Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
RELIGIESTUDIES V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 256.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Common Features of Religion30 marks
- Question 1.2The Variety of Religions20 marks
- Question 2.1Topical Issues in Society36 marks
- Question 2.2Common Features of Religion14 marks
- Question 3.1Common Features of Religion18 marks
- Question 3.2Common Features of Religion8 marks
Show all 12 questions
- Question 3.3Common Features of Religion24 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions18 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions12 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions14 marks
- Question 5.2The Variety of Religions36 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 1
1.1 Sentrale leringe van enige EEN religie, Christendom word as voorbeeld
gebruik
1.1.1 Die aard van mensdom, met verwysing na gemeenskap en die
individu
• Christene glo dat mens na die beeld van God geskape is.
• Nadat Adam en Eva geskape is, het God hulle opdrag gegee om na
die tuin van Eden en die skepping om te sien.
• As medeskeppers saam met God, is die mens God se
verteenwoordigers op aarde.
• God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld om te sien.
• Hulle is verantwoordbaar aan God.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
1.1.2 Die aard van lewe na die dood
• Christene glo dat die mens geskep is om onsterflik te wees.
• Adam en Eva het egter God se opdrag verontagsaam.
• Die straf vir hierdie sonde was die dood van die mensdom.
• Selfs na veroordeling, het God steeds probeer om die mensdom
van die bose en die dood te bevry.
• Christene verwag ʼn nuwe gemeenskap na die dood wat deur liefde,
omgee en mededeelsaamheid gekenmerk sal wees.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
1.1.3 Die aard van godheid
• Christene glo in die bestaan van ʼn Opperwese en goddelike wese,
naamlik God.
• God onthul Homself as drie persone:
o God die Vader as Skepper van die heelal.
o God die Seun as Redder en Verlosser van die mensdom.
o En God die Heilige Gees as Berader van Christene.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 3
1.2 Interne verskille in enige EEN religie:
1.2.1 Verskil in leringe
Voorbeeld 1: Islam
• Islam word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik die Soenni en die
Sji’a˗Islam.
Soenni-Islam
• Soenni verwys na die navolgelinge van Sunnah (voorbeeld) van die
Profeet Mohammed.
• Die Hadith wat deur die metgeselle van die profeet vertel word, het
gelyke waarde as die wat deur sy familielede vertel word.
• Die Soenni-sekte glo dat alle leerstellings wat in die Boek van
Hadith vervat word, ewe belangrik is.
• Die Soenni’s volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste eeue.
• Die Soenni’s aanvaar nie dat ʼn kalief uitsluitlik uit die Profeet se
familie moet kom nie.
Sji’a-Islam
• Sji’a beteken partydige of afsonderlike.
• Die Hadith wat deur die metgeselle van die profeet beskryf word,
het minder betekenis as die wat deur sy familielede vertel word.
• Die Sji’a volg slegs die leerstellings en opinies van ʼn lewende
geleerde.
Voorbeeld 2: Christendom – drie takke
Christendom het drie hooftakke: Katolieke, Oos-Ortodokse en Protestante (ook
Afrika Geïnisieerde Kerke)
Katolisisme
• Die Katolieke Kerk glo dat hulle die oorspronklike kerk is.
• Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en Eva se
ongehoorsaamheid aan God.
• God bestaan uit drie persone: Vader, Seun en die Heilige Gees.
• Die Heilige Gees kom van die Vader en die Seun.
Oosters-Ortodokse
• Die Heilige Gees kom slegs van God die vader.
• Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg gelei word.
Protestantisme
• Die Bybel het meer gesag as die Pous.
• Hulle leer dat geloof die weg tot verlossing is.
• Hulle leer dat verlossing ʼn geskenk is wat vrylik deur die werk van Jesus
Christus gegee word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.2.2 Verskil in bestuur
Voorbeeld 1:
Soenni-Islam
• Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
• Enige Moslem kan op gemeenskaprade dien.
• Bestuur is gemeenskap gebaseer.
• Islam geleerdes (ulema) en gemeenskapslede (vrywilligers) dien
op bestuursrade van moskees en madressa en skole.
Sji’a-Islam
• Sji’a Moslems eerbiedig die afstammelinge van die Profeet
Mohammed en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems te
lei.
• So ʼn leier word die Imam genoem.
• Die finale oordeel oor enige onsekerheid oor enige godsdienstige
of politieke kwessies lê by die verteenwoordigers van die Imam.
• Beheer is in die hande van mollas (priesters) wat deur
godsdienstige edik/dekreet regeer.
Voorbeeld 2: Christendom
Katolisisme
• Die hoof van die Katolieke kerk is die Pous.
• Die magsentrum van hierdie vertakking is in Rome.
• Die katolieke tak het baie ordes, naamlik monnike, nonne,
priesters en kloostermonnike.
• Die katolieke tak word op gemeentevlak deur priesters
bestuur/gelei, dekante deur diakens, bisdomme deur biskoppe en
aartsbisdomme deur aartsbiskoppe.
• ʼn Kardinaal kan ʼn hele land of geografiese streek bestuur/lei.
Oosters-Ortodokse
• Hierdie vertakking word deur die priesters en biskoppe
bestuur/gelei.
• Gesag in die kerk is in die hande van ʼn groep biskoppe.
• ʼn Bisdom is ʼn groep gemeentes onder die leierskap van ʼn biskop.
Protestantisme
• Die kerke word deur ingewyde predikante en biskoppe of verkose
ouderlinge bestuur/gelei.
• Algehele gesag is deur ʼn hoër gesag soos ʼn sinode of algemeen
gemeente met die biskop as voorsittende beampte.
• Sommige Protestante kerke is onafhanklik en nie aan enige hoër
gesag as die gemeente verantwoordelik nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 5
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Bespreek die oorsake van omgewingsvernietiging
• Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur onverantwoordelike
gebruik van chemikalieë (plaagdoders en kunsmis)
• Dit word ook deur die oormatige verbranding van
fossielbrandstowwe veroorsaak.
• Dit verhoog die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer.
• Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en
vervoer lei tot die kweekhuis-effek/aardverwarming.
• Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg, wat tot
klimaatsverandering lei.
• Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die
storting van afvalprodukte in oop areas (grondbesoedeling).
• Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing wat tot
gronderosie lei.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
2.1.2 Die impak van omgewingsvernietiging in die gemeenskap
• Die weer en klimaat het verander (aardverwarming).
• Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele
planeet.
• Verwoestyning neem toe, veral in Afrika.
• Dit lei tot voedseltekorte.
• Daar is ʼn gat in die osoonlaag en dit veroorsaak temperatuur-
stygings.
• Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur
lugbesoedeling veroorsaak word.
• Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin
om by die steeds wisselende omgewing aan te pas nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
2.1.3 Praktiese strategieë of stappe wat religieuse organisasies kan
doen in die stryd teen omgewingsvernietiging
• Hulle moet praktiese veldtogte teen omgewingsvernietiging
organiseer, bv., waterversameling, hernubare energie,
voedseltuine, ens.
• Hulle moet hulle volgelinge leer oor die belangrikheid van
natuurbewaring.
• Godsdienstige leiers moet in regeringstrukture wat
omgewingskwessies hanteer, verteenwoordig wees.
• Alle godsdienstige organisasies moet subkomitees hê wat
natuurbewaring/omgewingsbeskerming bevorder.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.2 Noem en verduidelik die hermeneutiese beginsels
Historiese konteks:
• Dit beteken dat die geskrifte binne die konteks van die tyd en
omstandighede waarin die teks geskryf is, verstaan moet word.
Duidelikste betekenis/Betekenis van woorde:
• Die betekenis wat die duidelikste (of die mees voor die handliggendste) vir
die leser is, moet in ag geneem word.
Plan, doel en konteks:
• Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in aanmerking
geneem word.
• ʼn Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
• Byvoorbeeld, is die geskrewe in die vorm van poësie of in die vorm van
prosa.
Betekenis van woorde:
• Die betekenis van woorde verander dikwels met tyd en konteks.
• Vir die korrekte interpretasie moet die oorspronklike betekenis gebruik
word.
Figuurlike taal:
• Figuurlike taal word wyd in sommige heilige tekste gebruik.
• Dit moet so geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik vertolk word nie.
• Figuurlike taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
beginsels, vir dit om korrek vertolk te word.
Ander heilige tekste
• Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde
onderwerp te vertolk.
• Dit is omdat daar ooreenstemming tussen die leringe van die religie en hul
heilige tekste is.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 7
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Inspirasie
• Inspirasie verwys na die ‘asemhaling’ (mag, kennis) van ʼn
buitengewone wese of mag.
• Bv. God wat ʼn mens oorneem en hom/haar met goddelike kennis
inspireer.
• Die meeste boeke in die Bybel is geskryf deur mense wat goddelik
deur die Heilige Gees geïnspireer is.
• Voorbeelde is Abraham, Moses, David, Profete en Apostels.
• Die inspirasie van hierdie figure word deur die kerk as direk en
onmiddellik aanvaar.
• Daar word geglo dat hulle die boodskap van God ontvang het.
• Deur goddelike inspirasie het die profete die toekoms van die wêreld
voorspel.
• Inspirasie deur die Heilige Gees word steeds gerespekteer in terme
van leiding in die kerk.
• Die ‘geïnspireerde leerstellings’ vorm die fondasie van Christendom
en is in die Bybel opgeneem.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
3.1.2 Belangrikheid van heilige tekste
• Geskrewe heilige tekste is meer vas/rigied as mondelingse teks.
• Heilige boeke is vaste maatstawwe om reg en verkeerd te meet.
• Heilige boeke bevat die geskiedenis van verskillende eras/tydperke
van die verlede.
• Hulle weerspieël ook die tale en kulture van die vorige eras/tydperke.
• Heilige boeke dien as betroubare verwysingsbronne van die leringe
en oortuigings van die religie.
• Heilige boeke dien as ʼn verenigde bron van religie.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (10)
3.2 3.2.1 Sekulêre wêreldbeskouing en religieuse beskouing
• ʼn Wêreldbeskouing is die manier hoe ons sin maak van die wêreld
om ons.
• Daar is twee soorte wêreldbeskouings: religieuse wêreldbeskouing
en sekulêre wêreldbeskouing.
• ʼn Religieuse wêreldbeskouing is die oortuiging dat die regering en
moraliteit op religie gebaseer moet wees.
• ʼn Sekulêre wêreldbeskouing is die oortuiging dat die regering en
moraliteit op menseregte gebaseer moet word en nie noodwendig op
religie nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.3 3.3.1 Ateïsme
• Ateïste verwerp die oortuiging dat goddelike of bonatuurlike magte
bestaan.
• Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die aard van die
heelal te verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.
• Daar is verskillende grade van ateïsme.
• Sagte of neutrale ateïste verwerp nie aktief die bestaan van ʼn
bonatuurlike wese nie.
• Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
beskouings te ondersteun.
• In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk
ateïsme.
• Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings afhang van
bewyse om hul bewerings te staaf.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
3.3.2 Sekulêre humanisme
• Sekulêre humanisme glo dat die goddelike nie bestaan nie.
• Hulle verwerp godsdienstige oortuiging en die bestaan van die
bonatuurlike.
• Soos ander vorm van humanisme, hou hulle ʼn gemeenskaplike
oortuiging wat die hoogste belangrikheid aan menslike denke toeken.
• Die Raad van Sekulêre Humanisme lig die volgende in hulle leringe
uit: ʼn Behoefte om oortuiging te toets: ʼn Oortuiging dat tradisies,
ideologie en dogma deur elke individu opgeweeg en getoets moet
word en nie deur geloof nie. Rede, bewyse.
• Wetenskaplike metode: ʼn Verbintenis tot die gebruik van kritieke
redenering, feitelike bewyse en die wetenskaplike metode van
ondersoek in die soeke na oplossings vir menslike probleme.
• Vervulling, groei en kreatiwiteit: ʼn Primêre bekommernis met
vervulling, groei en kreatiwiteit
• Soek na waarheid: ʼn Konstante soeke na objektiewe waarheid.
• Etiek: ʼn Soeke na lewensvatbare individu, maatskaplike/sosiale en
politieke beginsels van etiese gedrag.
• Geregtigheid en regverdigheid: ʼn Belangstelling in die versekering
van geregtigheid en regverdigheid in die samelewing.
• Bou ʼn beter wêreld: ʼn Oortuiging dat rede, ʼn ope uitruiling van idees,
welwillendheid en verdraagsaamheid gebruik kan word om ʼn beter
wêreld te bou.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 9
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Bespreek die wetenskaplike verduidelik van hoe die heelal
ontstaan het
• Die teorie stel voor dat alle lewe uit primitiewe vorm
ontwikkel/ontstaan het en aanhou om aan te pas en te ontwikkel.
• Die evolusieleer beweer dat mense saam met ape uit ʼn
gemeenskaplike primaatvoorouer ontwikkel het.
• Spesies bevat ʼn groot verskeidenheid van klein verskille.
• In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies voorkeur
geniet, terwyl die wat nie liggaamlik geskik is nie, met moeite gaan
oorleef.
• Die geld ook vir verandering by mense.
• In die stryd op oorlewing kan mense aanpas en geleidelik verander
van ape na mense.
• Die proses van verandering en aanpassing gebeur oor ʼn lang tyd
perk.
• Wetenskap bied geen verduideliking van die skepping as deel van ʼn
goddelike plan nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
4.1.2 Voorbeeld: Christendom
• Eers het slegs die Skepper bestaan.
• Die Skepper is manlik.
• Die Skepper het die heelal uit niks gemaak.
• Die proses van die skepping het ses dae geneem.
• Mense is op die sesde dag geskape.
• Daar is een perfekte God.
• Hy het die hemel en aarde en alles wat daarin is geskape.
• Die eerste twee mense was Adam en Eva. God het hulle van klei
gemaak.
• God het sy gees in Adam geblaas en hy het tot lewe gekom.
• Hierdie mense het in die perfekte tuin van Eden gewoon.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
4.2 4.2.1 Die respons van die onderstaande religieë oor Darwin se evolusie-
teorie:
Christendom
• In teenstelling daarmee is daar geen verband tussen tradisionele
Christene en die evolusieleer nie.
• Tradisionele Christene aanvaar slegs dat God Adam en Eva
geskep het, soos in die boek Genesis vertel word.
• Hulle redeneer dat daar geen bewyse in die geskiedenis is dat
mense uit ape geëvolueer het nie.
• God het perfekte menslike wesens geskep en hulle die gesag
gegee om oor die wêreld te heers en dit te bestuur.
• Daar is egter ʼn verband tussen die evolusieleer en liberale
of progressiewe Christene.
• Hulle redeneer dat alles in die heelal deur God geskep is, en die
proses van evolusie is ook deel van die Goddelike plan. (Daar word
daarna as intelligente ontwerp verwys.)
• Hulle se God was verantwoordelik vir die Oerknal teorie.
• Die progressiewe Christene aanvaar die idee van geleidelike
teïstiese evolusie, en voeg by dat die skeppingsmite as simbolies
beskou moet word.
• Hulle erken dat daar enkele stadiums van skepping was wat
evolusie behels het, soos verduidelik deur wetenskaplikes.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
4.2.2 Hindoeïsme
• Hindoes het geen probleem met evolusie nie omdat hulle glo dat
die heelal op evolusie gebaseer is.
• Hindoes glo dat hulle ʼn meer gevorderde teorie van evolusie as die
wetenskaplike teorie het.
• Hindoeïsme verskaf ʼn omvattende beskouing van evolusie, omdat
dit nie beperk is tot die fisiese nie maar ook geestelike evolusie
insluit.
• Hindoes glo dat jy oor beide jou geestelike en fisiese evolusie
beheer het.
• Volgens Hindoeïsme, as jy ʼn goeie lewe lei, sal jy geleidelik
evolueer (ontwikkel) deur baie wedergeboortes totdat jy geestelik
gevorderd is.
• Retrogressie van die siel is ook moontlik.
• Terwyl Hindoeïsme nie ʼn probleem met Darwin se teorie het nie, is
die hooffokus op geestelike evolusie/retrogressie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 11
4.3 Oerknalteorie
• Die wetenskaplike verduideliking van die Skepping word die Oerknalteorie
genoem.
• Volgens die Oerknalteorie is dit nie bekend wat voor die Oerknal bestaan
het nie.
• Die Oerknalteorie stel dat daar ʼn enorme ontploffing in die ruimte was en
binne ʼn sekonde het die heelal verskyn en tot ʼn enorme grootte uitgebrei.
• Die Oerknalteorie stel dat die proses van die skepping binne ʼn sekonde
plaasgevind het.
• Volgens die wetenskaplike verduideliking het die Oerknal 13,7 miljard jaar
gelede plaasgevind.
• Klein temperatuur-verskille het tot verskillende digthede van materie
dwarsdeur die heelal gelei.
• Daardie digthede het bondels van materie en energie gevorm.
• Die bondels het voortgegaan om op ʼn klonterige wyse saam te pak en ʼn
eindelose versameling sterre, die sterrestelsel, gevorm.
• Sommige sterrestelsels het in ʼn kombinasie van sterre en planete
gekondenseer.
• Wetenskaplikes glo dat die heelal op hierdie oomblik nog steeds uitbrei.
• Die wetenskaplike verduideliking maak geen melding van ʼn Skepper nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
[50]
VRAAG 5
5.1 Darwin se Evolusieteorie
• Darwin se teorie van evolusie het ʼn alternatiewe verduideliking van die
skepping verskaf wat dikwels verskil van die Abrahamitiese godsdienstige
verduideliking van die skepping.
• Die teorie het ook ʼn verduideliking verskaf wat nie die idee van ʼn
intelligente ontwerper vereis het nie.
• Die teorie van evolusie verduidelik die ontwikkeling van lewe van ʼn
eenvoudige vorm tot ʼn meer komplekse vorm.
• Die ontwikkeling sluit die evolusie van mens deur primitiewe stadiums na
moderne mense in.
• Darwin se teorie bestaan uit vier idees:
o Spesies bevat ʼn groot verskeidenheid verskille.
o Beide die wêreld en spesies het verander oor tyd.
o In die oorlewingstryd sal beter aangepaste variasies bevoordeel word,
terwyl die wat nie pas nie, sal sukkel om te oorleef.
o ʼn Spesies kan geleidelik van vorm verander en meer kompleks word
deur op ʼn pad van suksesvolle variasies te ontwikkel.
• Volgens Charles Darwin het mense van ape ontwikkel.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
5.2 5.2.1 Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF) in Suid-Afrika
• Dit bestaan uit leiers van verskeie religieë in Suid-Afrika.
• Dit dien as ʼn raadgewende en adviserende liggaam vir die
president en hanteer religieuse sake.
• Dit is betrokke by die groot kwessies wat die Suid-Afrikaanse
samelewing vandag in die gesig staar.
• Sommige voorbeelde is: Om die mishandeling van vroue en
kinders (GBV) te stop.
• Om bewustheid van MIV/Vigs te versprei en diegene wat geraak en
besmet is, te help.
• Om etiese en morele waardes te bevorder, om te help met die
morele wedergeboorte in ons land.
• Om religie in onderwys te bevorder.
• Die werk van hierdie liggaam strek oor ʼn aantal kwessies kortom,
die behoeftes wat in ons land ontstaan.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
5.2.2 Die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika (IFAPA)
• Toegewyd om saam te werk vir vrede en eenheid in die vasteland.
• Om ʼn ordentlike lewe vir almal te verseker.
• Vestig en registreer nasionale hoofstukke.
• Dit sluit ook in opdrag van vergadering van godsdienstige leiers wat
die IFAPA besluite neem.
• Om aan die Wêreldforum deel te neem.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
5.2.3 Wêreldparlement van Religieë (WPR)
• Die doel is om godsdienstige konflik en oorloë te stop.
• Om armoede te stop.
• Om die omgewing te beskerm.
• Om die regering te help om ʼn vennootskap met intergodsdienstige
organisasies te ontwikkel.
• Om menslike ontwikkeling te bevorder.
• Om regverdige en vreedsame samelewings te bevorder.
• Om kwessies soos menseregte aan te spreek.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 13
5.3 Die verhouding tussen religieë sedert die demokrasie in Suid-Afrika.
• Die land het van ʼn Christenstaat na ʼn sekulêre staat verander.
• Daar is vrede, harmonie en samewerking tussen religieë in Suid-Afrika.
• Die handves van regte in die grondwet van RSA, 1996 (Wet 108) waarborg
die vryheid van religieë.
• Die Wêreldkonferensie van Religieë vir Vrede in Suid-Afrika was in 1984
gestig, het verseker dat hierdie reg in die grondwet ingesluit is.
• Die Wêreldparlement van Godsdienste-konferensies is in 1999 in Kaapstad
gehou.
• Godsdienstige leiers vir strukture van Verkiesingsgeregtigheid is in 1999 in
Kaapstad gehou.
• Nasionale Forum vir Godsdienstige leiers is gevorm.
• Godsdiens en Onderwysbeleidsdokumente was in September 2003 gestig.
• Dus kan alle religieë in openbare skole en openbare uitsaaiers soos SABC
uitgedruk word.
• En godsdienstige oordenkings en kulturele dokumentêre programme op
radio en televisie weerspieël vandag Suid-Afrika se godsdienstige en
kulturele diversiteit.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper