Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12202216 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae noukeurig deur. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Die lengte van jou antwoord moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die godsdiensgroep wat glo dat die Tora oor tyd deur mense geskryf is: A Ortodokse Judaïsme B Konserwatiewe Judaïsme C Hervormde Judaïsme D Chassidiese/Hassidiese Judaïsme (1) 1.1.2 “Alle godsdienste aanbid en glo in dieselfde God.” Dit is die sentrale boodskap van … A Afrika Tradisionele Godsdiens. B die New Age-beweging. C die Christendom. D die Bahá’i-geloof. (1) 1.1.3 ʼn Onbesnedene is … A ʼn persoon wat ʼn sagte geaardheid het. B ʼn Jood. C enige persoon wat NIE ʼn Jood is NIE. D ʼn Christen. (1) 1.1.4 Hierdie godsdiens verwerp die idee dat mense siele het wat na die dood voortleef: A Hindoeïsme B Bahá’i-geloof C Boeddhisme D Taoïsme (1) 1.1.5 Die oudste van al die Hindoe-skole is … A Shaktisme/Sjaktisme. B Vaishnavisme. C Smartas. D Shaivisme. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.1.6 Eienskappe wat interessante ooreenkomste en verskille toon: A Eenheid B Vergelykbaarheid C Ideologie D Identiteit (1) 1.1.7 Hierdie tipe stelling dui aan watter dinge goed of sleg is en watter handelinge reg of verkeerd is: A Beskrywende stelling B Normatiewe stelling C Egtheidstelling D Komplementêre stelling (1) 1.1.8 Die idee dat alle vorms van lewe verbind is en ʼn gemeenskaplike oorsprong het, verwys na elemente van … A skepping. B sekularisme. C evolusie. D godsdiens. (1) 1.1.9 Beide dring aan op die transendensie van God en neem die gebod teen die besit van afbeeldings van God baie ernstig op: A Hindoeïsme en Islam B Afrika Tradisionele Godsdiens en Christendom C Hindoeïsme en Boeddhisme D Judaïsme en Islam (1) 1.1.10 Iemand wat op ʼn bonatuurlike wyse insig in die onbekende of toekoms kry: A Voorvader B Khoi-Khoi C Waarsêer D Die wat-nog-gebore-moet-word (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 5 1.2 Kies ʼn item uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) neer, byvoorbeeld 1.2.7 I. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die Tien Gebooie is op hierdie A Voorvaders berg aan Moses gegee 1.2.2 Hierdie vorm van Christendom het B Tenzin Gyatso sy oorsprong in Afrika 1.2.3 Familielede wat afgesterf en by C Inkwisisie die geesteswêreld aangesluit het 1.2.4 Die Dalai Lama, leier van D Pluralisme Tibettaanse Boeddhisme 1.2.5 Die Rooms Katolieke Kerk het in E Ateïsme die 15de eeu hierdie geregshof in Spanje gevestig om teen dwaalleer/kettery te waak 1.2.6 Alle godsdienste is weë na die F Sinai waarheid en is ewe geldig G Afrika Tradisionele Godsdiens H Afrika-geïnisieerde Kerke (6 x 1) (6) 1.3 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord en ʼn rede waarom dit NIE pas NIE langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou; ANTWOORD: Sirkel REDE: Die ander drie is kleure. 1.3.1 Verering; Eerbiedig; Aanbid; Waarsêer (2) 1.3.2 Identiteit; Tao; Vergelykbaarheid; Eenheid (2) 1.3.3 Monoteïsme; Ateïsme; Politeïsme; Sinkretisme (2) 1.3.4 Vyf Pilare; Vier Edele Waarhede; Godsdienstige Vryheid; Nagmaal (2) 1.3.5 Koning; Sondag; Stam; Hoofman (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.4 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Die wetenskap van die vertolking van godsdienstige tekste word … genoem. (2) 1.4.2 Die doelwit van die Agtvoudige Plan is om … te behaal. (2) 1.4.3 In Hindoe-gemeenskappe staan die laagste kaste as die ‘onaanraakbares’ of … bekend. (2) 1.4.4 Om ʼn lewe van ʼn godsdienstige instelling en simbole te lei, word … genoem. (2) 1.4.5 Die stigter van Taoïsme was … (2) 1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ en die rede langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee ʼn rede indien die stelling ONWAAR is. 1.5.1 Sommige Afrikane het van die Christendom weggebreek omdat Europeërs die tiendes en offergawes ingestel het. (2) 1.5.2 Volgens die Taoïstiese geloof word die heelal deur God in die skepping in stand gehou. (2) 1.5.3 Die hoof van die Tibettaanse Boeddhisme is die Zen-leermeester. (2) 1.5.4 Die Nuwe Testament is die heilige teks van Judaïsme. (2) 1.5.5 Alle Hindoe-sektes deel gemeenskaplike oortuigings, tradisies, rituele en persoonlike godhede. (2) 1.6 Skryf TWEE feite oor ELK van die volgende: 1.6.1 Kanon (2) 1.6.2 Sinkretisme (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. DESMOND TUTU, NOBELPRYS VIR VREDE, SUID-AFRIKAANSE AKTIVIS Desmond Tutu is een van Suid-Afrika se bekendste menseregte- aktiviste … Bekend as die stem van die stemlose Swart Suid-Afrikaners was, hy ʼn uitgesproke kritikus van apartheid. Met sy menseregte werk het: “Tutu het sy doelwit geformuleer as ʼn demokratiese en regverdige samelewing sonder rasseverdelings.” Een van sy kenmerke was om intergeloofsdienste te hou by die St. George- katedraal in Kaapstad, ʼn stad wat ʼn reeks Christelike denominasies het, asook baie Moslems en Jode het. “Hy het almal in daardie katedraal ingetrek. Hy wou nooit hê dit moet net Christelik wees nie. Hy het nie godsdiens as verdelend gesien nie.” Miskien was die mees dramatiese episode sy ingryping om ʼn jong Swart Suid-Afrikaner te red van ʼn “halssnoer” -moord. Hy het hierdie praktyk – en alle geweld – herhaaldelik veroordeel as ʼn manier om apartheid te beëindig. Tutu het die Waarheids-en-Versoeningskommissie gelei. Sy nalatenskap is morele krag, morele moed en duidelikheid. Hy het saam met die mense gevoel. In die openbaar en alleen het hy gehuil omdat hy mense se pyn gevoel het. Die sentrale doel van die Kommissie was om versoening en vergifnis onder oortreders en slagoffers van apartheid te bevorder deur die volle openbaarmaking van die waarheid. [Geneem en vertaal uit youthforhumanrights.org] 2.1.1 “ʼn Demokratiese en regverdige samelewing sonder rasse- verdeling.” Wat beteken hierdie aanhaling? (2) 2.1.2 Desmond Tutu het godsdiensvryheid in die samelewing aangemoedig. Stem jy saam? (4) 2.1.3 “Tutu het een keer ʼn jong swart Suid-Afrikaner van ʼn halssnoer- moord gered.” Dink jy Desmond Tutu se aksies was in lyn met die Suid- Afrikaanse konstitusie? Motiveer jou antwoord. (4) 2.1.4 Wat was die doel van die Waarheids-en-Versoeningskommissie? (2) 2.1.5 Desmond Tutu is waardig om nageboots te word. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ELKE GODSDIENS HET OORTUIGINGS WAT NIE- ONDERHANDELBAAR IS NIE In ATG word God verstaan as ʼn ontasbare, onsigbare verskynsel met die vermoë om dinge te penetreer en te ontlont. God is uiters groot en ver verwyderd vanaf die mensdom. Daarom tree voorvaders op as tussengangers tussen die mens en God. [Geneem en vertaal uit scielo.org.za] Islam glo dat God (Allah) geen nageslag, geen ras, geen liggaam, en nie geaffekteer word deur die karaktertrekke van menslike lewe. [Geneem en vertaal uit www.pbs.org] In Hindoeïsme het die allerhoogste God ontelbare goddelike kragte. Wanneer God vormloos is, word daar na Hom verwys met die term Brahmaan. Wanneer God vorm het, word daar na Hom met die term Paramatma verwys. [Vertaal en geneem uit www.mycentraljersey.com] 2.2.1 Volgens die uittreksel verskil religieë van ander deur hul oortuigings. Wat word bedoel met: (a) Verskil (2) (b) Identiteit (2) 2.2.2 Verwys na paragraaf 2. “… voorvaders tree op as tussengangers tussen God en die mens.” Wat is die rol van die voorvaders as ʼn unieke eienskap in Afrika Tradisionele Godsdiens? (4) 2.3 Identifiseer EEN algemene kenmerk vir elk van die volgende groepe. 2.3.1 Hindoeïsme en Boeddhisme (2) 2.3.2 Afrika Tradisionele Godsdiens en die Afrika Geïnisieerde Kerke (2) 2.4 Noem TWEE voordele van die bestudering van die VERGELYKBAARHEID van godsdienste. (4) 2.5 Skryf TWEE unieke kenmerke van elk van die volgende godsdienste. 2.5.1 Taoïsme (4) 2.5.2 Christendom (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 9 2.6 Verduidelik elk van die volgende konsepte en noem EEN godsdiens wat daarmee geassosieer word. 2.6.1 Stam/Clan (4) 2.6.2 Dharma (4) 2.7 Religieë het algemene ooreenkomste. Noem EEN algemene ooreenkoms in godsdienste. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ‘MONUMENTALE RAMP’ SOOS OOS-KAAP SE INISIASIE DODETAL STYG NA 34 Die tol van jong ingelyfdes wat in die somer-inisiasieseisoen hul lewens in die Oos-Kaap verloor het, het tot 34 gestyg. Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Contralesa) het skok oor die sterftes as ongeregverdig en onaanvaarbaar beskryf. Oos-Kaapse provinsiale Cogta-woordvoerder Mamnkeli Ngam, het die sterftes bevestig. In die meeste gevalle, het die meeste ingelyfdes van dehidrasie gesterf, nadat ouers blykbaar ‘amakhankatha’ (die tradisionele verpleër) opdrag gegee het om hulle drinkwater te weier. Inisiasie het te make met transformasie. Dit was nog altyd ʼn sentrale komponent van Afrika tradisionele kulture. Dit is ʼn teken van moed en dapperheid. Dit is ʼn leerskool vir die jongmanne om die samelewing se ideale en idees te leer ken. Mkiva het gesê: ‘Nie een enkele jongman behoort sy lewe te verloor, omdat hy die oorgangsrite van seun na manlikheid ondergaan het nie.’ “Alle kriminele elemente wat betrokke is by die bestuur van valse inisiasieskole, moet van mensehandel en moord aangekla en beskuldig bevind word.’ [Uittreksel geneem en vertaal uit www.timeslive.co.za] 3.1 3.1.1 Verduidelik kortliks wat die opskrif van hierdie artikel beteken. (2) 3.1.2 Volgens die artikel wat is die redes vir die dood van die ingelyfdes? (4) 3.1.3 Bespreek kortliks waarom hierdie ritueel (inisiasie) verpligtend is vir Afrika Tradisionele kulture. (6) 3.1.4 Verskaf godsdienstige oplossings om die sterftes wat deur besnydingsrituele veroorsaak word aan te spreek. (6) 3.1.5 Dink jy dat dit die regering se verantwoordelikheid is om reëls en regulasies oor inisiasie te proklameer? Motiveer jou antwoord. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 11 3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WAAROM OORTUIGING BELANGRIK IN GODSDIENS IS Oortuiging is belangrik omdat gedrag belangrik is. Selfs oortuigings wat jy vir jouself probeer hou, kan jou optrede genoeg beïnvloed om ʼn saak van wettige kommer vir ander te word. Die krag van geloof setel in sy vermoë om vier dinge te doen: Geloof skep visie; Geloof skep wilskrag; Geloof Geloof skep veerkragtigheid; en Geloof ontbrand en aktiveer. [Uittreksel geneem en vertaal uit learnreligions.com; focus 3.com] GODSDIENSTIGE LERINGE Een van die mees algemene belangrikheid van godsdienstige lering is dat dit die student help om die plek van verskeie godsdienste in ons samelewing te verstaan. Dit help hulle om die belangrike vrae van hul eie innerlike self op te los en hierdie begrip dra by tot ʼn meer regverdige en samehangende samelewing. [Uittreksel geneem en vertaal uit targetstudy.com/articles] 3.2.1 Gee ʼn kort verduideliking van die verhouding tussen Geloof en Lering in die konteks van godsdiens. (6) 3.2.2 Gee ʼn gelykenis uit ENIGE godsdiens en verduidelik die betekenis. (6) 3.2.3 Om verantwoordelik te wees vir ʼn mens se dade is ʼn algemene godsdienstige lering. Bespreek kortliks die kwessie van verantwoordelikheid met verwysing na die volgende godsdienste. (a) Afrika Tradisionele Godsdiens (6) (b) Judaïsme (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 4 4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ‘GODSDIENS IS EEN VAN DIE REDES VIR INENTING HUIWERING’ deur Shakirah Thebus, Nov. 9, 2021 Kaapstad – Godsdiens blyk die vlieg in die salf te wees oor hoekom mense huiwerig is om teen Covid-19 ingeënt te word. Professor Myers het gesê huiwering word ook gesien by jongmense wat glo dat hulle nie ernstig siek sal word nadat hulle die virus opgedoen het nie en in godsdienstige groepe. “Ek dink daar moet een of ander beleidsbenadering wees om godsdiensleiers te probeer motiveer. Eers om godsdiensleiers op te lei om die lewensbelang van hul gemeentelede op die hart te hê. Om betrokke te raak by godsdienstige leiers wat anti-vaksinasie is en dan sal dit ook na die gemeentes deursyfer.” Een rede wat vir versoeke vir vrystelling op godsdienstige redes gegee word, is die gebruik van fetale selle afkomstig van beëindigde swangerskappe om entstowwe te ontwikkel. Kenners se dit spruit uit ʼn wanbegrip van die werklike wetenskap wat betrokke is. Dit het nie een Amerikaanse pastoor gekeer om na die fetale selkwessie te verwys as ʼn rede om entstowwe te vermy nie. Hy is in September aan Covid-19 dood. Navorsing toon dat inenting die beste manier is om die verspreiding van die koronavirus te keer. [Geneem en vertaal uit iol.co.za] 4.1.1 Is die artikel ten gunste van of teen inenting? Motiveer jou antwoord. (2) 4.1.2 Ontleed hoe die media gewoonlik oor godsdienstige kwessies berig. (8) 4.1.3 Dink jy dat die opinie in hierdie uittreksel slegs die Christelike siening oor inenting verteenwoordig? Staaf jou antwoord deur na die artikel te verwys. (4) 4.1.4 Wat volgens die artikel is die argument van godsdienstige mense teenoor inenting? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 13 4.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. LGBTQIA MENSE IN SUID-AFRIKA IS ONDER AANVAL Simphiwe Mkhize sê hy het hom dikwels in bakleiery bevind met mede- leerlinge wat hom beledig het en hom name (beledigde opmerkings) genoem het, omdat hy gay is. Die pyn en seer was oor sy gesig geskryf. Sy verhaal is een van eindelose verhale van diskriminasie teen mense wat deel vorm van die LGBTQ-gemeenskap. Hulle mishandeling gaan dikwels gepaard met verwerping, geweld en selfs grusame sterftes. LGBTQIA mense is onder beleg. Lindokuhle Cele 23 het gesterf nadat hy meer as 35 steekwonde opgedoen het. Die mes is gevind wat in sy oog vasgesteek was, toe sy lyk in die Umlazi woonbuurt ontdek is. Die geweld, verwerping en diskriminasie strek oor alle rasse en gelowe. Neem die saak van Kriben Kribashnee van Durban. Kribashnee is ʼn professionele danser wat by klubs en godsdienstige seremonies optree. Sy is besig om ʼn Hindoe-priester te word en tree gereeld by plaaslike tempels op. Sy het transfobie van haar godsdienstige familie ervaar. Een van haar familielede het groen brandrissies op haar lyf gevryf. ‘Ek het nog nooit voorheen soveel pyn gevoel nie’ het sy gesê. Hulle het die polisie gebel en ʼn saak teen die man geopen. Volgens Sazzi Jali is sy deur ʼn man verkrag. Toe sy ʼn saak by die plaaslike polisiestasie gaan open het, het die beampte haar gevra wat sy aangehad het wat veroorsaak het dat sy verkrag is. ‘Hulle het my gevra of ek ʼn seuntjie of ʼn meisie is. Ek is van bakboord na stuurboord gestuur en ek het uiteindelik opgehou om polisiestasie toe te gaan’ [Geneem en vertaal uit timeslive.co.za] 4.2.1 “LGBTQIA … Suid Afrika is onder aanval.” Wat beteken hierdie aanhaling? (2) 4.2.2 Noem TWEE menseregte van LGBTQ-mense wat geskend word. (4) 4.2.3 LGBTQ individue trotseer verskillende uitdagings. Stem jy saam? Gee DRIE voorbeelde om jou antwoord te illustreer. (6) 4.2.4 Dui aan hoe gemeenskappe verdraagsaamheid teenoor LGBTQ individue kan beoefen. (6) 4.2.5 Vir elkeen van die volgende godsdienste bespreek die leringe wat menseregte bevorder: (a) Boeddhisme (4) (b) Islam (4) (c) Afrika Tradisionele Godsdiens (4) 4.3 Die polisiebeampte het gevra wat sy aangehad het wat tot die verkragting gelei het. Dink jy die beampte se reaksie was korrek? Motiveer jou antwoord. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 5 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ONDENKBARE SUID-SUDAN GEWELD KAN OP OORLOGSMISDADE NEERKOM Die olieryke Suid-Soedan is sedert Desember 2013 deur etniese geweld verswelg. ʼn Toename in gevegte tussen mededingende gewapende groepe wat in ooreen koms is met die regering en opposisiemagte in Suid-Soedan, het vanjaar die dood van tientalle burgerlikes tot gevolg gehad en ‘ondenkbare geweld’ ontketen. Dit kan op oorlogsmisdade neerkom volgens Amnestie Internasionaal. In sy verslag het Amnestie gesê dit het met oorlewendes gepraat wat ontstellende verslae gegee het van ontsnapping van onoordeelkundige geweer- vuur.” “Hulle het ons beveel om te sit en gesê hulle gaan ons soos ʼn pampoen sny”, het ʼn 41-jarige Azande-vrou aan die regtegroep gesê. Sy en haar seun is gespaar toe pro-Azande-magte opgedaag het en op die mans wat hulle aangehou het, begin skiet het. Nog ʼn vrou, ʼn 20-jarige, beskryf hoe drie Azande-sprekende mans haar man vermoor het terwyl sy en haar driejarige dogtertjie moes toekyk. [Geneem en vertaal uit aljezeera.com] 5.1 5.1.1 Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is? Gee redes vir jou antwoord. (6) 5.1.2 Noem EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in konflikgebiede in Afrika werk. Beskryf die werk wat gedoen word en gee redes vir hierdie suksesse of mislukkings. (6) 5.1.3 Volgens die uittreksel, wat is die gevolge van die geweld in Suid- Soedan? (4) 5.2 Verbeel jou jy is die voorsitter van jou skool se studente verteenwoordigende raad. Stel DRIE maniere voor om godsdienstige verdraagsaamheid aan te moedig. (6) 5.3 Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om konflik in gebiede wat deur geweld geraak word te voorkom. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) RELIGIESTUDIES V1 15 5.4 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. MOSLEM-MEISIES WAT HIJAB DRA IS VERBIED OM KLASSE IN INDIË BY TE WOON ʼn Groep van ses Moslemstudente by ʼn regeringskollege in Karnataka se Udupi-distrik, wat na bewering toegang tot klaskamers geweier is omdat hulle ʼn hijab (kopdoeke) dra, het beweer dat ʼn onderwyser gedreig het om hulle uit die klas te stoot. “Ons sit steeds buite die klas. Ons mag nie die klaskamer binnegaan nie” het Aliya Assadi, een van die ses student gesê. “Ons het eendag die klaskamer binnegegaan, maar die onderwyser se reaksie was: ‘As jy nie uit die klas gaan nie , sal ek jou uitstoot.” Die meisies het aan Al Jazeera gesê die ‘hijab’ is ‘deel van hul geloof’ en om dit uit te oefen is “hul reg gewaarborg onder die wet”. Hulle protes het die kollege-administrasie ontstel, wat hulle – volgens die groep, gedwing het om ʼn brief te skryf waarin hulle aanvaar dat hulle die klasse gemis het deur op hul eie tuis te bly. “Ons het probeer weier, maar die hoof en die onderwysers het ons gedreig dat hulle ons loopbane sou verwoes,’ het Muskan Zainab, nog ʼn student, aan Al Jazeera gesê. Die studente het egter ook vernedering en diskriminasie in die gesig gestaar. Die studente sê hulle is bekommerd oor die bywoningspersentasie wat vereis word om die jaarlikse eksamens te kan aflê. Rudre Godwa, die kollege se prinsipaal, het aan Al Jazeera gesê hulle kan nie toelaat dat die studente hijabs in klaskamers dra nie ‘aangesien dit nie deel van die uniform is nie’. Hy het gesê hulle hou by die voorskrifte wat deur die onderwysministerie uitgereik is. In ʼn 2018 uitspraak het ʼn hof het die reg gehandhaaf van ʼn opvoedkundige instelling oor die van ʼn individu, in ʼn saak deur twee Moslem skoolstudente gebring. Regter A. Mohammed het in die uitspraak gesê dat die essensie of vryheid beteken dat ʼn individu se belange een kant toe moet skyf vir die groter belang. Tog het senior advokaat Kaleeswaram Raj aan die BBC gesê dat jy of ʼn reg het of jy het nie ʼn reg nie. Dit is iets wat die konstitusie beskerm deur die gees van Artikel 25 (wat godsdiensvryheid) waarborg. [Geneem en vertaal uit Udupi hijab issue bbc.com] 5.4.1 Verduidelik TWEE regte van die meisies wat geskend was. (4) 5.4.2 Bespreek die verband tussen godsdiensvryheid en godsdienstige verdraagsaamheid. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 5.4.3 Watter druktaktiek het die administrasie gebruik om die meisies oor te haal om in te gee? (4) 5.4.4 “In ʼn 2018 uitspraak het ʼn hof het die reg gehandhaaf van ʼn opvoedkundige instelling oor dié van ʼn individu.” (paragraaf 4). Stem jy saam met die uitspraak of nie? Motiveer jou antwoord. (4) 5.4.5 Verwys na paragraaf 5. “Dit is iets wat die konstitusie beskerm deur die gees van Artikel 25 (wat godsdiens vryheid) waarborg.” Wat sê die Suid-Afrikaanse konstitusie oor godsdiensvryheid? (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all