verskillende godsdienste bywoon.
Reël opedae by verskeie plekke van aanbidding. (8)
Verstaan verskillende geloofstelsels, sodat daar verdraagsaamheid
teenoor diversiteit kan wees.
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper