Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 5
- File size
- 246.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 5
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society4 marks
- Question 1.2Topical Issues in Society8 marks
- Question 1.3Topical Issues in Society16 marks
- Question 1.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 1.5Common Features of Religion12 marks
- Question 2.1Common Features of Religion12 marks
Show all 18 questions
- Question 2.2Common Features of Religion12 marks
- Question 2.3Common Features of Religion12 marks
- Question 2.4The Variety of Religions14 marks
- Question 3.1The Variety of Religions40 marks
- Question 3.2Common Features of Religion
- Question 4.1Common Features of Religion12 marks
- Question 4.2Common Features of Religion12 marks
- Question 4.3Common Features of Religion14 marks
- Question 4.4Common Features of Religion12 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions12 marks
- Question 5.2Research Into and Across Religions14 marks
- Question 5.3Research Into and Across Religions36 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
vraag toegeken is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nov
XENOFOBIE/VREEMDELINGEHAAT EN RASSISME
Daar is berig dat lede van Operasie Dudula 1 hierdie week swart migrante verhoed het
om toegang tot gesondheidsdienste by die Kalafong Hospitaal in Tshwane te verkry.
Die selfaangestelde hekwagters het besluit of hulle pasiënte sal aanspreek2, hulle
dokumente sal nagaan en moontlik sal laat omdraai, of ongehinderd sal laat gaan.
Die enigste kriterium was blykbaar velkleur. Dis nie verbasend dat wit mense vrye
toegang gehad het nie. Swart mense is in twee groepe ingedeel: dié met 'n donkerder
en dié met 'n ligter velkleur. Die spektakel van swart mense wat swartheid as 'n
instrument van diskriminasie teen mede-swart mense gebruik het, is ryk aan ironie.
1
Operasie Dudula: Suid-Afrikaanse teenmigrantegroep
2
aanspreek: om iemand kragtig/aggressief te nader en met hom/haar te praat
[Bron: Sunday Times, www.sundaytimes.co.za, 4 September 2022]
1.1 Onderskei tussen xenofobie/vreemdelingehaat en rassisme. (4)
1.2 Skryf VIER sinne om xenofobiese en rassistiese gedrag te beskryf. (8)
1.3 Noem en verduidelik VIER faktore wat moontlik tot xenofobie kan bydra. (16)
1.4 Stel praktiese strategieë voor wat godsdiensgemeenskappe kan gebruik om
xenofobie en rassisme te bekamp. (10)
1.5 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
leringe daarvan wat xenofobie en rassisme veroordeel. (12)
[50]
VRAAG 2
2.1 Bespreek die verskille tussen goddelike inspirasie en hedendaagse inspirasie.
(2 x 6) (12)
2.2 Verduidelik die oorsprong en ontwikkeling van die heilige skrif in enige EEN
godsdiens wat jy bestudeer het. (12)
2.3 Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels. (3 x 4) (12)
2.4 Watter strategieë het die Parlement van die Wêreld se Godsdienste gebruik
om multigeloofsamewerking te bewerkstellig? Bespreek met relevante
voorbeelde. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nie net verskil godsdienste van mekaar nie, maar daar is ook interne verskille
binne die godsdienste.
[Bron: Focus on Religious Studies, Grade 12]
3.1.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
noem TWEE vertakkinge wat binne daardie godsdiens bestaan. (4)
3.1.2 Bespreek die verskille in die vertakkinge wat jy hierbo genoem het,
onder die volgende opskrifte:
(a) Leringe (12)
(b) Praktyke (12)
3.1.3 Met verwysing na die godsdiens wat jy gekies het, bespreek die
redes vir die vorming van die vertakkinge. (12)
3.2 Volgens sekere godsdienste, word menslike lyding deur die bose veroorsaak.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord deur te verwys
na die kernleringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het. (10)
[50]
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Wanneer mense daadwerklik sekulêr word, kom hulle agter dat hulle hulle eie teorie
moet voorstel – iets wat godsdiens moet vervang.
[Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn]
4.1 Bespreek die oorsprong van sekularisme. (12)
4.2 Gee moontlike redes vir die toenemende gewildheid van sekulêre
wêreldbeskouings. (12)
4.3 Hoe het sekularisme tot die praktyk van godsdienstige verdraagsaamheid in
die wêreld bygedra? (14)
4.4 Bespreek die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing wat jy
bestudeer het. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Godsdiens het sedert die begin van die mens se geskiedenis nog altyd 'n uiters
belangrike deel van die mens se lewe gevorm. In teenstelling hiermee is die natuurlike
wetenskappe, soos wat dit vandag beoefen word, 'n redelik onlangse ontwikkeling in
die mens se geskiedenis.
[Bron: Religion Studies Grade12, Steyn]
5.1 Vergelyk die wetenskaplike weergawe van hoe die heelal tot stand gekom het
met die weergawe van enige EEN godsdiens. (12)
5.2 Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe die mens ontstaan het. (14)
5.3 Verduidelik die verskillende reaksies van die volgende godsdienste op Darwin
se evolusieleer:
5.3.1 Hindoeïsme (12)
5.3.2 Christendom/Christelike godsdiens (12)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper