Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 12201812 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 RELIGIESTUDIES V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienrglyn bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 1 1.1 Sentrale leringe van enige EEN religie. Christenskap dien as voorbeeld: 1.1.1 Aard van godheid: • Christene glo in die bestaan van ʼn hoër en goddelike wese, naamlik God. • God onthul Homself as drie persone: o God die Vader as Skepper van die heelal. o God die Seun as Redder van die mensdom. o God die Heilige Gees as die Berader van Christene. (10) 1.1.2 Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld: • Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is. • Nadat Adam en Eva geskape is, het God hulle opdrag gegee om na die tuin van Eden en die hele skepping om te sien. • As medeskepper saam met God is mense God se verteenwoordigers op aarde. • God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien. • Hulle is verantwoordelik aan God. (10) 1.1.3 Lewe na die dood: • Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees. • Adam en Eva het egter God se opdrag verontagsaam. • Die straf vir hulle sonde is die dood van die mensdom. • Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom van die bose en die dood te bevry. • Christene verwag ʼn nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee. (10) 1.2 Afrika Tradisionele Godsdiens as voorbeeld: AmaZoeloe godsdiens: • Die Tradisionele Amazoeloe godsdiens erken die bestaan van ʼn Opperwese en Skepper wat Mvelinqagi of die Eerste om te bestaan genoem word. • Alle kommunikasie met die Opperwese word deur die voorvaders gedoen. • Die AmaZoeloe godsdiens het ʼn vroulike goddelikheid wat uNomkhubulwane genoem word. • Die vroulike godin word met vrugbaarheid geassosieer. • Die voorvaders is baie belangriker as in ander godsdienste. • Die meeste rituele word deur die oudste man in die huishouding gelei. • Wanneer die hele stam saamkom vir ʼn viering, is die koning van die AmaZoeloe die voorsitter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V2 3 Die Aka-godsdiens: • Die Aka van sentraal Afrika is nomadiese jagter-versamelaars. • Daar is ʼn groot verskeidenheid van gelowe tussen die Aka-stamme. • Hulle glo in die skeppergees wat Bembe genoem word. • Hulle glo dat Bembe na die skeppingsdaad uitgetree het. • Die bosgees, Dzengi, ontvang die meeste godsdienstige aandag van die Aka. • Die Aka glo in reïnkarnasie. • Hulle glo dat diere en mense reïnkarneer binne hul eie spesies. (20) [50] VRAAG 2 2.1 Moontlike oorsake van omgewingsvernietiging: • Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur die onverantwoordelike gebruik van chemikalieë (plaagdoders en kunsmis). • Dit word ook deur die oormatige verbranding van fossielbrandstowwe veroorsaak. • Dit verhoog die koolstofdioksied in die atmosfeer. • Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en vervoer lei tot die kweekhuis-effek/aardverwarming. • Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg, wat tot klimaatsverandering lei. • Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die storting van afvalprodukte in oop areas (grondbesoedeling). • Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing wat tot gronderosie lei. (Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (10) 2.2 Die impak van omgewingsvernietiging op die samelewing: • Die weer en klimaat het verander (aardverwarming). • Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele planeet. • Verwoestyning neem toe, veral in Afrika. • Dit lei tot voedseltekorte. • Daar is ʼn gat in die osoonlaag en dit veroorsaak temperatuurstygings. • Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur lugbesoedeling veroorsaak word. • Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin om by die steeds wisselende omgewing aan te pas nie. (Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.3 Praktiese strategieë wat godsdienstige organisasies kan toepas: • Godsdienstige organisasies moet gevorm word. • Hulle moet veg teen omgewingsvernietiging in hul areas. • Hulle moet praktiese veldtogte teen omgewingsvernietiging organiseer, bv. waterversameling, hernubare energie, voedseltuine, ens. • Hulle moet hulle volgelinge leer oor die belangrikheid van natuurbewaring terwyl hulle omgewingskwessies hanteer. • Alle godsdienstige organisasies moet subkomitees hê wat natuur- bewaring en omgewingsbeskerming bevorder. (Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (14) 2.4 Met verwysing na die lering van enige EEN religie bespreek die oplossings wat dit bied om die omgewing te beskerm. VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS • Die Christelike godsdiens leer dat die mense na die beeld van God geskape is om die aarde namens God te regeer. • Die mens is verantwoordelik vir elke skepping en moet aan God verantwoording doen. • In die boek van Genesis het God vir Adam beveel om die tuin te versorg (daarin te werk). • God het beveel dat die land ook die Sabbat tot eer van die Here sal heilig as ʼn manier om die land/aarde te bewaar. • God veroordeel die vernietiging van vrugdraende bome selfs wanneer oorlog gevoer word. • In die boek van Jeremia waarsku God teen die vernietiging van die natuur en wildediere. • Die Bybel veroordeel die vernietiging/doodmaak/mishandeling van diere. • Die wêreld behoort aan God, die aarde en al die aardbewoners, daarom moet ons na die omgewing omsien/versorg. • In die boek van 2 Konings blyk dit dat die Profeet Elisa ʼn waterkrisis wat deur besoedeling veroorsaak is, herstel. • Die Here Jesus Christus het voorbeelde uit die natuur in Sy leringe oor die koninkryk van God gebruik. VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE RELIGIE • Die AmaZoeloe het die godin van die natuur wat uNomkhubulwane genoem word. • Sy word tydens natuurrampe genader. • Hulle glo dat sy half-woud/bos en half-land is. • Daar word verskillende mites aan die jonges vertel sodat hulle die natuur kan respekteer. • Byvoorbeeld as jy in die rivier urineer, sal jy in die teenoorgestelde geslag verander, wat ʼn manier was om te keer dat die water besoedel word. • Om die grond of land onnodig te brand is strafwaardige oortreding in die Afika Tradisionele Religie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V2 5 • Hulle glo in tradisionele medisyne wat van kruie en sommige diere gemaak word. • Plante en diere het lewe vir die Afrikane van destyds beteken. • Hulle glo dat die voorvaders verskillende diere as hulle boodskappers gebruik om met die lewendes te kommunikeer, bv. bye. • Afrika Tradisionele Religie was die bewaarder van die natuur in Afrika voor kolonisasie. (Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3 3.1 Normatiewe bronne: 3.1.1 Inspirasie: • Dit verwys na die asemhaling (mag, kennis) van ʼn buitengewone wese of mag, byvoorbeeld, ʼn godheid wat ʼn mens oorneem en hom of haar met goddelike kennis inspireer. • Mense mag voel hulle besit sulke mag of dat hulle ʼn openbaring ontvang het. • Hierdie betekenis stel voor, dat op verskillende tye, verskillende mense voel hulle het spesiale, direkte en onmiddellike kontak met hierdie dimensie wat buite die alledaagse lewe is. • Sodanige inspirasie mag outoriteit hê. • Hierdie mense verkry dan sekondêre inspirasie vanaf die oorspronklike, primêre inspirasie. • In meeste gelowe is daar figure met volgelinge, wie geglo word dat hulle deur hoër kragte en wysheid geïnspireer was. (10) 3.1.2 Mondelinge tradisie: • Die oorspronklike inspirasie word eers deur mondelinge tradisie versprei. • Die oorspronklike boodskap word mondelings oorgedra van een persoon tot ʼn persoon en van generasie tot generasie. • So ʼn mondelinge tradisie kan vir honderde of selfs duisende jare getrou mondelings oorgedra word. • Skryf is ʼn onlangse uitvinding. • Mondelinge tradisie as ʼn normatiewe bron is vernaamlik belangrik in godsdienstige geskiedenis. (Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (10) 3.1.3 Heilige boeke/geskrifte: • Skryfwerk het die godsdienstige toneel ongeveer 4000 jaar gelede betree. • Sedertdien het dit ʼn al hoe meer belangriker rol gespeel. • Voor skryfwerk ontdek was, was inligting mondelings oorgedra van een geslag na die ander. • Ander inligting was op klip of rots en in grotte geskryf. • Hierdie inligting was ook na die teks geneem. • Die Koran word oor die algemeen gesien as ʼn perfekte afskrif van die oorspronklike ewige geïnspireerde tablet in die hemel. • In Hindoeïsme word openbare (gehoor) geskrewe (Shruti) onderskei van sekondêre, (onthou) ontstaan deur menslike saamgestelde skrywe. • Vedas vir Hindoeïsme. • Die Bybel en ander tekste vir Christene. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V2 7 3.2 Die hermeneutiese beginsels wat van toepassing is op die normatiewe bronne van die godsdienste: • Die woord hermeneutiek beteken om te interpreteer. • Geneem uit die tradisionele konteks, beteken hermeneutiek die poging deur mans en vroue vanuit sekulêre of godsdienstige oogpunte, perspektief of vooroordeel om die geskrif hoofsaaklik in die lig van hulle eie oortuigings te interpreteer, en tweedens in die historiese konteks. • Die beginsels van hermeneutiese interpretasie is: o Grammatika en historiese konteks o Duidelikste betekenis o Plan, doel en konteks o Betekenis van woorde o Figuurlike betekenis o Die oorweging van ander heilige geskrifte • Die Christin Bybel bestaan uit die Ou en Nuwe Testament. • Hierdie geskrifte is as gesaghebbend verklaar deur vorige geloofs- gemeenskappe. • Nooit in die geskiedenis van die Bybel was daar net een manier om Bybeltekste te interpreteer nie. • Volgens Islam is die Koran ʼn heilige geskrif wat goddelike openbaring van God aan sy boodskappers bevat. • Moslem geleerdes verwys na interpretasie, kommentaar en hermeneutiek as ‘tafsir’. • Die ‘tafsir’ is ʼn komplekse term en verwys na die omvattende begrip en kennis van die Koran. • Dit verwys ook na die proses om die betekenis te vind en na die proses om die reëls te staaf en toe te pas, wysheid en grondstellings te stel. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4 4.1 Darwin se Evolusieteorie en die impak daarvan op godsdienstige oortuigings: • Hierdie teorie leer ons dat alle mense en ander vorme van lewe op aarde deur die proses van geleidelike ontwikkeling of evolusie geskep is. • Mense het uit ape/sjimpansees ontwikkel. • Mense was nie deur ʼn Goddelike Wese of ʼn Opperwese geskep nie. • Dit kan beteken dat godsdienste of godsdienstige leringe vals was. • Vir sommige kan dit die einde van godsdiens beteken. • Hierdie teorie het groot verdeeldheid in baie godsdienstige gemeenskappe veroorsaak. • Sommige voel dat evolusie versoenbaar met godsdienstige sieninge is. (14) 4.2 Die reaksie van die drie Abrahamitiese gelowe (Judaïsme, Christendom en Islam): • Die drie Abrahamitiese gelowe is geneig om die idee van evolusie te verwerp. • Die meerderheid van die Jode, Christene en Moslems is meer tradisioneel of ortodoks. • Hulle glo dat alles in die heelal, insluitende mense, was deur hulle god geskape. • Die Abrahamitiese godsdienste glo dat heilige tekste die Woord van God bevat en daarom verduidelik die storie van die boek Genesis hoedat alles geskep is en as die letterlike waarheid aanvaar moet word. • Hierdie siening word na verwys as Kreasionisme. • God het die heelal as deel van die goddelike plan vir die mensdom geskep. • Ortodokse groepe binne die Abrahamitiese godsdienste sê dat dit in die Koran, die Bybel, en die Tora verklaar word dat God vir Adam, die eerste mens geskape het. • Dit is onmoontlik dat die menseras uit diere ontwikkel was. • Die ander godsdienstige groepe: die liberale en progressiewe Jode, Christene en Moslems argumenteer dat alles in die heelal deur God geskape is en dat die proses van evolusie ook deel van God se goddelike plan is. • Die sintese van evolusie en godsdienstige doktrine/leerstellings word na verwys as leidende of teïstiese evolusie. • Volgens hierdie siening word die evolusieteorie aanvaar as ʼn verduideliking vir hoe alles geskape is maar dat die proses deur ʼn goddelike mag gelei was. • Hulle glo dat God alles lei en beheer. (16) 4.3 Die Oerknalteorie: • Die sogenaamde oerknalteorie is tans die gewildste wetenskaplike teorie oor die heelal. • Die wetenskaplike teorie lui dat dit nie bekend is wat voor die oerknal bestaan het nie. • Na die oerknal het die heelal verskyn en tot ʼn enorme grootte uitgebrei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V2 9 • Dit het ongeveer 15 biljoen jaar gelede gebeur. • Klein temperatuurverskille in die eerste ontploffing het tot verskillende digthede dwarsdeur die heelal gelei. • Dit het uiteindelik bondels dwarsdeur die heelal gevorm en die bondels het meer verdig op ʼn klonterige manier en uiteindelik die groot versameling sterre gevorm wat ons sterrestelsels noem. • Ons aarde is deel van die sonnestelsel. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5 5.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae: 5.1.1 Noem die verskille in onderrig. VOORBEELD: CHRISTENDOM Katolisisme: • In Katolisisme en Protestantisme word geglo dat God uit drie gelyke maar aparte entiteite bestaan. • Dit word na verwys as die Drie-eenheid. • In Katolisisme is verlossing op rituele soos die doop, skuldbelydenis, ens. gegrond. • Die Katolieke Kerk was deur Christus gestig. Oosterse-Ortodokse Kerk: • In die Oosterse-Ortodokse Kerk word die byvoeging van die ‘SEUN’ verwerp want hulle glo dat die Heilige Gees verhewe is. • Die Oosterse-Ortodokse Kerk glo dat dit die enigste oorspronklike kerk is, gestig deur Christus en sy dissipels. Protestantisme: • Protestante glo ook in die Drie-eenheid. • In Protestantisme word geloof as die sleutel tot redding/verlossing beskou. (10) 5.1.2 Verskil in bestuur: Katolisisme: • Politieke beheer is tradisioneel soos in Rome gesien. • Die hoof van die Katolieke kerk is die Pous. • Die eerste pous is bekend as Sint Peter. • Die Katolieke kerk het baie ordes soos monnike, priesters, kloostermonnike en nonne. • Alle katolieke word deur die Vatikaan regeer. • Die gemeente (parish) is ʼn area of distrik met ʼn spesifieke kerk en priester. Oosterse-Ortodokse Kerk: • Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel. • Hulle word in die Midde-Ooste, dele van Afrika, Griekeland en Rusland gevind. • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe. • Daar is nie ʼn enkele leier nie. • Gesag in die kerk is in die hande van ʼn groep biskoppe. • ʼn Bisdom is ʼn groep predikers onder die leierskap van ʼn biskop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V2 11 Protestantisme: • Hierdie beweging is in 1517 deur ʼn Duitse monnik, Martin Luther, begin. • Die kerke word deur ingewyde dominees, biskoppe of verkose ouderlinge regeer. • Die algehele beheer is deur ʼn hoër gesag as die gemeente. (10) 5.1.3 Verskil in praktyke: Katolisisme: • Seksuele onthouding onder geestelike leiers is verpligtend. • Praktyke sluit in vas gedurende die Vastydperk (Lent), om die kruisiging van Christus te gedenk. • Boetedoening is die betaal van ʼn boete vir sonde wat gepleeg is. • Hierdie boetedoening word bepaal wanneer skuld bely word. • Pelgrimstogte na heilige lande (bv. die Vatikaan) en meditasie is sleutelpraktyke vir Katolieke. • Die belangrikste praktyke is die ontvang van Nagmaal. Oosterse-Ortodokse: • Geestelike leiers is nie selibaat nie en word toegelaat om te trou. • Toewyding word meer belangriker as leerstelling beskou. • Doop vind plaas deur middel van onderdompeling. • Dit word deur salwing gevolg. Protestantisme: • Inseëning van vroue is ʼn protestantse praktyk. • Hulle doen gesondmaking deur profesie. • Priesters en dominees hoef nie selibaat te wees nie en mag trou. (10) 5.2 Kies TWEE van die volgende wêreldbeskouings en verduidelik hul bydrae tot ontwikkeling: VOORBEELD 1: Agnostisisme • Die term kom van die Griekse woord ‘gnosis’ wat kennis beteken. • Dit is ʼn filosofie wat op verskillende maniere verstaan moet word. • Meeste agnostici eis dat dit onmoontlik is om vir seker te weet dat God gode of godinne, werklik bestaan. • In sommige gevalle is hulle geneig om die meeste godsdienste en hul leringe te verwerp. • Hulle argumenteer dat indien daar iets soos ʼn goddelike wese of Opperwese is, is dit so groot dat dit bo die verstaan van mense is. • Om hierdie rede is agnostici baie skepties oor godsdienstige leringe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2018) VOORBEELD 2: Ateïsme • Ateïsme is mense wat nie glo dat goddelike wesens of ʼn Opperwese bestaan nie. • Ateïsme word beskou as ʼn wêreldsiening omdat dit die teenoorgestelde van teïsme is. • In sommige gevalle verwerp sagte of neutrale ateïste beide teïsme en sterk ateïsme omdat hulle glo dat beide wêreldsienings van geloof afhanklik is en bewyse om hul aanspraak te ondersteun. • In die moderne wêreld het mense om verskillende redes verkies om ateïste te wees. • Baie van hulle argumenteer dat dit nie logies is om in ʼn goddelike wese te glo nie. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all