Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12202310 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae noukeurig deur. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Die lengte van jou antwoord moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Ortodokse Jode gehoorsaam godsdienstige wette wat … genoem word. A Sjaria B Mitzvot C Genesis D Halakhah (1) 1.1.2 Die Tao kan as die … beskryf word. A pad van die heelal B Aarde C Hiernamaals D siklus van die lewe (1) 1.1.3 Die hoogste kaste/stand in tradisionele Hindoeïsme is die … A Upanishads of skrifgeleerdes. B Sudra of arbeiders. C Ksatriyas of regeerders en krygers. D Brahamas of geestelike leermeesters. (1) 1.1.4 Die stigter van Boeddhisme was … A Siddharta Gautama. B Baha’u’llah. C Vajrayana. D die Dalai Lama. (1) 1.1.5 Die Bahá’i-geloof het in … ontstaan. A Irak B Iran C China/Sjina D Saoedi-Arabië (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.6 Toe profeet Mohammad gesterf het, is hy deur … opgevolg. A Isak B Abu Bakr C Jesus D Ali (1) 1.1.7 ʼn Voorbeeld van Neo- (modern) Hindoeïsme is … A Rig Veda. B die Goddelike Lewegemeenskap (‘Divine Life Society’). C die Bhagavad Gita. D Bhakti-joga. (1) 1.1.8 Die Hadith is …. A ʼn versameling van leringe van die profeet Mohammed. B verpligte leringe in die Koran. C boeke met mites. D rekords van Islamitiese geskiedenis. (1) 1.1.9 Die oudste vorm van Boeddhisme is … A Zen-Boeddhisme. B Tibettaanse-Boeddhisme. C Mahayana-Boeddhisme. D Theravada-Boeddhisme. (1) 1.1.10 Dogma, in ʼn godsdienstige konteks, is … A ʼn leuen of versinsel. B leringe met absolute gesag. C ʼn heilige teks. D ʼn bespreking van geestelike waarhede deur ʼn storie. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 5 1.2 Definieer kortliks die volgende konsepte in die konteks van godsdiens. 1.2.1 Eendersheid (2) 1.2.2 Verskil (2) 1.2.3 Eenheid (2) 1.2.4 Uniekheid (2) 1.2.5 Identiteit (2) 1.3 Uit ELK van die onderstaande groepe, kies die woord wat NIE pas NIE. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Martin Luther; Isaiah Shembe; Abraham; William Shakespeare (1) 1.3.2 Mekka; Jerusalem; New York; Moria (1) 1.3.3 Kitab-i-Aqdas; Baha’u’llah, Bahá’i, Rome (1) 1.3.4 Nuwe Testament; Ou Testament; Vedas, Die Vryheidsmanifes (1) 1.3.5 ZCC; Nazareth Baptiste kerk, (Ibandla lamaNazaretha); Internasionale Pinkster Christen kerk; Metodiste kerk (1) 1.4 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 ʼn … is ʼn stam- of familielid wat oorlede is en wat volgens geloof nou ʼn familiebeskermer is. (1) 1.4.2 Die politieke gesag van die Rooms-Katolieke Kerk is in … (1) 1.4.3 Die verskille tussen die twee hoofgroepe binne Islam is hoofsaaklik op meningsverskille oor … gebaseer. (1) 1.4.4 … is die oudste Oosterse godsdiens wat nie ʼn stigter het nie en geen verenigende geloof in lering het nie. (1) 1.4.5 Volgens Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee kragte wat jin en ... genoem word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.5 Kies ʼn item uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.7 H. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 Stellings of stel godsdienstige A Mantra oortuigings 1.5.2 Leef vir altyd, ewig, onverganklik B Taoïsme 1.5.3 ʼn Vers, sillabe of frase wat C Pluralisme vermoedelik van goddelike oorsprong is en wat in rituele gebruik word 1.5.4 Die daad om die verstand/ D Onsterflik bewussyn as ʼn geestelike oefening te beheer en kalmeer en rustig te maak 1.5.5 Alle godsdienste is paaie na die E Hindoeïsme waarheid; hulle is ewe waar F Geloofsbelydenis G Meditasie (5 x 1) (5) 1.6 Verduidelik die verskil tussen die konsepte lering en oortuiging/geloof. (4) 1.7 Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (1.7.1 tot 1.7.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.7.1 Bukari is ʼn versameling Marxistiese-leringe. (1) 1.7.2 Die Opperwese in Afrika Tradisionele Godsdiens word Ilimo genoem. (1) 1.7.3 Boeddhisme het geen begrip van ʼn Opperwese nie. (1) 1.7.4 Voorvaders word in Taoïsme vereer. (1) 1.7.5 Baha’u'llah het Ali as sy opvolger aangestel. (1) 1.8 Waaroor word Christendom, Judaïsme en Islam monoteïstiese godsdienste genoem? (2) 1.9 Verduidelik kortliks die konsep voorvaderlike aanbidding soos dit van toepassing op tradisionele Afrika-godsdiens is. (4) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Godsdienstige identiteit behels selfidentifikasie en selfverklaring deur diegene wat in die leerstellings van ʼn spesifieke godsdiens glo, en dit navolg. In die konteks van godsdiens, verduidelik elk van die volgende konsepte. 2.1.1 Lering/Leerbeginsel (4) 2.1.2 Mite (4) 2.1.3 Doktrine (4) 2.1.4 Gelykenis (4) 2.1.5 Geloof (4) 2.2 Verduidelik die filosofie van ubuntu. (4) 2.3 Beskryf TWEE faktore wat die identiteit van mense vorm. (4) 2.4 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg. Omdat Hindoes aan reïnkarnasie glo, is die fisiese liggaam nie so belangrik soos die siel nie. Liggame word gewoonlik veras en die as gestrooi. Bespreek kortliks die leerstelling van reïnkarnasie. (8) 2.5 Verduidelik die woord kanon. (2) 2.6 Noem TWEE feite oor elk van die volgende godsdienste met betrekking tot: 2.6.1 Hoe die Bahá’i-godsdiens die toekoms van godsdienste beskou (4) 2.6.2 Hindoeïsme se sosiale struktuur (4) 2.6.3 Tradisionele genesers in Afrika Tradisionele Godsdiens (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 3 3.1 Noem enige VIER bydraes deur die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede, wat intergodsdienstige harmonie bevorder. (8) 3.2 Met betrekking tot die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek godsdienstige leringe wat goeie moraliteit bevorder. (10) 3.3 Analiseer krities die rol wat godsdienste gespeel het in die stryd teen apartheid in Suid-Afrika. (12) 3.4 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg. MENSEREGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE Die konsep van menseregte bestaan alreeds vir eeue lank. Die behoefte om ʼn internasionale ooreenkoms oor menseregte in te stel, het teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog dringend geword. [Bron: Fokus op Religiestudies, Graad 12, bl. 21] 3.4.1 Wat impliseer die konsep godsdiensvryheid? (4) 3.4.2 Verduidelik wat onder menseregte verstaan word. (4) 3.4.3 Verduidelik hoe verskillende godsdienste prakties by die bevordering van godsdiensvryheid, menseregte en verantwoordelikhede betrokke is. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 9 VRAAG 4 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ONS MOET VERDRAAGSAAMHEID ONDERRIG As ʼn Afrikaan, bekommer dit my dat dit blyk onse kontinent die nuwe slagveld van interne terrorisme geword het. Nigerië het ʼn aantal aanvalle deur Boko Haram gebad. Terreurgroepe in lande soos Mali het toegeneem, en die verspreiding van Al-Shabaab vanaf Somalië tot Kenia wys dat terrorisme ʼn dreigende stabiliteit in Afrika verkry het. Ek is bly dat ek aan ʼn intergeloof-raad behoort, wat opgemaak is uit verskillende geloofsgroepe wat vir die gemeenskaplike doel vir ons land saam werk. [Aangepas en vertaal uit The Star, Dinsdag 1 Oktober 2012] 4.1 Wat verstaan jy onder terrorisme? (4) 4.2 Waarom dink jy godsdienstige terrorisme aan die toeneem in Afrika is? (10) 4.3 Noem enige land in die wêreld waar daar dreigende gewapende godsdienstige konflik is. Bespreek die volgende: 4.3.1 Wat is die redes vir die konflik? (12) 4.3.2 Tot watter mate is godsdiens deel van die probleem? (12) 4.3.3 Wat kan godsdienstige organisasies doen om politieke vrede te laat gebeur? (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 5 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. GODSDIENS IN DIE MEDIA Moderne media dra inligting oor gebeurtenisse wat wêreldwyd plaasvind, soos wat dit gebeur oor. Mense kyk na hierdie inligting en vorm menings oor wat besig is om te gebeur. Die menings wat hulle vorm, kan dan hulle reaksies en optrede beïnvloed. Die volgende is enkele godsdienstige stereotipes* wat deur die media geskep is: • Jode is gierigaards • Katolieke priesters is kindermolesteerders • Moslems is terroriste • Boeddhiste is vredeliewende monnike *stereotipes: oorvereenvoudigde mening; ʼn partydige gesindheid/houding [Aangepas uit Top Class Religion Studies] 5.1 Kies enige TWEE van die stereotipes hierbo en verduidelik waarom dit NIE waar is NIE. (4) 5.2 5.2.1 Ontleed hoe die media gewoonlik oor godsdienstige kwessies berig. (6) 5.2.2 Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord in VRAAG 5.2.1 te illustreer. (4) 5.3 Ondersoek faktore wat die media kan beïnvloed wanneer hulle oor godsdienstige kwessies berig. (10) 5.4 Wat is die moontlike effekte van stereotipering op verskillende godsdienste? (8) 5.5 Wat kan die media doen om die stereotipering van godsdienste te neutraliseer? (10) 5.6 As ʼn jongmens, hoe sou jy godsdienstige gemeenskappe raad gee oor die gebruik van elektroniese media, soos die internet, televisie en sosiale netwerke, om te verseker dat hulle boodskappe korrek verstaan word. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all