Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 12202217 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 RELIGIESTUDIES V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING A VRAAG 1 1.1 1.1.1 C – Hervormde Judaïsme √ (1) 1.1.2 D – Die Bahá’i Geloof √ (1) 1.1.3 C – Enige persoon wie nie ʼn Jood is nie √ (1) 1.1.4 C/D – Boeddhisme / Taoïsme √ (1) 1.1.5 C – Smartas √ (1) 1.1.6 B – Vergelykbaarheid √ (1) 1.1.7 B – Normatiewe stelling √ (1) 1.1.8 C – Evolusie √ (1) 1.1.9 D – Judaïsme en Islam √ (1) 1.1.10 C – Geloof in voorvaders √ (1) 1.2 1.2.1 F√ (1) 1.2.2 H√ (1) 1.2.3 A√ (1) 1.2.4 B√ (1) 1.2.5 C√ (1) 1.2.6 D√ (1) 1.3 1.3.1 Waarsêer √ Die ander is vorme van aanbidding. √ (2) 1.3.2 Tao √ Die ander is sleutelkonsepte in godsdiens. √ (2) 1.3.3 Ateïsme √ Die ander is oortuigings./ √ OF Sinkretisme Die ander verwys na die aard van goddelikheid. (2) 1.3.4 Godsdiensvryheid √ Die anders behoort aan spesifieke godsdienste. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 3 1.3.5 Sondag √ Die ander is verwant aan Afrika Tradisionele Godsdiens / sosiale struktuur √ (2) 1.4 1.4.1 Hermeneutiek √√ (2) 1.4.2 Nirvana / Verligting / Kennis √√ (2) 1.4.3 Shudras √√ (2) 1.4.4 Sekularisme / Ateïsme / Kommunisme √√ (2) 1.4.5 Lau Tzu √√ (2) 1.5 1.5.1 Onwaar √ Hulle het nie hul tradisionele Afrika-gebruike aanvaar nie en het gedink hulle is primitief. √ (2) 1.5.2 Onwaar √ Volgens die Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee soorte kragte – die Jin en Jang. √ (2) 1.5.3 Onwaar √ Die hoof van die Tibettaanse Boeddhisme is die Dalai Lama. √ (2) 1.5.4 Onwaar √ Die Ou en Nuwe Testament is die heilige tekste van die Christendom/Die Ou Testament/Torah is die heilige boek van Judaïsme. √ (2) 1.5.5 Waar √√ (2) 1.6 1.6.1 Kanon • Boeke word as gesagdraend erken. √ • Word gesien as goddelik geïnspireer. √ (2) 1.6.2 Sinkretisme • Twee verskillende geloofstelsels kombineer om ʼn nuwe een te vorm. √ • Dit is die neiging om te akkommodeer en aan te pas, of selfs die vorms, oortuigings en denkpatrone van verskillende tradisies te meng. • ʼn Voorbeeld is Sikisme, wat leringe van Islam en Hindoeïsme kombineer. √ (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 “… ʼn demokratiese en regverdige samelewing sonder rasse- onderskeiding.” Wat beteken hierdie aanhaling? • ʼn Samelewing gebou op die beginsel van demokrasie, waar almal gelyk is. • ʼn Samelewing waar almal gelyke regte geniet. • ʼn Samelewing sonder diskriminasie. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) 2.1.2 Desmond Tutu moedig godsdiens vryheid aan. Stem jy saam? Ondersteun jou antwoord deur na die artikel te verwys. JA, EK STEM SAAM • Een van uitstaande eienskappe was die intergeloofsdienste wat hy by die St. George’s katedraal in Kaapstad gehou het. • Hy wou nooit dat die St George’s katedraal slegs met Christendom geassosieer word nie. • Hy het nie godsdiens as verdelend gesien nie. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.1.3 Was Desmond Tutu se optrede inlyn met die konstitusie? Motiveer jou antwoord. JA • Die Suid-Afrikaanse konstitusie verseker die reg op lewe. • Lewe is ʼn geskenk van God. • Lewe is heilig. • Elke persoon moet gerespekteer word. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.1.4 Wat was die motief van die WVK? • Dit was om versoening tussen oortreders en slagoffers van apartheid aan te moedig. • Dit was om vergifnis tussen oortreders en slagoffers van rasse- geweld tydens apartheid te bewerkstellig. • Die volle onthulling van die waarheid was belangrik. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 5 2.1.5 Desmond Tutu is waardig om nageboots te word. Motiveer jou antwoord. • Desmond Tutu is die toonbeeld van wat ʼn ware nie-rassige, wêreldburger is. • Hy het met almal oor die weg gekom. • Hy was die gestalte van wat die opdrag om ‘jou medemens lief te hê’ beteken. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.2 2.2.1 (a) Wat word met verskil bedoel? • Dit beteken ‘anders as’ of ʼn punt waar godsdienste nie dieselfde is nie. • Dit verwys na die verskille wat binne en oor godsdienste heen teenwoordig is. • Hierdie konsep is ook nuttig by die vergelyking van ʼn verskeidenheid godsdienste. • Verskil as ʼn konsep is ook toepaslik vir die uitlig van identiteite van spesifieke godsdienste sowel as verskille binne spesifieke godsdienste. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) (b) Wat word met identiteit bedoel? • Identiteit verwys na die eienskappe wat mense die gevoel gee dat hulle behoort. • Identiteit skep ook ʼn sekere persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) 2.2.2 Wat is die rol van die voorvaders in ATG? • Voorvaders is tussengangers tussen die lewendes en God. • Voorvaders speel ʼn belangrike rol in ATG. • Hulle lei en beskerm die familie wat hulle nader oor sake. • Mense maak kontak met die voorvaders deur menslike tussengangers wat as sangomas of waarsêers bekend staan. • Om ʼn sangoma te wees is ʼn spesiale roeping. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.3 Identifiseer EEN algemene kenmerk in elk van die volgende groepe: 2.3.1 Hindoeïsme en Boeddhisme • Beide glo in reïnkarnasie. • Beide het hul oorsprong in Indië. • Glo in Nirvana. • Glo in Karma/Darma. • Beoefen selibaatheid. (2) 2.3.2 Afrika Tradisionele Godsdiens en Afrika-geïnisieerde kerke • Daar word baie van die Afrika-kultuur by hulle rituele en praktyke ingesluit. • Hulle glo aan voorvaders en tussengangers tussen God en die lewendes. • Hulle geniet lewendige dienste met begeesterde sang en dans. • Die priesters in die Sioniste Christelike Kerke speel ʼn rol soortgelyk aan genesers in die ATG. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) 2.4 TWEE voordele van die bestudering van die vergelykbaarheid van godsdienste • Dit bring ʼn begrip van die ooreenkomste en verskille. • Ontdek algemene kenmerke. • Dit gee ʼn begrip oor hoe godsdienste verskil sonder om hulle te oordeel. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.5 Skryf TWEE unieke eienskappe van elk van die volgende godsdienste 2.5.1 TAOÏSME • Leef in harmonie met die Tao. • Wu-wei – nie-aksie of moeitelose godsdiens. • Gevegskuns – dit is die enigste godsdiens wat tot gevegskuns aanleiding gegee het. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.5.2 CHRISTENDOM • Christene glo dat God Sy Seun Jesus Christus, gestuur het om die wêreld, van sonde te red, sodat die mensdom vir ewig kan lewe. • Christene glo Jesus is die enigste ware Messias wat God na die aarde gestuur het en dat Hy eendag weer sal kom. • Jesus het uit die dood opgestaan nadat Hy gekruisig is. LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet gekrediteer word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 7 2.6 Verduidelik elk van die volgende konsepte en noem EEN godsdiens wat daarmee geassosieer word 2.6.1 STAM / CLAN • In ATG, word die gemeenskap sterk beklemtoon; individualisme bestaan nie in ATG nie. • Die struktuur en organisasie van die gemeenskap is stam gebaseerd en word deur oudstes gelei vir wie daar groot respek is. • Die gees in die gemeenskap is die van Ubuntu wat sorg en omgee vir mekaar beteken. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.6.2 DHARMA • Dharma is die oortuiging dat daar goddelike orde in die hele bestaan is. • Dit is hoe dit in Hindoeïsme verstaan word. OF • Dharma verwys na die weg van Hoër Waarhede (doktrines/ leerstellings). • Dit is hoe dit in Boeddhisme verstaan word. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 2.7 Noem EEN ooreenkoms in godsdienste • Die familie is belangrik. • Aanhangers moet goed wees vir andere. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3 3.1 3.1.1 Verduidelik wat die opskrif “monumentale ramp …” beteken • Die skrywer gebruik die woorde monumentale ramp om die omvang van hoë getalle in sterftes onder ingelyfdes te beklemtoon. • Monumentaal beteken baie groot. Monumente is gewoonlik groter as dit wat dit voorstel. LET WEL: Enige relevante antwoorde moet gekrediteer word. (2) 3.1.2 Redes vir die dood van die ingelyfdes/geïnisieerdes • Dehidrasie • Slegte mediese praktyke LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 3.1.3 Uit die leesstuk, gee redes waarom inisiasie verpligtend is vir deurgang Afrika-kulture • Inisiasie het te make met verandering of deurgang, die verandering vanaf ʼn seun na man. • Dit is ʼn sentrale komponent van Afrika tradisionele kulture. • Dit is ʼn teken van dapperheid en moed. • Dit is ʼn leerskool vir die jeug om die samelewing se ideale en idees te leer ken. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 3.1.4 Godsdienstige oplossing om die dood van ingelyfdes/ geïnisieerdes teen te werk • Godsdiensleiers moet die Ubuntu filosofie beklemtoon. • Tradisionele dissiplinêre verhore moet ingestel word. • Die beginsel van ‘my kind is jou kind en jou kind is my kind’ impliseer dat alle kinders deur die gemeenskap na gekyk moet word. • Godsdiensleiers moet goeie sorg vir die kinders deur ouers beklemtoon, wat gaan verseker dat kinders na goeie inisiasieskole gaan. • Die oudstes in die families word gesien as die oppassers van gemeenskaplike waardes en gebruike. • Die belangrikheid van die ritueel as ʼn deurgangsrite moet beklemtoon word. • Geakkrediteerde tradisionele ‘dokters’ en verpleegpersoneel moet gebruik word. • Elke stam kan hul eie tradisionele ‘dokter’ en verpleegpersoneel het. • Oudstes in die stam moet gereeld toesig hou oor die inisiasie seremonie vanaf die begin tot die einde. • Die beëindiging van die gebruik van geld as aansporing vir tradisionele dokters en verpleegpersoneel moet aangemoedig word. • Kies manlike verpleërs wie self die proses deurgegaan het en respek het vir die inisiasie ritueel. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 9 3.1.5 Dink jy dit is die regering se verantwoordelikheid om reëls en regulasies te maak oor hierdie ritueel? Motiveer jou antwoord. JA • Die regering moet reëls en regulasies vasstel. • As die regering nie ingryp met reëls en regulasies nie, gaan die praktyk van inisiasie aanhou om onskuldige jongmans se lewens te eis. • As inisiasie nie gereguleer word nie, gaan gewetenlose kriminele wat onwettige inisiasieskole bedryf, aanhou om mense se behoefte om te voldoen aan tradisionele praktyke, gebruik om geld te maak terwyl jongmanne sterf. • Die regering kan wetgewing uit vaardig dat tradisionele dokters en verpleegpersoneel opgelei moet wees om hierdie operasies te doen en goed vir hul pasiënte te sorg. NEE • Die regering moet nie reëls en regulasies vir inisiasie opstel nie. • Die tradisionele praktyk was beoefen deur generasies lank voor regerings ontstaan het. • Dit is die oudstes in die gemeenskap wat moet korrigeer wat het met die inisiasie-praktyk verkeerd gegaan. • Dit is die gemeenskap se verantwoordelikheid om reg te maak wat verkeerd gegaan het, nie die regering s’n nie. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (8) 3.2 3.2.1 Verduidelik die verhouding tussen oortuiging en lering in die konteks van godsdiens • Godsdienstige leringe is op die geloof/oortuiging van ʼn godsdiens gebaseer, terwyl lerings gebruik word om gelowe/oortuigings as waarhede te versterk. • Godsdienstige leringe word as sekondêr tot godsdienstige gelowe beskou omdat godsdienstige gelowe/oortuigings as primêr /finaal beskou word. • In hierdie sin is lering baie betekenisvol in sekere godsdienste, natuurlik minder belangrik in andere en kwalik van enige belang in andere. • Lerings in hierdie sin is baie belangrik in godsdienste wat baie jare gelede ontwikkel het. • Hierdie godsdienste het ʼn plig om hulle oortuigings deur hulle leringe in te skerp. • Die leringe behels meestal die godsdienstige etiek of waardes van die spesifieke godsdiens en, aldus is leringe en oortuigings in sommige godsdienste onderling verbind. • Godsdienstige leringe kan in sommige godsdienste voorskriftelik wees. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.2.2 Noem ʼn gelykenis uit enige godsdiens en verduidelik die betekenis ’N GELYKENIS UIT ISLAM • Die gelykenis van Sy Lig • Die gelykenis beskryf Allah as die bron van alle verligting. • Aanvaarding en beoefening van die wette van Allah sal die gelowige geestelik verlig, en die duisternis van onkunde verwyder. ’N GELYKENIS UIT CHRISTENDOM • Die gelykenis van die saaier. • Dit beteken dat jy moet luister met begrip en dit beoefen tot die voordeel van die koninkryk van God. • Dit verwys na die saai van die woord van God deur dit aan verskillende mense te verkondig. • Jy gaan verskillende resultate met verskillende mense het. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 3.2.3 Die neem van verantwoordelikheid vir jou aksies is ʼn algemene godsdienstige lering. Bespreek kortliks die kwessie van verantwoordelikheid met verwysing na die volgende godsdienste. (a) AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS • Die beginsel van Ubuntu is ʼn sosiale verantwoordelikheid wat verder as familie verantwoordelikheid gaan. • Die ritueel om met die voorvaders te kommunikeer, toon dat selfs nadat hulle dood is, die persoon nog steeds met sy/haar familie verbind is. • In ATG kan ʼn mens nie ʼn voorvader word indien hy/sy ʼn onverantwoordelike lewe gelei het nie. • Jy kan net ʼn voorvader word as jy voorspoed nagelaat het (kinders). • Die huwelik en familie word as godsdienstige verantwoordelikhede beskou. • Respek teenoor ouer mense is belangrik in Afrika Tradisionele Godsdiens. (6) (b) JUDAÏSME • ʼn Belangrike deel om Joods te wees is om diegene in nood te help. • Volgens Judaïsme het mense die vermoë om beide goed en kwaad te wees. • Mense is inherent goed, maar het ʼn swakheid om sonde te doen wat ʼn verleiding is. • Die Tora is ʼn boek van wette wat die optrede van Jode reguleer. • Gevolglik is dit die verantwoordelikheid van ʼn Jood om die wet te bestudeer en na te volg. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 11 VRAAG 4 4.1 4.1.1 Is hierdie artikel ten gunste van of teen inenting? Motiveer jou antwoord. • Ten gunste. • Die artikel voorsien maniere om godsdienstige mense te oortuig om die inenting te neem. • Navorsing toon dat inenting die beste manier is om die verspreiding van die koronavirus te keer. (2) 4.1.2 Analiseer hoe die media oor die algemeen verslag doen oor religieuse kwessies. Motiveer jou antwoord. • Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te gee. • Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is oppervlakkig. • Verslaggewers benader godsdienstige kwessies meestal uit ʼn sekulêre en politieke perspektief/oogpunt. • Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat kontroversieel is publiseer. • Teenoor ortodokse gelowe is die toon meestal vyandig, terwyl dit teenoor minderheidsgodsdienste positief is. • Die mense met wie die meeste onderhoude gevoer word, is diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken. • Verslaggewers kan bevooroordeeld en partydig wees. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (8) 4.1.3 Dink jy die opinie in die artikel is slegs die van Christene? Ondersteun jou antwoord deur na die artikel te verwys. • Nee. Die artikel gee nie net die Christelike siening oor inenting nie. • Die artikel verwys na godsdiens in die algemeen. • Die enigste verwysing na Christendom is oor die pastoor wie in September gesterf het nadat hy inenting verwerp het. (4) 4.1.4 Wat, volgens die artikel, is godsdienstige mense se hoof beswaar teen inenting? • Die gebruik van fetale materie van beëindigde swangerskappe in die ontwikkeling van entstowwe. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 4.2 4.2.1 “LGBTQ … Suid-Afrika is onder beleg”. Wat beteken hierdie aanhaling? • Hierdie woorde word gebruik om die aandag op die gewelddadige misdaad teen LGBTQ individue in Suid-Afrika te vestig. • Hulle word baie ernstige aangeval. • Hulle word deur baie mense gekritiseer. • Hulle word onder groot druk geplaas. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (2) 4.2.2 Noem TWEE menseregte van LGBTQ mense wat geskend word. • Die reg op vryheid van keuse. • Die reg op lewe. • Die reg tot ʼn veilige omgewing. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 4.2.3 LGBTQ individue staar verskillende uitdagings in die gesig. Stem jy saam? Gee DRIE voorbeelde om jou antwoord te illustreer. • JA, ek stem saam. • Hulle ondervind geweld op ʼn uiterste en onmenslike vlak. • Hulle word op die mees grusame maniere dood gemaak. • Daar word teen hulle gediskrimineer. • Hulle ondervind verwerping deur hulle families. • Gemeenskappe en godsdienstige instellings het ʼn geneigdheid om hierdie mense te verwerp. • LGBTQ individue het ʼn geneigdheid om uitgebuit en mishandel te word in hul gemeenskappe. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 4.2.4 Dui aan hoe gemeenskappe verdraagsaamheid teenoor LGBTQ individue kan beoefen. • Korrigeer mense as iemand se geslag wanvoorgestel word, al is die persoon nie in die vertrek nie. • Praat uit in verdediging van die LGBTQ-gemeenskap wanneer iemand krutaal, onsensitiewe of rassistiese taal teen hulle gebruik. • Bevorder diversiteit in alle areas van die lewe. • Gemeenskappe moet ondersteuning toon aan die LGBTQ- gemeenskap deur “Pride Pins” / “Trots borsspelde” te dra of hul kleure te vertoon. • Gemeenskapsleiers kan hul invloed gebruik in die gemeenskap om te probeer om families te herenig wat verdeeld is oor die LGBTQ-kwessie. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 13 4.2.5 Vir elk van die volgende godsdienste, bespreek kortliks die lering wat menseregte bevorder. (a) BOEDDHISME • Hulle bevorder gedeelde menslikheid. • Daar is ʼn gedeelde doelwit om geluk te bekom en lyding te behandel. • Om lyding te vermy is sentraal in Boeddhisme. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) (b) ISLAM • Dit is nie verpligtend om tot Islam te bekeer nie. • Dit beteken dat die verklaring van iemand se geloof vrywillig en opreg moet wees. • Dit laat vryheid van godsdiens toe. • Die instelling van zakat (welsyn) verseker dat basiese behoeftes vir kos, skuiling en klere bevredig word. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) (c) AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS • Die beginsel van Ubuntu moedig hulp aan jou gemeenskap aan. • Ubuntu impliseer respek vir ander mense. • Die praktyk van IIima is sentraal in ATG. • Dit is een waar die gemeenskap hulp verleen aan lede wat behoeftig is LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 4.3 “Die polisiebeampte het gevra wat sy aangehad het wat tot die verkragting gelei het.” Dink jy die beampte se reaksie was korrek? NEE • Die beampte se reaksie was onvanpas met die vra van daardie vraag. • Hy het probeer om die verantwoordelikheid vir die misdaad weg van die oortreder te deflekteer. • Hy het basies die slagoffer blameer vir wat met haar gebeur het. • Hy respekteer nie LGBTQIA individue nie. JA • Ons moet na hierdie vraag kyk in die konteks van die statistieke wat hulle mag het ten opsigte van verkragtings in die area. • As hulle bevind het dat die meeste verkragtings in hulle area geïnisieer is as gevolg van die manier hoe die persoon aangetrek was, dan kon hy dalk geregverdig gewees het met die vra van daardie vraag. • Die vraag dien ook as ʼn voorstel van hoe vroue kan help om hulself te beskerm teen die moontlikheid van verkragting. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 5 5.1 5.1.1 Dink jy godsdiens is die ware probleem in hierdie konflik? Gee redes vir jou antwoord. • Godsdiens was nie die probleem nie. • Die artikel maak dit baie duidelik dat die geweld etnies van aard was. • Die geweld was ook polities van aard. • Die geweld was, vervolgens, ook gemotiveer deur ʼn begeerte om beheer oor Soedan se ryk olievelde uit te oefen. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 5.1.2 Noem EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in konflik areas in Afrika werk. Beskryf die werk wat hulle doen en gee redes vir hul suksesse en mislukkings. VOORBEELD 1: INTERGELOOF AKSIE VIR VREDE IN AFRIKA • Hierdie organisasie werk saam met godsdienstige gemeenskappe op die kontinent, wat een van die hoofredes vir hulle sukses is. • IFAPA werk nie in isolasie nie. Hulle werk nou saam met ander godsdienstige organisasies. • IFAPA het ʼn suksesvolle poging aangewend om verskillende godsdienste so ver moontlik in te sluit. Hulle sluit byvoorbeeld die Afrika Tradisionele Godsdienste, Judaïsme, Christendom, Islam Hindoeïsme, Boeddhisme en die Bahá’i-geloof in. • Die organisasie het daarin geslaag om afgevaardigdes na die konflikgebiede te stuur. Die lede van hulle afvaardiging het ʼn belangrike rol gespeel om strydende groepe bymekaar te bring, om wedersydse begrip en samewerking te bereik. • Ondanks al die moeite was hierdie organisasie egter nog nie in staat om permanente of langdurige vrede tussen strydende groepe te behaal nie. • Die rede daarvoor is die politieke inmenging. • Hulle sukses is ook bemoeilik deur die kulturele en stamgroepe wat godsdiens gebruik om hulle doelwitte te behaal. • Hierdie organisasie het ook daarin geslaag om die publiek, privaat sektor en regering bymekaar te bring, wat een van die redes vir hulle prestasies is. LET WEL: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 15 VOORBEELD 2: AFRIKA RAAD VIR GODSDIENSTIGE LEIERS – GODSDIENSTE VIR VREDE • Hierdie organisasie het sukses behaal as gevolg van hulle beginsels en waardes van respek en verdraagsaamheid teenoor godsdienstige verskille. • Hulle is ook suksesvol omdat hulle nog altyd moeite gedoen het om ʼn vreedsame saambestaan tussen verskillende godsdienste aan te moedig. • Hulle handelinge is gebaseer op diep en hoofsaaklik gedeelde kwessies en waardes van morele belang. • ʼn Ander rede vir hulle sukses is die bevordering en bewaring van identiteit in elke godsdienstige gemeenskap. • Die erkenning van godsdienstig diverse gemeenskappe in Afrika het tot hulle sukses gelei. • Hulle ondersteun ook plaaslik bestuurde multi-godsdienstige strukture onder die vaandel van Godsdienste vir Vrede. • Hulle bevorder die beginsels van verteenwoordiging, hulpverlening en genootskap. • Hulle het aan die Wêreld-Maatskaplike Forum deelgeneem. • Alhoewel hierdie organisasie baie suksesse behaal het, is daar ook mislukkings aangeteken: • Bv. die handhawing van permanente vrede tussen strydende groepe in Afrika. • Vredebewaring is nog altyd deur politieke en kulturele verskille onderbreek. • Daar is ʼn gebrek aan erkenning van die organisasie by sommige regerings, soos die in Tsjad en die Sentraal Afrikaanse Republiek. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 5.1.3 Volgens die uittreksel, wat was die gevolge van die geweld in Suid-Sudan? • Mense het hul geliefdes verloor. • Slagoffers het hul huise en eiendom verloor. • Mense het in vrees geleef. • Sommige was as gyselaars aangehou deur die aanvallers. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 5.2 Verbeel jou jy is die voorsitter van die studente verteenwoordigende raad by jou skool. Skryf ʼn gedragskode vir leerders. Dit moet bestaan uit ten minste DRIE sleutelpunte en moet godsdienstige verdraagsaamheid by die skool bevorder. • Alle leerders/kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies en daaraan deel te neem. • Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en oop vir enigeen. • Heilige dae van alle godsdienste sal dieselfde behandel word. • Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word. • Elke godsdienstige leier wie ʼn byeenkoms wil behartig, sal ʼn geleentheid gebied word. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 5.3 Verduidelik hoe godsdiens deel kan word van die oplossing vir konflik in die areas wat geaffekteer word deur geweld • Die mense betrokke by die konflik is lede van verskillende godsdiensgroepe in die gemeenskap en hulle moet na hulle godsdienstige leiers/luister/gehoorsaam wees. • Die godsdiensleiers kan tydens byeenkomste met gelowiges praat en geweld ontmoedig. • Godsdiensleiers moet saamspan met ander gemeenskapsleiers om in te gryp en saam werk om vrede te herstel en te behou. • Deur hulle leiers kan godsdiensgroepe deel wees van besluitneming oor beleide om te verseker dat beleide so ontwerp word dat geen groep in die gemeenskap ondermyn word nie. • Godsdiens het ʼn waardigheid om te behou. • Dit is ʼn manier, gebaseer op godsdienstige leringe, wat gebruik kan word om die nuus dat vrede noodsaaklik is vir naasbestaan, te versprei. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 5.4.1 Verduidelik TWEE regte van die meisies wat geskend is • Die reg op opvoeding. • Vryheid van diskriminasie. • Die reg om hul godsdiens te beoefen. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 5.4.2 Verduidelik die verhouding tussen godsdienstige verdraag- saamheid en godsdiensvryheid. • Die twee terme is nou verwant. • Godsdiensvryheid word bepaal deur die regering van die dag. • Godsdienstige verdraagsaamheid is hoofsaaklik afhanklik van die houdinge van godsdiensgroepe of individue binne ʼn gegewe gemeenskap. • Dit is die aanvaarding en respek van die godsdienstige oortuigings en beoefening van ander mense sonder enige voorwaardes. • Godsdiensvryheid berei goeie gronde vir verdraagsaamheid voor. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (6) 5.4.3 Watter druktaktiek het die administrasie gebruik om die meisies oor te haal om in te gee? • Die meisies was toegang tot die klaskamers geweier. • Hulle was gedreig dat hulle uit die klas gestoot sou word. • Hulle was gedwing om briewe te skryf wat sê dat hulle uit hul eie nie klasse bygewoon het nie. • Die prinsipaal het gedreig dat hy hul loopbane gaan verwoes. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 17 5.4.4 “ʼn 2018 uitspraak deur die hof het die reg van ʼn opvoedkundige instelling oor die van ʼn individue gehandhaaf.” Stem jy saam met hierdie stelling of nie? Motiveer jou antwoord. Ek stem saam met die uitspraak: • Die instelling moet as ʼn godsdienstig neutrale instelling gesien word. • Dit beteken dat die instelling nie gesien kan word as vir enige een godsdiens nie. • Die instelling moet gesien word as apart van godsdiens. • Godsdienstige gebruike en tradisies moet nie toegelaat word om die werk van die opvoedkundige instellings in die wiele te ry nie. Ek stem nie saam met die uitspraak nie: • Die praktyke van ʼn instelling moet inlyn/ooreenstemming wees met die gemeenskap wat dit dien. • As die gemeenskap mense van verskillende godsdienstige tradisies insluit, moet daardie tradisies gerespekteer word. • ʼn Regeringsinstelling moet nie gesien word godsdienste beveg nie. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) 5.4.5 Wat sê die Suid-Afrikaanse konstitusie oor godsdiens- vryheid? • In die Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaanse Konstitusie word godsdiensvryheid by die regte genoem ingesluit. • Dit sê: ‘Almal het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening” • Godsdienstige waarnemings kan volgens drie voorwaardes by staats- of staatsondersteunde inrigtings uitgevoer word. • Die waarnemings volg die reëls, wat deur gepaste openbare gesag gestel is. • Die waarnemings moet op ʼn gelyke basis plaasvind. • Die bywoning is gratis en vrywillig. LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all