Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V2
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 247.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
vraag toegeken is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HUWELIK EN EGSKEIDING
MaMkhize, soos wat sy liefdevol aan haar miljoene sosialemedia-volgelinge bekend is,
en manlief, Mpisane, het in 2018 hoofopskrifte gehaal en die koerante se slagoffers
geword nadat dit op die lappe gekom het dat die twee deur 'n egskeiding gaan.
'Ek het eerlikwaar geglo ons het 'n wonderlike huwelik ten spyte van onstuimigheid af
en toe. Toe ons in 2011 ons epiese 10de huweliksherdenking gevier het, het ek steeds
geglo dat ek vol vreugde in my huwelik was. Dit is die rede waarom dit my 25 jaar
geneem het om te besef dat daar net een weldoener en een begunstigde in hierdie
denkbeeldige romanse was. Hy was die een wat met al die liefde na hartelus oorlaai
is.'
Die Durbanse sake- en IT-egpaar se huwelik is op daardie tydstip deur bewerings van
Mpisane se ontrouheid geteister.
[Aangepas uit Sunday World, 11 September 2022]
1.1 Noem en bespreek SES oorsake van egskeiding in die huwelik. (12)
1.2 Verduidelik kortliks waarom egskeiding 'n groot bekommernis in die
samelewing is. (14)
1.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
relevante leringe/leerbeginsels daarvan oor die huwelik en egskeiding. (12)
1.4 Bespreek praktiese strategieë wat godsdienstige gemeenskappe kan gebruik
om die probleem van egskeiding te oorkom. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Godsdienstige leringe kan in die vorm van geskrewe of mondelinge tekste wees, en dit
is die breedste kategorie wat gebruik word om te beskryf wat volgelinge van 'n
godsdiens glo.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
2.1 Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
onder die volgende opskrifte:
2.1.1 Die verwantskap tussen die gemeenskap en die individu (10)
2.1.2 Die aard van die wêreld soos dit in die godsdiens se sentrale
leringe verduidelik word (10)
2.2 Vergelyk die rol van heilige tekste in Abrahamitiese en nie-Abrahamitiese
godsdienste. (12)
2.3 Wat is die rol van inspirasie in Afrika Tradisionele Godsdiens? (10)
2.4 Noem en bespreek enige TWEE hermeneutiese beginsels met betrekking tot
die interpretasie van heilige tekste. (8)
[50] 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ORGANISASIES WAT INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG BEVORDER
Die eerste Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893 in Chicago in
die Verenigde State gehou, met die doel om 'n wêreldwye dialoog van gelowe
te skep. Sedert daardie gebeurtenis was daar verskeie verdere Parlemente.
Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Godsdienste vir Vrede (RGLA-
GvV) is ook in 2002 gestig en is die grootste en mees verteenwoordigende
multigodsdienstige platform in Afrika.
[Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]
3.1.1 Verduidelik hoe die Wêreldparlement van Godsdienste daarin
geslaag het om intergodsdienstige dialoog te bevorder om
wêreldwye maatskaplike uitdagings te beveg. (12)
3.1.2 Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Godsdienste vir
Vrede (RGLA-GvV) is een van die organisasies wat
intergodsdienstige dialoog in Afrika bevorder, met die doel om
godsdienskonflik te vermy. Noem die hoofbeginsels van hierdie
organisasie. (10)
3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In die meeste godsdienste kan die interpretasie van geloof van een denkwyse
na die volgende verskil. Soms is hierdie verskille groot en het al selfs tot
godsdiensoorloë gelei; soms is hulle gering.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
3.2.1 Noem TWEE vertakkings wat in enige EEN godsdiens wat jy
bestudeer het, bestaan. (4)
3.2.2 Bespreek die interne verskille van die vertakkings wat jy in
VRAAG 3.2.1 hierbo genoem het, onder die volgende opskrifte:
(a) Leringe (12)
(b) Bestuur/Beheer (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4
Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Daar is baie mense wat deesdae 'n sekulêre wêreldbeskouing het. Met ander woorde,
hulle het nie 'n bepaalde godsdienstige geloof of behoort aan 'n godsdienstige
gemeenskap nie.
[Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]
4.1 Bespreek die historiese oorsprong van Westerse sekulêre denke. (12)
4.2 Noem EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die leerstellings daarvan. (12)
4.3 Brei uit oor die positiewe bydraes wat sekularisme tot godsdienste gemaak
het. (14)
4.4 Hoe het sekularisme godsdiensvryheid in demokratiese Suid-Afrika, dit wil sê
ná 1994, beïnvloed? (12)
[50]
VRAAG 5
Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die probleme tussen godsdiens en wetenskap het eers in die afgelope vier eeue na
vore gekom.
[Bron: Religion Studies, Grade 12, Steyn et al.]
5.1 Verduidelik Charles Darwin se evolusieleer. (12)
5.2 Uit elke groep godsdienste hieronder, evalueer krities die reaksie van EEN
godsdiens op Darwin se evolusieteorie:
5.2.1 Abrahamitiese godsdienste (Judaïsme, Christendom of Islam) (12)
5.2.2 Oosterse godsdienste (Hindoeïsme of Boeddhisme) (12)
5.3 Bespreek die verwantskap tussen die Oerknalteorie en Taoïsme se leringe
oor die skepping. (14)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Memorandum