Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12202015 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Die vrae in AFDELING A tel EEN punt per feit, tensy anders aangedui. 4. Lees al die vrae noukeurig deur. 5. Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld: 1.1.11 D. 1.1.1 Ortodokse Jode gehoorsaam godsdienstige wette wat … genoem word. A Sjaria B Mitzvot C Genesis D Halakhah (1) 1.1.2 Die Tao kan as die … beskryf word. A pad van die heelal B aarde C hiernamaals D siklus van die lewe (1) 1.1.3 Die hoogste kaste/stand in tradisionele Hindoeïsme is die … A Upanishads of skrifgeleerdes. B Sudras of arbeiders. C Ksatriyas of heersers en krygers. D Brahamanas of geestelike leermeesters. (1) 1.1.4 Die stigter van Boeddhisme was … A Siddhartha Gautama. B Baha’u’llah. C Vajrayana. D die Dalai Lama. (1) 1.1.5 Die Baha’i-geloof het in … ontstaan. A Irak B Iran C China D Saoedi-Arabië (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.1.6 Toe profeet Muhammad gesterf het, is hy deur … opgevolg. A Isak B Abu Bakr C Jesus D Ali. (1) 1.1.7 ʼn Voorbeeld van Neo- (moderne) Hindoeïsme is … A Rig Veda. B die Goddelike Lewegemeenskap (‘Divine Life Society’). C die Bhagavad Gita. D Bhakti-joga. (1) 1.1.8 Die Hadith is …. A ʼn versameling van leringe van die profeet Muhammad. B verpligte leringe in die Koran. C boeke met mites. D rekords van Islamitiese geskiedenis. (1) 1.1.9 Die oudste vorm van Boeddhisme is … A Zen-Boeddhisme. B Tibettaanse-Boeddhisme. C Mahanyana-Boeddhisme. D Theravada-Boeddhisme. (1) 1.1.10 ʼn Dogma, in ʼn godsdienstige konteks, is … A ʼn leuen of versinsel. B leringe met absolute gesag. C ʼn heilige teks. D ʼn bespreking van geestelike waarhede deur ʼn storie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 5 1.2 Kies ʼn item uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.7 I. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Na aanleiding van die model van die A Tradisionele Hindoeïsme Heilige Drie-Eenheid, moet die mensdom ʼn verhouding van wedersydse respek en liefde hê 1.2.2 ʼn Heilige teks wat uit ʼn versameling B Tora van wette en leringe bestaan 1.2.3 Alhoewel daar verskillende paaie na C Islam God is, is die behoorlike uitvoering van huishoudelike en tempelrituele verpligtend vir almal 1.2.4 Godsdienstige stories waarin diep D Kitáb-i-Aqdas waarhede van die lewe ontbloot word 1.2.5 Twee groepe het as gevolg van E Christendom politieke verskille geskei 1.2.6 ʼn Heilige godsdienstige geleentheid F Mite G Koran H Ritueel (6 x 1) (6) 1.3 Kies die woord in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer en gee ʼn rede waarom dit NIE pas NIE. VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe ANTWOORD: 1.3.6 Aartappel. Die ander is almal vrugte. 1.3.1 Charles Darwin; Shogi Effendi; Copernicus; Kepler (2) 1.3.2 Therevada; Pali Kanon; Sanskrit; Mahayana (2) 1.3.3 Karma; Ahimsa; Tripitaka; Dharma (2) 1.3.4 Taoïsme; Boeddhisme; Afrika Tradisionele Godsdiens; Judaïsme (2) 1.3.5 Brahmo Samaj; Ramakrishna; Arya Samaj; Ekumenisme (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.4 Verduidelik ELK van die volgende konsepte in die konteks van godsdiens: 1.4.1 Moksha (2) 1.4.2 Nasie-staat (2) 1.4.3 Nie-theïsties (2) 1.4.4 Inspirasie (2) 1.4.5 Ateïsme (2) 1.5 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf SLEGS ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. 1.5.1 Sinkretisme is die wetenskap van die interpretasie van tekste. (2) 1.5.2 ʼn Sjamaan is ʼn Opperwese, die Skepper in Afrika Tradisionele Godsdiens. (2) 1.5.3 Bukhari is ʼn versameling van Marxistiese leringe. (2) 1.5.4 Die Nuwe Testament is die heilige teks van Judaïsme. (2) 1.6 Beantwoord die volgende vrae. 1.6.1 Wat is ʼn normatiewe bron? (2) 1.6.2 Verduidelik kortliks die konsep sekularisme. (4) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 7 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UNIEKE (EN SOMS GEVAARLIKE) GODSDIENSTIGE RITUELE REGOOR DIE WÊRELD Regoor die wêreld, kleef gelowiges vas aan praktyke wat deur buitestaanders as bisarre beskou word, maar vir die gelowiges heeltemal redelik lyk. Die godsdienste wat meestal aan Westerlinge bekend is – Christendom, Judaïsme, en Islam, het hulle deel van ongewone rituele: namaak van die eet van vleis en die drink van bloed (Nagmaal), chirurgiese prosedures wat op babas en kinders uitgevoer word (Bris, Khitān, Judaïsme en Christendom), en probeer om sig en gehoor slegs deur aanraking of gebed te herstel (Geloofsgenesing – Christendom). Die deurboor van die liggaam met hake as ʼn teken van toewyding (Hindoeïsme), ʼn baba van die top van die toring afgooi om hom gesonder te maak (Hindoeïsme en Islam), en toe te laat dat jou motor geseën word met heilige water en blomme, klink miskien vreemd (en gevaarlik – Boeddhistiese priesters), maar wie kan sê dit is enigsins vreemder as die godsdienstige rituele wat ons tuis aanvaar het? [Uittreksel geneem uit boots bootsnall.com. Toegang op 05 April 2020 verkry.] 2.1 Skryf notas oor die term UNIEKHEID om godsdienstige uniekheid te beklemtoon. (4) 2.2 Noem slegs EEN faktor uit die uittreksel wat godsdienstige identiteit vorm. (2) 2.3 Hindoes en Westerlinge glo in die gooi van ʼn baba. Beskryf die FUNKSIES wat deur die uniekheid van ʼn godsdiens vervul word. (6) 2.4 Verduidelik DRIE unieke kenmerke van enige EEN godsdiens in ELK van die onderstaande groeperings: 2.4.1 Oosterse godsdienste (6) 2.4.2 Midde-Oosterse godsdienste (6) 2.5 Noem VIER ooreenkomste wat binne die Abrahamitiese godsdienste bestaan. (8) 2.6 In die konteks van godsdiens, gee TWEE feite oor ELK van die volgende: 2.6.1 Hindoeïsme se siening oor Karma (4) 2.6.2 Die Inyanga in Afrika Tradisionele Godsdiens (4) 2.6.3 Kanon in Christendom (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 2.7 Verduidelik kortliks ELK van die volgende konsepte in die konteks van godsdiens: 2.7.1 Ooreenkomste (2) 2.7.2 Identiteit (2) 2.7.3 Verskille (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 9 VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IN SUID-AFRIKA VERGADER GODSDIENSTIGE WÊRELDLEIERS VIR DIALOOG EN AKSIE Kaapstad, Suid-Afrika – Een van die hoogtepunte vir godsdiensleiers wat hier vir die parlement van die wêreld se godsdienste byeengekom het, was sonder twyfel ʼn toespraak deur ʼn sekulêre politieke leier: die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela. Die 81-jarige voormalige politieke gevangene het die duisende verteenwoordigers van die wêreld se grootste geloofsgroepe toegespreek en gesê dat godsdienstige instellings ʼn groot rol gespeel het om die einde van apartheid in Suid-Afrika te bewerkstellig. ‘Sonder die kerk en godsdienstige instellings sou ek nooit vandag hier wees nie,’ het president Mandela gesê. Hy het verduidelik dat die Christelike, Moslem-, Hindoe- en Joodse godsdienstige groepe instrumenteel was om hom en ander jong swartes ʼn opvoeding – en later vertroosting aan politieke gevangenes en hul gesinne te gee. President Mandela het verder gesê: ‘Godsdiens het ʼn belangrike rol om te vervul om die mensdom te lei en te inspireer om die enorme uitdagings wat ons in die volgende eeu gaan teëkom, te kan oorkom”. [Uittreksel vertaal en aangepas uit onecountry.org. Toegang op 5 April 2020 verkry.] 3.1.1 Definieer interreligieuse dialoog. (2) 3.1.2 Gee ʼn sinoniem vir die woord ‘instrumenteel’ in paragraaf 3. (2) 3.1.3 Vier verskillende godsdienste word in die uittreksel genoem. Verduidelik kortliks hoe hierdie godsdienste president Mandela beïnvloed het. (6) 3.1.4 President Mandela het religieuse-leiers gevra om saam te werk. Noem en bespreek ʼn organisasie in Suid-Afrika wat interreligieuse dialoog bevorder. (8) 3.1.5 Bespreek interreligieuse dialoog in Suid-Afrika voor 1996. (10) 3.1.6 Dink jy dat vroue ʼn belangrike rol in die bevordering van inter- godsdienstige verhoudings in Suid-Afrika speel? Gee redes vir jou antwoord. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 3.2 Lees die volgende uittreksels en beantwoord die vrae wat volg. CHRISTELIKE REAKSIE IS NODIG TEEN DREIGEMENTE OM KERSFEES- EN GOEIE VRYDAG VAKANSIEDAE TE VERWYDER deur adv. Nadene Badenhorst Die onlangse voorstel van die Suid-Afrikaanse Regshervormings- kommissie (SALRC) om Goeie Vrydag en Kersfees as openbare vakansiedae van die SA kalender te verwyder, het kritiek regoor die land ontlok. Volgens die SALRC, ʼn raadgewende statutêre liggaam wat verantwoordelik is vir die identifisering en hersiening van wette wat in stryd met die Grondwet is: ‘Daar is ʼn element van bevoordeling, aangesien die twee belangrikste Christelike vakansiedae as betaalde openbare vakansiedae verklaar was. Aanhangers van ander gelowe wat ander geloofsgebaseerde vakansiedae vier word benadeel deurdat hul vakansiedae nie as openbare vakansiedae verklaar word nie en dat hulle nie outomaties voordeel van betaling daaruit ontvang nie.’ Die SALRC stel dus voor dat όf hierdie vakansiedae hersien word, όf dat die vakansies van ander gelowe dieselfde gewig gegee moet word. ʼn Mens kan jou net die impak op ons alreeds sukkelende ekonomie voorstel, as ons in die naam van gelykheid, elke groep in ons samelewing ʼn openbare vakansiedag sou toeken! Dit is eenvoudig nie sinvol dat bykans 80% van die (Christelike) bevolking ʼn afdag neem vir ʼn godsdienstige vakansiedag wat deur minder as 20% geobserveer word nie. Wat die SALRC ook oor die hoof sien, is dat artikel 2(2) van die Wet op Openbare Vakansiedae spesifiek bepaal dat ‘enige openbare vakansiedag verruil kan word vir enige ander dag wat deur ʼn ooreenkoms bepaal of ooreengekom word tussen ʼn werkgewer en werknemer.’ Met ander woorde, dieselfde wet wat voorsiening maak vir twee Christelike openbare vakansiedae op die nasionale kalender, gee nie-Christelike werknemers die reg om in plaas van Goeie Vrydag of Kersfees op ʼn ander dag betaalde verlof aan te vra (bv. Ramadan vir Moslems of Diwali vir Hindoes). Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om die ‘godsdienstige verdeeldheid te verdiep.’ [Uittreksel geneem en vertaal uit gatewaynews.co.za. Toegang op 05 April 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 11 DEBATTE DUUR VOORT OOR GODSDIENSTIGE VAKANSIEDAE Durban – President van die Afro-Christen Demokratiese Party, eerw. Kenneth Meshoe, het Christene gesê dat hulle die regering se pogings om Goeie Vrydag en Kersfees as openbare vakansiedae op die Suid- Afrikaanse kalender af te skaf, moet verwerp. ‘Dit is twee van die heiligste dae vir Christene. Nie net dit nie, dit is twee dae wat ʼn invloed op besigheid het. Daar is baie wat miskien nie Christene is nie, maar sorg dat hulle hierdie twee dae kerk toe gaan.’ Hy het gesê as die regering hierdie twee openbare vakansiedae gaan afskaf, sal hulle die nasie wys dat hulle dit nie in ag neem nie. President van die Hindoe-raad van die Suid-Afrikaanse Hindoe Maha Sabha, Ashwin Trikamjee het gesê hoewel hy nie ʼn Christen is nie, het hy nie die idee ondersteun dat hierdie twee vakansiedae verwyder moet word nie. [Uittreksel geneem en vertaal uit iol.co.za. Toegang op 15 Desember 2019 verkry.] 3.2.1 Wat is die redes wat deur die SALRC vir die verwydering van Kersfees en Goeie Vrydag vanaf die SA kalender gegee word? (4) 3.2.2 Watter redelike argumente kan Christene voorhou vir die behoud van die vakansiedae op die kalender? (4) 3.2.3 Volgens die skrywer, watter alternatiewe bestaan vir aanhangers van ander godsdienste volgens die wet op Openbare Vakansiedae? (4) 3.2.4 Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om die ‘godsdienstige verdeeldheid te verdiep.’ Wat dink jy word met hierdie aanhaling beteken? (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 4 4.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. “Allah is die Lig van die hemele en die aarde. Die gelykenis van Sy Lig is asof daar ʼn nis (plekkie) was en daarbinne ʼn Lamp: die lamp is met Glas toegemaak: die glas as’t ware soos ʼn helder ster: Verlig uit ʼn geseënde Boom, ʼn Olyf, nie van die ooste of van die weste nie, waarvan die olie bykans stralend is, hoewel vuur skaars daaraan raak: Lig op lig! Allah lei diegene wat Hy wil na Sy Lig: gee vir die mens Gelykenisse: en Allah weet alle dinge.” [Bron: Qur’an, Al-Nour, Surah 24:35] 4.1.1 In die konteks van religie verduidelik die konsep gelykenis. (4) 4.1.2 Gee ʼn opinie oor wat die les of geestelike waarheid van ‘Allah is die lig’ (die gelykenis) is. (4) 4.1.3 Noem die elemente wat in die gelykenis beskryf word. (4) 4.1.4 Noem ʼn gelykenis (behalwe ‘Allah is die Lig’) uit enige godsdiens en verduidelik wat dit beteken. (8) 4.2 ‘Doktrines is die oortuigings wat die sentrale verwysingsraamwerk vir ʼn godsdiens voorsien.’ Gee EEN voorbeeld van ʼn doktrine uit ELK van die volgende godsdienste en verduidelik wat dit beteken: 4.2.1 Christendom (4) 4.2.2 Hindoeïsme (4) 4.3 In jou eie woorde verduidelik EEN wel-bekende dogma van die Rooms- Katolieke kerk. Skryf kort notas. (6) 4.4 Verduidelik die volgende terme in die konteks van religie: 4.4.1 Oortuigings (8) 4.4.2 Ideologie (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 13 VRAAG 5 5.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA VERKLAAR VROUEDOOD (‘FEMICIDE’) AS ’N NASIONALE KRISIS deur Thuso Khumalo Die Suid-Afrikaanse regering het geslagsgebaseerde geweld tot ʼn nasionale krisis verklaar. Luidens ʼn nuwe regeringsverslag, word ʼn vrou elke drie uur in Suid-Afrika vermoor en word baie voor hul dood aangerand en verkrag. “Dit is genoeg. Baie is gesê, maar daar is steeds geen veranderinge nie,” het Nomakhosazana Xaba gesê. “Dit is al jare. Ons word elke dag, elke sekonde brutaal geviktimiseer. Is ek volgende? Dit is vreesaanjaend om so te lewe.” Die onlangse moord op Uyinene Mrwetyana het die jongste vloed van verontwaardiging veroorsaak. Die 19-jarige Universiteit van Kaapstad student is deur ʼn werknemer in ʼn poskantoor verkrag en vermoor terwyl sy ʼn pakkie probeer afhaal het. Die jongste misdaadstatistieke wat deur die polisie vrygestel is, onthul die diepte van die krisis: byna 3 000 vroue is tussen April 2018 en Maart vanjaar vermoor. Dit beteken sewe per dag. Baie van die vroulike slagoffers word egter wreed aangerand en verkrag voordat hulle vermoor word. In baie gevalle word hulle liggame in die bos of in ʼn vlak graf weggesteek, of onherkenbaar verbrand. President Cyril Ramaphosa het onlangs ʼn dringende gesamentlike sitting van die parlement belê om ʼn oplossing vir geslagsbaseerde geweld te vind. Die plan wat hy aangebied het, sluit in die oprigting van ʼn fonds van $68 miljoen, die kriminele regstelsel versterk, die verbetering van die wetlike en beleidsraamwerk rakende seksuele misdrywe en ander vorme van geslagsgebaseerde geweld en die bemagtiging van vroue op ekonomiese gebied. Ramaphosa het gesê: “Diegene wat aan sulke misdade skuldig bevind word, moet nie kwalifiseer vir parool nie. En as iemand ʼn lewenslange vonnis kry, moet dit beteken wat dit is: lewenslank in die gevangenis.” *Femicide – geweld/mishandeling/moord wat spesifiek teen vroulike slagoffers gemik is. [Uittreksel geneem en vertaal uit www.voanews.com˃africa. Toegang op 08 Januarie 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) BETOGERS BUITE PARLEMENT EIS AKSIE TEEN VROUEDOOD (‘FEMICIDE’), NIE NET WOORDE NIE Voortdurende protesoptogte teen vrouedood (‘femicide’) geweld en geslagsgebaseerde geweld het president Cyril Ramaphosa se regering gedwing om wette te heroorweeg oor hoe strafregtelike mishandelaars, verkragters en moordenaars gestraf moet word. Buite die parlement, in Kaapstad, waar honderde betogers bymekaargekom het om optrede teen geslagsgebaseerde geweld te eis, het die oproep tot strenger straf vir oortreders en meer optrede van die regering ʼn crescendo (hoogtepunt) bereik. Dit kom na ʼn week van protesoptogte en plakkaatbetogings na die inhegtenisneming van ʼn 42-jarige man vir die verkragting en moord op die UK-student, Uyinene Mrwetyana. [Uittreksel geneem en vertaal uit mg.co.za. Toegang op 21 November 2019 verkry.] 5.1.1 Beskryf TWEE vroue of meisies se regte wat deur geslags- gebaseerdegeweld geskend word. (4) 5.1.2 Die Suid-Afrikaanse konstitusie beskerm menseregte. Verduidelik wat met hierdie stelling bedoel word. (4) 5.1.3 Dink jy dat die stappe wat president Ramaphosa voorgestel het, effektief genoeg kan wees om die gety van geslagsgebaseerde geweld te stuit? Gee redes vir jou antwoord. (6) 5.1.4 Watter veldtogte kan godsdienstige organisasies gebruik om die probleem van geslagsgebaseerde geweld aan te spreek? (6) 5.1.5 In Suid-Afrika word ʼn vroue elke drie uur vermoor. Watter maatreëls dink jy kan die regering instel om vrouedood (‘femicide’) te stop? (6) 5.1.6 Uit die uittreksel, gee bewyse dat die mense wat aan geslags- gebaseerde geweld skuldig is, gewoonlik vroue en kinders op onmenslike wyse behandel. (4) 5.1.7 Noem enige TWEE insidente van vrouedood (‘femicide’) in Suid- Afrika waarvan jy bewus is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V1 15 5.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. 16 DAE VAN AKTIVISME VIR GEEN GEWELD TEEN VROUE EN KINDERS Dit is ʼn wêreldwye veldtog om geweld teen vroue en kinders te stop; Dit is daarop gemik om die bewustheid te verhoog van die NEGATIEWE impak wat geweld en mishandeling op vrouens en kinders het, en om die samelewing permanent van misbruik te bevry. Die veldtog van 16 dae van aktivisme word elke jaar van 25 November tot 10 Desember gehou. Die sukses van hierdie veldtog berus egter op ons daaglikse individuele en kollektiewe optrede om ons samelewing teen hierdie siklus van mishandeling te beskerm. Geslagsgebaseerde geweld spruit uit die lae status van vroue in die huis en die samelewing. Dit gebeur wanneer mans MAG en gesagsposisies misbruik om vroue en kinders te BEHEER. Die visie van die parlement bevestig parlement as die instelling wat die hele samelewing verander om gebaseer te wees op demokratiese waardes, sosiale geregtigheid en fundamentele menseregte, wat vroueregte en kinderregte insluit. In verband het parlement alreeds vordering gemaak met die aanneem van wetgewing wat daarop gemik is om hierdie siekte in die samelewing te beëindig. [Uittreksel uit www.parliament.gov.za. Toegang op 15 Desember 2019 verkry.] 5.2.1 Gee ʼn sinoniem vir aktivisme. (2) 5.2.2 Volgens die uittreksel, wat is die doelwitte van die 16-Dae-van- Aktivisme-veldtog? (4) 5.2.3 Gee EEN woord uit paragraaf 1 (EEN) wat bewys dat hierdie nie net ʼn Suid-Afrikaanse inisiatief is nie. (2) 5.2.4 Wat dink jy is moontlike oorsake van geslagsgebaseerde geweld? (4) 5.2.5 Dink jy dat die doelwitte kan tydens die tydperk tussen 25 November en 10 Desember bereik word? Motiveer jou antwoord. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all