Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
RELIGIESTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 



_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)

View all





Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 251.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Common Features of Religion30 marks
- Question 1.2The Variety of Religions20 marks
- Question 2.1Topical Issues in Society36 marks
- Question 2.2Common Features of Religion14 marks
- Question 3.1Common Features of Religion18 marks
- Question 3.2Common Features of Religion8 marks
Show all 12 questions
- Question 3.3Common Features of Religion24 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions18 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions12 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions14 marks
- Question 5.2The Variety of Religions36 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die instruksies versigtig deur voordat die vrae beantwoord word.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
3. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
4. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy dit beantwoord.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die lengte van die antwoord moet ooreenstem met die punte wat vir elke
vraag toegeken is.
8. Skryf leesbaar en bied jou werk netjies aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V2 3
VRAAG 1
1.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Alle religieë het ʼn stel geloofsoortuigings oor die aard van die mensdom, die
wêreld, die goddelike, die skepping en dele van ons lewens.
[Bron: Shutters Top Class Religion Studies Grade 12, bladsy 88]
In die konteks van enige EEN religie, beantwoord die volgende vrae met
verwysing na die SENTRALE LERINGE onder die volgende opskrifte:
1.1.1 Die aard van menslikheid met verwysing na die gemeenskap en die
individu (10)
1.1.2 Die aard van lewe na dood (10)
1.1.3 Die aard van godheid (10)
1.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Elke religie het sekere geloofsoortuigings wat nie onderhandelbaar is om te
deel nie. Hoewel, binne meeste religieë kan die vertolking van
geloofsoortuigings tussen denkgroepe egter verskil. Hierdie verskille is soms
groot en het selfs al tot religieuse oorloë gelei, en soms is dit klein.
[Bron: Shutters Top Class Religion Studies Grade 12, bladsy 8]
1.2.1 Noem die verskil in leringe. (10)
1.2.2 Noem die verskil in bestuur. (10)
[50]
VRAAG 2
2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Elke religie is besorgd om die natuurlike omgewing te beskerm. Dit is omdat
die natuur in die meeste religieë as deel van die goddelike skepping gesien
word.
[Bron: Onbekend]
2.1.1 Bespreek die oorsake van omgewingsvernietiging. (12)
2.1.2 Verduidelik die impak van omgewingsvernietiging op die samelewing. (12)
2.1.3 Bespreek die praktiese strategieë of stappe wat religieuse
organisasies in die stryd teen omgewingsvernietiging kan neem. (12)
2.2 Noem en verduidelik die hermeneutiese beginsels. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3
3.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Elke godsdienstige tradisie het ʼn oorsprong, ʼn bron, wat normatief is. Die
bron verwys nie na hierdie oorsprong of begin nie. Dit is ook ʼn aanduiding
van hoe mense herhaaldelik na die norm terugkeer in hul soeke na die regte
antwoorde. Normatiewe bronne sluit inspirasie en heilige geskrifte in.
[Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]
3.1.1 Verduidelik die konsep inspirasie in die konteks van religie. (8)
3.1.2 Bespreek die belangrikheid van heilige tekste in religie. (10)
3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Sekularisme in die persoonlike lewe is soortgelyk aan sekularisme in die
staat. Dit behels ʼn goeie verbintenis tot ʼn etiek gebaseer op beredenering
oor die menslike natuur sonder verwysing na god(e); die heelal te verstaan
sonder om hul op religieuse verduidelikings te beroep.
[Bron: Shutters Top Class Religion Studies Grade 12, bladsy 164]
Wat is die verskil tussen sekulêre wêreldbeskouing en religieuse wêreld-
beskouing? (8)
3.3 Bespreek die onderstaande wêreldbeskouings:
3.3.1 Ateïsme (12)
3.3.2 Sekulêre humanisme (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V2 5
VRAAG 4
4.1 Lees die volgende uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Party godsdienste het dit minder moeilik gevind om hulle beskouings met die
Oerknalteorie te versoen, maar almal van hulle is gedwing om hulle posisies
te oorweeg. Daar kan selfs moontlik gesê word dat die wetenskap nou so
magtig is dat dit mense se algemene denkpatrone voorskryf en dat
godsdiens op wetenskap moet reageer.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, HC Steyn]
4.1.1 Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe die heelal
ontstaan het. (10)
4.1.2 Met verwysing na die leringe van enige EEN van die Abrahamitiese
godsdiens verduidelik hoe die heelal ontstaan het. (8)
4.2 Evalueer krities die respons van die onderstaande religieë oor Darwin se
evolusieteorie.
4.2.1 Christelike godsdiens (10)
4.2.2 Hindoeïsme (10)
4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Religieë het nog altyd verduidelikings aangaande die skepping en die status
van die mensdom gegee. In die afgelope vier eeue het die wetenskap egter
verskillende antwoorde op hierdie vrae gebied.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, H.C Steyn]
Gee ʼn kort verduideliking van die Oerknalteorie. (12)
[50]
VRAAG 5
5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
In die middel van die 19de eeu, het die bioloog Charles Darwin sy teorie oor
evolusie in The Origin of Species gepubliseer. Sedert Darwin was daar baie
debatte oor wat sy teorie vir religieuse oortuigings beteken.
[Aangepas uit Shutters Top Class Religion Studie Grade 12.]
Verduidelik kortliks Darwin se evolusieteorie. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Organisasies soos die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede, Afrika
Vroue van Geloof, Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika, poog om harmonie
tussen religieë van die wêreld te skep.
[Bron: Shutters Top Class Religion Studies Grade 12.]
Bespreek die pligte van die volgende organisasies:
5.2.1 Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF) in Suid-Afrika (8)
5.2.2 Die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika (IFAPA) (8)
5.2.3 Die Wêreldparlement van Religieë (WPR) (8)
5.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
Sedert die aanvaarding van die demokratiese Grondwet in 1994, toe
godsdiensgelykheid gewaarborg was, was daar baie pogings op die vlak van
godsdienstige leierskap om hartlike verhoudings tussen religieë te ontwikkel.
[Aangepas uit Religion Studies, Grade 12, H.C. Steyn.]
Bespreek die verhouding tussen religieë sedert die demokrasie in Suid-Afrika. (12)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper