NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
RELIGIESTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 


_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)


View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 471.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions5 marks
- Question 1.4The Variety of Religions5 marks
- Question 1.5The Variety of Religions5 marks
- Question 1.6The Variety of Religions4 marks
Show all 28 questions
- Question 1.7The Variety of Religions10 marks
- Question 1.8The Variety of Religions2 marks
- Question 1.9The Variety of Religions4 marks
- Question 2.1Common Features of Religion20 marks
- Question 2.2Topical Issues in Society4 marks
- Question 2.3Topical Issues in Society4 marks
- Question 2.4Research Into and Across Religions8 marks
- Question 2.5Common Features of Religion2 marks
- Question 2.6The Variety of Religions12 marks
- Question 3.1The Variety of Religions8 marks
- Question 3.2Common Features of Religion10 marks
- Question 3.3Research Into and Across Religions12 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society20 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions4 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions10 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions36 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society4 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society8 marks
- Question 5.5Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.6Topical Issues in Society8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B – Mitzvot / D – Halakhah √ (1)
1.1.2 B – pad van die heelal √ (1)
1.1.3 C – Brahamas of geestelike leermeesters √ (1)
1.1.4 D – Siddharta Gautama √ (1)
1.1.5 B – Iran √ (1)
1.1.6 B – Abu Bakr / D – Ali √ (1)
1.1.7 B – die Goddelike Lewegemeenskap (Divine Life Society) √ (1)
1.1.8 A – ʼn versameling van leringe van die profet Mohammad √ (1)
1.1.9 D – Therevada Boeddhisme √ (1)
1.1.10 B – lering met absolute gesag √ (1)
1.2 1.2.1 Ooreenkoms
• Om soortgelyk te wees
• Om ʼn ooreenkoms te hê
• Van dieselfde soort te wees
• Twee of meer elemente kan dieselfde in sekere wees
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.2.2 Verskil
• Verwys na die verskille teenwoordig in en tussen godsdienste.
• Hierdie konsep is ook bruikbaar in die vergelyking van ʼn
verskeidenheid godsdienste.
• Dit is die teenoorgestelde van ooreenkoms.
• Dit kan gebruik word om tussen spesifieke godsdienste te
onderskei.
• Byvoorbeeld, Christendom glo dat die Messias reeds na die
wêreld gekom het, terwyl die wat in die Joodse geloof glo vir die
Messias wag.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 3
1.2.3 Eenheid
• Harmonie tussen mense.
• Dit verwys na samehorigheid wat tussen godsdienste bestaan.
• Dit beteken ook dat die leringe van verskeie godsdienste
versoenbaar met mekaar is.
• Dit is die teenoorgestelde van geskei wees.
• Om een te wees.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.2.4 Uniekheid
• Dit verwys na daardie eienskappe wat die godsdiens anders as
ander godsdienste maak.
• Dit is die eienskappe wat dit identifiseerbaar as ʼn unieke
godsdiens maak.
• Daar is ʼn uniekheid in oortuigings, praktyke en normatiewe
tekste.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.2.5 Identiteit
• Identiteit beteken individualiteit.
• Dit beteken die godsdiens het ʼn sekere individualiteit of ʼn sekere
persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei.
• Dit beteken die bevestiging van waardigheid en waarde van ʼn
godsdiens.
• Dit beteken ʼn eksklusiewe godsdienstige identiteit waarin jy sterk
met die oortuiginge en leerstellings van die godsdiens
identifiseer en dit beskou as dit wat jou lewe definieer.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
1.3 1.3.1 William Shakespeare √ (1)
1.3.2 New York √ (1)
1.3.3 Rome √ (1)
1.3.4 Die Vryheidsmanifes √ (1)
1.3.5 Metodiste kerk √ (1)
1.4 1.4.1 Voorvaders √ (1)
1.4.2 Rome √ (1)
1.4.3 Leierskap √ (1)
1.4.4 Hindoeïsme √ (1)
1.4.5 Yang √ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.5 1.5.1 F√ (1)
1.5.2 D√ (1)
1.5.3 A√ (1)
1.5.4 G√ (1)
1.5.5 C√ (1)
1.6 Die verskil tussen lering en oortuiging.
• Lering kom van die woord ‘om iemand te leer / te onderrig’, wat eenvoudig
beteken om kennis of begrip op een of ander manier oor te dra.
• Lering hou verband met geloof in die sin dat ʼn volgeling geloof in ʼn
spesifieke godsdiens sal hê, omdat hulle ʼn stel leringe geleer het wat hulle
voel die waarheid is.
• Oortuiging aan die ander kant, is soms ʼn sinoniem vir geloof.
• Dit is ʼn vaste mening / opinie, hoe ʼn persoon voel of dink oor ʼn godsdiens
of wêreldbeskouing. (4)
1.7 1.7.1 Onwaar √ (1)
1.7.2 Onwaar √ (1)
1.7.3 Waar √ (1)
1.7.4 Onwaar √ (1)
1.7.5 Onwaar √ (1)
1.8 Al drie godsdienste glo in een God. (2)
1.9 Voorvaderlike aanbidding
• ATG leer dat God bo die begrip of beheer van mense is.
• God kan slegs deur die voorvaders bereik word.
• Die eerste generasie voorvaders was van die eerste generasie mense.
• Die voorvaders woon in die geesteswêreld.
• Hulle het die mag om die lewendes te beskerm.
• Hulle kommunikeer met God namens die lewendes. (4)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 5
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Lering
• Dit is sistematiese inligting oor aspekte van ʼn godsdiens.
• Lering speel baie belangrike rol in sommige godsdienste, terwyl dit
geen rol in ander godsdienste speel nie.
• Lering kom van die woord ‘om iemand iets te leer/te onderrig’ wat
beteken om kennis of begrip van ʼn spesifieke godsdiens oor te dra.
• Lering is ʼn normatiewe verduideliking van iets, sedes of waarde.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.2 Mite
• Dit kom van die Griekse woord ‘mythos’ wat woord of fabel
beteken.
• Mites bevat soms historiese of metaforiese materiaal.
• Dit verwys na daardie stories wat diepe waarhede oor skepping,
lewe en dood onthul.
• Mite vorm die grondslag van lering en selfs dogma in party
godsdienste.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.3 Doktrine
• Is ʼn sinoniem vir lering.
• Dis net soos onderrig, dit het nie noodwendig ʼn negatiewe
konnotasie nie.
• Doktrinêr het ʼn negatiewe betekenis.
• Dit kan afwisselend met godsdienstige lering gebruik word.
• Dit is ʼn verklaring van fundamentele oortuigings.
• Dit verwys na ʼn spesifieke deel van ʼn geloofstelsel.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.4 Gelykenis
• Die woord gelykenis verwys na ʼn storie wat vertel word.
• Om ʼn godsdienstige beginsel te illustreer of om ʼn godsdienstige
vraag te beantwoord.
• Dis ʼn kort storie wat ʼn definitiewe moraal/sedes bevat.
• ʼn Gelykenis is ʼn storie wat in kunsvorm aangebied word.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.1.5 Geloof
• Word soms as ʼn sinoniem vir die woord ‘godsdiens’ gebruik.
• Dit mag aanvaarding van ʼn ding, feit of stelling beteken.
• Dis ʼn ferm opinie en dui op vertroue.
• Beteken om te glo.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.2 Filosofie van ubuntu
• Die morele orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die konsep
van Ubuntu gekenmerk.
• Ubuntu is ʼn Afrika-filosofie van respek van empatie vir mense.
• Kom van die spreek woord ‘umuntu ngumuntu ngabantu’.
• Ubuntu beteken ʼn persoon is ʼn persoon deur ander mense.
• Dit beteken dat jy moet leer om die lewe met ander mense te deel.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.3 Faktore wat godsdienstige identiteit vorm
• Die kleredragskode van ʼn spesifieke godsdiens vorm die godsdienstige
identiteit van sy volgelinge.
• Die godsdienstige identiteit van ʼn persoon word deur sekere rituele
gevorm.
• Die godsdienstige identiteit van ʼn individu word ook deur godsdienstige
simbole gevorm.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.4 Doktrine van reïnkarnasie
• Dit is op die wet van Karma gebaseer, wat die gevolge van dade impliseer.
• Hierdie doktrine leer dat die siel deur ʼn reeks geboortes en sterftes gaan.
• Die voorbeeld is dat soos iemand verslete klere afwerp/weggooi en ander
nuwe klere aantrek, so werp die siel verslete liggame af.
• Nadat die verslete liggaam afgewerp is, gaan die siel ʼn ander een, wat
nuut is, binne.
• Die soektog na wêreldse plesier gee aanleiding tot wedergeboorte.
• Volgens die doktrine van reïnkarnasie, word die siel van geboorte na die
dood en van die dood na geboorte aangedryf.
• Die siel vergaan nooit.
• Die uiteindelik doel van die lewe is moksha, of die vrystelling van ʼn persoon
van lyding.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (8)
2.5 Verduidelik kanon
• Dit is ʼn versameling heilige boeke of tekste.
• Dit is ʼn maatstaf vir die verifiëring van heilige geskrifte.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2)
2.6 Feite oor die volgende godsdienste:
2.6.1 Baha’i se siening oor die toekoms van godsdienste
• Alle godsdienste sal onder die Bahá’i-geloof verenig wees.
• Dit is die godsdiens van die toekoms.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
2.6.2 Hindoeïsme se sosiale struktuur
• Dit is gestruktureerd op ʼn kaste stelsel.
• Elke kaste het ʼn spesifieke verantwoordelikheid in die
samelewing.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 7
2.6.3 Tradisionele genesers in Afrika Tradisionele Godsdiens
• Tradisionele genesers word geraadpleeg wanneer daar
teëspoed in ʼn familie is.
• Die tradisionele geneser kommunikeer met die voorvaders.
• Daar word geglo dat kennis van tradisionele medisyne van die
voorvaders kom.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 3
3.1 Vier bydraes wat die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede
• Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WKGV) het in baie
verskillende lande van die wêreld vertakkinge wat saamstaan teen die
gebruik van godsdiens om geweld en menslike lyding te ondersteun.
• Die Europese Raad vir Godsdienstige Leiers, het ʼn ernstige beroep op alle
godsdienstige leiers van alle gelowe gedoen om hulle bes te doen om die
voortgaande geweld en terreur, wat in die naam van God uitgevoer word, te
verwerp.
• Die WKGV en sy geaffilieerdes het sterk gereageer op die publikasie van
spotprente wat deur Moslems as aanstootlik beskou word.
• Die Wes Europese Intergeloof Jeug Organisasie het deur die ontwikkeling
van ʼn intergeloofsnetwerk hulle doelwit bereik en ʼn aktiewe rol in die
vordering tot wêreldvrede gespeel.
• Daar word algemeen onder godsdienstige groepe aanvaar dat daar nou meer
godsdienstige verdraagsaamheid as van tevore is as gevolg van die WKGV.
LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word. (8)
3.2 Godsdienstige leringe oor goeie moraliteit
• In die Afrika Tradisionele Godsdiens plaas die beginsel van Ubuntu die
behoeftes van die gemeenskap bo die van die individu.
• Dit verseker goeie moraliteit, aangesien ʼn mense nie ander mag leed
aandoen nie.
• In die Christelike godsdiens praat die Tien Gebooie van skadelike optrede
wat verbode is.
• Dit lei tot goeie moraliteit, bv. ‘Jy moet jou medemens lief hê soos jouself’.
• Islam verkondig die volgende: ‘In hulle rykdom en besittings was daar ʼn deel
wat die bedelaar en iemand wat ontsê is, toekom.’
• Hierdie lering/leerbeginsel moedig omsien na die armes aan deur middel van
verpligte liefdadigheid.
• Volgens Boeddhisme word aanbidders geleer om hulle te weerhou van
leuens vertel en om op ʼn goedhartige en doelgerigte manier te praat.
• Volgens Hindoeïsme moet jy ‘woorde spreek wat eerlik, aangenaam,
voordelig is wat nie stres en angs veroorsaak nie en jy moet die geskrifte
bestudeer en resiteer – dit is soberheid van spraak.’
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 9
3.3 Intergeloof samewerking tydens apartheid
• Daar was baie meer intergeloof samewerking gedurende die
apartheidsjare.
• Alle godsdienste het een gemeenskaplike vyand gehad, naamlik
apartheid.
• As ʼn imam tydens aanhouding gesterf het, het Jode, Christene, Hindoes
en andere aan die verset deelgeneem, net soos hulle dit vir hulle eie mense
sou gedoen het.
• Die Suid-Afrikaanse vertakking van die Wêreldkonferensie van
Godsdienste vir Vrede (WKGV), gelei deur pastoor Frank Chikane en
aartsbiskop Desmond Tutu, het ʼn belangrike rol gespeel.
• Verskillende godsdienste het gesamentlike gebedsamekomste gehou om
vir goddelike ingryping te pleit.
• Godsdienstige eiendom, bv. kerkgeboue, is vir politieke samekomste
gebruik.
• Godsdienstige gemeenskappe het openbare optogte teen apartheidswette
gelei en daaraan deelgeneem.
• Anti-apartheidsgroepe het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, in 1968
gestig.
• Die Oproep van Islam is in 1984 gestig.
• Jode vir Geregtigheid is in 1985 gestig.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (12)
3.4 3.4.1 Wat impliseer die konsep godsdiens vryheid?
• Die konsep godsdiensvryheid impliseer dat almal, oral die vryheid
van keuse het om oor God te glo wat hulle wil.
• Dit beteken ook dat mense nie gedwing kan word om na ʼn ander
godsdiens te bekeer nie.
• In Suid-Afrika geniet mense godsdiensvryheid en die Konstitusie
verbied onregverdige diskriminasie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
3.4.2 Verduidelik wat met menseregte bedoel word
• Die konsep menseregte bestaan glo al vir eeue lank.
• Menseregte verwys na die inherente menswaardigheid van
mense.
• Menseregte is belangrik aangesien dit mense teen uitbuiting
beskerm.
• Menseregte is belangrik aangesien dit die gelykheid van elke mens
erken en waarborg.
• Menseregte gee mense spesifieke regte en verantwoordelikhede.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.4.3 Hoe godsdienste prakties betrokke kan wees om godsdiens-
vryheid, menseregte en verantwoordelikheid te bevorder.
• In Suid-Afrika gebruik alle godsdienste die geleentheid wat deur
die regering gegee word om aan staatsake deel te neem.
• ʼn Voorbeeld hiervan is die NGLF (Nasionale Godsdiens-
leiersforum) wat advies gee oor sosiale uitdagings en
godsdienstige sake.
• Katolieke en Moslems het in 2016 saam in Durban gebid om
godsdienstige verdraagsaamheid en godsdiensvryheid te toon.
• In konflikgebiede, soos Soedan, is godsdienstige organisasies
betrokke om ʼn oplossing te vind teen ʼn regering wat menseregte
misbruik.
• IFAPA stuur altyd afgevaardigdes as waarnemers na die meeste
algemene verkiesings in Afrika.
• Alle godsdienste moedig hulle volgelinge aan om die
lering/leerbeginsel wat menseregte bevorder.
• Pous Johannes Paulus II het ook die Palestynse en Joodse
gemeenskappe besoek om oor godsdiensvryheid en
verdraagsaamheid te preek.
• Die humanitêre organisasie Gift of the Givers is ʼn
intergodsdienstige organisasie wat liefdadigheidswerk in alle
godsdienstige gemeenskappe doen.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 11
VRAAG 4
4.1 Wat is terrorisme?
• Terrorisme is die moedswillige doodmaak van burgers.
• Dit is geweldsdade wat die burgerlike bevolking terroriseer.
• Dit word vir politieke of ander ideologiese redes uitgevoer.
• Dit kan deur die staat geborg word of vir politieke, godsdienstige of ʼn
kombinasie van hierdie redes gebruik word.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
4.2 Waarom godsdienstige terrorisme toeneem
• Baie Afrika regerings is swak.
• Hulle het nie gesofistikeerde weermagte en intelligensienetwerke nie.
• Afrikalande het poreuse grense wat toelaat dat misdadigers die lande
maklik kan binnekom en weer verlaat.
• Party regeringsamptenare is korrup en ondersteun terroristegroepe vir
hulle eie politieke gewin.
• Sommige Afrika-regerings diskrimineer teen sekere stamme of gelowe en
so word hulle dus polities uitgesluit.
• Armoede en verwaarlosing deur regerings is vrugbare grond vir
ekstremisme.
• Sulke groepe wend hulle dan na geweld.
• Politieke onrus verhoog godsdienstige terrorisme; daarom word godsdiens
vir politieke wins uitgebuit.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
4.3 4.3.1 VOORBEELD 1: Konflik in Noord-Ierland
• Die konflik in hierdie land is intra godsdienstig.
• Die konflik is tussen die Katolieke en Protestante.
• Hierdie twee groepe behoort aan die Christen geloof.
• Noord Ierland is konstitusioneel deel van die Verenigde
Koninkryk.
• Die bevolking is godsdienstig tussen Katolieke en Protestante
verdeel.
• Vir dekades baklei sommige Katolieke in Noord-Ierland vir
onafhanklikheid vanaf die Verenigde Koninkryk.
• Noord-Ierland het ook met die Republiek van Ierland vir eenheid
geveg.
• Die Protestante het weerstand gebied.
• Die uitslae was ʼn lang en stadige burgeroorlog.
• Vandag is daar ʼn herlewing in die geveg vir vryheid, in die vorm
van ‘Real Irish Republican Army’.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VOORBEELD 2: Palestina en Israel
• Dit is hoofsaaklik op politieke en grondkwessies gebaseer.
• Die oorlog het ook intergodsdienstige ondertone.
• Joodse setlaars maak daarop aanspraak dat dit hulle
Godgegewe grond is.
• Dit gaan oor die begeerte aan beide kante om ʼn land van hulle
eie te hê.
• Ekstremiste aan die Palestynse en Arabiese kant sou graag die
staat Israel wou vernietig, aangesien hulle dit as ʼn onwettige
staat beskou.
• Die geskiedenis het albei groepe genoeg redes gegee om te
veg.
• Dit is ook ʼn feit dat Israel voortdurend grond vir nedersettings
by die Palestyne afvat.
• Die Palestynse ekstremiste het ʼn selfmoordbomveldtog begin.
• Die selfmoordbomveldtog het tydens die verkiesing die Joodse
opinie na regs laat beweeg.
• Beide hierdie dade het die stemme van die gematigdes aan alle
kante vernietig.
• Met die stemme van die gematigdes het voorlopige vrede na
vore gekom.
• Die gevolge is verergde polarisasie van openbare mening aan
beide kante.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 13
4.3.2 Tot watter omvang is die probleem godsdienstig?
VOORBEELD 1: Noord-Ierland
• Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk,
wat hoofsaaklik Protestants is.
• Noord-Ierland se bevolking is op godsdienstige wyse tussen die
Protestante en Katolieke verdeel, met die Katolieke in die
meerderheid.
• Vir dekades al baklei sommige Katolieke in Noord-Ierland vir
onafhanklikheid van die Protestantse Verenigde Koninkryk.
• Noord-Ierland veg ook vir eenwording/samesmelting met die
Republiek van Ierland.
• Die protestante in beide Ierland en die Verenigde Koninkryk bied
teëstand teen ʼn wegbreek deur die Katolieke.
• Die gevolg is ʼn lang en gewelddadige intragodsdienstige konflik.
LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.
VOORBEELD 2: Palestina en Israel
• Die geskiedenis het die twee groepe genoeg redes gegee om te
veg.
• Dit is ook ʼn feit dat Israel voortgaan om grond vir nedersettings
by die Palestyne af te vat.
• As gevolg daarvan het die Palestynse ekstremiste verskeie
aanvalle op Israel gedoen.
• Hierdie aanvalle het Joodse opinie tydens hulle verkiesing na
die radikaal godsdienstige regs laat beweeg.
• Met die stemme van die gematigdes is voorlopige pogings
aangewend vir vrede.
• Geweld het die stemme van die gematigdes aan beide kante
stilgemaak.
• Die gevolge is verergde polarisasie van openbare mening aan
beide kante.
• Dit is geensins ʼn godsdienstige konflik tussen Jood en Moslem
nie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
4.3.3 Wat kan godsdienstige organisasies doen om vrede te
bevorder?
• Godsdiens organisasies kan as bemiddelaars optree om
godsdienstige verskille aan te spreek.
• Godsdiens kan die regerings van lande waar godsdienstige konflik
plaas vind, aanmoedig om ʼn werkende ooreenkoms te teken dat
hulle nie by godsdienstige konflik sal inmeng nie.
• Godsdiens organisasies moet ooreengekome reëls hê vir die oplos
van godsdienstige konflik.
• Godsdiens organisasies kan raad gee aan strydende faksies oor
ʼn vreedsame samelewing.
• Godsdiens organisasies kan forums vir dialoog skep.
• Godsdiensorganisasies moet verskillende godsdienste en kulture
respekteer.
• Verdraagsaamheidsopleiding vir skole en instellings van hoër
onderrig moet gestig word.
• Godsdiens leiers en gemeenskappe moet begrip en respek vir
ander godsdienste toon.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 15
VRAAG 5
5.1 Stereotipes uit leesstuk
• Jode is gierig: Nie alle Jode is ryk en gierig nie.
• Katolieke: ʼn Klein minderheid is skuldig aan hierdie misdryf. Daar was
ook heelwat vals aantygings.
• Islam: Terrorisme word nie deur Islam aangemoedig nie.
• Boeddhisme: Nie alle Boeddhiste is monnike nie. Sommige Boeddhiste
was onlangs by gruwelike menseregte skendings betrokke.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
5.2 5.2.1 Hoe media oor godsdiens kwessies verslag doen
• Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te
gee.
• Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is oppervlakkig.
• Verslaggewers benader godsdienstige kwessies meesal uit ʼn
sekulêre en politieke perspektief/oogpunt.
• Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat kontroversieel
is, publiseer.
• Teenoor ortodokse gelowe is die toon meestal vyandig, terwyl dit
teenoor minderheidsgodsdienste positief is.
• Die mense met wie die meeste onderhoude gevoer word, is
diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.
• Verslaggewers kan bevooroordeeld en partydig wees.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6)
5.2.2 VOORBEELDE
• Verslaggewers berig net oor Katolisisme wanneer seksuele
misbruik vermoed word.
• Hulle berig nooit oor teologiese of geestelike sake nie.
• Spotprente van Profeet Mohammad is gepubliseer alhoewel
Moslem-gemeenskappe die media ingelig het dat Islam nie enige
uitbeeldings van die Profeet toelaat nie.
• Meer koerante het die spotprente gepubliseer ten spyte van
wydverspreide besware daarteen.
• Minderheidsgodsdienste: Die Baha’i-geloof word positief gedek.
• Ekstremiste bestaan in alle godsdienste, selfs in sekulêre
gemeenskappe.
• Godsdienstige ekstremiste in alle godsdienste word egter nie
gedek nie.
• Ekstremiste in Islam kry die meeste dekking, terwyl ekstremiste in
Boeddhisme (Mahayana) of Hindoeïsme min of geen aandag kry
nie.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
5.3 Faktore wat die media kan beïnvloed oor hoe hulle oor godsdienstige
kwessie verslag doen
• Drukgroepe, in beide burgerlike samelewing en die regering, verseker dat
media-artikels hulle belange ondersteun.
• Joernaliste se verslaggewing weerspieël slegs hulle eie vooroordele.
• Joernaliste is dikwels nie kundig oor godsdienste nie, en daarom word
inligting dikwels verkeerd geïnterpreteer.
• Nie elke gebeurtenis of storie het dieselfde nuuswaarde nie.
• ʼn Artikel dat alles by ʼn Middernagmis goed afgeloop het, het min
nuuswaarde.
• Die media floreer op sensasionalisme.
• Daar word gereken dat negatiwiteit goed verkoop, en so ook misdaad.
• Media mense word dus aangespoor om berigte rondom hierdie temas te
organiseer of te ‘skep’.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
5.4 Moontlike gevolge van stereotipering in verskeie religieë
• Wanneer ons mense op grond van godsdienstige geloof/oortuiging
voortydig oordeel, kan ons dalk op so ʼn wyse optree dat dit individue of
groepe negatief beïnvloed.
• Dikwels dink ons nie eens oor die stereotipes of vooroordele wat ons het
nie en kan ons mense seer maak of benadeel sonder om dit te besef.
• Ons dink dalk dat ons optrede eenvoudig die werklikhede of vermoëns van
mans en vroue akkuraat weergee, maar eintlik diskrimineer ons en
bevorder ongelykheid.
• Selfs al word ʼn stereotipe as positief beskou of bedoel, kan die feit dat nie
alle mense in daardie groep aan daardie standaard voldoen nie, dikwels lei
tot ʼn ‘positiewe’ stereotipe wat spesifieke individue benadeel, bv. Wes-
Afrikane is ryk.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (8)
5.5 Wat kan die media doen om stereotipering van religieë te neutraliseer
• Verbeter joernaliste se professionele vaardighede.
• Kulturele sensitiwiteit soos om stereotipering te vermy moet aangemoedig
word.
• Verhoog media diversiteit.
• Verskerp leierskap in die mediabedryf.
• Ondersteun opvoedkundige en godsdienstige media wat ʼn globale
perspektief bied.
• Sosiale media kan groter vryheid van spraak toelaat.
• Dit kan gebruik word om godsdienstige stereotipering uit te daag.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) RELIGIESTUDIES V1 17
5.6 As ʼn jongmens, hoe sal jy godsdiens gemeenskappe adviseer oor die
gebruik van elektronies media, soos die internet, televisie en sosiale
netwerke om te verseker dat hul boodskappe reg verstaan word?
• Organiseer werksessies en leer gemeenskappe hoe om betroubare
inligting na te vors en te publiseer.
• Hulle moet hul optrede/handelinge op ʼn ‘ouderdomsgeskikte’ wyse
adverteer om die aandag van die kykers te trek.
• Hulle programme moet gebruiksvriendelik en toeganklik wees.
• Kry borge om hulle programme te befonds, sodat dit vir gemeenskappe
bekostigbaar sal wees.
• Skep ʼn toep (‘app’) wat alle gemeenskappe en die godsdienstige
gemeenskap finansieel sal bevoordeel.
• Waarsku die gemeenskap oor valse/onwaar nuus en onakkurate
inligting. (8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper