Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
RELIGIESTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*RLGSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 




_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 162.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions5 marks
- Question 1.10The Variety of Religions1 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions10 marks
Show all 19 questions
- Question 2.1Common Features of Religion20 marks
- Question 2.2Common Features of Religion20 marks
- Question 2.3Common Features of Religion10 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society12 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society8 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society20 marks
- Question 4.1Topical Issues in Society18 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society12 marks
- Question 4.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.1The Variety of Religions30 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan
elke vraag toegeken is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die Tao kan as die ... beskryf word.
A aarde
B pad van die heelal
C siklus van die lewe
D Hiernamaals (1)
1.1.2 Die stigter van Boeddhisme was …
A Siddhartha Gautama.
B Bahá’u’lláh.
C die Dalai Lama.
D Vajrayana. (1)
1.1.3 Watter EEN van die volgende is ʼn verduideliking van politeïsme?
A Leerstelling/doktrine wat twee onafhanklike beginsels erken
B Die geloof dat God alles en alles is God
C Die geloof in of aanbidding van een God
D Geloof in of aanbidding van die bestaan van baie gode (1)
1.1.4 Konserwatiewe Judaïsme ...
A glo dat God die hele Tora aan die Jode gegee het.
B aanvaar dat die Tora oor verloop van tyd deur mense geskryf
was.
C probeer om die invloed van die moderne lewe te vermy.
D glo dat die Tora van God afkomstig is deur die bemiddeling
van die idees van mense. (1)
1.1.5 Die Bahá’i-geloof het in … ontstaan.
A Irak
B Iran
C China
D Saoedi-Arabië (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.6 Die Hadith is …
A ʼn versameling leringe van die Profeet Mohammed.
B verpligte leringe in die Koran.
C boeke met mites.
D rekords van Islamitiese geskiedenis (1)
1.1.7 Die Pali Kanon verwys na die heilige literatuur/geskrifte van ...
A Judaïsme.
B die Bahá’i-geloof.
C Boeddhisme
D die Christelike godsdiens. (1)
1.1.8 ʼn Dogma, in die konteks van godsdiens, is …
A ʼn leuen of versinsel.
B. onderrig met absolute gesag,
C ʼn heilige teks/skrif.
D ʼn bespreking van geestelike waarhede deur ʼn storie. (1)
1.1.9 Afrika Tradisionele Godsdiens kan as … beskryf word.
A Shoghi Effendi
B inheems
C Theravada
D Mahabharata (1)
1.10 EEN van die hoofsakramente van die Katolieke geloof is die …
A Eukarist/Eucharistie.
B Judaïsme..
C Bodhisattva.
D Bahá’u’lláh. (1)
1.2 Beantwoord die volgende vrae.
1.2.1 Gee EEN term wat die godsdienste wat in een God glo, beskryf. (2)
1.2.2 Verduidelik die begrip sinkretisme. (2)
1.2.3 Vergelyk die verskille tussen karma en nirvana. (2)
1.2.4 Volgens Taoïsme bestaan alles uit twee magte, naamlik die ...
en … (2)
1.2.5 Die politieke gesag van die Rooms-Katolieke kerk is in … (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 5
1.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die
antwoord en skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer
(1.3.1 –1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee ʼn rede indien die
antwoord ONWAAR is.
1.3.1 Die Opperwese in Afrika Tradisionele Godsdiens word Hajj
genoem. (2)
1.3.2 Voorvaders word in Taoïsme vereer. (2)
1.3.3 Die ideaal in Theravada Boeddhisme is vir die individu om ʼn lewe
van meditasie te leef om sodoende gereïnkarneer te word. (2)
1.3.4 Boeddhisme het geen begrip van ʼn Opperwese nie. (2)
1.3.5 ‘Paternaal’ beteken om aan moederskant van die familie verwant
te wees. (2)
1.4 In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende
konsepte:
1.4.1 Eendersheid (2)
1.4.2 Ekumenisme (2)
1.4.3 Eenheid (2)
1.4.4 Vergelykbaarheid (2)
1.4.5 Halaal (2)
1.5 Kies die woord in elkeen van die groep woorde hieronder wat NIE by die
res pas NIE. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.5.1 Moses, Abraham, Jesus, Dawid (2)
1.5.2 Brahma, Vishnu, Bahá’u’lláh, Shiva (2)
1.5.3 Taoïsme, kapitalisme, ateïsme, Marxisme (2)
1.5.4 Isangoma, Inyanga, Moses, klei-poort (2)
1.5.5 Jehova, Allah, Jesus, Induna (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende
konsepte:
2.1.1 Mite (4)
2.1.2 Geloof (4)
2.1.3 Dogma (4)
2.1.4 Uniekheid (4)
2.1.5 Doktrine (4)
2.2 Bespreek die doel van die volgende godsdienste onder die aard van
goddelikheid:
2.2.1 Christelike godsdiens (10)
2.2.2 Afrika-filosofie is sentraal in Afrika Tradisionele Godsdiens.
Brei uit op hierdie stelling. (10)
2.3 Beskryf VYF algemene oortuigings wat deur die Abrahamitiese
godsdienste gedeel word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 7
VRAAG 3
Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Alle vorme van media (elektronies) en gedrukte media, asook sosiale media soos
Twitter, YouTube, ensovoorts), verskaf inligting aan mense oor gebeure dwarsoor
die wêreld terwyl dit gebeur.
Al probeer hulle hoe hard om objektief te wees, kommunikeer hulle ʼn sekere
standpunt wanneer hulle nuus oordra.
Verder kan veral sosiale media maklik deur gewetenlose mense gebruik word om
intergodsdienstige konflik te skep.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Graad 12]
3.1 Bespreek EEN voorbeeld van hoe die gebruik van sosiale media tot
intergodsdienstige konflik kan lei. (12)
3.2 Noem VIER strategieë om sodanige misbruik van sosiale media te voorkom. (8)
3.3 Bespreek VYF strategieë wat die media gebruik om opinies in die
openbare domein te beïnvloed. (10)
3.4 Gee voorbeelde uit die media om jou antwoord op VRAAG 3.3 te
ondersteun. (20)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 4
4.1 Vergelyk demokratiese Suid Afrika se siening oor godsdiensvryheid met
die benadering wat gedurende die apartheidsera gevolg is. (18)
4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Sonder godsdiens sou die samelewing erger gewees het. Regdeur die
geskiedenis het godsdiens ons leiding gegee oor hoe om mekaar met
waardigheid te behandel. Die probleem is dat mense die oorspronklike
leringe verdraai.
[Bron: Shuters Top Claas Religion Studies Grade 12]
Noem VIER leringe uit enige TWEE godsdienste wat menseregte bevorder. (12)
4.3 Verduidelik die term godsdiensvryheid. (10)
4.4 Verduidelik hoe godsdienstige verdraagsaamheid in enige EEN godsdiens
bevorder kan word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) RELIGIESTUDIES V1 9
VRAAG 5
5.1 Drie organisasies is gestig om goeie verhoudings tussen verskillende
godsdienste in Afrika te probeer ontwikkel. Bespreek hul funksies in
Afrika.
5.1.1 Die Program vir Christen-Moslem verhoudinge in Afrika (‘The
Programme for Christian-Muslim Relations in Africa’)
(PROCMURA) (10)
5.1.2 Die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika (‘The Interfaith Action
for Peace in Africa’) (IFAPA) (10)
5.1.3 Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika (‘The African Council
of Religious Leaders’) (ACRL) (10)
5.2 Bespreek die rol van intergodsdienstige samewerking in die volgende
gevalle:
5.2.1 MIV en Vigs (4)
5.2.2 Antipornografie-optog (4)
5.2.3 Noodlyn (‘Lifeline’) (4)
5.2.4 Openbarevakansiedag-feesvieringe (4)
5.2.5 Multigeloofsdienste (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper